Wys tans plasings met die etiket mag in die tong. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket mag in die tong. Wys alle plasings

Woensdag 13 Februarie 2019

Die Drie-filter toets



In antieke Grieland (469 - 399 BC), was Socrates  wyd bekend vir sy wysheid. Een dag het ‘n kennis na die filosoof gegaan en vir hom gesê: “Weet jy wat ek  nou net van een van jou studente gehoor het?”

            “Net ‘n oomblik,” het Socrates geantwoord. “Voordat jy my vertel. Kom ons doen eers die “Drie. -filter ‘Toets’”.       

            "Drie-filter Toets?"

            “Dis korrek... voordat jy met my oor my student praat. Ten eerste: Het jy doodseker gemaak dat dit wat jy my wil vertel die waarheid is?”

            “Nee”, sê die man, ek het dit maar net gehoor.”

            “Goed, sê Socrates, “jy weet nie of dit die waarheid is nie. Nou vir die tweede toets: Is dit wat jy my van my student wil vertel, iets goeds?”

            “Nee, inteendeel...”

            "So," sê Socrates, "jy wil my iets sleg van my student vertel en jy is nie seker of dit die waarheid is nie...”

            Die man het verleë sy kop geskud.

Socrates het voortgegaan: “Dit wat jy my wil vertel, kan dit vir my van enige nut wees?”

“Nee, nie werklik nie.”

            “Socrates het die gesprek afgesluit met: “Wel,"as dit wat jy my wil vertel nie die waarheid is nie, dit niks goed is nie en vir my tot geen nut sal wees nie, waarom dit hoegenaamd aan my vertel?”

            “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.” Spr. 18:21.

            Spreek jy Lewe, of spreek jy dood?

            Lewe jy “onder” die omstandighede, of “bo”, die omstandighede?

            “Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

            “‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

“‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.” Jak. 3:10-12.

As ons verklaar dat ons Gelowiges is, dan lewe ons bo die omstandighede, dan spreek ons seën, selfs in die mees benarde situasie, en nie verdoemenis nie.

“Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.” Matt. 12:35

Soms trap ons in die slagyster en ons vergeet dat as Gelowiges, het ons ‘n “goeie skat in ons hart” en dan praat ons negatiewe, ydele dinge.

“Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

“Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.” Matt. 12:36-37.

Ydele woorde, is woorde van hopeloosheid, wanhoop,  skyn, bog, nietighede, waardeloos, vrugteloos, nutteloos. Dis ook wanneer mense grootpraat, wanneer hulle bluf, verwaand is, roemsugtig, ook wanneer mens die naam van die HERE verkeerdelik gebruik.

Dood en Lewe, is in die mag van die tong.

As mens elke dag van jou lewe aanhou verdoemend praat van ander, elke dag praat oor die euwel van misdaad en die negatiewe beklemtoon, spreek jy ydele woorde, spreek jy wanhoop, spreek jy dood.

Om gedurig die duisternis aan te val, is om dood te spreek, alles verder te vernietig. Moenie die duisternis aanval nie, steek eerder ‘n lamp op, spreek Lewe!

Gelowiges besef dit nie almal nie, maar inderdaad is hulle in beheer van die situasie, en hulle kan die situasie omkeer deur Lewe te spreek.

Kyk hoe pragtig is die volgende: “Die mond van die regverdige is ‘n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.” Spr. 10:11. — Wekroep

Kontak gerus die skrywer by sjibbolet.buro@gmail.com



Donderdag 10 Januarie 2019

Spreek LEWE oor Suid-Afrika in 2019




“Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.” Spr. 18:21. Gelowiges het die mag en die gesag in Christus om ‘n magtige omwenteling in SA te weeg te bring. Spreek in elke sektor van die samelewing LEWE, en waardaar dood is, sal dit met LEWE vervang word. Om te murmureer is om dood te spreek.

            Spreek jy Lewe, of spreek jy dood?

            Lewe jy onder die omstandighede, of bo, die omstandighede?

            “Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

“‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

“‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.” Jak. 3:10-12.

As ons verklaar dat ons Gelowiges is, dan lewe ons bo die omstandighede, dan spreek ons seën, selfs in die mees benarde situasie, en nie verdoemenis nie.

“Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.” Matt. 15:11.

“Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.” Matt. 12:35

Soms trap ons in die slagyster en ons vergeet dat as Gelowiges, het ons ‘n “goeie skat in ons hart” en dan praat ons negatiewe, ydele dinge.

“Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

“Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.” Matt. 12:36-37.

Ydele woorde, is woorde van hopeloosheid, wanhoop,  skyn, bog, nietighede, waardeloos, vrugteloos, nutteloos. Dis ook wanneer mense grootpraat, wanneer hulle bluf, verwaand is, roemsugtig, ook wanneer mens die naam van die HERE verkeerdelik gebruik.

Dood en Lewe, is in die mag van die tong.

As mens elke dag van jou lewe aanhou verdoemend praat van ander, elke dag praat oor die euwel van misdaad en die negatiewe beklemtoon, spreek jy ydele woorde, spreek jy wanhoop, spreek jy dood.

Om gedurig die duisternis aan te val, is om dood te spreek, alles verder te vernietig. Moenie die duisternis aanval nie, steek eerder ‘n lamp op, spreek Lewe!

Gelowiges besef dit nie almal nie, maar inderdaad is hulle in beheer van die situasie, en hulle kan die situasie omkeer deur Lewe te spreek.

Kyk hoe pragtig is die volgende: “Die mond van die regverdige is ‘n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.” Spr. 10:11.

“Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is ‘n ondergang wat naby is.” Spr. 10:14.

Let op wat gebeur wanneer mens inderdaad die Bybel bestudeer, wanneer mens navorsing oor ‘n onderwerp soos bv. die tong doen: Jy was jouself skoon, jy reinig jouself. Strofe na strofe is soos helende waters wat oor jou gees en siel spoel. 

Sonder kennis van die Skrif, gaan selfs ‘n hele volk ten gronde.

“Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.” Spr. 13:3.

Lees weer:  “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.” Spr. 18:21.

Spreek mens dus dood, gaan jy beslis die vrugte daarvan eet. Spreek mens Lewe sal jy vir seker die vrug daarvan eet.

Ons het dit reeds genoem, maar ons herhaal: Ja, dit gebeur dat ons soms in die slagysters trap.

“Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

“Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.

“Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voort gedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.

“Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge – kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurhoutjie aan die brand.

“Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

“Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.

“Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

“Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

“Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.” Jak. 3:2-10

Dit is so dat ons stange in die perde se bekke sit sodat ons beheer oor hulle kan hê om hulle te stuur waar ons wil.

Gebruik dan die Woord as die stang in ons monde sodat die Heilige Gees ons kan stuur waar Hy wil.

Gebruik die Woord as die roer in ons lewens sodat ons nie rigtingloos, doelloos, op die see van die lewe ronddobber nie.

Die woorde wat ons spreek: Bied dit aan ons en ander rondom ons Lewe, of dood? Bied ons woorde hoop, of wanhoop?

Dis baie duidelik dat ons verantwoordelik is vir dit wat ons spreek!

Spreek ons dan verantwoordelike of onverantwoordelike dinge?

Wanneer ons ander gereeld aanval en beledig, selfs al is dit met rede, dan spreek ons dood. Dan gee ons krediet aan die euwels.

Wanneer ons dood spreek, word ons gebede ook nie beantwoord nie. Iemand sê, maar hulle spreek dood oor siekte... as jy liewer Lewe oor die sieke spreek, tree die dood vir die euwel vanself uit.

“En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

“Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.” Markus 11:25-26

Dit is hoe dit is: Sonder vergifnis word ons gebede nie beantwoord nie.

Met vergifnis en wanneer ons Lewe spreek, kan ons die ganse situasie in bv. Suid-Afrika, maar ook in ons eie lewens, omkeer.

In Rigters 6:1 sê God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die HERE die kinders van Israel oorgegee in die hand van die Midianiete – sewe jaar lank!

            Sewe jaar lank! Dis mos nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet vir ons mos nou meer duidelik wees as ooit te vore.

            Dit lei geen twyfel nie dat die Skrif verwag dat die Christen hom moet onderwerp aan die Owerheid wat oor hom aangestel is.

            So, loof die HERE, bid vir die owerheid, spreek Lewe oor hom, dien die HERE. Spreek Lewe! Alles is nog lank nie verlore nie. Dit lyk maar net so.

            Die prentjie word verder ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God sê dat Hy ‘n jaloerse God is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.

            Met ander woorde, terwyl ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan God terug, want ons probeer doen wat God sê Sy eksklusiewe reg is. Die Christen moet sy verstand afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil sê.

            Wanneer die HERE sê dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al lyk dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit waarskynlik omdat die Gelowiges nie vir die regering bid nie. Neem die bewind in die land oor... sonder slag of stoot. Spreek Goddelike Lewe in die Parlement in.

          Spreek kewe ir letterlik alles, van jou huis, skool, gemeenskap, munisipaliteit  tot in die parlement.

         Die HERE is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: “Die koning (staatspresident) se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”

·       Die nuwe vertaling lees: “Die HERE kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!

So, kom maar gerus jou plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer. Die waarheid is dat die Christendom in beheer van die wêreld is, en dit onder Leierskap van die Almagtige GOD.

            Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:

Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,

Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

Laat Israel hom verheug in sy Maker;

Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!

Laat hulle Sy naam loof in koordans,

Hom psalm sing met tamboeryn en siter.

Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;

Hy versier die ootmoediges met heil.

Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;

Laat hulle jubel op hul bedde.

Lofverheffinge van God is in hulle keel,

en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;

Hoekom?

Om (sodoende) wraak te oefen onder die heidene,

strafgerigte onder die volke;

om hulle konings met kettings te bind

en hulle edeles met ysterboeie;

om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,

aan hulle te voltrek.

‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!

Halleluja!

Dat die HERE op soek is na voorbidders maar hulle selde vind, word weerspieël in die pyn van Sy uitroep deur Jesaja:

            “Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,”

            En sy teleurgestelde protes deur Esegiël:

            “Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land…  maar Ek het niemand gevind nie.” —  Wekroep

 Description: Description: cid:image006.jpg@01D4972B.D1BD2990

Foto’s is ter illustrasie: Beide is in die Midde-Ooste genmeem. Toe alles tot niet niet was  spreek sekere mense LEWE.




Vrydag 07 Oktober 2016

Die Tong van die Wyse is genesing


Image result for person talking


“Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.” Spr 12:18
            Thomas lig sy kop van die kussing af op. Hy is seker hy het 'n gesnik gehoor. En nou hoor hy dit duideliker. Iemand kreun. Hy beter gaan kyk. In die skemerte van die kamer loop hy versigtig deur toe. Die vertrek waar hy nou instap, lyk vreemd. Hy word bang.
Dié kamer is ligter en hy sien drie figure op die vloer lê: 'n seun van so ses jaar oud, 'n dogter van seker tien, en 'n vrou. Om hulle is plasse bloed. Daar is nog iemand in die kamer.
Dié een praat skielik, met 'n harde, onverbiddelike stem met Thomas: "Sien jy nou hoeveel leed jy veroorsaak het?" "Ek?" roep Thomas verbaas uit. "Dis nie ek nie! Ek sal nie so iets doen nie!"
"Ken jy hierdie mense?" vra die vreemdeling en wys met sy hand na die figure op die vloer. Thomas kyk en trek sy asem hard in. Dis sy ma en boetie Hansie en sussie Edna."
“Kyk na die wond aan haar skouer," beveel die man. Thomas sien dit is 'n lelike sny in Edna se skouer. Dit kon die spiere in die skouer dalk beseer het. "Mm...maar..." stotter Thomas. Dan word hy kwaad. "Wie het dit gedoen?"
"Kyk na die seun se gesig," beveel die man. Thomas sien 'n yslike, bloeiende sny al langs Hansie se wang af.
"Kyk na jou ma," beveel die stem weer. "Daardie steek onderkant jou ma se linkerarm het amper haar hart getref." "Ons moet hulp kry! Van wanneer af lê hulle al hier?" roep Thomas uit.
"Van vanmiddag af toe jy hulle daar in die tuin so aangerand het," sê die man onverbiddelik.
"Ek het dit nie gedoen nie!" skreeu Thomas nou. "Ek het nie eers 'n mes nie en ek sal mos nie so iets doen nie."
"O, ja. Jy het 'n gevaarlike dolk. Ek was by toe julle vanmiddag in die tuin die blombeddinkies geskoffel het. Onthou jy nie? Edna wou jou met die emmer water help, en jy het haar toegesnou: 'Gee pad hier! Ek het nie 'n ou meisiekind soos jy se hulp nodig nie!'
Met daardie dolksteek het jy haar arm so 'n wond gegee, dat sy jou nie gou weer sal kan of wil help nie. En onthou jy toe Hansie....."
"Hou op!," skreeu Thomas. "Wie is jy?" "My naam is Gewete," sê die stem.
"Ek onthou," kreun Thomas, "maar ek het tog net met hom geraas. Hy het my so gepla. Ek het nie eers aan hom geraak nie. Ek kon hom tog nie so gesteek het nie. Ek het nie 'n mes nie!"
"Jy het 'n gevaarlike dolk. Jou tong. 'Praat sonder om te dink kan soos gevaarlike dolksteke wees (Spr 12:18).'
En: 'Sy tong ...sy woorde... is swaarde wat reg is om te steek...' (Ps 55:21)." Gewete gaan meedoënloos voort: "Toe jy vir jou ma gesê het...." "Asseblief, asseblief, moet dit nie sê nie!" huil Thomas nou.
Voordat Gewete kan antwoord, voel hy iemand trek hom aan sy arm. Hy rek sy oë oop en kyk vas in sy ma se vriendelike, liefdevolle gesig.
"Toe, toe, opstaan ou seun, dis tyd...." Thomas vryf sy oë. Hy het gedroom. Ag, hy het net gedroom! Hy gooi sy arms om sy ma se nek en gaan hartlik aan die huil. "Ekskuus, Mamma. Ekskuus, Mamma...." en hy snik sy droom teen haar nek uit.
            "Begryp julle nie...? Wat by die mond uitkom, kom uit die hart..." Valse getuienis (leuens), kwaadpratery (vloek, slegsê, verwyt, afjak, skinder en so meer). As ons hart reeds aan die Here behoort, moet die Heilige Gees dit beheer.
Die beheer wat die HERE op ons hart kry en handhaaf beskryf Paulus so: "Dit het Hy gedoen deur die Wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser" (Titus 3:5,6).
            Dit kom gereeld tydens berading aan die lig: Onskuldige vroue en kinders wat gereeld deurloop onder ‘n stortvloed van vloeke uit die mond van ‘n ongeredde pa. Hulle vertel van verbale mishandeling, soms gepaard met drank misbruik, en absolute verguising.  
            Die arme vrou wil vlug, maar waarheen. Die vrees van alleen op straat sit met kinders en die gevare daaraan verbonde, bring keer op keer ‘n groter onbekende vrees. Dan maar die hel by die huis probeer verduur.
            Die omgekeerde is ook waar: ‘n Vrou wat soos ‘n viswyf tekere gaan. Vir die man is dit maklik. Hy verdwyn eenvoudig. Meeste van hulle vind ook nog al gou ‘n “beter” heenkome.
            Die ware oplossing is en bly Jesus Christus. As jy van so ‘n huishouding weet, dan weet jy dit juis omdat jy daar moet gaan ingryp met die vrymakende genesende Evangelie. Ons as Wedergeborenes het ‘n roeping om ‘n verskil te maak.
            Daardie vloeke (en selfs aanrandings) is ‘n front. Agter daai fronte skuil gewoonlik ‘n diepe seer en hartseer. Daar is altyd ‘n rede.
            Die Wederkoms kan nie plaasvind te midde van sulke verskeurde huishoudings nie. Dis tyd vir restourasie. Dis ons almal se roeping nie net die van sekeres nie. Bid soos nog nooit te vore nie. Gee om vir die verlorenes en maak so seker jy sal nie eendag verantwoording vir hulle moet doen nie. Eseg 3:17-21 – Sjibbolet