Dinsdag 20 Junie 2017

Bou voort op 22 April 2017 se Bloemfontein Aksie


Image result for iemand wat bid       

Gebed stop ‘n Oorlog!

“Ons trek op na die slagveld en ek is so seker van die oorwinning as van die daeraad.  As jy weet dat jy geloof vir ’n saak het, sal jy nie daarmee aangaan totdat jy dit in besit neem nie? Ek wil hê dat dit oor die wêreld heen moet weerklink: ‘Die HERE, Hy is God!’”
            So het die prediker Rees Howells Christene oor die wêreld heen opgekommandeer om eendragtig te bid vir ’n Goddelike ingryping om ’n einde aan Hitler se tirannie te bring.
            Soos wat die oorlog uitgebrei het, het meer en meer Christene tot die geestelike stryd toegetree.  Toe kom die “Slag van Brittanje” toe Goering sy groot poging aangewend het om in die lug die oorhand te kry ter voorbereiding van sy inval van Engeland.
            Howells het niks aan die noodlot oorgelaat of toegelaat dat Christene op ’n mog-het-troffe wyse bid nie.
            Alles is in die teenwoordigheid van die HERE noukeuring ondersoek en motiewe is gesif, totdat die Heilige Gees op verstandige wyse dit aan sy dienskneg kon tuisbring dat daar ’n onweerlegbare eis kon wees vir die beantwoording van gebed.
            Op 2 September 1940, sê Howells: “Ek wil vasstel of ons ’n eis kan instel om vry te wees van bekommernis wanneer hierdie vliegtuie in die omtrek is. Ons het ons gehaas om in die bresse te tree vir die Joodse kinders toe Hitler hulle uitgegooi het.
            “Kan ons nou beskerming vra vir al die sendelinge se kinders? Tensy my geloof gelykstaan aan die behoefte vir beskerming, sou ek al die kinders vanaand na die skuiling bring, en sou ek self daar saam met hulle wees.
            “Moet ons vrees omdat andere vrees? As ek die HERE vertrou het om hierdie eiendomme ons s’n te maak, dan gaan ek Hom ook vertrou om dit te beskerm.
            “Ek wil hê u moet ’n fondament vir hierdie vetroue vind.  Ons het ’n baie hegte fondament vir ons geloof nodig, ingeval hierdie lugaanvalle maandelank sou aanhou. Kan ons God vir die onmoontlike hierin vetrou, net soos in die geval van ons finansies?
            “Al waarvoor ek vrees, is dat ek God se Wil sou misloop.
            “Baie mense vrees die gevolge.  Ek moet op hierdie punt baie duidelik wees, want die HERE sê: ‘As dit die gevolge is wat jy vrees, hioef jy na My toe te kom vir beskerming nie’
            Daar is ’n wêreldse verskil tussen ’n selfsugtige vrees vir die gevolge, en ’n begeerte na God se beskerming omdat jy ’n taak het om vir Hom te verrig. Het ons werklik die oorwinning?
            Die teologiese kollege en die skuiling waar 300 kinders versteek is, is ongeskonde deur die oorlog.
            Die oorlog was verwoed. Groot skade is op verskeie plekke aangerig. Howells het gesê: “Se nou miljoene mense het gebid, maar niemand het geglo nie?”
            Dit was egter nie die geval nie. “Die Heilige Gees het geloof gevind in ooreenstemming met wat Hy wil doen.  Dra sorg dat u glo.  Om te glo is die delikaatste ding waaraan u kan dink. U kan dit maklik misloop.
            “Die oorwinning is gisteroggend behaal!
            “Van nou af aan kan God die geveg bestuur, maar Hy kon dit voorheen nie doen nie want daar was nie geloof nie.
            “Na Sondag se oorwinning is daar groot vrymoedigheid om te bid dat die HERE ’n einde aan die Nazi’s sou maak.  Ons gebed vir Engeland was dat die HERE  nou die gety sal laat draai sodat mense gered kan word.
            “So baie plekke in Londen en die suide van Engeland is gebombardeer, self Buckingham Paleis het deurgeloop.
            “Gisteraand het ons gebid dat die vyand nie sou deurbreek en Londen vat nie en die HERE het ons gebed beantwoord. Ons het ook besef dat tensy die HERE hierdie satansmag bind, is niemand veilig nie.
            “As ons vir die beskerming van ons eie eiendomme kon bid, waarom dan nie vir die hele land nie!”
            Sir Winston Churchill het 15 September  aangegee as die draaipunt in die lugstryd. Hy vertel in sy “War Memoirs” hoe hy daardie dag die Koninklike Lugmag se Opskamer besoek het en gesien het hoe die vyandelike eskadrieljes oorspoel en hoe Koninklike Lugmag opstyg om hulle te ontmoet.
            Churchill het aan die Lugmaarskalk gevra: “Watter ander reserwes het ons?”  Daar was geen reserwes nie.
            Nog vyf minute het verbygetik en “dit het gelyk asof die vyand huiswaarts gekeer het”. Geen nuwe aanval is gelood nie en daar was geen verduideliking waarom die Luftwaffe huiswaarts gekeer het nie juis op die oomblik toe die oorwinning vir hulle in sig was. “Maar ons het geweet, God het ons gebede beantwoord,” het Howells gesê.
            Na die oorlog het Lugmaarskalk Heer Dowding die volgende betekenisvolle kommentaar gelewer: “Selfs gedurende die geveg het ’n mens daaglik agtergekom hoeveel eksterne ondersteuning ingekom het.
            “Aan die einde van die slag het mens die gevoel gekry dat daar ander spesiale Goddelike tussentrede voorgekom het om die opeenvolging van gebeurtenisse wat anders sou plaasgevind het, te verander.”
            Reg deur die oorlogsjare het die Christene elke aand vanaf 19:00 tot 24:00 bymekaargekom om te bid. Hulle het nie een aand oorgeslaan nie. Hulle het elke oggend ook ‘n uurlank gebid en soms ook deur die dag.
            Daar was ook enkele dae waar Christene die hele dag gevas en gebid het.
            Oor die oorwinning in Dunkirk, het Howelss gesê:  “Die HERE sal nie ‘n greintjie meer deur jou doen as waarvoor jy geloof het nie. Gisteraand se oorwinning het daarin gelê dat ons gesien het dat dit nie saak maak hoe naby die vyand kom nie, die Heilige Gees is die sterker faktor.
            “Julle is vandag meer verantwoordelik vir hierdie oorwinning as diegene op die slagveld.
            “Dis nie jy wat stry nie, maar die HERE doen die werk en jy kom tot die besef van wat Hy doen. Die vyand was soos ‘n brullende leeu, ons moes die HERE bid om die vyand in toom te hou.”
            Howell het bygevoeg dat die Christene teen  Hitler opgetrek het soos wat Dawid teen Goliat opgetrek het.
Hitler is by Dunkirk tot ‘n halt geroep. Hoe? God het tussenbeide getree in antwoord op gebed.
Volgens ‘n berig in die Britse Weermag se amptelike blad “The Officers’ Christian Union” het die Britse soldate ‘n  gebedskring gevorm om hulle dank te betuig.
Daar staan geskrywe: “Roep My aan in die dag van benoudheid:  Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” Ps. 50:15. 

Sondag 18 Junie 2017

Die Nuwe Jerusalem ‘Ek was daar’– het sy gesê…


Image result for old lady speaking on a phone


My telefoon lui.  Die oumens-stemmetjie vra: “Is dit die munisipaliteit meneer?”
Ek:  Nee, hierdie is ‘n Sending.
Sy lag vir haarself wanneer sy afgemeet sê: “Ai meneer, ek is tagtig jaar oud, ek probeer net my kragrekening se deposito by die munisipaliteit terugkry.  Ek sal maar weer in die telefoongids kyk.  Ek is jammer ek het meneer gepla.”
Ek:  “Glad nie, dis vir my aangenaam om so ‘n rukkie in die skaduwee van so ‘n ou boom te sit.”
Sy:  “Ek moes my huis verkoop, ek kon nie langer vir myself sorg nie.  Ek woon nou in die ouetehuis.  Die kragrekening van my huis is deurmekaar, maar dit sal die nuwe eienares wel regkry.  Maar ek het gehoor ek kan my deposito terugkry. Dit was maar min daardie jare, maar ek sal bly wees as ek dit kan terugkry.”
Ek:  “Jy is tagtig jaar oud, maar jou kop het jou nog nie gelos nie.”
Sy:  “O meneer, dank die Heiland daarvoor.  Ek ly al jare aan diabetes en osteoporose.  Ek kan nie meer sonder hulp loop nie, maar mens klou tog so aan die lewe…”
Ek:  “Nee glad nie, ons moenie aan hierdie lewe klou nie, ons is op pad na die Nuwe Jerusalem.”
Sy:  “Ek was daar meneer!”
Toe  los my eie kop my amper.  Wat sou sy nou bedoel het?  Het sy dalk bedoel sy was iewers in haar leeftyd in Israel?  Het sy my dalk verkeerd verstaan?
Terwyl ek wonder, gaan sy voort: “Dit is pragtig daar meneer.  Ek het nie die woorde om vir jou te kan verduidelik hoe pragtig dit is nie.
“Daar is ‘n wonderlike lig, onbeskryflik mooi. ‘n Engel het my nader gewink.  Daar is baie kindertjies wat sing. Hulle sing tog te mooi.
“Die musiek is soos die van Beethoven, so sag en strelend.  Daar is ‘n groot vrede en liefde, ag, verskoon tog meneer, ek het tog nie die woorde om te vertel hoe pragtig en wonderlik dit alles is nie.”
Ek:  “Wanneer was jy daar?”
Sy:  “Ek het in ‘n koma ingegaan en toe het ek oorgegaan. Die dokters het met masjiene om my lewe geveg en my teruggebring. Ek wou nie terugkom nie.  Ek was teleurgesteld toe ek besef ek is weer in ‘n bed. Ek sou liewer daar wou gebly het...”
            Inderdaad, dit was aangenaam om so ‘n rukkie in die skaduwee van hierdie ou boom te kon sit… Wat ‘n besielende lafenis na ‘n moeilike dag. 

Vrydag 16 Junie 2017

Die hemel is nog oop


Image result for heaven

Dis reg voor jou...


'n Jong predikant ry een aand, na 'n diens in 'n minder gegoede deel van die stad, in 'n stampvol bus, huis toe. Met sy Bybel onder sy arm vasgeknyp, staan hy saam met ander in die gang want die bus is eintlik oorvol.

Van die passasiers, duidelik 'n ruwe jongklomp, begin met hom gekskeer. Een roep, bo die ander geraas van die bus uit na hom toe: "Haai, prediker, hoe ver is dit Hemel toe?"

Sy maats lag luidrugtig. Die ander mense in die bus is doodstil. Almal wag vir sy antwoord.

Die prediker draai na sy trotseerder toe. Hy antwoord met 'n vriendelike, maar duidelike stem: "Dis reg voor jou Meneer.”

In 2 Kor 6-2 staan dit duidelik: “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding."
Die tronkbewaarder van Filippi het dit vir Paulus en Silas gevra: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" Hulle antwoord was: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word..." Hand 16:30,31

Al is al die deure toe, die Hemel is vir tyd en wyl altyd oop. As almal dit tog net wil raaksien.
Self die moordenaar op die Kruis langs Jesus, het dit gesien en is saam met Jesus Paradys toe.
Die dag kom vinnig nader dat die Hemel toegesluit sal word en niemand sal meer kan ingaan nie.

Kom intussen binne, jy is meer as net welkom.

Dinsdag 13 Junie 2017

Weier om moed op te gee...


Image result for ps 66:20

Dit was ‘n stormnag en niemand was seker wie vir Bybelstudie sou opdaag nie. Uiteindelik was almal daar... ‘n ‘n rukkie later... nog klop aan die deur.

            Keiser Joseph II het in 1781 onherkenbaar as 'n gewone burger deur sy ryk gereis om te sien wat onder sy mense aangaan, vertel William Lang in Walter Baxendale se Dictionary of Illustrations.
In die dorpie Lakenstein in Oostenryk,  gaan hy as Graaf Falkenstein in 'n herberg tuis. Die aand hoor hy die mense praat van geheimsinnige samekomste in 'n huis net buite die dorp. Die opwinding bou op toe iemand nuus bring van geheimsinnige figure wat een-een met donker lanterns en kopdoeke oor hulle gesigte getrek juis nou besig is om daar aan te kom.

Hulle besluit dat 'n paar van hulle ondersoek moet gaan instel. Die keiser, aan hulle bekend as Graaf Falkenstein, wil graag self gaan kyk wat aangaan. Hy word as leier aangewys.

Terwyl die ander wagstaan klop hy aan die huis se deur. Die inwoner, Senitz, maak die deur oop. "Wat soek jy hierdie tyd van die aand by 'n eerlike man se huis?" vra hy vir sy onbekende besoeker.
"As jy regtig 'n eerlike man is," antwoord die keiser, "het jy niks te vrees nie." Met dié woorde stap die keiser ook sommer in. In die voorkamer sit 'n groepie mense om 'n tafel. Op die tafel lê 'n boek oop. Die keiser neem op 'n bankie plaas. "Gaan voort met wat julle besig is om te doen," sê hy vir Senitz.

Senitz gaan sit op sy plek by die oop boek en almal om die tafel draai na hom toe, om met aandag te luister wat hy lees.

"Ek lees verder," sê Senitz, en gaan dan voort" "God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie Sy seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te oordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie." Joh 3:16-18

Terwyl Senitz lees, verduidelik hy sommige strofes en van die ander, wat om die tafel sit, spreek ook gedagtes oor die Skrif uit. Na 'n kort rukkie onderbreek die keiser Senitz.

Met trane in sy oë sê hy: "Om te dink dat ek op hierdie vreemde manier vir die eerste keer deel kon word van mense wat weet hoe om die Bybel te lees en te verstaan!"

Toe hy van hulle afskeid neem, vra hy Senitz dringend om op sy eerste besoek aan Weenen by die paleis vir graaf Falkenstein te vra. Hy beloof om in te tree vir hierdie verdrukte mense wat so in die geheim die HERE moet dien.

Senitz het gou daarna Weenen toe gegaan. Daar ontdek hy graaf Falkenstein is niemand anders as keiser Joseph II self nie. Die keiser het hom met groot hartlikheid ontvang. Hy oorhandig aan  Senitz 'n perkamentrol waarop hy die Dekreet van Verdraagsaamheid geskryf het.

https://en.wikipedia.org/wiki/Toleration

Toe Senitz dit ooprol om beter daarna te kyk, kry hy 'n som geld met 'n briefie by: "Vir die oprigting van 'n kerk".

            Op die gewel bokant die ingang van Die Protestantse Kerk in Lakenstein kan steeds gelees word: "Die Gawe van die Keiser."

Met hul volhardende getrouheid aan die Evangelie van die HERE Jesus Christus het Senitz en sy medegelowiges, godsdienstige en burgerlike vryheid gewin vir die protestante, wat vir een en 'n half eeu onder verdrukking geleef en aanbid het.

            Getrouheid aan die HERE, al kos dit 'n prys, het groot beloning. Dit is Heb 11 se boodskap: volhard om God te vertrou en te gehoorsaam. Abraham, Jakob, Josef, Moses, almal het bedreigde vooruitsigte gehad.

"Die smaad ter wille van Christus het hy (Moses) 'n groter rykdom geag as die skatte van Egipte omdat hy na die beloning uitgesien het. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien." Heb 11:26,27

      Gee nooit moed op nie en agterna sal jy ook kan sê: "Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en Sy trou nie van my weerhou het nie" ....Ps 66:20

Vrydag 09 Junie 2017

Jubel Triomfantelik op pad na die Nuwe Jerusalem


Image result for Bybel

Die enigste plek in die Bybel waar presies dieselfde woorde – Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders – vier keer in dieselfde hoofstuk herhaal word, is Ps 107:8-15-21-31
            Let op na die redes hoekom ons dit moet dien.
           “8 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.”
            “15 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
           “21 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
           “31 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders, en laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die Volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
            “Toe sê Jesus: Daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Matt 4:120
            Dis ‘n opdrag van die HERE. Ons Moet... Nie net word dit vir die Gelowige aanbeveel nie, maar dis ook ‘n verwagting. Om nie die HERE te aanbid nie, is om ongehoorsaam te wees aan sy opdrag.
            Dan die Aanbidding self: Om die HERE lief te hê, te bewonder, te vereer, dank aan Hom te bring, met die HERE te kommunikeer, Hom toe te sing, Hom te loof, te juig en verheug te wees oor Sy wonderdade.
            Die HERE jou God. Ons aanbidding en lofprysinge is tot Sy voordeel en lof. Natuurlik baat ons ook daarby, maar dis meer vir Sy lof en glorie.
            Let weer op na die strofe: Eers aanbid en dan dien. Totdat ons geleer het om te aanbid, kan ons nie God met oorgawe en aanvaarding dien nie. Die HERE vra na:
“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Mens kan nie die HERE in die vlees aanbid nie. Dis daai leë blik wat die wind straataf rol.
            Wanneer ons in die Gees aanbid en lofprysinge bring, dan doen ons dit met volle oorgawe. Let op: Ons kom bymekaar. Die HERE is ook daar want Hy sê waar twee of drie in sy naam vergader is, daar is Hy.
            Die belangrikste persoon in ons samekoms is die HERE self... en is dit? Was jy al in ‘n bidgroep waar die bidders die Heilige Gees in hulle midde verwelkom het?
            Volgens Johannes is daar aanbidders en ware aanbidders. Die ware aanbidder sê die HERE aanbid Hom in Gees en in Waarheid (opregtheid). Joh 4:23.
            Ons aanbid die HERE want Hy is: “Die HERE is groot en baie lofwaardig.” Ps 48:2
            Ons aanbid Hom oor Sy goedheid. “Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.: Ps 100:5
            Ons aanbid Hom omdat Hy dit waardig is. “ U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag.”
            Luister: “Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.” Ps 100:4
            Hou ‘n paar oomblikke stilte voordat met die sang begin word en bring eers aan God danksegging, danksegging uit jou hart en oor jou lippe. Lofprysinge word deur danksegging voorafgegaan. Dank die HERE vir Sy goedheid en guns, sy liefde, sy genade, dank hom vir sy ryke seëninge en vir sy liefde. Begin dan die HERE in lofliedere loof.
            Kyk, ons bring ‘n offer, ‘n lofoffer: “Laat ons dan gedurig deur Jesus aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Hebr 13:15
            Onder die wet het mense diere geoffer. Onder die Nuwe Verbond van genade bring ons lofoffers. Was jy al in die diens waar daar nooit gepreek is nie… Die hele diens van ‘n paar uur was net oor aanbidding en lofliedere?
            Wil jy ook die wonder beleef om met God in ‘n geestelike Hemelse taal te kan praat... bring aan Hom lofliedere en ontvang die gawes.
Het jy al die wonder beleef wanneer ‘n paar honderd en selfs ‘n paar duisend Gelowiges elk in ‘n Hemelse taal lofliedere aan die HERE bring! Jy sal daarna nooit weer dieselfde mens wees nie, maar ‘n ware Pelgrimsreisiger op pad na die Nuwe Jerusalem.
            Om aan God lofliedere te bring is om dit te doen selfs al is alles rondom jou verkeerd. Paulus en Silas sit in die tronk bebloed en in pyn, sonder klere. Middernag begin hulle lofliedere sing en stap vry uit die gevangenis.
            En luister na Dawid: “My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.” Ps 57:8
            En weer: “Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer.” Ps 86:12
            Hoekom wil Dawid dit doen: “Want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” Ps 86:13
            Dink net, die oomblik toe jy gered is, het jy die Ewige Lewe ontvang. Jy is nou in ‘n ander dimensie, jy het die Ewige Lewe! Dis mos al genoeg om jou dankbaarheid voor God uit te stort.
            “Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem – wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.” Ps 66:8-9
            Bring alle musiekinstrumente saam na die byeenkomste. “Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
            “Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” Ps 150:3-6
            “Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!” Ps 98:4-6
            “En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.” Ps 35:28
            Die HERE het aan die mens die wysheid gegee om al die musiekinstrumente op die aarde te vervaardig om Hom mee te prys. Hoe wend jy jou musiekinstrument aan?
            Mens loof die HERE in woorde, maar ook met ‘n gejuig en gejubel: “Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!” Ps 47:2
            “Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid.” Ps 35:27
            “Laat U priesters beklee wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.” Ps 132:9
            En met sang: “Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!” Ps 47:6
            “Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.” Ps 81:3
            “En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.” Ps 40:4
            “Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
            “Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
            “Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.” Ps 149;1-3
            Kyk wat doen lofprysinge nog: “Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand (hoekom?); om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!” 149: 6-9
“Juig tot eer van God, o ganse aarde! Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!” Ps 66 1-2
            “Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!” Ps 95:1-2
            Mense lag ook wanneer blydskap hulle oorval: “Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Ps 126:2
            Ander klap die hande: “Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!” Ps 47:2
            Op die sport paviljoene spring mense hande in die lug van opgewondenheid. Ons loof die HERE ook met ons hande in die lug.
            “Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.” Ps 63:5
            “En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.” Neh 8:7
            “Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!” Ps 134:2
            “Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.” 1 Tim 2:8
            Dawid en ander en selfs vandag nog dans mense ook voor die HERE. “Loof Hom met tamboeryn en koordans.” Ps 150:4
            “En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.” Ex 15:20
            Die dans eindig wanneer die blydskap ophou: “Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.” Klaag 5:15
Jeremia (31:13) sê die koordans hervat wanneer die vreugde terugkeer: “Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.”
            Dawid sê: “U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” Ps 30:12
            Siel en gees: “En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker.” Luk 1:46-47
            “Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!” Ps 103:1
            En selfs die vlees loof die HERE: “My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.” Ps 145:21
            Ons bely gedurig Sy naam: “Laat ons dan gedurig deur Jesus aan God 'n lofoffer bring, dit is... die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Hebr 13:15
            Ons bring hierdie lofprysinge met selfs ‘n groter oorgawe as toe ons vroeër dit by die sportvelde en op skool gedoen het. Uitbundig... dis dié Jesus wat ons een van die dae kom haal. Ons sien uit na Sy koms!
            Die HERE woon in ons lofliedere: “Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel.” Ps 22:4
            Blydskap beskut ons: “Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE –  dit is julle beskutting.” Neh 8:11
            Triomf word voorafgegaan deur lofprysinge: Lees in 2 Kron 20 oor die ontsettende oorlog massas wat teen Josafat aan die opbou was en hoe hy die vyand met ‘n jubelende koor aandurf en wen. Waar het mens ooit gehoor dat iemand ‘n veldslag wen met sangers en mense wat die HERE prys!
            Ons stryd is ook nie teen vlees en bloed nie maar pleks van bind en bestraf en vervloek en uitdryf, probeer lofprysinge.
            Wil jy die wonder beleef om met God in ‘n geestelike Hemelse taal te praat... begin die HERE loof uit hart, siel en liggaam, in oorgawe. – Sjibbolet

Woensdag 07 Junie 2017

Kyk, die HERE is dalk in die onderste laai…


Image result for black bible

Op 'n Septemberdag in 1963, is June Mullins vir die soveelste keer in 'n psigiatriese inrigting opgeneem. Agter haar was 10 jaar van magtelose stryd teen verdowingsmiddels. Elke moontlike vorm van rehabilitasie wat die samelewing kon bied, het misluk.
            Nadat die staaldeur agter haar toegesluit is, kyk June in die kamer rond. Daar is 'n klein vensterjie, met 'n staal skerm daarvoor, 'n bed en 'n laaikas met vier laaie. En 'n swart boek, wat sy dadelik as die Bybel herken, op die kas.
"Ag, nee, nie dít nie! Wat doen ek daarmee?" Sy kan dit nie uitgooi nie. Die deur en die venster is gesluit. Die laaikas! Sy trek die onderste laai oop en gooi die boek in die laai. Sy stof haar hande af asof sy van 'n las ontslae is. June gaan op haar bed lê.
Kort-kort betrap sy haarself dat sy na daardie vierde laai lê en kyk. Dit is asof die laai twee oë het wat haar aanstaar. Teen die vierde dag kan sy dit nie meer verduur nie. Sy dink: "Miskien moet ek dit uithaal en bietjie daarin lees. Dan sal my siel miskien rus kry."
            June voel 'n benoudheid in haar toe sy oorstap na die laaikas toe en die Bybel uithaal. Dit is soos 'n lewende ding in haar hande en sy weet nie wat om daarmee te doen nie. Sy erg haar vir haarself oor haar gewaarwording.
Waar moet sy lees? Vir baie, baie jare het sy nooit die Bybel gelees nie. Vir haar is die Bybel net 'n kerkboek met 'n klomp hoofstukke en klompe onverstaanbare en onsamehangende verse.
            Sy gaan sit op haar bed en maak die Bybel half in die middel oop. Waar sy oopmaak, begin sy lees. Sy het by Psalm 40 oopgemaak.
Dit is haar eie lewensverhaal wat sy begin lees: "Ek het die HERE lank verwag en Hy het Hom na my toe neegebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak."
Sy hou aan lee, hoofstuk na hoofstuk. Ses dae later word sy uit die inrigting ontslaan. Genoeg gestabiliseer om huis toe te gaan.
            Sy het uitgegaan, met die Woord van God en die belofte van Psalm 40 by haar. 'n Week later het sy die HERE Jesus Christus as haar Verlosser aangeneem. Nege jaar later getuig sy:, "Komende September, sal dit elf jaar wees vandat ek daardie middag God se belofte van redding gelees het.
“Wat in my begin is, word steed sterker en beter."
            Inderdaad: "U het my 'n nuwe lied in die mond gelê." Ps 40:4
 Waar is jou Bybel? – Sjibbolet

God het ‘n plan met elkeen van ons

https://www.youtube.com/watch?v=jsWSi0m1X1A


Soos wat ons elkeen se vingerafdrukke verskil, so verskil God se plan van uniekheid vir elkeen van ons. Ons moet in die Gees begin leef.
            “Maar daar kom 'n uur (wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Joh 4:23-24
Die video hierby lig dit verder toe. Kyk en luister die hele video deur.
Dit verwys na ‘n heel nuwe dimensie in die Christelike leefwyse. Ons betree ‘n tydvak waar ons die geestelike en die natuurlike gaan belewe, die sienlike en die onsienlike.
“Daarop vra die HERE vir Moses: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: 'n Staf.  
“En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het 'n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.” Ex 4:2-3
Nou, 6 000 jaar later, gebeur dit weer. Gelowiges sien in die Gees Engele, beleef drome en visioene, bewandel selfs die Hemel.
God wil natuurlike dinge in ons lewens omskep in die bonatuurlike. ‘n Lidmaat skryf ‘n smeerbrief vol onwaarhede oor ‘n leraar. Toe hy die koevert toeplak, lui sy telefoon... dis die betrokke leraar en hy sê: “Broer, ek het nou net in die gees agter jou gestaan en alles gelees wat jy oor my geskryf het.”
Weldra sal ons almal in die Hemel wees waar almal alles oor almal sal weet. Dit word reeds hier op aarde ondervind. Geheime was nog nooit veilig nie.
Die spreekwoord is waar: Al gaan die leuen twee keer om die aarde, die waarheid agterhaal elke keer.
“Die waarheid hou altyd, die leuen kom gou aan die lig.” Spr 12:19
“Want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.” Matt 10:26
“Wie geheime hou sal nie voorspoedig wees nie, wie bely sal genade ontvang.” Spr 28:13
God wil in my en jou lewe beweeg. Hy vra dat ons aan Hom gee dit wat ons reeds in die natuurlike het. Dis hoekom God aan Moses gesê het om sy staf op die grond te gooi, betekenende hy skei van sy staf en gee dit vir die HERE.
Met daardie staf is die Rooisee geopen, het water uit ‘n rots gevloei. Nou was dit ‘n bonatuurlike staf. Toe Moses die slang aan die stert optel had hy weer sy staf.
Vir Moses was die herderstaf sy identiteit en sy sekuriteit. Veronderstel hy wou nie die staf op die grond gooi nie, dan het hy nie die wonderwerk beleef nie.
Wat het ek en jy in ons hand. Waaraan hou ons vas. Laat los, gee dit vir die HERE sodat ek en jy wonderwerke kan beleef.
‘n Herderstaf is ‘n pragtige voorwerp, net so lank soos jyself met ‘n mooi krul aan die bokant waarmee mens ‘n skaap maklik kan vang. Dit dien ook as kierie vir ‘n ou of moeë herder. Dit kan ook as wapen gebruik word.
Mens tel ‘n slang aan sy krulpunt op, nie aan die onderkant nie. Moses moes die slang aan die stert optel, die teenoorgestelde kant van die staf. As hy die slang aan sy kop opgetel het was hy straks gepik. Hy moes dus ook nie langer aan die tradisionele vashou nie.
Niks verkeerd om ‘n staf te hê nie, maar as mens jou sekuriteit in enigiets anders vind as in Jesus Christus, het jy ‘n probleem. Daar is ook niks mee verkeerd om R10 miljoen in die bank te hê nie, maar as die R10 miljoen jou het, het jy groot probleme.
Moses het uitsonderlike wonderwerke in sy tyd belewe: Die tien plae, die oopmaak van die Rooisee, die manna in die wildernis.
As Moses aan sy staf vasgehou het, sou hy ‘n skaapwagter gebly het. Hy sou vir die res van sy lewe skape moes getel het, agter weiveld moes aangetrek het, in die veld moes geleef het.
As ek en jy gaan vashou aan wat ons het, sal ons nooit God se wonderwerke in ons lewens beleef nie.
Wanneer die Heilige Gees met ons begin praat, dan moet ons beweeg, raak ontslae van dit wat in ons hand is.
Moses het sy staf teruggekry, maar hy het dit nie langer verafgod nie. Die staf is daarna vir ‘n heel ander doel aangewend.
Wat ook al in jou pad staan, gryp hierdie geleentheid aan met albei hande. – Sjibbolet  

Dinsdag 06 Junie 2017

Ek en jy moet die getal volmaak


Image result for hoe lyk 'n slangbyt

Skrywer droom verskillende slangsoorte val ‘n groep mense aan. Sodra iemand gepik word verander die pikplek onmiddellik in ‘n lelike oop sweer vanweë die diepe boosheid.
            My werk is om die teengif voor te berei sodat dokters en verpleegsusters die slagoffers met die onderskeie entstowwe teen die onderskeie slangbyte kan inspuit.          
            Later moet ander ook help inspuit. Die toneel lyk soos ‘n slagveld. Daar is baie pyn, ‘n geween en ‘n gekners van tande. Sommige mense is reeds bewusteloos.
            Ons is op ‘n dorp wat ek glad nie ken nie. Ons werk onverpoosd maar die taak word al hoe groter.
            Ek besef ons gaan mense begin verloor. Hulp is dringend nodig. Ek vra of daar ‘n predikant op die dorp is. Daar is een. Ek vra hulle moet die predikant onmiddellik na ons toe bring.
            Die predikant laat weet terug ek moet ‘n boodskap stuur waarin ek verduidelik hoekom ek hom ontbied.
            Ek word kwaad en sê: “Sê vir die predikant hy moet onmiddellik na die toneel toe kom, Mense gaan sterf. Tyd is teen ons. Hier is nie nou tyd vir ego’s en ‘n eie-ek nie”
            Die predikant daag op maar is onwillig om te help toe hy gevra word om alle ersntige bidders op die dorp te kontak en te versoek hulle moet dringend en aanhouidend begin bid dat die HERE en sy Engele moet ingryp om die slange te keer.
            Die predikant wil nog teenstribbel oor wie ek dink ek is ek dat ek vir hom opdragte kan gee. Ek verhef weer my stem en verduidelik in kort dat die bid en werke saamgaan, die een kan nie sonder die ander nie. Die predikant loop. Ons het nooit weer van hom of enige bidders gehoor nie.
            Die toneel word ‘n warboel en ek word wakker met ernstige kommer oor die pad vorentoe, behalwe om aan te hou red wat te redde is, en aan te hou om ander te bemoedig om te kom help.
            Tyd is teen ons en die getal moet volgemaak word.
            Die boodskap uit die droom is dat die oes groot is en die arbeiders min. “Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die HEREere van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.” Matt 9:37-38
            Wie moet hierdie bidwerk doen en wie is hierdie arbeiders? Dis ek en jy. "… verkondig die woord … tydig en ontydig …" 2 Tim 1-8
            Een van die wêreld se voorste predikers, John Wesley, het een aand laat, te perd teruggekeer van 'n diens af. Hy moes oor die Honslow Heath bergpas. Die bergpas was bekend vir sy struikrowers.
Dit was 'n donker nag, maar Wesley was nie bang nie. Hy het met 'n hart vol blydskap oor die diens wat hy met vrug kon hou, een van sy geliefkoosde liedere gesit en sing, terwyl die perd ritmies voort gallop.
"Halt!" kom dit skielik uit die donker en sy perd se teuels word stewig vasgegryp. "Jou geld of jou lewe!"
Wesley het die voorval as heeltemal grappig beskou en sy sakke, wat net 'n paar muntstukkies bevat het, omgedop. Daarna het hy die rower toegelaat om sy saalsakke te deursoek. Daarin was net geestelike boeke.
Die rower het teleurgesteld weggedraai. Wesley roep hom terug: "Wag, ek het nog iets vir jou." Die rower kom behoedsaam nader.
"My vriend," sê Wesley ernstig, terwyl hy na hom toe oorleuen. "Daar mag 'n dag aanbreek dat jy berou sal hê oor die soort lewe wat jy nou lei. As dit gebeur, onthou dan: 'Die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde.'"
            Jare later was mnr. Wesley al 'n gryse ou prediker, toe 'n welgeklede man hom een aand na 'n diens voorkeer. Dit was die struikrower van Honslow Heath. Nou 'n vooraanstaande sakeman in die stad, en, nog beter, 'n kind van God.
Die woord wat Wesley daardie aand so ernstig en met soveel liefde tot hom gerig het, het hom bygebly en tot sy redding gelei.
            Ons moet nooit vrees nie. God bewaar ons as ons, ons op Sy weg bevind. En ons moet gereed wees om onder enige omstandigheid die Evangelie aan ander oor te dra - deur woorde of deur 'n blaadjie. Die Evangelie word deur die Heilige Gees, 'n onweerstaanbare, innerlike krag wat soos smeulende kole voortbrand in 'n hart, selfs lank na dit gehoor is.
            Die saad wat jy saai is vrugbaar en sal vir seker opkom.
            Dit is deesdase polities korrek om te aanvaar dat alle godsdienste na die Hemel lei. Jesus Christus vernietig daardie denke summier: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.” Joh 10:9
            Die oes is groot, die tyd is min, bring die Evangelie met die gesag van Jesus Christus… Tydig en Ontydig. 

Sondag 04 Junie 2017

Had Sirië maar vandag ‘n Genl. Naaman



Naaman was die grootste Veggeneraal van sy tyd. Niemand kon ‘n ‘n oorlog teen Sirië wen met Naaman in die voorste linie nie. Die man was dapper, onverskrokke... tot op ‘n dag.
            As ons vandag na Sirië kyk dan is dit duidelik daar was geen Naaman nie. Die land is in chaos met byna elke gebou, skool, hospitaal, kliniek, vernietig. Al die reëls en wette van oorlog is verbreek.
In ‘n stadium was 12 lugmagte daar in die jongste oorlog betrokke. Miljoene inwoners het na Europa en elders gevlug. Derduisende het op die vlug verdrink. Miljoene het gesterf, of in die oorlog, of aan die hand van ISIS.
Naaman sal Sirië vandag nie herken nie.



Die Krag van ‘n eenvoudige Prisonier se Getuienis

IN 2 Konings 5:1-27 vind ons die verhaal van Naaman. Naaman was ‘n groot en vername man, ‘n generaal in die Siriese leër. Hy het Sirië in die een oorwinning na die ander teen vyandelike magte gelei. Hy was:

·       geëer deur sy meester,
·       geseën deur die Vader, en
·       beskou as ‘n man vol dapperheid

`           Een ding het egter teen hom getel. Hy was melaats en melaatsheid is:

·       ‘n soort sonde,
·       dit is vuil, afstootlik, grusaam,
·       dit skei mense en ly tot skeiding tussen gelowiges en die Vader, en
·       dit veroorsaak ‘n skeiding in die gemeenskap.

Daar is baie mense vandag wat as “goed” bestempel word, terwyl hulle eintlik nog sondaars is. Hulle is:

·       getroue kerkgangers,
·       betaal hul tiendes getrou,
·       doen baie vir die minderbevoorregtes,
·       hulle is goed, maar nie goed genoeg nie, en
·       hulle is vol geregtigheid, maar kort God se geregtigheid.

Die meisietjie wat gevange geneem was, het persoonlike berading gedoen. Sy:

·       kon gesê het “ek kan niks doen nie. Ek is ‘n gevangene”,
·       kon gesê het  “ek wens ek kan vir Jesus werk”,
·       kon gewonder het waarom sy nie ‘n roeping van die Vader ontvang het nie,
·       kon gesê het dat sy in verkeerde geselskap is,
·       kon gemeen het dat sy die verkeerde werk het,
·       kon gemeen het dat sy ‘n mislukking is weens haar omstandighede, en
·       nogtans het sy teenoor haar vyande getuig.

En dan vra mens jouself af: waar beweeg ek en wat doen ek in die omstandighede waarin ek myself bevind, want:

·       Is ons bereid om vir ‘n vyand te bid,
·       vir ‘n vyand die hande op te lê,
·       gehoorsaam te wees aan Jesus se opdrag om die Evangelie uit te dra,
·       te getuig in die omstandighede waarin ons, ons daagliks bevind, en
·       te getuig ten spyte van kerkverband en kultuurgrense?

Die meisietjie het haar taak getrou volvoer, Sy het:

·       veroorsaak dat ‘n hoofstuk in ‘n Bybelboek geskryf is,
·       sy het geweier om ontmoedig te word deur haar omstandighede,
·       sy het haar plig gedoen, alhoewel niemand toegekyk het nie,
·       sy het geweier om haarself te bejammer,
·       sy het geglo haar getuienis of taak sou beloon word,
·       sy het nie besef haar getuienis sou die ore van ‘n koning bereik nie,
·       sy het bewys dat ‘n mens se getuienis resultate oplewer, en
·       sy het geglo en ook gesien dat die Vader se Woord nie leeg terugkeer nie.

Naaman was die enigste melaatse wat in die land genees is:

·       maar, dit was nie die Vader se skuld dat ander nie ook vertel was nie,
·       die Vader se Wil was en is vandag nog, dat elke Gelowige die meisietjie se voorbeeld sal navolg,
·       ander het dus nie hul lig laat skyn nie,
·       sommige het toegelaat dat omstandighede hul geestelike lewe oorheers,
·       baie meer mense kon genees gewees het, as meer Gelowiges getuig het oor die Vader se wonderwerkende krag, en
·       vir sommiges was gesê dat siekte seëninge is.

Niegeestelike metodes is gebruik om genesing te bewerkstellig. Die koning van Sirië:

·       het ‘n amptelike brief aan die koning van Israel gestuur,
·       hy wou God aan tradisie vasbind,
·       hy het geld gestuur om Naaman se genesing te koop,
·       hy het boonop die verkeerde man gestuur,
·       hy het nie geweet dat die Geestelike dinge deur die Gees bewerkstellig word nie,
·       Sy hart was nie reg teenoor God nie (Hand 8:21), en
·       hy was in ‘n dal van bitterheid en in die bande van ongeregtigheid. Hand 8:23

Naaman wou met alle mag sy genesing bekom:

·       hy het gedink Elisa sal sy hande op sy kop lê en hom genees,
·       hy het gedink hy kon vir sy genesing betaal,
·       hy wou sy genesing deur geregtigheid verdien, en
·       hy het gemeen sy naam en stand in die lewe verdien ‘n spesiale diens.

Naaman was baie teleurgesteld en word toe krities. Hy:

·       openbaar ‘n kritiese gees,
·       dat hy nie die aangename man is wat so baie mense gedink het hy is nie,
·       hy het gemeen dat hy mishandel was, dat daar teen hom gediskrimineer is,
·       hy het heel waarskynlik ook gemeen Elisa se optrede het hom van kosbare werkstyd beroof, en
·       Naaman was gewoond daaraan om voorkeur te geniet want sy tyd was kosbaar.

Naaman sou heel waarskynlik voor sy tyd gesterf het, as hy nie betyds geleer het:

·       dat God nie altyd op die grondslag van tradisie werk nie,
·       dat God bereid was om Hom op ‘n besondere manier te genees, en
·       dat hy eers sy hart met God moes regkry.

Naaman het eers sy genesing gekry:

·       toe hy besef dit baat nie om op sy eie werke en geregtigheid te steun nie,
·       toe hy besef dat hy op God moet vertrou en nie op sy eie goeie naam nie,
·       toe hy besef dat dit God se krag was wat die werk moes doen en dat hy niks in eie krag kan vermag nie,
·       toe hy besef dat God hom nie om sy goeie werke, reputasie, goeie naam of roem nie, en
·       toe hy besef dat kinderlike geloof hom sou deurdra.

Wanneer ons kyk na die maniere waarop mense in Bybelse tye genees is, dan vind ons:

·       dat 90% sonder handoplegging genees is,
·       dat 95% sonder aanwending van olie genees is,
·       dat hulle sonder lang gebede genees is, en in die meeste gevalle onmiddellik,
·       dat tradisie en rituele verbreek is,
·       dat genesing gekom het op maniere wat die mense dit hoegenaamd nie verwag het nie, en
·       die Gees van God was nooit deur ‘n besondere metode of patroon gebind nie.

Soms moet meer as een gawe in werking tree om genesing te bewerkstellig:

·       ‘n bediener van die Woord het soms die gawe van wysheid nodig om die gawe van kennis te kan toepas,
·       die gawe van geloof moet eers in werking wees voordat die gawe van gesondmaking in werking kan tree,
·       Petrus had die gawe van onderskeiding in die geval van die towenaar Simon, wat genesing verlang het,
·       in Naaman se geval het Elisa die woord of gawe van onderskeiding en wysheid openbaar, en
·       Naaman kon ook net genees word as hy gehoorsaam was.

Elisa was gehoorsaam aan die Stem van God. Hy het geweet:

·       Dat as Naaman ses keer in die rivier sou doop, hy nie sou genees nie. Dit moes sewe keer gedoen word,
·       Dat as Naaman sewe keer in ‘n ander rivier homself gaan doop het, hy ook nie sou genees nie,
·       God se Wil is nie die van die mens nie. Die mens wik, maar inderdaad, God beskik,
·       volle gehoorsaamheid was al wat Naaman kon genees, en
·       Naaman se trots moes eers in nederigheid omskep word voordat hy genees kon word.

God kyk in die mens se hart. God het geweet:

·       Dat hy wat God is, nie die eer sou kry as Elisa sy hande op Naaman gelê het nie,
·       Baie mense sal sou ewe maklik na ‘n toordokter as na ‘n bedienaar van die Woord gaan,
·       Naaman moes op die genade van God, en nie die genade van die mens vertrou nie,
·       God sal nooit die eer wat Hom toekom met ‘n ander deel nie,
·       Naaman wou genees word soos dit met ander mense gebeur, en
·       dit kos meestal meer as net die vra om gebedsgenesing om genesing te verkry, en
·       God is alwys.

Mense wat Naaman se optrede openbaar, beweeg op die vleeslike in plaas van die geestelike vlak:

·       met die verstand probeer hulle Goddelike genesing en God se wonder-werkende krag uitwerk,
·       hulle sou redeneer dat as water kan red en genees, dan kan ek dit in my eie kerk laat doen,
·       hulle wil hulself leer hoe om die dinge van God te gebruik,
·       hulle wil hul eie kerk se norme en rituele handhaaf, eerder as die van die Vader,
·       hulle beweer hulle moet in olie, handoplegging, ens., glo,
·       hulle moet agter genesingsdienste of ‘n genesingsdoekie aangaan, en
·       hulle meen hulle moet hul eie pad  deurwerk op en eie meriete staatmaak.

Hoe sal ons dan weet wat die Vader se wil vir ons is?
Wel, dis eintlik maklik. Vertrou op die Vader vir die antwoord en kort voor lank sal mens weet dat jy weet!
Soos ‘n skip wat ‘n hawe in ‘n donker nag moet binnevaar, so sal al die liggies aankom en mens sal weet dat jy weet dat jy in Sy wil is.
Ons eie denke moet ons uit die pad uitkry, ons sake met die Vader en met ons naaste in orde kry en die Vader vertrou. Hy is en bly ‘n waarmaker van Sy Woord.

Naaman het sy volmaakte genesing ontvang toe hy ontdek dat:

·       hy eers soos ‘n kind moet word,
·       dat hy gehoorsaam moet wees en wel in die betrokke rivier nie meer en nie minder nie as sewe keer homself moes doop,
·       toe hy insien dat hy nie genesing kon koop nie, hy kon dit nie verdien nie, nie daarvoor werk nie, hy kon dit ook nie op meriete bekom nie,
·       toe hy insien dat hy hulpeloos voor God staan,
·       toe hy soos ‘n kind die eenvoudige dinge begin glo en aanvaar,
·       toe hy insien dat God  sy medewerkers gebruik om aan ander opdragte te gee, en
·       dat mens nie God se weë met die verstand beredeneer nie.

Mense wat genesing vir hul gees en liggaam verlang, moet besef dat:

·       God is almagtig en baie groter as ‘n genesingsdiens,
·       God se hande baie verder ryk as die van ‘n prediker,
·       God kan duisend mense net so maklik soos een mens genees, en
·       Mense moenie wag om elkeen afsonderlik voor gebid te word nie.

Saterdag 03 Junie 2017

Jy word uitgedaag...


Image result for Jesus is calling you


SEDERT die skepping van die mens het die Almagtige God deur die eeue bewys gelewer oor watter waarde Hy heg aan ‘n enkele persoon, EEN MAN, EEN VROU op hierdie aarde.
            Aan EEN man, Adam, word die mag gegee om al die diere van die aarde te noem soos hy wil. Die invloed van die val van dieselfde Adam word vandag nog oor die ganse aarde deur die ganse mensdom gevoel.
            EEN man, Noag, word verkies om die ark te bou, om sodoende ‘n spruit vir die menslike geslag aan die lewe te hou.
            EEN man, Abraham, word geroep uit Ur van die Galdeërs om die vader  van  alle gelowiges te word en die vader van die geslag waaruit Jesus Christus gebore sou word. So is Abraham ons voorvader en al sy seëninge behoort vandag ook aan ons.
            EEN man, die hakkelende Moses, word geroep om die hele volk Israel, uit Egipte uit te lei en vir veertig jaar deur die woestyn te neem. Hy tree op as skakel tussen God en die volk.
            “En ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie, maar Ek het niemand gevind nie.” – Eseg. 22-30
            Toe God die volk wou verdelg, tree Moses  –  EEN MAN  –  op as voorbidder dat die  volk gespaar sou word.
            Na hom volg weer  EEN  man, Josua, en dan elkeen van die Rigters op hul beurt, die profete  Nehemia, Daniël  en andere  wat  as  EENLINGE opgetree het tussen God en die volk, en wat het hulle nie alles uitgerig nie!
            Die Nuwe Testament begin met die optrede van Johannes die doper, as voorloper van Christus.
            Toe was daar Jesus Christus, die grootste leraar, prediker, profeet en hervormer wat die wêreld ooit geken het, en dit bo en behalwe Sy liefdevolle Middelaars- en Versoeningswerk.
            Na Jesus volg die apostels waaronder Petrus a toe weer Paulus  –  EEN man na die ander.
            En verder deur die geskiedenis van die Kerk het God van tyd tot tyd die EEN man gebruik om Sy doel te bereik. Daar was manne soos Luther, Calvyn,  Wesley, Murray, Moody, Hudson Taylor, Billy Graham, George Fuller,   Torrey,  Finney, John Lake  en andere wat as EENLINGE opgetree het en uitgeblink het in die werk van God en wonderlike getuienisse vir Hom op aarde geskep het. Nou moet ons voortbou!
            Wat van die behoefte in hierdie tyd waarin ons, ons bevind? Ons het nou, soos seker nog nooit tevore nie, die hulp en beskerming van die Allerhoogste aan alle kante nodig. En Hy het ons nodig.
            Wat van jou, jy wat nou hier lees? Al gewonder waarom jy juis hierdie boodskap nou moet lees?  Is dit blote toeval dat jy hierdie artikel lees? God soek ‘n man! (toevallig – toe val die lig)
            En Hy soek ook ‘n VROU. Vroue het ook groot rolle in die bou van die Christelike Kerk vertolk. Gemeentes is in hulle huise gestig. Meer as 180 vroue het leidende rolle in die Bybel vertolk, meer as 30 van hulle in die Nuwe Testament.
            Van hulle was en is vroue soos Marilyn Hicks, Paula White, Patricia King, Kathryn Kuhlman, Cathrine Booth, Joyce Meyer, Jennifer LeClair, Rachel Oakes en talle ander
            Dit is nodig dat manne en vroue VANDAG na die stem van die HERE luister en sonder verdere versuim na vore tree en aanmeld vir diens –  heldediens – waardeur hierdie volk gered en vrygekoop sal word!
            Christene is besig om in toenemende maat by die geledere van verskeie  gebedsforums en verootmoedigingsbyeenkomste in te skakel. Hulle reageer op die stem van EEN, die Heilige Gees.
            Hulle het Sy stem gehoor. Hulle het reageer. Hulle is nou voorbidders vir die volk. Hulle tree in vir die volk, vir ons kinders, vir ons toekoms, vir die bou van die Koninkryk van God en die uitbreiding daarvan.
            Na 22 April 2017, soek God manne en vroue wat ‘n bres vir Hom kan slaan, ‘n bres vir die Volk kan slaan. Manne en vroue met durf en daad, wat soos Koning Dawid sal sê: “Met my God spring ek oor ‘n muur.”
            Sal God so ‘n man, so ‘n vrou, ook in jou vind? Sal jy gehoorsaam wees aan Sy roepstem? Ons het op 22 April gebid en God gaan beslis antwoord, maar hy gaan baie van ons nodig hê om Sy reddingsplan in aksie stel. Ons is egter nie alleen nie. Die Engele staan ons in alles by.
            Nee, dis nie die werk van die predikante (herders) nie. Herder kry nie lammers nie, net skape kry lammers. Herders se taak is om die skape so goed te voed (op te lei) dat hulle selfs twee-, drie- en vierlinge aanbring!
            Moenie dink aan hoe ver jy tekort skiet nie. Abraham het ‘n voorspoedige en vol lewe gelei toe die HERE hom die opdrag gegee het dat hy moes oppak en trek, en dit boonop deur die woestyn, die vreemde in.
            Waar hy en sy mense gewoon het, het dit baie goed met hulle gegaan. En toe die opdrag om met alles – vroue, kinders, babas, diere, groot en klein, deur die woestyn te trek sonder dat hy geweet het waarheen.
            Abraham het gladnie geweet waarheen by moes trek nie, maar hy het  geweet saam met Wie hy trek!
            Jy sal nie in jou eie krag optree nie. God sal jou  toerus met krag. Hy het dit met almal voor jou gedoen en Hy gaan dit weer met almal van ons doen.
            “Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare.” –  Mal. 4:6
            God soek ‘n MAN en ‘n VROU wat die muur van gebed sal bou  “wat gedurig die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie… en Hom nie met rus sal laat nie, tot Hy Jerusalem (Sy gemeente)  bevestig en maak tot ‘n lofoffer op die aarde.” – Jes. 62:6,7, “want die Here – Sy oë deurloop die aarde(hoekom?) om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is…..”. – 2 Kron. 16:9
            God soek na ‘n Man, ‘n Vrou.  Is jy bereid om aan te meld? – Sjibbolet
·       As jy raad soek, straks worstel met wat jy moet doen, nie seker is of jy die HRERE se stem hoor nie, skryf aan ons. Ons help graag.