Wys tans plasings met die etiket Christus. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Christus. Wys alle plasings

Maandag 20 Februarie 2017

Soos Jesus


 


In die St. Peter's Church in Cologne hang twee eenderse skilderye van Petrus se kruisiging.


Ons weet uit oorlewering Petrus het gevra om onderstebo gekruisig te word, omdat hy homself onwaardig geag het om soos Christus, in 'n regop posisie, aan die kruis te hang.
Die bestaan van die tweede skildery, wat 'n kopie van die eerste een is, word deur Herbert Lockyer in The Heritage of Saints soos volg verklaar: In die begin van die 19e eeu het Napoleon, die stad Cologne, in sy seevierende optog geplunder.
In die proses van sy plundertog het Napoleon die oorspronklike skildery van Petrus se kruisiging saamgeneem. Nadat die kerk weer herstel is, het dieselfde kunstenaar, wat die eerste Petrus skildery geskilder het, weer 'n skildery, so na as moontlik aan die eerste een, geskilder.
Die oorspronklike skildery is later gevind en aan die kerk terugbesorg en langs die kopie van die skildery opgehang. Kunskenners sê daar is so min verskil tussen die twee skilderye dat die oorspronklike nie van die kopie onderskei kan word nie.
Herbert Lockyer maak uit hierdie insident 'n geestelike toepassing. "Jesus is in die Hemel, maar die Heilige Gees is hier by ons en Hy is die meester kunstenaar van die oorspronklike skildery. Dan, in die afwesigheid van die eerste skildery, skildery Jesus sy beeld op die onwaardige doek van my en jou lewe.”
            God se bedoeling met Sy kinders op aarde, die gelowiges, is om die Here Jesus Christus se beelddraers te wees: "…dié wat Hom lief het, dié wat volgens Sy besluit geroep is… het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun…" Rom 8:28,29
Uit onsself het ons nie krag om Jesus se voorbeeld te volg en deur ons lewe, Hom aan die wêreld, bekend te maak nie.
"Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie. Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle." Rom 8:8,9
Deur die Heilige Gees woon Christus in ons en afhangende van ons verhouding en gemeenskap met Hom, kleur die Heilige Gees, soos 'n kunsskilder, ons lewe in met Christus se lewe en dit verskyn in ons gedrag, ons houding, ons woorde, ons gesindhede.
            "... die Vader...sal vir julle... stuur... die Gees van die waarheid… Hy sal by julle bly en in julle wees..." Joh 14:16,17


Woensdag 11 Maart 2015

Wie is Israel werklik?

HIERDIE SKRYWE MOET SAAM GELEES WORD MET WANNEER DIE VYEBOOM BOT.

Israel is nie die volk wat vandag in die land Israel woon nie, hulle is Jode van die Huis (Volk) van Judah. Ek en jy as gelowiges, ons is Israel.
            Reg oor die wêreld is skrifontleders, predikant en evangeliste angstig dat Eseg. 38 en 39 in vervulling moet gaan. Maar eers moet Eseg. 37 in vervulling  gaan.
            Ons hoor die eerste keer die naam Israel in Genesis: “Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.” Gen 32:28
            Die land Israel moes eintlik ‘n ander naam gehad het want die naam Israel skep verwarring. Die wêreld en die Christendom, sien die Jode aan as die Volk Israel, terwyl hulle Jode en nie Israeliete is nie.
            Die Eerste Minister Benjamin Netanyahu, wil die land ‘n amptelike Joodse Staat verklaar. Dit sal baie help.
            Mens minag nie die Jode met hierdie waarheid nie. Hulle is Jode en hulle het die volste reg om daar te woon en hulself te regeer en die Hebreeuse taal te besig.
           Vorentoe kom die huise (volke) van Judah en Israel weer saam en al 12 stamme is weer verenig in Eseg 37.
            Die volgende berig toon hoe die Jode op die naam Israel besluit het:
Why Israel’s first leaders chose not to call the country ‘Palestine’ in Arabic
National archive reveals a debate on the eve of independence over whether Arabic speakers should refer to the the new Jewish state as ‘Filastin,’ ‘Sayoun’ or ‘Eesra’il’
BY MATTI FRIEDMAN April 11, 2013

David Ben-Gurion, flanked by the members of his provisional government, reads the Declaration of Independence in the Tel Aviv Museum Hall on May 14, 1948 (photo credit: Israel Government Press Office)
David Ben-Gurion, flanked by the members of his provisional government, reads the Declaration of Independence in the Tel Aviv Museum Hall on May 14, 1948 (photo credit: Israel Government Press Office)
David Ben-Gurion, flanked by the members of his provisional government, reads the Declaration of Independence in the Tel Aviv Museum Hall on May 14, 1948 (photo credit: Israel Government Press Office)

Days before the establishment of the State of Israel in May 1948, Zionist officials met to decide what the new country would be called in Arabic, a document released Thursday by the state archive shows.

The document mentions three options: Palestine, or Filastin; Zion, or Sayoun; and Israel, or Eesra’il.

The three officials — who included Bechor-Shalom Sheetrit, later a prominent Cabinet minister — were working under two assumptions: That an Arab state was about to be established alongside the Jewish one in keeping with the UN’s partition resolution the year before, and that the Jewish state would include a large Arab minority whose feelings needed to be taken into account.

They rejected the name Palestine, they wrote, because they thought that would be the name of the new Arab state.

“It is likely that the Arab state that will be established in the Land of Israel will also be called Palestine in the future, which could cause confusion,” the officials wrote.

They rejected the name Zion, or Sayoun, seemingly because the words “Zion” and “Zionist” already had a pejorative meaning in the Arab world. Calling the country Zion “would cause real difficultly for the Arab citizen in the Jewish state,” the document says.

In the end, they opted for the most straightforward option: Eesra’il, or Israel.

Israel was aanvanklik 12 stamme, maar toe kom daar probleme en Judah (2 stamme) en Israel (10 stamme) se weë skei.
            Weens die aanbidding van ander gode is hulle van geestelike hoereerdery beskuldig en toe volg God se skeibrief:
            “En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar, haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.” Jer 3:8
            Sien ook die volgende gebeurtenis: “Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,
            “en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;
            “maar die een stam (Judah, wat Levi insluit) sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel –  omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Astárte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.
            “Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.
            “Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;
            “en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd 'n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;
            “en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel.” 1 Kon 11:30-37
            Israel is dus die naam van ‘n Volk en nie van ‘n land nie. Dit verhoed natuurlik niemand of sy land Israel, of enige Bybelse naam, te noem nie.
            Israel is ‘n geestelike naam wat beteken “Wie saam met God heers.”
            God het hierdie geestelike naam ook aan Jakob se afstammelinge gegee: “Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel. Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.” Ex 4:22-23
            God het nie aan Farao gesê om Jakob te laat gaan nie, maar al sy mense. God het die naam Israel vir Sy volk Israel gegee.    
            Kyk na die volgende interessantheid in Hos 11:1 “Toe Israel 'n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.”
            Met wie het God hier gepraat? Was dit die fisiese Israel?” Teen hierdie tyd het Israel sovele kere verkeerd getrap dat God straks met iemand anders gepraat het?
            “En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n Engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.
            “Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.” Matt 2:13-14
            Koning Herodus wou Jesus doodmaak, daarom dat God aan Josef gesê het om met Jesus en Maria na Egipte te vlug. Was God hier besig om van Jesus (as Israel) te praat? Ons lees die volgende strofe:
            Matt 2:15 “En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”
            Hierdie is ‘n fantastiese waarheid: Matteus Haal direk aan uit Hosea en sê dat die Israel wat van gepraat word in Hosea was Jesus Christus – weer ‘n geestelike aanwending van die naam Israel.
            Strofes in die Ou testament wat na die fisiese Israel verwys het, word in die Nuwe Testament simbolies geestelik vir Jesus aangewend (hoekom?) want Israel is nie langer die “saad” nie, maar Christus is... Gal 3:16 “Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.”
            Jesus Christus is nou die saad en almal wat in Hom glo is sy Uitverkore Volk.
            Net terloops, in die Ou Testament bid mens jou sondes op ‘n dier af en offer die dier en soos wat sy bloed in die vlamme vernietig word, is jou sondes vergewe.       Toe kom die owerspel en God se skeibrief. Onder die wet het dit beteken dat iemand wat owerspel gepleeg het, soos bv ‘n vrou, kon nie weer trou voordat haar man nie gesterf het nie.
            So kon Israel ook nie weer met God versoen word, voordat die man, Jesus Christus, nie gesterf het nie.
            In die Ou Testament het Israel as God se Uitverkore Volk bekend gestaan.  “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
            “En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.” Ex 19:5-6
            Hierdie woorde word nou in die Nuwe Testament gesê van die Christene. “Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
            “julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.” 1 Pet 2:9-10
            Petrus praat nie hier met Jode soos wat baie dink nie. Hy praat met die mense “wat uit die duisternis geroep is tot sy wonderbare lig.”
            God se volk bestaan nie meer uit fisiese stamme nie, maar is een geestelike volk, Israel: “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.” Gal 3:28
            As jy Wedergebore is, is deel van God se Uitverkore Volk: “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” Gal 3:29
            Ons as Huis (Volk) van Israel moet vir die Huis van (Volk) van Juda bid sodat die skille van hulle oë sal afval, dat hulle gered word want hulle moet gered word om by ons te aansluit.
            Hulle leef steeds onder die Wet en sê hulle is Jode omdat hulle besny is, maar die bordjies is intussen heeltemal verhang: “Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
            “maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart (Wedergeboorte), in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” Rom 2:28-29
            Dit is die verstommende Waarheid van die Bybel... enigiemand kan nou ‘n Jood of dan Israel wees as hy besnydenis van die hart in Jesus Christus ondergaan het.
            Jode is reg oor die wêreld, ook in Suid-Afrika, besig om gered te word en noem hulself Messiaanse Jode.
            God se Uitverkore Volk is hulle wat Wedergebore is.
            Rom 9:6-8 lees “Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die Belofte word gereken as die nageslag.”
            Let op, ons wat gered is, moet God in Gees en in waarheid aanbid. Joh 4:23  “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”            Die oomblik toe ons Wedergebore is, het ons reeds die Ewige Lewe ontvang en daarom dien ons God in gees en in waarheid. As jy nog nie geleer het om in gees te aanbid en God te dien nie, mis jy byna die hele lewe. Komaan, word ‘n Dissipel, en wees nie net ‘n gewone Christen nie.
In die gees kan jy God en die Engele belewe.
            Almal wat God nou in gees en waarheid aanbid, is die WARE Israel...  “Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie.” Fil 3:3
            Nog ‘n belangrike punt is die geslagregisters van Israel: “En die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel.”1Kron 9:1
            Maar skielik het hier geslagsregisters geen betekenis meer nie: “Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.
“Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.” 1 Tim 3: 1-7
            Nee, ons hou nie meer geslagsregisters nie, daar is nou net een geslagsregister... die van die Volk van Israel... die Wedergeborenes wie se name in die Boek van die Lewe opgeskrywe is!
            Let nou op: “Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?
            “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
            “en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
            “en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.” Rom 11:24-27
            Paulus, ‘n Jood,  spreek ‘n wens uit rakende die Jode: “...as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!” Rom 11:14
            3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
            Kol 3:11 “...waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
            En dan die 11e strofe “Beklee julle dan, (let op) as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.”
            Die Jode het Jesus verwerp en daarom sê Jesus toe aan hulle: “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
            “Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.” Matt 21:42-43
            Jesus moes verdwyn en die Jode sorg dat Hy gekruisig word toe hulle sê hulle: “Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!” Daardie oomblik het die Jode ‘n vloek oor hulself uitgespreek.” Matt 27:25. Hulle het ook die Evangelie verwerp en baie verwerp dit steeds.
            “Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie – kyk, ons wend ons tot die heidene.
            “Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
            “En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.
            “En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.” Hand 13:46-49
            Dit bring ons nou hier in die Eindtyd, by die vervulling van Eseg 37. Die vallei van doodsbeendere is Israel wat in die grootste geestelike herlewing in die geskiedenis gaan ontwaak en hulle ware identiteit gaan besef en aanneem.
            Dit is ook die tyd wat Juda die ware Lig sal sien, want die “twee stukke hout gaan een stuk hout word.” Die twaalf stamme is dan ‘n eenheid as die nuwe geestelike Israel.
            Terselfdertyd sal die satan verwoed probeer keer dat sy koninkryk skade betrokke word, maar ons het hom reeds in Christus oorwin. – Sjibbolet

Donderdag 15 Januarie 2015

Geen afstand meer Nie . . .





Efes. 2:13  Maar nou in Christus Jesus, het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus, want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak het en die middelmuur van skeiding afgebreek het ... 18)  want deur Hom het ons albei toegang deur een Gees tot die Vader.

Rom. 10:8  Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.  Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig.

Heb. 10:19  Terwyl ons dan broeders, vrymoedigheid het om in die Heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus.

Die Bybel onthul die feit dat daar geen afstand meer tussen ons en God die Vader is nie.  Golgota het die afstand wat daar was vir eens en vir altyd uitgeskakel.
Vanuit God se oogpunt gesien is ons in totaliteit met Hom versoen (2 Kor. 5:18).  Deur geloof het ons vrye toegang tot die teenwoordigheid van God.
Die enigste afstand wat nog steeds bestaan, is te vinde in die gedagtes van daardie Christene wat nog nie vernuwe is in hulle gemoed nie (Rom. 12:2).
Golgota was God se Meesterstuk.  Niemand het die voorreg gehad om Jesus dood te maak nie.  Hy het self besluit om te sterf en sy Gees in die hand van die Vader oorgegee.  Maar Hy sterwe sodat almal wat ver was, vanaf daardie oomblik naby kon kom.
Die voorhangsel van die tempel skeur.  Nie een klip bly langer op die ander staan nie.  Die aarde skud.  Daar kom duisternis.  Die grafte gaan oop.  ‘n Nuwe bedeling word ingelui.
Nie langer hoef mense diere te offer nie.  Die rol van die aardse hoë priester verdwyn.  Christus self tree nou vir ons in.  Ons hoef nie langer te wag tot die Sabbat om met God in kontak te kom nie.
Ons kan nou enige oomblik van die dag of nag deur die geloof en die Heilige Gees met God in kontak wees en vir solank as wat ons dit per keer nodig af, en selfs permanent.
Die afstand wat daar was, is uit die weggeruim. Ons kan Jesus se soenoffer aanneem en weer met God versoen raak. Ons word vernuwe in ons gemoed, ons gedagtes, ons inbors.
Niemand het enige gronde om dit wat op Golgota gebeur het, as onwaar of nietig te verklaar nie. Op Golgota is ‘n volmaakte werk vir ons sondes volbring.
Die onderhouding van die Wet word met ‘n nuwe Gebod, die van Liefde, vervang.  Liefde pleeg nie oortredings nie en Liefde vergewe oortredings, 70 maal sewe keer.
Ons aanvaar nie net Sy versoeningsdood nie, maar ons sterwe ook saam met Hom aan die Kruis van Golgota.  Ons doen nie meer sonde nie (1 Kor. 15:34;  Rom. 6:11).
Dit is ongelukkig so dat ‘n groot deel van die Christendom vandag nie hulle geloof op die krag van die Kruis baseer nie, maar op die onderhouding van die Wet en deur eie pogings.  Daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n mens se eie pogings, jou resolusies,  en die lewe in en deur die geloof.
Om ‘n ware Gelowige te wees, is om te lewe deur middel van die inwonende krag van Christus.  Dit is ‘n lewe van volle vertroue op God, van aangesig tot aangesig met die Vader (2 Kor. 4:4-6).
Om voort te gaan om getuienis op te stapel as bewys dat jy nie vrye toegang tot God se Genadetroon het nie, maak van jou ‘n koue gevoellose naak gestroopte religieuse roetine – sonder ware vrede en sonder blydskap.
Alleen in die teenwoordigheid van God die Vader belewe mens die volheid van totale blydskap (Ps. 16:11).  En boonop word jy genooi om vandag deur middel van Sy bloed daardie volheid te smaak.  Alleen die bloed van Lam kan jou waarlik vrymaak!
Onthou, dit wat op die Kruis gebeur het, kan mense maar betwis tot in lengte van dae, maar onkunde oor die volle boodskap en krag van die Kruis en die bloed van die Lam, beroof menige Christen vandag van die voorregte wat vir hom en haar bewerk is deur die Liefde van God die Vader.
Daarom staan daar geskrywe:  My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. – Sjibbolet