Donderdag 04 Junie 2015

Hou nooit op getuig nie!



Joh 6:1-15: "Hier is 'n seuntjie met vyf garsbode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die dissipels … " (vs. 8,10).

Die uitgesproke ongelowige William Hone het op 'n dag 'n seuntjie met groot aandag sy Bybel sien lees. "Hoekom mors jy jou tyd met daardie nuttelose boek?" vra Hone. Die kind het kinderlik, beleefd geantwoord: "Dit is al wat my siek moeder kan troos, Meneer. Ek soek 'n deel wat ek vanaand vir haar kan lees as sy nie kan slaap nie." Diep geraak het William Hone besluit om self die Bybel te lees. Dit het tot sy bekering gelei.



Voor in sy Bybel het hy geskryf:

The proudest heart that ever beat,
hath been subdued in me;
The wildest will that ever rose,
To scorn thy cause or aid thy foes,
Is quelled, my God, by Thee.

Thy will, and not my will, be done;
Henceforth I'd be forever Thine;
Confessing Thee, the Living Word,
My Savior Christ, my God, my Lord,
Thy Cross shall be my sign!”
― William Hone 1780-1842

Die verhaal is waar. Hone het een van die grootste Geestelike skrywers van sy tyd geword. Die krag was nie in die seuntjie nie, maar in die lewende Woord van God. Christus gebruik my en jou as instrumente om sy onvoltooide werk op aarde te voltooi.

Paulus: “My rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.”: 2 Kor 4-5

Getuig elke dag en bid om ‘n magtige Geestelike Herlewing in Suid-Afrika.

Ons sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor ons kom


Image result for heilige gees


“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Hand 1:8
“En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.” Hand 2:4
“Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.” Hand 8:17
“Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die Hemel gehou en die heerlikheid (glorie) van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.” Hand 7:55
Maar nie almal was die Heilige Gees eensgesind nie: “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.” Hand 7:51
“En hy het gesê: Kyk, ek sien die Hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.
“Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.
“En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.
“En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
“En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.” Hand 7:57-60
            God duld dit egter nie en Saulus, die moordenaar, word op die Damaskuspad deur die HERE gekonfronteer, ‘n konfrontasie wat nie een van ons graag sal wil deurloop nie.
            Charles G. Finney se naam word gedurig met die herlewing van meer as ‘n eeu gelede verbind. Hy was ’n regsgeleerde, maar na sy oorgawe aan die Here het die Here hom op buitengewone wyse met die Heilige Gees vervul.
Sy prediking was daarna vol krag en baie mense het tot bekering gekom. In die Elim Evangel beskryf hy sy ervaring met hierdie woorde wat herinner aan die uitstorting van die Heilige Gees op die eerste dissipels op Pinksterdag:
“As I turned and wanted to take a seat by the fire, I received the mighty Baptism of the Holy Spirit. The Holy Spirit descened upon me in a manner that seemed to go through me, body and soul. I could feel the impressions like a wave of electricity going through and through me. Indeed, it seemd to come in waves and waves of liquid love; for I could not express it in any other way. I wept aloud with joy and love; and I do not know, but I should say I literally bellowed the unuttterable gushings of my heart.”
Sy kragtige verkondiging van die Evangelie en die herlewings wat gevolg het oral waar hy gepreek het, het ’n stempel geplaas op die egtheid van hierdie ervaring.
            Die prediker, D. L. Moody, het ’n soortgelyke kragtige ervaring van die vervulling met die Heilige Gees gehad.
            Moody het sy ondervinding met die doping van die Heilige Gees soos volg beskryf: "My heart was not in the work of begging," he said. "I could not appeal. I was crying all the time that God would fill me with His Spirit. Well, one day, in the city of New York –  oh, what a day! –  I cannot describe it, I seldom refer to it; it is almost too sacred an experience to name. I can only say that God revealed Himself to me, and I had such an experience of His love that I had to ask Him to stay His hand.
“I went to preaching again. The sermons were not different; I did not present any new truths, and yet hundreds were converted. I would not now be placed back where I was before that blessed experience if you should give me all the world –  it would be as the small dust of the balance."
Ander werkers van die Here, wat net so bruikbaar en geseën in die Here se diens was, het weer nie so ’n dramatiese ervaring gehad nie. Die prediker en skrywer, F. B. Meyer, wat net so kragdadig deur die Here gebruik is en wat nou nog sy baie boeke gebruik en seën, skryf in The Overcomer soos volg oor sy ervaring van die volheid van die Heilige Gees:
“I left the prayer meeting and crept out into the lane, away from town. As I walked I said, ‘O my God, if there is a man who needs the power of the Holy Ghost to rest upon him it is I; but I do not know how to receive Him. I am too tired, too worn, too nervously down, to agonized.’ In my heart a voice said: ‘As you took forgiveness from the hand of the dying Christ, take the Holy Ghost from the hand of the living Christ.’ I turned to Christ and said, ‘Lord, I breathe into me a breath in this whiff of warm night air, so I breathe into every part of me Thy blessed Spirit.’”
Hy gaan voort om te getuig dat hy nie gevoel het die Here se hand word op hom gelê, of ’n vuurvlam val op hom, of dat hy ’n gedruis uit die Hemel gehoor het nie, maar deur geloof, sonder emosie, sonder opgewondenheid, het hy vir die eerste keer, en daarna keer op keer, die volheid van die Heilige Gees vir hom in sy hart toegeëien. Sy vrugbare arbeid daarna het ook in sy geval die egtheid van sy vervulling met die Heilige Gees bekragtig.
Charles H. Spurgeon vertel:
“There is another thing to be done as well, and that is to pray; and here I want to remind you of those blessed words of the Master, "Every one that asketh receiveth; and he that seeketh findeth; and to him that knocketh it shall be opened. If a son shall ask bread of any of you that is a father, will he give him a stone? Or if he ask a fish, will he for a fish give him a serpent? Or if he shall ask an egg, will he offer him a scorpion? If ye then, being evil, know how to give good gifts unto your children: how much more shall your heavenly Father give the Holy Spirit to them that ask him?"
You see, there is s distinct promise to the children of God, that their heavenly Father will give them the Holy Spirit if they ask for His power; and that promise is made to be exceedingly strong by the instances joined to it. But he says, "How much more shall your heavenly Father give the Holy Spirit to them that ask him?"
“The Lord must give us the Spirit when we ask Him, for He has herein bound Himself by no ordinary pledge. He has used a simile which would bring dishonour on His own name, and that of the very grossest kind, if He did not give the Holy Spirit to them that ask Him.”
Paulus skryf aan die Efesiërs: “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid (Glorie) aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees” (Ef.3:16). “...laat die Gees julle vervul...” (Ef.5:18). Ons kan nie in eie krag die geringste werk in die Here se koninkryk met vrug en seën verrig, sonder die krag van die Heilige Gees in ons hart nie. Vra Hom vrymoedig vir die volheid van sy Heilige Gees.
            Komaan, strewe na die volheid van die Heilige Gees. Bid dat God ons ‘n magtige geestelike Herlewing sal stuur. – Sjibbolet

Wat het van jou Getuienis geword?


Image result for trust in god


Julle sal my getuies wees tot aan die uiterste van die aarde (Hand 1:8). En Christus sê as ons Hom voor die mense bely, dan bely Hy ons voor die Vader. Getuig, bely ons nie, kan ons geestelike lewe ook nie beweeg of groei nie en beroof ons onsself van ryke seëninge.

          Om te getuig, is die voorreg van elke wedergebore gelowige, maar baie gelowiges word koud of onverskillig deur die koue ontvangs van hul getuienis.
          Hierdie boodskap van verlossing is vir beide siel en liggaam bedoel en God wat ons verordineer het om getuies te wees, het belowe om Sy Woord aan ons te vervul en te bevestig.  (Heb 2:3-4).
"Hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur diegene wat dit gehoor het, terwyl God nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedieninge van die Heilige Gees volgens Sy wil?"
          "Hy het vir hulle gesê: Gaan die wêreld in en verkondig die Evangelie en maak siekes gesond." Daar is sommige wat vir God wil werk, maar wat vrees dat Hy nie Sy beloftes sal vervul nie.
Dit is net omdat jy nie in die geloof uitgestap het nie, omdat jy nie ‘n vaste vertroue in die Woord van God het nie. Sy Woord is onfeilbaar. Hy het gesê ons is die instrument en die uitbou en onderhou van Sy Koninkryk word deur Sy krag en genade bewerk. Die onus is op Hom, nie op jou en my nie. Al wat ons moet doen is om te gaan vertel.
God sê Hy is waarmaker van Sy woord.  Ons is nie die waarmaker nie. Ons getuig en Hy, deur Sy Heilige Gees, bevestig dit.
Daar is diegene wat nie Christene wil word nie omdat hulle bang is om hul by 'n verlore saak te voeg. Weens die sondes van sogenaamde Christene (iemand noem hulle “papier” Christene) wil sommiges nie graag bekend staan as kinders van God nie. Dit is egter geen verlore saak nie. Dit is die enigste saak wat die moeite werd is om by aan te sluit.
Hy is die enigste God wat jou uitdaag en sê: Toets My of Ek nie ‘n waarmaker van My Woord is nie!
          Die Seun van God, beklee met glorieryke Heiligheid, Goddelike geregtigheid, Hemelse reinheid, het in hierdie bose wêreld gekom en die Ewige Lewe, die opstanding uit die dode, gemeenskap met God, kom aankondig. Jesus Christus het ons waarlik vrygemaak van sonde en siekte.  Halleluja!
          Die lewe van Jesus Christus word in elke gelowige gebore wanneer hy die wedergeboorte ontvang, deur die bloed wat op Golgotha gestort was. Deur die wedergeboorte word hierdie mens nou 'n werktuig in die hand van God, 'n Getuie van God se Genade en Liefde.
          "Soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld." (1 Joh 4:17)
          In ons dag is daar baie mense wat nie ware gelowiges is nie, maar slegs nominale Christene, papier Christene, wat die hele week hulle eie gang gaan, maar op Sondae  probeer om die Tien Gebooie te gehoorsaam.
          Want in Hom was LEWE, en die Lewe was die lig van die mense.  Hy het ook gesê: "Hy wat leef en in My glo, sal nooit sterf nie."
          Vandag is Jesus Christus die mens se enigste hoop. Geen duiwelse mag op aarde kan die mag weerstaan wat Jesus Christus as 'n erfenis aan die weergeborene nagelaat het nie.
          Jesus Christus het die sonde-vraagstuk opgelos deur Homself as ons Bloedoffer op Golgotha te offer.
          Nou word jy as vrygekoopte geroep om te getuig aangaande dié heerlike feit, dat daar deur Sy gestorte Bloed vergifnis van sondes is, en dat deur Sy wonde daar genesing vir ons liggame gekom het.
          Staan op in die Geloof! Gaan en verkondig die werke van God! Hy sal dit bevestig waar en wanneer ek en jy Woord uitdra.
          Hy sê in Jes 50: 2-3: "Is my hand werklik te kort om te verlos of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur My dreiging maak Ek die see droog... Ek beklee die Hemel met swartheid."
          Ons is dus geroep om getuies van die Evangelie te wees, waarin die mag van Jesus Christus en die Volle Raad van die Godheid uiteengesit word.
          Neem die bonatuurlike – die Geesvervulde lewe – uit ons godsdiens en mens kry 'n godsdiens so dood soos die heidense godsdienste.
          Die Here sal altyd 'n getuienis eer. Kyk na Henog. Hy het met God gewandel en is deur God weggeneem om by Hom te wees.
          En daar is Elia wat 450 heidense priesters uitgedaag en oorwin het. En Daniël wat geweier het om voor mense te buig wat sy getuienis sou beskadig het. God het die bekke van die leeus gesluit sodat sy getuienis nog indrukwekkender kon wees.
          Alhoewel ons geroep is om die lydingsdoop te deurloop, mag ons nie die mens of ‘n gesag gehoorsaam wat vereis dat ons God se insettinge moet oortree nie.
          Op Golgotha is daar voorsiening vir Goddelike genesing gemaak. Watter soort Evangelie sou ons sonder die Groot Geneesheer, Jesus Christus, gehad het? Ons getuienis behoort in die eerste plek so te wees dat Christus deur ons lewens te voorskyn kom, sodat die getuienis van ons wedergeboorte mense tot sonde oortuiging sal bring.
          In die tweede plek moet ons nie bang wees om die beloftes van God in ons bediening te gebruik nie. Die Bybel verklaar onomwonde dat ons deur die gestorte bloed van Christus, verlossing van sonde het en dat ons deur Sy wonde genees is.
          Hy belowe ook dat as ons hande op die siekes lê, hulle gesond sal word. Hy het dit belowe, nie jy en ek nie. Hy sê Hy is ‘n waarmaker van Sy Woord. Waarom sou ons dan twyfel.
          In Jak 1:6-7 sê die Here dat iemand wat twyfel …”moenie dink dat hy iets, van die Here kan ontvang nie.” Ja, nie eers “iets” nie.
          Dus, weier om te twyfel. Twyfel is nie van die Hemel nie. Die duiwel saai twyfel. Verdryf hom uit jou lewe in die kragtige naam van Jesus Christus, staan vas, en weier om te twyfel.
          Toe Jesus Christus op Golgotha gesterf het, het Hy elke sondaar verseker dat hy 'n geleentheid gebied word om 'n kind van God te word.
John Lake het die opstanding van Christus so beskryf: Een dag het Dawid op die berg gesit en sy skape opgepas, toe Sy gees hom weggevoer het na die ruimtes van God.  Hy sien die toekomstige gebeure en roep uit: "U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke onder die mense geneem, ja ook wederstrewiges om daar te woon, o, Here God."  (Ps 68:19).
          En toe met 'n triomfantelike geroep sê hy: "Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle ewige deure dat die Ere-Koning kan ingaan." (Ps 24:7)
          Toe Christus die aardse arena betree het, het 'n oorlog tussen twee koninkryke ontstaan. Dit was 'n stryd tussen lig en duisternis in die Hemel en op die aarde. Jesus Christus het aan die hele wêreld getoon dat Hy waarlik die Oorwinnaar is.
          Die môre van Sy opstanding het Hy as Held, Oorwinnaar oor Satan, dood en hel, sonde en siekte, opgestaan.
          Ek en jy is vandag Hy. Ons as wedergeborenes het oorwin! Dis nou ons taak om Christus se onvoltooide werk te voltooi.
          Mense het baie verskonings waarom hulle nie sogenaamd kan getuig nie. Die Skrif trek egter ‘n finale streep deur alle verskonings.
          Eseg. 3:18-19 lees: “As Ek aan die Goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe – en jy (Christen gelowige) waarsku hom nie en spreek nie om die Goddelose vir sy Goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar, sy bloed sal  Ek van jou hand eis!
          “Maar as jy die Goddelose waarsku, en hy hom nie van sy Goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy, jy het jou siel gered!”
          Getuig, getuig, getuig, waarsku die Goddelose en red jou eie siel! Wees soos Paulus wat in Rom 1:16 sê: “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo.” Daardie redding beteken vrymaking, veiligheid en genesing.
          Paulus sê: “…vir elkeen wat glo.” Wat beteken dit in die praktyk? Eenvoudig die volgende: Petrus kom by die man by die poort en sê aan die verlamde  “… staan op en loop.” As die man nie probeer opstaan het nie sou hy nooit geloop het nie.
          Geloof vra dus gehoorsaamheid en handeling. Nadat Jesus die brode en die vissies aan die dissipels gegee het om uit te deel, het die dissipels tot by die voorste ry mense moes stap en dit begin uitdeel. Veronderstel hulle sou net daar bly staan het en gesê het: Nou hoe op aarde kan ons vyf duisend man, hul vroue en hul kinders met die bietjie kos voed? Dan sou daar niks gebeur het nie.
          Geloof vra daardie vaste vertroue, daardie gehoorsaamheid om te stap na die eerste ry mense en te begin uitdeel, en toe kom God se vermenigvuldende krag in werking en nie is almal gevoed nie, daar bly toe nog brokstukke ook oor. – Sjibbolet

Ly RSA Christene aan Skisofrenie?


Image result for trust in god



“Niemand kan twee here dien nie, want óf hy sal die een haat
en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag,”
waarsku Jesus in Matt. 6:24.

Is Suid-Afrikaanse Christene skisofrene, mense met ’n dubbele persoonlikheid? Dit wil so lyk, want Sondae is hulle een persoon en deur die week ’n ander persoon.
          Rudolf Bultmann, ‘n Duitse teoloog van die vroeë 20e eeu, het in sy leeftyd al gepraat van ‘n “geestelike skisofrenie” in die kerk.
In die na-oorlogse Europa het hy gesien dat mense se godsdiens en hulle daaglikse lewe al verder uit mekaar dryf. Sondae gaan hulle kerk toe en bely ‘n Jesus wat siekes gesond maak, wat op die see loop, wat brood en vissies vermeerder om mense kos te gee, wat storms stilmaak en wat selfs dooies opwek.
Vir die res van die week leef hulle egter in ‘n wêreld sonder geloof en sonder wonderwerke, verdien hulle maar hulle brood in die sweet van hulle aanskyn.
Volgende Sondag sit hulle weer in die kerk, gebruik hulle selfs nagmaal en drink hulle ’n oordeel oor hulleself want hulle kan nie hulle skuldenaars vergewe nie. Alles is egter vir hulle wel, solank niemand van hulle sondes weet nie.
Gerieflikheidshalwe vergeet hulle dat God nie vergeet nie!
Dit is presies hoe ons die lewe van Christene vandag aanskou – die van mense met ’n gesplete persoonlikheid!
Binne die kerk werk hulle met een stel waardes, en buite die kerk met ‘n ander stel waardes, en dié twee het niks met mekaar te doen nie.
Op hierdie wyse probeer hulle twee here tegelyk dien. Uiteindelik egter kan hulle nie volhou nie: een of ander tyd begin hulle die een aanhang en die ander een verag. En die een wat verag word, is telkens die HERE God.
          Dis duidelik sigbaar want hulle gaan al hoe minder kerk toe, woon nie langer die bidure en Bybelstudie by nie, wandel in owerspel, kuier by die casino’s en verkeer al hoe meer sosiaal.
          Wie gaan hulle help as Christus, soos Hyself tereg sê, skielik soos ’n dief in die nag verskyn?
          Bultmann het destyds soos ’n sot probeer om die probleem op te los deur die kerk aan die wêreld gelyk te maak.
          Hy het, soos sommige leraars vandag, die waardes van Christus en die Bybel as mitologiese voorstellings probeer afmaak. Hy het gesê die wonderwerke en ’n geestelike lewe in Gees en in Waarheid, is opgemaakte stories.
          Bultmann het jou werklikwaar die kerk beskuldig as sou dit die kerk se skuld wees dat sogenaamde Christene, kerklidmate, gesplete persoonlikhede openbaar.
          Daarom, sê Bultmann, moet die kerk die mitologiese Jesus vaarwel toeroep. Die kerk moet al die “mites” oor Jesus wat as “geskiedenis” aangebied word, vertaal na ‘n boodskap wat vir vandag se mense meer geloofwaardig is.
          Intussen is daar niks wat op hierdie aarde gebeur wat nie reeds opgeskrywe nie. 2 Pet. 1-3 lees: “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;
          “en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
          “en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.”
          Bultmann se “nuwe teologie” het nie die probleem opgelos nie. Die probleem is vandag steeds daar, en steeds is dit omdat die Waarheid nie reguit gesny word nie.
          Die ander onomstootlike feit is dat mense nie waarlik wedergebore is nie en daarom nie die Gees van God se werkinge in hulle lewens ervaar nie.
          Hedendaagse leraars  kom met niks nuuts vorendag wanneer hulle praat van die Historiese Christus nie.  Hierdie denkrigting het al in die 17e eeu begin.
Die hedendaagse geleerdes gee hoog op dat hulle hulself besig hou met wat genoem word  “Nuwe Hervorming.”  Dis ‘n loutere versinsel.
Hierdie keer egter gee die (liberale) geleerdes nie om of hulle die Kerk gaan skeur en selfs vernietig nie.  Die propaganda van hervorming word wêreldwyd versprei.
Met Leben Jesu-Forschung  word ‘n rigting in veral die Duitse teologie aangedui, waarvan die oorsprong in die Aufklärung lê, om agter die Jesus wat die Evangelies beskryf, na die historiese Jesus te soek soos Hy in Palestina gelewe en gewerk het.
Daar word aangeneem dat die Jesus van die Evangelies ‘n produk van die teologie van die gemeente, d.w.s. van die apostels was.
Reimarus (1778) word as die vader van dié rigting beskou.  Die Bybelse Ensiklopedie, bl. 416,  onder redaksie van proff. WH Gispen, BJ Oosterhoff, HN Ridderbos, WC van Unnik en ds P. Visser (Verenigde Protestantse Uitgewers), sê sedert Strauss het liberale teologie probeer om die raam van die historiese Jesus te vind d.m.v. bronnestudie van die (klein) Evangelie volgens Markus, wat die minste deur die gemeente-teologie beinvloed is.
Die strewe van die Leben Jesu-Forschung , wat deur A. Schweitzer in Geschichte der Leben Jesu-Forschung  (1951) beskryf is, het verdwyn in net soveel subjektiewe gestaltes van Jesus as wat daar Lebens Jesu was.
M. Kähler (1956), het ‘n verandering gebring deur te sê dat slegs die Christus wat deur die geloof uit die kèrugma bekend is, belangrik is.
Alhoewel Kähler self gemeen het dat die Christus van die kèrugma dieselfde as die historiese Jesus was, het veral Bultmann en sy volgelinge hulle op hom beroep vir ‘n skeiding tussen die Christus van die kèrugma en die historiese Jesus, soos Hy in Palestina gelewe en gewerk het.
Volgens Bultmann-hulle het die Evangelies weinig historiese waarde, maar is dit ‘n getuienis van die geloof in Jesus as die Christus van die vroeë Christelike kerk.
Deur die gemeente se geloof het hulle die historiese Jesus gemitologiseer, dit is, gaan skuil agter die teologies en kèrugmatiese vervorming van die oorspronklike oorlewering.
Leerlinge van Bultmann het die historiese waarde van die Evangelies tog weer hoër geag en het na die regte ewewig tussen die kèrugma en die historiese Jesus gesoek.
Hierteenoor moet gestel word dat daar in die Evangelie weliswaar geen historiese Jesus is sonder die kèrugmatiese Christus nie, maar ook omgekeerd, dat daar geen kèrugmatiese Christus is sonder Jesus wie se historiese beeld in die Evangelies geskets word nie, aldus die Bybel Ensiklopedie.
Ons herhaal, die kerke loop leeg juis omdat die waarheid nie langer verkondig word nie.  Wat die jongste geleerdes en ander wil doen, is om die waarheid te verwater om ‘n nuwe sosiale kerkgemeenskap te skep.
Soos hulle nou aangaan, bv. dat mens jouself ‘n Christen kan noem al glo jy nie meer in die maagdelike geboorte van Jesus nie, sy liggaamlike opstandig uit die dood of Hemelvaart nie, sal ons binnekort hoor dat die wedergeboorte, die doop en nagmaal ook nie langer van betekenis is nie.
Die vraag wat gevra moet word is of hierdie geleerdes die Gees van God het, want wie die Gees nie het, kan die dinge van God nie verstaan nie.
Die goeie raad om vandag aan die Christene te gee, is:  Bly in dit wat jy geleer was, want dit was en is steeds die enigste weg.
Sou God in al Sy Liefde en Almag eeue lank toegelaat het dat ons voorouers ‘n verkeerde roete volg?  Sekerlik nie. Dis tyd vir die wedergeborenes om saam te staan en Christus te bely.
Predikante moet Jesus Christus, die verlosser van die mens verkondig, dat sonder die wedergeboorte geen mens die Hemel sal sien nie, nie die Ewige Lewe kan beërwe nie!

Dit is noodsaaklik dat mens moet onderskei tussen die LETTER en die GEES. 1 Kor. 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan nie verstaan nie (hoekom nie?)

omdat dit  geestelik beoordeel word!
          En strofes 12 en 13: Ons (die geestelike mens) het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie maar die Gees wat uit God is (hoekom?) sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
          “13: Daarvan spreek ons ook, nie met  woorde  wat  die  menslike  wysheid  leer  nie maar dié  wat  die  Heilige  Gees  leer (hoekom?) sodat ons geestelike  dinge  met  geestelike  vergelyk!
          1 Kor. 3 se subtitel, lees: Die vleeslike gesindheid ‘n oorsaak van verdeelheid.
          In strofe een sê Paulus aan sekere Christene dan ook: …ek kon nie met julle spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spyse nie (hoekom nie?) want julle was nog nie daartoe in staat nie (en wat meer is…)
julle is nou nog nie daartoe in staat nie (hoekom nie?) omdat julle nog vleeslik is….. !
          Hier is ons dus ‘n geval van Christene wat nog nie geleer het om in die Gees te wandel nie.
          2 Kor. 10:12: Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk (met wie?) met sommige van die wat hulself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulleself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
          Vergelyk ook 1Kor. 15: 44 - 46.
          En 1 Kor. 14: 37 …”As iemand meen dat hy ‘n profeet is of ‘n geestelike mens, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, ‘n bevel van die Here is.  (Dit is dus duidelik dat alleen iemand wat ‘n profeet is, of dan geestelik is, sal die brief kan verstaan).
          1 Pet. 2:5 …. En laat julle ook soos lewende stene  opbou, tot (‘n wat?) ‘n geestelike huis (volk), ‘n heilige priesterdom (hoekom?) om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
          Spreuke 18:21 “Dood en Lewe  is in die mag van die tong ; en elkeen wat die graag gebruik sal die vrug daarvan eet.”
          Met ander woorde:  Of ons spreek Dood, of ons spreek Lewe.
          Die gees is Lewe! Die Letter is Dood.
          Die hedendaagse Bultmans sal die vleeslike Christen kan mislei, maar nooit die geestelike Christen nie. In 2 Kron 35:19 en verder word vertel van die Christen wat homself vermom.  Josia het gedink God gaan hom nie herken in sy vermomming nie.  Sal ‘n mens so ver gaan om te dink jy kan jouself vermom.  Vir 'n mens? Vir God? Wie probeer ons flous... tot ons eie ondergang... en dood.  Dis tragies!
          God is positief, ons durf nie negatief wees nie. Ons Lewe  Bo omstandighede en nie onder omstandighede nie.
          En verder  –  Die Here sê hy is geen aannemer van die persoon nie. Dus, ons is almal gelyk voor Hom.  Daarom, dit wat die Here vir ander gedoen het of doen, doen Hy ook vir ons. Dis tog ongetwyfeld so. Daarom, as Hy vir Kores dit gedoen het, dan doen hy dit my en jou ook!
          Lees nou Jes. 44 : 2 tot 8 en eis dit in die naam van Jesus Christus op vir jouself !  Glo dit. Neem dit aan. Sê vir Hom baie dankie daarvoor. Hy is ‘n “jaloerse God”. Hy wil altyd al die eer hê.
          Die hedendaagse Bultmanns moet kennis neem van Rom. 10:9-11 “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
          “want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
          “Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.”
          Hulle moet ook oplet na Openb. 3:15-16 “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
          “Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” – Sjibbolet

Slegs vertroue, Vol vertroue, op Sy Woord


 Image result for trust in god



Ons mag wonder waarom die mense van Israel 40 dae gewag het vir die terugkeer van die spioene terwyl hulle eintlik gereed was om Kanaän binne te gaan en terwyl hulle alle versekering op sukses en Goddelike krag gehad het en boonop bewus was van al die wonderwerke wat hulle in daardie tyd beleef het.

          Maar hulle het nie op God se krag en belofte vertrou nie.

          Hoevele kere staan ons nie in die pad van ons eie geloof nie. Nie dat ons ongelowig is nie, maar daarin dat ons nie ons geloof in aksie stel nie.

          Na ‘n tyd keer die boodskappers terug, maar die grootste deel van die volk is ontmoedig om vorentoe te beweeg en Kanaän binne te trek.

          Die Israeliete gee toe aan die versoeking om liewer op mense te vertrou terwyl hulle die Woord van die HERE had om op te vertrou.

          Alhoewel hulle die land gevind het so goed as wat God gesê het dit sou wees het hulle nogtans dit nie wou aanvaar nie. Hulle verval in vertwyfeling alhoewel die Ewige Waarheid dit aan hulle gegee het.

          Dit was die mededeling deur die bose spioene. Kaleb het hulle egter bemoedig om vorentoe te beweeg, alhoewel net Josua dit ondersteun het. Nogtans sê hy nie, laat ons gaan en die land verower nie, maar dat hulle die land moet beset.

          Moeilikhede in die pad van redding, wankel en verdwyn voor die aanslag van ‘n lewende aktiewe geloof in die krag en beloftes van God.

          Alles wat belowe is, is moontlik vir hulle wat glo, maar vleeslike lektore kan nie vertrou word nie. Ongeloof kan nie die beloftes en krag van God raaksien nie. As ons glo is alle dinge moontlik.

Om te glo is om te aanvaar en om te weier om te twyfel. “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word.

”Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” Jak 1:6-8

          Iemand wat twyfel, twyfel nie net oor die dinge van die HERE nie, hulle twyfel oor baie meer dinge in hul lewens. Sulke mense is oral waar hulle gaan en in baie dinge onbestendig.

          Glo jy die volgende: “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, (hoekom?) sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, (wanneer)  nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.” 2 Pet 1:4

          As jy nie glo dat God dit geskenk het nie, dan twyfel jy en  dan sal jy dit ook nooit besit nie.

Israel het die Beloofde Land ontvang (Ex 3:8) — Maar Gelowiges het die Land van Beloftes ontvang. 2 Kor 1:20

God is ‘n waarmaker van sy Woord. Hy twyfel nooit en Hy lieg nooit. Let op na die volgende strofes:

Jer 1:12 “...Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

Jes 55:11 “So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

Asook Num 23:19 “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?”

As jy glo, sal jy graag verder wil lees:

Hoop in die Bybel is nie om te hoop soos om te wens iets gebeur nie. Hoop in die Bybel beteken toekomsfeit!

          Hoop in die Bybel sê Gelowiges se toekoms is verseker, gewaarborg.

          Ps 31:24 “Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.”

Ps 33: “Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag.”
Ps 38:16 “Op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!”
          Ps 43:5 “Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!”
          Ps 71:5 “Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.”
          Ps 78:5-7 “Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het- om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar.”
          Jer 17:7 “Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.”
          Hand 23:6b : “Broeders, ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.”
          Hand 24:16 “Ek hoop op God, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.”
          Rom 5:2 “Deur Jesus het ons ook deur die geloof die toegang verkry tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.”
          Rom 5:5 “Die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”
          Rom 15:4 “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.”
          Rom 15:13 “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”
          Efes 1:18-19 “Die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, het aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is.”
          Efes 4:4 “Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping.”
          Kol 1:3-5 “Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die Waarheid van die Evangelie.”
          Kol 1:27 “Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.”
          1 Thes 5:8 “Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.”
          Tit 1:2 “In die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het.”
          Tit 2:13 “Terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.”
          Tit 3:7 “Sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.”
          Heb 3:6 “En ons is sy huis(volk) as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.”
          Heb 6:18-20 “Sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel  waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.”
          1 Pet 1:3 “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.”
          1 Pet 1:13 “Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.” –  Sjibbolet

Maandag 25 Mei 2015

God soek bidders!


Image result for praying hands


Wat makeer jou dat jy so vas slaap?

“Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou GOD! Miskien sal dié GOD aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.” Jona 1:6

Die HERE is opsoek na bidders – jy en ek! Dis bekend dat wanneer die HERE na bidders soek Hy hulle selde vind.
          “En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie...” Jes. 59:16.
          “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.” Eseg. 22:30
          ’n Bidder vereenselwig hom met die situasie waarvoor hy gaan bid. As vir die redding van siele bid, dan sal hy die kenmerke van ’n voorbidder is: Vereenselwiging, sielesmart en gesag.
          Wanneer ons, ons persepsies reg het, dan begin ons besef wat die verskil is tussen wasdom en onvolwassenheid. Dan besef  ons wat die verskil is tussen melk en vaste spys – Hebr. 5:12-14.
          Rom. 8:20 lees: Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Die Grieks dui aan dat die woord kinders hier “volwasse” kinders bedoel.
          Die Ou Testament is letter en die Nuwe Testament is Gees. In 1 Kor. 3 vanaf vers 1, sê Paulus: Ek kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
          En verder: Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spyse nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie (hoekom nie?) omdat julle nog vleeslik is (hoekom is julle nog vleeslik?) omdat daar onder julle nog jaloersheid, twis en tweedrag is.
          In Heb. 5:12 sê Paulus: Want hoewel julle vanweë die tyd reeds leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat mens julle die eerste beginsels van die Woord van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spyse nie.
          En verder: Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die Woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spyse is vir die volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit (hoe verkry mens dit?) deur die gewoonte geoefen om goed van kwaad te onderskei.
          En verder: daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God.
          Wat is dan die pad van die volmaaktheid? Eenvoudig. Efes. 5:1: Wees navolgers van God, soos geliefde volwasse kinders, wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het, en Efes: 4:1 … wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra, en, ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van vrede.
          Dit verkry ons deur sensitief na die leiding van die Heilige Gees te luister, deur die Woord in diepte te bestudeer.

          Elkeen van ons, sê Efes. 4:7, is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus, daarom moet ons voortgaan op die pad van volmaaktheid sodat ons ook  kan word apostels, profete, evangeliste en herders (hoekom?) om, soos Efes. 4:12, die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en ons ook almal kom tot die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.
Lees weer die voorafgaande paragraaf stadig deur. En dan lees jy verder vanaf vers 14: sodat ons nie meer kinders sou wees nie, wat soos die golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid en listigheid tot dwaling te bring…
          Sommige Christene kan so maklik ander oordeel aan sogenaamde sondes wat sigbaar is. Dit veroorsaak ‘n binding in hulle gees en hulle kan nie geestelik groei nie. Terloops: GOD sê Hy het die werk in elkeen van ons begin en Hy sal dit voleindig. Ons durf dus nie tussenbeide tree nie.

          Dieselfde Christen is dalk groter in die skuld, want, terwyl die ander Christen se sigbare “sonde” (wat dalk nie eers sonde is nie) uitgewys word het eersgenoemde ‘n onsigbare sonde: ja, hy of sy is soos Jak. 1:6-7 sê: hulle sondig deur te twyfel. En dan is daar die waarskuwing dat iemand wat twyfel moenie dink dat hy iets van die Here kan ontvang nie.
          As jy skuld het aan so ‘n onsigbare sonde soos twyfel, rig dan jouself op, bely dit by die HERE, weier om langer te twyfel, en groei voort na wasdom. – Sjibbolet

Saterdag 23 Mei 2015

Sing tot Eer van die Here!


Image result for Moses en die volk trek deur die woestyn




Spring op o’ put! Besing Hom!


Al ooit gehoor van die lied Spring op o’ put! Besing Hom! Dit klink na ‘n baie vreemde naam vir ‘n lied.  Boonop is dit op ‘n baie vreemde plek en onder baie vreemde omstandighede gesing.
            Die volk Israel was in Numeri 21 besig om onder leiding van Moses, deur die woestyn te trek.  Die reis was uitputtend en die mense was dors en moeg.
            GOD sê aan Moses om die volk bymekaar te laat kom sodat Hy vir hulle water kan gee.
            En toe gebeur die volgende:  Met hulle septers en stafwe het hulle in die woestynsand begin grou, maar in soveel vertroue dat GOD wel sy Woord gestand sal doen, dat hulle net daar ‘n lied van lofprysing begin sing het:  Spring op o’ put!  Besing hom!
            Toe hulle die onderaardse stroom tref, het die water bo die sand uitgestroom. Soos altyd wanneer GOD gee, was die water in oorvloed – meer as genoeg vir die hele volk.
            Dit is duidelik dat as die gedelwery na water, nie gepaard gegaan het met geloof en lofprysinge nie, sou hulle die water nie gekry het nie.
            Tussen ons deur loop ook GOD se rivier van rykste seën.
            Ons eie geloof en lofprysinge maak ook die een put na die ander oop, terwyl murmurering en ongeloof ons in mismoedigheid en oordeel laat verval.
            GOD het ‘n besondere behae in ons geloof en lofprysinge.
            Met geloof en lofprysinge verslaan ons selfs die grootste vyand soos in Psalm 149  Lofgesang en oorlogswaard!
            Halleluja!  Sien tot eer van die HERE ‘n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote (ja, ons is Sy gunsgenote).
            Laat Israel hom verheug in sy Maker;  laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
            Laat hulle Sy naam loof in koordans, Hom psalmsing  met tamboeryn en siter.
            Want die HERE het ‘n welbehae in Sy volk;  Hy versier die ootmoediges met heil.
            Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;  laat hulle jubel op hulle bedde.
            Hoekom?
            Want dan is:  Lofverheffinge in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
            Om wraak te neem onder die heidene, strafgerigte onder die volke;
            Om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
            Om ‘n vonnis uit te spreek wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek.  ‘n Eer is dit vir al Sy gunsgenote!  Halleluja! –Sjibbolet
           

Ongeloof vs geloof


·Image result for jesus maak die storm stil      




Ongeloof sal jou laat skipbreuk ly, maar
Geloof stil die storm

Daar is twee skepe in ’n krisis op die stormsee. Op die een is net een man reg en die res verkeerd. Op die ander is net een man verkeerd en die res van die bemanning reg.

          Wie was dan nou reg en wie verkeerd? Vir die kinders van die HERE gaan dit nooit oor die meerderheidstem nie. Dit gaan elke keer oor die Heilige Gees.

          Op die een skip is een man, Jesus Christus, reg en die meerderheid op die skip verkeerd, almal vasgevang in ongeloof.

          Op die ander skip is een man, Jona, verkeerd, en die die meerderheid oortuig van die onheil op die skip.

          In die geloofslewe werk ons nie op die meerderheidstem nie.

          In die eerste plek gee Jesus Christus in Mark. 4:35 opdrag: “Laat ons oorvaar na die anderkant.”

          Die opdrag was binne almal se vermoë. Dis ‘n eenvoudige en bekende opdrag: “Laat ons oorvaar na die anderkant.”

          En toe is daar die geweldige stormwind wat die See van Galilea in brutale verraderlikheid omskep het.

          Jesus Christus het rustig gelê en slaap. Geen storm kon hom ontstel nie, nie eers die latere lewenstorm van die Lydingsweg en Golgota nie.

          Vrees pak die dissipels aan boord.

          Hulle het Jesus Christus teen daardie tyd baie goed geken. Ten minste een van hulle moes die res tot bedaring gebring het en gesê het: “Moenie vrees nie, Hy is met ons. Hy het gesê ons gaan oorkant toe en as Hy so iets sê dan word dit vervul. Wees kalm, ons sal wel oorkant aankom.”

          Maar daar was nie so iemand nie.

          Vreesbevange het hulle Jesus Christus wakker gemaak en vir Hom gesê: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

          Strofe 39: En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Swyg, wees stil!” en daar het ‘n groot stilte gekom.

          Net so eenvoudig soos die opdrag om oorkant toe te vaar, net so eenvoudig was die opdrag aan die storm: “Swyg, wees stil!”

          Ons sing: “As die lewenstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig, vrees om te vergaan – tel jou seëninge een vir een, en jy sal verbaas wees oor wat GOD verleen.

          “As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn, as die kruis te swaar word en jou krag te klein – tel jou seëninge, dan vlug twyfel heen, en jy sien GOD’s goedheid laat jou nooit alleen.

          “As jy let op ander met hul goud en eer, dink dan GOD beloof jou nog oneindig meer; tel jou seëninge, weet dat prag en praal, nooit die minste van die Hemel kan behaal.

          “Laat dan al die stryd, die kruis, die bange nood, jou tog nie ontmoedig, GOD’s trou is so groot; tel jou seëninge; Engele staan jou by, bied jou hulp en leiding na die ander sy.”

          Ons sing dit, ons glo dit, ons weet dit, maar telkens wanneer ‘n lewenstorm ons tref, pak die vrees ons.

          Dan sê Jesus Christus aan ons, soos wat Hy aan die dissipels gesê het: “Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie.”

          Geloof is ‘n gawe wat jy by die Wedergeboorte ontvang het. Deur die Woord in jou hart te bêre en as lamp vir jou voet te gebruik, bou jy jou geloof uit soos ‘n gewigopteller sy spiere.

          “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Heb. 12:12-13.
          Die ander skip op die stormsee, vertel sy eie verhaal.
          Jona, nogal ‘n profeet, was deur die Vader ‘n opdrag gegee was, maar besluit toe dat hy nie die Vader se opdrag uitvoer nie.

          Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van dié verhaal.
          Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het ‘n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie aan die ganse mensdom moet verkondig.
Ook ons moet “oorkant toe vaar.” Ons mense moet waarsku dat as hulle, hulle nie gaan bekeer en GOD dien nie,  GOD sy oordele oor hulle sal laat kom.
          Jona se opdrag was: “Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé, en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.”
          Daar is drie werkwoorde in die opdrag:

·        Maak jou klaar – dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.
·        Gaan – dit beteken, daar is ‘n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.
·        Spreek – wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees.

Die woord “maar” is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, Strofe 3 begin met “Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan…

En verderaan verskyn die woord “maar” weer ‘n keer: Maar die Vader het ‘n sterk wind…
Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons ‘n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé… en verder:  En die manne van Ninevé het geglo…
Met ander woorde, toe Jona “maar” gesê het, het die Vader ook sy eie “maar” gereed gehad. Toe Jona egter “ja” sê, was die Vader gereed met Sy eie “ja” en toe stroom die seëninge in.

Die derde strofe van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van GOD se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.

Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord  “af”. Jona het “afgegaan” na Jafo en in ‘n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip “afgeklim”.

Hy is daarna oorboord, afgegooi, in die see.

Om af te gaan, na benede te gaan, en selfs onder te gaan, is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die Here GOD af wegvlug.

Hierdie afganery is ‘n reël waarvolgens GOD in gevalle van ongehoorsaamheid optree.

Nog ‘n reël oor die voorsienigheid van GOD vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal.

Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord afgegooi. Hy is nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.

Hier sien ons ‘n groot beginsel in werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van GOD af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self, soms ten duurste.

Maar wanneer mens GOD se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die Here GOD betaal die rekeninge.

Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: “GOD puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you!”

Jona is beslis ‘n illustrasie van Mumford se woorde.

Onthou jy die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.

Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam sê: “Ek sal jou loon betaal”.

Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou hê en GOD het boonop die loon, die koste, die rekening, om die kindjie Moses groot te maak, betaal!

Maar Jona was op pad weg van GOD af, buite GOD se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal

As mens dus van GOD af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.

As die pad wat jy bewandel egter GOD se pad is, dan het jy boonop ‘n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en GOD sal die kostes betaal.

Dit is die les wat GOD aan Jona begin leer het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. GOD het op ‘n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.

Laat ons almal maar die les hieruit leer: GOD sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam, of soos in die geval van die ander skip “ongelowig”.

Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongeloof  en ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van seëninge weens ons geloof en gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.

Wanneer GOD praat moet ons luister. Selfs Saulus moes op ‘n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie.

As GOD verlang dat ons ‘n besondere taak moet verrig, dan het ons nie ‘n keuse nie.

So is die opdrag aan al die kinders van GOD om die Koninkryk van GOD reg oor die wêreld te verkondig, siele in te bring, hulle te doop en hulle te onderrig in die Woord.

Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag  uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en ‘n onsekere bestaan voer.

Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.

Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.

Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof  van seëninge.

Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar op ‘n manier voorsiening gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie – diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!

         Besluit nou self: Gaan jy die opdrag van die HERE uitvoer, of gaan jy spreekwoordelik in ‘n groot vis se ingewande of in ‘n stormsee van die lewe beland? Die vraag is so eenvoudig soos die opdrag. —  Sjibbolet

Donderdag 21 Mei 2015

Geloof

Image result for geloofEk het 'n Werk dankie - dis mooi!

'n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding
gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die
apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir 'n
plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker moes vir hom die nommer
skakel want die knaap kon nie lees of skryf nie. Die apteker doen dit
en oorhandig die spreekbuis aan die ongeskoolde jongman om te praat.

"Hello", sê die jongman, "Hello, dr Anderson."

"Dr Anderson ... . soek u nie dalk iemand om te huur om u gras vir u te
sny, u motor te was en u aflewerings en al die ander los werkies vir u te
doen nie?

O, u het alreeds 'n knaap wat dit vir u doen, maar dr. Anderson, is u baie
seker, u is 100% heeltemal tevrede met die werk wat die knaap wat u het
vir u doen?

'OK' dan, 'good-bye', dr. Anderson." Toe die jongman die gehoorstuk
terug plaas en die apteker bedank vir die oproep, sê die apteker vir hom...

"Wag so 'n bietjie...

Soek jy werk, want ek kan doen met 'n handlanger soos jy?

"Dankie oom," sê die jongman, "maar ek het 'n 'werk'."

Verbaas vra die apteker; "Het jy dan nie nou net probeer om by dr
Anderson werk te kry nie?"

"Nee oom," sê hy, "u sien ek is die knaap wat vir dr. Anderson werk.

Ek het myself maar net 'n bietjie 'opgecheck'."

Weet jy, dit is wat Paulus sê ons moet doen. In 2 Kor. 13:5 sê hy:
"Ondersoek julleself en stel julleself op die proef of julle in die geloof
lewe." Paulus sê ons moet 'n slag "optjek" of ons verhouding met die
HERE nog is wat dit moet wees.

HERE LEER VIR ONS HOE BELANGRIK DIT IS OM 'N SLAG DEEGLIK
SELFONDERSOEK TE DOEN - NIE NET OOR ONS GEESTELIKE LEWE
NIE, MAAR OOK OOR ONS LEWE TUIS, BY DIE WERK TEENOOR ONS
KOLLEGAS EN OOK TEENOOR DIE WERK SELF WAT U VIR ONS
GEGEE HET OM TE DOEN. AMEN.

Jy is God se oogappel ! Sag 2:8


Jy moet ‘n passie hê vir Jesus Christus se onvoltooide werk op aarde!


Image result for person praying on knees


Waarom moet ek en jy (hoegenaamd) bid?

Dit word van ons verwag om te bid vir ‘n Magtige Geestelike Herlewing! - 2 Pet 3:9

AS God  Almagtig is en enigiets kan doen volgens Sy wil, het Hy dan nog enigiets nodig van enigeen van Sy skepsels?

          Hy wat die heelal geskep het deur enkele woorde te spreek, en steeds alles in stand hou sonder dat Hy die mens benodig, waarom sou Hy ons nou nodig hê vir enigiets wat Hy teweeg wil bring?

          As Hy ons nie nodig gehad het om die heelal te skep nie, waarom het Hy gebed ingestel? Wanneer het Hy dan van ons “afhanklik” geword? Waarom kan Hy niks doen in die sfeer van menslike verlossing, behalwe deur menslike samewerking en dit deur gebed en geloof nie?

          Hoe het God Homself dan so in ‘n hoek toegeverf? As God in totaliteit selfgenoegsaam is – wanneer Hy deur bloot ‘n woord te spreek enige moontlike en onmoontlike ding tot stand kan laat kom – waarom gaan Hy dan nie voort, sonder die hulp van enigiemand se intelligensie of wil, en tree arbitrêr op en spreek net die woord nie?

          Is God dan “hulpeloos” sonder die mens. Die misterie van gebed as instelling word opgeklaar in Eseg. 22: 30-31.

          In ‘n tyd van nasionale geloofsversaking, het God gesê: “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.

          “Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van My grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HERE, HERE.”

          Hier sien mens duidelik dat God na rede soek om ‘n verdiende loon uit te oefen. Hyself verlang daarna om die volk te spaar, maar vreemd genoeg is Hy “magteloos” sonder menslike ingryping, sonder ‘n bemiddelaar.

          As niemand in die bres wil tree nie, kan Hy nie Sy oordele, Sy toorn, terughou nie.

          Maar waarom moet Hy van ons gebed “afhanklik” wees om die volk te verdedig teen Sy eie toorn? God is tog Almagtig en verhewe, soewerein in die heelal?

          Hy is tog die uiteindelik Regter, die Jurie, die Uitvoerende Mag, die Een wat gesag toepas.  Of is Hy dalk nie?

          As Hy verlang om nie sy volk te oordeel nie, as Hy graag genade wil betoon, hoekom gebruik Hy nie Sy Almag en soewereiniteit nie, ten spyte selfs van wat ons mag bid of nie bid nie?

          Anders gestel: God se Wil is soewerein in alle dinge. As Hy wil dat siele gered word, dat Herlewing moet uitbreek, dat Sy afgedwaalde volk na Hom moet terugkeer, hoekom gaan Hy nie net arbitrêr oor ons koppe en voer Sy Wil uit nie?

          Waarom het Hy ‘n stelsel daar geplaas wat hom “afhanklik” maak van ons? Is dit nie ‘n verstommende misterie nie?

          God pleit by ons om te bid. Hy wil niks doen in die sfeer van menslike verlossing, sonder ons gebed en intersessie nie.

          Hy pleit nie net dat ons tussenbeide moet tree met gebed nie, Hy dring daarop aan, smeek ons eintlik.

          In Matt. 7:7 dring Hy daarop aan dat ons moet klop en nogmaals klop, en voeg dan by: Vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.

          Dan verduidelik hy self: Die man en sy vrou en kinders slaap reeds, die deure is gegrendel –  toe die vriend opdaag en aanklop en vra vir drie brode.

          Maar die man wil nie opstaan en sy vriend help nie. Dan sê Jesus: Alhoewel hy nie sal opstaan en help omdat dit sy vriend is wat aanklop nie, staan hy uiteindelik tog op en help vanweë die vriend se aanhoudende irriterende geklop.

          Met ander woorde, as mens ophou klop, word daar nie oopgemaak nie. Soms moet mens nogal lank klop, maar die belofte staan vas: As jy aanhou klop dan sal daar vir jou oopgemaak word!

          En verder: As jy aanhou soek, sal jy beslis vind.

          Dit is duidelik dat God niks doen, en niks gebeur, as ons nie bid nie.

          God is die God van die oes, nogtans dring Hy in Matt. 9:38 daarop aan dat ons moet bid dat Hy arbeiders in die veld moet stuur.

          Die oes is syne en die arbeiders is tog ook syne. Hoekom sou Hy “hulpeloos” toekyk terwyl Hy wag dat ons bid dat Hy arbeiders in die oes moet instuur? Hoekom stuur hy arbeiders uitsluitlik uit in antwoord op ons gebed?

          Die fundamentele belangrikheid van hierdie instelling van gebed in God se Raadsplan, word verder beklemtoon daardeur dat God homself onomwonde verbind om te antwoord!

          God se belofte om te antwoord is byna soos ‘n blanko tjek wat reeds Sy handtekening dra. Dis ‘n verbysterende gedagte, maar ‘n werklikheid. Dis of God Sy septer aan ons oorhandig het en by ons pleit om dit te gebruik.

          Die volgende voorbeelde ruim alle twyfel uit die weg:


·        En wat julle ook al in My naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My naam vra, sal Ek dit doen. –  Joh. 14: 13-14.

·        As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. – Joh. 15:7.

·        En in daardie dag (nà die Hemelvaart) sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra IN MY NAAM, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid, en julle sal ontvang (hoekom?) sodat julle blydskap volkome kan wees! – Joh. 16:23-24.



Daar is geen voorwaardes wat God bind of verhoed om die gebed van ‘n getroue kind van Hom te beantwoord nie. God self hoef aan geen voorwaardes te voldoen nie, maar, ons bid hopeloos te min!

Die voorwaarde: As julle in My bly en My woorde in julle, is moontlik en binne bereik van elke Wedergeborene wat dit erns met God bedoel.

As dit nie moontlik was om hierdie voorwaarde na te kom nie, dan sou dit sekerlik ‘n risiko aan die kant van God wees om sulke verreikende beloftes te maak – en so iets is tog onmoontlik, God sal nie ‘n fout maak nie.

As God dus nie kan fouteer nie, dan is die totale verantwoordelikheid  vir gebedloosheid of oneffektiewe gebed, ons sin.

Van God se kant af is dit dus ‘n eervolle optrede. Van God se kant af is dit ‘n waterdigte aangeleentheid. Sy deel is reeds gedoen. Sy belofte is om altyd te antwoord ingevolge Sy Wil. Daar is dus ook geen fynskrif nie.

Die getroue kind van God sal nooit iets vra buite die Vader se Wil nie.

God wou in ‘n stadium iemand hê om in die bres te staan vir die volk. Dit is dus Sy Wil dat ons tot Hom bid om herlewing en restourasie van die volk.

As ons sekere middele daarvoor benodig, dan sal Hy dit ook gee. Dieselfde geld in die geval van siele inwin vir Sy Koninkryk.

Ook geld dit ons blydskap want dit is Sy Wil dat ons blydskap volkome sal wees!

God se aanbod aan ons is ‘n bona fide aanbod, ‘n aanbod ter goeder trou. Dit is ‘n uitnodiging aan die Wedergeborenes om in volle vennootskap saam met Hom te lewe. Nie dat ons namens Hom besluite sou neem nie, maar meer in die sin van medewerker. 1 Kor 3:9

Die verantwoordelikheid en die uitvoer van God se raadsbesluite, plaas Hy op die skouers van Sy volgelinge.

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee; en wat jy (My gemeente) ook op die aarde mag bind, sal in die Hemel gebonde wees, en wat jy (My gemeente) ook op die aarde mag ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees. – Matt. 16: 18-19.

Die belofte word aan die Liggaam in die algemeen herhaal in Matt. 18:18:  “Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees, en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees.

“Kyk, ek gee aan julle mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” – Luk. 10:19.

“Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.” Joh. 20:21.

Wat betref Joh. 20: 21-23 is dit duidelik dat ons as God se verteenwoordigers op aarde aangestel is. Soos wat die Vader Hom gestuur het, stuur Hy ons ook.

Hy sou ook nie die opdrag gegee het as Hy ons ook nie die krag voorsien het om die taak uit te voer nie.

Die vraag is: Waarom het God verkies om binne die raamwerk van gebed te opereer? Waarom het hy die volle verantwoordelikheid vir die uitvoer en administrasie van Sy  Goddelike regering op aarde, op die skouers van die wedergeborenes geplaas?

Waarom sal Hy hom nie inmeng in aardse aangeleenthede nie, behalwe om op te tree in medewerking met Sy Liggaam?

God het uit en uit van Sy magte aan Sy Liggaam gedelegeer om die werk wat Jesus Christus begin het, te voltooi. Hoe anders kon dit moontlik word om die Evangelie na elke uithoek van die wêreld te neem?

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo —  die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter(meer) werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.” Joh. 14:12
Deel van die Opdrag is:  “En leer hulle”. Hoe sou dit moontlik wees om die nuwe siele wat inkom in die Koninkryk te leer, as dit nie die plig van die Wedergeborenes, God se Medewerkers, is nie?

God had iets oneindig groot in gedagte toe Hy die stelsel van gebed ingestel het. God se ewigheidsdoel met die heelal en Sy volk was om ‘n Ewigheidsmaat vir Christus op aarde te skep —  ons, die Bruid.

Hierdie feit is deel van die openbaarmaking van die misterie in die Boek Efesiërs wat die klimaks in Hoofstuk 5 bereik.

Hierdie hoofstuk verklaar die Goddelike openbarende parallel tussen God se menslike en Goddelike huweliksprogramme.

Strofe 32 klaar die misterie op wanneer Paulus onomwonde verklaar dat die huweliksmaats  in die huweliksprogram, Christus en die Bruid (ons die Wedergeborenes) is.

Hoekom? Want die Bruid (die Liggaam van Christus) in sy hoedanigheid as Bruid van Christus, as huweliksmaat, sal die hoogste amp in die heelal beklee, naas die Godheid self.

As Bruid van die Ewige Seun, sal sy saam met Hom universele soewereiniteit deel!

“Weet julle nie dat die Heiliges die wêreld sal oordeel nie. Weet julle nie dat ons Engele sal oordeel nie?” – 1 Kor. 6: 2a-3a.

“As ons verdra, sal ons saam met Hom regeer.” 2 Tim. 2:12.

“En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee.” Openb. 2:26.

“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het.” Openb. 3:21.

“Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop, uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.” – Openb. 5: 9-10.

Omdat die Wedergeborenes Christus se Geliefde en Bruid is, moet sy onderrig word, geleer word, en voorberei word vir haar Koninklike rol.

Deur Sy gesag aan die Bruid te delegeer om Sy administrasie en besluite op aarde uit te oefen moet die Bruid  leef  soos een wat gereed is om in die huwelik te tree.

Die Bruid moet toenemend in die binnekamer in gebed verkeer wat betref God se Raadsbesluite en die uitoefening daarvan. Ons kan dit ook in-diens opleiding noem.

Sy moet die kuns van geestelike oorlog aanleer en begryp, oor hoe om die onheilsmagte te verslaan in voorbereiding vir haar huwelik met die Lam van God en haar troonbestyging.

Om haar in staat te stel om die tegniek van oorwinning aan te leer, het God die stelsel van gebed ingestel.

Let op hoe word haar sfeer van aksie beklemtoon: “Wat jy ook al bind op die aarde sal in die Hemel gebonde wees,” “wat jy ook al ontbind op die aarde sal in die Hemel ontbonde wees.”

En, “As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra,  dit sal hulle ten deel val  van My Vader wat in die Hemel is.” Matt: 18:19.

Hierdie delegering en verantwoordelikheid betreffende gesag en administrasie wat aardse aangeleenthede aanbetref,  beslaan die hoogste eer, en verhoog die Bruid tot die hoogste rangorde onder alle lewende wesens.

Geen Engel of Aartsengel sal ooit hierdie hoë rangorde beklee nie, want nie Engele nie, maar alleen Wedergeborenes is in die beeld van God geskape en kwalifiseer om die Bruid te wees en die Bruidegom se troon te deel.

Hierdie raadsplan van God is nie as ‘n losse gedagte agterna ingestel nie, maar kom nog voor die grondlegging van die aarde af, aldus Efes. 1: 4.  “Hy het die Wedergeborenes uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.”

En dit is waarom ons in hierdie tyd dringende verootmoediging bepleit, sodat Sy volk na Hom kan terugkeer (hoekom?) “sodat hulle sonder gebrek voor Hom in Liefde kan wees.”

Ja, sodat hulle Hom in Gees en in Waarheid kan Dien.

Dit was God se oorspronklike doel met die skepping van die heelal. En Sy gebedsprogram is die metode om die Bruid voor te berei vir haar toekomstige rol as Koningin.

Dit is waarom God nooit oor die kop van Sy Liggaam gaan nie. Hy sal nie dinge uit ons hande neem nie. Hy handhaaf die heilige protokolle. Ons het ‘n kardinale rol om te vervul.

Deur  Haar rol hier op aarde te vervul, kan Sy haar volle status bereik as mederegeerder van die heelal. God kan Haar nie verlos voordat Sy nie haar verantwoordelikheid aanvaar en ‘n sukses van haar taak maak nie.

2 Pet 3:9 lees: “Die HERE vertraag nie die belofte (van Sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”

Hoe lank ons dus nog op hierdie aarde gaan wees voordat ons oor die konings en priesters van hierdie wêreld gaan regeer, hang alles af van ons eie prestasie.

Feit is, Hy kom nie voordat Sy Bruid nie sonder vlek of rimpel is nie. Efes. 5: 27.

God sal dus niks doen, anders as in antwoord op gebed nie. Die Wedergeborenes moet in gebed en intersessie intree vir God se volk, vir herlewing, vir restourasie.

Die grootste wat enige Wedergeborene vir God en vir die mens kan doen, is om te bid!

Natuurlik kan ons meer doen as net bid nadat ons gebid het, maar ons kan niks doen alvorens ons nie gebid het nie. En ons bid te min.

Deur gebed slaan ons die uitklophou. Deur dienswilligheid versamel ons die resultate. Hoe meer gebed daar is, hoe ‘n beter plek sal die wêreld wees waarin ons woon, en hoe magtiger sal ons teen die onheil staande kan bly.

Ons het en maak tyd vir alles, behalwe om te bid. Maar hopelik, nou dat ons almal besef wie ons werklik is en watter belangrike rol ons op aarde moet vervul en watter groter rol ons in die Hiernamaals gaan vervul,  hopelik sal ons nou tyd maak om met God te versoen en ons voor te berei vir die komende Huwelik.

Van nou af aan, laat die volgende strofe ons slagspreuk of ons wagwoord wees: “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God!” – 1 Kor. 10: 31.

En wat leer Die Bybel, hoe bid ek om seker te maak dat my gebede beantwoord word?

          Baie mense bid nie meer nie. Hulle sê dit help nie want hulle gebede word tog nie beantwoord nie.

          Wat ons hier gaan doen is nie om te kyk wat ons nie moet doen nie, maar wat ons wel moet doen, om seker te maak dat ons antwoorde op ons gebede kry.

          Voordat jy nog begin bid, sê die HERE: “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

“Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.” Mark 11:25-26

          Ten eerste moet ons besluit presies wat ons van die Vader verlang. Hoekom?

          Want Jak. 3:6-8 sê: “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel: want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word … want dié mens, moenie dink dat hy iets van die Vader sal ontvang nie.”

Met ander woorde, dis ‘n uitgemaakte saak, so iemand wat twyfel, sal niks van die Here ontvang nie.

          Jakobus sê verder dat so iemand dubbelhartig is en boonop onbestendig is in al sy weë.

          Dis soos iemand wat ‘n trollie op en af in ‘n hipermark stoot en nie kan besluit wat om te koop nie, net omdat hy of sy nie vooraf besluit het wat hulle nodig het nie.

          As twyfel jou probleem is, bely dit en weier om te twyfel.

          Ons moet aanvaar dat daar twee magte op die aarde aanwesig is: God se mag en die satan se mag. Die twee staan teenoor mekaar. Twyfel kan nooit van die Hemel af kom nie.

          Die amptelike opdrag is in Jak. 4:7: “Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug!”

          Om te twyfel is dus sonde. Dis ook selfvernietigend.

          Ten tweede moet ons die Vader vra vir dit wat ons nodig het. Onthou, Hy voorsien dit wat ons nodig het, en nie dit wat ons wil hê nie!

          Matt. 7:7-8 lees: “Bid, en vir julle sal gegee word: soek en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want, elkeen wat bid, ontvang: en hy wat soek, sal vind, en vir hom wat klop sal oopgemaak word.”

          En verder (Matt. 6:8) “… julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle vra.”

          Hoeveel mense het nie al hierdie strofe aangehaal en gesê maar hulle hoef nie te bid nie want die Vader weet reeds wat hulle nodig het.

          Maar, waarom moet ons dan nogtans vra?

          Dis eenvoudig. Wanneer jy agterkom dat jou kind se skoene vervang moet word en jy vervang dit voordat hyself agtergekom het dit is flenters, dan het daardie kind geen waardering vir die nuwe skoene nie.

          Kom die kind egter self agter dat sy skoene vervang moet word en hy vra mooi dat sy ouers vir hom nuwes moet koop, dan sal hy nie net waardering openbaar nie, maar  hy sal ook mooi na die skoene omsien.

          Ten derde moet ons glo dat ons wel ontvang.

          “Want voorwaar, ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg (probleem) sê: hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy sê sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê.

          “Daarom sê Ek vir julle: alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang (glo dat julle dit reeds ontvang het), en julle sal dit verkry.” Mark. 11:23-24.

          Vierdens moet ons Skriftuurplase lees wat beloftes vir ons gebed bevestig.  Fil. 4: 8.

          Asook Jos. 1: 8; “Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan: want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.”

          Die opdrag is dat ons die Woord van Here deeglik sal ken, sodat ons nougeset kan wandel – natuurlik ook wat betref wat rondom ons aangaan sodat ons presies kan weet waarvoor om te bid of in die bres daarvoor in te tree.

          Christus het nooit ‘n wapen saam met Hom rondgedra nie. Hy het deurentyd die Woord as swaard gebruik, bv toe die duiwel Hom drie keer versoek het.

          Die volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Kyk net wat leer mens nie al net uit hierdie geskrif nie.

          Joh. 15:7  lees: “As julle in My bly en My woorde (kennis) in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”

          Ons het geen verskoning daarvoor as ons nie die Woord ken nie.

          Vyfdens moet ons aan God lofprysinge gee. Fil. 4: 6 lees: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (oor die dinge wat julle werklik benodig) in alles deur gebed en versoeke met danksegging by God bekend word.”

          Ps. 149 sê lofprysinge is soos ‘n tweesnydende swaard: Aan die een kant maak ons God se naam groot, terwyl ons aan die anderkant  “wraak uitoefen oor die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie, om ‘n vonnis wat (reeds) opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ‘n Eer is dit vir al Sy gunsgenote. Hallelujah!”

          Sesdens bid ons altyd in die naam van Jesus Christus. Joh. 16: 23 lees” “En in daardie dag sal julle my niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My naam, sal Hy julle gee.

          2 Kron. 7:14 is ‘n realiteit:  “As My Volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek, en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek (beslis) uit die Hemel hoor en hulle vergewe en hulle land genees.”

          Waarom toets ons nie God aan sy Woord nie?

          Inderdaad is gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.  Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse God is!

          Alles is reeds probeer vir sogenaamde vryheid en reg, behalwe deurdringende, aanhoudende gebed.

          Begin vandag nog ‘n gebedswaak in jou eie huis.  Dit is die antwoord, die enigste antwoord! Al is julle net twee wat begin, maak daardie begin.
          “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
“en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
“en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb. 12:12-15  —  Sjibbolet