Sondag 09 Desember 2018

‘n Pa vir Kersfees



Ek is papnat gesweet toe ek wakker skrik. Ek lê en bewe soos ’n riet in die wind. Ek steek my hand uit na my vrou. ’n Oomblik lank tas ek rond, maar sy is nie daar nie. Toe onthou ek … sy is weg … sy en die kinders. Sy kon nie meer my drinkery uitstaan nie, het sy gesê.

            My mond voel of dit vol watte is en my tong kleef aan my verhemelte vas. Die bed kraak toe ek roer en die geluid weerklink deur die leë huis. O vader, dit is eensaam! Ek was nog nooit in my lewe so eensaam nie.

            Jare lank drink ek al, maar ek het eers die afgelope jaar besef dat ek ’n drankprobleem het, dat ek verslaaf is aan drank. Ja, ek, die sosiale drinker wat gespog het dat ek enigeen onder die tafel kon drink, is eintlik ’n dronkaard … ’n alkoholis. Dit was ’n wrede ontnugtering vir my, en nou … en nou sit ek in ’n leë huis sonder kind of kraai.

            Ek onthou nog hoe my kinders gelyk het die aand toe hulle weg is. Die twee meisies met hul jassies wat al beter dae gesien het en die seuns met hul broeke wat al lankal te kort is. Ek was onder die invloed en alles het vir my sommer piekfyn gelyk. Die ergste van alles was toe my seun sy sakdoek uithaal om die spoegstraaltjie langs my mond af te vee. Ek wens ek was dood …

            Ek klim uit die bed en strompel kombuis toe. Ek is dors en lus vir ’n koppie koffie, maar daar is niks in die huis nie. Die kaste is leeg. Ek tap ’n glas water in. Die water spat oor die rand, so bewe my hande. Ek moet albei hande gebruik om die glas by my mond te kry. Ek het ’n gemors van my lewe gemaak … ek haat die drank!

            Ek het die afgelope twee dae nie gewerk nie. Ek tas in my benewelde brein rond vir die datum … dis die vyfde Desember.

            Die vyfde Desember? O Here! Wat van my kinders? Hulle het nie ’n kledingstuk in die huis nie. Ek moet by die werk kom.

            Ek het nie geld vir die bus nie en besluit om duim te ry tot by my werk. Maar niemand wil stop nie, en ek daag laat by die werk op. Gou verklee ek en stap na my werkplek. Toe roep my voorman my.

            “Pieterse! Brian Pieterse!” skreeu hy.

            “Ja meneer?”

            “Moenie vir my ‘ja meneer’ nie, man, waar is jou doktersertifikaat?”

            “Ek het nie een nie, meneer.”

            Meneer Paulse is ’n gawe ou, maar op hierdie oomblik is hy woedend.

            “Twee dae weg van die werk af, dan kom jy nog laat ook! Kyk hier.” Hy maak die register oop. “Elke maand was jy omtrent vier dae afwesig, elke keer op ’n Maandag. Ek het lus en dank jou af, maar ek gaan jou ’n kans gee om jouself reg te ruk. Jy mag maar jou geld gaan haal, dan kan jy weer volgende jaar terugkom.”

            “Volgende jaar? Maar, meneer …” Ek probeer verduidelik, maar hy wil niks hoor nie.

            Verslae verklee ek weer en gaan haal my geld by die kantoor. Dertig rand. ’n Miserabele dertig rand. Wat maak ’n mens met dertig rand? Ek voel die warm, souterige trane oor my wange vloei.

            Die hele oggend loop ek in die stad rond. Oral is daar uitverkopings en die mense loop in en uit by die winkels. Nog net twintig dae voor Kersfees! skreeu die advertensies.

            Wat nou? vra ek my af, maar die antwoord ontwyk my. Ek gaan by ’n supermark in en koop ’n paar items vir die huis. Toe ek verby die kroeg stap, trek die reuk van wyn en bier my soos ’n magneet. Ek moet letterlik aan ’n paal vasklou.

            O Here help! pleit ek onwillekeurig. Ek moet huis toe, ek moet, ek moet, ek moet! Ek het lus vir ’n stywe dop. Dit vreet aan my soos ’n kanker, dit voel of ek gaan mal word … Toe is ek om die draai. Ek is natgesweet en bewerig van die honger.

Die huis is in donkerte gehul … en verlate. Ek besef nou eers wat die lig in die venster vir my beteken het. Dit het ek alles prys gegee … vir drank.

            Ek klim in die bed met ’n groot beker stomende koffie en ’n paar toebroodjies. Dit is koud en vir ’n lang tyd lê ek wakker. Net voordat ek aan die slaap raak onthou ek die noodgebed wat ek voor die kroeg gebid het. Wanneer laas het ek gebid? Ek kan nie eens onthou nie. Ek slaap rusteloos: ek droom van my kinders, grootoog van die honger.

           
Die volgende dag is ek vroeg wakker. Gister was ek heeldag sonder wyn. Dit is amper ’n wonderwerk. Ek staar na my hande. Hulle bewe nog steeds en ek voel koorsig. Vandag moet ek werk kry, enige werk.

            Oral waar ek gaan kry ek dieselfde antwoord. “Kom volgende jaar.” Die hele week lank soek ek, maar daar is niks. Saans loop ek ’n wye draai om die kroeg. Wanneer ek tuis kom, prewel ek ’n dankgebed omdat ek nog ’n dag van die drank weggebly het.

            Sondagoggend val ek weer vroeg in die pad. Ek is rusteloos en ek kan die verandering in my voel. Ek drentel in die middestad rond. In die verte hoor ek die kerkklok lui. My hart skreeu uit van verlange.

            Dan kom ek by ’n winkel waar ’n ouerige vrou besig is om die venster te versier. Ingedagte staan ek voor die venster en hou die vrou dop. Op haar naamkaartjie staan Francis Thorne. Sy glimlag vriendelik.

            Na ’n rukkie beduie sy vir my om in te kom. “Waarom lyk jy so treurig op so ’n lieflike dag?”

            “Ek voel ’n bietjie neerslagtig. Kan ek help?”

            “As jy wil, maar ek kan jou nie betaal nie.”

            “Dis orraait.”

            “Ek moet maar my eie vensters doen, ek kan nie iemand professioneel bekostig nie.”

            “Jy gaan goed aan,” sê ek.

            “Dink jy so?”

            “Ja, al wat jy nou makeer is ’n Kersvader om die kinders te lok.”

            “Kersvader? Dit klink na ’n goeie idee, maar wie?” Sy kyk na my.

            “H’m … ek moet werk soek.”

            “Werk jy dan nie?”

            Ek vertel haar die hele storie.

            “Jy sê jy het die hele week nog nie gedrink nie?”

            “Nie ’n druppel drank nie.”

            “Dan is jy mos nie ’n alkoholis nie. Meneer Pieterse, ek gaan ’n kans waag … ek bied jou die werk aan om Kersvader te wees. Jy begin Maandag.”

            Maandag douvoordag is ek voor die winkel. Ek kan nie wag om te begin werk nie. Die eienares gee vir my ’n Kersvaderpak met ’n baard en ’n masker.

            Die besigheid begin maar stadig, maar teen tienuur het ons ons hande vol. Ek hou die kinders besig in ’n groot speelkampie terwyl hul ouers inkopies doen. Ek vra die kinders wat hulle vir Kersfees wil hê, dan dra ek die inligting aan hul ouers oor wanneer hulle terugkom. Die geluid van die geld in die geldlaai klink soos musiek in ons ore. Ons plan werk.

            Die aand is ek doodmoeg, maar gelukkig. Francis sit agter die toonbank, haar skoene uitgeskop.

            “Meneer Pieterse, jy is vir my goud werd,” sê sy.

            Daardie aand slaap ek soos ’n klip.

            In die daaropvolgende dae is die speelkampie gedurig vol kinders. Die kinders laat my lag en somtyds laat hulle my huil oor die dinge wat hulle my vra. Ek is bly oor die masker.

            Een middag trek iemand my aan die baadjie.

            “Kersvader?”

            Ek skrik my byna boeglam toe ek die stem herken. Dis my dogtertjie, Janine. My oë is vol trane toe ek haar optel. Sy voel so tengerig.

            “Wat wil jy vir Kersfees hê, jong dame?”

            “Ek wil graag nuwe rokke hê vir my mammie en my sussie, en ook klere en skoene vir my broers,” sê sy.

“Wat van jou, wil jy niks hê nie?” wil ek weet.

            “Ja, ek wil my pappa hê!” Sy bars in trane uit. Gou is my vrou, Una, by. Una kyk reguit na my, maar sy herken my nie. Sy kyk verbaas na die Kersvader wat so skaamteloos saam met haar dogter huil.

            Die mense om die speelkampie word stil toe hulle die drama aanskou. Francis sien dit ook en maak haar eie afleidings.

            Toe die vrou en haar dogtertjie by die toonbank kom, vra sy die kind wat sy vir Kersvader gevra het. Sy knik haar kop bevestigend toe die dogtertjie klaar gepraat het. Una maak haar mond oop om iets te sê, maar Francis sit haar vinger voor haar lippe.

            “Ek glo nog in wonderwerke,” sê sy.

            Una skud haar kop, sy dink duidelik die ou vrou is van lotjie getik.

            Dis eenuur in die middag, drie dae voor Kersfees, toe ek die kind oor die straat sien loop. Die kind se ma is besig om by die winkelvenster in te loer. Toe sy omkyk, is die kind reeds in die straat. Sy skreeu histeries. Dit laat die kind skrik; sy weet duidelik nie wat om te doen nie.

            Sonder om te aarsel vlieg ek by die deur uit en halfpad oor die straat. Ek gryp die kind en druk haar teen my bors vas net toe die motor my tref.

            Wat daarna gebeur het, weet ek nie. Toe ek bykom, lê ek in die hospitaal. Daar is ’n vreemde man langs my bed.

            “Dankie Vader, jy’t bygekom!” sê hy en hou my hand styf vas. “Meneer, ek is jou baie dank verskuldig.”

            “Die kind …?”

            “Emma is veilig meneer, danksy jou vinnige optrede. Ek is meneer Jacobs, Emma se pa. Jy is ’n dapper man, meneer, jy verdien ’n medalje.”

            “Dis sommer niks, man, jy sou dieselfde gedoen het.”

            “Sou ek? Ek weet nie,” sê hy.

            Die volgende aand daag Francis saam met Emma en haar ouers daar op.

            “Hoe gaan dit daar by die winkel? Ek is jammer as ek jou enige ongerief veroorsaak het.”

            “Jammer, ongerief? Waarvan praat jy tog? Die winkel is nou so stampvol dat ek twee meisies moes aanstel. Dis alles aan jou te danke, jou heldedaad het my winkel beroemd gemaak.”

            “Ek is bly.”

            Ek wil myself ontslaan, maar die dokter wil niks daarvan hoor nie. Dit is die dag voor Kersfees en ek wil graag alleen wees, alleen met my gedagtes. Ek wonder wat maak my vrou en kinders nou, ek weet nie eens waar hulle tuisgaan nie. Ek byt op my onderlip in ’n poging om die trane te keer.

            Ek word eers die aand ontslaan. Dit kom vir my baie onreëlmatig voor, maar ek wil daar wegkom en vra nie nog vrae nie. Die versierings en die besoekers met presente vir hul geliefdes laat my treurig voel. Ek was darem ’n spot.

            “Ag Here, wees my vrou en kinders barmhartig. Here, gee my nog net een kans,” bid ek saggies.

            Buite die hospitaal wag ’n verrassing op my …

            Francis, Emma en haar ouers is daar met ’n kombi.

            “Dit is nie nodig nie, ek is darem nie gebreklik nie.”

            “Klim in, meneer Pieterse, moet nou nie nog redekawel nie! Dit is die minste wat ons vir jou doen.”

            Die rit word in stilte afgelê, elkeen besig met sy eie gedagtes. Suutjies kruip Emma se handjie in myne in … Die trane brand agter my ooglede. Dan hou ons voor die huis stil. Dit is donker en verlate. Ek staan daar voor die hekkie en wens dat hulle wil ry. Ek wil alleen wees.

            “Toe nou, meneer Pieterse, gaan in, ons wil eers sien jy’s binne voordat ons ry,” sê Francis.

            Stadig strompel ek na die deur toe. Ek wonder of daar nog koffie is. Ek kan nie meer onthou nie.

            Toe swaai die voordeur oop en die ligte word terselfdertyd aangeskakel. Daar is baie mense in die voorkamer. Sommige herken ek as mense wat daardie dag van die ongeluk in die winkel was. Daar is ook ’n groot Kersboom met liggies wat aan en af flikker en pakkies om die boom gepak. Die tafel is vol kruideniersware.

            Una en die kinders kom uit die kamer te voorskyn. Hulle is almal netjies uitgevat. Ek is spraakloos … Soos in ’n droom, hoor ek Francis sê: “Kersvader het vanjaar vroeg gekom.”

            Janine gryp my hand vas. “Ek het geweet Kersvader gaan jou terugbring! Ek het hom mos gevra.”

            Wat sê jy as daar ’n groot knop in jou keel is en die trane oor jou wange stroom?

·       Ons het hierdie getuienis op die Internet gevind. Dit het mens dadelik laat dink aan die aangenome kinders wat steeds na hul biologiese ouers soek en andersom, ook aan al die halfwees kinders uit geskeide huwelike. Bid vir hulle, asseblief. https://live.fundza.mobi/home/library/fiction-short-stories/n-pa-vir-kersfees/


Donderdag 06 Desember 2018

Jesus was geen gewone man nie

Die Roos van Saron


Daar is soms twis oor presies wanneer Christus gebore sou gewees het, maar wat maak dit saak, solank ons dit gedenk. En ten minste word dit wêreldwyd gedenk, ten spyte van antichristelike aanslae.

            Ons moet net nie die fout maak om ‘n Kersfees daarvan te maak nie, maar wel ‘n Christus-fees!

Die baba wat bykans 2 000 jaar gelede in ‘n stal in Bethlehem gebore is, was geen gewone baba nie. Hy was die onverganklike God! Wonderwerke was deel van sy lewensbestaan. Sy dood en opstanding was die grootste wonder ooit. Sy geboorte, sy sterwe, en Opstanding, Sy Hemelvaart en sy Weerkoms hou alles verband. Ons durf nie die een sonder die ander een gedenk nie.

Die Roos van Saron - https://www.youtube.com/watch?v=gsebGl3_yMs

            Hy oorwin Sy vyande deur liefde.  Hy was die voete van die man wat Hy weet gaan Hom verraai. Hy eet saam met die skelm belastinggaarder.  Hy oornag by die skelm tollenaar.  Hy vereer ‘n sondige vrou wat deur die owerspel verwerp is.

            Ken ons Hom?  Hoekom volg ons dan nie in Sy voetspore nie.

            Hy is die Alpha en die Omega. Sy geboorte het  hoop aan ‘n verlore wêreld gebring. Sy dood het Lewe gebring; Sy opstanding die bewys van die Ewige Lewe.

            Sy Wederkoms – wat beslis gaan plaasvind en dalk gouer as wat meeste verwag – gaan reg en geregtigheid laat geskied en die onreg verdelg.

            Nee, Hy was, en is beslis geen gewone man nie. Hy is die Seun van die Lewende God!  Ken jy hom?  Dis Hy wat die gebroke harte heel:

            Want so sê die Hoë en Verhewene wat in Ewigheid woon – Heilig is Sy naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek, maar Ek woon ook by die verbryselde en nederige van gees. – (waarom?) Om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. – Jes. 57:15.

            Ja, Hy wil ook jou gees laat herlewe en jou gebroke hart heel.

Sy geboorte het ‘n koning laat steier. Dit het die wyse manne inspireer om oor ‘n ver afstand te reis. Dit het ongewone verskynsels in die Hemele veroorsaak, en die Skrifgeleerdes  omgekrap.

            Hy het die nederiges  geseën en groot blydskap aan hulle besorg. Hy het gedoen wat Hy gesê het: “Geen mens kan my lewe van my wegneem nie. Ek lê dit vryelik af.” En so was dit. Niemand kon Hom doodmaak nie en niemand het Hom doodgemaak nie. Hy het self sy lewe afgelê, soveel so dat toe die Hoofman oor ‘n Honderd dit sien gebeur, het hy hom boeglam geskrik en gesê:

            “Waarlik, dit is die Seun van God!”

            Die baba wat in die krip gebore is en op die kruis gesterf het, was beslis geen gewone man nie.

            Vir die medici is Hy  die Groot Geneesheer.

            Vir die botaniër die Roos van Saron.

            Vir die astroloog, die Helder Morester.

            Vir die juwelier, die Pêrel met die Groot Prys.

            Vir die geoloog, die Rots van die Eeue.

            Vir die opvoedkundige, die Lig van verstandelike ontwikkeling.

            Vir die vistermanne, die Visser van Mense,

            Vir die seeman, die Kompas van die Lewe.

            Vir die Bakker, die Brood van die Lewe.

            Vir die dorstige,  die Water van Lewe.

            Vir die eensame, die Getroue Vriend.

            Vir die wat gebroke van hart is, die Heler van die Gebroke Harte.



            Hy oorwin Sy vyande deur liefde.  Hy was die voete van die man wat Hy weet gaan Hom verraai. Hy eet saam met die skelm belastinggaarder.  Hy oornag by die skelm tollenaar.  Hy vereer ‘n sondige vrou wat deur die owerspel verwerp is.

            Ken ons Hom?  Hoekom volg ons dan nie in Sy voetspore nie.

            Hy is die Alpha en die Omega. Sy geboorte het  hoop aan ‘n verlore wêreld gebring. Sy dood het Lewe gebring; Sy opstanding die bewys van die Ewige Lewe.

            Sy Wederkoms – wat beslis gaan plaasvind en dalk gouer as wat meeste verwag – gaan reg en geregtigheid laat geskied en die onreg verdelg.

            Nee, Hy was, en is beslis geen gewone man nie. Hy is die Seun van die Lewende God!  Ken jy hom?  Dis Hy wat die gebroke harte heel:

            Want so sê die Hoë en Verhewene wat in Ewigheid woon – Heilig is Sy naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek, maar Ek woon ook by die verbryselde en nederige van gees. – (waarom?) Om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. – Jes. 57:15.

            Ja, Hy wil ook jou gees laat herlewe en jou gebroke hart heel. – Wekroep

Preview YouTube video Jesus, Rose of Sharon

Dinsdag 04 Desember 2018

Die Hanukkafees


Wat die here God JAWEH betref is daar geen verskil tussen Gelowiges en Jode nie.

Die Hebreeuse woord Hanukkah beteken Inseëning. Die naam herinner aan die Heilige Herdenking van die herinseëning van die Heilige Tempel in Jerusalem na die Joodse oorwinning oor die Siries-Griekse magte 165 vC.

            In 168 vC het Siries-Griekse soldate die Tempel oorgeneem en dit toegewy aan die god Zeus. Dit het die Jode erg ontstel, maar baie Jode was bang vir verdere vervolging. In 167 vC het die Siries-Griekse keiser Antiochus, Judaïsme tot ‘n misdaad verklaar waarvoor die doodstraf opgelê is. Hy het ook opdrag gegee dat alle Jode Griekse gode moet aanbid.





Die bekende Menorah wat by die Hanukkah Feesvieringe aangesteek word.



            Joodse weerstand het in die dorpie Modi naby Jerusalem begin opwel. Griekse soldate het die Jode gedwing om ‘n afgod te aanbid en varkvleis te eet. ‘n Griekse offisier het die Hoë Priester Mattatias gedwing om gehoor te gee aan Griekse opdragte, maar Mattatias het geweier. ‘n Ander dorpenaar het aangebied om namens Mattatias saam te werk, maar die priester het in woede uitgebars en die dorpenaar met sy swaard gedood en toe die Griekse offisier ook dood gekap.

            Mattatias se vyf seuns en die ander dorpenaars het toe saamgespan en al die Griekse soldate doodgemaak. Mattatias en sy familie het in die berge gaan skuiling soek. Jode wat ook die Grieke wou uitdelg, het by Mattatias-hulle aangesluit. Hulle het uiteindelik daarin geslaag om hulle land van die Grieke te bevry. Hierdie rebelle het bekend gestaan as die Makkabeërs.

            Die Makkabeërs het na die Tempel in Jerusalem gegaan. Teen hierdie tyd was die Tempel geestelik besmet deur die aanbidding van afgode en vark offerandes. Joodse soldate wou die Tempel  reinig deur agt dae lank olie in ‘n Menora kandelaar in die Tempel te brand. Hulle had egter net olie vir een dag. Hulle het die kandelaar in elk geval aan die brand gesteek en tot almal se verbasing vind ‘n Goddelike wonderwerk plaas en die klein bietjie olie brand agt dae lank.

            Dit is die wonderwerk van die Hanukkah olie wat sedertdien jaarliks deur die Jode gevier word. Volgens Joodse wetgewing is Habukkah een van die minder belangrike Joodse vakansiedae, maar dit het meer gewild begin raak omdat dit so naby aan Kersfees is en soms selfs ingevolge die Joodse kalender in die Kerstyd val. Omdat die Jode in Christen gemeenskappe woon het die Hanukkah baie meer feestelik begin word en die Jode gee selfs geskenke aan hul kinders.

            Die Menora kandelaar bestaan uit nege kerse. Die eerste kers, reg in die middel stel die Messias voor. (Onthou, die Jode het nog nooit Jesus misken nie, maar geglo dat Hy nog moet kom. Hierdie wanpersepsie verdwyn nou vinnig. Die vyeboom bot lankal nie meer nie, maar dra veel vrug. Daar is nou 279 Joodse Christen (Messiaanse) gemeentes in en om Jerusalem. In die res van die wêreld is daar reeds meer as 400 Messiaanse gemeentes.)

            Mens steek eerste die middelste kers aan, dit is die Messias en met daardie kers word die ander agt kerse aangesteek soos wat Jesus as Lig, die Lig versprei. Agt beteken ook Nuwe Begin. Alle gemeenskappe het hul eie unieke Hanukkah vieringe, maar die aansteek van die Menorah is sentraal aanwesig. By die vieringe word net olie gebraaide kosse en lekkernye geëet. Een van die gunstelinge is om aartappel en uie pannekoeke in olie te braai en appelsous oor te gooi.

            Soos wat die Jode al meer gered word, vermeng ons en hulle tradisies ook.

            Geseënde Hanukkah! – Wekroep

·       Luister hoe getuig die Jode (kliek op enige getuienis) https://www.youtube.com/user/JewishTestimonies



Die Skrif is weer aan die muur

Daniël, wat die eerste Eerste Minister van Persië (Iran) was, het nie net vir Koning Bélsasar die skrif aan die muur uitgelê nie. Daniël het ook die totale verloop en gebeure en tyd tot by Jesus se Wederkoms, vir ons uitgelê.

            As mens die Boek van Daniël tesame met Openbaring en die daaglikse nuusblaaie lees, weet jy presies waar ons in tyd beweeg… ook dat die einde op ons is.

Gaan wandel in Israel en veral in Jerusalem en vaar oor die See van Galilea en jou Bybel word skielik lewendig want jy stap presies waar Jesus, jou verlossor en Saligmaker, asook die dissipels, gestap het.

            En kyk hoe klein is die wêreld regtig. Die Iran wat Israel nou wil vernietig, was nou anderdag nog onder Daniël se bewind en Daniël is steeds deel van ons geskiedenis.

            Ons kyk na die aand toe Koning Bélsasar die armlose hand moes aanskou wat in Dan 5 sekere woorde op sy paleis se muur geskryf het.

            Toe die hand op die muur begin skyf het, is die hele fees  ontwrig, almal was verstom. Niemand kon dit lees ne. Vrees en angs was oral. Bélsasar se gelaatskleur het verander, sy gedagtes het hom verskrik, sy knieë het teen mekaar gekap.

            Hy het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers en die wyse manne van Babel in te bring. Daar was geen uitleg nie, net groter verwarring.

En dis waar ons nou is: Mense in SA en wêreldwyd skarrel om oplossings te vind. Wat die mens gesaai het, is hy besig om te maai.

            Mense soek oplossings by die okkulte, by die astroloë, by die toordokters, voorvadergeeste, die sieners, die valse profete, die waarsêers… asseblief, vertel ons wat die toekoms inhou.

Vir die waarsegters word gesê: Kyk na die palm van my hand, kyk tog na die sterre. Roep die geeste op dat hulle kan help. Is dit goed of sleg? Onder watter ster is ek gebore, wat beteken dit? Wat is my teken? Dit gebeur onder politici maar ook onder van die mees gegoede mense in SA.

Ons is in ‘n oomblik van krisis en verwarring, en ons soek antwoorde by dieselfde mense as wat Bélsasar gesoek het. Maar net soos in die dae van Bélsasar, kan niemand lees nie. God is steeds op die Troon en ons wat aan Hom behoort, plaas ons volle vertroue in Hom en in Hom alleen.

            Wil jy weet wat gaan gebeur? Begin die Boek van Daniel en die Boek van Openbaring saam bestudeer en tussen die twee hou jy die oggendkoerant wat vroegdag by jou huis afgelewer word.

            Hou ook verwikkelinge rondom Jerusalem dop. Die Persië waarvan Danël Eerste Minister was, het in ons tyd in die hande van die Islam geval en Israel se grootste vyand geword. Iran grawe hom op die grense van Israel in en sê reguit: Hy wil Israel van die landkaart afvee. Eseg 38 en 39 vertel ons alles van die komende groot oorlog.

            Mense vlug te voet met vroue en kinders en selfs babas, oor die wêreld heen na hopelike beter vooruitsigte. Groot getalle sterf wanneer omdat oorlaaide bote op see ondergaan. Ander sterf in kruisvuur. Ander van siekte en hongersnood.

            Daar is oorloë in 68 lande van die wêreld. Altesame 812 militante en guerillagroepe, tesame met terroriste- en anargistegroepe voer die stryd. Die lande en die gevegstroepe neem steeds toe.

            Nasa sê die Aarde waggle op sy as weens klimaatsverandering, waarvoor die mens meesal verantwoordelik is, en droogtes. Wêreldkongresse word gereeld gehou en besluite geneem om die klimaat te herstel en niks word uitgevoer nie.

            Die see word geplunder. Sommige vissoorte is al uitgeroei of is na daaraan.

            Amerikaners het pas in ‘n peiling gesê hulle heg meer waarde aan geld as aan geloof.

            Die lys van vrees en angs Is lank. Die verwarring neem toe.

            Bélsasar is van die troon gestoot en sterf kort daarna.

            Daniël was destyds reg en hy is weer reg.

            “Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

            “Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die Nuwe Jerusalem…” Openb 3:11-12

            Luister na die Wekroep: Jesus kom, wees gereed! - Wekroep

Woensdag 28 November 2018

Het jy al jou erfporsie opgeeis?



Die Nuwe Testament is die Testament wat Jesus aan my en jou as Gelowige nagelaat het. Net soos jou eie testament wat jy eendag nalaat, het Jesus talle dinge aan ons bemaak, maar met voorwaardes. Kom die voorwaardes na en eis jou erfporsie op.

   Net soos met enige testament, as mens nie dit  wat jy geëerf het opeis nie, word dit nooit joune nie. Dis hoekom jy die Testament moet bestudeer.

Luister wat sê Jesus in Mat 26:28 “Want dit is My bloed, die bloed van die Nuwe Testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.”

Ook in Mar 14:24 “En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die Nuwe Testament, wat vir baie uitgestort word.”

Luk 22:20 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: “Hierdie beker is die Nuwe Testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.“  1 Kor 11:15

Die volgende klousule lees: Heb 9:15 “En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die Ewige erfenis kan ontvang.”

‘n Gelowige is ‘n erfgenaam, aldus klousule Rom 8:16 “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede- erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”

Rom 8:18 “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.”

Daar is kere wat ons nie antwoord kry nie. Dit staan in die Testament, maar ons lees dit nie raak.

Vorwaarde 1: “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.” Heb 11:6

Let op: “Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.

   “Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg (probleem) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart (Voorwaarde) twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê.

   “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

   “En wanneer julle staan en bid, (Voorwaarde) vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die Hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

   “Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die Hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.” Mark 11:22-26

   Dus, as ons nie vergewe nie, kan Hy nie vergewe nie en ons erf nie.

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld (Voorwaarde) gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

(Voorwaarde) “Wie geheime hou sal nie voorspoedig wees nie, wie bely sal genade ontvang.” Spr 28:13

“Halleluja! Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees (eerbiedig, eer betoon), wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.

   “Sy nageslag sal groot wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.

   Kyk wat erf jy: “Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in Ewigheid.” Ps 112:1-3

   Veral plaaskinders getuig, hulle ouers se testament kan vol voorwaardes wees. Jy mag bv die plaas beboer, maar jy erf bv eers as jy 30 jaar oud is en as jy bewys gelewer het dat jy werklik ‘n boer in murg en been is. … so nie word die plaas verkoop en die geld gelykop onder al die kinders verdeel. Erf jy wel die plaas, moet jy sekere bedrae aan jou susters uitbetaal.

   Kom die voorwaardes na, en Jesus se hele testament is joune. Ondersoek ook wat jy met jou erfporsie moet maak. Dit sal ‘n wonderlike Bybelstudie (Testament-studie) oplewer. – Wekroep

Maandag 26 November 2018

Wees gereed…


En toe was daar “Black Friday” ook genoem “Black Magic”… Wêreldwyd  het mense na inkoopsentrums gestroom om winskope op te raap.

   Sommige winkels het al 1vm daardie nag oopgemaak, ander weer 6vm. By sommige winkels het mense voor die toe deure geslaap om met oopmaaktyd eerste te kon ingaan.

   Wêreldwyd, elke dorp en elke stad, oral het mense voor die toe deure gewag om oop te gaan. By sommige winkels reg deur die wêreld het mense met oopmaaktyd mekaar byna vertrap en die winkels so bestorm dat baie produkte van die rakke afgestamp was.

 

https://www.youtube.com/watch?v=Q-jMSs6FqaI

   En met Jesus se Koms voor die deur, is so min mense gereed.

  Wêreldwyd is min mense wagtend op die grootste gebeurtenis in menseheugenis… om in ‘n oogwink deur te beweeg vanaf hierdie tydelike aarde na die Ewige Nuwe Jerusalem.

   Die Bybel is so maklik om te verstaan dat jy eintlik hulp nodig het om dit nie te kan verstaan nie.

   Mens moet nou, terwyl jy hier lees, reeds gereed wees vir Jesus se Koms.

   By die inkoopsentrums was mense gereed en hulle het geweet wanneer die deure open. Met Jesus se Koms het ons ook die belofte van sy Koms, maar niemand weet wanneer … nog te meer rede om gereed te wees.

   Vir die ware Gelowige sal sy Koms nie onverwags wees nie want Gelowiges is juis gereed. Ons wag met rykhalsende verlange.

   Daar was vyf dwase maagde. Hulle olie was te min. Olie is simboliek aan die Heilige Gees.

   Die Bybel praat van “vol van die Heilige gees.” Luk 4:1; Hand 6:3; Hand 7:55; Hand 7:55; Hand 11:24.

   Die feit dat vewys word na “vol” kan beteken dat mens soms nie “vol” is nie. Meer tyd saam met die HERE hou mens vol.

   Die dag kom vinnig nader wanneer die Basuin gaan blaas. Dan gaan dit vir miljoene mense te laat wees.

   Mense sal in waansin en vrees oral na hulp roep. Die Hemeldeur sal toe wees. En daarbinne vind die huwelik tussen Bruid en Bruidegom plaas en dan die groot onthaal vol van ryke feesvieringe, lofprysinge, blydskap, vrede en danksegging.

   Destyds met Noag het die deur ook vir altyd toegegaan. Dit sal ‘n vreesaanjaende tyd wees.

   As jy met Black Friday verslaap het, kon jy darem nog enige tyd deur die dag instap.

   Met die Koms van Jesus vind alles in ‘n oogwink plaas. In ‘n oogwink is alles verby.

   As jy nie die grootste wonderwerk op aarde, die Wedergeboorte, beleef het nie, het jy in elk geval geen burgerskap in die Hemel nie. Jou Wedergeboorte is jou paspoort.

   Let op: “Want ons burgerskap is in die Hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.” Fil 3:20-21

   Wees gereed. - Wekroep

Preview YouTube video When The Trumpet Of The Lord Shall Sound
https://www.youtube.com/watch?v=Q-jMSs6FqaI

Saterdag 24 November 2018

Bid of Vergaan

Wekroep


Wetenskaplikes het die Oordeelsdag Horlosie nader gedraai aan middernag

soos wat toestande in die wêreld verder versleg het. Ook in SA gaan dit nie

goed nie. Gelowiges kan egter enige situasie omkeer deur vurige gebed. Die

e-boekie “Bid of Vergaan” kan op aanvraag verkry word, en verder versprei

word. Dit handel oor die krag van gebed en hoe om die situasie in Suid-Afrika

deur gebed om te keer.

As u die gratis e-boekie wil bekom kontak my by belindapaar@gmail.com.


God ken jou...


Soos wat die HERE van Filippus en die Ethiopiër geweet het, weet Hy ook van jou!


Jy sal die HERE nooit kan ontduik nie. “Want God ken die geheime van die hart.” Ps 44:22

“Daar is 'n God in die Hemel wat geheime openbaar.” Dan 2”28

“Want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.” Matt 10:26

Moet nooit die fout maak om te dink niemand weet nie

"...  want U alleen ken die hart van AL die mensekinders." 1 Kon 8:39

"Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die Hemel en die aarde nie? spreek die HERE." Jer 23:24

Ernstige waarskuwing: “Wie geheime hou sal nie voorspoedig wees nie, wie bely sal genade ontvang.” Spr 28:13

Dit is maar in kort hoe die HERE van jou en my en Filippus en die Ethiopiër weet...

“’n Engel van die Here het vir Filippus gesê: ‘…gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop. Dit is ’n stil pad…’n Etiopiër…was nou op pad…en het op die wa gesit en uit Jesaja gelees. Die Gees sê vir Filippus: ‘Gaan loop saam met daardie wa.’” Hand 8:26-30

 

Henry Norris Russel, sterrekundige van Princeton, het ’n lesing oor die hemelruim, en veral oor die Melkweg, gegee. Na die indrukwekkende lesing kom ’n vrou na hom toe en vra: “As ons aarde so klein is, en die heelal so groot is, Professor, hoe kan ons glo dat God aan ’n enkele mens, aan my, aandag gee?”

            “Russel antwoord: “Dit hang alles af van in hoe ’n gróót God u glo.”

            Die onbegryplike grootheid van God, word van die begin van die Bybel tot sy einde, verkondig. Dawid het God se grootheid besing: “… groot is U, Here my God! Daar is niemand soos U nie. Buiten U is daar geen God nie… die HERE, die Almagtige…” 2 Sam 7:22,23

In Openbaring kniel die 24 ouderlinge – hulle verteenwoordig ons as Gelowiges – “Ons dank U HERE God, Almagtige, U wat is en wat was, dat U nou u groot mag gebruik en as koning heers.” Opb 11:17

Jesus, wat God sy Vader se grootheid, geken het, het die groot wonder bygevoeg: God ken ons, sien ons raak, sorg vir ons, Hy het ons lief: “Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie.” Luk.12:7

En God maak die mens se hart sy woning. So naby kom Hy na ons toe.

Die Ewige God van die Hemel het in sy liefde in mensegestalte, in Jesus Christus sy geliefde Seun, na ons toe gekom. Jesus kon sê: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy met My.” Opb.3:20

Jou hartsdeur het net aan die binnekant ‘n klop. Jy en jy alleen, sal moet oopmaak.

Jesus is God wat deur die Heilige Gees in ons inkom en ’n nuwe lewe in ons hart bring en die God van die Hemel, die God van ons hart en lewe maak, sodat ons Hom vrymoedig noem: “My Vader.”

            Hoekom moes jy vandag hierdie boodskap lees? Wel, jy wat nie die HERE dien nie, moet besef die HERE praat met jou, dis hoekom hier moes lees.

            En jy wat die HERE dien, moet besef, die HERE stuur jou na die ongereddes om die Volk bymekaar te maak vir sy Koms. Stuur hierdie boodskap wyd en syd. Druk dit en versprei per hand in elke posbus en hand in jou kontrei.

Niks in hierdie lewe, was ooit belangriker nie. – Wekroep

God laat ons Altyd triomfeer in Christus

Evangelis Belinda Paar, het reageer op ‘n Macedoniese roepstem na Modimolle. By haar aankoms daar bid sy vir ‘n jongman van 20 wat van sy geboorte af doof is.

   En die jongman begin huil en toe is dit trane oral toe hy vir die eerste keer sedert se geboorte kon hoor.














Evangelis Belinda Paar

“Maar God sy dank wat ons (wanneer?) altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van Sy kennis deur ons oral versprei (hoekom?) want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God...” 2 Kor 2:14,15

   “Hy gebruik ons om ander mense van Christus te vertel. En dit is soos ‘n aangename reuk wat oral versprei. ‘n Mens kan sê die geur van Christus kleef aan ons en God word daardeur geëer...”

   Dits is veronderstel om my en jou te beskrywe…

   Die Boodskap sê: “Ons, (ek en jy), is soos ‘n aangename geur wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die wonderlike aroma van Christus tot eer van God.”

   Wanneer jy enige aangename parfuum op jou liggaam gebruik het, hoef jy niemand daarvan te vertel. Almal wat met jou in aanraking kom, sal bewus word van die heerlike geur. Net só gaan dit met ons wat met Jesus kontak gemaak het en in verhouding met Hom leef – almal met wie jy kontak maak sal agter kom jy is anders.

Hierdie “geur van Christus” wat in ons is, sal na vore kom in die woorde wat jy praat; in jou gesindheid en in wat jy doen. Dit geld waar jy studeer, waar jy werk, waar jy inkopies doen en ook waar jy jou sport bedryf.

Menses sê ruiterlik: “Ek wil ook hê wat daardie man of vrou het.”

Let daarop dat Paulus praat hier van “die reuk van Sy kennis.” Hierdie reuk waarna verwys word kom deur kennis (waarheid) wat ons van Jesus ontvang het. Hierdie kennis kry jy alleenlik as jy tyd neem in Sy Woord en in verhouding met Hom deur gebed. God se waarhede is vir die gelowige iets aangenaam en word genoem “’n reuk tot die lewe”  maar vir hulle wat nie wil glo, nie word dit “’n reuk tot die dood.”

   Besluit om vandag ‘n aangename geur van Christus te wees. Laat dit uitkom in jou woorde en dade asook in jou gesindheid.

   Sorg dat jy genoeg tyd spandeer in die Woord en in gebed.

   Jy en ek is geroep om dit te doen. – Wekroep


Maandag 19 November 2018

Nkosi sik’lele iAfrika


Image result for sa flag


Juig / Joy


Daar is tans ‘n boodskap wat die rondte doen op sosiale media dat Suid-Afrika se volkslied, Nkosi sik’lele iAfrika, gebaseer is op voorvaderaanbidding, en dat daar gesing word tot ‘n afgod, by name, Nkosi, ʼn sogenaamde boomgod.

Hierdie boodskap beweer dat die aanbidding van Nkosi daartoe gelei het dat Shaka Zulu 6 000 swanger vroue om die lewe laat bring het. Die boodskap word hierdeur dan verander in een van vrees; dat hierdie afgodaanbidding ook kan lei tot wit swanger vroue (wat apartheid verteenwoordig) wat so vermoor sal word.

Dit is ontstellend dat mense, wat beweer hulle is Christene, hierdie pragtige aanbiddingslied in twyfel trek om ‘n politieke agenda te bevorder wat ‘n reeds gepolariseerde samelewing verder verdeel. Voordat ons na die woorde van die volkslied en hulle ware betekenis kyk, is dit belangrik om die oorsprong van en hart agter die lied te verstaan.

Die geskiedenis agter die lied

Nkosi Sikelel ‘iAfrika (“Here Seën Afrika”) is in 1897 oorspronklik as ʼn gesang gekomponeer deur Enoch Sontonga, ‘n onderwyser by ‘n Metodiste-sendingskool in Nancefield, Johannesburg. Hy het Nkosi gekomponeer as deel van ‘n repertoire liedjies vir die studente in sy skool. Hy het die melodie gebaseer op die gesang, ‘Aberystwyth “deur Joseph Parry.

Enoch was ‘n man van vele talente; nie net as ‘n onderwyser nie; hy was ‘n voldonge digter, komponis, dirigent, lekeprediker en ‘n amateurfotograaf. Hy skryf die eerste vers en koor van NkosiSikelel ‘iAfrika toe hy 24 is, en later dieselfde jaar, komponeer hy die musiek.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Heilige Gees uniek is aan die Christelike geloof en die feit dat die oorspronklike liedjie gebede tot die Heilige Gees bevat, bevestig ook dat hierdie lied altyd bedoel was om tot die Vader, Seun en Heilige Gees te bid, die Drie-enige God wat deur Christene aanbid word.

Dit is werklik jammer dat ‘n lied waarvan miljoene mense hou, en wat gedien het om ‘n verdeelde nasie te verenig, nou geassosieer word met afgodery, moord, rassisme, agterdog en vrees – alles in die naam van Christus wat die mens met God versoen het en Sy Kerk ‘n mandaat gegee het om dieselfde te doen (2 Kor 5 doen: 18-19).

Die skrywer van daardie e-pos, en almal wat dit daarna aangestuur het, moet die geestelike gevare in ag neem vir diegene wat agterdog en vrees saai. Spreuke 18:21: “Die tong het mag oor lewe en dood, en elkeen wat dit graag wil eet die vrugte daarvan. ”

DIE LIED

Oorspronklike aanbiddingslied

Nkosi Sikelel’ iAfrika (Lord Bless Africa)

Maluphakanyisw’ uphondo lwayo (May her glory be lifted high)

Yiva imathandazo yethu (Hear our petitions)

Nkosi Sikelela (Lord bless us)

Thina lusapho lwayo (Us your children)

Yihla Moya, (Come Spirit)

Yihla Moya, yihla Moya,

Yihla Moya,

Yihla Moya, yihla Moya,

Yihla Moya oyingcwele (Come Holy Spirit)

Nkosi sikelele (Lord bless us)

Thina lusapho lwayo. (Us your children)

Morena boloka sechaba sa heso, (Lord we ask You to protect our nation)

O fedise dintwa le matshwenyeho, (Intervene and end all conflicts)

Morena boloka sechaba sa heso,

O fedise dintwa le matshwenyeho.

O se boloke, o se boloke, (Protect us)

O se boloke morena se boloke,

Sechaba sa heso (Protect our nation)

Sechaba sa heso

Ma kube njalo! (Let it be so)

Ma kube njalo!

Kude kube ngunaphakade, (Forever and ever)

Kude kube ngunaphakade!

Die Nasionale Volkslied

Xhosa: Nkosi sikelel’ iAfrika

Maluphakanyisw’ uphondo lwayo,

(Lord bless Africa, rise high, her glory)

Zulu: Yizwa imithandazo yethu,

Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.

(Listen also to our prayers,

Lord bless us, her (Africa) family.)

Sesotho: Morena boloka setshaba sa heso,

O fedise dintwa le matshwenyeho,

O se boloke, O se boloke setshaba sa heso,

Setshaba sa, South Africa, South Africa.

(Lord protect our nation,  stop wars and sufferings, protect it, protect our nation,

the nation of South Africa, South Africa.)

Afrikaans: Uit die blou van onse hemel,

uit die diepte van ons see,  oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee,

English: Sounds the call to come together,

And united we shall stand,

let us live and strive for freedom

in South Africa our land!

As Christene word ons opgeroep om:

Lewe te kommunikeer – Spreuke 10:11: “Die mond van die regverdige is ‘n fontein van die lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.”

Geregtigheid te kommunikeer – Psalms 35:28 “My tong sal U geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.”

Wysheid te kommunikeer  – Spreuke 10:31 “Uit die mond van die regverdige kom die vrug van wysheid nie, maar ‘n valse tong word stilgemaak.”

Genesing te kommunikeer  – Spreuke 12:18: “Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaarsteke, maar die tong van die wyse bring genesing.”

Met insig te kommunikeer  – Spreuke 2:6: “Dit is die HERE wat wysheid gee; uit Sy mond kom die kennis en die insig.”

Regverdigheid te kommunikeer  – Spreuke 8:8: “Al die woorde van my mond is reg; daarin is niks wat slinks of vals is nie. ”

Waarheid te kommunikeer  – Spreuke 8:7: “Ek praat net die waarheid, ek het ʼn afsku van wat verkeerd is.”

Met sorg te kommunikeer  – Prediker 5:2: “…baie praat lei tot onverstandige woorde.”

Ja inderdaad, soos 1Petrus 3:10 sê: “As iemand die lewe liefhet en ʼn lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.”

Vrydag 16 November 2018

Waarskuwings oor Jer 23:1




“Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.”

“Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.” Jer 20:21

“Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.” Jer 2:8

“Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!” Sag 11:17

“So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.” Eseg 13:3

“Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?

            “Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.

            “So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.

            “My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek.

            “Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE:

            “So waar as Ek leef, spreek die Here JAWEH, gewis, omdat my skape'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie –  daarom, o herders, hoor die woord van die HERE!

            “So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.

Eseg 34:2-10

         

·       “'n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.” Jer 50:6

“Die wind sal al jou herders verstrooi, en jou minnaars sal in gevangenskap gaan; ja, dan sal jy beskaamd staan en in die skande kom weens al jou boosheid.” Jer 22:22

“Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak, hulle het dit 'n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.” Jer 12:10-11

            “Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!

            “Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.

            “En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.

            “Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!” Jes 56:9-12

            “Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

“Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.

            “Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.

            “En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.

            “Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.

            “Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.

            “Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg, sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.

            “Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.” Luk 42-52

            “Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang.

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

            “Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.

            “Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?

            “En: Elkeen wat sweer by die altar – dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.

            “Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?

            “Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;  en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon; en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

            “Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

            “Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.

            “So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

            “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.” Matt 23:13-30

“Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” Matt 15:14

            “En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.” Matt 9:36

            “So sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape – hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.” Sag 11: 4-5

            “Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

            “Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.” Sef 3:3-4

            “Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

            “Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.” Miga 3:11-12

            “'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.

            “Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.

            “Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.

            “En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE –   terwyl die HERE nie gespreek het nie.

            “Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.” Eseg 22:25-29

            “Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos 'n kosbare voorwerp.

            “Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.

            “Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.” Jer 25:34-36

            “Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.

            “Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.

            “Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel; maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.

            “Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.” Jer 23:11-15

            “Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.” Jer 23:2

            “Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,” Jer 22:26

            “Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.” Joh 10:12

            “Die dief kom net om te steel (die Woord) en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Joh 10:10

            “En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE. “ Eseg 34:31

            “Jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?

“Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?” Rom 2:21-22 – Wekroep

Jy en jou Visioen



Jy en die visioen wat God jou gee moet onafskeidbaar van mekaar word. Gen. 37:19 Josef het hom so in sy drome ingeleef dat sy broers hom die "Dromer" genoem het.

            Jou tydelike uitspanplekke is nie jou uiteindelike eindpunt nie.  Josef het op baie plekke "uitgespan".  Die put in die wildernis, Potifar se huis en in Farao se tronk — elke uitspanplek 'n node op sy roete na die paleis toe. Elkeen was deel van Josef se leerskool. God het hom geseën te midde van hierdie moeilike omstandighede. Dalk is jy nog by 'n node op die roete na jou paleis toe! Moenie by jou node vashaak nie. Behou jou visie en jou momentum om op die regte tyd aan te beweeg.

            Moenie jouself onderwerp aan 'n gees van manipulasie nie, selfs al laat dit jou in plekke land waar jy nie graag wil wees nie. Josef het hom nie laat manipuleer deur Potifar se vrou nie. Dit het hom tydelik sy vryheid gekos en hy het 'n paar jaar swaargekry, maar hy het deurgedruk en uiteindelik 'n heerser in Egipte geword.

            Die tronk is 'n plek waar jy gevorm word.  Daar was verskeie eksterne invloede op Josef, maar hy het aan die interne droom vasgehou en toegelaat dat die Gees van God hom van binne verander.

            Jy moet uit die tronk kom om uiteindelik paleis toe te gaan.  Josef het nie sy tronkstraf aanvaar nie.  Hy lê die skinker se droom uit, en vra dadelik vir hom om hom te help om uit te kom. Kry bevryding van jou tronk-mentaliteit, van gedagtes en gewoontes wat jou bind.  Is dit tradisie?  Is die verlede altyd vir jou beter as die hede? Is daar swak verhoudings in jou lewe?  Onvergewensgesindheid? Emosionele seer?

            Indien jy ander help met hulle drome, sal God jou help met joune.  Josef het die bakker en die skinker se drome uitgelê.  Daarna het hy vir Farao ook drome uitgelê en goeie advies gegee.  Hy het ingeskakel by Farao se droom en God het in hierdie inskakeling Josef se eie droom bewaarheid.

            In 24 kort ure kan jy van die tronk na die paleis vorder.  Gen. 41:14 Josef se bevryding het snel geskied.  Wanneer jy gereed is, kan jy 'n spoedige verandering in jou lewe verwag – 'n verborgenheid wat ons nie verstaan nie:  Ons leer om te wag op die Here, en dit neem meestal lank, maar wanneer Hy begin beweeg, kan ons haas byhou.

            Wees Waaksaam, God posisioneer jou vir toegang tot invloedryke mense in sleutelposisies wat rykdom en bronne tot jou beskikking kan stel. God het Josef aan Farao voorgestel, die koning en mees invloedryke man in Egipte en omliggende lande!  Josef was van daardie oomblik af in die guns van Farao.

            Ons, leiers inkluis, lewe in 'n tydperk waar ons gereed moet wees vir snelle veranderinge. God is reeds gereed om vermenigvuldiging in Sy Koninkryk te doen.  Is jy gereed om te help fasiliteer daaraan? Dalk het jy 'n Josef-bediening.  Wat jou droom ook al inhou, wees gereed om die vervulling daarvan te beleef. – Wekroep

Verbly julle…



Dit is al wetenskaplik bewys dat wanneer 'n mens opgeruimd en vrolik is, dit genesing bevorder vir 'n verslae gees wat deur omstandighede kapot is.

Spr 17:22 lees: "'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog."

      Kyk wat moet ons doen: “Verbly julle (wanneer?) altyd in die HERE; ek herhaal: Verbly julle!

            En “Laat julle vriendelikheid aan (wie?) alle mense bekend word. Die HERE is naby.” Fil4:5-6

            Daar is kere wat dinge net nie reg wil loop nie. Dis kind, of jou man, of jou vrou, of jou ouers, ‘n iets wat net dwars sit en jou omkrap. Die gouste om dit reg te stel is: Verbly jouself in die HERE.

            Dis makliker gesê as gedaan, maar dis wel moontlik.

            Nogtans… “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”

            En dan? “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”

            (Beswaardheid en die oorsake daarvan maal mos gedurig in ‘n mens se kop rond, maar) “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is -- watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. (laat dit liewer in jou kop en gees rondmaal)” Fil 4:6-8

            Dis hoe mens daarin slaag om jouself te verbly. Om daarmee te help, speel ‘n geestelike opgeruimde bemoedigende CD kliphard in die huis. Breek eers net deur, jy kan dit later sagter draai.

            Wanneer jy saam sing, sing hardop, hande in die lug. Jy het gevra, Nou jubel jy in danksegging want Hy het belowe, Hy sal beslis antwoord.

            Die ma sê vir haar kind, vanmiddag wanneer ons stad toe gaan, koop ma vir jou ‘n roomys. Het hy al die roomys? Nee, hy kry dit vanmiddag.

            Maar sy danksegging is reeds daar. Van opgewondenheid deel hy die nuus met almal wat voorkom. -- Wekroep

Donderdag 08 November 2018

Liefde


Liefde…



Die liefde word nie op ons afgedwing nie, al maak ons ook die mooiste beloftes by ons troues. Liefde is soos ‘n pragtige blomtuin wat gereeld geskoffel moet word om die onkruid uit te hou.

So lyk die Liefde:


“Die liefde is geduldig,

die liefde is vriendelik;

dit is nie afgunstig nie,

is nie grootpraterig nie,

is nie verwaand nie.

Dit handel nie onwelvoeglik nie,

soek nie sy eie belang nie,

is nie liggeraak nie,

hou nie boek van die kwaad nie.

Dit verbly hom nie oor onreg nie,

maar verheug hom oor die waarheid.

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” 1 Kor 13:4-7

            On sweet almal, dis veel makliker gesê as gedaan?

            Wat hier staan, vertel van ʼn liefde wat skaars oorleef.  1 Kor 13 beskryf ‘n liefde wat alles in die stryd moet werp om in ʼn oorlog staande te bly.

            Wanneer is jy geduldig?  As iemand jou teister, en jy jou moet inhou.

            Wanneer is jy vriendelik?  As die ander ou afgunstig, grootpraterig en verwaand is.

            Hoekom weerhou jy jou van onwelvoeglikheid?  Oor dit lelik is?  Nee, oor jy iemand nie wil vervreem nie.

            Om dieselfde rede soek jy ook nie jou eie belang nie, maar is jy meer bedag op wat vir ander goed sal wees.

            Net so is jy meer as net effens dikvellig, en nie so vreeslik liggeraak nie.  Sodat jy nie sommer aan elke ou kleinigheidjie aanstoot neem nie, en gekrenk sal voel oor jou waardigheid nou weer aangetas is nie.

            Jy reken ook nie die skade wat ander jou aandoen nie, want jy gaan nie later wraak neem en vergoeding eis nie.

            Oor die onreg wat jou vyand oorkom, verlekker jy jou nie. Jy word net oor die waarheid bly, dit wil sê as wat jou vyand oorgekom het, hom tot ander insigte gebring het.  Insig in die waarheid versoen en verenig julle weer met mekaar: aartsvyande kan boesemvriende raak.

            Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

            1 Kor 13 is die verhaal van liefde wat wil oorleef, en wil keer dat die sonde dit verniel. Hierdie is ʼn liefde wat wil uithou en aanhou.  So lyk liefde wat end-uit met jou die pad wil loop.

            Het jy dit al?  Het iemand jou al so liefgehad?  En jy vir iemand anders?

            Liefde is nie naïef nie.  Dit skram ook nie van die werklikheid weg nie.  Dit kyk die foute en sonde vierkantig in die oë.

            Die statistieke spreek vanself.  Huwelike hou nie.  Want die liefde is ʼn volgehoue geveg teen eiebelang, en ander se kwaad (waarvan jy nie mag boekhou nie).

Weet jy wat dit van jou verg om alles wat julle mekaar aandoen, agter julle te sit – te bedek – en oor te begin en aan te gaan asof dit nie gebeur het nie? Het jy ʼn idee van wat dit vat om alles te bly glo wat iemand jou alweer hart en mond belowe terwyl jy sukkel om saam te leef met al die vergete en mislukte goeie voornemens van die verlede?  Hoe kry mens weer hoop as alles waarvan jy gedroom het, verydel is?

            Hoe hou die liefde dit?

            Hoe hou jy dit met liefde?

            As jy die liefde wil laat oorleef, moet jy nou besluit:  niks anders kom daarby nie.  Niks is so belangrik soos die liefde nie,  nie jou beroep nie, nie jou geld en jou goed nie, nie jou ideale, jou vriende of familie, jou sport of jou vakansies of, wel, trouens enigiets waaraan jy kan dink, verdien soveel van jou aandag as jou liefde nie.

Fokus daarop. Want verloor jy dit, verloor jy iedergeval al die ander goed daarmee saam.  En verlore gaan sal dit, as jy nie keer nie, as jy die liefde nie vertroetel nie.

            En dan kom jy agter hoekom jy voluit op die liefde moes fokus, en jy juis so aan die liefde moes gestalte gee: Ons weet nou al dat van alles wat in die lewe belangrik is, die liefde belangriker is.   Maar het jy geweet dat, van alles wat in die lewe gebeur, dit net die liefde is wat end-uit bly?

            Let op: 1 Kor 13:8 “Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.”

            Selfs die heiligste goed, die heel kosbaarste van die godsdienstige praktyke, kan verdwyn en hou op en raak uitgedien.  Maar die liefde moet hou.  Dis die bloed wat lewe gee.  Dis die gom wat klou.

            En 1 Kor 13:9 “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

            1 Kor 13 gaan oor liefde in die spervuur.  Oor liefde in die moeilikheid. Dis liefde wat hom teësit teen die magte van die duisternis, wat wal gooi, wat keer.  Dis liefde wat vas van plan is om elke beproewing te oorleef.  Dis nie sentimentele liefde hierdie nie. Dis liefde op die oorlogspad. Dis liefde in die hitte van die stryd, wat veg om te oorleef. Dis liefde wat baklei om bo uit te kom, en niks sal ontsien om te wen nie. Dis strydende liefde hierdie.

Werkende liefde. Liefde wat teen sonde die rug krom maak. Liefde wat ly, liefde wat swaarkry.  Liefde wat weerstand bied teen ondergang en walgooi teen oorweldig te word.  Liefde wat aanhou en wil staande bly al kom die hel van alle kante op hom af.

            Het ons al aan sulke liefde gestalte kon gee?  Was dit al ooit ons voorneme? Wat dan, het van die liefde geword?  Waar’s dit heen?

            Ons het op die harde manier geleer nie alles hang af van goeie voornemens nie.  Goeie voornemens word nooit in stand gehou nie. Dis God wat in liefde die deurslag gee.  Dis die liefde wat jy kry as God se genade in berekening gebring word, wat jy hier in 1 Kor 13 kry.  Om sulke liefde te kon beleef, is te danke aan die genade van God.  Dit moet dadelik duidelik wees dat ons in hierdie wêreld nog net een keer sulke liefde van naderby beleef het:  in die lewe en dood en lewe van Jesus Christus.

            Dis asof ons ander al daarvan gehoor praat het, maar eerstehandse ondervinding het ons nie. Die liefdesvuur bly brand waar paartjies saam bid en die man sy rol as Hoë Priester van sy huis aanvaar.

            God skryf julle lewensboek en hy is nog lank nie klaar nie. Moet ook nie die pen uit sy hand neem en julle verhaal self probeer klaarskryf nie.

            Seksuele (eros) liefde en menslike (fileo) liefde. lan nooit slag nie. Tydens berading kom dit sterk na vore.

            Wat wel slaag is Goddelike (Agape) liefde. Maak seker voor julle trou, watter liefde die botoon voer.

            Sy genade het goed genoeg in julle gewerk om die afgelope jaar se bietjies liefde moontlik te maak.  God is in julle aan die werk. Julle beleef sy liefde nou, en sy liefde sal nie afkoel of ophou nie. Julle kan op sy liefde wat nooit te min is nie reken, liefde wat geen vervaldatum het nie, maar met Kersfees weer afskop om ons lewe hier saam moontlik te maak.

            “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself -- dan doen julle goed.” Jak 2:8

            Eerste vraag is: Hoe lief het jy jouself?

Kyk wat sê,Jesus: “Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. (So moet ons ook bly in die Belofte wat ons aan Hom en aan mekaar gemaak het).

            (Hoe kry ons dit reg?) “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

            (Hoekom?) “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

            “Dit is my gebod (Jak 2:8), dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het” Joh
15:0-12

Maandag 05 November 2018

Bid en Verwag ‘n groot Deurbraak



Sedert sy jeug was Graaf Nikolaus von Zinzendorf ‘n ywerige Christen asook ‘n man van aksie. Hy het sy deure van sy reuse landgoed vir die vervolgde Protestante van Europa oopgestel, sodat hulle iewers skuilplek teen die genadelose storms kon vind.

cid:image001.jpg@01D472D6.AA7FB150

Toe het Von Zinzendorf se barenswee begin. Hy het gehoop op liefde en begrip: wat hy gehoor het was die stem van geskille – en ons hoor dit vandag weer.

Die geskille was oor tientalle sake, alles van minder belang. Von Zinzendorf het verlang om God se kinders verenig te sien, maar eindelose teologiese twispunte het die uitdra van die Evangelie verteer.

Von Zinzendorf het dae en nagte in gebed deurgebring. Ander sluit later by hom aan. Op 14 Augustus 1714 het die antwoord gekom. Von Zinzendorf het ‘n Nagmaalsdiens gehou waarheen almal genooi was.

Die heerlikheid was meer as wat vlees en bloed kon hanteer. Gelowiges het in die HERE se teenwoordigheid neergeval. Die Kruis met sy diepste betekenis is onthul. ‘n Goddelike metamorfose vind onder die aanwesiges plaas. Christus word vir almal alles.

Die Morawiese beweging kom op dreef. Hulle het ‘n 24-uurse gebedsiklus gevorm en groepe het dag en nag tien jaar lank gebid. Ja, jy lees reg: Tien jaar lank dag en nag.

Die gevolg daarvan was dat oor ‘n tydperk van 25 jaar 100 sendelinge na alle dele van die aardbol uitgereik het. Die Morawiërs het ‘n wêreldwye beweging op tou gesit wat uiteindelik Protestantisme van polemiek tot sending laat swaai het.

John Wesley, ‘n spruit van die Morawiërs, het na sy grootse ondervinding in Aldersgate na Herrnhut gegaan om die wonderwerk self te aanskou.

Hy skryf aan die gelowiges tuis: “Ek het ‘n kerk gevind waar mens die atmosfeer van die Hemel self inasem.”

Dit is wat Suid-Afrika nodig het: ‘n Goddelike ingryping! Wat baat dit ons om te verklaar dat ons Christene is en niemand sien God in aksie in ons lewens en in ons land nie.

Reg oor SA skakel Christene by gebedsgroepe in. Ons glo daar is ‘n Goddelike ingryping in wording, ‘n kragtige geestelike herlewing is aan die kom, nie net in SA nie, maar reg oor die wêreld.

Ons moet bid want: “Die Here kan ‘n koning (en die volk) se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!”

Nie deur krag of geweld nie, maar deur Sy Gees. Glo dit!

“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.” Henr 11:6. – Wekroep



–       Nikolaus Ludwig, Reichsgraf von Zinzendorf und Pottendorf was ‘n a Duitse Gelowige en sosiale Hervormer, biskop van die Morawiese Kerk, stigter van die Herrnhuter Brüdergemeine, ook pionier van Evangeliese sendingwerk, en een van die hooffigure van die 18e Eeuse Protestantisme.

MORAWIESE KERK IN SUID-AFRIKA voer sy ontstaan in Suid-Afrika terug na die koms van Georg Schmidt* in 1737. Dit kan as die tweede oudste kerk in die land beskou word. Die aanvanklike werk word na ’n lang onderbreking in 1792 op Gena­dendal* voortgesit en brei spoedig uit na die Boland (Mamre) en die Oos-Kaap. Van­dag bestaan die Morawiese Kerk uit sowat 100 000 lidmate in 84 gemeentes. Hulle pre­dikante word in Heideveld, Kaap, opgelei. Werk onder gestremdes kry baie aandag en daar bestaan etlike inrigtings vir gestrem­des. Hoewel relatief klein, speel dié kerk ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekumene*. (Kyk ook: Morawiese Broederge­meente, en: Tikkuie, Vehettge.). Vir verdere lees: B Krüger 1966. The Pear Tree Blossoms. Genadendal: Moravian Book Depot.