DIE stad Ninevé was die hoofstad van florerende Assirië. Dit was ‘n groot trotse stad wat ‘n verskrikking vir die volke van die nabye Midde-Ooste was. In hulle grootheid en trots het ook die Nineviete die geestelike wandel saam met God byster geraak.
Vandag, soos destyds, is die profetiese stem weer daar om te waarsku. Hierdie keer word die waarskuwing aan ons, ek en jy, gerig!
Maar eers die volgende: Hoe tree die Vader op, wanneer ons bepaal, dat ons nie gaan doen wat Hy wil hê ons moet doen nie?
Die antwoord hierop word vervat in ‘n besondere verhaal in die Ou Testament, die verhaal van Jona, die profeet, wat deur die Vader ‘n opdrag gegee was, maar besluit het dat hy nie die Vader se opdrag gaan uitvoer nie.
Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van die verhaal.
Aan die een kant is daar die volk wat nie langer gehoorsaam was nie, maar aan die anderkant, en in ‘n ewe gevaarlike situasie, is daar diegene aan wie geopenbaar is wat gaande is, en wat die volk moet waarsku en dit nie doen nie.
Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het ‘n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie moet verkondig.
Jona se opdrag was: Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé, en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.”
Daar is drie werkwoorde in die opdrag:
· Maak jou klaar – dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.
· Gaan – dit beteken, daar is ‘n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.
· Spreek – wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees, ja, dat ons selfs moet profeteer.
Die woord “maar” is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, Strofe 3 begin met “Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan…
En verderaan verskyn die woord “maar” weer ‘n keer: Maar die Vader het ‘n sterk wind…
Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons ‘n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé… en verder: En die manne van Ninevé het geglo…
Met ander woorde, toe Jona “maar” gesê het, het die Vader ook sy eie “maar” gereed gehad. Toe Jona egter “ja” sê, was die Vader gereed met Sy eie “ja” en toe stroom die seëninge.
Die derde strofe van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van God se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.
Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord “af”. Jona het “afgegaan” na Jafo en in ‘n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip “afgeklim”.
Om af te gaan, na onder te gaan en selfs onder te gaan, is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die HERE God Jaweh af wegvlug. Hierdie afganery is ‘n reël waarvolgens God in gevalle van ongehoorsaamheid optree.
Nog ‘n reël oor die voorsienigheid van God vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal. Maar hy het nooit by Taris uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord gegooi. Hy is ook nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terufgbetaal nie.
Hier sien ons ‘n groot beginsel in werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van God af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self.
Maar wanneer mens God se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die HERE God betaal die rekeninge.
Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: “God puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before you’re fixed, He has to fix another fix to fix you!”
Jona, maar ook ons, is beslis ‘n illustrasie van Mumford se woorde.
Onthou jy die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgeklou het, was hy ook vermoor.
Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam sê: “Ek sal jou loon betaal nie.”
Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou hê en God het boonop die loon, die koste om die kindjie Moses groot te maak, betaal!
Maar Jona was op pad weg van God af, buite God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal
As mens dus van God af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.
As die pad wat jy bewandel egter God se pad is, dan het jy boonop ‘n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en God sal die kostes betaal,
Dit is die les wat God aan Jona begin leer het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. God het op ‘n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.
Laat ons almal maar die les hieruit leer: God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam. Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van seëninge weens ons gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.
Wanneer God praat moet ons luister. Selfs Saulus moes op ‘n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie. Dit is ook die rede waarom hierdie boodskap geskryf is: Omdat ons luister en gehoor gee aan ons opdrag!
As God verlang dat ons ‘n besondere taak moet verrig, dan het ons nie ‘n keuse nie. So is die opdrag aan al die kinders van God om die Evangelie van Jesus Christus reg oor die wêreld uit dra, siele in te beringm, hulle te doop, hulle te leer.
“Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.” 1 Kor 3:9
Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en ‘n onsekere bestaan voer.
Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.
Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely. Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof van seëninge.
Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar voorsiening gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie – diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!
Nou moet jy self besluit waarheen jy oppad is!
Altesame 25% van die Bybel bestaan uit profesieë, terwyl sowat 90% van alle profesieë op die eindtyd dui. Reg deur die Bybel gaan profesieë in vervulling. Vandag nog gaan hulle in vervulling en talle sal nog in vervulling gaan tot selfs nadat die Wederkoms van Christus plaasgevind het.
Die geskiedenis het bewys dat gebed is ‘n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreldverskuiwende saak. Maar eers moet die volk na sy God terugkeer. In die tyd van Salomo en Nehemia het die volk ook afgedwaal. Hier volg ‘n opsomminge van Salomo en Nehemia se gebede:
Nehemia 1: 4-11
“Ag, HERE, God van die Hemel, groot en ontsagwekkende God, wat U verbond en U troue liefde handhaaf teenoor diegene wat vir U lief is, luister tog, gee tog ag op wat ek, U dienaar, sonder ophou, tot U bid.
Ek bid vir U dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan U gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan U dienaar Moses gegee het.
Dink tog aan die belofte wat U gemaak het: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke strofetrooi, maar as julle, jul tot My bekeer, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele wêreld strofeprei.
Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om My naam daar te laat woon. Ag HERE, luister tog na die gebed van U dienaars, hulle vir wie dit ‘n vreugde is om U Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen.”
Salomo 1 Kon. 8: 23-52
“HERE, God van Israel, in die Hemel of op die aarde is daar nie nog ‘n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor U dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe.
Sou God werklik op die aarde woon? Die Hemel, selfs die hoogste Hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het.
Hoor tog HERE, my God, die gebed van U dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat U dienaar vandag tot U rig.
Hoor tog die smeekbedes van U volk, hoor dit tog uit U Hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe tog!
As U volk Israel deur ‘n vyand strofelaan word omdat hulle teen u gesondig het en hulle kom tot inkeer, en bely U naam en bid tot U in hierdie huis en smeek U, luister tog uit die Hemel en vergeef U volk israel se sonde en laat hulle terugkom na die land wat U aan hulle voorvaders gegee het.
Wees tog ontvanklik vir die smekinge van U volk Israel, verhoor tog elke gebed wat hulle tog U rig!”
En so spreek Dawid die teruggekeerde volk aan:
Dawid: Psalm 149
“Lofgesang en Oorlogswaard”
Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
Laat Israel hom verheug in sy Maker;
Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
Laat hulle Sy naam loof in koordans,
Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
Hy strofeier die ootmoediges met heil.
Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
(Hoekom?)
om wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
“Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
As ek dink: My voet wankel- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.” Ps 94:14-23