Wys tans plasings met die etiket bid sonder ophou. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bid sonder ophou. Wys alle plasings

Saterdag 11 Julie 2020

Dis tyd vir saamstaan en saam bid soos nog nooit tevore nie



Die tweede vlaag van die pes Covid19, beweeg vinniger en gevaarliker, aldus nuusberigte.

            Meeste het gehoop teen hierdie tyd het die hele wêreld reeds teruggekeer na “normaal.” Intussen lyk dit nie om ons ooit weer normaal sal sien nie, in elk geval nie soos ons dit geken het nie.

            Daar is geen einde in sig nie. Mense steek steeds aan, soms in toenemende maat, en mense sterf steeds in groot getalle.

            Luk 5:8 is van toepassing: “Wees nugter en waaksaam (hoekom?), want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

            En dan: “Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

            “Maar weet dit dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom  —  2  Tim. 3:1, skryf Paulus aan  Timotheus, en noem dan in die daarop volgende strofés verskeie voorbeelde van hoe die swaar tye daar sal uitsien.

            Hierdie swaar tye gaan gepaard met spanning wat in ons tyd in meeste gevalle aan uiterstes grens.

            Hierdie spanning vernietig gesinne, huwelike, gemeenskappe, en dwing van die grootste maatskappye in die wêreld om spesiale maatreëls te tref om hul werknemers te beskerm en daarvoor te laat behandel.

            Die steeds toenemende spanning van uiterstes raak meer mense se lewens as pandemies soos VIGS. Hospitale en mediese spreekkamers loop oor van mense wat aan  spanning-verwante siektes ly.

            In sommige opsigte reeds, is strofé 12 ook besig om in vervulling te gaan:  En almal wat ook Godvrugtig wil lewe, sal vervolg word!

            Vervolging in watter vorm ook al, bring sy eie soort spanning en meesal ook erge spanning.  Spertye bring spanning.  Perfeksionisme bring spanning.  Om iemand geestelik te dra bring spanning.  Ondraaglike werksituasies bring spanning.

            In 2 Kor. 11:27-28 praat Paulus oor spanning wat hy persoonlik beleef het en verwys hy onder meer na slapelose nagte en daaglikse bekommernis.

            Ons het almal al dae van druk en uitsonderlike hoë druk beleef, maar Paulus gaan voort en vertel dat hy vasgestaan het en GOD hom daarvan verlos het:

            2 Tim. 3:11 lees:  Watter vervolginge het ek nie al almal verdra nie!  En die HERE het my uit almal verlos!

            As Paulus kon vasgestaan het, dan kan ons ook.  Maar dit sal dieselfde onwankelbare geloof van ons vereis as wat ons by Paulus sien —  aldus  2 Tim. 4:7 lees: Ek het die Goeie Stryd gestry... .

            Deurbrake kom nie altyd maklik nie, maar wanneer mens aanhou vertrou, aanhou met klop, dan kom die deurbraak wel die een of ander tyd.

            Dit bring ook (onnodige) spanning wanneer ons meen dat ons nie genoeg het nie.  Ons vrees tekorte.

Ons gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en dit omdat ons nie moeite maak om ons Bybels te bestudeer nie.

            As ons wel die kennis opdoen, dan is Ps 37:18-19, 25 baie betekenisvol:

            “Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.  Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in die dae van hongersnood sal hulle versadig word.  Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien nie, of dat sy nageslag brood soek nie.”

            Koning Dawid sou nie die bogenoemde geskrywe het, as hy nie self getuie daarvan was nie.

            GOD sal ons nie verlaat nie.  Hy sal Hom ook nie aan ons onttrek nie.  Sy Liefde, Genade en Guns, skenk Hy aan ons.

            Een keer was Dawid onseker oor sy verhouding met GOD en toe vra hy in Psalm 8:5:

            “Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?”

            Dis ‘n vraag wat ons ook kan vra:  Wie is ons as nietige mens, as gras van die veld, dat die Almagtige GOD  aan ons sou dink?

            1 Petrus 5:7 lees:  “Werp al julle bekommernisse op Hom (hoekom?) want Hy sorg vir julle!”

            Asook Ps 55:23:  “Werp jou sorg op die HERE en Hy sal jou onderhou;  Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.”

            En dan is daar Ps 9:10:  “So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.”

            En strofe 11:  “En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U diegene wat U soek, nie verlaat nie, o’ HERE!”

            GOD behoed en bewaar ons.  Hy dra ons, wat die omstandighede ook al mag wees.  Al wat dit vra is dat ons dit sal erken, bely en glo en Hom daarvoor eer  —  in Gees en in Waarheid aanbid, Sy Naam grootmaak!

            Dan maak dit nie saak hoe hoog die prys van wat ook al word nie,  GOD sal die inkomste voorsien.  Hy sal ons nooit verlaat nie.

            Wat sê onse GOD vandag aan ons?  Eenvoudig:  Moet julle nie bekommer nie.  Ek die HERE GOD is in beheer!

Maandag 05 November 2018

Bid en Verwag ‘n groot Deurbraak



Sedert sy jeug was Graaf Nikolaus von Zinzendorf ‘n ywerige Christen asook ‘n man van aksie. Hy het sy deure van sy reuse landgoed vir die vervolgde Protestante van Europa oopgestel, sodat hulle iewers skuilplek teen die genadelose storms kon vind.

cid:image001.jpg@01D472D6.AA7FB150

Toe het Von Zinzendorf se barenswee begin. Hy het gehoop op liefde en begrip: wat hy gehoor het was die stem van geskille – en ons hoor dit vandag weer.

Die geskille was oor tientalle sake, alles van minder belang. Von Zinzendorf het verlang om God se kinders verenig te sien, maar eindelose teologiese twispunte het die uitdra van die Evangelie verteer.

Von Zinzendorf het dae en nagte in gebed deurgebring. Ander sluit later by hom aan. Op 14 Augustus 1714 het die antwoord gekom. Von Zinzendorf het ‘n Nagmaalsdiens gehou waarheen almal genooi was.

Die heerlikheid was meer as wat vlees en bloed kon hanteer. Gelowiges het in die HERE se teenwoordigheid neergeval. Die Kruis met sy diepste betekenis is onthul. ‘n Goddelike metamorfose vind onder die aanwesiges plaas. Christus word vir almal alles.

Die Morawiese beweging kom op dreef. Hulle het ‘n 24-uurse gebedsiklus gevorm en groepe het dag en nag tien jaar lank gebid. Ja, jy lees reg: Tien jaar lank dag en nag.

Die gevolg daarvan was dat oor ‘n tydperk van 25 jaar 100 sendelinge na alle dele van die aardbol uitgereik het. Die Morawiërs het ‘n wêreldwye beweging op tou gesit wat uiteindelik Protestantisme van polemiek tot sending laat swaai het.

John Wesley, ‘n spruit van die Morawiërs, het na sy grootse ondervinding in Aldersgate na Herrnhut gegaan om die wonderwerk self te aanskou.

Hy skryf aan die gelowiges tuis: “Ek het ‘n kerk gevind waar mens die atmosfeer van die Hemel self inasem.”

Dit is wat Suid-Afrika nodig het: ‘n Goddelike ingryping! Wat baat dit ons om te verklaar dat ons Christene is en niemand sien God in aksie in ons lewens en in ons land nie.

Reg oor SA skakel Christene by gebedsgroepe in. Ons glo daar is ‘n Goddelike ingryping in wording, ‘n kragtige geestelike herlewing is aan die kom, nie net in SA nie, maar reg oor die wêreld.

Ons moet bid want: “Die Here kan ‘n koning (en die volk) se gedagtes net so maklik beheer soos water in ‘n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!”

Nie deur krag of geweld nie, maar deur Sy Gees. Glo dit!

“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.” Henr 11:6. – Wekroep



–       Nikolaus Ludwig, Reichsgraf von Zinzendorf und Pottendorf was ‘n a Duitse Gelowige en sosiale Hervormer, biskop van die Morawiese Kerk, stigter van die Herrnhuter Brüdergemeine, ook pionier van Evangeliese sendingwerk, en een van die hooffigure van die 18e Eeuse Protestantisme.

MORAWIESE KERK IN SUID-AFRIKA voer sy ontstaan in Suid-Afrika terug na die koms van Georg Schmidt* in 1737. Dit kan as die tweede oudste kerk in die land beskou word. Die aanvanklike werk word na ’n lang onderbreking in 1792 op Gena­dendal* voortgesit en brei spoedig uit na die Boland (Mamre) en die Oos-Kaap. Van­dag bestaan die Morawiese Kerk uit sowat 100 000 lidmate in 84 gemeentes. Hulle pre­dikante word in Heideveld, Kaap, opgelei. Werk onder gestremdes kry baie aandag en daar bestaan etlike inrigtings vir gestrem­des. Hoewel relatief klein, speel dié kerk ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekumene*. (Kyk ook: Morawiese Broederge­meente, en: Tikkuie, Vehettge.). Vir verdere lees: B Krüger 1966. The Pear Tree Blossoms. Genadendal: Moravian Book Depot.