Vrydag 29 Maart 2019

Ons begin ‘n Nuwe Era – en waarskynlik die laaste



“As julle wat sleg is, weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die Hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” Matt 7:11

            “Wel, mevrou,” sê die jong hospitaaldokter vir die Christen hospitaalwerker, “jy het seker vir hierdie mense weer vertel God verhoor gebed. Hulle moet net vra.”

“Ja, Dokter, dit is so, God luister na ons gebede en verhoor dit volgens Sy wysheid en Sy wil.”

“Ek is bly om dít te hoor, want sien ek is taamlik platsak. Sal God vir my so ’n R50 gee as ek Hom vra?”

“Dokter, sal jy vir ’n vreemdeling sommer so ’n R50 gee as hy jou vra?”

“Wel, nee,” antwoord die dokter effens onseker en die spottende glimlag om sy mond verdwyn, “ek sal hom seker eers moet leer ken.”

“Korrek. God gee vir Sy kinders wat hulle Hom vra. Leer Hom eers as Vader ken, dan vra Dokter dit vrymoedig.”

            Jesus het dit benadruk hoe ons, ons behoeftes van God kan vra: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Matt 7:6

            Al ons gebede die afgelope jare sal binnekort in vervulling begin gaan. Die HERE is besig om die aarde  te besoek met ‘n ontsettende verering van sy kinders en met absolute wraak teen die onheil.

            Elkeen kan dit nou beleef deur hul godsdienstige bril weg te gooi en die Bybel te lees in die Gees sodat die Heilige Gees vir elkeen die Skrifte kan openbaar.

            Maak klaar met kerk speel. Tot hier toe het die wêreld die Kerk verander, nou gaan die Kerk die wêreld verander. Dis reeds aan die gebeur en geen mens kan dit keer of verhoed nie. Dit is inderdaad die laaste uur.

            Gelowiges gaan God nou in Gees en in Waarheid aanbid (hoekom?) Want “God is Gees.” Joh. 4:24

            Ons gaan antwoorde op gebed beleef, groot deurbrake beleef, grootse wonderwerke ervaar. Verborgenhede sal aan ons openbaar word.

            Ons het ‘n nuwe seisoen binne beweeg waarin verlore gesinslede en familielede versoen, meesal te midde van groot spyt, vergifnis en baie trane.

            Die restourasie van gesinne en families is aan die orde van die dag en vorm ’n  integrale deel van die Herlewing.

            Die HERE stort opnuut ‘n gees van salwing uit oor gebroke gesinne en families, soos wat Hy hulle genees en opnuut byeen bring. Mense ontwikkel ‘n nuwe passie vir verhoudinge.

            Die harte van die vaders en die harte van hulle seuns en dogters keer terug na mekaar, soos in Mal 4:6 “En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders (hoekom), sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.”

            Daar is pa’s wat jare gelede al hul gesinne verlaat het en verdwyn het... soms ook moeders. Kinders het ook net so verdwyn weens struwelinge en onenighede in die huis.



            In families is ook onenigheid en haat. Hoe nader ons aan die Einde van die Tyd kom, hoe meer dring die Heilige Gees mense om te vergewe en reg te maak.





         




Hy het die 99 gelos en die verlore een gaan soek en teruggebring.

Duisende mense het onnodig met ‘n binding in hulle gees deur die lewe gegaan. Al die onmin was futiel, al die smart en lyding so onnodig.

            Sommige het deur die jare by die Nagmaaltafel so onnodig ‘n oordeel oor hulleself gebring om nie dadelik gehoor te gegee het aan Matt 5:23-24 nie: “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.” Sien ook 1 Kor 11:27-30.

            Verhoudinge is belangrik want ons kan nie aanbid sonder om eers te vergewe nie.












“'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.” Spreuke 25:28.

            Reuse soektogte is aan die gang na die verlorenes, net soos wat Jesus die 99 gelos het om die een verlore lammetjie te soek. Net soos die vrou die verlore penning in haar huis gesoek het.

En onthou julle die verhaal van die verlore seun wat teruggekeer het? Onthou julle die trane en die blydskap?

Daar word tans op persoonlike vlak deur middel van opgeleide speurders gesoek, in advertensies in die media en die Internet. Baie telefoonoproepe word gemaak want die kleinste stukkie inligting mog die antwoord bring.

Jesus soek in ‘n nog groter maat na die verlorenes, die afgedwaaldes. Hy roep. Sy Heilige Engele roep.

            Die groot bymekaarmaak van God se volk is aan die gang. “Die toekomstige heerlikheid (glorie) van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.” Haggai 2:9

            Die Glorie is reeds hier en dit gaan al groter en groter word soos wat miljoene mense gevind en miljoene mense gered gaan word.

            Niks is in hierdie tyd belangriker as die Koms van die Messias nie. Wees te alle tye gereed! -- Wekroep

Sondag 24 Maart 2019

Ons roeping!

Voorwaarts Christenstryders


“Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.”
2 Tim 2: 3-4

            ‘Voorwaarts Christenstryders', soos baie van ons hierdie lied ken, is in 1865 geskryf met geen bedoeling om dit ooit te publiseer nie. Die skrywer van die lied, eerwaarde Sabine Baring-Gould was in daardie stadium 'n hulp-prediker in 'n gemeente in Yorkshire in die noorde van Engeland en sy weergawe van hoekom hy die lied geskryf het, bestaan steeds. Hier volg 'n vertaling van sy woorde:

            “Dit is 'n baie eenvoudige lied. Die Maandag na Pinkstersondag is 'n tradisioneel 'n groot dag vir skoolfeeste in Yorkshire. Een so 'n Maandag is daar gereël dat ons skool kragte moet saamsnoer met die van 'n skool van 'n nabygeleë dorpie. Ek wou hê dat die kinders moet sing terwyl hulle van die een dorpie na die ander marsjeer, maar ek kon nie aan iets geskik dink nie. So het ek maar laatnag probeer om self iets te skryf. 'Voorwaarts Christenstryders' was die resultaat. Dit is haastig geskryf en ek is bevrees dit is nie 'n meesterstuk nie. Niemand kon meer verras wees met die gewildheid van die lied as ekself nie."

            Die lied het 'n militaristiese tema en word op marsmusiek gesing, waarvoor dit baie gekritiseer is. Sommige kerke het dit heeltemal uit hulle liedboeke verwyder.

            Maar voer ons nie 'n oorlog nie? Die woorde van die lied fokus op hierdie oorlog – ons vyand is nie ons medemens nie, dit is Satan en ons Koning en Opperbevelvoerder is die ewige, almagtige God wie se koninkryk vir altyd sal bly.

            In Afrikaans het ons nou die pragtige woorde van hierdie bekende lied:

Soek in God jou sterkte; kry by Hom jou krag;

met sy wapenrusting  klee Hy ons met mag.

Nie teen medemense is ons worstelstryd

maar ons veg teen Satan en sy sluwe listigheid.

Hy stuur bose magte in die wêreld in,

maar met God se wapens kan ons hul oorwin

In die Bybel leer ons dat Satan oorlog voer teen God en diegene wat Hom volg.

            Dit is miskien nie 'n fisiese oorlog nie, maar dit is nogtans 'n werklikheid. Alle Christene veg op hierdie geestelike slagveld. In sy brief aan Timoteus gebruik Paulus militêre taal om hierdie stryd te beklemtoon. Wanneer jy aangesluit het as 'n soldaat vir Christus, moet jy bereid wees om jou wil volkome aan Hom oor te gee – ons moet ons opdragte aanvaar en gereed maak vir aktiewe diens. In Efesiërs 6 skryf Paulus aan die gemeente: "trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee." Want ons stryd is teen elke bose gees.

     “Baie is bereid om die wapenrusting aan te trek en vir God te veg, maar nie almal is bereid om dit hulle lewenstaak te maak nie. Is jy bereid om dit te doen? Is jy gewillig om die wapenrusting aan te trek en vir Jesus Christus te veg? Voorwaarts Christenstryder!” –  Xanthe Hancox

Luister hoe triomfantelik sing die Nederlanders dit:

https://video.search.yahoo.com/search/video?fr=yhs-invalid&p=voorwaarts+christen+stryders+-+youtube#id=5&vid=1a5e3a1fba221cf66962a2e74bab3fca&action=click

Het 'n engel al met jou gepraat?


Uit die mond van ‘n kind...



Die prediker Augustinus wat in Algerië gebore is, het 30 jaar lank gesukkel om sy tesis oor die Drie-eenheid te voltooi. Hy wou die “misterie” van die Drie-eenheid intellektueel verklaar, het hy destyds verduidelik.

            Hy het een dag langs die strand gaan wandel in ‘n poging om antwoorde te soek toe hy ‘n klein seuntjie heen en weer tussen ‘n plek op die strand en die see sien hardloop.

            Die seuntjie het ‘n skulp gebruik om water aan te dra. Hy het telkens die skulp vol seewater gaan maak en dit in ‘n klein holte op die strand kom gooi.

            Augustinus stap toe na die seuntjie en vra: “Seun, wat is jy besig om te doen?”

            Die seuntjie het met ‘n pragtige glimlag geantwoord: “Ek probeer om die ganse see hierheen te dra en in hierdie gaatjie te kom gooi.”

            “Maar dit is tog onmoontlik, my liewe kind, die gaatjie kan nie al daardie seewater bevat nie,” het Augustinus gesê.

            Die seuntjie het ‘n rukkie stilgestaan, Augustinus vol in sy oë gekyk en gesê: “Dit is nie meer onmoontlik as wat jy probeer doen nie – om die onbegrensdheid  van die Drie-eenheid met jou beperkte intelligensie te verstaan nie.”

            Augustinus was totaal oorbluf deur die seuntjie se reaksie en het weggekyk die verte in. Dit was verbysterend dat die kind van sy probleem kon weet.

            Toe Augustinus terugkyk om die seuntjie nog ’n vraag te vra, was die kind skoonveld. Hy het gesoek en rondgevra, maar niemand het iets van die seuntjie geweet nie.

            Toe hy die voorval met sy Superiërs deel, was almal oortuig dat God deur ’n Engel met Augustinus gepraat het oor sy trots in sy studies.

            Net so terloops: Sonneblomme kyk elke dag vir die son... en as dit bewolk is? Dan kyk hulle vir mekaar om die lig wat hulle het met mekaar te deel.  Dit klink byna ook na ’n misterie.

            Wat is ‘n misterie? Iets onverstaanbaars wat nie verklaar kan word nie; ‘n verborgenheid, geheimenis.

            Die Drie-eenheid is beslis nie ‘n misterie nie. “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” Hebr 4:12 – Wekroep

Dinsdag 19 Maart 2019

Die fondamente word omgegooi

Loof die HERE...
Die fondamente word omgegooi

Dat die mure omgegooi word is een ding, maar nou word die fondamente omgegooi. Die Koms van die Messias word verhaas, want die wêreld wil losbreek omdat hy sy eie wil op alles wil afdwing. God is in die pad.

            Wat Bybels verkeerd was, is nou skielik aanvaarbaar. Deur al die sonde te wettig, glo die wêreldleiers maak hulle alles reg.

            Aborsies word in meer en meer lande gewettig. Dwelmmiddels word gewettig. Prostitusie en pornografie, word gewettig, so ook word Godslastering (Nederland) gewettig.  Daar is nie meer vir God in die grondwet van menige lande plek nie, ook nie in die grondwet van die Europese parlement nie.

            Die mens en die Kerk is in die spervuur. Al is dit die tekens van die Eindtyd – dat die fondamente omgegooi word –  sit ek en jy met die hoop vir die toekoms in ons hande. Klou verbete vas, dit gaan nog rof word. “En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Matt 10:22

Ons beleef nou die tyd waar gebeurtenisse mekaar snel opvolg. Ons is op die rand van ‘n magtige Herlewing. Saam daarmee gaan die poorte van die hel wyd oop. Staan vas!

Sosiale media het die nuwe Bybel en die nuwe koerant geword.  Niks gebeur iewers wat nie onmiddellik wêreldkundig is nie. Let op hoe word Christelike en Bybelse sieninge op Internet forums verniel.

Let op, hier kom boonop skeiding tussen die Ekklesia en die kerk, sterker gestel, tussen ware Geestelike Gelowiges en vormgodsdienstiges. Daar is geen plek vir huigelaars en geveinsdes nie. Soos wat dit ontvou is daar ‘n sterk toename in huisgemeentes.

Lukas beskryf dit so: “Hy sal sy dorsvloer (die kerk) deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur [die Wegraping van die Gelowiges] maar die kaf (die goddeloses in die groot verdrukking) met onuitbluslike vuur verbrand.” Luk 3:17

Ons leef duidelik in die laaste uur. Die wêreld oor steun al hoe meer predikers en Christenorganisasies die siening dat die Wegraping baie naby is. Die ware kerk kan nie langer net gehoor word nie, dit moet ook gesien word. Ons is vrygekoop, nie om te doen wat ons wil nie, maar wat ons moet... om die Evangelie en liefde van Jesus uit te dra en die Getal vol te maak.

Daar is kort-kort berigte oor Herlewings oral op die aarde, dog dit is telkens kortstondig.
       Dawid in Ps 11:3 vra indringend: “As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”

Die fondamente van die huwelik, Christelike godsdiens, gesinslewens (die pilare van ‘n volk), taal, kultuur word aan flarde geruk met geen ontsag vir die Bybel en God drie-enig nie.

Ontsag vir gesagstrukture binne en buite die Kerk is haas denkbaar. Binne en buite die huwelik word alle morele standaarde vertrap. Kinder- en gesinsverwaarlosing neem sterk toe. Saambly het aanvaarbaar geword onder die vaandel dat hulle geestelik getroud is. Daar is haas nie ‘n selfoon sonder pornografie nie.

Die arme Dawid vra die vraag: Wat moet die regverdiges doen wanneer die fondamente padgee? Hy vra nadat hy in strofe 1 gesê het, om te vlug is nie die oplossing nie. Om te vlug is ongeloof, is twyfel. As jy moet skuil, skuil by God.

Ons het berusting daarin dat God alles weet. "U het dit gesien; want U aanskou moeite en verdriet". Ps 10:14. God sien die hartseer wat jou getref het, toe die fondamente in jou eie huis en samelewing tuimel.

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
       “Maar ons verwag volgens Sy belofte (en Hy is en bly ‘n waarmaker van sy Woord) nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
       “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.” 2 Pet 3:14
       Daar is oorloë in 69 lande van die wêreld. Altesame 818 militêre guerrilla groepe en terroriste organisasies is betrokke. Hulle tentakels strek ook reg deur Afrika.

Christene word ernstig en selfs wreed vervolg in 50 lande. Beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. Die mees brutale geweld in menseheugenis is aan die gang.

Laat ons sorg dat ons klere sonder vlek of rimpel is, silwerskoon en laat ons met reikhalsende verlange uitsien na die Wegraping.

Dit alles, terwyl ons lofliedere tot die HERE sing:

“Halleluja! Loof God in sy heiligdom,

loof Hom in sy sterk uitspansel!

Loof Hom oor sy magtige dade,

loof Hom na die volheid van Sy grootheid!

Loof Hom met basuingeklank,

loof Hom met harp en siter;

loof Hom met tamboeryn en koordans,

loof Hom met snarespel en fluit;

loof Hom met helder simbale,

loof Hom met klinkende simbale!

Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” Ps 150:1-6

Let op, die Wedergebore Jode kan nie aanbid sonder om te dans nie. Hulle jubel in die HERE:

https://video.search.yahoo.com/search/video?fr=yhs-invalid&p=messianic+jes+jews+worshipping+the+Lord#id=2&vid=6cafa0a59bcb7cc82b6769e895e0ae7b&action=click

In kort: Terwyl die fondamente omgegooi word, maak ons gereed vir die Wegraping en bring ons jubelend die laaste van die oes in. – Wekroep





Vrydag 15 Maart 2019

Van ongelowige na getuienis!

Iewers wag iemand vir hierdie getuienis - versprei asb


Natasha Schedrivaya is ‘n Russiese Evangelis wat die Evangelie in die Russiese Platteland onder die 120 inheemse volkere versprei.

Sy stig huisgemeentes en leer die nuwe Gelowiges hoe om self die Evangelie verder te versprei

.





Haar familie was 70 jaar inRusland in Kommunisme en Ateïsme vasgevang. Natasha was 30 jaar oud toe sy die eerste keer ‘n Bybel gesien het.

Haar oupa, wat nie kon lees of skryf nie en glad nie die alfabet geken het nie, het wonderbaarlik elke Sondag die hele gesin van elf kinders om die tafel byeen gehad, sy bril opgesit en met sy vinger iets uit die Bybel gelees en die Bybel dan weer gaan bêre.

Haar ouma het in die week die storie wat haar oupa gelees het aan haar probeer verduidelik, maar omdat Natasja niks van God en Jesus geweet het nie, het sy gedink hulle maak die storietjies net op.

Na my Wedergeboorte het die Heilige Gees al daai “storietjies” in my gees opgeroep en aan my verduidelik.

Een dag het ‘n kollega van haar, Alla, ook ‘n Ateïs, ‘n breingewas ontwikkel. Sy het Natasha laat kom. Hulle het mekaar so ‘n jaar laas gesien.

Alla vertel hoe die spesialiste gesê het hulle kan niks vir haar doen nie en sy sal binnekort sterf. Alla is toe saam met ‘n tannie van haar na ‘n ondergrondse Pinkstergemeente.

            Daar is Alla Wedergebore. Die swelsel het onmiddellik verdwyn en ook alle pyn.

Sy is die volgende dag terug na die spsialiste waar met ‘n nuwe stel toetse vasgestel is dat sy genees is. Hulle kon dit nie verklaar bie. Hulle het gesê dit kan nie God wees wat dit gedoen het nie, want Hy bestaan nie.

Hulle het net gesê onverklaarbare goed gebeur soms.

            Toe Ella haar van Jesus wou vertel het Natasha haar stilgemaak en gesê: “Ek wil niks van Jeus weet nie want hy is volgens die Russiese ensiklopedie ‘n mite. Hy is net ‘n feeverhaal.” Toe ek loop toe gee sy my ‘n tydskrif.

            Dit was ‘n Russiese Christelike tydskrif van TL Osborn uit Amerika en  was in Rusland ingesmokkel. Daai tyd het ons niks gehad nie, so ek het die tydskrif saamgeneem.

            “Toe ek groet het ek vir haar gesê: ‘Moet my nie weer kontak nie. Ek wil nie hoor van God nie. Ek wil ook niks hoor van Jesus nie. As hy jou gehelp het, dan is dit goed, maar ek glo nie in Hom nie.’

            Alla het my later vertel dat toe die deur agter my toegaan het sy in gebed gegaan en vir die HERE gesê ek gaan reguit hel toe. Daar is geen hoop vir my nie. Ek was so weerstandig, so hard.

            “By ons huis het ek die tydskrif van hoek tot kant deurgelees. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek ‘n Christelike lektuur gelees het.

Toe ek klaar gelees het, het ek ‘n brief aan die redakteur geskryf en gesê dat ek 29 jaar oud is en ’n Ateïs. Ek glo nie aan die bestaan van God nie. As hy God is, hoekom? En toe lys ek ‘n spul vrae.

“Gorbachev het toe pas leier van die Kommuniste Party geword, ‘n klein bietjie meer vryheid, maar die land was steeds gesluit en die KGB het alle posstukke gemonitor. Ek het gedink my brief sal nie eers oor die grens gaan nie.

“Twee maande later ontvang ek ‘n pakket  uit Amerika, ‘n geskenk vir my.

Toe ek dit oopmaak toe sien ek vir die eerste keer in my lewe ‘n Russiese Bybel. Die eerste wat ek gelees het, was: ‘In die begin het God die Hemel en die aarde geskape.”

“Ek het skielik besef dat al was mens jare lank hier gebreinspoel, die Waarheid sal iewers deurbreek as mens na die Waarheid soek. Toe ek dit lees het iets hier binne my gebeur. Ek het dit nog nooit gelees of gesien nie. Dis of elke sel in my liggaam gereageer het op hierdie waarheid. Ek weet nie hoe laat dit was nie, maar dit was reeds God wat aan my hart se deur begin klop het in ‘n poging om Homself aan my te openbaar.

            Daar was allerhande Christelike lektuur in die pakket, ook tien eksemplare van die Christelike koerant. Dit kon ek nie verstaan nie. Hoekom 10?

My pa het skielik op my afgekom. Hy was ‘n politieke offisier in die Sowjet Weermag waar hy al 28 jaar lank onderrig in die Kommunistiese ideologie doseer het. Hy was baie kwaad. Hy het gesê ons sal gearresteer word en weggeneem word.

Ek het alles tussen Russiese Kommunistiese boeke op ons boekrak versteek. Nege van die tien koerante het ek by ander mense se posbusse in die woonstelblok gaan ingooi sodat ek darem nie alleen op die trein na Siberië sou wees nie. Die 10e koerant het ek in my kamer versteek sodat ek dit kon klaar lees. 

“Maande later ontvang ek ‘n brief wat my hele lewe omgekeer het. Dit was van die Baptiste Sending in Sacramento,Kalifornië.

Die skrywer was ene Patrick Panic. Hy het ‘n Russiese kerk nie ver van sy huis af nie besoek. Daar ontmoet hy ene Nikolai, die redakteur van die Christelike koerant wat en ontvang. Dis aan hom wat ek in die eerste plek geskryf het.

Nikolai haal toe my brief uit sy binnesak en gee dit aan Patrick en sê: ‘Hierdie meisie is 29 jaar oud. Sy is ’n Ateïs en sy glo nie God bestaan nie. Bid asseblief vir haar.’

“Toe ek Patrick se brief lees het dit my aangegryp. My brief is nie weggegooi nie. Nokolai het dit in sy binnesak gedra. Hy het dit soos ‘n skat bewaar. Dit beteken my lewe beteken iets.

“Die laaste twee sinne was die druppel wat my beker laat oorloop het: ‘Ek wil hê dat jy weet dat ek vir jou bid en dat God lief is vir jou.”

Iemand wat ek as my vyand beskou het, was besig om vir my te bid. Hy geen om vir my. Hy verlang net die beste vir my. Dan noem hy dat God my lief het.

“Ek het intussen afgekom op die Onse Vader gebed en ek sê vir myself: ‘Wat as Hy werklik bestaan, moet ek dit nie maar bid vir net ingeval nie?

Toe ek lees dat God vir my lief is, het dit my hart deurboor. Ek besluit om Alla te bel. Ek vertel haar van die brief. Ek sê dis belangrik dat ek die brief vir haar wys. Die Amerikaner sê hy bid vir my en God is lief vir my.’

Alla het eintlik opgegee op my. Sy sê sy het nie nou tyd vir my nie en moreoggend gaan sy kerk toe.. Ek vra toe toe of ek kon saamgaan?

Ons ontmoet die volgende oggend ek vertaal die brief aan haar in die bus op pad kerk toe.

            “Ons kom by die kerk. Dis ‘n ou Pinksterkerk. Hulle het die vervolging oorleef. Tydens die diens gaan my oë skielik oop en ek besef God is ‘n werklikheid. Hy bestaan. Ek het begin huil en aan God gefluister: ‘HERE ek is so jammer. Ek het nie geweet U bestaan nie. As ek geweet het dat U bestaan dan sou ek U gevolg het. Ek is so jammer. Kan U my asseblief daarvoor vergewe.’

            “Net toe word mense vorentoe geroep wat Jesus wou aanneem. Ek het voor in die kerk gaan kniel en baie gehuil en Jesus aanhou om verskoning vra omdat ek nie geweet het Hy bestaan nie. Die Postoor het my toe kom help om die sondaarsgebed te bid. Ek is daar Wedergebore.

            Toe ek opstaan was my sware las weg. Ek het nooit besef dat ek so ‘n sware las gedra het nie. Ek was vervul met vrede en blydskap en was veerlig. Ek was getransformeer. Ek was ‘n absolute nuwe mens.

            Die volgende oomblik wou ek huis toe hardloop om my ouers die blye nuus te gaan vertel dat God ‘n werklikheid is en dan Jesus leef. Hulle sou so opgewonde wees.

            “Ek is ‘n vertaler en het vir TL Osborne vertaalwerk begin doen. Ek kom toe agter, ek kan ook vir siekes en kreupeles bid. In my prediking maak ek God en Jesus onweerstaanbaar. By TL Osborn het ek geleer die krag is nie in my nie maar in die Woord. Kyk wat sê Paulus: “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.’ Rom 1:16.”

            Daar is 36 000 Plattelandse gemeenskappe in Rusland wat Natasha gereeld besoek. Sy bid selfs vir die mense se siek diere en God genees.

            Die mense sê hulle koeie gee die heerlikste melk nadat vir hulle gebid is.

            Versprei asseblief ook hierdie getuienis. Iewers wag iemand op dit. – Wekroep.


Maandag 11 Maart 2019

Wees net dankbaar, baie dankbaar ...



“Wees in alles dankbaar (hoekom?), want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”
1 Thes 5:18

            Die stukkie “wees in alles dankbaar,” het al tot menige twis en tweedrag gelei. Nogtans,, “alles” beteken letterlik “alles”.

            In Moses se tyd stuur die HERE giftige slange onder die volk. Die volk kom kla by Moses. Moses neem die saak na die HERE. Die HERE sê vir Moses, maak vir jou ‘n slang en plaas dit op ‘n paal en elkeen wat gepik is, as hulle daarna kyk sal genees word. Moses het toe ‘n koperslag gemaak en op die paal gesit.

            Die slang wat eers dood en verwoesting gesaai het, bring nou genesing.

            Om die slang te kon maak, moes die koper keer op keer verhit word en met ‘n hamer op ‘n aambeeld geslaan word om vorm aan te neem.

Jesus was ook vodde geslaan. Dit was ‘n bloedbad. Hoekom het God vir Moses ‘n slang laat maak... die ding wat mense juis ontslae van wou raak? Hoekom nie ‘n Engel nie of iets mooi nie?

Die slang is onheil. Hy verskyn die eerste keer in die Tuin van Eden. Hy het nie vir  Eva gepik nie, hy het haar denke verdraai. Wanneer die vyand in ons denke en wese inbeweeg, verdraai hy ook ons denke.

Hy val meesal jou denke aan oor die HERE, jou denke oor die Skrif. Saai twyfel. Wanneer God in die Woord praat van genesing, kom die slang en hy saai gedagtes van dood. Hy probeer sy gif in jou versprei, jou besmet. Hy saai twyfel met sy gif.

            Elkeen van ons moet die Evangelie uitdra en elkeen van ons ondergaan opleiding. Ons maak kennis met die gif en terwyl ons daarmee in blydskap worstel, ontdek ons die serum wat die genesing teweeg bring.

            As ons besef, onheil is nie die einde nie, dis die begin en as ons in alles dankbaar is, hanteer ons die situasie heeltemal die teenoorgestelde as om onder die omstandighede te swik. Anders gestel: Dan leef ons BO die omstandighede en nie ONDER die omstandighede nie,

Die serum oplossing is interessant. Mens sou dink dat God dit wat reg is sal aanwend teen dit wat verkeerd is. Dit werk egter andersom.

God gebruik sonde teen sonde, boosheid teen boosheid. God stuur Jesus om sonde te word en daarna word die serum (bloed) aangewend om te red en te genees.

Soos wat Moses die slang in die woestyn opgehef het, so sal Jesus opgehef word. Hy wat geen sonde geken het nie, het sonde geword. Hy het geword wat Hy nie was nie sodat ons kon word wat ons nie uit onsself kon wees nie.

Wanneer mens deur ‘n slang gepik word, word serum gebruik om te keer dat jy sterf, maar die serum word juis vervaardig vanuit die gif wat jou wou doodmaak.

Dit beteken dat dieselfde ding wat die vloek bring, bring ook die seëninge. Wat na moeilikheid en ellende lyk, is juis ‘n geleentheid.

Jesus neem die situasie en keer dit om. Jesus het sonde geword om die sondaar te kon red. Dan bekeer jy jou van jou verkeerde weë. Jy maak ‘n “omkeer” en jy beweeg in ‘n nuwe rigting.

Versoek gaan jy versoek word... “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar (let op) Hy sal saam met die versoeking (gif) ook die uitkoms (serum) gee, sodat julle dit sal kan verdra.’ 1 Kor 10:13.

Goliat kom met ‘n reuse swaard om Dawid dood te maak. Dan keer die situasie om en Dawid onthoof Goliat juis met sy eie swaard.

Die HERE stuur Jona om vir die sondige Nineve te gaan waarsku. Dit is dieselfde Jona wat kort gelede ongehoorsaam was en nie na God wou luister nie.

Ons het geen keuses as om God te gehoorsaam nie. Jona wou nie en die HERE het sy kans afgewag en eers Jona se lewe in die Walvis se pens omgekeer.

            Aäron dans naak  en God neem die gif en maak ‘n serum Ex 22:25. God stel juis vir Aäron as Hoëpriester. aan.

Petrus was gif. Jesus sê vir hom ek gaan jou gebruik, maar voor dit gaan jy my drie keer verloën. Dis toe wat gebeur het, maar deur bittere berou en baie trane word die gif serum.

Dieselfde man wat gesweer het: “Ek ken Hom nie”, bring in sy eerste diens 3 000 siele in... byna of mens kon sê ‘n duisend siele vir elk van die verloenings.

En Saulus? Hy was ‘n terroris wat die Christene erg vervolg het. Die HERE keer hom voor op die pad na Damaskus en keer sy giftige lewe om na serum en maak van Paulus die grootste Apostel van die Nuwe Testamentiese Kerk.

Wyle Mary Baxter van Amerika was erg kreupel gebore. Sy het Jesus aangeneem, haar verbly in haar ellende en is een Sondagmiddag 100% genees en het ‘n Evangelis geword. Toe bring sy Nuwe Lewe aan die siekes en gebreklikes.

Die HERE wil jou ook gebruik om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges. te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word (let op) sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte (Terpentynbome) van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.” Jes 61:1-3 (Terpentyn kan ook genees: https://earthclinic.com/remedies/turpentine/)

“Wees in alles dankbaar”. Dis jou opleiding sodat jy ander kan bedien. Jy verkry uiteindelik ‘n sieraad vir jou as. Ja, God kan lewe uit as ook skep.

“Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val (hoekom?), omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” Jak 1:2-3

Kyk met nuwe oë na jou verlede. Al die tyd wat jy in ‘n vervalle of teruggevalle toestand was, wat jy swaar gekry en nie hoop gehad nie, was die HERE besig om serum van jou te maak. Gebruik jou serum om  ander wat ook seergekry het te genees.

Daai man wat nie kan ophou drink nie. Hou aan bid vir hom totdat hy serum word. Daar is baie soos hy wat gehelp moet word. Hy sal hulle ten beste kan help.

Daar is ander wat nou swaarder kry as jy. Wend jou serum aan. Jy het ‘n bediening.  Jy het altyd vuil en waardeloos gevoel, verwerp... draai om, bekeer jou, daar is werk vir jou om te doen.

“Dra mekaar se laste en vervul so die (liefdes) wet van Christus.” Gal 6:2 en beslis Jak 2:8. Hoe gaan jy dit regkry as jy nie self deur so ‘n vallei van doodskaduwee is nie?  Jy het eerstehandse opleiding en ondervinding. Jy is ‘n spesialis in jou veld en, die HERE werk nie net saam met jou nie, Hy stap jou vooruit. Volg Hm.

Hannes en Jana Viljoen (Brain Child Fund) het drie breinbeseerde kinders. Hulle leef in absolute oorwinning terwyl hulle ander help wat ook sulke kinders het.

Belinda Paar is verkrag op 14. Daarna sterf haar pa. Haar eerste man was erg brutaal en het haar gereeld erg aangerand. Op vier maande had sy ‘n miskraam weens aanranding. Daarna volg ‘n tweede mislukte huwelik (bankrotskap) en toe ‘n breinbeseerde kind. Vandag is sy ‘n opgeleide berader wat mense van reg oor die land bystaan.

Pastoor Dwight Pate wou as jong predikant, geld by ‘n bank leen om ‘n aanbiddingsplek te begin. Hy had geen kredietwaardigheid nie en sy medewerker het pas uit die tronk gekom. Die bank het summier geweier. Ses jaar later toe koop Pastoor Pate die bank. Hulle moet vandag die enigste kerk in die wêreld wees wat hul eie bank het.

“Wees in alles dankbaar” al gaan dit hoe erg “want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”

Die Amerikaanse Evangelis Bob Mumford, het altyd gesê: “God puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you.”

Is dit jou werksituasie wat jou die een stel na die ander laat aftrap? Wees dankbaar en geduldig. Jy word voorberei vir jou bediening.

Het jy ‘n kind deur die dood verloor. Jy het nie jou kind verloor nie, hy/sy wag vir jou. Wees dankbaar en neem jou serum om ander kinders en hulle ouers te troos en vir Jesus te wen.

Is jy beswaard omdat jy deur ‘n aborsie is? Bely en maak jou saak reg met die HERE, jou baba wag vir jou in die Hemel. Gebruik jou serum om ander te troos of te keer dat hulle ook in so ‘n slagyster trap.

Ons is terug by Dawid. Die arme man het hard geval. Vandag is hy ‘n man na God se hart. Altesame 400 jaar na Dawid se dood, profiteer Esegiël: “En my kneg “Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.” Eseg 37:24

Let op na hierdie skitterende beskrywing: “Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur (let op) geoefen is.

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op, en maak paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:13 – Wekroep


Vrydag 08 Maart 2019

Soek jou krag in die HERE

Lees jou Bybel


In die Tweede Wêreldoorlog het 'n jong soldaat in die loopgraaf, 'n Nuwe Testament gesit en lees. Sy kaptein kom op hom af. "Wat maak jy met daardie boek hier?" vra hy bars. "Dit sal jou 'n ouvrou maak!"

Die soldaat kom op aandag. "Ek is bang, Kaptein," antwoord hy eerlik. "Dis al manier hoe ek dapper kan wees. Hierdie boek gee my moed. Dit neem die vrees vir die dood weg." Ter¬wyl hy praat, bars 'n bom naby hulle. Een van die kartetse verbrysel sy kop. Hy is die Ewigheid in.

            Die offisier het die Bybeltjie eerbiedig opgetel en in sy sak gesteek. Hy het dit self begin lees. Dit het 'n groot invloed op hom gehad. Hy het moed geskep en die lewe het vir hom weer sin gemaak. Hy het gesorg dat elkeen van die manne onder sy bevel 'n Nuwe Testament kry.

Die lees van die Bybel maak 'n mens nie week nie, maar sterk. Vir baie mense het die lees van die Bybel in tye van groot behoefte en neerslagtigheid, nuwe hoop en moed in hul hart ontsteek. Bybellees is nie 'n godsdienstige plig nie. Dit is 'n groot voorreg.

Dit bring lig en geloof in die siel. Dit stil die sielehonger. Verwaarlosing van die Bybel is die grootste onreg wat 'n mens homself kan aandoen. Hy ontsê homself 'n bron van krag en vreugde. Hy ontsê homself die voorreg om na God te luister.

            Bybellees bring ons hart met God se hart in aanraking, want dit is Sy Woord. Hy praat innig met ons. Die Heilige Gees gebruik God se Woord om die HERE Jesus aan ons bekend te maak.

Deur ons kennis van Christus en vertroue in Hom, vind ons vergifnis en vrede en gaan al die rykdomme van die Hemel vir ons oop. Dis inderdaad ‘n Testament wat jou alles verduidelik van wat jy as Gelowige geërf het.

            "Soek julle krag in die HEREe en in Sy groot mag." Efes 6:10.

Woensdag 06 Maart 2019

Gehoorsaamheid Eerste

Doen dit onverwyld


“Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme." 1 Sam 15:33

            In sy boek "How to be a happy Christian", wat in die 70-tiger jare verskyn het, vertel J. Nieboer van 'n sakeman, wat altyd sy tiende aan die Here gegee het. Op 'n dag kry hy kennis om binne 'n jaar sy sakeperseel te ontruim.

Ses maande lank soek vergeefs na 'n ander perseel. Intussen bied die bank aan om die gebou op te rig, as hy die bouperseel voorsien. Binne 'n paar weke kry hy 'n geskikte stuk grond.

Die prys was $30 000. Hier het sy stryd begin. Hy het $30 000 in die bank, maar $10 000 hiervan was tiende geld wat hy laat oploop het, om aan 'n sendingorganisasies te stuur. Die verkoper wys sy aanbod van $20 000 van die hand.

Die versoeking was groot om die $10 000 te gebruik. Juis daardie dag, lees hy Maleagi 3:10: "Bring die hele tiende na die skathuis, en beproef My tog hierin of Ek vir julle nie vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloed sal uitstort nie." Dit het vir hom die saak beslis. Hy het dadelik die sendingkantoor gebel en hulle van die $10 000, wat hy vir hulle het, in kennis gestel. Hulle moet dit asseblief dadelik laat haal.

Pas het hy die telefoon neergesit of dit lui weer. Nou was dit die eiendomsagent wat bel. "Ek het vir jou goeie nuus," sê hy. "Jy kan die grond nou vir $20 000 kry." Vir die sakeman se geestelike lewe was dit 'n geseënde ondervinding.

            Die weg van die HERE lyk soms na 'n nadelige pad, maar dan ontdek ons, gehoorsaamheid aan die HERE, loop op die einde op 'n wensaak uit. "Onthou die trekpad waarlangs die HERE julle veertig jaar lank deur die woestyn gelei het. Hy het julle in die moeilikhede laat beland om julle te toets en te kyk hoe julle gesindheid sou wees…of julle sou gehoorsaam."
Deut 2-5

Hoe ons op teleurstelling en versoeking reageer, leer ook aan ons wat die inhoud van ons hart is. In so 'n toetsperiode kom die HERE se Woord ons met raad en leiding tegemoet.

Ons houding moet altyd wees soos dié van Dawid in Psalm 25:3-5: "Niemand wat sy verwagting in U stel sal beskaam word nie…Maak my U wil bekend, HERE, leer my u paaie. Laat U waarheid my lei en onderrig my daarin…in U stel ek elke dag my verwagting." – Wekroep

Vrydag 01 Maart 2019

'n Groot Trek na Nuwe Denke



Wees ‘n Dawid


Dit is 2019. Wees vanjaar en totdat Jesus kom, ‘n Dawid.

            Dawid was God-gefokus, ‘n God-denker.

            Dawid was ‘n wenner. Dawid het nie Goliat verslaan met sy optrede nie maar oor dit wat hy gedink het.

            Word vernuwe in jou denke. Word ‘n God-denker. Word VERNUWE in julle GEMOED (DENKE)! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms. Dis ‘n opdrag!

            Dawid breek weg van tradisie en emosie. Hy begin ‘n “Groot Trek na Nuwe Denke.”.. ‘n swaard en gevegsdrag sou ‘n mislukking wees.

            God keer ‘n verloor-situasie om: Die swaard waarmee Goliat vir Dawid mee wou doodslaan, gebruik Dawid om Goliat mee te onthoof.

            Dawid besef Goliat is 2.7432m lank, sy arms en sy swaard is ook langer. Goliat is boonop ‘n opgeleide swaardvegter.

            Dawid was ‘n meester met ‘n slingervel. Hy besluit hy sal Goliat in sy voorkop tref. En hy maak so, en hy kap Goliat se kop af en al die Filistyne slaan op die vlug.

            Dawid was ‘n bidder wat trou saam met die HERE gewandel het. Een dag het hy nie. Daarvoor het hy ‘n duur prys betaal, maar daarna is hy terug by YAWEH, veilig in Jesus hoede... ‘n man na God se hart.

            Sportwetenskaplikes verklaar dis onmoontlik om sukses te behaal met negatiewe denke.

            Kyk, hier is jou uitdaging: “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. Hebr 11:6. Selfs Dawid is beloon omdat hy Goliat verslaan het.

            Lees gerus die hele Heb 11 oor geloof.

            Die Israelse leër was verlam van vrees. Dawid was vol van geloof en God gefokus.

            Let op: “Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.

            “Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die Hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel 'n God het.

            “Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.” 1 Sam 17:45-48

            As jy negatief dink, vergeet van sukses. Hy wat twyfel kan niks van die HERE ontvang nie. Jak 1:6-7

Nou die sleutelvraag: ”Hoe verkry ons ‘n God-geloof? Deur die Woord daagliks te lees…  “U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.” Ps 119:105

Steek ‘n kers op, skakel al die ligte in die huis af en staan alleen met die kers. Die kerslig is nou in beheer van die duisternis. Inderdaad bevind ons onsself in ‘n duistere wêreld. Lees die Woord daagliks en saans. Jy het geen ander lig nie. So bly jy in die Wil van God.

Wat die besnydenis betref: Besnydenis het beteken God se seën rus op die besnede kind. In ons geval vandag beteken besnydenis van die Hart presies dieselfde. Om jou kind na geboorte aan God terug te gee en in sy weë groot te maak, beteken ook jou kinders is geseënd.

Goliat was as Filistyn nie besny nie en dit het Dawid omgekrap dat hierdie onbesnede Filistyn dit sou durf waag om die leërs van God te beledig.

“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:23

Dis die opdrag aan ons vandag: Aanbid die  HERE is Gees en in Waarheid.

Wees ‘n Dawid in jou huwelik, jou huishouding, jou skool, universiteit, en reg deur die ganse lewe.

Baan jou weg met die Lamp (Woord) en Nuwe Denke. - Wekroep

Dinsdag 26 Februarie 2019

Die indrukwekkende rol van ‘n Traktaat



Dr Robert Tillman Kendall, gebore 6 Junie 1936, is ‘n geestelike skrywer van meer as 50 boeke. Hy was ook 25 jaar lank predikant in die bekende Westminster Kapel.

            Kendall is tans deel van die Woord, Gees en Krag eenheid, ‘n nie-kerklike Charismatiese bediening.

            Op 84-jarige ouderdom bring hy steeds die Woord. Hy vertel dat sy pa so graag traktate versprei het. Later het hy van die traktate in ander tale laat vertaal en verder versprei. So het hy ook traktaatjies in Duits laat vertaal en in Duitsland versprei.

Eendag het sy pa ‘n brief van iemand in Duitsland ontvang. Die persoon het geskryf: “My pa  het een van julle traktaatjies ontvang en dit gelees. Aan die einde het hy die gebed tot Wedergeboorte onderaan die traktaatjie hardop gebid en toe gesterf.”

Wanneer dit nasionale of plaaslike verkiesings is, dan maak die onderskeie partye seker elke mens in die land weet presies waaroor dit gaan. Niemand kan egter ‘n kieser dwing om te stem nie.

Net so met die Evangelie: Ons moet seker maak dat elke mens weet wat die Wedergeboorte behels. Ons mag egter nooit iemand dwing om die Wedergeboorte deelagtig te word nie. Ons moet egter die Evangeie ten alle koste versprei.

    “As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe – en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

   “Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.

    “En as 'n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek 'n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

    “Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.” Eseg 3:1821

Mens kan traktate self skryf, van die Internet aflaai, per e-pos en ook per hand versprei. – Wekroep

                 

Vrydag 22 Februarie 2019

Werk want die nag is op ons!

Maak bedags jou eie bed op


Straks, as Christene Suid-Afrika weer ‘n voorste wêreldland wil maak, moet hulle begin deur hul eie beddens op te maak.

“As jy die wêreld wil verander, moet jy begin deur eerste ding soggens jou bed op te maak.” Dít was admiraal William H. McRaven se raad aan studente by die Universiteit van Texas in Amerika.

Dié nederige klein takie sal jou ’n gevoel van trots gee, het McRaven die studente verseker. Jy sal genoeg trots kry om jou aan te moedig om nog ’n taak aan te pak, en dan nog een en nog een . . .

“Teen die einde van die dag het daardie een taak wat jy aan die begin van die dag afgehandel het, opgebou tot ’n reeks voltooide take.

“Om jou bed op te maak, versterk ook die idee dat die klein dinge in die lewe saak maak. Want hoe suksesvol gaan jy met die groot dinge wees as jy nie die klein dingetjies kan regkry nie?”

            Suid-Afrika is in ‘n krisis. Altesame 34-miljoen Suid-Afrikaners het op hul sensusvorm ingevul dat hulle Christene is. Waar is hierdie Christene, hoekom hoor en sien mens hulle nie?

            As mens ‘n Christen is het jy verantwoordelikhede. Jy moet bv jou Christenskap uitleef en die Evangelie met medelye uitdra aan ander. Jy is nie hier om te protesteer nie, jy is hier om te lei want die geloof en werke gaan saam. Jak 2:14

            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;

“en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;

“en... pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15

Let op: “Die Here vertraag nie die belofte (van sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” 2 Pet 3:9

Maar uiteindelik word die streep getrek:

“En die Engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die Hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle Ewigheid lewe, wat die Hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, (Let op) dat daar geen tyd meer sal wees nie.” Openb 10:5-6

            Die Admiraal se raad is straks net wat ons nodig het. Ons wil, ons kan en ons moet Suid-Afrika verander. Kom ons hanteer alles met ‘n hernude aanslag, beginnende by die opmaak van ons beddens. Werk want die nag is op ons. – Wekroep

Woensdag 20 Februarie 2019

Die “Barmhartige” Samaritaan

Jesus heel die gebroke harte



Hy was nie net ‘n Samaritaan nie, hy was ’n barmhartige Samaritaan. Hy was vol medelye of mededoë, dus barmhartig. Hy het die beseerde se wonde ontsmet en toegebind.

            Meeste ander sou die man daarna net daar gelos en hom welstand toegewens het. Maar die medelye noop hom om die man op sy rydier te help en hom na die naaste herberg te neem.

            Hy betaal vir drie weke vooruit en versoek dat die eienaars van die Herberg die man moet versorg. Hy sal met sy terugkeer weer daarlangs kom en as daar uitstaande gelde is sal hy dit betaal.

            Samaritane en Jode het mekaar vermy, eintlik vyandelik teenoor mekaar gewees.

In Lukas 10 vertel Jesus van die Jood wat aangeval en langs die pad gelos is om te sterf.

            Twee Jode, eers ‘n priester en toe ‘n Leviet reis daarlangs. Hulle sien die beseerde en besluit om verby te beweeg, Toe kom die (barmhartige) Samaritaan.

            Ons sien ook in SA die kinders en ander wat in seerkry en swaarkry aan ploeter, en ons stap verby want ons het nie medelye  nie. Ons is nie barmhartig nie.

Gaan kyk dan weer hoeveel medelye die Messias gehad het sodat ek en jy gered kon word... en ons is veronderstel om in Jesus se voetspore te volg.

            Kyk wat die Skrif leer:

            “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.” Ps 34:19

            “Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” Ps 51:19

            “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.” Ps 147:3

            “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte (Terpentynbome) van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.” Jes 61:1-3

            “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die Evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.” Luk 4:18-19

            Terpentyn kom vanaf die Terpentynboom en word veral medisinaal as geneesmiddel gebruik. Daar is ook talle ander gebruike voor. Is jy ‘n Terpentynboom?

            Hoe is die HERE naby? Deur my en jou. Ons is geroep om Jesus se aardse taak te voltooi. Daarin kan ons net slaag deur medelye met die verlorenes en ellendiges te hê.

            Ons het verlede Maandag na die jongste statistiek gekry oor hoe verflenterd ons samelewing is. Gebroke huisgesinne is volop.

            Reik uit na die ellendiges, gee kos en klere en deel traktate uit. Vorm ‘n gebedsgroep wat getrou vir die uitreiking bid. Doen dit nie dan en wan nie, maar gereeld.  Doen wat jou hand vind om te doen. – Wekroep

Maandag 18 Februarie 2019

Suid-Afrika in ‘n Krisis!

Gelowiges sal soos barmhartige Samaritane moet ingryp


“Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

“Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.

“Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

“Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” Openb 3:17-22

Die welstand van die Suid-Afrikaanse familie

Deur Danie Mouton: ‘n Predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding.


Gestel Suid-Afrika word voorgestel as ’n dorpie waarin 100 kinders (ouderdom 0-17) woon. Dan sal:


48 kinders ’n pa hê wat leef, maar afwesig in hulle lewe is;

36 kinders grootword in teenwoordigheid van hulle pa;

35 kinders by beide biologiese ouers woon;

40 slegs by hulle ma grootword;

3 slegs by hulle pa grootword;

23 kinders glad nie by ’n biologiese ouer woon nie;

8 van hulle by hulle grootouers woon;

1 sal in ’n huishouding woon sonder ’n volwassene aan die hoof;

34 kinders word groot in ’n huis met ’n volwassene in ’n vaste betrekking.[1]

Hoe gesond is die SA-familie?

Die SA-familie is duidelik in ’n krisis. Dit is ’n groeiende krisis. ’n Dekade gelede het 49 kinders (nou 36) grootgeword by hulle pa’s, en 42 (nou 48) het ’n afwesige pa gehad.

Met die term familie word bedoel die kleiner eenheid van gesin, maar ook die meer uitgebreide familie wat bestaan uit grootouers, voogde en ander familiestrukture. Ons weet dat die geïdealiseerde gesin (met ’n pa en ’n ma, boeties en sussies) baie min gesinne se werklikheid weerspieël.

In Suid-Afrika word die gemiddelde kind deur sy of haar moeder in ’n enkelouer-huishouding opgevoed. Die meeste kinders leef in huishoudings waar die volwassenes werkloos is.

Oorsake

Daar is verskeie en komplekse oorsake:

Die impak van meganisasie, industrialisasie, moderniteit, verstedeliking en globalisasie op die SA-familie.

Trekarbeid is steeds ’n enorme oorsaak van familieverbrokkeling.

Die apartheidsverlede van die land het sosiaal-ekonomiese ontwrigting en remedies ongelyk verdeel.

Geweld verklaar deels waarom soveel meer kinders aan vaderskant wees is. In 2007 was meer as ’n derde van nie-natuurlike sterftes aan geweld te wyte. Van hierdie geweldslagoffers was 87% manlik. Baie kinders is ook aan vaderskant wees, omdat hulle vaders nooit bekend was of is nie.

Die effek van die MIV- en vigs­pandemie op families word gereflekteer in die toenemende hoeveelheid weeskinders en huishoudings met kinders aan die hoof.

Effek van MIV en vigs

In Suid-Afrika is daar sowat 860 000 dubbele weeskinders (albei ouers oorlede), 2,5 miljoen kinders met ’n pa wat oorlede is, en 624 000 kinders wie se ma oorlede is. In die periode 2002 – 2008 het die getal weeskinders (enkel of dubbel) met sowat 33% toegeneem. Die hoeveelheid dubbele weeskinders het met 144% gestyg.

Hoewel die MIV- en vigs-pandemie in SA gestabiliseer het en die infeksiekoers nou besig is om af te neem, sal die hoeveelheid weeskinders steeds toeneem, of baie hoog bly. Dit het te doen met die tydsverloop tussen infeksie en sterfte.

Verskillende bevolkingsgroepe

Wat gesins- en familieverbrokkeling betref, moet ’n mens ook deur die bril van ras na ons samelewing kyk.

Terwyl 52% swart kinders ’n afwesige vader het en 41% bruin kinders, word slegs 12% Indiërkinders en 15% blanke kinders met ’n afwesige vader groot. 54% swart, 30% bruin, 7% Indiër en 24% blanke kinders word in ’n stedelike enkelouerhuis groot.

As praktiese gevolg hiervan is die leefwêreld van Afrikaanssprekende lidmate van die hoofsaaklik wit gementes waarskynlik ver verwyder van die realiteite waarmee die meeste SA-families gekonfronteer word. As ons Sondae oor ons gemeentes se kerkbanke kyk, lyk die familieprentjie radikaal anders as in die res van Suid-Afrika.

Opvoeding en onderwys

Weeskinders woon minder gereeld skool by, leef met laer voedingsekerheid, ly meer aan angs en depressie en ervaar groter blootstelling aan MIV-infeksie. Die risiko is nóg groter as die ma, eerder as die pa, dood of afwesig is. Enkelmoeders neem gemiddeld groter verantwoordelikheid vir die versorging van hulle kinders as enkelvaders.

Die oorlewing van jonger kinders tussen nul en drie jaar, kom in gedrang wanneer die moeder sterwend is, of onlangs gesterf het. Hierdie kinders se kans om self te sterf – in die jaar vóór óf ná hulle moeder se dood – is vier keer méér as kinders wie se moeder lewend en gesond is.

’n Weeskind wat ’n moeder verloor het, se kans om wel skool te gaan, is statisties ingekort. Hierdie kinders voltooi gemiddeld minder skooljare, en daar word minder geld aan hul opvoeding spandeer in vergelyking met kinders wie se moeders leef.

Hoe sterker die band met die biologiese familie, hoe beter die versorgingsgehalte van weeskinders, en hoe groter die kans dat hulle skool sal besoek.

Armoede

Armoede het ’n wesenlike impak op die familie. Ongeveer ’n derde van SA se kinders (5,6 miljoen) woon in oorvol huise. Slegs 34% kinders woon in ’n huishouding met ’n volwassene met ’n vaste werk. Twee-derdes word dus groot in huise waar niemand werk nie.

Dit beteken dat die kindertoelaag wat die staat betaal waarskynlik noodsaaklik is om oorlewing te verseker.

Gebroke families breek jongmense


Om in ’n stabiele gesin en liefdevolle familie groot te word, is vir baie ’n onbereikbare droom. Die voorreg om deur beide ouers opgevoed te word, is vir die minderheid beskore.

Die verbrokkeling van die gesin en familie het ’n geweldig impak op:

Opvoeding: Verskeie navorsings­projekte dui op beter skolastiese uitkomste waar die pa teenwoordig is. Waar ouers emosionele en praktiese ondersteuning bied, vaar die kinders beter gedurende opleiding en later ook in die arbeidsmark.

Werkloosheid onder die jeug: Weens swak opleiding, is daar geweldige werkloosheid onder die SA-jeug. Gedurende 2009 was werkloosheid onder Sub-Sahara Afrika se jongmense  gemiddeld 12%. Werkloosheid onder 15- tot 24-jariges in SA was 48%. Dit het in 2010 tot 51% gestyg.

Seks: Kinders uit disfunksionele families tree dikwels seksueel meer riskant op. Heelwat jongmense word ook ouers voordat hulle hul opvoeding en opleiding voltooi het.

Tienerfertiliteit het oor die laaste dekades skerp in SA gedaal – ook ná die instelling van die kindertoelaag in 1996. Die oorsake van tienerswangerskappe is kompleks, en benodig meer navorsingstoeligting.

Geweld en misdaad: Families speel ’n onontbeerlike rol in die sosialisering van jongmense. Kinders uit disfunksionele families mag geneig wees om geweld (verbaal en fisies) as normale vorm van interaksie te sien. Baie geweld kom binne nabye verhoudinge en in die familie self voor.


Waarheen met die SA-familie?


Die verskillende sektore in die samelewing het elk ’n krities-belangrike verantwoordelikheid:

Werkskepping en die bestryding van armoede. Die staat en sakesektor is hier belangrike rolspelers, maar gemeentes en die ondersteuning van innoverende werkskeppingsprojekte op mikroskaal is elke gelowige se verantwoordelikheid.

Volwassenes moet as ouers, of as oupas en oumas, vir jongmense optree. Elke ouer volwassene in elke gemeente moet “kleinkinders” in die gemeenskap gaan soek en begelei.

Gemeentes moet as geestelike ouers vir die totale jeug van die totale gemeenskap optree. Dit is nie genoeg dat ouers hulle kinders die weë van die Here leer nie. Ons moet ook invloed in die wyer gemeenskap uitoefen, met missionale kategese wat al die kinders van die gemeenskap innooi.

Gemeentes moet daarteen waak om geloofsvorming-inisiatiewe te loods wat slegs op die gemeenskap van gelowiges gerig is en wat ’n geïdealiseerde tradisionele gesinsopset veronderstel. Daar is baie kinders wat nie ouers het nie. Daar is baie disfunksionele versorgingstrukture waar kinders nie geestelik reg opgevoed word nie. Gemeentes moet maniere vind om na hierdie ruimtes uit te reik, vertrouensverhoudings te vorm en kinders na en vir die Here te begelei.

Betrokkenheid by die formele onderwyssektor is wesenlik belangrik. Ook hiér behoort gemeentes nie slegs na skole in die onmiddellike omgewing uit te reik nie. Verhoudings moet oor grense gevorm word met skole wat die breër bevolking dien. Hier is baie, dikwels eenvoudige, inisiatiewe nodig wat ’n enorme verbetering in die onderwys kan bewerkstellig.


Gemotiveerde jeug

Ten spyte van die vele uitdagings wat jongmense moet hanteer, bly die meeste gemotiveer en hoopvol dat hulle hulle doelwitte sal bereik. Sowat 94% van 12- tot 22-jariges het ’n goeie idee van die rigting wat hulle wil inslaan, 99% het spesifieke doelwitte wat hulle wil bereik, en 97% glo hulle eie aksies en inspanning sal bepaal of hulle hul doelwitte sal bereik. Meer as 90% jongmense voel ook hulle sal moeilike situasies kan hanteer.[2]

Miskien toon hierdie feite dat die meeste jongmense nie bewus is van die struikelblokke wat hulle sal moet oorkom om ’n gesonde en suksesvolle lewe te hê nie. Dit toon óók dat SA se jonger generasie hoë hoogtes kan bereik indien hulle die kans kry om groot te word in stabiele families en gemeenskappe, sonder geweld en met die geleentheid van ’n behoorlike opvoeding.


1.      Die syfers in hierdie artikel March 2011). Die verslag is aanlyn beskikbaar by www.ngkok.co.za/Artikels/fam.pdf. Voor 1994 het dié instituut bekendheid verwerf vir sy navorsing oor die impak van trekarbeid en paswette op die SA-familie.  Dis ontleen aan ’n navorsingsverslag van die First

2.      Hierdie merkwaardige bevinding kom ook uit genoemde navorsingsverslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.


[1]  Die syfers in hierdie artikel is ontleen aan ’n navorsingsverslag van die SA Instituut vir Rasse­verhoudinge, getiteld First Steps to Healing the SA Family (March 2011). Die verslag is aanlyn beskikbaar by www.ngkok.co.za/Artikels/fam.pdf. Voor 1994 het dié instituut bekendheid verwerf vir sy navorsing oor die impak van trekarbeid en paswette op die SA-familie.


[2] Hierdie merkwaardige bevinding kom ook uit genoemde navorsingsverslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.

Saterdag 16 Februarie 2019

Keer vir Leë beloftes



Daar is so baie plekke in die Bybel waar ons ongehoorsaam is. Een daarvan om beloftes te maak en dit nie na te kom nie. Jy leen iets by iemand en belowe om dit terug te bring. Jy hou nie jou woord nie... en jou woord is veronderstel om jou woord van eer te wees.

“As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. “ Pred 5:3-4

Moet nou nie probeer verskoon dat dit net beloftes is wat mens aan die HERE maak wat nie. Die HERE sê: “Vir sovele jy dit aan die geringste van My doen, doen jy dit aan My” Matt 25:40

          Almal van ons het al, sonder om te dink 'n belofte gemaak wat ons nie nagekom het nie. Ons maak almal die fout om beloftes te maak en dit nie na te kom nie. Maar laat iemand anders 'n leë belofte aan jou maak en dit nie nakom nie, dan is die vet in die vuur.

Ons lees telkemale in die Bybel van God se beloftes aan ons en ons is vinnig om daarop aanspraak te maak. Ons staan bakhand en wag, ongeduldig want 'n belofte moet nagekom word. In ons arrogansie vergeet ons gerieflikheidshalwe baie maklik om ons beloftes gestand te doen.

Wanneer jy in die moeilikheid is en jou lewe nie volgens plan verloop nie word beloftes maklik gemaak. Sommige mense is onder die indruk dat hulle God kan omkoop of met Hom kan onderhandel deur die beloftes wat hul maak. Beloftes wat uit desperaatheid en ondeurdag gemaak is, beloftes wat nie nagekom word nie.

Ons moet baie versigtig wees met die maak van beloftes. God verwag dat jy jou beloftes aan Hom sal nakom, Hy eis dit van jou. Moenie beloftes maak wat buite jou bereik is nie, hou eerder vas aan die beloftes wat God jou gee. Hy is betroubaar en 'n waarmaker van Sy woord. Wees geduldig en wag met vrede in jou gemoed vir die uitkoms.

            “Laat die liefde ongeveins (rein, suiwer) wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;  0 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here...” Rom 12:9-11

Woensdag 13 Februarie 2019

Die Drie-filter toets



In antieke Grieland (469 - 399 BC), was Socrates  wyd bekend vir sy wysheid. Een dag het ‘n kennis na die filosoof gegaan en vir hom gesê: “Weet jy wat ek  nou net van een van jou studente gehoor het?”

            “Net ‘n oomblik,” het Socrates geantwoord. “Voordat jy my vertel. Kom ons doen eers die “Drie. -filter ‘Toets’”.       

            "Drie-filter Toets?"

            “Dis korrek... voordat jy met my oor my student praat. Ten eerste: Het jy doodseker gemaak dat dit wat jy my wil vertel die waarheid is?”

            “Nee”, sê die man, ek het dit maar net gehoor.”

            “Goed, sê Socrates, “jy weet nie of dit die waarheid is nie. Nou vir die tweede toets: Is dit wat jy my van my student wil vertel, iets goeds?”

            “Nee, inteendeel...”

            "So," sê Socrates, "jy wil my iets sleg van my student vertel en jy is nie seker of dit die waarheid is nie...”

            Die man het verleë sy kop geskud.

Socrates het voortgegaan: “Dit wat jy my wil vertel, kan dit vir my van enige nut wees?”

“Nee, nie werklik nie.”

            “Socrates het die gesprek afgesluit met: “Wel,"as dit wat jy my wil vertel nie die waarheid is nie, dit niks goed is nie en vir my tot geen nut sal wees nie, waarom dit hoegenaamd aan my vertel?”

            “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.” Spr. 18:21.

            Spreek jy Lewe, of spreek jy dood?

            Lewe jy “onder” die omstandighede, of “bo”, die omstandighede?

            “Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

            “‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

“‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.” Jak. 3:10-12.

As ons verklaar dat ons Gelowiges is, dan lewe ons bo die omstandighede, dan spreek ons seën, selfs in die mees benarde situasie, en nie verdoemenis nie.

“Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.” Matt. 12:35

Soms trap ons in die slagyster en ons vergeet dat as Gelowiges, het ons ‘n “goeie skat in ons hart” en dan praat ons negatiewe, ydele dinge.

“Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

“Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.” Matt. 12:36-37.

Ydele woorde, is woorde van hopeloosheid, wanhoop,  skyn, bog, nietighede, waardeloos, vrugteloos, nutteloos. Dis ook wanneer mense grootpraat, wanneer hulle bluf, verwaand is, roemsugtig, ook wanneer mens die naam van die HERE verkeerdelik gebruik.

Dood en Lewe, is in die mag van die tong.

As mens elke dag van jou lewe aanhou verdoemend praat van ander, elke dag praat oor die euwel van misdaad en die negatiewe beklemtoon, spreek jy ydele woorde, spreek jy wanhoop, spreek jy dood.

Om gedurig die duisternis aan te val, is om dood te spreek, alles verder te vernietig. Moenie die duisternis aanval nie, steek eerder ‘n lamp op, spreek Lewe!

Gelowiges besef dit nie almal nie, maar inderdaad is hulle in beheer van die situasie, en hulle kan die situasie omkeer deur Lewe te spreek.

Kyk hoe pragtig is die volgende: “Die mond van die regverdige is ‘n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.” Spr. 10:11. — Wekroep

Kontak gerus die skrywer by sjibbolet.buro@gmail.com