Maandag 23 Februarie 2015

Die vyf wyse en die vyf dwase lampdraers


Image result for virgins with oil lamps in the Bible

Ons lees van die tien maagde. Wie is hulle?
”Dan sal die Koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
“En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
“En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
“Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
“En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
“En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
“Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
“En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
“Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
“En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
“Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
“Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
“Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.” Matt. 25:1-13
In die dae van hierdie gelykenis het tradisionele huwelike in die nag plaasgevind. Dit was die gebruik dat bruidsmeisies met lampe die bruidegom buite die dorp inwag en na die plek waar die huwelik sou plaasvind, begelei.
Met hulle lampe het hulle ook bykomende lig by die seremonie verskaf.
Daar was gesê die bruidegom is op pad, daarom neem hulle hul lampe en gaan uit om hom in te wag. Maar hy het getalm om te kom.
Hulle het so lank gewag dat hulle aan die slaap geraak het.
Die bruidsmeisies was inderdaad ongetroud en dus nog maagde, daarom dat hulle maagde genoem word.
In ons dag is al die wedergeborenes maagde, of dan Christene. Weer is die nuus daar dat die Bruidegom kom, maar hy talm om te kom.
Vraag is: Hoeveel van ons is wys en hoeveel van ons is dwaas?
            Die wyse sê hulle sorg dat hulle genoeg olie het en wag hom met groot blydskap in.
Die dwase kom met allerlei praatjies en begin twyfel aan die koms van die Bruidegom.
Die waarheid is: “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” 2 Pet. 3:9
Die kerk van ons tyd is die Gemeente van Laodicéa: Die meeste lidmate is lou en staan gevaar om deur die HERE uitgespuug te word.
Aan hulle sê Hy by herhaling:
“Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.” 2 Pet. 3:10-11
Die wyse maagde sorg dat hulle aan die vereistes voldoen soos in waar manne in die gemeente aangestel moes word wat ook aan spesifieke vereistes moes voldoen: “Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel...” Joh. 6:3
Die wyse Christene sorg dat hulle van goeie getuies is, vol is van die Heilige Gees en wysheid in pag het.
Die tekens van die tye soos vermeld deur Jesus Christus self in Matt. 24 is in hierdie dag en uur ‘n werklikheid. Daarom sê die Skrif:
“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? –
“julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
“Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
“Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.”
“En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
“net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. (Inderdaad is ongeleerde en onvaste mense besig om die Woord te verdraai).
“Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, (waarom Hy dan talm) moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. (Inderdaad word die dwase Christene meegesleep deur die dwaling van sedelose mense en val hulle weg uit hulle standvastigheid).
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.” 2 Pet. 3: 11-18
Die wyse Christene sorg dat hulle getuienis vasstaan, dat hulle vol is van die Heilige Gees, dat hulle wysheid in pag het deur te sorg dat hulle toeneem in die genade en kennis (wysheid) van Jesus Christus, hulle Saligmaker.
Die wyse Christene verwag die Bruidegom deurentyd en sorg dat hulle deurentyd gereed is. Hulle lampe is vol en hulle sorg ook vir ekstra olie.
Hulle bid meer as net gereeld, hulle dra hulle getuienis uit, hulle plaas ‘n wag voor hulle mond, hulle bestudeer die Skrifte, lees elke dag hulle Bybel, woon die gemeenskap van die heiliges se byeenkomste by. JA, hulle sorg dat hulle niks mis nie. Hulle wandel in die Gees en in Waarheid.
Die wyse Christene volhard. Sonder volharding kan daar geen oorwinning wees nie. “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Matt. 10:22; 24:13. Die woorde volhard en volharding kom 18 keer in die Nuwe Testament voor.
“Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” Matt. 7:13-14
Ons moet altyddeur gereed wees vir die koms van die Bruidegom Jesus Christus. Selfs in tye van vrede bly ‘n weermag op gereedheidsgrondslag. Dit gebeur min dat daar brande in Suid-Afrika ontstaan, maar die Brandweer is dag en nag op ‘n gereedsheidsgrondslag.
Jy kry ‘n oproep van ver af, ‘n familielid is ernstig siek en die ergste word verwag. Jy maak gereed om te ry sodra jy hoor dat die ergste gebeur het. Elke telefoonoproep ruk deur jou wese, want dalk is dit die ergste en jy moet dadelik ry.
As jy besig is om hier te lees, dan is hierdie jou oproep. Maak gereed, wees gereed: Die Bruidegom kom vir seker.
In die skrywer se kantoor hang ‘n geskrif ten die muur: “Dalk Vandag!” Dis om almal daaraan te herinner: Dalk kom die Bruidegom vandag!
“Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.” Luk. 21:36
Met die aardskuddings in die Boland etlike jare gelede, was mense oral met vrees gevul. Geboue het gekraak en ingetuimel. Waterpype het gebars, die aarde het oop gekraak, berge het geskud.
In Markstraat in die Paarl hardloop ouma Johanna de Villiers vol blydskap tot in die straat. Sy het die straat op en af gekyk, in die lug gekyk, en byna teleurgesteld teruggestap in haar huis: “Ek het gedink dis die Wederkoms!”
Sy was altyd gereed.
Wat doen die wyse Christene om te verseker dat hulle kan volhard tot die einde toe?
Hulle hou hulle lampe vol olie en sorg vir ekstra olie. Hulle versaak nie die gemeenskap van die Heiliges nie, hulle bid elke dag, bestudeer die Woord gereeld, bring ure alleen saam met die HERE deur en dra hulle getuienis in woord en in daad daagliks uit terwyl hulle bou aan die Koninkryk van GOD.
Wat doen hulle nog?
            “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” Fil. 4:4 (hoekom?) Want hulle lewe in afwagting op die koms van die Bruidegom.
            “”Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.” Openb. 19:7
Wyse Christene lewe daagliks in blydskap teenoor die HERE want hulle weet hulle dae van swaarkry op die Planeet Aarde is eersdaags verby.
“En GOD sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” Openb. 21:4
Een van die “uitstaande” sondes wat GOD grief, is huigelary en geveinsdheid. Daar is Christene wat getuig dat hulle wedergebore is, maar hulle vernietig die Christendom. Hulle mond bely een ding, maar hulle handelinge
toon ’n gejaag na geld, selfvervulling, plesier.
            Paasnaweke bespreek hulle al ’n jaar vooruit vakansies by plesierplekke. Die gemeenskap van die Heiliges, aanbidding en dit waaroor die Pase handel, is nie eers in hulle gedagtes nie.
            Dit sal goed wees as die regerings van die wêreld openbare vakansiedae en Christen-vakansiedae afskaf, sodat daardie Christene wat GOD in Gees en in Waarheid aanbid, verlof kan neem, offers kan bring, om die Heilige dae te gedenk. Eers dan sal mens die Christen van die wêreld, die kerk van die Koinonia,  kan onderskei. Huidiglik is daar min verskil tussen die Christendom en die wêreld.
            Kerke praat gedurig van hervorming. Liedereboeke word gereeld vervang met nuwes. Die Bybel word voortdurend opnuut vertaal. Die Evangelie word deurentyd verwater. Die een kompromie na die ander word aangegaan en die Christendom bevind homself in heerlik verdoemende grys area.
            Sou wedergeborenes wat 300 jaar gelede die HERE gedien het, hel toe wees omdat hulle Bybels nie korrek vertaal was nie? Wie sê dis nou reg vertaal?
“...want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
“en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” 11 Tim. 4:3-4
Alle godsdienste is ewe skielik aanvaarbaar, so ver heen is die Christendom al gebreinspoel. Bybelse morele waardes en standaarde tel nie meer nie. Al wat saakmaak is die grys area.
Die wyse Christene skaar hulle by die Woord: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
“sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 11 Tim. 3:16-17
Die dwase Christene verkies die grys area. Die grys area is verraad teenoor Jesus Christus en maak van Christus ’n bespotting, vertrap die Bloed van Jesus. Dit ondermyn die totale Christendom en vernietig die geloofwaardigheid daarvan.
Die dwase Christene staan gelyk aan die wêreld wat betref die patetiese opvoeding van hulle kinders, dat hulle nie hul gesinne kan regeer nie, dat hulle buite-egtelike verhoudings het en egskeidings hoogty vier, hulle mishandel hul vroue, hulle verkeer telkens in dronkenskap.
Hulle stel geen Bybelse morele voorbeeld aan die Wêreld of aan hulle gesinne nie.
Maar dank God, die Bruidegom talm om te kom... daar is nog geleentheid om jou lamp vol te maak... net-net geleentheid. – Sjibbolet 

Sondag 22 Februarie 2015

Saulus (Paulus) ‘n Terroris


Image result for Paulus in the Bible



Mens staan verstom oor die terreurdade van die Islamitiese Staat en sy satelliet terreur organisasies. Christene word in talle lande vervolg. Hulle word wreedaardig vermoor. Onder meer word hul koppe met swaarde afgekap.

Duisende is reeds vermoor en miljoene vlug oor grense en oseane om die verskrikking te ontvlug.

Gelowiges moet ernstig vir hierdie terroriste in hierdie dae bid. Saulus (een wat voor gebid is) was ook ‘n terroris. Hy het nie in die geheim opgetree nie. Sy terreurdade was oop en bloot gedoen Hy was ‘n gevreesde man.

Paulus was in bevel van hierdie grusame moord: “En Stéfanus het gesê: Kyk, ek sien die Hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.

“Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.
“En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.
“En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
“En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.” Hand 7:56-60

Maar Saulus was bloeddorstig. Meer moes onskuldig sterf. “En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi (moes vlug) oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.” Hand 8:1

“Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.” Hand 8:3

Saulus was ‘n generaal, ‘n Jood en ‘n baie slim man wat die Torah en die Joodse wet bemeester het, ook skerp in fisiologie en ‘n Fariseër.

Saulus was op die oorlogspad.

“Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as oue, sodat hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.
“En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
“En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
“En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
“En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
“Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.
“En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie. ()hierdie gebeure moes vir hom ‘n geweldige skok gewees het. Hy wat bevele gee, word nou beveel)
“En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
“Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; en hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
“Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het; en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.
“Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
“Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.
“En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
“En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
“En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was 'n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.
“En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
“En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?
“Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.
“En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.
“En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring; maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in 'n mandjie te laat afsak.
“En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy 'n dissipel was nie.
“Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.
“En hy het saam met hulle in – en uitgegaan in Jerusalem en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.” Hand 9:1-29

En Paulus is na sy Wedergeboorte gedoop. Mense mag nie gedoop word voordat hulle tot die geloof kom nie.

Die terroriste organisasies wat tans oor die wêreld heen, ook in Afrika, Christene vermoor, kan almal gered word. Christene vlug in hulle honderde duisende, selfs deur woestyne en oseane en baie sterf in die proses.

Hulle moet kies, soos wat almal sal moet kies om die Merk van die Dier te neem of nie te neem nie. Van oral stroom die berigte in dat nie een Christen ingegee het om die Islamitiese geloof te aanvaar.

In Suid-Afrika sal die Gelowiges hulself bymekaar moet maak en begin bid soos nog nooit tevore nie. Die soewereine Almagtige God (Yaweh) is magtiger as al die terroriste gesamnetlik!   – Sjibbolet

Saterdag 21 Februarie 2015

Die Bruidegom Kom!


Image result for wederkoms van jesus christus


“Dan sal die Koninkryk van die Hemele wees soos die tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die Bruidegom te ontmoet.
          “En middernag was daar ‘n geroep:  Daar kom die Bruidegom; gaan uit, Hom tegemoet.” – Matt. 25:1-6.
          Die aandag word op Sy Wederkoms gevestig, nie as Verlosser nie, maar as Bruidegom: “Daar kom die Bruidegom!”
          Hy kom nie as Regter nie, ook nie as Krygsman van Armageddon nie, maar as Bruidegom.
          Christus kom as Juwelier na sy Juwele (Mal:3:17), om sy Oes in te haal (Matt. 13:30), as die Koopman vir sy Pêrels (Matt. 13:45), as Edelman vir sy Onderdane (Luk. 19:12), as die Herder van sy Skape (1 Pet. 5:4).
          Ja, natuurlik kom Hy as die Bevelvoerder vir die Slag van Armageddon, maar eers, kom hy as Bruidegom!
          Wees gewaarsku! Hy kom vir seker. Die tyd is reeds bepaal. Die skedules is reeds gedruk. Die Groot Dag is aan God bekend.
          Daar is egter ‘n verrassingselement: Die Bruid weet nie wanneer haar Bruidegom haar kom haal nie, juis daarom moet sy deurentyd gereed wees.
          Niks kan Sy koms verhoed nie. Die besluit oor sy Wederkoms is onomkeerbaar. Hy het dit belowe in sy Woord en Hy bly ‘n waarmaker van Sy beloftes.
          Geen verdraaiing van sy Woord kan die Wederkoms vertraag, stop of verander nie. Valse profete kan maar profeteer soos hulle wil, Hy kom inderdaad!
          Christus se Wederkoms is so seker as die integriteit van die Almagtige God!
          Vraag is:  Is jy gereed?- Sjibbbolet

Woensdag 18 Februarie 2015

Polities, maar nie Geestelik vry nie


Image result for christians 


Altesame  3 655 928 Blankes in Suid-Afrika het in die 2000-sensus aangedui dat hulle aan Christen-kerke behoort. Dit beteken natuurlik nie dat hulle wel kerk toe gaan nie.
            Bereken teen ‘n gemiddelde van 1 000 lidmate per gemeente, moet daar 3 655 Christen-gemeentes in die land wees. Dit beteken dat elke Sondag word sowat 7 000 preke in Blanke kerke gelewer. Dit is sowat 350 000 preke per jaar.
            Voeg hierby dat die 3 655 gemeentes een keer per week biduur het en ons het ‘n bykomende sowat 180 000 geloofsbyeenkomste per jaar, dus, altesame sowat
560 000 kerkbyeenkomste per jaar het.
            Wat word daar gepreek as die land lyk soos hy lyk en ons nie Herlewing ondervind nie, en die Kerk se stem nie gehoor word nie, en Christene nie ‘n verskil aan hulle gemeenskappe maak nie?
            Wat alle groeperinge betref, d.w.s. wit, Swart, Bruines en Asiër het 34 689 907 mense aangedui dat hulle aan Christen-kerke behoort.
            Aanvaar hierdie keer dat daar 2 000 lidmate per Christen-gemeente is. Dit is sowat 17 000 gemeentes, wat beteken daar word elke Sondag  sowat  34 000 preke landwyd in Suid-Afrika gelewer. Dit is 1 700 000 preke per jaar, plus die boodskappe van sowat 17 000 per week by bidure.
            Dan is daar nog die talryke boodskappe per week op radio en TV. Nogtans, die getal boodskappe wat per week, per maand, per jaar verkondig word,  maak feitlik geen verskil aan die land se situasie wat byvoorbeeld misdaad betref nie. Die lys van probleme is droewig lank.
            Dan is daar ook nog ‘n magdom boodskappe daagliks op TV en die radio.
            Wat sou die inhoud van al hierdie boodskappe wees dat daar so ‘n geringe uitwerking is? As die boodskappe nie ‘n beduidende verskil binne en buite die Kerk maak nie, dan vra dit nie kritiek nie, maar besliste diepteondersoeke.
            Moet die boodskappe nie dadelik stopgesit en vervang word met lering en gebed nie? Dis duidelik dat selfs die Kerk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis.
            Ons kan nie aangaan soos ons aangaan nie, want ons belewe nie die vrug wat so broodnodig is nie. Die situasie versleg en dit word nie beter nie.
            Hoekom moet ons wag totdat ons van ellende krepeer?
            Talle Blanke gemeentes moes al hulle deure sluit. Ander moes saamsmelt en in sommige gevalle is kerkgeboue al verkoop. Dis duidelik dat honderde duisende Christene nie langer dienste bywoon nie en ‘n geldnood bedreig die voortbestaan van talle ander.
            In een geval moes ‘n gemeente van 1 500 lidmate by ‘n ander inskakel omdat hy nie langer geldelik die mas kon opkom nie. Dit is skrikwekkend.
            Dis of die statistiek ons onsself in ‘n spieël laat kyk, en mens sidder.
            Nogtans, kan die hele situasie wat die Kerk en die samelewing betref, omgekeer word. God se vermenigvuldende krag kan weer in werking gestel word.
            As ons dit nie geweet het en nie geglo het nie, sou ons nooit hierdie boodskap geskryf het nie.
            Die antwoord en oplossing lê in verootmoediging, ‘n algehele terugkeer na God en Sy insettinge wat ‘n magtige Herlewing tot gevolg sal hê.
            Waar begin ons? Ons begin daar waar elke getroue Christen ten spyte van wat ook al, steeds getrou die HERE dien. Dit begin by gebed en nogmaals gebed. Ons begin by Matt 18:20  “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Daar begin ons bid...”
            Ook sal ons, ons tonge moet muilband en dit soos ‘n skip se roer in die regte rigting moet stuur. Ons tonge het skindertonge geword. Ons weet meer van ander se sake as van ons eie. Ons bid nie vir mekaar nie en ons dra nie mekaar se laste nie omdat ons, ons eerste liefde verlaat het. Ons bemoedig nie mekaar nie en ons seën nie mekaar nie. In baie gevalle ken ons nie eers ons bure of ander in die straat nie.
            Verdeeldheid kom wyd voor weens die skindertonge. Wanneer mens van iemand skinder het dit ‘n binding in jou eie gees tot gevolg en jy beteken vir God, vir jouself en vir ander om jou absoluut niks.
            Weens hierdie binding in ons gees, raadpleeg ons ook nie vir God nie, maar dwaal ons in dwaasheid voort met eie mensgemaakte planne. Dawid sê in Ps. 33:10:  Die HERE vernietig die raad van die nasies. Hy verydel die gedagtes van die volke.
            In strofe 11 beklemtoon hy die feit dat alleen die raad van die HERE bestaan en dit bestaan vir ewig, en die gedagtes van Sy hart (nie ons harte) bestaan van geslag tot geslag.
            In trofe 12 is die antwoord: Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitverkies het!
            En verder: Die HERE kyk van die Hemel af;  Hy sien al die mensekinders (al lewe sommige van ons asof dit nie die geval is nie). Uit Sy woonplek  aanskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op hulle werke! (En ons dink ons kan maar lewe soos ons wil).
            Ons is arm en beklaenswaardig omdat ons geestelik so arm en ellendig is.
            Dan kom sommige nog en gee God die skuld vir die toestand waarin ons is en hoor mens gereeld die vraag:  Waarom doen God nie iets nie?
            Intussen is dit ons wat iets moet doen. Ons kan die hele situasie omkeer.
            Die dissipels sê  vir Jesus: Die 5 000 man en hulle vroue en kinders is honger en ons het nie vir hulle kos nie en ons kan ook nie vir hulle kos gaan koop nie.
            En Hy antwoord:  Gee julle vir hulle iets om te eet!
            Die paar broodjies en vissies voed daardie dag al daardie mense en agterna word 12 mandjies brokstukke ook opgetel.
            As die dissipels bly staan het en gesê het: Waarom doen God nie iets nie, het niks gebeur nie.
            Toe hulle egter daardie paar treë na die eerste ry mense stap (geloof en vaste vertroue) en die bietjie kos begin uitdeel, toe kom God se vermenigvuldende krag in werking.
            Dit is wat ons nodig het. Ons moet ons tonge muilband en die negatiewe praatjies staak. Ons moet terugkeer na God se raad, God se gedagtes.  Ons moet ons verlamde knieë optel (voordat ons heeltemal inmekaar val) en sonder ophou begin bid, sonder ophou begin werk, want,  dis tyd dat ons weer God se vermenigvuldende krag in werking sien.  Hoe lank wil ons nog so sonder rigting voortploeter?
            Ons leef in ‘n land met allerlei politieke vryhede, maar ons is geestelik gebind. Voordat ons nie geestelik vrykom nie, kan God nie die honger, die pyn en die lyding oplos nie. Ons is vasgevang in ‘n bose kringloop waarin almal kla dat hulle armer word. Hoe lank moet dit nog so voortgaan?
            Dis tyd dat ons met durf en daad opstaan en sê: Genoeg is genoeg, nou gaan ons, ons na God keer! Vir die HERE sal ons sê: HERE, ons los U nie, nie voordat U ingryp nie.
            Dawid – gesalf as koning oor God se volk – was ook eens in ‘n benarde situasie in Ps. 142. Hy was die man wat die uitverkorenes van die HERE moes lei. Tog bevind hy homself in ‘n spelonk waarheen hy vir sy lewe moes vlug.
            Strofe 2: Hardop (!) roep hy tot God. Hardop (desperaat) smeek hy God vir hulp.
            Dawid het sy toevlug na die regte persoon geneem. Hoekom doen ons nie dieselfde nie?
            Strofe 2:  Hy stort sy klagte voor God uit. Hy maak sy nood aan God bekend.
            Dikwels wil ons met die predikant en met iemand anders oor ons probleme gaan praat.  Soms help dit, maar ons kan elke keer hulp kry wanneer ons (hardop en desperaat) na God roep.      
Strofe 3:  Sy gees versmag in hom, maar hy weet God ken sy pad vorentoe.
            Ja, God het ‘n plan vir elkeen van ons, maar ons leef so ver verwyderd van Hom dat ons die pad en die plan byster is – soos ook nou die geval is.
            Strofe 5:  Hier vind ons hoe dat Dawid in sy verlatenheid rondkyk of daar nie iemand is wat hom kan help nie. Tot sy verdriet ontdek hy dat niemand eers na hom vra nie.  Niemand stel blykbaar meer in hom belang nie.
            Sy enigste troos is dat God hom steeds liefhet en hom graag wil help.
            Strofe 6: In sy nood roep(!) hy weer tot God.  Dit was ‘n wanhoopskreet tot sy Skepper.  Dit was die kreet van ‘n man wat besef vir hom is die lewe verlore as God nie in guns aan hom dink nie.
            Strofe 7:  Hy smeek God om asseblief na hom te luister. Hy bely voor God dat hy swak is en homself nie kan help nie.
            Strofe 8:  God moet hom uitlei en guns aan hom bewys. Hy besef dat God hom uit sy toestand kan red en dat hy daardeur ook weer by sy mense guns gaan vind.
            Kom dan, kom ons maak soos Koning Dawid: Kom ons neem ons toevlug na God.  Hy wag vir ons! - Sjibbbolet

Red ons huwelike so…


Image result for wedding


DIE huwelik en die gesinslewe is die pilare van ‘n volk. Verkrummel hierdie pilare, kom ‘n volk tot ‘n val.
            Egskeidings het Suid-Afrika reeds aan flarde geruk. Twee uit elke drie huwelike einding in die skeihof.
            Baie soek na oplossings om ‘n einde te maak aan die egskeidings want hoe kan iemand in die huwelik trou aan mekaar beloof “totdat die dood ons skei,”  en dan hulle woord verbreek?
            Hulle belowe nie net trou aanmekaar nie, maar ook teenoor God, want elke huwelik bestaan uit drie persone:  Die man, die vrou en God self.
            Die huwelike is ‘n ewige verbond.  Geen mens durf dit verbeek nie. Nogtans is egskeidings ‘n alledaagse gebeurtenis.
            Die Bybel leer dat die volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis.  Inderdaad!
            Ten eerste besef die huwelikspare nie waaroor die huwelik werklik gaan nie, dat hulle nie net wedergeborenes moet wees nie, maar dat die Bybel ‘n lamp vir hulle voet is.  Sonder ‘n lamp struikel ‘n mens en val.
            In Gen. 2:23-24 sê God dat die man sy ouerhuis sal verlaat en sy vrou sal aankleef  “en hulle sal een vlees wees.”
            Die man is die hoof van sy vrou. 1 Kor. 11:3-4. Christus is die hoof van die man en die man is die hoof oor die vrou.
            Mans moet hulle vroue liefhê. Efes. 5:25.
            Hulle moet hulle vroue eer. 1 Pet. 3:7.
            Hulle moet beheer oor die gesinslewe uitvoer. 1 Tim. 3,12.
            Mans is die hoof van die gesinslewe.  Hulle moet volle verantwoordelikheid vir hulle gesinne neem, ook wat die besluitneming betref. Hulle ios die Priester van hulle huis.
            Dit beteken nie dat vroue geen seggenskap in die huwelik het nie, maar eerder dat hulle onder die sekuriteit van die man se gesag beskerm word.
            Dit is interessant om daarop te let dat mans beveel word om hulle vroue lief te hê.
            Dit is ‘n opofferende liefde wat vergelyk word met Christus se liefde vir die Kerk.  Omdat dit ‘n opdrag is, moet dit vir die man moontlik wees om sy vrou te wil liehê.
            As alle mans hierdie opdrag van God ter harte neem dan sal dit so ‘n rewolusie ontketen dat dit die einde van egskeidings sal beteken.
            En die vrou dan, watter rol moet sy vertolk?
            As ‘n man effektief sy rol as hoof van die gesinslewe moet vertolk, dat is dit noodsaaklik dat die vrou moet weet wat haar rol in die gesinslewe is.
            ‘n Man sonder ‘n vrou is nie ‘n waardige man nie.  Hy word eers ‘n volwaardige man die dag wanneer hy in die huwelik tree.  Hulle eenheid word bevestig deurdat hulle kinders voortbring.
            Vroue moet hulle aan hulle mans se gesag onderwerp. Efes. 5:22-24. As Eva haar aan Adam se gesag onderwerp het, sou hulle nie in die moeilikheid beland het nie.
            Wanneer mens na die struktuur van die Liggaam van Christus kyk, dan is dit goed om te besef dat die huwelik basies ‘n miniatuur patroon van God se orde is.
            Ons sien dat die Hemal ons tuiste is (Joh. 14:2) en dat God ons Vader is (Matt. 6:6).
            Jesus is ons “ouer” broer (Heb. 2:12) en ons word deur die wedergeboorte in die Familie van God ingebore )Jon. 3:3). Verder sien ons dat die gesinslewe die patroon van God openbaar. Efes. 3:14,15.
            Die skokkende werklikheid wat deur min van ons erken word, is dat die ganse wêreld nie antwoorde op een van sy grootste probleme het nie —  die inmekaar storting van die gesinslewe.
            Dit is nie toevallig nie.  Dit is ‘n skepping van die satan self want ook hy weet dat die gesinslewe die werklike hart van enige volk is.
            Dit is dus noodsaaklik dat die kerk hierdie ontsettende aanslag moet aanspreek en moet toesien dat die gesinne gesonde lering kry, want uiteindelik sal nie net die gesinslewe tot niet gaan nie, maar ook die Kerk.
            Wat is die rol van vaders?
            Abraham is ons groot voorbeeld in Gen. 18:17-19.  God het geen geheim daarvan gemaak waarom Hy Abraham verkies het nie. Die Bybel sê dit was omdat Abraham bereid was om sy kinders die weë van God te leer. Genesis 18 leer dat gesinslewe die basis van elke groot volk vorm.
            Vaders moet aan die gesin die Woord van God leer.  Deut. 4:9-10.
            Die Woord van God  moet die basis vorm van bespreking en leefwyse. Deut. 6:6-9.
            Onthou, daar was geen Sondagskool in die vroeë Kerk nie. Ongelukkig is dit vandag so dat ouers die rol van Christen-opvoeding aan die dagskole en Sondagskole oorgelaat word.
            Die Woord van die Here word nie langer by die huise – soos dit hoort – by die huisaltaar gelees en bespreek nie. Daar vind geen lering by die huis plaas nie. Vaders faal jammerlik in hulle rol as hoë priester van hulle gesinslewens.  Die gesin bid nie meer saam nie.
            Ons moet die Woord van God in ons harte “weglê” en in die harte van ons kinders. Deut. 11:18-21.
            Dawid wat aan Salomo lering gee, is ‘n voorbeeld van ‘n vader se verpligting. Spreuke 4:1-4.
            Die Nuwe Testament herbeklemtoon die beginsels van die Ou Testament. Efes. 6:4.
            Die vroeë Kerk  het godsdienbeoefening tuis gehad. Hand. 2:46; 5:42.
            Die Bybel leer duidelik dat dit die verantwoordelikheid en plig van vaders is om as geestelike leiers in hul huishoudings op te tree.
            Vandag is dit dit nie so nie. As daar dalk nog iets geesteliks in ‘n huis is, dan is dit moeders wat daardie rol probeer vertolk. Die mans versaak hulle opdrag, verantwoorde-likheid en verpligtinge.
            Dit is nie te laat nie.  Ons kan ons huwelike red.  Skakel saans die TV af.  Vat boeke, lees bespreek, onderrig.  Besef jou werklike rol as vader in die huis.
Wees ‘n man,  bely teenoor God, jou kinders en jou vrou dat jy hulle geestelike heil versaak het.  Hulle sal jou eer as held.  Studeer saam, bid saam.  Jou gesin se geestelike heil is belangriker as die kos en klere wat jy huis toe bring.
Christen-boekwinkels het talryke boeke en handleidings.  Skool jouself in die Woord van God.
Dit is God se wil dat jy die hoë priester in jou huis moet wees.
God se volgorde is:  Hyself, dat die Engele, dan die man, dan die vrou, die kinders, die diereryk,  die groente- en vrugteryk en dan die mineraleryk.
‘n Laer orde mag nie oor ‘n hoër orde heers nie, nogtans is daar die gevaar van rebellie. Ex. 4:24-25.  Hier was Moses se lewe in gevaar juis omdat sy vrou nie wou hê dat hulle seun besny word nie.  Dit was rebellie teen haar man en teen God.
Solank as wat die vrou haar onderwerp aan haar man is sy onder die beskerming van sy gesag.
Kyk in 1 Tim. 2:9 na vroue se kleredrag.  Vroue moet ‘n aanwins wees en weet wanneer om te praat.  1 Tim. 3:11.
Die ideale vrou is betroubaar (Spreuke 31:11), skeppend (13-14), let op haar tong (26),  gee om vir haar gesin (27) en sy ontvang eerbied van haar gesin (28,29).
As moeder baar sy kinders en gee aan hulle leiding (1 Tim. 5:14),  sy bring die kinders na Jesus (Mark. 10:13-16),  dra ‘n sterk geloof oor (11 Tim. 1:5;  3:15).
Let daarop dat  die leiding wat sy gee, is deur haar man se gesag aan haar gedelegeer.
En die kinders?
Hulle moet hulle ouers eer (Deut. 5:16  en Efes. 6:2), hulle moet gehoorsaam wees (Efes. 6:1),  hulle moet die Here dien terwyl hulle jonk is (Pred. 12:1) en die jongmanne moet sober en verantwoordelik wees (Tit. 2:6-8).
Mans, hê julle vroue lief.  Sy is nie uit ‘n been in sy kop gemaak sodat haar moet domineer nie, ook nie uit ‘n been in jou voet sodat sy jou slaaf moet wees nie, maar juis uit jou ribbebeen, naby jou hart, sodat haar lief sal hê en bemin, met deernis behandel. – Sjibbolet

Dinsdag 17 Februarie 2015

Volharding, ook in die Gebed, bring die Oorwinning!


Image result for running in a race


IN die tyd waarin ons leef, is dit noodsaaklik vir Christene om gefokus te bly.  Iemand wat sy oë van die pad afhaal, kan verdwaal of die pad byster raak.
          Aan die einde van hierdie pad moet ook jy kan sê:  “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou (11 Tim. 4:7).
          Iemand wat aan ‘n wedloop deelneem is in meer as een opsig gefokus:


·        Hy weier om te twyfel
·        Hy weier dat enigiets sy aandag aftrek
·        Hy is en bly gedetermineerd
·        Hy weier om enige kompromieë aan te gaan
·        Hy is en bly gedissiplineerd
·        Hy wil ten alle koste wen

          Onthou, mens wen nie die silwer-medalje nie, die waarheid is dat jy die goue-medalje verloor het!
          Laat jy dan ook elke las aflê en die sonde wat jy so maklik omring, en met volharding loop, die wedloop wat voor jy lê (Heb. 12:1).
          Die wedloop is nie meer so lank nie.  Jy is reeds in die pylvak.  Trek die volle wapenrusting aan en staan vas (Efes. 6:13-14).
          Vergeet die dinge wat agter is.  Strek jou uit na wat voor is en jaag na die doel om die prys te kry. Onthou, dit is ‘n hoë roeping van God in Christus Jesus (Fil. 3:14).
          Jy het ook ander pryse in die lewe nagejaag, soos jou suksesvolle loopbaan, jou vrou, man, kinders, huis, motor.  Jy het daarna gejaag totdat jy dit verkry het, of, jy is in sommige opsigte nog besig om dit na te jaag.
          Maar in die wedloop om die groot prys van die Ewige Lewe het jy by tye straks nie gefokus gebly nie. Daar is vergifnis, genade, bely en vergeet wat agter is.  Byt die stang (die Woord) met mening vas en bly gefokus.
          Dalk is daar nog ander pryse wat jy nastreef.  Gaan voort daarmee. Al weet jy die Wederkoms van Christus gaan more plaasvind, plant vandag nog ‘n boom.  As dit geldelike uitkoms is wat jy nastreef, volhard, bly gefokus.
          Hou aan om te klop en daar sal vir jou oopgemaak word. As jy ophou klop maak niemand oop nie. Bly gefokus, gedetermineerd, weier om te twyfel, bly gedissiplineerd, hardloop om te wen.
         En wanneer jy bid, alleen of saam met ander, dink aan Han 1:14  Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.” Hand 1:14
        Wandel volgens dieselfde reël as in dit wat jy reeds bereik het, maar sorg ook, dat jy eensgesind met ander wandel, want jy hardloop beslis nie alleen nie (Fil. 3:16).

          Elke dag is jy nader aan die manifestering van die einddoel.  Die probleme en moeilikhede wat jy ondervind is maar deel van die hindernis-wedloop.

          In Christus leef ons BO die omstandighede, jy gaan bo-oor die hekkies.  Jy leef nie ONDER die omstandighede nie.

          Al jou antwoorde is dalk nader as wat jy besef.  Volharding bring oorwinning mee.

          Waak, staan (vas) in die geloof, wees manlik, wees sterk (1 Kor. 16:13).  Ja, staan jou man, want jy staan nie alleen nie.  Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag daartoe gee.  Jy het mag ontvang oor al die krag van die vyand (Luk. 10:19).

          Jy word uitgedaag om anders te wees, om ‘n Goddelike spesie te wees wat nie opgee nie, om aan te hou totdat die deurbraak daar is.  Maar onthou, dit is net gefokusde mense wat sien hoe hul drome werklikhede word.

          God is magtig om jou op te bou en jou ‘n erfdeel te gee onder al die heiliges.  Onthou, as God se kind is jy heilig en Hy bou jou op, maak jou sterk.  Die voeding daarvoor is in Sy Woord en in jou gemeenskap met Hom.

          Hou die oë gevestig op Jesus Christus want Hy, en niemand anders nie, is jou Leidsman en die voleinder van jou geloof.  Hierdie is vir Hom ‘n vreugde en omdat dit al lank gelede vir Hom voorgehou was, het Hy die kruis verdra (Heb. 12:2).

          Behou die geloof.  Almal het ‘n mate van geloof ontvang, maar dit baat jou niks as jy daardie geloof nie vrystel nie, nie in aksie stel nie, nie beofen nie, want dit is hoe dit toeneem in gestalte.

          Bly in gemeenskap met die Heilige Gees.   Op daardie wyse kan jy die hart van God leer ken, wat Sy wil in jou lewe is.  Behou ook die geestelike gemeenskap met die heiliges.  Bewaar die eensgesindheid, bemoedig bemaar, dra mekaar, bid vir mekaar.

          “Welgeluksalig is die volk wie se God die Here is (Ps. 144:15) en welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God (Ps. 146:5)!

Maandag 16 Februarie 2015

Hoekom langer ‘n wurm wil wees?


Image result for little worm 




Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob …. Ek maak van jou ‘n skerp dorsslee
wat baie tande het. – Jes. 41:14-16.

Watter groter kontras kan daar wees tussen ‘n wurmpie en ‘n harde staal dorsslee?
            Die nietige wurmpie kan op velerlei wyses eensklaps vernietig word, terwyl die staalharde dorsslee vele dinge kan vernietig sonder om self vernietig te word.
En die Almagtige GOD kan die een in die ander verander!
            Hy kan een persoon ‘n volk maak en albei dus deel van die geskiedenis, terwyl van die wurmpie nooit weer gesien of gehoor sal word nie.
            Wanneer GOD aan ons ‘n wil van staal gee, sny ons ‘n pad deur enige weerstand, deur enige wildernis.
            “Ek maak jou…”  sê Hy, en inderdaad, Hy wil en sal dit doen!
            GOD is besig om Sy Koninkryk te bou. Hiervoor gebruik Hy die gebroke dinge. Die mens wil alles aanpak alleen met die sterkes, die suksesvolles, die triomfantelikes, die ongebrokene, die helde, om hul koninkryke mee te bou.
            GOD het nie Skrifgeleerdes, professore en doktore gebruik nie – nie dat hy hulle nie ook kan gebruik nie – maar eenvoudige ongeredde vistermanne, stamelaars, veewagters.
            Jesus sê Hy heel die gebroke harte. Die Hemel loop vol van die aarde se gebroke lewens.  Maar daar is geen geknakte riet wat Hy sal verbreek nie. Geen dowwe lamppit wat Hy sal uitblaas nie.
            Hy neem die lewens gekneus van pyn, verdriet en ellende en verander dit in Hemelse harmonieuse musiek vol lof.  Hy kan die aarde se mislukking ophef na ‘n glorieryke Hemel.
            Die HERE sê Hy woon in die hoogte en in die Heilige Plek, maar
Hy woon ook by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Jes. 56:15.
            Mens moet dus nie na jouself kyk as bloot ‘n wurmpie nie. Kyk na wat GOD van jou wil maak! – Sjibbolet

Vergifnis beïnvloed ook jou gesondheid


Image result for sick person in hospital bed


“Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” Matt 5:9

Die vermoë om te vergewe sal jou gees, jou gesondheid en jou huwelik salf, selfs jou uitkyk op die lewe verander, wys nuwe navorsing deur die mediese wetenskap, aldus USA Today.
            Die Amerikaanse kundiges soos medici, huweliksberaders, kundiges in geestesgesondheid, brein-navorsers en ander wat betrokke is by die emosionele welstand van mense, het almal in die jongste tyd die Bybelse waarheid oor vergifnis in die praktyk ontdek.
            Die kundiges bestuur nou ‘n spesiale veldtog genaamd ‘n “Veldtog vir Vergifnisnavorsing”. Groot konferensies oor die onderwerp word gereeld gehou.
            Navorsers kyk na verskeie aspekte oor vergifnis en maak gebruik van verskillende soorte meetinstrumente. Hulle kyk na die effek van vergifnis rakende ‘n wye reeks van oortredings, vanaf  kindermishandeling tot onenigheid in die huwelik.
            Die uitvoerende direkteur van die veldtog, Everett Worthington, sê alle navorsing toon dusver ‘n verband tussen vergifnis en gesondheid.
            “Kroniese onvergewensgesindheid veroorsaak stres,” sê Worthington, en voeg by “elke keer wanneer mense aan hulle skuldenaar dink, dan reageer hulle liggaam.”
            “Bloeddruk en polsslag styg, gesigspiere span styf, stres-hormone word aktief.  Kroniese stres beïnvloed die immuun- en kardiovaskulêre stelsels,” sê hy.
            Daarteenoor lei vergifnis tot ‘n vermindering van stres en vervang dit negatiewe emosies met positiewe emosies.
            Die belangstelling in vergifnis word as ‘n “ontploffing” beskryf, aldus Worthington. Hy sê die “Veldtog vir Vergifnisnavorsing” is al in 1998 gestig en word deur 13 donateurs en stigtings geborg sodat verskeie projekte onderneem kan word.
            Worthington sê hy glo dat die navorsing uiteindelik diegene gaan baat wat wil vergewe en glo dat dit noodsaaklik is om te vergewe om met ‘n mens se lewe te kan aangaan.
            “Navorsing het getoon dat alhoewel vroue meen dat hulle makliker as mans kan vergewe, dit beslis nie die geval is nie.  Hulle gedragspatrone nadat hulle kwansuis vergewe het, toon die teenoorgestelde,” sê Ann Macaskill van Sheffield Hallam Universiteit in Engeland.
            Haar studie het 214 vroue ingesluit wat elk moes skryf oor iemand wat hulle te na gekom het, die seerkry en in hoevele hulle daardie persoon werklik vergewe het.
            Fisioloog Fred Luskin van die “Stanford Vergifnisprojek” by Standford Universiteit, is leier van ‘n reeks studies oor mense met onopgeloste probleme rakende leed wat hulle aangedoen is deur hulle ouers, huweliksmaats of werkgewers. Sommige van hierdie mense ly aan erge skade.          
            In een program is 17 volwassenes vanaf Noord Ierland na Stanford gebring vir ‘n week se opleiding oor vergifnis. ‘n Familielid van hulle is vermoor. Die opleiding het in ‘n groepsessie geskied en raad is gegee oor nuwe maniere om oor trauma te redeneer.
            Na afloop van die sessie het 37% gesê dat hulle nou veel minder seer het terwyl 35% minder fisiese simptome van stres, soos byvoorbeeld swak eetgewoontes,  getoon het.
            Baie huweliksberaders glo dat vergifnis tussen huweliksmaats van kardinale belang is. Navorsing toon dat as huweliksmaats mekaar nie vergewe nie oor dinge van die verlede nie, dan kan hulle ook nie huidige konflikte hanteer nie.
            Luskin sê dat volwassenes wat nie hulle ouers kan vergewe nie, onbewustelik hulle toorn op hulle huweliksmaats uithaal.
            Navorsing het ook getoon dat vergifnis die volgende positiewe reaksies tot gevolg het:
·       Verlaging in bloeddruk en stres hormoonvlakke
·       Minder pyn, depressie en toorn in pasiënte met kroniese rugpyn
·       Minder ineenstorting van vroue wat misbruik is
·       Minder simptome van depressie en stres en ‘n hoër lewenskwaliteit onder Vigs pasiënte.
         
Suzanne Freedman, ‘n sielkundige aan die Universiteit van Noord Iowa in Ceder Falls sê dat mense soms nie ‘n begrip van vergifnis het nie.
“Hulle reageer negatief wanneer hulle die woord hoor. Hulle meen dat mens daarmee te kenne gee dat dit wat die oortreder aan jou gedoen he, in orde was.
“Vergifnis beteken nie die aanvaarding van die leed nie, of om te vergeet wat gebeur het nie, of om vrede te maak met die oortreder wat jou steeds skade berokken nie,” sê sy.
Vreemd dat die mediese wetenskap dit nou eers ontdek en kongresse daaroor hou terwyl dit al van die vroegste tye af in die Bybel staan.
Ons  was eendag deur ‘n vrou en haar man gevra om vir die vrou te bid wat sterwend was aan bloedkanker. Die vrou had ‘n verterende haat teenoor iemand in dieselfde straat.
Die vrou het vertel dat sy wel die oortreders vergewe het, maar op ‘n vraag, bygevoeg dat sy hulle “darem nie so vergewe het dat hulle welkom sal wees om daardie selfde aand by haar te kom tee drink nie.”
Ons het aan haar gesê: ‘Ons sal vir jou bid en die HERE vra om jou te genees, op voorwaarde dat jy daardie mense vergewe.’
Drie jaar later het ons die vrou en haar man in ‘n supermark raakgeloop.  Hulle was vrolik en bly, want die vrou was blakend gesond. Dit beteken natuurlik nie dat almal wat siek is, aan onvergewensgesindheid ly nie, maar in sommige gevalle kan dit wel die oorsaak van die siekte wees.
Maar as jy nie vergewe nie, sê Markus 11:25-26 die volgende: “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die Hemel is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
            “Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die Hemel is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.”
            Dis eenvoudig: As ons nie kan vergewe nie, vergewe God ons nie. Totdat jy vergewe het, kan jy maar ophou bid want God hoor jou nie.
            Hoe kan enigeen van ons dit waag om in so ‘n toestand te verkeer wanneer die HERE ons kom haal? Dis soos om met vuur te speel.
Die HERE leer ons hoe om te bid in die bekende “Onse Vader” in Matt 6. Onder meer moet ons bid: Vergewe ons, ons skulde, soos wat ons, ons skuldenaars vergewe.
Net na die Onse Vader, waarsku die HERE in 6:14 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe.
“Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”
In 1 Kor. 11 lees ons oor die Nagmaal, en daarmee saam die HERE se waarskuwing dat as jy onwaardig by die tafel aansit, jy ‘n oordeel oor jouself drink en dat dit die rede is waarom daar “baie swakkes en sieklike onder julle is, en ‘n aantal het al ontslaap.”
As jy iets teen iemand het, of iemand iets teen jou het, dan moet jy daardie saak eers gaan regstel, voordat jy by die Nagmaaltafel aansit, anders drink jy ‘n oordeel oor jouself!
En dan Matt. 5:23 “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.”
Dit beteken dat solank jou broer iets teen jou het, het jou gawe geen waarde nie, al gee jy ook duisend maal meer as gewoonlik. Feit is mens kan niks bereik sonder vergifnis en vrede nie.
“Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” (Ef 4:32)

“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” (Kol 3:13)
Waarom ‘n onnodige slagoffer van omstandighede wees, waarom so onodig ly – vergewe, sodat jy kan aangaan met jou lewe, sodat God jou ryklik kan seën, sodat dit met jou goed mag gaan!
En onthou: Vergewe ook jouself!
Die grootste wonderwerk op aarde is en bly die wedergeboorte. Die tweede wat hieraan gelykstaan, is wanneer mense vrede maak. – Sjibbolet

Herbou jou mure...


Image result for broken walls of jerusalem


Het die vyand jou (Jerusalem)mure omgegooi? Is daar is ook gate in jou mure, alles verwoes. Lyk jou gesin, jou familie,
straks jou eie lewe so? Kyk wat het met Nehemia gebeur toe hy die nuus van Jerusalem se verwoesting hoor en kyk wat jy
daaruit kan neem om jou huismure weer op te bou.

1:3 En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot
ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand.

1:4 En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig
van die God van die Hemel

1:5 en gesê: (kyk wat noem hy God) Ag, HERE, God van die Hemel, grote en gedugte God, (in die Afrikaanse Bybel waar HERE in
hoofletters geskryf word, is dit die Afrikaans vir YAWEH) wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en
u gebooie onderhou –

1:6 laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag
en nag, vir (my man en gesin) die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van (my gesin) Israel bely wat
ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.

1:7 Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg,
beveel het, nie gehou nie.

1:8 Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;

1:9 maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen – al was julle verjaagdes aan die einde van die Hemel,
dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

1:10 Hulle is tog U knegte en U volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.

1:11 Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te
vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker
van die koning.

2:11 En toe ek in Jerusalem kom en daar drie dae was (hy doen ‘n bestekopname van die skade),

2:12 het ek my in die nag gereedgemaak, ek en enkele manne saam met my; maar ek het aan geen mens meegedeel wat my
God in my hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie; daar was ook geen dier by my nie, behalwe die dier waar ek op gery het.

2:13 En ek het in die nag deur die Dalpoort uitgery en na die kant van die Slangfontein en na die Aspoort toe; en ek het die mure
van Jerusalem besigtig wat stukkend lê, en sy poorte wat deur vuur verteer was.

2:14 En ek het verder gegaan na die Fonteinpoort en na die Koningsvywer. Maar daar was geen plek vir die dier om onder my
verder te gaan nie.

2:15 Daarna het ek in die nag in die dal opgeklim en die muur besigtig. Toe het ek weer deur die Dalpoort ingekom en teruggegaan.

2:16 Maar die leiers het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie; want ek het tot nog toe die Jode en die priesters
en die edeles en die leiers en die ander wat die werk moes doen, niks te kenne gegee nie.

2:17 Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat
ons die muur van Jerusalem (jou gesin/familie) opbou, dat ons nie langer 'n voorwerp van smaad kan wees nie.

2:18 En ek vertel hulle van die hand van my God wat goed was oor my, en ook van die woorde van die koning wat hy my gesê het.
En hulle sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk.

2:19 (weet dit:  jy sal teenstand van buite en van binne jou aksie ondervind) Maar toe Sanbállat, die Horoniet, en Tobía, die
Ammonitiese kneg, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir 'n ding wat julle
doen? Wil julle teen die koning rebelleer?

2:20 (en so sal jy reageer op aanvalle) Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die Hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en
ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.

4:6 Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; (hoe het hulle dit reggekry?) en die volk was met
hulle hart in die werk. (sit jou hart daarin)

4:17 (jy sal gewapen moet bly om die aanslae van die vyand af te slaan) Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk
so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,

4:18 en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.

Bou met jou hart. Net goedheid en guns volg jou...

Saterdag 14 Februarie 2015

Het drome betekenis?


Image result for Person dreaming


Koop die tyd uit!

‘n Vrou vertel vanoggend:
Ek droom ek staan by my voordeur en daar staan 3 swartmans voor my hek maar hulle lyk soos Arnold Swartzenager! Groot mans!! Die een se gesig kan ek duidelik sien, kaalkop maar hy lyk soos iemand met gesag, polisieman of leier of iets maar soos iemand wat skrik vir niks! Sy vel is amper soos kleurling...lig. Die ander twee is donker amper swart met lang hare soos rasta's sulke lokke.

Die leier lig sy hand op om bevel te gee en volgende oomblik ruk hulle gewere uit en begin skiet. Ek’t ‘n palasade hek wat ek hout tussen die staal laat insit het so mens sien net skrefies deur die hek. Hulle skiet die hek dat mens net sien hout en staal spat.

Ek sluit die sekuriteitshek by voordeur en gryp my dogtertjie en probeer dink waar gaan ek heen? Volgende oomblik loop hulle deur die stukkende hek en skiet die huis. Iets wat ek duidelik sien in droom is dat die groot sitkamervenster nie in stukkies val nie maar een massiewe groot stuk breek en val! Die koeëls wat hul gebruik skiet deur mure, yster, meubels enige iets. Ek sien hoe bakstene, hout, materiaal trek. Als is n groot gemors en ek wonder hoe is dit moontlik dat ek en my dogtertjie nog nie getref is nie.

In die droom bly ek dink waarheen, want die koeëls gaan deur alles. Ek en sy is toe by die agterdeur uit en ek dink as ons net om die huis kan kom sonder dat hulle ons sien kan ons dalk by die hek uitkom.

Toe skrik ek wakker. Ek het die droom gekanselleer in Jesus Naam, ons almal onder die Bloed van Jesus geslaap en weer geslaap....maar die droom pla my! Ek't al paar keer oor dit gebid maar dit voel asof gebede kragteloos is.

So nou en dan herinner die Heilige Gees my aan die droom en ek weet die opdrag is bid!

Het oom enige insigte oor my droom se betekenis? En sal oom ook vir my bid asb.

Ek bid eers en begin skryf:

Ontwaak, die einde is naby!

As jy Thief in the Night kyk oor die tyd na die Wegraping sal niemand die vyand kan
ontvlug nie. Die Heilige Gees sal nie meer hier wees nie. In jou droom ontvlug julle
niks, koeëls selfs deur die mure.

Hulle kan reeds deur mense se huismure sien  en menige missiel klief deur enige huis.
Jy het beleef van wat gaan kom. Jy is gewys op die erns van die Laaste Dae. Dis net
voor die wegraping want jy en jou kind bly leef en is ongeskonde. Na die wegraping wag
‘n Lewende hel.

Daar is nou haas vrede in die wêreld, daai tyd sal daar geen vrede wees nie. Christene
word in toenemende maat in hulle duisende vermoor. Jou droom wys vertrou op niks
en niemand nie, behalwe Jesus, Jesus, Jesus!!! Niks op hierdie aarde kan ons beskerm,
behalwe Jesus nie. Mense vertrou op hulle huise  en alarmstelsels en wat nog…  Ons
moet ver meer vreesloos mense uit die vuur ruk.

Franklik Graham, seun van die 95-jarige Billy Graham, het vandeesweek gesê niks kan
ons meer red nie, geen regering, geen politieke party, niks…. En dan seg hy:
"There is only one who can save," Franklin Graham said. "Only one. Jesus Christ."

Die oproep van jou droom is ONTWAAK…
Die onheil staan voor die deur en wag vir die teken… jy het dit alles gesien. Jy het ook
gesien wat gebeur toe die teken gegee is… vrees, vlug, totale verwoesting…

“Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou
skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;
en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here
is. Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees
vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en
psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles
dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die
vrees van God.” Efes 5:14-21

Los geskinder en lossed praatjies, daar is geen tyd meer oor nie, die onheil is voor die
deur en wag op die teken. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike
liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here. Ps 119:37 “Wend my oë
af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.”

Terwyl die Heilige Gees nog hier is, kan ons die volgende Skrifte bely want dit is kragtig
tot ons heil.

Ps 34:8
Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Ps 91:1:16
Ja, lees die hele hoofstukkie.
Ps 17:8
Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels (Net soos wat
jou dogtertjie jou oogappel is en jy haar beskerm)
Ps 31:21
U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U
steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
Jes 41:13
Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie
bevrees nie, Ek help jou.
Jes 43:2
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom
nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Jes 54:17
Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou
opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en
hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.

Die mooiste en aangrypendste wonderwerk vir my is die Wedergeboorte.
Die tweede wat hiermee saamgaan, is wanneer mense waarlik vrede met mekaar
maak.
En die derde is ware Liefde.

Baie dankie dat jy die droom met my gedeel het, ek het dit nodig gehad vir motivering
om onverwyld voort te gaan met dissipelskap.
Dis die ander waarheid, ons het nie meer gelowiges nodig nie, ons het dissipels nodig.
Matt 28:19  “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam
van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat
Ek julle beveel het.”

Matt 9:37… “ Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.”

Matt 10:2-8 “En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle (wat gegee?) mag
gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad
na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. (Dis die 10 stamme)
En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet
ontvang, verniet moet julle dit gee.”

Woord rustig, stil, kalm… die HERE wil nog dinge met jou praat, Sy verborgenhede aan jou
openbaar.

Sy reageer so:

Oom ek slaan hoendervleis uit en die trane loop!!

Ek het net vinnig gelees sal dit druk en weer lees! Ek’t ‘n ander droom ook gehad so paar
maande terug. Het Hebreeuse woorde gekry in droom maar duidelik onthou. Ek het met
Past Peter gepraat… hy is Jood wat Christen geword het my droom ook uitgelê as die
Wegraping. Ek gaan more vir oom dit tik en stuur! Ek het dit in my droom boek afgeskryf
met datum tyd en alles ook die Hebreeuse woorde.

Dis dan die 2de droom oor die Wegraping wat ek kry.

Baie dankie oom ek praat weer met oom.

·       “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin,

sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié
steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.” Openb 2:17

Geplaas met toestemming.

Woensdag 11 Februarie 2015

Is daar plek in die Hemel vir ons almal?



Hoe groot is die Hemel?

Dit moet allemintig groot wees as ons die sterre as ‘n soort maatband inspan. Wetenskaplikes het die uitspansel in melkweë opgedeel in ‘n poging om te probeer bepaal hoeveel sterre daar is.
            Klein melkweë het elk sowat 10 miljoen sterre. Die groot melkweë het sowat 10 triljoen sterre elk. Ons eie melkweg het sowat 200 biljoen sterre. En sterre of planete is in meeste gevalle groter as die planeet Aarde.
            As ons in ons eie melkweg van die een kant na die ander sou reis teen die spoed van lig, sou die reis 100 000 jaar duur, aldus NASA, die Ruimte-agentskap.
            En steeds weet die wetenskaplikes nie presies hoeveel sterre daar is nie want hulle ontdek steeds nuwe melkweë. Hoe groter en sterker die teleskope wat deur die mens vervaardig word, hoe groter word die heelal. Dis onpeilbaar.
            Hoe groot is die heelal dan? Al wat NASA kan antwoord is, “oneindig”.
            En hoe is groot God dan? Hy is onmeetbaar groot, maar let op, Hy is so groot: “Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.” Ps 147.4
            Christene glo, aan die hand van die Skrif, dat hulle, wanneer hulle die tydelike met die Ewige verwissel, Hemel toe gaan. Dit gaan wel gebeur, maar is daar plek vir almal, vra iemand.
            Aan die hand van die bogenoemde paar feite, sal al die gelowiges op aarde nooit die Hemel kan vul nie.
            Ons is veronderstel om saam met Jesus Christus in Hemelse plekke te sit, maar is dit waar ons is?
            “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus —  uit genade is julle gered —
“en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
“sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van Sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
“nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
“Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus (hoekom?) tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. Efes. 2:4-10.
God het ‘n plan met elkeen van ons se lewens. Binne daardie plan word van elkeen van ons verwag om die Koninkryk te help bou.
Dit in kort is waarom jy en ek gebore is.
            Maar, elkeen wat gebore word, het ‘n vrye keuse: Om die pad na die Hemel te bewandel of op die breë weg na die afgrond te volg.
            Maak jou keuse! – Sjibbolet

Maandag 09 Februarie 2015

Beleef die Glorie van God!



In die Heerlikheid, die Glorie, van God sal ons die bonatuurlike beleef. Jesus bid: “Ek het hulle (vir my en jou) die heerlikheid (die Glorie) gegee wat U aan my gegee het (waarom?), sodat hulle een kan wees… net soos Ons een is.” Joh 17:22

Wat ‘n verstommende, byna revolusionêre, verklaring! Die, HERE, God van die Hemel, die grote en gedugte God, gee sy glorie aan sy seun Jesus Christus en Christus gee dit op Sy beurt daardie Goddelike Glorie van die Almagtige God aan my en jou.

Ons is geskep om in God se Glorie te leef!

“Ek in hulle (in my en jou) en U in my (hoekom?) sodat hulle volkome een kan wees (hoekom?) sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het, en… hulle liefgehad het soos wat U my lief het.” Joh 17:23

God het ons geskep om in Sy teenwoordigheid te wandel (hoekom?) sodat ons Sy hart kan verstaan en sy Goddelike wonderwerkende krag kan beleef (hoekom?) om ons lewens te transformeer.

“Immers, Sy goddelike krag het ons (hoeveel?) alles, geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, (hoe?) deur die kennis van Hom wat ons geroep het (hoe?) deur Sy heerlikheid (Glorie) en deug,

“waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het (hoekom?) sodat  julle  daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur (wanneer?) wanneer julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

“Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

“Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” 2 Pet 1:3-11

Ons en ons lewens is dus baie nou verweef met die  van Jesus en God. Dit is so nou verweef dat ons een is, dat ons nooit geskei kan word nie. Ons as Gelowiges verkeer in die mees belangrikste plek in hierdie ganse wêreld. Ons lewens is so dig verweef met Jesus dat selfs die wind nie tussen ons kan deurkom nie. Job 41:7

Ons is op die vooraand van die einde van alles. Die grootste geestelike Herlewing – die laat reëns – is naby. Strome van seën van bowe, dit het Sy Liefde belowe. Die eerste druppels val reeds in Suid-Afrika en elders.

Die heerlike druppels gaan stroompies word, dan riviere en dan ‘n magtige oseaan.

God sê: “Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

“Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.

“Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle (wat sal ons doen?) sal My lof verkondig.” Jes 43:21

Die Glorie van God, gaan die aarde oorspoel sodra ons besef dat ons en Jesus Een is en ons as Eenheid Sy lof en Glorie verkondig. Hierdie werklikheidsbesef het nog nie tot die meeste van ons deurgedring nie.

Skrywer meen dat ons so naby aan die einde is dat ons moet besef Jesus is reeds op pad om sy Bruid op te haal... ‘n Bruid sonder vlek of rimpel. Efes 5:27

Soos wat mens in die Glorie van God inbeweeg verdwyn die aardse nietighede.

Ons ontvang nie die Ewige Lewe wanneer ons hierdie aardse tentwoning verlaat nie, ons het reeds die Ewige Lewe. Hierdie is ‘n nuwe lewe vir ons as nuwe skepsels. 2 Kor 5:17.

Hierdie nuwe lewe moet ons in die heerlikheid (Glorie) van God en Jesus beleef. Om in die Glorie van God te lewe is om van Sy teenwoordigheid bewus te wees, bewus te wees van Jesus Christus en die Heilige Engele se teenwoordigheid.... ‘n lewe van teerheid, broosheid, liefde en oorwinning!

“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid (Glorie) van die Here aanskou, (let op wat gebeur nou) word ons van gedaante verander (waarna?) na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid (van Glorie tot Glorie!), as deur die Here wat die Gees is.

“Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.” 2 Kor 3:18;4:1

“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef (waar?) in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal 2:20

Daar was ‘n afsnypunt van die oue na die nuwe: “Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.” Heb 8:12

“Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

“En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

“Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom, en hy in God. En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

“Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want (let op!) soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.” 1 Joh 4:13-17

“Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

“Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is (hoekom?), sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.” 1 Kor 2:11-12

Glorie beteken onder meer blydskap. En as ons blydskap nie volkome is nie....“Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Joh 16:24

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke (baie meer werke) doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. (Wie van ons het al die werke gedoen wat Jesus gedoen het en boonop baie meer werke?)

“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen (hoekom?), sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.” Joh 14:12-14

As ons die Glorie van God belewe, sal ons ook die bonatuurlike belewe... groter werke as wat Jesus gedoen het. – Sjibbolet