Saterdag 02 Julie 2016

Jy is begenadig...


Image result for mooi christelike prente




In 1829 is George Wilson in Pennsilvanië deur ’n VSA regsbank tot die dood veroordeel omdat hy ’n poskoets beroof en in die proses ‘n moord gepleeg het.
            Pres. Andrew Jackson het hom begenadig, maar hy het die vryspraak verwerp. Wilson het daarop gestaan dat dit nie ’n vryspraak is, tensy hy dit aanvaar nie, en hy weier dit. So ’n insident het nog nooit voorgekom nie en die president het die Hooggeregshof saamgeroep om hieroor uitsluitsel te gee.
            Hoofregter John Marshall het soos volg besluit: “’n Begenadiging is ‘n stuk papier, die waarde wat bepaal word deur die ontvangs daarva1n deur die persoon wat dit impliseer. Mens kan skaars verwag dat iemand wat ter dood veroordeel is en dit ontvang sulke begenadiging weier. Maar as dit geweier word, dan is dit geen begenadiging nie. George wilson moet gehang word.” George Wilson is toe ook gehang, want tot die einde toe het hy geweier om die vryspraak te aanvaar.
            Soos Hoofregter John Marshall opgemerk het, is dit moeilik om te glo dat ’n veroordeelde persoon sy vryspraak sal verwerp en daardeur kies om te sterf. Waar dit die doodsvonnis van ons aardse lewe betref, sal dit alleen by hoë uitsondering, indien ooit weer, van die hand gewys word.
Wat die ewige doodsvonnis van ons siel betref, is dit ’n bedroewende, algemene verskynsel. Christus het aan die kruis gesterf en so ons doodsvonnis op Homself geneem en daarom spreek God ons vry van die straf van die Ewige Dood.
Hierdie vryspraak is ook net geldig as dit aangeneem word. “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Joh. 1: 12).
As Christus se vryspraak nie aangeneem word nie, het dit nie geldige waarde vir ons nie. ’n Mens gaan verlore, nie omdat hy kies om verlore te gaan nie, maar omdat hy nie gekies het om gered te word nie, deurdat hy nie op die roeping en die uitnodiging na Christus toe gereageer het nie.
            “God het nie sy Seun na hierdie wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die engiste Seun van God glo nie.” Joh 3:17-18
            Gebruik hierdie as ‘n traktaat en versprei dit so ver moontlik. Bid dan ook hiermee saam vir ‘n grootse Herlewing. – Sjibbolet

Vrydag 01 Julie 2016

Daar sal vir seker oopgemaak word...



Dr A.T. Schofield skryf in sy boek “Behind the Brass Plate, die verhaal van ene Maria Vincent.
Schofield, ‘n mediese dokter, vertel dat hy eendag ‘n arm deel in Engeland besoek het en daar afgekom het op die 72-jarige Maria Vincent.
Haar man het haar enkele jare tevore verlaat en aan haar lot oorgelaat. Sy was arm en het in ellendige omstandighede geleef. Sy was ondervoed, sonder warm klere of hout om mee vuur te maak. Behalwe die enkele barmhartige Samaritaan wat af en toe hom oor haar ontferm het, kon die dokter nie glo dat al haar vriende haar so kon verstoot nie.
Toe hy haar na haar kinders en vriende vra, antwoord sy dat sy geen kinders of vriende het nie. Dat sy nie kinders gehad het nie, het hy aanvaar, maar hy kon dit nie glo dat sy geen vriende het nie.
 

Later gee sy toe dat sy een vriendin het, maar sy dink dié vriendin het haar lankal vergeet.
Die dokter het by haar aangedring om vir hom te sê wie dit is, want die vrou het sorg nodig gehad. Sy kom toe uit daarmee dat sy en Koningin Victoria op ‘n keer vriende was.
Schofield het nie geweet of hy haar kon glo nie, maar tuis het hy gaan sit en 'n verduidelikende brief aan die koningin geskryf. Na 'n paar dae kry hy 'n antwoord. Dit is waar, skryf die koningin, en sy het Maria nie vergeet nie, maar hulle het lankal nie meer met mekaar kontak gehad nie. By die brief was 'n som geld ingesluit om vir al haar onmiddellike behoeftes te voorsien, en voorgeskrewe reëlings wat die koningin getref het, sodat Maria vir die res van haar lewe versorg en gerieflik as 'n vriendin van die koningin kon leef.
Maria het die Koning baie lank terug ontmoet. Sy het onder beskerming van lyfwagte in ‘n boot op die rivier gevaar, toe die skipper ineens ernstig siek geword het.
Die lyfwagte het die boot voor Maria se huisie laat vasmeer en hulp kom vra... of die skipper in haar huis kon vertoef terwyl die koninklike wag reëlings tref vir ‘n ambulans of helikopter om te skipper te kom haal.
‘n Tydjie daarna het die koningin vir Maria besoek om dankie te kom sê en vir Maria ‘n paar geskenke gebring. Dis hoe die vriendskap begin het maar later doodgeloop het.
Maria het toe genoem dat sy lank gelede ook vriende met die Keiserin van Frankryk was. Weer het die dokter ‘n brief geskryf en kort daarna het die Keiserin, pragtige brief teruggeskryf, ook met meer as genoeg geld in. Toe die dokter die Keiserin se brief aan Maria voorlees het die trane oor haar wange gestroom want sy was verstom dat die Keiserin haar onthou het.
            Die Here Jesus maak Homself in die gelykenis as ons vriend bekend. Hy sê ook uitdruklik: “Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel" (Joh.15:14).
            Ons kan met enige behoefte na Hom toe gaan. Is dit geestelike nood? 'n Bewussyn van sondeskuld en afvalligheid van God. Is dit materiële nood? Geld- of klere- of kos-behoeftes. Is dit persoonlike nood? Eensaamheid of bedruktheid of iemand se vyandskap of 'n beproewing? Met elke behoefte van ons kan ons na ons Vriend toe gaan.
Hy het ons nie vergeet nie, maar ons het nie gevra nie! "Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal (vir seker) oopgemaak word" (Luk.11:9,10). – Sjibbolet

·       Onthou om voor 1 Julie 2016 in te teken by  http://gebedversoeke.blogspot.co.za/

om boodskappe in die toekoms te kan ontvang.

‘n Geliefde is Huis toe...


Image result for Red roses

Die lewe is soos ‘n lang pad wat mens moet aflê. Op verskillende plekke is daar uitkykpunte. Mens kan oomblikke daar stilhou en op die uitkyktoring gaan staan.
            Annetjie Steenkamp se begrafnis is so ‘n uitkykpunt. Jy wat nou ook by hierdie uitkykpunt is, ek sien saam met jou al die mooi dinge langs jou pad. Ek is saam met die HERE trots op jou en jou  prestasies.
            Terwyl jy by hierdie uitkykpunt staan, wil jy natuurlik ook graag vorentoe kyk. Niemand van ons weet wat die toekoms inhou nie, behalwe dat  Sy Woord duidelik sê dat Sy hand van ryke seën op ons rus, dat Hy ons paaie gelykmaak.
            Daarom gaan mens vorentoe, na die volgende uitkykpunt, wetende daar wag groter voorspoed, oorvloed en ryke seën... en grootste van alles, die Ewige Lewe!
Die HERE het ons geken, vir my en vir jou, van voor ons geboorte af: Psalm 139:13-16. Hy sal ons ook dra tot in gryse ouderdom: Psalm 71:6-9.
So, wanneer jy terugkyk dank ek saam met jou die HERE vir al Sy goedheid en guns, Sy liefde en genade en ook die wysheid wat Hy jou as geskenk gegee het.
Kyk dus vorentoe met ‘n blymoedige hart. Onthou, Abraham het nie geweet waarheen hy gaan toe hy deur die woestyn moes trek nie, maar hy het geweet saam met Wie hy gaan!
As jy by hierdie uitkykpunt stilgehou het en jy is oorval deur onsekerheid oor die pad na die volgende uitkykpunt, vertoef dan nog ‘n rukkie, kniel eers en maak jou saak met Jesus uit. Doen dit... jy durf nie verder reis sonder Jesus nie. Maak 2 Julie 2016 die belangrikste datum ooit in jou hele lewe.
En verder: Volharding bring oorwinning mee  –  jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag daartoe gee: Fil 4:13.
God se Belofte aan jou staan vas:
Net goedheid en guns volg jou elke dag....
            Ek kyk uit vir jou by die volgende Uitkykpunt! – Sjibbolet

Dinsdag 28 Junie 2016

Die Groot Oes

“En Hy sal sy Engele uitstuur met harde trompetgeluid,
en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier
windstreke, van die een einde van die hemele af tot
die ander einde daarvan.” Matt 24:31



Die doel van die oes aan die einde van die tyd is om
die uitverkorenes (en en jy) uit die vier windstreke
byeen te bring. Die gelowiges sal uitgeroep word
uit die geledere van die geestelike kragte wat in
daardie stadium in beheer van die wêreld is.


Die Vallei van Doodsbeendere


Image result for valley of death

Die wêreld soek na God. Ironies egter, is dat terwyl die wêreld na God soek, sit Christene vas aan die slaap in die kerkbanke, weggevoer in hul kerklike tradisies asof in ‘n geestelike koma.
            Min is gepla oor wat die Bybel, die Lewende Woord van die Almagtige God sê. Hulle is doodtevrede met hulle kerk se kerkleerstellings.
            Mens vra verwonderd en geskok: Hoe kan almal dieselfde Bybel hê en tog het elkeen ‘n ander kerkleer. Inderdaad “smal is die pad wat na die Hemel lei.”
            Reg oor die wêreld, veral op ekonomiese gebied, vind amalgamasies en samewerking plaas. Selfs lande wat in blokke begin saamwerk weens die verslegtende toestande, maar die kerk stig eerder nuwe kerke as om saam te smelt of saam te werk.
            Dis tyd vir ‘n magtige Herlewing. Die wêreld het nodig om te weet  hoe om by die HERE God Yaweh uit te kom... nie ingevolge menslike menings nie, maar soos in: “So sê die HERE.”
            Wat is die Christelike lewensstyl. Die wêreld soek na die ware Christelike Bybelse lewensstyl. Die wêreld is sonder inligting oor Golgota en die Verlossingsplan.
            Die wêreld is deurweek van die sonde. “Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.” Spr 14:34
            Kan God hierdie skrikwekkende toestand aanspreek? “Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33
Luister na 2 Kron 7:14 “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig (want die kerk het te hoogmoedig geword) en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë (uiters belangrik), dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Die kerk moet nie gelei word deur vooraanstaandes nie, maar deur biddende leiers. Nie deur kerklike leerstellings nie, maar deur die Bybel.
Ons moet ‘n honger hê na God,  na verlore siele, en wyk van ons verkeerde weë... nie halfpad nie, nie tydelik nie, vir altyd, en bely, gedoop word en herleef.
Dan sal die HERE hoor van die Hemel en vergewe  en ons land heelmaak. Dis tyd vir Herlewing.
            God het Esegiël na ‘n bergtop geneem en aan hom visioen getoon van Eseg 37:1-4
            Een van die grootste openbarings in juis hierdie tyd, is dat ons, die Christendom, Israel is, nie die Jode (Judah) wat in die land Israel woon nie. Na die groot Herlewing gaan Israel en Judah weer verenig... die hele Israel, al 12 stamme voor die Groot Wit Troon in Openb. 7:4
            Is dit te laat om te laat herleef wat eens lewendig was, want dit is nou dood. “Kan hierdie bene weer lewendig word?” Esegiël gehoorsaam die HERE en preek en God het nuwe lewe in die dooie bene ingeadem. God het vir homself ‘n magtige Leërmag laat herleef.
            Die kerke sit vandag vol mense, maar die mense is sonder die krag van God. Hulle leef ongehoorsaam, is selftevrede en apaties.
            Hulle sê hulle glo, maar volg nie!
            Hoekom is dit dat mense in groter getalle kerk toe kom, maar minder ontvang. Hulle bely nie hulle sondes nie, wyk nie af van hul dwaalweë nie. Hulle is geestelike kadawers, droë beendere.
            Hoe weet jy wanneer jou bene uitgedroog het, of die gemeente se bene uitgedroog het:

·       Wanneer jy geen begeerte tot Bybelstudie en gebed het nie;
·       Wanneer geestelike gesprekke vir jou ‘n verleentheid is of as jy dit vermy;
·       Wanneer jy sonde afmaak as redelike gedrag;
·       Wanneer jy Skrif aanhaal, dienste bywoon, maar dit maak geen verskil aan jou leefwyse;
·       Wanneer die lewe vir jou om geld draai;
·       Wanneer dit nie vir jou saak maak dat ander swaarkry en geestelik verlore is nie;
·       Wanneer jy vertel dat jy met die Heilige Gees vervul is, maar jy gaan voort met jou streke soos met bedrog en ander sondes;
·       Wanneer die aanbiddingsdiens geen geestelike effek op jou het nie;
·       Wanneer jy nie ‘n blye versekering het nie;
·       Wanneer ‘n gemeente ly weens die moderne effekte in die gemeenskap;
·       Wanneer die gemeente skeurings beleef;
·       Wanneer ons nie eers weet wat van almal geword het nie;
·       Wanneer die probleme in die gemeente so groot is dat jy nie weet waar om te begin om dit reg te ruk nie;
·       Wanneer dit nie meer vir jou ‘n motivering is om kerk by te woon nie;
·       Wanneer jy sin en moed verloor oor die gemeente.
Herlewing kom deur die prediking van die Lewende Woord. Esegiël het dit so beleef;
·       Dit was nie deur Esegiël se krag nie, maar deur die krag van God. Matt 4:4;
·       Herlewing kom deur gebed 2 Kron 7:14
Let op, die dooie beendere het begin lewe toe Esegiël God se opdrag gehoorsaam het en begin preek het.

Hoe begin die Herlewing?
1.              Erken dat jy of jou gemeente, dooie beendere is.
2.              Keer terug na God, na die Lewe en wyk af van die verkeerde weë;
3.              Verheug jou in die HERE en raak weer betrokke by hartstogtelike aanbidding. Ps 32

Frank Houghton, ‘n Sjinese sendeling het die volgende lied in die 1930’s geskryf. Dit was vergesel van ‘n spesiale versoek vir die oplei van 200 Sjinese sendelinge.
“Facing a task Unfinished.” Dit was jarelank deur baie gesing en toe nooit weer nie. Vanjaar 2016, egter het talryke gemeentes reg oor die wêreld dit weer begin sing:

https://www.youtube.com/watch?v=kofO3tCkHKY
Sien ook Psalm 85: 5-14.
Wees bekommerd oor hulle rondom jou. Maak seker hulle is gereed en  bemoedig almal om op te kyk, want ons heil is voor die deur. – Sjibbolet

Wekroep
Met die laaste sensusopname het 34 689 907 Suid-Afrikaners gesê dat hulle Christene is.
            As hulle inderdaad ware gelowiges is, dan moet hulle noodwendig aan die volgende wekroep gehoor gee:
            “Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend! Sing, psalmsing tot Sy eer, spreek van al Sy wonders.  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van diegene wat die HERE soek, bly wees.” – 1 Kron. 16:8-10.
            “Vertel onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders.  Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. Gee aan die HERE o’ geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.  Gee aan die HERE die eer van sy Naam…”  -- 1 Kron. 16: 25,25,28.
            As meer as 34 miljoen Christene in Suid-Afrika aan hierdie wekroep gehoor gee, sal die land dan nie genees nie?
            “…En My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” – 11 Kron. 7:14. – Sjibbolet

Attachments area
Preview YouTube video Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Die Vallei van Doodsbeendere


Die wêreld soek na God. Ironies egter, is dat terwyl die wêreld na God soek, sit Christene vas aan die slaap in die kerkbanke, weggevoer in hul kerklike tradisies asof in ‘n geestelike koma.
            Min is gepla oor wat die Bybel, die Lewende Woord van die Almagtige God sê. Hulle is doodtevrede met hulle kerk se kerkleerstellings.
            Mens vra verwonderd en geskok: Hoe kan almal dieselfde Bybel hê en tog het elkeen ‘n ander kerkleer. Inderdaad “smal is die pad wat na die Hemel lei.”
            Reg oor die wêreld, veral op ekonomiese gebied, vind amalgamasies en samewerking plaas. Selfs lande wat in blokke begin saamwerk weens die verslegtende toestande, maar die kerk stig eerder nuwe kerke as om saam te smelt of saam te werk.
            Dis tyd vir ‘n magtige Herlewing. Die wêreld het nodig om te weet  hoe om by die HERE God Yaweh uit te kom... nie ingevolge menslike menings nie, maar soos in: “So sê die HERE.”
            Wat is die Christelike lewensstyl. Die wêreld soek na die ware Christelike Bybelse lewensstyl. Die wêreld is sonder inligting oor Golgota en die Verlossingsplan.
            Die wêreld is deurweek van die sonde. “Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.” Spr 14:34
            Kan God hierdie skrikwekkende toestand aanspreek? “Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33
Luister na 2 Kron 7:14 “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig (want die kerk het te hoogmoedig geword) en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë (uiters belangrik), dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Die kerk moet nie gelei word deur vooraanstaandes nie, maar deur biddende leiers. Nie deur kerklike leerstellings nie, maar deur die Bybel.
Ons moet ‘n honger hê na God,  na verlore siele, en wyk van ons verkeerde weë... nie halfpad nie, nie tydelik nie, vir altyd, en bely, gedoop word en herleef.
Dan sal die HERE hoor van die Hemel en vergewe  en ons land heelmaak. Dis tyd vir Herlewing.
            God het Esegiël na ‘n bergtop geneem en aan hom visioen getoon van Eseg 37:1-4
            Een van die grootste openbarings in juis hierdie tyd, is dat ons, die Christendom, Israel is, nie die Jode (Judah) wat in die land Israel woon nie. Na die groot Herlewing gaan Israel en Judah weer verenig... die hele Israel, al 12 stamme voor die Groot Wit Troon in Openb. 7:4
            Is dit te laat om te laat herleef wat eens lewendig was, want dit is nou dood. “Kan hierdie bene weer lewendig word?” Esegiël gehoorsaam die HERE en preek en God het nuwe lewe in die dooie bene ingeadem. God het vir homself ‘n magtige Leërmag laat herleef.
            Die kerke sit vandag vol mense, maar die mense is sonder die krag van God. Hulle leef ongehoorsaam, is selftevrede en apaties.
            Hulle sê hulle glo, maar volg nie!
            Hoekom is dit dat mense in groter getalle kerk toe kom, maar minder ontvang. Hulle bely nie hulle sondes nie, wyk nie af van hul dwaalweë nie. Hulle is geestelike kadawers, droë beendere.
            Hoe weet jy wanneer jou bene uitgedroog het, of die gemeente se bene uitgedroog het:

·       Wanneer jy geen begeerte tot Bybelstudie en gebed het nie;
·       Wanneer geestelike gesprekke vir jou ‘n verleentheid is of as jy dit vermy;
·       Wanneer jy sonde afmaak as redelike gedrag;
·       Wanneer jy Skrif aanhaal, dienste bywoon, maar dit maak geen verskil aan jou leefwyse;
·       Wanneer die lewe vir jou om geld draai;
·       Wanneer dit nie vir jou saak maak dat ander swaarkry en geestelik verlore is nie;
·       Wanneer jy vertel dat jy met die Heilige Gees vervul is, maar jy gaan voort met jou streke soos met bedrog en ander sondes;
·       Wanneer die aanbiddingsdiens geen geestelike effek op jou het nie;
·       Wanneer jy nie ‘n blye versekering het nie;
·       Wanneer ‘n gemeente ly weens die moderne effekte in die gemeenskap;
·       Wanneer die gemeente skeurings beleef;
·       Wanneer ons nie eers weet wat van almal geword het nie;
·       Wanneer die probleme in die gemeente so groot is dat jy nie weet waar om te begin om dit reg te ruk nie;
·       Wanneer dit nie meer vir jou ‘n motivering is om kerk by te woon nie;
·       Wanneer jy sin en moed verloor oor die gemeente.
Herlewing kom deur die prediking van die Lewende Woord. Esegiël het dit so beleef;
·       Dit was nie deur Esegiël se krag nie, maar deur die krag van God. Matt 4:4;
·       Herlewing kom deur gebed 2 Kron 7:14
Let op, die dooie beendere het begin lewe toe Esegiël God se opdrag gehoorsaam het en begin preek het.

Hoe begin die Herlewing?
1.              Erken dat jy of jou gemeente, dooie beendere is.
2.              Keer terug na God, na die Lewe en wyk af van die verkeerde weë;
3.              Verheug jou in die HERE en raak weer betrokke by hartstogtelike aanbidding. Ps 32

Frank Houghton, ‘n Sjinese sendeling het die volgende lied in die 1930’s geskryf. Dit was vergesel van ‘n spesiale versoek vir die oplei van 200 Sjinese sendelinge.
“Facing a task Unfinished.” Dit was jarelank deur baie gesing en toe nooit weer nie. Vanjaar 2016, egter het talryke gemeentes reg oor die wêreld dit weer begin sing:

https://www.youtube.com/watch?v=kofO3tCkHKY
Sien ook Psalm 85: 5-14.
Wees bekommerd oor hulle rondom jou. Maak seker hulle is gereed en  bemoedig almal om op te kyk, want ons heil is voor die deur. – Sjibbolet

Wekroep
Met die laaste sensusopname het 34 689 907 Suid-Afrikaners gesê dat hulle Christene is.
            As hulle inderdaad ware gelowiges is, dan moet hulle noodwendig aan die volgende wekroep gehoor gee:
            “Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend! Sing, psalmsing tot Sy eer, spreek van al Sy wonders.  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van diegene wat die HERE soek, bly wees.” – 1 Kron. 16:8-10.
            “Vertel onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders.  Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. Gee aan die HERE o’ geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.  Gee aan die HERE die eer van sy Naam…”  -- 1 Kron. 16: 25,25,28.
            As meer as 34 miljoen Christene in Suid-Afrika aan hierdie wekroep gehoor gee, sal die land dan nie genees nie?
            “…En My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” – 11 Kron. 7:14. – Sjibbolet

Attachments area
Preview YouTube video Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Vrydag 24 Junie 2016

Die Goeie Samaritaan...


Joseph Scriven was 'n diep gelowige ryk en geleerde jongman in Ierland. Die nag voor sy troue het sy verloofde in 'n rivierongeluk verdrink.
“Die 25-jarige Joseph was diep bedroef. Hy het besef niemand kan hom help nie, behalwe sy getroue vriend Jesus Christus. Vir hom was Jesus uit en uit sy Vriend. Hy het geweet Jesus is uit en uit ‘n getroue Vriend.
Kort hierna, in 1845, het hy na Kanada verhuis waar hy bietjie later op trou gestaan het met Eliza Roche. Sy het egter kort voor die troue siek geword en gesterf.


Scriven het sy BA graad aan Trinity Kollege verwerf en bekend geword vir sy gedigte. Daar was een gedig wat niemand van geweet het nie, wat hy baie lank aan gewerk het. Hy het later gesê hy en Jesus het dit geskryf.
Na die dood van Eliza het hy besluit om sy lewe aan Christus toe te wy deur ander te help, soos Jesus sy dissipels geleer het: “Gee en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol... met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” Luk 6:42
Hy het geld en klere aan mense wat dit nodig gehad het gegee, vir ander het hy sonder vergoeding take verrig, en bekend geword as die Goeie Samaritaan van Port Hope, waar hy gewoon het.
Sy moeder in Ierland het siek geword. Hy het vir haar 'n vertroostende brief geskryf en die woorde van die nuwe gedig wat hy geskryf vir haar ingesluit. Hy het haar aangemoedig om nie te twyfel in haar beste vriend, Jesus Christus, nie.
Hy het eenkeer self siek geword. 'n Vriend het hom besoek en die gedig se woorde op 'n los vel papier, langs die bed, gesien.
“Wie het dit geskryf?” wou die verbaasde vriend weet. “Ek en die HERE het dit saam geskryf,” het Scriven geantwoord.
Joseph is op 66-jarige ouderdom Huis toe. Sy graf, met die lied se woorde op die grafsteen, is te sien naby Peterborough, Ontario. Die gedig is later deur Charles C. Converse getoonset.
Van toe af sing ons almal: “Wat 'n Vriend het ons Jesus.”
            Die rykste aardse vrug van Joseph Scriven se beproewing en toewyding daarna, is die waarde wat hierdie lied die afgelope byna 'n eeu en 'n half vir gelowiges gehad het.
Dit inspireer geloof en bring vrede vir die hart. Die lied vertel van die grootste beskutting wat ons in hierdie lewe het: om Jesus as Vriend te ken:

Wat 'n Vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan...
                       Dis geskryf deur ‘n man wat twee keer ‘n aanstaande bruid kort voor die troue aan die Ewigheid moes afstaan.
            Joh. 15: 9-17: "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê... So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.” Joh 15: 13,16
            Joseph het hom gereeld saam met sy vriend Jesus Christus afgesonder. Vir hom was dit ‘n werklikheid, ‘n uitgemaakte saak... Jesus, sy beste vriend.
            Let op na die woorde van die lied wat hy geskryf het. Dis so betekenisvol dat ons ook elke keer wat ons onsself saam met Jesus afsonder, die lief kan sing.

1.    Wat ‘n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig, tot God’s troon deur Hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node uitstort in God’s Vaderhart!

2.    As versoeking en beproewing, of kwelling ons bedreig,
Laat ons nooit mismoedig word nie, laat ons bede opwaarts styg…
Nêrens is ‘n vriend getrouer, as Hy wat ons node weet;
Jesus voel met al ons swakheid, en wil deel in al ons leed.

3.    Is ons swak, gedruk deur laste, onder kommer neergebuk,
Dierb’re Heiland, onse toevlug, o bevry ons weer van druk,
As ons vriende ons versaak het, soek ons in gebed o Heer,
Aan Sy boesem is ons veilig, Hy vertroos ons keer op keer.

Mens moet dit eintlik mooi laat druk en oral uitdeel. Ook voor in jou Bybel sit. Dit kom uit die hart van ‘n man wat geweet het van Wie, en met Wie hy praat. – Sjibbolet

Gebedsversoek

Nege man reis deur die nag met twee voertuie om Christene wat hulle elf jaar laas gesien het, diep in Afrika te gaan bemoedig. Hulle het tien jaar lank elke jaar met groot sukses  die Evangeliedaar  uitgedra. Omstandighede het gemaak dat hulle die afgelope elf jaar nie kon gaan nie. Die paaie is swak met struikrowers en vegtende magte oral. Hulle is swaar gelaai  met die Evangelie, Bybels, en alles wat hulle mag nodig hê. Die beplanning en voorbereiding is al geruime tyd aan die gang. Hulle gaan om Christene wat hulle na die HERE gelei het, te bemoedig en om geestelike materiaal aan hulle te verskaf om die werk uit te brei. Hulle sal na verwagting na die middel van Julie terug wees. Dankie dat almal hulle in gebed sal dra. Dis ‘n Jesus sending so geen besonderhede word oor hulle bekend gemaak nie.



Woensdag 22 Junie 2016

Oorvloedige seën wag op ons...


Image result for sa flag



 Die HERE wil die vensters van die Hemel oopmaak.


Die vurige gebed van die regverdige het groot krag. Jak. 5:16. Komaan, julle wat bid sonder vuur. Ons en die land is in ‘n krisis. Is julle nie al moeg vir alles nie? Nou kom, ons kan die situasie omkeer.
            Waar’s die reën? Die ekonomie vat-vat aan rommelstatus. Daar word gesê, en name word genoem, van die een en dan daai een wat SA sal red.
            Die wekroep wat moet uitgaan is: Onvoorwaardelik, Terug na God!
            Alle gebedsgroepe, moet met hernude ywer en drang en groter geloof na die Hemel roep. Dit moet wees soos ‘n magtige dreuning soos die volk in gebed ontwaak.
Die volgende is God wat praat in Maleagi 3, en die boodskap is vir nou.
“Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
“Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
“En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.
“Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
“En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
“Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
“Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
“Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
“Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
Let op: “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die Hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
En wat nog? “Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
“En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.
“Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?
Sommer onlangs is gehoor: “Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?
“En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!
“Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
“En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.
“Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.”
Wanneer ons bid, dan kom die HERE God Jaweh se vermenigvuldende krag in werking en dan beleef ons dat gebed ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak word.
  Dis nie die gebed as sodanig wat magtig is nie, maar die HERE God Yaweh is. Dis Hy wat belowe om groot en deurgrondelike dinge te doen as Sy kinders maar net sal bid.
  Met respek, die vrome aandgebedjies bring nie die verskil nie. Dit is die vurige gebede waarmee besigheid met God bedoel word, wat in grootse erns en besliste verwagting gebid word, wat die verskil  teweeg bring.
  Dat die HERE opsoek is na voorbidders maar hulle selde vind, word duidelik weerspieël uit die pyn van Sy uitroep deur Jesaja:
“Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,” asook Sy teleurgestelde protes deur Esegiël:
“Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land... maar Ek het niemand gevind nie!”
Daar is drie dinge wat in ‘n voorbidder gesien sal word, wat nie noodwendig in gewone gebed  gevind sal word nie: vereenselwiging, sielesmart en gesag.
Die vereenselwiging van die voorbidder met diegene vir wie hy intree word op volmaakte wyse in Jesus self gesien.
Van Hom is gesê dat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
As die Goddelike Voorbidder wat vir ‘n verlore wêreld ingetree het, het Hy die beker van ons verlore toestand tot die laaste druppel geledig en “vir elkeen die dood gesmaak.”
Om in die volste sin van die woord dit te kon doen, moes Hy sit waar ons sit.
Vereenselwiging is dus die eerste vereiste van die voorbidder. Hy pleit met sukses omdat hy sy lewe gee vir diegene vir wie hy pleit. Hy is hulle verteenwoordiger. Hy het sy eie belang in hulle behoeftes en lyding laat wegsink en het sover moontlik letterlik hulle plek ingeneem.
Die tweede vereiste is sielesmart, want Hy, die Heilige Gees, “tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge.”
Mens lê dan alles op die altaar, want siele wat nie gered is nie, stort oor ‘n ewige afgrond, die helle dieptes in. Dan kruisig mens jouself met Christus. Jy lê alles af. Jy sterf. Nie ‘n teoretiese dood nie, maar ‘n egte kruisiging met Jesus. In die kruisigingsproses begin die voorbidding.
Let op hoe dat Moses, die jong voorbidder, uit vrye wil die paleis verlaat om hom met sy slawe-broers te vereenselwig.
Jesaja moes vir drie jaar lank “nakend en kaalvoet” loop as ‘n waarskuwing aan Israel teen die aakligheid en tragedie van gevangenisskap.
Esegiël is nie toegelaat om een traan te stort by sy vrou, die begeerte van sy oë, se dood nie.
En derdens moet ons met gesag bid. Ons is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag daartoe gee. Ons neem dus gesag oor die magte van die duisternis, ons bind en vervloek dit, en dryf  dit uit elke sektor van ons samelewing in die naam van Jesus Christus.
Ons berei die pad voor vir die Heilige Gees om mense se lewens binne te vaar en hulle om te keer.
Maar daar is ook ‘n laaste vereiste: Dat ons een(dragtig) sal wees. Waar ons oral saambid moet ons wees soos een wat gesamentlik ‘n swangerskap, ‘n dragtigheid dra.
Ons praat nie hier van eenheid nie want selfs nie ‘n getroude paar kan ‘n eenheid vorm nie. Eenheid beteken eendersheid, en dit kan tog nie. Ons het tog elkeen ons eie karakter en persoonlikheid. Maar ons kan eendragtig wees!
Elke keer wanneer die dissipels eendragtig in gebed  en in gees was, dan het die Here gewerk.
En wanneer mens vurig en in absolute verwagting bid, gebeur die volgende: “...9  aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal; wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde; om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
“Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
“Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
“So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
“So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
“Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
“Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
“In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.” Job 5:9-19
Wanneer moet ons bid? Begin vandag nog. Al is julle net twee of drie… die HERE sal daar teenwoordig wees om te hoor wat julle te sê het.
Verwag ‘n magtige Herlewing. –  Sjibbolet

Dinsdag 21 Junie 2016

Dis hoekom ons Herlewing nodig het


Image result for christelike prente


God stel standaarde vas vir die Christelike lewe. Hy wyk nooit daarvan af nie. Daar is ook nooit grys areas nie, geen kompromie nie.
            “Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. U het U bevele gegee om dit trou te onderhou.” Ps 119:1-3
            Hoe groter die openbaring van die Liefde van God hoe groter is die verwydering tussen lig en duisternis. Ware Liefde waarsku en beskerm mense van verkeerde handelinge, verwarring en verkeerde besluite.
            “Uit U bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.  U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ek het gesweer, en dit gehou, om U regverdige verordeninge te onderhou. Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na U woord!” Ps 119:104-107
            “Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” Matt 5:14-16.
Gaan kyk bo van ‘n berg af hoe skyn ‘n stad se ligte in die nag. Skyn ons ligte so, dag en nag?
            Daar is gelowiges wat terugdeins van die Lig ter wille van posisies en wêreldse aanvaarding, ‘n optrede wat dodelik is en skokkend. Daar is Christene en selfs kerkleiers wat nie weet wat Liefde werklik is nie. Nogtans sal die volle Waarheid gepredik moet word. Mense moet tot inkeer kom en gereed maak vir die Basuin.
            “En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.” Fil 1:9-11
            Te veel Christene kies wysbegeerte, kies menslike wysheid pleks van Goddelike Bybelse wysheid.
            “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.” Rom 1:22-23
            Daar is ‘n bekende liedjie wat steeds gesing word: “I’ll do it my way.” Daar is net een weg en dis die weg in die weë van die HERE.
            ‘n Bekende drankadvertensie lees: “Leef op jou eie terme, volg jou eie pad.” Jy en ek mag juis nie ons eie pad volg nie. Om jou eie pad te volg, is om die Hemel mis te loop. God stel standaarde vas.
            Die liefde is ‘n Koninklike Wet. “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Matt 5:17
Hoe het Jesus toe die Wet vervul?
Net voor Sy vertrek na die Hemel, vra die dissipels Hom: “Meester, wat is die groot gebod in die wet?
“En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
“Dit is die eerste en groot gebod.
“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
En dan sê Jesus: “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Matt 22:36-40
Aan hierdie twee Liefdes-gebooie hang die HELE WET.
Hoe so? Want as jy waarlik liefhet, dan sal nooit enige wet oortree nie.
Die Skrif verwys telkemale daarna dat ons ander moet liefhê soos onsself.
Is dit moontlik om onsself lief te hê?
            Hierdie kan as ‘n meetinstrument beskou word: Hoe lief ek myself het, bepaal hoe lief ek ander het.
            Dit bepaal ook my geestelike stand in Christus.
            Liv 19:18 “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
            Liv 19:34 “Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself...”
            Matt 19:19 “Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
            Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
            Wat ons ook hieruit leer is dat dit belangrik vir ons is om te weet in watter mate ons onsself lief het.
            Jy moet jouself liefhê. Ontlok hierdie woorde ‘n negatiewe reaksie by jou? Klink dit nie selfsugtig en egoïsties nie?
            Om jouself lief te hê beteken nie om selfgesentreerd te wees nie. Dit beteken om respek vir jouself te hê, om jouself te beskerm, vir jouself om te gee.
            Kyk weer na Liv 19:18: “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” Moet dus nooit ‘n wrok teenoor iemand hê nie, maar “hê jou naaste lief soos jouself.” Of het jy ‘n wrok teen jouself, of teen iemand anders? Dan moet jy plan maak sodat jy vry kan kom.
            En moet nou nie in ‘n geredekawel vasval van “Wie is my naaste” nie. Jy weet tog dis jou huisgenote en diegene in jou daaglikse omgang.
            As jy dus nie vir jouself lief is nie, dan sal jy wraakgierig of haatdraend teenoor ander wees. Dit mag nie so wees nie, dan is daar fout met hoe lief jy jouself het. Is jy wraakgierig en haatdraend met jouself? Sommige mense is. Dit is al bewys dat as mens iemand haat, jy, en nie die ander persoon nie, die eintlike lydende party is.
            Ons kan nie die Ewige Lewe bekom deur die Tien Gebooie te onderhou nie, dit kan alleenlik deur die Wedergeboorte gebeur. Die Tien Gebooie, of dan die wet, is vervang deur die Groot Gebod, die Koninklike Wet, die liefde.
            Dit is hoekom ons ‘n magtige Herlewing nodig het. Bid daarvoor en verwag dit. – Sjibbolet

Vrydag 17 Junie 2016

Ek sal bid vir jou.


Dis tyd – Staan op vir Jesus!



'n Uitgesproke en welsprekende, sogenaamde agnostikus het op ‘n keer in Engeland rondgereis en oral sy vergaderings gehou om mense van die dwaasheid van Geloof te oortuig. Hy het met soveel oorleg en oortuiging die dwaasheid van geloof in God verkondig, dat niemand dit gewaag het om in sy vergaderings op te staan en vir die Here te getuig nie.
By een so 'n vergadering het 'n seuntjie en sy sussie opgedaag, want hulle het gedink die man gaan oor die HERE praat. Hulle kon niks uitmaak van wat hy so geleerd die mense voorhou nie, maar toe hy sy gewone uitdaging rig en enigiemand wat vir die HERE iets wil sê, uitnooi om dit op die verhoog te kom doen, het dié twee kinders gedink hy bedoel dit ernstig.
Hand aan hand het hulle voor almal se verbaasde oë vorentoe geloop. "Ons wil iets vir die HERE sing," verduidelik die seuntjie aan die verbaasde geleerde man. Met sy hand beduie hy vir hulle om voort te gaan, terwyl hy met 'n breë glimlag terugstaan.
Hulle het hande gevat en begin sing: "Staan op, staan op vir Jesus, o helde van die kruis! Verhoog sy krygsbaniere deur al die stryd gedruis!"
Terwyl hulle sing het iemand in die gehoor opgestaan en begin saamsing en toe nog een en nog een:
"Die stryd lei tot oorwinning, die Heiland keer op keer, tot Hy oor elke vyand vir ewig heers as Heer."
Teen hierdie tyd het feitlik die hele gehoor gestaan en saam gesing.
Die godloënaar het sy goed geneem en stilletjies padgegee.

"Staan op staan op vir Jesus! Die krygsgeroep weergalm;
Begeef u in die strydperk, volg Hom met vreugdepsalm!
Kom, stryders, wees dan moedig, weerstaan met al u mag;
Die bose moet terugval, want Jesus gee u krag!" (Hal.244)

Met die Here Jesus se intog in Jerusalem het Hy die krag van getuienis, al is dit uit 'n kind se mond,beklemtoon. "Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Maar toe die priesterhoofde...die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: 'Loof die Seun van Dawid!' was hulle verontwaardig...'Ja,' antwoord Jesus. 'Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof besing?'" Mat 21:14-16
            Die lied wat die boetie en sussie met soveel oorwinning gesing het, is 'n duur lied. Tydens die Herlewing in Philadelphia in 1858 het 'n 29-jarige Episkopale predikant, Dudley Tyng, die Evangelie met groot krag verkondig.
Een Dinsdagaand, 30 Maart 1858, het meer as 5 000 mans in die Y.M.C.A.-saal bymekaar gekom en na sy preek oor Eks 10:11 te luister: "Net die mans gaan! Gaan dien die Here...!" Meer as 'n duisend van hulle het dié aand hul lewens aan die HERE oorgegee.
In een stadium in sy preek het hy uitgeroep: "I must tell my Master's errand, and I would rather that this right arm were amputated at the trunk than that I should come short of my duty to you in delivering God's message."
Die volgende week was hy op 'n plaas en het gekyk hoe 'n dorsmasjien koring dors, toe 'n wiel sy mou gryp en sy arm tussen die groot ratte vergruis word. Die skok en bloedverlies, skryf Kenneth Osbeck, het sy dood veroorsaak. Op sy sterfbed het 'n groepie bedroefde vriende en ander leraars 'n laaste woord van hom gevra. Hy het sag gefluister: "Let us stand up for Jesus."



'n Medewerker en vriend, eerw. George Duffield, van die Temple Presbyterian Church in Philadelphia, het in sy Sondagoggend preek hulde gebring aan die ontslape prediker en toe 'n gedig gelees wat hy gaan skryf het na hy Dudley Tyng se laaste woorde gehoor het: "Stand up, stand up for Jesus, ye soldiers of the cross!"
Hoekom het so iets met die getroue jong prediker gebeur? Ons sal nooit weet nie. Nie een van sy preke het bewaar gebly nie, maar die lied wat soos 'n vrug uit sy ongeluk en dood voortgekom het, spreek tot vandag toe aanmoediging tot Jesus se volgelinge.- Sjibbolet.








Volgende stop Golgota!



In die 18e eeu al is daar ‘n begraafplaas gevestig tussen Chicago en Evanston met die naam Calvary (Golgota). Die treinspoor by Calvary Stasie was hoog in die lug en mense moes op die stasie afklim en met trappies afklim na die begraafplaas.
            Wanneer ‘n trein daar aangekom het met begrafnisgangers, met kis en al, is die kis met ‘n spesiale hyser vanaf die trein tot onder by die begraafplaas se hek laat sak.
            Die trein het net op spesiale versoek by Calvary Stasie gestop soos wanneer besoekers, begrafnisgangers en kiste afgelaai moes word.
            Wanneer iemand egter die begraafplaas wou besoek, moes hy of sy vooraf die kondukteur waarsku dat die trein daar moes stilhou.

00000000 0000  laflin%20sta%20metrop%201905%20web


Hier is ‘n kis pas vanuit die kondukteurswa op Calvary Stasie afgelaai. Hiervandaan gaan dit
met ‘n spesiale hyser af na die begraafplaas terwyl die mense met trappies daarheen afklim.
Die foto is in 1905 geneem.

Wanneer die trein by die vorige stasie weggetrek het, het die kondukteur, luid in die waens uitgeroep: “Volgende stop Calvary. Die trein stop net daar op versoek, Enigiemand vir Calvary””
            Dan moes jy gou praat of anders het jy beland waar jy nie wou wees nie.
            Deur die eeue sedert Christus se sterwe gaan ‘n wekroep oor land en see: “Kom na Golgota en verkry vergifnis en die Ewige Lewe.”
            So baie het al reageer, dat die Christendom vandag die grootste beweging in die wêreld is en die Bybel as die grootste verkoper van alle boeke.
            As jy Golgota mis gaan jy ook beland waar jy nie wil wees nie.
Maak Golgota jou volgende stop!
            Verstommend dat iemand ‘n begraafplaas Golgota sou noem... want dan is dit elk geval reeds te laat.
“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Joh 1:12 – Sjibbolet
·       Laat die wekroep opnuut weerklink vir die grootste Herlewing wat SA ooit in sy geskiedenis beleef het.

Maandag 13 Junie 2016

Dan ontmoet ons weer mekaar...



Die Olyfberg is deel van Oos Jerusalem en onder Israel se beheer. (Tans is daar konflik tussen Israel en die Palestyne oor Oos-Jerusalem en die Golan Hoogtes – Eerste Minister Benjamin Netanyahu het pas gesê Israel sal nooit in der ewigheid van Jerusalem en die Golan Hoogtes afstand doen nie).
In hierdie geskrif gaan dit oor die verseëlde Goue Poort (of Gate of Mercy of The Eastern Gate) waardeur die koms van die Messias voorspel is.  Vir hierdie rede het baie Jode die Olyfberg gekies as begraafplaas, sodat hulle, wanneer die Messias kom, van die eerstes sal wees om Hom deur die Oospoort te volg.
Hieroor sê Jesus: “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” Matt 19:30
Die Turke het die Oospoort in 1530 gesluit en dit is vandag nog toegebou. Die Ou Stad het nege poorte. Al die poorte is oop, behalwe die Oospoort. Dit sal eers oopgaan met Jesus se Koms, word geglo.



Die Bybel wys dat Jesus destyds op sy reise telkemale heen  en terug deur die Oospoort beweeg het. Volgens die Joodse Bybelse tradisie gaan Jesus deur die Oospoort Jerusalem binnegaan by Sy Wederkoms.
“Toe het hy my teruggebring na die buitenste poort van die Heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.
“En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.
“Wat betref die vors, hy moet as vors daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.” Eseg 44:1-3
Met Jesus se Koms gaan ‘n aardskudding die Olyfberg splyt: “En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
“En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal weg wyk na die noorde en die ander helfte na die suide.” Sag 14: 4-5
Die begraafplaas teen die olyfberg is baie klipperig. Hier is geen blomme op grafte nie... ‘n Joodse gebruik is om klein klippies op die graf te plaas om aan te toon dat hulle die graf besoek het. Die begraafplaas sit teen die hange van die Olyfberg waar eens net olyfbome gegroei het.
Besoekers aan die Olyfberg staan op heilige grond. Omtrent 2000 jaar gelede, het Jesus hier teen die hange van die Olyfberg gestaan en uitgekyk oor die Ou Stad en profesieë uitgespreek wat die ganse wêreld verander het, met die grootste daarvan, Sy Wederkoms, waarna ons reikhalsend uitsien.
Die Olyfberg word eers genoem tydens die vlugtog van Dawid (2 Sam 15:30) en word ook genoem in Sag 14:4, 1 Kon 11:7, 2 Kon 23:13, Neh 8:15, Eseg 11:23. Dawid vlug uit Jerusalem tydens die opstand van Absalom.
Kaalvoet, met bedekte hoof, wenende, klim koning Dawid die Olyfberg uit. Op die top bid hy. Hy ontmoet sy vriend Husai daar. ‘n Entjie verder ontvang hy ‘n opgesaalde esel en proviand vir sy vlug na die Jordaanrivier. 2 Sam 15: 30-31
Eeue later ontvang Jesus, Seun van Dawid, ook ‘n esel op die Olyfberg om Jerusalem mee binne te ry….
Die Olyfberg word verskeie kere genoem in die Nuwe Testament as die roete van Jerusalem na Betanië wat strek oor die Olyfberg. Matt 21:1,26:30. Jesus het baie tyd op die berg spandeer waar hy ook lering en profesieë aan sy dissipels deurgegee het.
Aan die voet van die Olyfberg is die Tuin van Getsemane. Jesus en sy Vriende hier saam gesing het: “En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.” Matt 26:30
Jesus het ook vanhier na die Hemel opgevaar. Hand 1:9-11
Die beroemde Olyfberg Profetiese rede, soos dit in Matt 24, Mark 13 en Luk 21 opgetekenis, vorm die kern van Bybelprofesie. Hierdie kernprofesie wat Jesus enkele dae voor Sy Kruisiging in afsondering aan Sy dissipels oorgedra het, gee ons ‘n woordbeeld van die Eindtydgebeure.
Omdat Jesus hier gaan verskyn, is besoekers aan die Olyfberg besig om olyfbome daar te plant in afwagting en ter verwelkoming van Jesus se Koms.
Daar is ‘n pragtige lied is oor die Oospoort geskryf. Die lirieke en musiek is soos volg:
The Eastern Gate
I will meet you in the morning,
Just inside the Eastern Gate;
Then be ready, faithful pilgrim,
Lest with you it be too late.

Refrain:
I will meet you, I will meet you
Just inside the Eastern Gate over there;
I will meet you, I will meet you,
I will meet you in the morning over there.

If you hasten off to glory,
Linger near the Eastern Gate,
For I’m coming in the morning;
So you’ll not have long to wait.

Keep your lamps all trimmed and burning;
For the Bridegroom watch and wait;
He’ll be with us at the meeting
Just inside the Eastern Gate.

Oh, the joys of that glad meeting
With the saints who for us wait!
What a blessed, happy meeting
Just inside the Eastern Gate!

http://www.bing.com/videos/search?q=the+eastern+gate+youtube&view=detail&mid=943D3E6FD52BB0ABC65A943D3E6FD52BB0ABC65A&FORM=VIRE

“Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.
“Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.
“Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.” Matt 24:42-44.
En dan ontmoet ons almal weer mekaar. – Sjibbolet

Saterdag 11 Junie 2016

Is jy ook Swerwende?




Die legende is die eerste keer vertel deur ‘n Armeense biskop wat Engeland in 1228 besoek het.
Soos dit maar met legendes verloop, het daar sedertdien baie variasies voorgekom in die letterkunde van Europa, en ‘n aantal beroemde romans het daaruit ontstaan.

Daar was ‘n man, Kartafilus, wat deur­wagter was by die paleis van Pilatus.
Toe Jesus Christus uit die paleis gelei word om gekruisig te word, skel Kartafilus op Hom. “Toe dan, toe dan, loop gouer – waarom draai jy nog?”

Daarop het die Veroordeelde tot die dood, vir Katafilus aangekyk en hom veroordeel tot die lewe.
“Ek gaan, ja; maar jy bly ... tot Ek weer kom.”

En van daardie tyd af swerf Kartafilus deur die lande en volke van die wêreld en deur die honderde jare van die geskiedenis, onsterflik. Hy soek gevare, ellendes, aardskuddings, brande, slagvelde, pes­tilensies, maar alles tevergeefs. Hy probeer om op alle maniere selfmoord te pleeg; dit wil hom nie geluk nie.

Die dood is vir hom ongenaakbaar; hy is tot die lewe gedoem.

Volgens die legende was hy met die tyd van die kruisiging, dertig jaar oud. Elke keer wanneer hy 100 jaar oud geword het, het hy sy bewussyn verloor en wanneer hy weer sy bewussyn herwin het, dan was hy weer 30 jaar oud en deurloop hy weer dieselfde pad totdat hy weer 100 jaar oud is.

Dit in soverre dit die legende betref. Die realiteit van die tyd is, dat ek en jy ook moet wag totdat Hy ons kom haal.

As ek en jy wedergebore is, dan swerf ons nie meer doelloos oor die aarde rond nie, maar is dit ons Groot Opdrag om die swerwendes na die HERE te lei en so GOD se Koninkryk te bou – al die mense gereed te kry vir wanneer Hy weer kom om ons te kom haal.

Wanneer jy hier lees en ontdek dat jy steeds swerwende is, weet dan dat daar  Genade vir jou is.
“As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

“As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

“My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

“En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

“En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.

“Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
“Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” 1 Joh. 1:9: 2:1-6
Ons is nie soos Kartafilus in die legende tot die lewe gedoem nie, maar ons is tot die nuwe lewe in Christus Jesus geroep!

Almal wat Jesus Christus as Saligmaker aanneem, gee Hy mag om kinders van God te word. Joh. 1:12

“Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.” Joh. 3:17-18
As jy dus swerwende is, sonder God, sonder roeping, sonder visie, dan is Sy uitnodiging aan jou gerig:
            “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
“As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

“Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.” Jes. 1:18-20. – Sjibbolet