Wys tans plasings met die etiket 36 miljoen Christene in SA. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket 36 miljoen Christene in SA. Wys alle plasings

Vrydag 18 Augustus 2017

Soos in die Hemel, so ook op die aarde

Soos in die Hemel, so ook op die aarde
Wat maak ons met al die mag en
gesag wat aan ons gegee is?


”It’s Time” sal komende Maart 2018 opgevolg word deur Mighty Families!
Lourieke Haller van JUIG skryf: “Die Springbok Ollie le Roux se plaas
Wildeals buite Bloemfontein sal weer eens die plek van samekoms wees.
Die geleentheid sal van 16-18 Maart op Wildeals gehou word. Daar sal
kampeerplek vir 20 000 gesinne op die terrein beskikbaar wees. individue
is ook welkom.”

‘n Magtige Familie saamtrek is nodig, maar so ook groter Christen-aksie: Vervang seksonderrig in skole met Gesinsonderrig, tree toe tot die politieke toneel en lei ‘n nuwe dispensasie binne met die 34-miljoen selfverklaarde Christene in SA. Geloof en die werke loop hand aan hand. Jak 2:24.

Ons beleef almal van tyd tot tyd hopelose situasies, of, dis hoe dit lyk. Ons word so depressief dat ons vergeet dat die kragte van die Hemel in ons enige situasie kan keer of omkeer.
            Ons vergeet dat ons erfgename is Rom 8:16-17. Om ‘n erfporsie joune te maak moet jy dit gaan opeis.
            Geseënd is julle in die naam van Jesus Christus! O ja, ons is beslis geseënd. Let op die volgende:

Moenie bid vir seëninge nie, want God het “ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,” Efes. 1:4 Ons triomf berus op Lofprysinge (ontvang en sê dankie) want ons is reeds geseën.

Moenie God soebat om iets vir ons te gee of te doen nie, want “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Rom. 8:32. Weer berus ons triomf op Lofprysinge (ontvang en sê dankie) want Hy skenk ons alles genadiglik.

Moenie bid vir dit wat tot die lewe en Godsaligheid lei nie, want “Immers, sy goddelike krag het ons alles (let op) geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien (hoe?), deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,  waardeur Hy ons die (let op) grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?), sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur (wanneer?), nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 2 Pet. 1:3-4.

In hierdie drama van Geloof is daar twee betrokkenes: God, die Algoede Gewer en ek en jy, die bloedgewaste ontvangers. God, die Algoede Gewer het reeds “alles aan ons geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien.” En weer berus ons triomf in Lofprysinge (ontvang en sê dankie) vir alles wat ons reeds as geskenk ontvang het.

Moenie hoop en bid vir opbrengs en toename nie, want “Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.” Ps. 67:5-7. Nogmaals berus ons triomf op Lofprysinge (ontvang en sê dankie) en dan kom die opbrengs en die toename.

Moenie bid en neul vir genesing nie en dalk daardeur voorgee dat daar iets skort in God se voorsiening vir ons genesing nie, want “Hy het self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.” 2 Pet. 2:24. Ons triomf berus weer op Lofprysinge (ontvang en sê dankie) want ons is reeds genees.

Moenie die doping in die Heilige Gees benader asof dit iets is wat mens van God moet afsmeek nie, want “Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand. 2:38. En weer, Lofprysinge ontvang en sê dankie) is ons triomf vir die gawe van die Heilige Gees. Ontvang net die Heilige Gees in jou lewe.

“Alles behoort aan ons.” 1 Kor. 3:21. Lofprysinge is ons triomf vir alles wat ons nodig het want alles behoort aan ons. Ons ontvang en sê dankie deur middel van lofprysinge,
            Nou kan jy sien wat word bedoel met kennis en dat die Woord ‘n lamp is. Sonder kennis en sonder ‘n lamp ly mense ontsettend gebrek.
            Nou verstaan jy ook: “En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie. Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.” Jes. 5:12-13
            God bevestig dit aan Hosea: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.” Hos. 4:6
            Mens moet jouself met Lofprysinge beklee. Jubel altyd(!) in die HERE.
            Habakuk wys ons hoe dit gedoen moet word: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie –  nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
            Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.” Hab 3:17
            Let op watter mag en gesag God ons ook gegee het:
            “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Efes 6:12
            Dit beteken dat ons as Christene by totale oorlogvoering betrokke is teen verskeie onsigbare leërinstellings...  wesens sonder fisiese liggame. Hulle ontvang hul opdragte vanaf ‘n hoofkwartier wat in die ruimte gevestig is. Hulle doel is ‘n globale oorname.
            Gebeure die afgelope jare en ‘n toename van belangstelling in die okkulte en die geestelike werkinge het Christene genoop om inligting en raad te kry oor geestelike oorlogvoering.
            Alhoewel die klem in die verlede op die bedrywighede van demone geval het, begin al hoe meer Christene besef dat demone nie die hoof kragte is wat ons bedreig nie.
            Omdat ons oorlogvoering op ‘n geestelike vlak afspeel, het God aan ons geestelike wapens voorsien om in hierdie besondere oorlog te kan optree.
            “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.” 2 Kor 10:3-5
            Hierdie wapens is dus nie fisies nie, maar geestelik, en “kragtig deur God om (satan se) vestings neer te werp” asook “om planne te verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”
            Alhoewel dit die magtigste wapens is, sê die HERE in Sag. 4:6 “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.”
            Kyk weer: “Om elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God... “Dit kom vanaf die satan se geestelike koninkryk in die ‘lug’”.
            Daar is net twee magte op die aarde aan die werk, die mag van God en die mag van die satan. Die twee staan lynreg teenoor mekaar. Satan wil God se koninkryk vernietig en ons is die soldate wat die mag het om die aanslag af te weer en die satan se werke te vernietig.
            Ons, die ware gelowiges, is die enigste mense op aarde wat die mag het om hierdie wapens op te neem en die sataniese koninkryk te vernietig.
            Die mees belangrikste aspek van hierdie oorlog egter, is om te onthou dat God deur Jesus Christus reeds die werke  van satan totaal vernietig het. Ons moet dus op ‘n vlak van oorwinning lewe.
            In Kol. 2:15 staan dat God die “vyandskap” van die satan “tot niet gemaak het” deur sy “vrede” wat hy tussen Christus en ons bewerk het sodat ons en Christus nou een is.
            Dit word herhaal in 1 Kor. 2:14 “Maar God sy dank wat ons (wanneeer?) altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.” ‘n Triomf is nie net die eintlike oorwinning wat behaal word nie, maar die feesvieringe van die oorwinning wat reeds behaal is.
            Net terloops: Ons weet dat die volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis, maar daardie kennis moet deur ons versprei word want 1 Kor. 2:14 sê God wil die reuk van Sy kennis deur ons versprei.
            Christus het die oorwinning oor satan namens ons behaal, maar Christus het die verantwoordelikheid aan ons opgedra om die oorwinning te bevestig en dit te administreer namens Hom.
            Daarvoor moet ons in oorlogsdrag geklee wees, aldus Efes. 6:13. Dit bestaan uit ses dinge:

Ons lende omgord met die Waarheid
·       Met die borswapen van geregtigheid
·       Skoene aan ons voete (die bereidheid vir die Evangelie van vrede)
·       Die skild van die geloof
·       Die helm van Verlossing
·       En die swaard van die Gees.

            In hierdie oorlog tree ons op “met alle gebed en smeking en by elke geleentheid te bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.”
            Hierdie ses dinge is egter alles ter verdediging, behalwe die Swaard wat gebruik word om aan te val. Dis hoekom ons die Woord (Swaard) moet ken.
            Met ‘n swaard kan mens egter maar net armlengte veg, maar in die gebed (op die geestelike vlak) is daar geen beperkinge nie.
            Bid... in die Gees... Efes 6:18 ontbloot dat hierdie wapen se effektiwiteit nie beperk kan word deur spasie of tyd nie. “... terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees.”
            Gebed is die magtigste en verrykendste geestelike wapen wat aan gelowiges gegee is. Dis byna soos ‘n interkontinentale ballistiese missiel... Inderdaad is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.  Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse God is!
            Ons wapenarsenaal bestaan onder meer uit:
            Die Woord van God, die naam van Jesus Christus en die Bloed van Jesus.
·       Al drie wapens word deur dieselfde kanaal gelanseer: Die mond.
·       Die mond doen dit deur gebed, lofprysinge, getuienis en prediking.

            Wat hier uitstaan is gebed, spesifiek twee tipes aggressiewe gebed:

Bind en ontbind

Die eerste is die gebed van bind en ontbind. Jesus sê aan Petrus is Matt. 16:19 “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die Hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die Hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees.”
            Deur hierdie woorde het God aan Petrus ‘n enorme geestelike gesag toegeken – gesag wat op die aarde uitgeoefen kan word, terwyl dit ook in die Hemel van krag is.
            Dit is duidelik dat God aan Petrus hierdie mag gegee het omdat Petrus dit sou nodig kry.  Dit beteken dat ons dit ook nodig het. Hoe weet ons dit?
            In Matt. 18:18-20 sê Jesus: “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
            “Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
            “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.”
            Die woord “saamstem” heet “sumphoneo” in die Grieks en beteken simfonie in Afrikaans. Dit beteken dus nie net saamstem op intellektuele gebied nie, maar soos in  musikale harmonie.
            Met ander woorde: As twee van julle kan harmoniseer oor enige saak wat julle mag vra, dan sal dit julle ten deel val.
            Dit is harmonie in die Gees, nie net ‘n besluit deur die verstand rakende ‘n gebedslysie nie. Ons neem baie besluite oor gebed sonder dat dit in harmonie is. Die Godsaak gaan nie oor besluite of stemme vir en teen nie, dit moet elke keer gaan oor almal saam in harmonie.
            Jesus gaan dan verder:  “...waar twee of drie in my Naam vergader....” Die Grieks lees: “Waar twee of drie gelei is om saam te vergader.” Om gelei te kan word vra om ‘n leier. Die Heilige Gees is die leier.
            “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” Rom. 8:14
            Jesus praat dus van gelowiges wat deur die Heilige Gees bymekaar gebring is, gefokus om die persoon van Jesus Christus en dus verteenwoordig deur Sy Naam.
            Hy sê dus: “Wanneer julle gelei is deur My Gees om saam te kom en julle is in  harmonie, dan kan julle reken op My teenwoordigheid.
            Die uitoefening van hierdie gesag hang dus af van die leiding van die Heilige Gees en waar ons in harmonie saam is met ons mede-gelowiges.
            Wanneer Jesus sê “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees,” dan dui dit nie op twee aksies nie, maar een.
            Inderdaad kom dit daarop neer dat wat ons bind of losmaak, is reeds in die Hemel gebind of losgemaak.
            In die aardse gebeurtenis dui dit op die gelowige se verantwoordelikheid en in die Hemelse gebeurtenis dui dit op God se soewereiniteit. Dit wat plaasvind is onherroepbaar.
            Alles wat ons op die aarde bind is in die Hemel gebonde. Wat ons op die aarde losmaak, is in die Hemel losgemaak. Wat ons besluit is ‘n reeds gedane saak.
            Nogtans plaas dit ‘n verantwoordelikheid op ons want die effektiwiteit van die bind en die losmaak vind eers plaas wanneer ons bid.
            Sien dit ook soos volg: Ons almal is reeds gered, maar dit vind in effek eers plaas wanneer ons tot aksie oorgaan en Christus as Saligmaker aanneem in gebed. Christus het gesterf sodat ons almal gered kan word. Dis inderdaad ook Sy gebed dat ons en Hy almal een moet wees.
            Die HERE sê Hy ken ons nog voordat ons die moederskoot ingegaan het, maar ons het in effek eers mens geword toe twee selle met mekaar verbind het.
            Ons bid: “HERE, laat U wil geskied, soos in die Hemel en so ook op die aarde.” Die werklikheid is dat alles reeds in die Hemel plaasgevind het, maar dis ons verantwoordelikheid om dit op die aarde te implementeer. Dis byna verbysterend, dog feit!
            Ons neem so maklik die houding aan om te wag dat God moet reageer, maar talle kere wag God op ons. Hy wag al baie lank op ons.
            Dis ons wat dit wat ruimskoots aan ons geskenk is, in werking moet stel.
            Ons almal, alle gelowiges, het ‘n geweldige verantwoordelikheid om Jesus se onvoltooide werk op aarde voort te sit!
            Kyk weer: Wanneer julle deur die Heilige Gees gelei in harmonie in die naam van Jesus Christus bymekaarkom dan dui dit ook op die korrekte verhouding tussen ons – gelowiges wat in die regte verhouding met mekaar en met God staan. Solank gelowiges nie in ‘n eerbare korrekte verhouding met mekaar lewe nie, kan daar geen antwoord op gebed wees nie.
            God het ons genooi om Sy troon met Hom te deel: “Uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus. Efes 2:5-6 Nogtans kan ons nie daar sit sonder om aan ‘n paar voorwaardes te voldoen nie.
            Om te bind en om los te maak sluit feitlik elke moontlike situasie in
·       As onheilsmagte  aan die werk is, kan ons hulle bind
·       So kan ons ook voorrade en voorsiening losmaak
·       As mense in een of ander vorm van binding is dan kan ons hulle losmaak

            Jesus gaan verder: “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.”
            In die twee genoemde strofes is ingesluit al die gesag wat ons ooit nodig sal hê in gebed.
         
Die bind van die sterk man

In Matt 12:28-29 lees ons: “Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.”
            ‘n Strofe wat hiermee saamloop is Luk. 11:20-22 “Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
            “Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
            “Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.”
            Ten eerste dui dit op Jesus en die satan. Die satan was die sterk man in sy paleis en niemand kon hom teenstaan nie. Die wêreld was onder sy beheer. Jesus het die satan egter oorweldig en sy mondering waarop hy vertrou het, van hom af weggeneem.
            Dit is in ooreenstemming met Kol. 2:15 “...nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar ten toon gestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.”
            Neem kennis daarvan dat die satan ongewapend is. Dis ons wat bewapen is. Nadat Jesus oor die satan triomfeer het “deel Hy sy buit uit.” Hy wys na alles wat satan in sy paleis gehad het en sê aan ons “help julleself”.
            Maar ons het ‘n belangrike verantwoordelikheid – dit is ons verantwoordelikheid om Jesus se triomf oor die satan te administreer.
            Ons deel dus in die bind van die sterk man soos wat Mattheus dit verduidelik: “Hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie?”
            Dit wil,voorkom dat die Heilige Gees aandui dat meeste van ons aktiwiteite oneffektief in meeste situasies sal wees as ons nie eers die sterk man gebind het nie.
            Ons wil sy goed van hom af wegneem, maar ons het hom nog nie gebind nie. Die gevolg is dat ons baie van ons tyd en kragte misbruik deur sy aanvalle te probeer afkeer. Dit verhinder ons om sy goed te vernietig of sy gevangenes vry te stel. Ons mag dalk effe resultate kry, maar glad nie in vergelyking met die triomf wat ons sal behaal as ons hom eers bind nie.
            Die vrou vra eendag: “Bid asseblief dat my man sal ophou drink. Hy drink erg en rand my gedurig aan.”
            Ons het nie gebid nie, maar haar teruggestuur huis toe juis met die opdrag dat wanneer haar man daardie nag slaap, sy haar hand op hom moet lê en die sterk man in sy tempelhuis moet bind en uitdryf en die Heilige Gees vra om haar man te beset sodat hy gered kan word.
            Die man is geen dronklap nie, hy is ‘n verlore sondaar. Dit gaan nie oor die drank nie, maar oor sy siel. Wanneer sy siel gered is, verdwyn die drankprobleem vanself, want die mag van die drank word verbreek.
            Sien egter ook Lukas11:24-6  “Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.”
            Dit is waarom mens ewewigtige lering moet gee. Die mens uit wie die onheil verdryf is, moet sy lewe nou volmaak met die Heilige Gees en die Woord sodat wanneer die onreine gees terugkeer hy die huis beset sal vind. Dit geld vir individue maar ook vir groepe en gemeentes.
            Aanvaar dit, ons het ‘n verantwoordelikheid dat, in watter situasie God ons ook al plaas, ons ‘n bediening ontvang het, deel daarvan om die sterk man te bind en sy werke te vernietig in die naam van Jesus Christus.
            Kyk na die voorbeeld in Daniël 10. Voordat Daniël antwoord op sy gebed vir Israel kon kry, moes hy eers die magte van die prins van Persië (hedendaagse Iran) oorwin. Die prins was die besondere sterk man wat satan se belange daar verteenwoordig het en die volk Israel in daardie tyd onderdruk het.
            Laat ons die sterk man in die manne en vroue rondom ons bind. Daar is baie van hulle in satan se koninkryk, op baie vlakke van gesag selfs. Hulle kom voor op alle vlakke van die samelewing en selfs in ons eie families en gesinne. Dis ons verantwoordelik om in harmonie saam te staan in gebed en die sterk manne in hierdie mense se lewens te bind in die naam van Jesus Christus.
            Ons kan onsself baie harde werk en tyd spaar as ons, ons verantwoordelikheid besef en met die sterk man afreken. Dis die een manier van bid.
         
Ons het die mag. Dis aan ons gegee.

“En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.” Matt 10:1
            “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Mark 16:17-18
            “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” Luk 10:19
            “Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.” Matt 10:8
            “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.” Joh 12:31
            “... en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” Joh 16:11
            “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” Joh 16:33
            En ook Efes 1:17-23 “Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
            “verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;
            “en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte
            “wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
            “bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
            “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.”
            En ook Heb. 2:14-15 “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”
            Nou begin ons Jak. 4:7 verstaan: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (want ons het die mag, die gesag om dit te doen).
            “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.” 1 Pet 5:8-9 (en weer, want ons het die mag en die gesag om dit te kan en moet doen).
            “Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.” 1 Joh 2:14b
            “Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” 1 Joh 3:8b
            So sien ons keer op keer dat die satan reeds verslaan is, maar dis ons verantwoordelikheid om dit op aarde te verwesenlik. Ons het ‘n keuse: Ons kan of onder die satan se heerskappy staan, of ons kan in oorwinning aan God se kant kom staan en oor die satan en sy magte heers.
            “Julle is uit God, my kinders, en het hulle (die vyand) oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” 1 Joh 4:4
            “Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.” Openb 1:17-18
            “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” Openb 12:11

Heilige Gees-gedrewe gebed

Die ander manier van bid is spesifieke, doelgerigte aanhoudende gebede soos ingegee deur die Heilige Gees. Daar is twee voorbeelde in die Ou testament:
            In Josua 8 is die kinders van Israel besig om ‘n stad in te neem toe God te midde van die oorlog aan Josua iets sê wat geen militêre betekenis hoegenaamd gehad het nie.
            “En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.” Jos 8:18
            Die uitgesteekte spies het geen militêre waarde gehad nie, maar wel geestelik waarde.
            In strofes wat volg word vertel hoe dat die Israeliete die stad oorgeneem en vernietig het. In strofe 26 volg dan die volgende: “En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.”
            Josua het sy arm met die spies uitgesteek toe die oorlog begin het en dit in daardie posisie gehou, spesifiek gerig teen Ai, totdat die totale oorwinning behaal is.
            Die spies het militêr niks uitgerig nie, maar op die geestelike vlak het Josua God se belofte oor Ai aangegryp en dit opgeeis tot op die oomblik van die oorwinning.
            Dit dui op God-gegewe, deurdringende, onwankelbare, doelgerigte gebed, soos ook in Luk 5-10.
As die man wat die brode in die nag kom vra het, opgehou het om te klop, het hy nooit die brode ontvang nie. Dit was juis sy doelgerigte aanhoudende (irriterende) geklop wat hom die brode besorg het. En dan Jesus se belofte: As jy klop dan sal daar (beslis) vir jou oopgemaak word.
            Sommige mense beweeg die spies die wêreld vol in plaas daarvan om gefokus, doelgerig, spesifiek te bly.
            Dawid beklemtoon, veral in die Psalms die vernietiging van die vyande sodat hulle nie eers geleentheid het om op te staan nie. Hy sê in Ps 18:43 “Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.”
            God is ontevrede met ‘n gedeeltelike oorwinning. Baie keer bereik Christene ‘n gedeeltelike oorwinning en dan laat sak hulle die spies. God gaan nooit ‘n kompromie aan nie. Hy leef nie in grys areas nie.
            In 2 Kon 13:15-19 is Elisa op sy sterfbed wanneer hy aan Joas ‘n opdrag gee. Israel is uit die ooste bedreig deur Sirië en Elisa wou voorsiening maak om die bedreiging af te weer.
            “En toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!
            “Daarop sê Elísa vir hom: Neem ‘n boog en pyle. En hy het vir hom ‘n boog en pyle geneem.
            “En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê.
            “Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: ‘n Pyl van oorwinning van die HERE en ‘n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.
            “Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.
            “Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.”
            Hier sien ons weer ‘n pragtige beeld van Gees-gerigte en Gees-bekragtigde gebed.
            Die venster het na die ooste oopgemaak. Dit wys op rigting. Die Siriërs sou vanuit die ooste aanval. Die pyl is deur daardie venster in daardie rigting gerig. Wat is die betekenis van die koning wat sy hand op die boog plaas en die profeet wat sy hand op die koning sin plaas? Dit dui aan dat die bron van die profeet se gesag – die Heilige Gees – besig was om die koning te bekragtig toe hy die pyl in die rigting van Sirië afgevuur het. Dit dui ook op harmonie en eendragtigheid.
            Maar, omdat hy net drie maal in plaas van vyf maal geslaan het, was die oorwinning beperk. Die verslag moes later herhaal word soos wat ons lees in Matt 13:25 “En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.”
            Dit beteken dat sukses op die natuurlike vlak is afhanklik van geestelike kragte. As mens die oorwinning op die geestelike vlak behaal, dan sal dit die deurslag gee op die militêre, die politieke, die sosiale of ekonomiese vlak.
            Die geestelike vlak is deurslaggewend en ons vernaamste wapen is en bly Gees-gerigte, Gees-bekragtigde, deurdringende gebed. Joas het misluk omdat hy nie genoegsame vasberadenheid op die geestelike vlak toegepas het nie. Aan die ander kan het Joshua sy spies gerig gehou totdat die oorwinning volkome was.
            Wanneer die Here sê dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit ‘n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heel waarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.
            Die Here is in beheer van die koning. In Spr 21:1 lees ons: “Die koning se hart  is in die hand van die Here soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil.”
            Die nuwe vertaling lees: “Die Here kan ‘n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!” Skitterend!
            So, kom maar gerus jou plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer.
            Luister wat sê Psalm 149 oor “Lofgesang en Oorlogswaard”:
         
            Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
            Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
            Laat Israel hom verheug in sy Maker;
            Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
           Laat hulle Sy naam loof in koordans,
            Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
            (Hoekom?)
            Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
            Hy versier die ootmoediges met heil.
            Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
(Hoekom?)
om wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
(Hoekom?)
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
         
            Dus, nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil. Lofprysinge is ‘n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie… Waarom? Om ‘n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is! – Sjibbolet

Dinsdag 06 Junie 2017

Ek en jy moet die getal volmaak


Image result for hoe lyk 'n slangbyt

Skrywer droom verskillende slangsoorte val ‘n groep mense aan. Sodra iemand gepik word verander die pikplek onmiddellik in ‘n lelike oop sweer vanweë die diepe boosheid.
            My werk is om die teengif voor te berei sodat dokters en verpleegsusters die slagoffers met die onderskeie entstowwe teen die onderskeie slangbyte kan inspuit.          
            Later moet ander ook help inspuit. Die toneel lyk soos ‘n slagveld. Daar is baie pyn, ‘n geween en ‘n gekners van tande. Sommige mense is reeds bewusteloos.
            Ons is op ‘n dorp wat ek glad nie ken nie. Ons werk onverpoosd maar die taak word al hoe groter.
            Ek besef ons gaan mense begin verloor. Hulp is dringend nodig. Ek vra of daar ‘n predikant op die dorp is. Daar is een. Ek vra hulle moet die predikant onmiddellik na ons toe bring.
            Die predikant laat weet terug ek moet ‘n boodskap stuur waarin ek verduidelik hoekom ek hom ontbied.
            Ek word kwaad en sê: “Sê vir die predikant hy moet onmiddellik na die toneel toe kom, Mense gaan sterf. Tyd is teen ons. Hier is nie nou tyd vir ego’s en ‘n eie-ek nie”
            Die predikant daag op maar is onwillig om te help toe hy gevra word om alle ersntige bidders op die dorp te kontak en te versoek hulle moet dringend en aanhouidend begin bid dat die HERE en sy Engele moet ingryp om die slange te keer.
            Die predikant wil nog teenstribbel oor wie ek dink ek is ek dat ek vir hom opdragte kan gee. Ek verhef weer my stem en verduidelik in kort dat die bid en werke saamgaan, die een kan nie sonder die ander nie. Die predikant loop. Ons het nooit weer van hom of enige bidders gehoor nie.
            Die toneel word ‘n warboel en ek word wakker met ernstige kommer oor die pad vorentoe, behalwe om aan te hou red wat te redde is, en aan te hou om ander te bemoedig om te kom help.
            Tyd is teen ons en die getal moet volgemaak word.
            Die boodskap uit die droom is dat die oes groot is en die arbeiders min. “Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die HEREere van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.” Matt 9:37-38
            Wie moet hierdie bidwerk doen en wie is hierdie arbeiders? Dis ek en jy. "… verkondig die woord … tydig en ontydig …" 2 Tim 1-8
            Een van die wêreld se voorste predikers, John Wesley, het een aand laat, te perd teruggekeer van 'n diens af. Hy moes oor die Honslow Heath bergpas. Die bergpas was bekend vir sy struikrowers.
Dit was 'n donker nag, maar Wesley was nie bang nie. Hy het met 'n hart vol blydskap oor die diens wat hy met vrug kon hou, een van sy geliefkoosde liedere gesit en sing, terwyl die perd ritmies voort gallop.
"Halt!" kom dit skielik uit die donker en sy perd se teuels word stewig vasgegryp. "Jou geld of jou lewe!"
Wesley het die voorval as heeltemal grappig beskou en sy sakke, wat net 'n paar muntstukkies bevat het, omgedop. Daarna het hy die rower toegelaat om sy saalsakke te deursoek. Daarin was net geestelike boeke.
Die rower het teleurgesteld weggedraai. Wesley roep hom terug: "Wag, ek het nog iets vir jou." Die rower kom behoedsaam nader.
"My vriend," sê Wesley ernstig, terwyl hy na hom toe oorleuen. "Daar mag 'n dag aanbreek dat jy berou sal hê oor die soort lewe wat jy nou lei. As dit gebeur, onthou dan: 'Die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde.'"
            Jare later was mnr. Wesley al 'n gryse ou prediker, toe 'n welgeklede man hom een aand na 'n diens voorkeer. Dit was die struikrower van Honslow Heath. Nou 'n vooraanstaande sakeman in die stad, en, nog beter, 'n kind van God.
Die woord wat Wesley daardie aand so ernstig en met soveel liefde tot hom gerig het, het hom bygebly en tot sy redding gelei.
            Ons moet nooit vrees nie. God bewaar ons as ons, ons op Sy weg bevind. En ons moet gereed wees om onder enige omstandigheid die Evangelie aan ander oor te dra - deur woorde of deur 'n blaadjie. Die Evangelie word deur die Heilige Gees, 'n onweerstaanbare, innerlike krag wat soos smeulende kole voortbrand in 'n hart, selfs lank na dit gehoor is.
            Die saad wat jy saai is vrugbaar en sal vir seker opkom.
            Dit is deesdase polities korrek om te aanvaar dat alle godsdienste na die Hemel lei. Jesus Christus vernietig daardie denke summier: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.” Joh 10:9
            Die oes is groot, die tyd is min, bring die Evangelie met die gesag van Jesus Christus… Tydig en Ontydig. 

Maandag 29 Mei 2017

‘n Christen-aksie is die aller antwoord:


Image result for Christelike werke

“Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?
“As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie--wat baat dit?
“Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
“Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
“Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
“Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
“Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
“En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem.
“Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
“En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?
“Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.” Jak 2:14-26
            Daar was 22 April se biddag in Bloemfontein. Ons is by 22 Mei verby: Waar is die werke?
            Die 22 April biddag was getiteld “Dis Tyd.” Is dit nie tyd dat die selfverklaarde 36miljoen Christene in Suid-Afrika, opstaan en hul geloof in die drie maal Heilige God Jaweh laat geld nie?
            Waarom byvoorbeeld moet ‘n politieke party soos die ACDP van Kenneth Meshoe, sukkel wanneer 36 miljoen Christene dit los hande die dominerende party in die land kan maak?
            Net een verkiesing en SA is onder ‘n nuwe bewind, ‘n Bybelse bewind.
            As iemand verklaar dat hulle Christene is, waarom nie die werke by die gebed voeg en ‘n dag teen nag verskil maak nie?
            As 36 miljoen selfverklaarde Christene nie saamstaan as Bybelse eenheid en die situasie omkeer nie, dan is hulle skuldig aan wat in die land aangaan. Byna daagliks kom meer en meer inligting na vore wat die land se pilare laat verkrummel.
            Die landsregering roep om hulp. Die honderde duisende armes, wit en swart en bruin, in die plakkerskampe roep om hulp... en 36 miljoen Christene doen niks.
            Lees maar weer Jak 2:14-26. Die 36 miljoen Christene het ‘n plig en ‘n roeping jeens die nasie, die land en die HERE. Bring dit in vervulling. Dis ons laaste kans. – Sjibbolet

Saterdag 10 Desember 2016

Suid-Afrika, soos Pandora se kis


 Image result for people praying together   

Nou is ‘n Revolusie van Gebed nodig!

Die enigste sekerheid is ons saligmaking en redding in en deur Jesus Christus en die enigste permanensie, is die Ewige Lewe.
            Rondom ons skilder koerantberigte ‘n skandvlek.
            Dis hartverskeurend om plant en dier sonder water te sien vrek. Hoeveel kansels en gemeentes lyk ook so… dor, droog, dood?
            Hierdie en vele ander aspekte wat nie eie aan ons eie Christelike kultuur en agtergrond is nie, het ons mense in absolute onsekerheid gedompel. Vrae op vrae word gevra. Sommige sê hulle gaan bly, ander emigreer.
            Maar diegene wat bly, kan net bly as hulle ‘n verskil aan die situasie gaan maak, anders moet hulle ook maar emigreer!
            Die verskil kan alleen deur vurige en kragtige gebed gemaak word.
            Wanneer ons bid, dan kom  GOD se vermenigvuldende krag in werking en dan aanskou ons dat gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak word.
            Dis nie die gebed as sodanig wat magtig is nie, maar GOD is. Dis Hy wat belowe om groot en deurgrondelike dinge te doen as Sy kinders maar net sal bid.
            Met respek, die vrome aandgebedjies bring nie die verskil nie. Dit is die vurige gebede waarmee besigheid met God bedoel word, wat in grootse erns en besliste verwagting word, wat die verskil  teweeg bring.
            Dat die HERE opsoek is na voorbidders maar hulle selde vind, word duidelik weerspieël uit die pyn van Sy uitroep deur Jesaja:
“Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,” asook Sy teleurgestelde protes deur Esegiël:
“Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land… maar Ek het niemand gevind nie!”
Daar is drie dinge wat in ‘n voorbidder gesien sal word, wat nie noodwendig in gewone gebed  gevind sal word nie: vereenselwiging, sielesmart en gesag.
Die vereenselwiging van die voorbidder met diegene vir wie hy intree word op volmaakte wyse in Jesus self gesien.
Van Hom is gesê dat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
As die Goddelike Voorbidder wat vir ‘n verlore wêreld ingetree het, het Hy die beker van ons verlore toestand tot die laaste druppel geledig en “vir elkeen die dood gesmaak.”
Om in die volste sin van die woord dit te kon doen, moes Hy sit waar ons sit.
Vereenselwiging is dus die eerste vereiste van die voorbidder. Hy pleit met sukses omdat hy sy lewe gee vir diegene vir wie hy pleit. Hy is hulle verteenwoordiger. Hy het sy eie belang in hulle behoeftes en lyding laat wegsink en het sover moontlik letterlik hulle plek ingeneem.
Die tweede vereiste is sielesmart, want Hy, die Heilige Gees, “tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge.”
Mens lê dan alles op die altaar, want siele wat nie gered is nie, stort oor ‘n ewige afrgond, die helle dieptes in. Dan kruisig mens jouself met Christus. Jy lê alles af. Jy sterf. Nie ‘n teoretiese dood nie, maar ‘n egte kruisiging met Jesus. In die kruisigingsproses begin die voorbidding.
Let op hoe dat Moses, die jong voorbidder, uit vrye wil die paleis verlaat om hom met sy slawe-broers te vereenselwig.
Jesaja moes vir drie jaar lank “nakend en kaalvoet” loop as ‘n waarskuwing aan Israel teen die aakligheid en tragedie van gevangenisskap.
Esegiël is nie toegelaat om een traan te stort by sy vrou, die begeerte van sy oë, se dood nie.
En derdens moet ons met gesag bid. Ons is tot alles instaat deur Jesus Christus wat ons die krag daartoe gee. Ons neem dus gesag oor die magte van die duisternis, ons bind en vervloek dit, en dryf  dit uit elke sektor van ons samelewing in die naam van jesus Chrtistus.
Ons berei die pad voor vir die Heilige Gees om mense se lewens binne te vaar en hulle om te keer.
Maar daar is ook ‘n laaste vereiste: Dat ons een(dragtig) sal wees. Waar ons oral saambid moet ons wees soos een wat gesamentlik ‘n swangerskap, ‘n dragtigheid dra.
Ons praat nie hier van eenheid nie want selfs nie ‘n getroude paar kan ‘n eenheid vorm nie. Eenheid beteken eendersheid, en dit kan tog nie. Ons het tog elkeen ons eie karakter en persoonlikhied. Maar ons kan eendragtig wees!
Elke keer wanneer die dissipels eendragtig in gebed  en in gees was, dan het die HERE gewerk.
Wanneer moet ons bid? Begin vandag nog. Al is u net twee of drie… die HERE sal daar teenwoordig wees om te hoor wat jy te sê het.
Net so terloops: “Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het; en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les –  nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
“Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
“Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
“Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is – nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
“Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel – maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!” Amos 4:7-12
            Een ding is seker: God bedoel besigheid.
 “Want so sê die HERE aan die huis van Israel: SOEK MY, DAN SAL JULLE LEWE!” Amos 5:4

Maandag 17 Oktober 2016

Waar is Suid-Afrikaners se Geloof?

“Selfs in Israel het Ek nie so ‘n groot geloof gevind nie.” (En in Suid-Afrika?)
            Dit is wat Jesus Christus in Matt. 8:5-13 aan die offisier van Herodus Antipas gesê het. Kon Hy of enigiemand anders dit al van jou, van ons, geloof gesê het?
            Jesus kom in Kapérnaum en die Hoofman oor ‘n Honderd smeek hom: “My kneg lê verlam en hy ly hewige pyne.”
            Jesus aê vir hom:  “Ek sal kom en hom gesond maak.”
            Maar die Hoofman antwoord:  HERE, ek is dit nie werd dat U onder my dak inkom nie, maar spreek  net ‘n woord, en my kneg sal gesond word!”
            En dan motiveer hy sy stelling: Want ek is ook ‘n man onder gesag en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! En hy gaan; en vir die ander een: Kom! En hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! En hy doen dit.”
            Toe Jesus dit hoor, het Hy hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: “Selfs in Israel het ek so ‘n groot geloof nie gevind nie!” (Mens mag weer vra: En in Suid-Afrika?)
            Aan alle wedergeborenes is ‘n “mate van geloof” gegee.  Dis vir ons om ons geloof uit te bou soos wat ons geestelik tot wasdom groei. God vra dit van ons.
            Maar wanneer ons geloof nie in aksie is nie, dan sê Jesus verder: “Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van die ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die Koninkryk van die hemele. Maar die kinders van die Koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en ‘n gekners van tande.”
            Die offisier was ‘n heiden wat nietemin eerbied gehad het vir die Christen Godsdiens. Jesus moes dalk vir homself afgevra het: Moet Ek sy kneg genees? Dit was ongehoord dat ‘n Joodse leraar by die huis van ‘n heiden ingaan.
            Jesus se optrede en wat Hy daarna sê is dat nie afkoms van Abraham nie, maar geloof, toegang gee tot die Koninkryk van die Hemele. Hy genees dus die kneg.
            Eerbied en ware geloof is ook die antwoord op die probleme van vandag.
            Heb. 11 vanaf strofe 17:
·       Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer.
·       Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.
·       Deur die geloof het Jakob op sy sterfbed albei die seuns van Josef geseën.
·       Deur die geloof is Moses na sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek.
·       Deur die geloof het Moses toe hy grootgeword het, geweier om die seun van farao se dogter genoem te word.
·       Deur die geloof het Moses Egipte verlaat.
·       Deur die geloof  het Moses die pasga gehou.
·       Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan.
·       Deur die geloof het die mure van Jerigo geval.
·       Deur die geloof het Ragab die hoer nie saam met die ongehoorsames omgekom nie.

En dan strofe 32:  “En wat sal ek nog meer sê (oor al hierdie geloofs-dinamika)?
Want die tyd sal my ontbreek as ek (ook) van Gideon, Barak en Simeon en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou vertel ......”
            Let nou op na strofe 33: “... wat deur die geloof:

·       koninkryke oorweldig het!
·       geregtigheid uitgeoefen het!
·       beloftes verkry het!
·       bekke van leeus toegestop het!
·       die krag van vuur uitgeblus het!
·       die skerpte van die swaard ontvlug het!
·       krag uit swakheid ontvang het!
·       dapper gewees het in die oorlog!
·       leërs van vreemdes op die vlug gedryf het!”

Kyk weer na die tweede laaste reël:  DAPPER gewees het in die oorlog!  DAPPER beteken:  Vasberade, onverskrokke. Dit beteken ook: onwankelbaar en onbuigsaam, beginselvas, dus, ook iemand wat geen kompromie aangaan nie.
            Het ons geloof?  Natuurlik het ons geloof?  Ons het dit by die wedergeboorte ontvang. Maar,  Lewe ons deur die geloof....... ?
            Om te sê ons sal probeer om deur die geloof te lewe is so goed as om vir die satan te sê mens is nie toegewyd nie. Jy het nog nie in Christus gesterwe nie.  By die eerste hekkie slaan jy neer.
            Om deur die geloof te kan lewe moet ons beslis en betrokke wees, moet ons determineerd wees, moet ons dapper wees, moet ons weier om kompromieë aan te gaan, moet ons rus (vind) in die HERE.
            As jy kan glo dat Jan van Riebeeck en sy geselskap in drie skepe op 6 April 1652 aan die Kaap de Goeie Hoop geland het, dan kan jy die Bybel ook glo. Jy was nie in Bybelse tye by gewees het en nog minder was jy in 1652 in die Kaap.
Of ons vertrou God absoluut, of, anders lewe ons in twyfel, ons probeer maar.....
            Jak. 1:6-7 .... hy wat twyfel moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie!
           Dus… ons moet weier om te twyfel.
"Ons is God se magtige manne (en vroue) vol dapperheid, onverskrokkendheid. Ons weier om te twyfel. Ons staan soos rotse, onwankelbaar. Onthou, ons is GOD se eiendom. Vat iemand aan ons vat hy aan GOD, want, GOD sê: Vir sovele as wat julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My.
            Dit is ook hoekom ons nie wraak moet uitoefen nie. GOD sê:  Hom kom die wraak toe. Hy sal vergeld. Ons moet net besef dat as iemand ons leed aandoen, speel hy of sy met vuur, want hulle het GOD se eiendom aangetas. En daar staan ook geskrywe: Dit is vreeslik om te val in die hande van die Lewende GOD!
            Ons vrees niks, want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ‘n gees van Krag, en van Liefde en van Selfbeheersing. Dit is wat ons ontvang het en dit is wat ons elke dag moet bely.
            Let weer op wat staan reg aan die begin geskrywe ... volgens die KRAG wat IN ons is.

            Daar is geloofskrag in ons om ook die dinge te kan doen wat ons voorsate deur die geloof gedoen het..  volgens ...  dui daarop dat ons daardie geloofskrag moet uitbou, soos 'n gewigopteller sy krag ook uitbou. Hoe groter sy krag, hoe groter die gewig wat hy kan baasraak. 
            Ons moet dus deur Sy Woord en deur praktiese toepassing daarvan, ons geloofskrag uitbou. Kyk hoe waar is die volgende:
            Om nederig te wees is God se Wil. Om jouself te verkleineer, is nie nederigheid nie en is sonde. In die oë van God is ons baie belangrik. Ons is Sy VOLK. Ons is Sy eiendom. Ons is Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons het die geloof van 'n mosterdsaadjie  –  ons (moet) groei tot 'n reuse Geloofsboom !
            Bely dit,  glo dit, want dit is die Waarheid, en nie die twyfel en onwaarhede wat die satan ons mense mee teister nie.
            Onthou, wanneer mens naby die deurbraak is, sal die druk altyd toeneem. Teenspoed lyk maar soos teenspoed. Hoe harder die stryd hoe groter die oorwinning, want in Christus Jesus IS ons meer as Oorwinnaars !!!
            Probleme wat oor die wêreld aan die kom is, moet maar kom. Ons is Gereed daarvoor!
            God se Koninkryk is op aarde gevestig om ‘n verskil te maak sodat reg en geregtigheid sal geskied.  Ja, ons sal tot die heidene genees, want Hy het gesê ons sal doen wat Hy gedoen het, behalwe dat ons baie meer sal doen as wat Hy gedoen het.
            Waarom verkleineer ons onsself?  Waarom tree ons nie op met eerbied teenoor Hom en met Sy gesag nie? Waarom wil ons altyd soos smartvrate op die negatiewe teer, onder die omstandighede woon in plaas van bo die omstandighede?
            Iemand het gesê:  “We are majoring on minors.  We should be majoring on majors. We should make our own majors!”
            Komaan!  “Rig die slap hande en die verlamde knieë weer op, en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.”  Heb. 12:12.
            Dan sal die HERE ook kan sê:  Ek het nie in die wêreld so ‘n geloof gesien soos in Suid-Afrika nie!


Woensdag 21 September 2016

Kerk! Dis tyd vir Herlewing!


Image result for crowd of people

Tragies, dog ook ironies, soek die wêreld  na die HERE God YAWEH, maar die Christene sit aan die slaap in die kerkbanke, rustig in hul tradisie en botheid.
Volgens opnames   deur die Gordon-Conwell Teologiese Seminarie is daar sowat 43 000 soorte kerke in die wêreld. Die tempo waarteen dit groei gaan beteken dat daar in 2025 altesame 55 000 soorte kerke gaan wees.

Baie van hulle beskik natuurlik nie oor die Waarheid nie. Sommige is gestig weens tweespalt en skeuring.

Die wêreldling skud sy kop. So baie soorte kerke is vir hulle ‘n Babelse verwarring. Hoe kan so baie mense een boek, die Bybel, so deurmekaar verstaan... veral, wanneer die HERE sê dat ‘n kind dit sal verstaan.

Volgens tradisie is dit die predikant se werk om die siele in te bring. Hoe gouer hierdie klug nek-om gedraai word, hoe gouer gaan ons die getal volmaak vir die Wederkoms.
Herders versorg die skape, maar herders kry nie lammers nie. Dis die skape, ek en jy, wat moet lam. Met goeie sorg lam ons sommer twee- drie- en vierlinge... en word dit ons nommer een prioriteit in die lewe... om siele te wen.

Die wêreld vra en moet weet hoe kom mens by God uit. Die wêreldlinge kyk na ons leefstyl, hulle soek na modelle van gesaghebbende Christen leefwyses. Hulle wil God sien. Hulle wil God hoor.
Die wêreld het nie inligting oor God nie. Kan God hulle persoonlike probleme help oplos. En ook wêreldprobleme? “Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.” Spr 14:34
“Maar soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33

Hoor 2 Kron 7:13-15 “As Ek die Hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
En kyk wat voeg die HERE hier by: “Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek (Suid-Afrika).”
Wat baat dit om te beweer ons is Christene, maar die wêreld sien God nooit in aksie in ons lewens nie.”

Altesame 36 miljoen mense in SA het verklaar dat hulle Christene is. Waar is hulle? Hoekom is hier nie ‘n Christen regering nie? Hier is Christen politieke partye, maar die Christene steun dit nie. M.a.w., daar is ‘n oop deur, maar bitter min stap daardeur.

Ons toon geen honger na God nie, geen bekommernis oor die verlorenes nie. Weet jou buurman dat jy Wedergebore is en wat Wedergeboorte is? Bid jy vir jou bure?
Die wêreldlinge haas na ‘n afgrond en ons keer hulle nie. Ons durf nie passief net toekyk nie. Ons staan skuldig voor God. Eseg 3:17-21

Herlewing is om dit wat eens lewendig was en in ‘n geestelike slaap verval het, weer te laat herlewe. Eseg 1: 1-14 verleen ‘n skitterende woordbeeld van die toestand.
Jy het redes en verskonings hoekom jy nie vir die HERE kan presteer nie. Jy is soos die man met die verdorde hand. Dis boonop jou regterhand wat verdor is, sê Lukas. Jou rede en verskoning is nie perfek nie want die HERE staan voor jou en sê: “Steek jou hand uit.” As daai man nie sy hand uitgesteek het, was hy nooit genees nie, het hy vir homself, sy gemeenskap en die HERE, niks beteken nie.

Daar is kerkraadslede wat liewer nooit in ‘n kerkraad moet dien nie. Of hulle doen niks, of hulle manipuleer ander en selfs die predikant. Die kerkrade skiet ver te kort aan die uitleef en onderwerping van die Koninklike Wet (Jak 2:8)

Baie kerke sit vandag vol mense, maar mense wat leeg is. Hulle het ‘n selfgenoegsame gees, ‘n apatiese hart en ‘n dooie ongehoorsame leefstyl. Kan hierdie bene weer herleef? Mense kom kerk toe toe, maar beleef niks. Sulke mense is geestelike lyke, mense met verdroogde beendere, verdorde hande en verlamde knieë.

            Hierdie toestand word gekenmerk aan die volgende:
·       Daar is nie meer ‘n behoefte aan Bybelstudie en gebed nie

·       Geestelike gesprekke is vir jou ‘n verleentheid en jy vermy dit

·       Wanneer jy sonde begin rasionaliseer

·       Wanneer jy kerk bywoon en wel Skrif aanhaal, maar dit het geen uitwerking op jou leefstyl nie

·       Wanneer jou lewe oor geld gaan, oor aardse besittings

·       Wanneer dit  nou nie meer pla dat ander verarm en geestelik verlore is nie

·       Wanneer die aanbiddingsdiens jou nie meer opgewonde maak nie

·       Wanneer jy nie meer daardie blye versekering het nie

·       Wanneer jy jou oorgee aan klaagliedere pleks van lofliedere

En ons neem dit waar wanneer die gemeente:

·       Begin swaar trek weens die effek van die moderne samelewing

·       Wanneer die gemeentes versplinter, rondval en die eenheid kwyn

·       Wanneer ons skielik wonder waarheen baie van die lidmate is

·       Wanneer  gemeentelede in ‘n staat van hopeloosheid verval

·       Wanneer die probleme in die kerk so groot word dat ons nie weet waar en hoe om te begin om dit reg te ruk nie

·       Wanneer die predikant vir alles geblameer word

Esegiël het vir sulke mense, sulke dooie beendere gepreek en herlewing het uitgebreek.
“Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” Matt 4:4
            Herlewing kom deur gebed. 2 Kron 7:14
            Diegene wat die Wil van die HERE doen, wat die Koninklike Wet gehoorsaam (Jak 2:8) hoef nooit oor sukses te twyfel nie.
            Die dooie beendere het begin lewe toe Esegiël God se opdrag uitgevoer het. Alle dooie beendere kan herleef. God sê dit en dis geprofiteer.
            Erken die doodsheid in ons lewens. Bely alle sonde en verkeerdhede. Laat ons onsself verbly in ons Wedergeboorte en laat ons weer toetree tot ure van aanbidding.
            Lees Ps 32 op jou knieë. Doen dit... Herleef! Ons kan nie in hierdie toestand verkeer – vol vlekke en rimpels – wanneer Jesus kom nie.

            “Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
            “Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
            “Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
            “Ek wil die oortreders U weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
            “Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
            “Here, open my lippe, dat my mond U lof kan verkondig.
            “Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
            “Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! Ps 51:12-19
            Herskep en hervestig geestelike gemeentes; Openb 3:15-21 en strofe 22: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.”
            Net in Israel is daar al 271 Messiaanse gemeentes. Sulke gemeentes van geredde Jode kom wêreldwyd, ook in SA, voor. Die vyeboom bot nie net nie, dit dra reeds vrug! Ons leef in die Laaste Uur!
            Leef in oorwinning. Leef bo en nie onder die omstandighede nie!
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete (hoekom?), sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:12-15 – Sjibbolet