Vrydag 09 Oktober 2015

‘Rig die slap hande en die verlamde knieë weer op’

 

Wees Gereed en leef in absolute Afwagting
Die vier bloedmane het gekom en gegaan, die laaste op 28 September... en die mense sê daar het niks gebeur nie. Daar is niemand so blind as hulle wat nie wil sien nie, en doof soos hulle wat nie wil hoor nie.
            Past. John Hagee het gesê vir hom lyk dit dat ons in ‘n tydvak inbeweeg kort voor die Wegraping omdat dit die eerste keer in hoevele dekades is dat die bloedmane al vier op Joodse geloofsdae val. Ander het in allerlei vergrype verval.
            In die eerste week van September 2015, val Rusland (Gog) Sirië binne met Iran (Persië) kort op sy hakke. Einde September daag die Sjinese (Konings van die Ooste) op. En Amerika, Engeland en Frankryk is ook daar, tesame met terroristeorganisasies en die Islamitiese Staat.
            Rusland sê hy is die enigste wat reg het om daar te wees want Pres Assad van Sirië het hom gevra om hom te help in die oorlog teen sy teenstanders.
            Amerika en die ander sê Assad is onwettig daar en hy moet uit die weg geruim word. In hierdie stadium is dit kop teen kop tussen Rusland en Iran aan die eenkant en Amerika en sy bondgenote aan die ander kant.
            Die bomme het so erg begin neerreën op Sirië dat 4 miljoen Siriërs gevlug en meesal Europa oorstroom het. Meer as 3 000 het langs die pad gesterf, meeste het verdrink.
            En nou is daar ‘n volskaalse oorlog op die grens van Israel. Weer word gevra: Moet ons iets daarin lees? Sommige haal Eseg 38 en 39 aan. Dit is nie onmoontlik dat al Israel se vyande saamgetrek in Sirië sit, om oor die grens in die Golan Hoogtes in te beweeg nie.
            Rusland het reeds 10 oorlogskepe in Sirië. Al die vegtende magte word oornag net groter.
            Israel is gereed vir alle moontlikhede.
            ‘n Bykomende 40 insurgensiegroepe trek nou in Sirië saam teen Rusland en Iran, onder andere die uiters gevaarlike Islamitiese faksie Ahrar al-Sham.
            Rusland beweeg vinnig. Hy het nou ook sy gevreesde  Spetsnaz eenhede op die grond wat alles voor hulle wegveeg.
            Intussen het die getal lande wat oorlog maak teen die Islamitiese Staat, toegeneem tot 62.
            NAVO, wat 28 lande verteenwoordig, dreig ook om in te gryp. NAVO is ‘n geallieerde mag om na Europa se veiligheid een sekuriteit om te sien.
            Basies kom dit neer op ‘n Wêreldoorlog in Sirië. Hoeveel sin kan daarin wees om die wêreld se groot militêre magte juis op die grens van Israel saam te trek?
            Is dit God wat hulle almal daar versamel vir die Groot Dag van die HERE wanneer God hulle almal daar gaan vernietig? Is daar ‘n verband tussen die bloedmane en hierdie oorlog? Wat maak dit saak... Rome brand!
            Feit is, die bloedmane het plaasgevind en vreemd genoeg, hierdie keer op belangrike Joodse godsdienstige dae, en, die oorlog op Israel se grens is ‘n wrede werklikheid.

            Hoe meer die Jode nou verdruk en verstoot word, hoe groter word hulle steun vanuit die Christendom. Dan kan ons tereg ook vra of dit Eseg 37 is wat in vervulling gaan? Die Jode word nou in groot getalle gered. Dis eintlik ongehoord dat 96 Jode in een diens in Jerusalem gered word... onder prediking van die Jood Sid Roth.
Dis dieselfde Jerusalem waar skrywer in 1973 Nuwe Testamente ingesmokkel het.
Feit is ons is in die Eindtyd en die Wegraping gaan beslis plaasvind.

 

Die Jode is op hoogte met die Skrif. Die Eerste Minister Benjamin Netanyahu by sy weeklikse Bybelstudie.

Intussen blyk dit dat die Europese Unie verdeeld is. In ‘n sin ja, maar eintlik nie, want agter die skerms sit die oorspronklike 10 “konings” stewig in beheer. Om aanvanklik al wat leef en beef by die EU in te gesluit het, was ‘n poging van die 10 om hulle magsbasis te vergroot.
Die Britse Telegraph berig dat Europa in sy huidige vorm nie sal kan oorleef nie, dit ten spyte van wat ook al met Griekeland gebeur, aldus nuutste navorsing.
            Die ledestate raak ekonomies al hoe meer afwykend van die Euro geldstelsel en hulle begin ook al hoe meer verskil wat betref die politiese, sosiale en kulturele verskille.
            ‘n Analis sê Europa sal of totaal moet integreer of disintegreer. Alhoewel die lidlande voor 1999 bereid was om in span saam te trek, het hulle na 1999 begin om hulself van die gedagte te vervreem. Op die oomblik is hulle meer verdeeld as in 1982.
            Vir die Verenigde Europa om te slaag sal al die lidlande al hoe meer van hulle gesag aan die Europese Unie moet afgee.    
            Die Unie sal voortgaan om al hoe meer te verander op pad na die Einde om uiteindelik uit tien konings te bestaan wat eensgesind sal wees en hulle mag aan die Dier sal oorgee. “Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.” Openb 17:13
            ‘n Rukkie later maak die Dier oorlog teen die Lam: “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.” Openb 17:14
            Die EU se ontstaan dateer terug na 1656 met die eerste Brusselse ooreenkoms tussen Spanje, Engeland, Ierland en Skotland. Dit is onderteken in Brussels en is op 2 April 1656 in die Spaanse Nederlande onderteken.
            In 1948 word die ondertekenaars 10 Lede met Duitsland, Italië, België, Frankryk, Luxemburg, Nederland en die Britse Ryk, Engeland, Ierland, Wallis en Skotland.
            Ou Europa is ‘n unieke politieke dier en verskil van die Groter Europese Unie wat nou uit 28 lande bestaan.
Europa bestaan tans uit drie verskillende klasse van deelnemers, bekend as afgevaardigdes. Die 28 afgevaardigdes is soos volg verdeel:

•        Die Brusselse Verdrag Ledestate (1954).  Hulle is die enigste “volle” lede van
          die EU, gelys as “10 Lidstate.”
•        Ses Geassosieerde Ledestate (Rome 1992)
•        Vyf Waarnemer State (Rome 1992)
•        Sewe Geassosieerde Vennootskapstate (Kirchberg 1994)

            Al hierdie Verdrae – wat almal internasionale erkenning geniet het, het in 2007 versmelt en staan sedert 2009 bekend as die Europese Unie.
Twee dinge is duidelik:  Die unieke lidmaatskap van Ou Europa (Die 10) en die rol wat Rome speel om die res uit die groep van 10 te hou sodat hulle ‘n mindere status beklee.
Die 10 is die binnekring, verantwoordelik vir die manipulasie van die res.
Intussen het vyftig lande nou onder leiding van Sjina die AIIB bank gestig (Asian Infrastructure Investment Bank) met die doel om die internasionale ekonomiese mag uit die hande van Amerika en die Wêreldbank oor te neem.
            Die stigterslande van die AIIB, is gekant teen die samestelling van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, veral vanweë die seggenskap van die VSA en Europa.
Vir Sjina is dit ‘n diplomatieke oorwinning asook ‘n belangrike ekonomiese objektief. Volgens die BBC wil Sjina wegbeweeg van sy tuisfront en om infrastruktuur, hawens, paaie in ander dele van Asië te bou. Dit geskied alles ingevolge ‘n meesterplan om Sjinese maatskappye te betaal om die nuwe 21e Eeu Asië te skep, maar met ‘n Sjinese invloed as die kern daarvan.          
Mens dink in hierdie verband ook sommer aan die reuse Sjinese stad wat vir 100 000 Sjinese by Modderfontein naby Johannesburg gebou word teen ‘n koste van R85 miljard.
Sodra hierdie ekonomiese geldtrein op spoed kom, sal die VSA se invloed in Asië sterk afneem.
Dit is juis vanuit hierdie herskepte Asië dat ‘n leërmag van 200 000 man sal opruk om, kort voor die Wederkoms, Israel aan te val. “En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.” Openb 9:16.
Die plan is om die dollar uit die mark te druk en ‘n nuwe wêreld ekonomie en geldstelsel daar te stel.
Die toneel vir die Eindtyd word voorberei. Ons aanskou dit. So is 2 Tim 3:1-17 en Rom 1:26-32 besig om met spoed in vervulling te gaan.
            Kerke gee hulleself oor aan ‘n sosiale evangelie en Israel word in toenemende maat deur kerke en regerings verwerp.
            Die aftel na die einde het begin. Daar is op die oomblik oorlog in 65 lande met 650 militêre, terroriste en separatiste bewegings wat by oorloë betrokke is. Groot moondhede het ook begin deelneem.
            Die groot moondhede bewapen hulself tot die tande. Almal praat vrede, maar speel met woorde terwyl ‘n groot oorlog nader stoom.
            Daar is 35 miljoen slawe in die wêreld, die meeste van hulle vroue en jong meisies, kinders, wat aan die sekshole van die wêreld verkoop is.
            Net op 7 Oktober 2015 was daar meer as 80 aardskuddings wêreldwyd, eintlik ‘n daaglikse verskynsel.

 Displaying image004.jpg

So vlug 60 miljoen mense oor die aarde heen weens die oorloë wat in 65 lande woed. Die donker kant van die strepies dui die plekke aan waarheen gevlug is.
            Altesame 11.6 miljoen Siriërs, die helfte van die bevolking, het gevlug. Altesame 3.9 miljoen van hulle woon nou in Turkye, Libanon, Jordanië en Irak.
            Altesame 138 000 het na Egipte gevlug. Die res is oral.
            Ten spyte van die drama rakende Afrikane wat oor die see na Europa vlug, vlug die meeste uit Afrika na ander Afrikalande, ook na Suid-Afrika.
            Altesame 15 miljoen het uit sub Sahara Afrika gevlug, meesal oor die oorloë in Somalië, Soedan en die DRK.
            Amerika en Frankryk het verlede jaar 760 000 vlugtelinge hanteer. Ethiopië  het 665 000 komende meesal uit Somalië en Suid Soedan. Ryk lande skenk die geld om die vlugtelinge te kan hanteer.
 

Vlugtelinge uit Sirië


Vlugtelinge uit die Oekraïne. Honderde duisende van hulle het na rusland gevlug, maar ook na Poland, Duitsland en Italië. Die VN benodig vanjaar $316 miljoen dollar vir vlugtelinge. Minder as ‘;n derde van daardie enorme bedrag is nog toe beskikbaar.
 

Kinder vlugtelinge word opgelei en is hier gebruik om 25 soldate in die Siriese hoofstad Palmyra dood te skiet. Die teregstelling het op die verhoog van die Roomse amfiteater plaasgevind ten aanskoue van groot getalle mense en die Islamitiese Staat.

            Lees asseblief Luk 26-37.
            En verder, die volgende Skrifte is vanselfsprekend en verduidelik hoe ons moet leef om gereed te wees vir die Wegraping: 2 Pet 3:9 “Die Here vertraag nie die Belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
            “Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die Hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
            “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
            Wat ook al gebeur en hoe dit ook al gaan gebeur, is nie ter sake nie. Wat ter sake is, is dat ons gereed moet wees en in afwagting moet leef.
          “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
          “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
            “En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
          “net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
          “Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.”
          “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.” 2 Pet 4:9-18
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:12-15
Wees gereed en leef in afwagting. – Sjibbolet
                                      

Dinsdag 06 Oktober 2015

Juis gewonder wat doen ek hierdie Kersfees


Image result for different bucks together in the wildEk brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek 'n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag.



Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte.
'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.
Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.
"Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet.
"Noord-Kaap" sê Tert.
"Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit.
"Nie gehad nie, maar nou het ons."

"Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol.
"Jy't ook geen einde nie. Sal nou aanhou karring en karring tot jy jou storie het," sê Tert.
"Maar jy weet mos. Ek dood oor 'n storie."
"Nou maar fyn. Sit terug en luister."
Ek is kinderlik bly oor die vooruitsig van 'n storie.

"Toe ek en Lien hier weg is, het ons regtig nie 'n idéé gehad waarheen ons nou eintlik wil gaan nie. Ons het by Jasmyn gestop vir ontbyt toe Lien sê sy wil Laeveld toe. Maar ek het gesê nee, daar is óók te veel mense. Ek soek stilte.
"'Nou maar dan moet jy woestyn toe,' sê sy toe half oprukkerig. 'Die kans is goed dat dit net ek en jy sal wees', en sy skud haar hare. As sy so maak moet ek weet: sy is nou krapperig.'
"Ek het haar aangekyk. Jy is geniaal, weet jy, sê ek vir haar.
"'Ek weet' kom dit selfvoldaan. Haar stemming het verbeter.
"'Nou waar sal ons dan heengaan?' wou sy weet.
"Nee, ek weet nie. Ons ry maar soos wat die stuurwiel draai en die pad ons vat.

"Na ontbyt klim ons weer in die wa en ek draai Rustenburg se kant toe. Op Lichtenburg draai ons toe weg Vryburg se koers in. Daar het ons die aand geslaap. By die gastehuis op Vryburg, vertel iemand vir ons van die pad al op die Botswanagrens langs, die Molopo in tot by Van Zylsrus. Dis 'n tweespoorpad maar onbeskryflik mooi sê die man.
"Die volgende oggend na ontbyt gryp ons die pad. Later is ons van die teer af op 'n grondpad. Die grondpad word toe wel later 'n tweespoorpaadjie, en die wêreld is asemroweend mooi. Die mooiste kameeldorings en af en toe 'n koedoe of twee, drie, en selfs 'n troppie gemsbokke. Deur plase en seker 'n honderd hekke moes ek iewers verkeerd afgedraai het, want toe raak die paadjie amper weg.
"Ons plan was om op Van Zylsrus te gaan slaap soos wat die ou op Vryburg vir ons beduie het, maar skielik het dit na 'n bitter skrale moontlikheid gelyk. Ons was in ons kanon in verdwaal. Die son was besig om te sak. Dit was Oukersdagaand, en ons was in die middel van nêrens, maar vreemd genoeg, dit was asof daar 'n groot kalmte oor my gekom het. Ek het vir Lien gekyk.
"'Dis lekker hier', sê sy toe. 'Ons slaan ons tentjie sommer net hier op en ons slaap net hier in die veld onder die sterre. Hier is nou so min mense, dis wraggies net ons twee.' Sy giggel avontuurlik.
"Ons klim uit die wa uit en Lien kom staan in my arms. 'Kyk hoe mooi is die sonsondergang' sê sy. Lank het ek so gestaan met haar kop teen my bors totdat die son agter die horison weggesak het. Om ons het die nag begin wakker word. Ons het nog so gestaan, toe ons 'n vreemde geluid hoor. So 'n klingel-klingel geluid. Terwyl ons nog rondkyk kom daar 'n donkiekarretjie om die draai.

"'Ek sê vir die vrou ek moet loop kyk. Ek dink ek hoor iets,' sê die oompie op die bankie toe die karretjie langs ons tot stilstand kom.
"Ek draai om en kyk na die oompie. Rateltaai en voos gebrand deur die son sit hy daar.
"'Kom, meneer-hulle kan nie hier in die vlak slaap nie. Die vrou het al klaar julle kamer reggemaak.' Dis duidelik dat die oom nie nee vir 'n antwoord gaan vat nie.
"'Sal Oom omgee as ek saam met Oom ry? Ek het nog nooit op 'n donkiekarretjie gery nie,' vra Lien toe opgewonde.
"'Alte seker Mevrou. Wag ek help vir Mevrou,' sê die oom en help vir Lien tot op die bankie. Stadig kruie ons daar met die slingerpaadjie aan tot by die huisie. Lien waai vir my van die bankie af. Sy is so opgewonde soos 'n skoolkind.

"Die huisie is skoon en netjies op 'n eenvoudige manier. Die tante kom op die stoep uit toe ons stilhou.
"'Maar welkom hier by ons, Hennerik vat die meneer-hulle se goed en sit dit in die spaarkamer kom nader die ketel kook al,' sê die tante alles in een asem.
"Toe ons in die kombuis instap, ruik ek die geurig gekookte kos, en die brandende paraffienlamp op die wit geskropte tafel.
"'Kom ek wys vir Mevrou waar die badkamer is Mevrou wil seker eers bietjie hande en gesig was voor ek koffie skink.' Weer alles in een asem.
"Ek help die oompie om ons bagasie kamer toe te dra. 'Maar hoe is dit dat die tante die kamer so vinnig reggemaak het,' wil ek by die oompie weet.
'Nee, Meneer sien, die vrou maak elke jaar so 'n week voor Kersfees al die kamer reg. Maar ek sal later vir Meneer die storie vertel. Kom was eers hande en dan gaan drink ons koffie.'
"Later, toe ons aan tafel sit, merk ek dat die tante nie net vir twee gekook het nie. Dit lyk asof sy ons verwag het. 'Hoe is dit dan dat dit vir my lyk asof tante ons hier verwag het', vra ek nuuskierig.
"'Maar natuurlik het ek mense verwag die Liewe Heer stuur elke jaar vir ons mense vir Kersfees Hy het nog nie een jaar oorgeslaan vandat die kinders hier weg is stad toe nie ek het Hom so gevra en Hy het so gedoen.' Punte en kommas bestaan nie vir die tante nie. "'Hoe dan so, tante?' wil ek weet.

"'Nee meneer sien ons is eintlik afstammelinge van die Griekwas wat vroeër jare hier deurgetrek het en onse kinders het nooit die liefde vir die wêreld gehad soos ons dit het nie en jare terug het hulle besluit hulle is moeg vir die wêreld met sy hitte en droogtes en goed en op 'n dag het hulle net besluit om weg te trek en tot nou toe het ons nog nie weer 'n woord van hulle gehoor nie dis vanjaar al vyftien jaar dat hulle weg is.'

"Die tante skep asem. Die oom vat oor. 'Net voor die eerste Kersfees nadat die kinders hier weg is, sê ek vir die vrou, ek sê Ma, ek kan nie hierdie jaar Kersfees hou nie. Die kinders is weg en dis net ons twee en my hart is seer en sal net seerder word hier oor die Groot Dae. Wat gaan ons maak?'
"'Sy sê toe, Hennerik, moet nou nie daaroor wakker lê nie ek het reeds vir onse Hemelse Vader gevra om vir ons mense te stuur vir Kersfees more gaan ek die spaarkamer begin regmaak en jy moet kom hjelp.'
"'Dit was 'n week voor Kersfees. Die volgende dag het die stof gestaan soos die vrou alles begin regmaak het, en ek het angstig gehoop dat die Vader vir haar gehoor het en dat sy nie teleurgestel sal wees nie.'
"Die tante val in. 'Daardie eerste jaar het die mense gekom ook op Oukersdag net soos meneer-hulle ook geverdwaal ek het kant en klaar gekook gehad toe hulle hier aanland daar was 'n kleintjie ook by ek was so bly Hennerik het gesê die Here het ons nie alleen gelos nie.'
"Die eenvoud, geloof, vertroue en die opregtheid van die mense het my aangegryp," vertel Tert.

"Nadat ons geëet het, het die oompie die dankgebed gedoen en toe strammerig opgestaan. 'Sit julle net so. Ek gaan net die Bybel haal.'
"Toe die oom terug kom, gee hy vir my die Bybel aan.
"'Sal Meneer asseblief vir ons lees. Nie ek of die vrou het enige gelerendheid nie en al wanneer ons die Bybel uithaal is wanneer hier mense kom wat dan vir ons lees. Verder sê ek maar die stukkiekies op wat so met die jare saam in my kop vasgesteek het, of wat ek nog in die Sondagskool uit my kop moes geleer het. My pa-hulle het ons nie skool toe kon stuur nie, maar ons moes elke Sondag kerk toe gaan en daarna was dit Sondagskool.'
"Ek maak die Bybel oop. 'Wat moet ek vir oom-hulle lees?'
"'Lees vir ons asseblief die geboorteverhaal. Soos wat dit in Lukas staan.'
"'Ja, asseblief,' kom dit van die tante, 'dis baie mooier daar as in die ander boeke van die Bybel.'
"Terwyl ek rondblaai, kry ek die reuk van mottegif. Hier en daar is 'n foto'tjie tussen die blaaie gebêre. Ek begin lees.

"Die kombuis het amper 'n heilige plek geword. 'n Katedraal. Ek lees van Maria en die Kind. Van die stal en die krip. Van die herders en die wyse manne. Die stil toe ek die Boek toemaak.
"Die oom sit met sy hande in eerbied gevou. Deur die kombuisvenster het die volmaan groot en wit oor die kameeldorings gelê. Saggies begin die tante Stille Nag te sing. Haar oumensstem is krakerig, maar vir ons het dit die klank van 'n nagtegaal gehad. Dis asof van iewers af die Engele saamgesing het. Die oom het met sy dreunstem ingeval en Lien kort na hom.
Ek het probeer, maar die knop in my keel was te groot. Ek kon net fluister. Ek het daar lief geword vir hierdie twee eenvoudige, maar opregte mense.

"'Ek wens daar was iets wat ons vir die twee oues kon doen,' sê ek later vir Lien toe ons in die bed lê.
"'Hulle het alles wat hulle nodig het,' sê Lien. 'Wêreldsgoed beteken vir hulle niks nie. As ons iets wil doen, moet ons bid en vra dat die Here hulle kinders sal laat terugkom.'
"Daar langs die bed het ons toe gekniel en vir die Here gevra om tog ook aan die oumense se hartseer te dink en hulle kinders te laat terugkom. Met 'n tevrede gemoed het ons die kers doodgeblaas en aan die slaap geraak.
"Die oumense was baie bly toe ons vra of ons 'n paar dae langer kan bly. Ons kon eenvoudig nie genoeg van hulle gasvryheid kry nie. Ons het saam met hulle lang ente met die donkiekarretjie in die veld gery, en dit was veral vir Lien baie lekker. Dit het my laat besef hoe leeg ons lewens regtig geword het. As ons kuiermense kry, dan vat ons hulle na een of ander Mall of 'n ding toe, maar hier is 'n rit op 'n donkiekar in die veld 'n siele lafenis.

"Oujaarsdag middag, toe ons terugkom van die veld af, sien ons die vreemde kar onder die kameeldoring staan.
"'Haai kyk pa ons het nog mense gekry is dit nou nie vir jou wonderlik nie?'
"Dis toe die figuur om die hoek van die huis kom dat die oom die teuels styf pluk. Die donkies het nog nie eers behoorlik stilgestaan nie, of die oom spring af en storm vooruit.
"'Hennerik! Hennerikkie my seun!' Die oom huil.
"'Pa!' roep die man van die hoek af. 'Pa!' Toe is hulle in mekaar se arms. Die pa en sy seun.

"Die tante kom ook by. 'Hennerik . . . Hennerikkiekie, is dit regtig jy, my kind?' Die tante se vreugde ken geen perke nie. Hulle omhels mekaar.
"'Wag Ma, Pa, hier is nog mense.' Toe sien ons die ander mense wat om die hoek kom.
"'Freek!' roep die oom. 'Freek, ag my seun. Ek is so bly. Die HEREis vir ons goed. En die ander? Wie is hulle?'
"'Pa, Ma, ontmoet ons vroue en julle kleinkinders.'

"Toe het daar voor ons oë 'n ding gebeur wat in my geheue ingegraveer is en wat ek sal onthou tot die dag van my dood," sê Tert.
"Die oom sak daar op die warm Kalaharisand op sy knieë neer en bid 'n dank- en lofgebed waarvan ek die gelyke nog nie gehoor het nie. Soos 'n Abraham van ouds. Op sy knieë met sy hande na bo uitgestrek.
"Ek en Lien het na mekaar gekyk. Trane het in Lien se oë geblink. Ons het op heilige grond gestaan. Ons gebed is verhoor. Die HERE het vir ons gegee presiés wat ons van Hom gevra het."

Misdadiger word Evangelis


Image result for man reading the bible

Ernie Hollands het derduisende kunshengel vlieë gemaak terwyl hy in die Milhavengevangenis in Kinston, Ontario, 'n lang vonnis uitgedien het.
            Hy het as klein seuntjie leer steel. Sy ouers was baie arm. Hy was nege jaar oud toe hy vuurwapens begin steel het. In sy huis is vir die eerste keer spek en eiers geëet na hy dit in 'n supermark gesteel het. Hy het gesteel om in die gesin se behoeftes te voorsien.
Op 12-jarige ouderdom is hy in 'n verbeteringskool geplaas en op 18-jarige ouderdom het hy in die tronk beland. Van 'n kind se winkeldiefstal af het sy misdade vererger tot bankrowe en 'n poging tot moord.
Hy is tot gewoontemisdadiger verklaar. Vir 25 jaar was hy in tronke van enige soort in Kanada en Amerika. Hy het gemeng met manne wat gevloek en gewanhoop het.
Hy het 'n paar keer ontsnap, maar hy is telkens weer gevang en teruggeneem.
Toe beland hy in Milhaven en niemand ontsnap uit Milhaven nie!
Om die lang, leë, hopelose ure te vul, het Ernie hengelvlieë begin maak. Dit het in 'n aardige bedryf ontwikkel. Hy het sy produk geadverteer deur voorbeelde aan sportwinkels te stuur. Die afset was goed.
So beland van sy hengelvlieë in Bailey's Sport Centre in Pembroke, Ontario. Grant Bailey, die eienaar, het ontvangs per brief erken. Hy het sy brief afgesluit met 'n kort getuienis hoe hy kort te vore Christus as Verlosser leer ken het. Hy het ook vir Ernie 'n Bybel gestuur. Vir die eerste keer het Ernie gehoor van 'n God wat die sondaar liefhet. `n Klein saadjie.
            Om die tronkowerhede te beïndruk en om verveligheid te verdryf, het Ernie die Bybel begin lees. Hy het daagliks 'n hele aantal hoofstukke gelees en so die Bybel vinnig deurgelees. Daarna het hy dit herhaaldelik deurgelees.
Ernie het begin agterkom hy is besig om innerlik te verander. Hy het nie meer gehaat nie; hy het nie meer geveg nie. En toe een nag in sy sel het die Here Jesus hom ontmoet. Dit was of die Heiland vir hom sê: "Ernie Hollands, jou lei is skoon gevee."
Diep in die nag het hy in sy sel op sy smal bedjie gesit en huil. Vrede het in sy hart gekom en 'n diep bewussyn van die Here se liefde het hom vervul. Hy het geweet die geharde gewoontemisdadiger het 'n nuwe mens geword.
Hy is vir goeie gedrag vroeër ontslaan. Die dag toe hy ontslaan is, het Grant Bailey buite gewag. Die Baileys het hom in hul huis geneem en vir hom in hul winkel werk gegee. Die krag van die geskrewe Woord en die krag van persoonlike belangstelling het sy lewe oorgeneem.
            Ernie Hollands het dadelik begin om die skade van 25 jaar agter die tralies in te haal. Hy het hom beywer om jongmense, en veral jong oortreders, te help. Sondae het hy in tronke die Evangelie van Christus se redding, wat hom vrygemaak het, aan ander gevangenes verkondig.
Hoe dankbaar moes Grant Bailey nie gewees het nie, dat hy die klein ekstra tree gegee het, om vir Ernie Hollands te skryf en vir hom 'n Bybel te stuur! Ons moet elke geleentheid gryp om die boodskap van God se liefde en Christus se redding, met woorde van die mond, 'n goeie daad, 'n blaadjie, deur te gee na ander toe.
Die Heilige Gees gebruik dit om in harte die genadewerk van redding te laat gebeur. "...verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig... bemoedig..." 2 Tim 4:2
Gaan kyk by http://www.hebron.ca/ waar Ernie en sy vrou vandag is. Dis ‘n belewenis. –  Sjibbolet

Saterdag 03 Oktober 2015

Veilig in Jesus hoede


Image result for Jesus protects you

By Spitak in Armenië was daar op 7 Desember 1988 ‘n aardskudding van 6.8 op die Richterskaal wat 25 000 lewens geëis het.
            Altesame 113 lande het aller vorme van hulp aangebied. ‘n Russiese vliegtuig met 78 reddingswerkers aan boord het nooit arriveer nie. Die vliegtuig tesame met ‘n Joego-Slawiese transportvliegtuig het in twee verskillende ongelukke neergestort, met geen oorlewendes nie.
Die boek, A Father's Love, vertel die storie van die vernietigende aardskudding, maar die eintlike verhaal gaan oor 'n pa, wat van sy seuntjie se geboorte af, hom beloof het: "Dit maak nie saak wat gebeur nie. Ek sal altyd daar wees as jy my nodig kry."
Pas na die verskriklike aardskudding jaag die pa na sy seun se skool toe. Die gebou het platgeval. Nêrens 'n teken van lewe nie. Gedagtig aan sy belofte aan sy seuntjie, weifel die pa nie 'n oomblik nie. Hy begin dadelik in die puin grawe.
Terwyl ander toekyk en hardop, hulpeloos huil oor hulle kinders wat ook in die puin toegeval lê, hou die pa aan met grawe. Ander ouers het moed opgegee, maar hierdie pa hou aan grawe. Een na die ander klippe verwyder hy.
Een na die ander steen word weggeneem. Hy moet weet of sy seun lewe of dood is. Ure tik verby – ses, twaalf, agtien ure – steeds grawe die pa. Agt-en-dertig uur na die aardbewing, vertel die boek, hoor hy 'n sagte stem. "Armand!" roep hy.
'n Kinderstem antwoord: "Pa! Dis ek. Ek het vir die ander kinders gesê Pa sal my nie alleen los nie. Pa sal my kom uithaal en vir hulle ook." Kort daarna help die pa sy seun tesame met 12 verskrikte, honger, dorstige kinders uit die bouval uit.
Hulle behoud was 'n holte wat veroorsaak is, deurdat twee mure teen mekaar geval het.
Die dorpsmense, en veral die ouers van die kinders wat behoue uit die puin gehaal is, het Armand se pa vereer vir sy dapper daad. Sy verduideliking was: "Ek het my seun beloof: wat ook al met hom gebeur, ek sal daar wees om hom te help."
“Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het." Hebr 10:23
Kyk wat beloof die HERE vir my en vir jou:

“Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, HERE, U alleen laat my veilig woon.” Ps 4:9

“U beskerm my soos die appel van U oog. U steek my weg in die skaduwee van U vleuels vir die goddeloses.” Ps 17:8

“Deur U magtige teenwoordigheid beskerm U my teen die sameswering van mense.” Ps 31:21

“Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom die wat Hom dien en red hulle.” Ps 34:8

“Hy sal sy Engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra...” Ps 91:11 Lees sommer die hele Psalm 91 oor bewaring en beskerming.

“Vir slegte tyding is die regverdige nie bevrees. Hy is gerus. Hy vertrou die HEREe.” Ps 112:7

Die HERE sal  jou beskerm teen alle gevaar,  jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook al gaan, nou en vir altyd.” Ps 121:7

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” Jes 41:10

“Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.” Jes 54:17

“Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE.” Jer 15:20

“En Ek sal jou red uit die hand van die goddelose mense en jou verlos uit die vuis van die tiranne.” Jer 15:21

God ry deur die Hemel om jou te kom help, in Sy majesteit ry Hy op die wolke. Die ewige God is n skuilplek. Sy arms is altyd onder jou.” Deut 33:26-27.

Dit is wonderlik om te besef wat die HERE vir ons doen, maar ons is verplig om hierdie goeie nuus ook met die verlorenes te deel. Bid en getuig sonder ophou. – Sjibbolet

Woensdag 30 September 2015

Behou jou geloof – Hou jou oë deurentyd op Jesus


Image result for jesus and his disciples images

“En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees. Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.
“En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
“En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
“Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
“En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
“Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.” Matt 14:26-3

Sommige vertrou die HERE vir antwoorde en wonderwerke, maar hulle hou nie hulle oë deurentyd op Jesus nie.
Ander kla dat hulle geloof nie so sterk is nie. In die verhaal van Petrus wou Petrus op die water loop en Jesus het hom laat loop en hy sou al die pad na Jesus toe geloop het, had hy maar sy oë deurentyd op Jesus gehou.
Die onweer maak dat hy bang word en toe eers sink hy. Ons glo en vertrou, maar as die antwoord talm of as ander faktore ons beïnvloed, dan is ons oë nie langer op Jesus nie.
As ons twyfel, kan ons niks van die HERE ontvang nie. Jak 1:7
Dink aan sport. In alle sport moet die spelers hulle oë op die bal hou anders vang en skop hulle mis.
Verder word ons gesien as atlete in ‘n wedloop. Ons moet die wedloop met volharding hardloop, die oë gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Hou Hom voor oë. Dan sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie. Hebr 12:1-3
Geloof is  ’n wedloop waarin ons nie mag uitsak nie, maar terselfdertyd ’n wedloop wat slegs enduit volgehou kan word as ons oë op Jesus, die Begin en Voleinder van ons geloof gerig sal bly.
Probeer ‘n wedloop hardloop en kyk kort-kort om, of na die skare… atlete wat omkyk-omkyk hardloop sal nooit eerste by die wenpaal aankom nie.
In die wedloop van geloof is dit presies dieselfde: om hierdie wedloop te wen, is dit nodig om aan te hou en uit te hou en voortdurend net na Jesus te kyk. Net dán sal jy die wedloop van geloof as wenner kan voltooi.
“Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen,” skryf Paulus aan die gemeente in 1 Kor 9:24
In ’n gewone wedloop is daar net één eerste prys, en daar is ook net een atleet wat die wedloop kan wen. Die implikasie van daardie wedloop is dat jy nie die silwer gewen het nie, jy het die goud verloor.
Maar in die wedloop van die geloof is dit anders. In hierdie wedloop kan elke atleet ’n wenner wees, kan elkeen wat die wedloop hardloop, die prys ontvang. Maak seker dat jy só sal hardloop dat die prys van die geloofswedloop – die Ewige Lewe – uiteindelik joune sal wees.
Moedig al die Gelowiges rondom jou ook aan om so te hardloop en lei deur voorbeeld. – Sjibbolet

Ons pad tot aan die Einde


Image result for kompas 

Die onderhouding van Die Koninklike Wet...


Die liefde is ‘n Koninklike Wet. “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Matt 5:17
Hoe het Jesus toe die Wet vervul?
Net voor Sy vertrek na die Hemel, vra die dissipels Hom: “Meester, wat is die groot gebod in die wet?
“En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
“Dit is die eerste en groot gebod.
“En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
En dan sê Jesus: “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Matt 22:36-40
Aan hierdie twee Liefdes-gebooie hang die HELE WET.
Hoe so? Want as jy waarlik liefhet, dan sal nooit enige wet oortree nie.
Die Skrif verwys telkemale daarna dat ons ander moet liefhê soos onsself.
Is dit moontlik om onsself lief te hê?
          Hierdie kan as ‘n meetinstrument beskou word: Hoe lief ek myself het, bepaal hoe lief ek ander het.
          Dit bepaal ook my geestelike stand in Christus.
Liv 19:18 “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
          Liv 19:34 “Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself...”
          Matt 19:19 “Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
          Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
          Wat ons ook hieruit leer is dat dit belangrik vir ons is om te weet in watter mate ons onsself lief het.
          Jy moet jouself liefhê. Ontlok hierdie woorde ‘n negatiewe reaksie by jou? Klink dit nie selfsugtig en egoïsties nie?
          Om jouself lief te hê beteken nie om selfgesentreerd te wees nie. Dit beteken om respek vir jouself te hê, om jouself te beskerm, vir jouself om te gee.
          Kyk weer na Liv 19:18: “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” Moet dus nooit ‘n wrok teenoor iemand hê nie, maar “hê jou naaste lief soos jouself.” Of het jy ‘n wrok teen jouself, of teen iemand anders?
          En moet nou nie in ‘n geredekawel vasval van “Wie is my naaste” nie. Jy weet tog dis jou huisgenote en diegene in jou daaglikse omgang.
          As jy dus nie vir jouself lief is nie, dan sal jy wraakgierig of haatdraend teenoor ander wees. Dit mag nie so wees nie, dan is daar fout met hoe lief jy jouself het. Is jy wraakgierig en haatdraend met jouself? Sommige mense is. Dit is al bewys dat as mens iemand haat, jy, en nie die ander persoon nie, die eintlike lydende party is.
          Daar was die vrou wat gebel het en gevra het ons moet haar besoek want sy verlang gebed omdat sy baie siek is. Op pad na die adres het die Heilige Gees reeds  deur die gawe van onderskeiding, dit duidelik gemaak dat haat die oorsaak van die vrou se ernstige siekte is.
          Met ons aankoms daar het ons dit so aan haar meegedeel. Sy het bevestig dat sy iemand verskriklik haat, maar het sy bygevoeg: “Darem nie meer so erg nie.”
Ons het aan haar gesê dat die haat nog steeds so verterend is, maar dat die bloedkanker intussen sulke ernstige afmetings begin aanneem het, dat haar gedagtes nou meer bevange is met haarself en die dreigende dood, as met die haat.
          Ons het haar ook meegedeel dat die haat die oorsaak van haar ernstige siekte is. Sy wou nog skerm, toe ons sê: “Nou goed, as daar nou ‘n geklop aan die voordeur is en jy maak oop en daar staan die mense wat jy so haat, sal jy bv sê: ‘Goeie naand, lank laas van julle gehoor. Kom in, maak julle tuis. Wat drink julle, tee of koffie?’
          En sy het geantwoord: “Nee, darem nie so nie.”
          Die vrou het nie haarself liefgehad nie. Sy het toegelaat dat die verterende haat haar liggaam vernietig.
          Alhoewel sy versoek het dat ons vir haar moet bid vir genesing, was 1 Tim 5:22 van toepassing: “Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.”
          As ons summier vir haar die hande opgelê het, het ons gemeenskap met haar sondes gehad, dan was ons onrein.
          Na berading het ons vir haar gebid en gevra dat God haar asseblief moet genees, maar op voorwaarde dat sy die haat los en vrede met die ander mense maak.
          Ons het haar drie jaar later in ‘n supermark raakgeloop. Sy het oorgeloop van vreugde en blydskap, sy was volkome genees.
          Mens weerspieël ook jou liefde vir jouself wanneer jy jou vader en moeder eer. Matt 19:19
          Moet mens die ongereddes ook liefhê? Natuurlik! Mark 12:30 “Jy moet die Here jou God liefhê (Hoe?) uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. Lees dit weer want dis nogal ‘n gewigte saak.
          En strofe 31: “En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”
          “Hieraan gelyk” beteken “dieselfde”. As ek God moet liefhê met my hele hart, my hele siel, my hele verstand, my hele krag, dan moet ek my naaste ook so liefhê. Die liefde vir God staan gelyk aan die liefde vir myself en my liefde vir ander. Hoekom? Omdat God vir jou en die ander persoon ewe lief is.
          In die lig hiervan, vra weer: Hoe lief het ek myself?
          “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” Kol 3:14. Let op: “Beklee julle met die liefde.” Dis ‘n proses. Hoe lank die proses neem, is hoe lank jy neem om jouself met die liefde te beklee.
          Ongereddes is op pad na die ewige verdoemenis. As iemand nie vir jou en vir my liefgehad het nie, dan was ons ook nog op die verkeerde pad.
          “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8
          “Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9
          As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.
          En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike) wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14
          Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15
          Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
          As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie.
Waar is die begin van hierdie uitsonderlike liefde? Wanneer ons met die werklikheid vrede gemaak het van hoe lief Jesus ons gehad het en steeds het en wanneer daardie liefde wederkerig is. Dis die begin.
Jy gered vanweë Sy liefde vir jou. Jy kan ook elke dag op Sy liefde staatmaak.
          Mense wat iewers in die lewe seergekry het, sien soms net die  veroordelende taal in die Bybel raak. Hulle besluit dan verkeerdelik dat dit God se wil is dat hulle sonder eerbied en liefde in die lewe behandel is.
          Die euwel van ons tyd is persepsies en wanpersepsies, pleks van feite. Met die korrekte lering verstaan hulle heelwat later in die lewe dat God vir hulle lief is, dat hulle daarom vir God moet liefhê en ook hulself moet liefhê. Dan begryp hulle eers dat die nare ondervindinge van die verlede nie van God af gekom het nie.
          Daar is Christene wat onder die waan verkeer dat alhoewel ons ander mense moet liefhê, dit verkeerd is om jouself lief te hê. Hulle besef nie die een liefde gaan hand aan hand met die ander liefde, dat dit juis dieselfde liefde is nie.
          Die Bybel leer dat ons nederig moet wees, maar om onsself te verkleineer is verkeerd.
          Die wanbalans het in menige ouerhuis ontstaan. As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van kritiek, van verbale mishandeling, van haat, van skande, dan sal so ‘n kind net so in sy volwasse lewe optree. Die rede daarvoor is dat die kind in vrees lewe, vrees dat hy of sy weer en weer kan seerkry. Hulle lewensstyl is een van voortdurende selfbeskerming.
          Jy voel bedreig deur diegene wat jou juis opreg liefhet en opreg vir jou omgee, selfs onder jou huisgenote, vir jou is dit te goed om waar te wees. Jy vertrou nie die vrede nie.
          Tog vind jy dit vreemd dat elke keer wanneer jy sulke opregte mense ‘n koue skouer gegee het, hulle selfs afgejak het, lelike dinge vir hulle gesê het, dan loop jy dae aaneen en worstel, want diep hier binne jou weet jy, jy het nie reg opgetree nie, maar o wee, om verskoning te maak, te sê jy is jammer, is ‘n byna onoorkombare struikelblok.
Sommige mense beleef ‘n misverstand oor wat berou is. Berou is nie perfeksie nie, maar ‘n verandering van rigting. Die verlore seun het gedink hy doen reg. Sy berou het beteken dat hy van rigting moes verander. Dit het beteken ‘n verandering van gedagte, ‘n verandering van hart en ‘n verandering van rigting.
Wanneer ‘n mens omdraai, dan is daar geen verwyte nie, geen oordele nie, net trane en blydskap.
“En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel [liefde van vanuit die Vader se hart gestraal vir sy seun] en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die Hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. (Hoekom?) Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.” Hulle het ‘n fees gehou.”
Maar alles is nie verlore nie. Daar is steeds tyd om in wasdom te groei en te genees.
Andrew Wommack verduidelik dit so: “Sommige mag dink, wel, toe ek die eerste keer aan God geglo het, toe het ek geglo dat ek geheel en al vergewe was en gereinig is en alles was goed, maar sedertdien het ek gesondig, ek het God weer gefaal.
“As jy gefaal het, het jy gefaal in jou verstandelike en emosionele deel, maar jou gees het nie gesondig nie.
“Jou gees is geseël soos wat ‘n vrou konfyt in ‘n fles plaas, kerswas oorgooi om dit lugdig te maak om alle onsuiwerhede uit te hou en draai dit dan styf toe. God het jou verseël en sonde kan nie jou gees binnedring nie.
“Jy het ‘n nuwe identiteit.
“Vir jou om ‘n verhouding met God te hê, moet jy met Hom verkeer en Hom aanbid, juis gebaseer op wie jy is in jou gees en nie jou vlees nie. Dit is in werklikheid die groot transformasie in die Christelike lewe, dat ‘n persoon se identiteit moet verander.
“Ons moet aan God verwant wees, nie gebaseer net op wat ons in die fisiese  doen nie, ook nie met wat in ons gedagtes aangaan nie, maar juis met wie jy in jou gees is op grond van wat Hy vir jou gedoen het. Dit is ‘n voltooide werk, en iets wat nooit verander nie, nooit fluktueer nie.
“Jy is geskape in geregtigheid en ware heiligmaking. Dit is die geestelike deel van jou. Jy moet gemeenskap met God hê in gees en in waarheid. Jy moet vasstaan in hierdie identiteit van wie jy in Christus is.”
          Kyk na die teenoorgestelde: As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van
lof en bemoediging, dan sal so ‘n kind leer om te waardeer en selfvertroue opbou.
          As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van verstandhouding, uitdruklike voorwaardes en waardes, wedersydse begrip, dan sal ‘n kind leer om geduldig te wees.
          As ‘n kind in ‘n regverdige omgewing grootword, dan sal hy ook regverdig wees. En as ‘n kind in ‘n veilige liefdevolle omgewing grootword dan sal hy glo en vertrou.
         So lei ‘n lewe van goedkeuring tot die ontwikkeling van selfwaardering. Aanvaarding en vriendskap lei tot liefde vir ander.
As mens nie so grootgeword het nie, dan kan jy soms ‘n buffel wees, ongenaakbaar, wreed, maar jy is en bly die een wat daaronder ly. Jy het jou eie grootste vyand geword. Jy is nie lief vir jouself nie en nou kan jy nie lief wees vir ander nie.
          As ons onsself liefhet en ons skep ‘n omgewing van lof, bemoediging, wedersydse begrip, veiligheid, goedkeuring, ondersteuning, aanvaarding, vriendskap en liefde, dan bereik ons wasdom as man en as vrou. Dan word so ‘n man en vrou mense van waardering, van oortuiging, van vertroue, van billikheid, dat sal hulle van goeie inbors wees en  liefdevol teenoor diegene om hulle.
          Om ander lief te kan hê, moet ons onsself liefhê.
·       Onthou: Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8

          As jy nie die Koninklike wet volbring nie, dan doen jy nie goed nie. As mens nie die Koninklike wet kan volbring nie, dan moet mens met selfondersoek begin. Jy durf nie so voortlewe nie.
          Wanneer mens begin om jouself te respekteer, wanneer mens vir jouself grense van behoorlikheid stel (soos dat jy nie vuil grappe sal vertel of die Bybel of die Hemel sal bespot, of jouself dronk drink nie, of iets neem wat nie aan jou behoort nie), wanneer jy die skoon dinge in die lewe ontdek, daardie dinge waarvan jy hou, dan word jou lewe klaar veel verdraagsamer, dan kan jy ander begin liefkry.
          God het ‘n plan om my en jou te laat floreer, maar dan moet ons, ons gebrek aan ware liefde erken, dit bely en vergifnis verkry. Die waarheid maak ons vry. As ‘n vreemdeling met jou ‘n gesprek gevoer het em van jou af weggaan, moet dit vir hom of haar voel asof hulle in die teenwoordigheid van Jesus self was.
          Mens wonder oor die baie egskeidings, gebroke huise. Is dit dan nie mense wat een mooi dag hul liefde (nog al voor God) aan mekaar verklaar het nie, wat belowe het om saam te staan tot die dood hulle skei nie, wat trou aan mekaar belowe het nie?
          Een van die twee, of beide, had nie hulself lief nie en daarom kon hulle nie mekaar liefhê nie. Berading bring die probleem gou na vore. Die vraag moet selfs gevra word of hulle God liefgehad het met hul hele hart, hele verstand, hele siel en al hulle krag, toe hulle getrou het.
          Lees aandagtig hoe lees Efes. 5:28-29 “So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief. (hoekom moet ‘n man sy eie liggaam liefhê?) want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die HERE die gemeente.” Let op die vergelyking.
          ‘n Man moet sy eie vrou liefhê (Hoe moet hy haar liefhê?) soos wat hy sy eie liggaam liefhet. En, as hy sy eie liggaam liefhet, dan sal hy altyd sorg dat sy liggaam skoon is, dat hy sy liggaam voed en koester sodat hy altyd vir sy vrou lieflik en aanvaarbaar sal wees. Hy sal dit doen net soos wat die HERE sy gemeente liefhet en voed en koester.
          Strofe 31 lees dat die man sy ouers sal verlaat en sy vrou sal aankleef en liefhê omdat hulle “een vlees” is.  ‘n Man moet dus sy vrou liefhê soos wat hy sy eie liggaam liefhet. Hy moet haar sien as sy vlees, want hulle is een vlees.
          Ons moet die Koninklike wet gehoorsaam. Ons moet ander liefhê soos wat ons onsself liefhet. Vraag is: Hoe lief het ons onsself?
In ‘n mate is jy lief vir jouself. Jy trek altyd netjies aan. Jou hare is altyd netjies gekam, jy is glad geskeer, jou naels kort en skoon, jou skoene blink, jou werkplek is netjies, jou motor blink, jy is stiptelik, getrou. Die fondament is daar, bou net voort daarop!
          Paulus sê ons moet bo die omstandighede leef en nie daaronder nie. Jy moet aan die voorpunt wees, nie aan die stertkant nie. Wees lief vir jouself, beskerm jouself... en, doen dieselfde vir andere. Wat jy vir jouself gun, gun dit ook vir ander.
          Onthou jy die gelykenis van die talente. As jy jou talente gebruik gee Hy vir jou meer. So lief soos wat jy jouself het, wees ook net so lief vir ander!
          Om jouself lief te hê beteken nie om ‘n trotsaard vol wêreldse liefde en selfverheerliking en arrogant te wees nie. Wees dankbaar vir die mens wat God jou geskape het.
          Die bagasie wat bindinge in jou gees opbou weens self-verwerping, self-haat, onwilligheid om jouself te vergewe, is soos selfmoord. Wat beteken dit?
          Self-verwerping, om nie jouself te aanvaar soos wat God jou gemaak het nie en jouself daaroor te kasty, vreet soos ‘n vernietigende kanker aan jou lewe.
Dis presies dieselfde as wanneer jy jouself haat, wanneer jy ‘n smartvraat is, jouself blameer vir baie dinge, foute uit jou verlede teen jouself te hou, onvergewensgesind wees, met bitterheid rondloop oor wat ander aan jou gedoen het. So vernietig jy jouself geestelik, fisies en emosioneel.
          Jy sien jouself as waardeloos en wil bewys dat dit nie so is nie, daarom druk jy jouself in onredelike prestasies in sodat jy goed kan voel. Jy wil jouself gereeld bewys terwyl jy eintlik niemand beïndruk nie.
          Baie mense is nie tevrede met hul eie gesigte en liggame nie. Hulle beskou hulself as dom, lelik, onnosel, lomp, nikswerd... en dit terwyl hulle in die beeld van God geskape is. As jy fout met jouself vind, vind jy fout met God se handewerk. Gen 1:26
Ons moet dankbaar wees. Ons moet sê soos Dawid “Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.” Ps 139:14. Ek en jy is ook “vreeslik wonderbaar!”
          Dawid het nie gespog nie, maar hy het sy dankbaarheid teenoor God betuig.
          Ons moet onsself vergewe! (Hoekom?) Want God het ons vergewe. “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” Ps 103:12
          Noord en suid is sowat 19 200 km van mekaar af, maar die afstand tussen oos en wes, is onmeetbaar.
          Is jy nou in die moeilikheid by die HERE? Stellig nie.  “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.” Dit is die sleutel: “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” Rom. 4:7-8
          “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13 – Sjibbolet

Maandag 28 September 2015

Ons moet die Getal Volmaak


Image result for lots of numbers

Met Rusland (Gog), Iran (Persië) en Sjina (Konings van die Ooste) saamgetrek in Sirië na aan die Golan Hoogtes van Israel, wonder mens noodgedwonge of ons nou die vervulling van Eseg 38 en 39 bereik het. Ons weet nie, ons sal moet wag ek kyk hoe alles ontwikkel.
            As ons egter so naby die vervulling van Eseg 38 en 39 is, dan is die einde op ons, maar dis nie belangrik nie, Gelowiges weet lank reeds hulle gaan die aarde die een of ander tyd verlaat.
            Wat wel belangrik is, is dat die vol getal gered moet wees en dis waar ons dinamiese rol inkom.
            Luk 17 verse 7-10 lees: “En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld af, vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
“Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ék geëet het; en daarna kan jy eet en drink?
“Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
“So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Hierdie “plig” waarvan hy praat, omsluit die volgende: Dat ons die Vader se insettinge en verordeninge moet onderhou, en dat ons Sy Koninkryk bou deur siele vir Hom in te samel. Daar is ‘n getal wat volgemaak moet word en hoe gouer ons die getal volmaak, hoe vinniger vind die Wederkoms plaas.
Herders – leraars – kry nie lammers nie. Die Herders moet die skape so voed dat die skape kan lam, ja, sommer twee- en drielinge, binne seisoen en buite seisoen, tydig en ontydig.
Ons staan onder verpligting. Ons het geen keuse nie. Al kom ons moeg na ons dagtaak by die huis aan, moet ons onsself omgord en eers die Meester “bedien”. Eers dan kan ons gaan sit en eet en ontspan.
Ons is verder onder verpligting want, die Here sê in Eseg 3:18 “As Ek aan die godlose sê: Jy sal sekerlik sterwe en jy – kind van die Vader – waarsku nie die goddelose nie, en spreek nie om die goddelose vir sy godlose weg te waarsku nie, dan sal die godlose deur sy ongeregtigheid sterwe, maar… sy bloed sal van jou hand geëis word.”
Maar God is regverdig en Hy voeg by: “Maar… as jy die godlose waarsku, en hy hom nie van sy godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe, maar jy het jou siel gered.”
Dis hoe regverdig die Vader is!
Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak geen plek vir kompromieë nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in hierdie arena nie.
Tot nog toe het ons altyd die net aan die een kant, die van die preekstoel, uitgegooi en hierdie hele lange nag van hoevele jare niks gevang nie.
Daar was na die predikant opgesien as die een wat die gemeente moet bou. Daar was verwag dat hy manalleen die strate en pleine moes bewandel en siele moes inbring.
As ons as gereddes, as vissermanne, nou uitvaar na die diep kant – selfs die wye wêreld in – en die net aan die anderkant van die skuit uitgooi, gaan ons nette en nogmaals nette vol vis uittrek, want dan vervul ons die Vader se opdrag, Sy strategie, en nie ons plannetjies nie.
Jy het nie ‘n graad of diploma in teologie nodig om jou plig te kan nakom nie. Jy hoef nie ‘n ouderling of ‘n diakones te wees nie. Die Vader het gesê: “Voed My skape.” Hy het nie gesê: “Voed my kameelperde” nie. Hy sê ook: “Selfs ‘n Kind sal die Blye Boodskap verstaan”.
Die Heilsboodskap en die verlossing se werkinge lê in eenvoud, in Gees en in die Waarheid.
Jy dienskneg, wanneer jy moeg van die werk af kom... dan kan jy nie gaan sit om bedien te word nie, jy is geroep om eers die Meester te dien. Daarna kan jy eet.
Komaan, bid sonder ophou, dra die Evangelie uit, tydig en ontydig, op enige denkbare manier. Ons moet die getal volmaak. – Sjibbolet