Dinsdag 16 Augustus 2016

Die Finale Vredesverdrag – Die sleutel tot God se profetiese Tyd


 


Die verwagte ondertekening van die Midde Oosterse Vredesverdrag tussen Israel en die Palestyne – en as verlengstuk daarvan ook met die Arabiese wêreld – sal ‘n betekenisvolle gebeurtenis op God se profetiese kalender wees.
            Daar is druk vanaf Frankryk, Amerika en die VN dat Israel en die Palestyne so ‘n vredesverdrag sluit.
            Op Vrydag 3 Junie vanjaar het Frankryk ‘n vergadering gehou wat deur 30 ministers van Buitelandse Sake van hul onderskeie lande bygewoon is. Israel die Palestyne is nie genooi nie.
            Israel is basies omsingel met ‘n opbou van oorlogskepe in die Mediterreense en Rooi See. Vegvliegtuie, vliegdekskepe, aanvalshelikopters en tenks is voortdurend by oorlog op Israel se grense betrokke. Die oorlog in Sirië kry net nie einde nie.
            Rusland minag Amerika en is nou die hoofrolspeler in die Midde Ooste. Rusland en Turkye het pas saamgesweer om die Koerde te verslaan sodat daar niks van hul planne kan kom om ‘n onafhanklike staat te stig nie.
            Intussen is die verwagting dat ‘n vredesverdrag teen 16 November vanjaar tussen Israel en die Palestyne onderteken kan word. Sommige analiste vrees dat so ‘n ooreenkoms die begin van die einde kan beteken omdat dit op die twee partye afgedwing word en dat wat ook al besluit word, nie die ware besluite van Israel en die Palestyne sal wees nie.
            Die verwagting is dat die VN eenvoudig ‘n Resolusie sal uitvaardig om dit af te dwing.
            Die kernaspek van so ‘n vredesverdrag is en bly Jerusalem. Israel het onlangs nog gesê hy sal nooit Jerusalem of die Golan Hoogtes afgee nie. Israel is bereid om ‘n twee-staat model in beginsel te aanvaar te aanvaar, maar hy weier om Jerusalem te herverdeel of om Israel se soewereiniteit oor Jerusalem af te staan.
            Die Palestyne eis dat Jerusalem die hoofstad van die nuwe Palestynse staat moet wees.
            Die Palestyne en ander eis ook dat Israel alle grondgebied teruggee wat hy sedert die 1967 oorlog beset het. Dit sluit Oos-Jerusalem en die Golan Hoogtes in.
            Uit ‘n Bybelse oogpunt beskou word ‘n finale vredesverdrag voorspel soos vervat in Dan 9:27. Die prins wat sal kom, die AntiChris sal die vredesverdrag bevestig. Dit sal deur baie, ook Israel onderteken word.
            Dit sal heel waarskynlik die implementering van die Arabiese Vredesplan wees en deur meer as 22 lande onderteken word.
            Die profeet Daniël sê hierdie Verdrag sal vir sewe jaar geld. Daar is nog gewysigde sienings, maar feit is dat Israel uiteindelik teken, vrywillig of onder dwang. Die Verdrag is tydelik en dan volg die ergste en dodelikste tyd wat die aarde nog ooit beleef het.
            Jesus sê: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.” Matt 24:21
            Ons weet nie in hierdie stadium hoe die Vredesverdrag gaan lyk nie, maar die druk is daar van alle kante dat dit wel saamgestel en onderteken moet word. Al wat die Gelowiges kan doen is om die situasie te monitor omdat dit elkeen van ons sal raak.
            Israel sal dalk op sekere dinge toegee solank die Derde Tempel herbou word 11 Thess 2:4. Die Arabiese Moslem wêreld gaan hier beslis ‘n groot rol speel want hulle eis dat die Tempelberg aan hulle behoort.
            Dit is waar Ps 83 ook ‘n rol speel. En die dreigemente is die afgelope maande keer op keer herhaal: Israel moet van die landkaart af verdwyn.
            As alles teen Israel werk, sal Israel die “Simson Opsie” uitoefen, al loop dit uit op ‘n derde wêreldoorlog.
            Die Amerikaanse president Barak Obama is daarop uit om sy termyn af te sluit met ‘n “suksesvolle” vrede in die Midde-Ooste. Hoekom? Niemand weet nie maar dit word gemeen hy is straks op pad na die VN vir ‘n leiersrol daar.
            Hoof Rabbi David Lau het heel onlangs gesê die Moskee van Omar kan bly staan want daar is genoeg plek op die Tempelberg vir twee tempels.
            Veronderstel dat die partye nie vrede het oor die inhoud van die Verdrag nie en dit word nie geteken nie, wat dan? Dit sal sekerlik op grootskaalse oorlog uitloop.
            Dis straks waarna Eseg 38 verwys?
            Hoe dit ook al sy, gesien in die lig van die reeds bestaande tekens van die tye, is ons reeds in die laaste uur. – Sjibbolet

Dit is waar Ps 83 ook ‘n rol speel. En die dreigemente is die afgelope maande keer op keer herhaal: Israel moet van die landkaart af verdwyn.
            As alles teen Israel werk, sal Israel die “Simson Opsie” uitoefen, al loop dit uit op ‘n derde wêreldoorlog.
  Die Amerikaanse president Barak Obama is daarop uit om sy termyn af te sluit met ‘n “suksesvolle” vrede in die Midde-Ooste. Hoekom? Niemand weet nie maar dit word gemeen is straks op pad na die VN vir ‘n leiersrol daar.

Maandag 15 Augustus 2016

Selfveroordeling bind jou gees


Image result for selfverwyt


Hou op om jouself te veroordeel

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” 2 Kor 5:17
            Menige Gelowige sal vandag getuig dat toe hulle Jesus Christus as persoonlike Saligmaker aangeneem het, toe hulle Wedergebore is, het ‘n algehele transformasie in hul lewens plaasgevind.
            Daar is verandering te bespeur aan ons uiterlike, aan ons emosie, maar ons gees is totaal getransformeer.
            Wanneer iemand Weergebore word, dan word hulle gees regverdig en waarlik heilig. Die Bybel praat eintlik van twee tipes geregtigheid. Daar is die geregtigheid wat mens toon deur jou eie optredes, en mens moet daardie tipe regverdigheid behou in verhoudings met ander mense.
            As jy nie reg lewe nie en nie reg doen nie, mag jou werkgewer jou dalk afbetaal, of jou vrou kan jou skei; so ‘n mens het jou eie geregtigheid nodig.
God neem jou egter nie aan op grond van jou uiterlike geregtigheid nie. God gee letterlik aan jou Sy geregtigheid. “En julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” Efes 4:24
            In 2 Kor 5:21 lees ons dat God die Vader die Seun geskep het om sonde vir ons te word sodat ons die geregtigheid van God in Hom  kan word. Daar is dus ‘n geregtigheid ver bo ons uiterlike geregtigheid en is gebaseer op wat God vir ons gedoen het.
            Ons het letterlik die geregtigheid van God ontvang deur geloof in Christus. Ons is geskep in geregtigheid en ware heiligheid. Ons groei nie daarin nie, ons is reeds geregverdig. ‘n Eenvoudige definisie is ons reeds in die korrekte verhouding teenoor God staan. God is tevrede met ons gesetel in Christus, niks anders nie.
            Ons gees is waar die verandering plaasgevind het. Ons is reeds geskep in geregtigheid en ware heiligheid en is dus nuwe skepsels. Efes 2:10 lees: “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”
            In ons gees is ons perfek en voltooid. Daar is geen sonde of tekortkominge nie. Efes 1:13 lees: “...nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte.
            Sommige mag dink, wel, toe ek die eerste keer geglo het, toe het ek geglo dat ek geheel en al vergewe was en gereinig en alles was goed, maar sedertdien het ek gesondig, ek het God weer gefaal.
            As jy gefaal het, het jy gefaal in jou verstandelike en emosionele deel, maar jou gees het nie gesondig nie. Jou gees is geseël soos wat ‘n vrou konfyt in ‘n fles plaas, paraffien of kerswas oorgooi om dit lugdig te maak om alle onsuiwerhede uit te hou en draai dit dan styf toe. God het jou verseël en sonde kan nie jou gees binnedring nie. Jy het ‘n nuwe identiteit.
            Die wêreld waarin ons, ons bevind is een van veroordeling. Iemand moet altyd die skuld kry. In Christus werk dit nie som nie. Moenie jouself veroordeel oor ‘n fout wat gemaak het nie. Die HERE veroordeel jou nie, waarom doen jy dit?
            Vir jou om ‘n verhouding met God te hê, moet jy met Hom verkeer en Hom aanbid, juis gebaseer op wie jy is in jou gees en nie jou vlees nie. Dit is in werklikheid die groot transformasie in die Christelike lewe, dat ‘n persoon se identiteit moet verander.
            Ons moet aan God verwant wees, nie gebaseer net op wat ons in die fisiese  doen nie, ook nie met wat in ons gedagtes aangaan nie, maar juis met wie jy in jou gees is op grond van wat Hy vir jou gedoen het.
Dit is ‘n voltooide werk, en iets wat nooit verander nie, nooit fluktueer nie. Jy is geskape in geregtigheid en ware heiligmaking. Dit is die geestelike deel van jou. Jy moet gemeenskap met God hê in gees en in waarheid. Jy moet vasstaan in hierdie identiteit van wie jy in Christus is.
            In die Gees leef ons verby die vlees, domineer ons die vlees, vernietig ons die vlees. Let op wat sê Jesus: “Maar daar kom 'n uur wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
Paulus verduidelik dat ons, ek en jy, is IN hierdie wêreld, maar ons is nie VAN hierdie wêreld nie. Hy sê ook, ons burgerskap is in die Hemel. Dis die laaste uur. Ons moet afskeid neem van hierdie wêreld, soos iemand wat binnekort ver op reis gaan.
Hy voeg by: “Want baie – van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – wandel as vyande van die kruis van Christus.
“Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.
“Want ons burgerskap is in die Hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander (hoekom?), om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.” Fil 3:18-21
Kyk wat voeg Paulus by: “Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes. Fil 4:1
Ons moet ook kan sê: “My blydskap en kroon staan vas in die HERE.”
Wees soos wyse maagde, wees gereed, verwag Jesus die Bruidegom.
Aanbid reeds in Gees en in Waarheid. – Sjibbolet

Image result for god se genade



Saterdag 13 Augustus 2016

Oh Boundless Salvation

Oh Boundless Salvation
Words: William Booth, 1893.
Salvation Army Commissioner Theodore Kitching said that one morning he arrived at the house of the Founder of the Salvation Army Gen William Booth. Kitching found Gen Booth in his study completing the verses of this song. He wrote it to be sung at an evangelistic campaign being held at Exeter Hall in London. The crusade was called the “Boundless Salvation Campaign,” and this song was first sung November 14, 1893, during that campaign. Originally, the chorus “Heavenly Gales are Blowing” was sung between each of the verses. The words were first published in the Salvation Army magazine The War Cry on December 23, 1893. Booth announced this song the last time he appeared in public, at his 83rd birthday celebration in the Royal Albert Hall, London, May 9, 1912.


O boundless salvation! deep ocean of love,
O fullness of mercy, Christ brought from above,
The whole world redeeming, so rich and so free,
Now flowing for all men, now flowing for all men,
Now flowing for all men, come, roll over me!

My sins they are many, their stains are so deep,
And bitter the tears of remorse that I weep;
But useless is weeping; thou great crimson sea,
Thy waters can cleanse me, thy waters can cleanse me,
Thy waters can cleanse me, come, roll over me!

My tempers are fitful, my passions are strong,
They bind my poor soul and they force me to wrong;
Beneath thy blest billows deliverance I see,
O come, mighty ocean, O come, mighty ocean,
O come, mighty ocean, and roll over me!

Now tossed with temptation, then haunted with fears,
My life has been joyless and useless for years;
I feel something better most surely would be
If once thy pure waters, if once thy pure waters,
If once thy pure waters would roll over me.

O ocean of mercy, oft longing I’ve stood
On the brink of thy wonderful, life giving flood!
Once more I have reachèd this soul cleansing sea,
I will not go back, I will not go back,
I will not go back till it rolls over me.

The tide is now flowing, I’m touching the wave,
I hear the loud call of the Mighty to Save;
My faith’s growing bolder, delivered I’ll be;
I plunge ’neath the waters, I plunge ’neath the waters,
I plunge ’neath the waters they roll over me.

And now, hallelujah! the rest of my days
Shall gladly be spent in promoting His praise
Who opened His bosom to pour out this sea
Of boundless salvation, of boundless salvation,
Of boundless salvation for you and for me.




God soek ‘n Man (en ‘n Vrou), wat ‘n baksteen wil neem...


 Displaying image003.jpg


“En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik (jou dorp, stad, voorstad); maak dan 'n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.” Eseg 4:1-3
            Sedert die skepping van die mens het die Almagtige God deur die eeue bewys gelewer van watter waarde Hy heg aan ‘n enkele persoon, EEN MAN, op hierdie aarde.
            Aan EEN man, Adam, word die mag gegee om al die diere van die aarde te noem soos hy wil. Die invloed van die val van dieselfde Adam word vandag nog oor die ganse aarde deur die ganse mensdom gevoel.
            EEN man, Noag, word verkies om die ark te bou, om sodoende ‘n spruit vir die menslike geslag aan die lewe te hou.
            EEN man, Abraham, word geroep uit Ur van die Galdeërs om die vader  van  alle gelowiges te word en die vader van die geslag waaruit Jesus Christus gebore sou word.
            EEN man, die hakkelende Moses, word geroep om die hele volk Israel, uit Egipte uit te lei en vir veertig jaar deur die woestyn te neem. Hy tree op as skakel tussen God en die volk.
            “En ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie, maar Ek het niemand gevind nie.” – Eseg. 22-30
            Toe God die volk wou verdelg, tree Moses  –  EEN MAN  –  op as voorbidder dat die  volk gespaar sou word.
            Na hom volg weer  EEN  man, Josua, en dan elkeen van die Rigters op hul beurt, die profete  Nehemia, Daniël  en andere  wat  as  EENLINGE opgetree het tussen God en die volk, en wat het hulle nie alles uitgerig nie!
            Die Nuwe Testament begin met die optrede van Johannes die doper, as voorloper van Christus.
            Toe was daar Jesus Christus, die grootste leraar, prediker, profeet en hervormer wat die wêreld ooit geken het, en dit bo en behalwe Sy liefdevolle Middelaars- en Versoeningswerk.
            Na Jesus volg die apostels waaronder Petrus a toe weer Paulus  –  EEN man na die ander.
            En verder deur die geskiedenis van die Kerk het God van tyd tot tyd die EEN man gebruik om Sy doel te bereik. Daar was manne soos Luther, Calvyn,   Wesley, Murray, Moody, Hudson Taylor, Billy Graham, George Fuller,   Torrey,   Finney, John Lake  en andere wat as EENLINGE opgetree het en uitgeblink het in die werk van God en wonderlike getuienisse vir Hom op aarde geskep het.
            Maar, wat van die behoefte in hierdie tyd waarin ons, ons bevind? Ons het nou, soos seker nog nooit tevore nie, die hulp en beskerming van die Allerhoogste aan al kante nodig.
            Wat van jou, jy wat nou hier lees? Al gewonder waarom jy juis hierdie boodskap nou moet lees?  Is dit blote toeval dat jy hierdie artikel lees? God soek ‘n man! (toevallig – toe val die lig)
            En Hy soek ook ‘n VROU. Vroue het ook groot rolle in die bou van die Christelike Kerk vertolk. Gemeentes is in hulle huise gestig. Meer as 180 vroue het leidende rolle in die Bybel vertolk, meer as 30 van hulle in die Nuwe Testament.
            Dit is nodig dat manne en vroue VANDAG na die stem van die Here luister en sonder verdere versuim na vore tree en aanmeld vir diens –  heldediens – waardeur hierdie volk gered en vrygekoop sal word!
            Gelowiges is besig om in toenemende maat by die geledere van verskeie  gebedsforums en verootmoedigingsbyeenkomste in te skakel. Hulle reageer op die stem van EEN, die Heilige Gees.
            Hulle het Sy stem gehoor. Hulle het reageer. Hulle is nou voorbidders vir die volk. Hulle tree in vir die volk, vir ons kinders, vir ons toekoms, vir die bou van die Koninkryk van God en die uitbreiding daarvan.
            God soek manne en vroue wat ‘n bres vir Hom kan slaan, ‘n bres vir die Volk kan slaan. Manne en vroue met durf en daad, wat soos Koning Dawid sal sê: “Met my God spring ek oor ‘n muur.”
            Sal God so ‘n man, so ‘n vrou, ook in jou vind? Sal jy gehoorsaam wees aan Sy roepstem?
            Nee, dis nie die werk van die predikante (herders) nie. Herder kry nie lammers nie, net skape. Herders se taak is om die skape so goed te voed (op te lei) dat hulle selfs twee-, drie- en vierlinge aanbring!
            Moenie dink aan hoe ver jy tekort skiet nie. Abraham het ‘n voorspoedige en vol lewe gelei toe die Here hom die opdrag gegee het dat hy moes oppak en trek, en dit boonop deur die woestyn, die vreemde in.
            Waar hy en sy mense gewoon het, het dit baie goed met hulle gegaan. En toe die opdrag om met alles – vroue, kinders, babas, diere, groot en klein, deur die woestyn te trek sonder dat hy geweet het waarheen.
            Abraham het gladnie geweet waarheen by moes trek nie, maar hy het  geweet saam met Wie hy trek!
            Jy sal nie in jou eie krag optree nie. God sal jou  toerus met krag. Hy het dit met almal voor jou gedoen en Hy gaan dit weer met almal van ons doen.
            “Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare.” –  Mal. 4:6
            God soek ‘n MAN en ‘n VROU wat die muur van gebed sal bou  “wat gedurig die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie… en Hom nie met rus sal laat nie, tot Hy Jerusalem (Sy gemeente)  bevestig en maak tot ‘n lofoffer op die aarde.” – Jes. 62:6,7, “want die Here – Sy oë deurloop die aarde(hoekom?) om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is...” – 2 Kron. 16:9
            God soek na ‘n Man, ‘n Vrou.  Is jy bereid om aan te meld?
            “En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik (jou dorp, stad of voorstad se naam).
            Neem ‘n groterige Bybel, maak dit oop by Eseg 4:1. Trek die baksteen oor met kleefplastiek en sit dit op die Bybel, op ‘n strategiese plek waar jy elke dag daarin moet vaskyk, soos bv in jou studeerkamer.
            Enige tyd van die dag of die nag en sovele kere soos wat jy gelei word, bid jy vir jou dorp, jou stad of jou voorstad.
            Geestelik in jou gebed bou jy skanse daarteen op om jou dorp of voorstad te beskerm. Geen onheil moet jou dorp of sy inwoners kan binnedring nie. Bou ook geestelike laers, kampe en stormramme... net soos wat jy gelei word.
            Dit gaan oor die beskerming van jou dorp en sy mense. Jou hele gesin kan deelneem.
            Ons bevind ons in ‘n geestelike oorlog. Op ‘n sekere dorp in Suid-Afrika word dit met groot welslae uitgevoer, presies soos in Sag  4:6 “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.”
            Tydens ‘n beleëring was dit altyd vir die vyand ‘n uitdaging om die stad se water af te sny of te vergiftig.
            Hierdie betrokke dorp in SA het nie water nie, en as daar soms water is, is dit ondrinkbaar. Gelowiges het tien teks by boorgate opgesit waar dorpenaars gratis water kan kry. Daar word ook weekliks 36 000 liter water deur hulle aangery.
            As iemand sou sê die baksteen is dwaasheid, onthou net, dis ‘n Goddelike opdrag, so ook dat God jou soek om in die bres te staan vir jou dorp, jou stad, jou voorstad. 1 Kor 1:18;20;21;23;25;27
            Die nag is op ons, siele moet gered word, soos verdwaalde skape na die kraal aangekeer word.
            Gehoorsaam jou roeping. – Sjibbolet

Daar is een Heilfontein...


Image result for fontein

‘n Koningsdogter getuig gisteraand sy beland in ‘n droom in die hospitaal. Alles, letterlik alles soos gordyne, alle bedde, vloere, gange, oral is bloed en nogmaals bloed. Die verpleegpersoneel is bedrywig en bloed besmeerd, maar hulle is almal gelukkig en glimlag. Die bloed was baie, baie erg. En sy vra: Waar kom al die bloed vandaan?

‘n Koningseun antwoord: Dit kom vanaf Golgota. Daar is ‘n fontein van bloed, meer as genoeg vir wat voorlê. Hier kom ‘n ontsettende groot Herlewing tesame met wonderwerke soos ons nog nooit aanskou het nie. Die verpleegpersoneel (vroedvroue), is vol blydskap.

Luister:  https://www.youtube.com/watch?v=PasK3ZFAOPE

There is a fountain filled with blood
Drawn from Immanuel's veins;
And sinners, plunged beneath that flood,
Lose all their guilty stains:
Lose all their guilty stains,
Lose all their guilty stains;
And sinners, plunged beneath that flood,
Lose all their guilty stains.

“Toe sê Hy vir sy dissipels (vir my en vir jou): Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.” Matt 9:37-38 – Sjibbolet

Dinsdag 09 Augustus 2016

Vrede in Vredehoek




Die Kaapse buurt se naam is Vredehoek, maar in die praghuis van die 90-jarige Duitser was geen vrede nie.

Hy bly in die kelderverdieping van sy huis. Hy slyp halfedelgesteentes, die mooiste werk ooit. Sy seun woon bo in die huis. Hy verkoop sy pa se stene. Pa en seun lewe egter al baie jare lank in haat jeens mekaar. Die kelderverdieping lyk soos iets uit die Middeleeue.

‘n Gehoorsame gelowige vrou, een van ons getroue lesers,  het ‘n tyd gelede met die pa en seun kennis gemaak. Dit was moeilik,

die Duitser obsternaat, erg doof met ‘n verterende haat jeens sy seun en God.

Sy vertel: God het deur my briewe en liefdestakies hom bedien en die Woord laat lewend word, onbaatsugtg, onvoorwaardelik.

Die pa en seun het lewe van mekaar gesteel. Die seun en sy vrou het geen kinders nie en hy is die enigste seun. Die ouman het homself as 'n dooie boom gesien.

Die Here het my in 'n visie gewys hoe die ouman die trappe opklim Hemel toe en hoe Jesus hom inwag.

Onlangs beland die ouman in die hopsitaal. Toe ek by die hospitaal kom, vra hy hoe ek daar uitgekom het, want hy het gewag vir my! Jesus het ons gestuur.

Hierdie man was 'n geslypte seun van God, want hy sê in sy eie woorde, 'all my life I tried to live by what is right and what is wrong' en tog kon hy nie die liefde na sy seun deurgee nie. Hy het so hard probeer om perfek te wees –  en perfeksionisme nagestreef in alles.

Sy seun, is ‘n patetiese figuurtjie, geboeë en gebreek deur die verloop van die lewe. Sy pa is geskei van sy ma toe hy jonk was.

En tog word die 90-jarige ouman getrek deur God se genade sodat hy op sy sterfbed die Waarheid sien en sy hart getransformeer word deur drie woorde: 'I forgive you!

Die woorde ontbreek my om dit te beskryf: Hoe die transformasie sigbaar in trane oor hulle gemanifesteer het in daardie wonderlike oomblik van vergifnis en genade.

Dit was Glorieryk!

En hy is steeds nie dood nie! Dit is asof die Here nou 'n tyd gegee het waarin hulle verlore tyd moet opvang in 'n splinternuwe verhouding!

Loof die Here!!

• En die Grootste van alles, is…

  Die Liefde!


Niks onder die volke van die wêreld sal regkom sonder liefde nie. Ons is haastig om onsself  as Christene te verklaar, maar ons dade teenoor mekaar getuig nie daarvan nie.

          Liefde kan oral in die huishoudings en elke sektor van die samelewing alle probleme oplos.

          Plaas ons die fokus in die Skrif op die liefde, dan sien ons duidelik waar ons grootste probleem lê.

•        God is liefde (1 Joh. 4:16)

•        Sy liefde kan in ons volmaak word. 1 Joh. 2:5

•        Hy is net so lief vir ons as wat Hy vir sy eie Seun is. Joh. 3:3,5

•        Ons kan in Sy liefde bly. Joh. 15:10

•        Sonder liefde ken jy nie God nie. 1 Joph. 4-8

•        God weet wanneer jy nie die liefde het nie. Joh. 5:42

•        Ons kan in liefde met God wandel. 1 Joh. 4:16

•        Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en met al jou krag. Mark. 12:30 & Matt. 22:37)

•        Jy mag nie jou eerste liefde verlaat nie. Openb. 2:4-5

•        Ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het. 1 Joh. 4:19

•        Hy wat God liefhet, het sy broer ook lief. 1 Joh. 4:21

•        Ons mag nie vader of moeder bo God liefhê nie. Matt. 10:36-38

•        Mans moet hulle vroue liefhê, so lief soos God Sy gemeente het. Efes.

         5:25

•        Elke man moet sy eie vrou liefhê net soos homself. Efes. 5:33

•        Wandel in die liefde. Efes.  5:2

•        ‘n Nuwe verbond gee ek julle, om mekaar lief te hê. Joh. 13:34; 15-17

•        ‘n Verrassing wag op hulle wat God liefhet. 1 Kor. 2:9

•        Ons moet selfs ons vyande liefhê. Matt. 5:44

•        Liefde en haat gaan nie saam nie. 1 Joh. 2:9-10

•        Die wêreld sal weet dat ons Sy dissipels is, as ons mekaar liefhet. Joh.

         13:35

•        Sonder liefde is jy ‘n klinkende simbaal. 1 Kor. 13:1-3

•        Liefde beteken ons onderhou Sy gebooie. 1 Joh. 5:2

•        Die grootste demonstrasie van die liefde, vind ons in Joh. 15:12-13 & 1

          Joh. 3:16

•        Ons moet mekaar liefhê soos  wat God ons liefhet. 1 Joh. 4:11

•        Ons moet ons naaste liefhê. Matt. 19:19

•        Daar is geen vrees in liefde nie. 1 Joh. 4:17-19

•        Ons moet heilig en sonder gebrek vir Hom wees.  Efes. 1:4

•        Jaag na die liefde. 1 Tim. 6:11

•        Ons moet die liefde van Christus ken. Efes. 3:16-20

•        Ons moet ons naaste liefhê soos onsself. Matt. 19:19

•        Daar is geen vrees in liefde nie. 1 Joh. 4:17-19

•        Ons moet heilig en sonder gebrek vir Hom wees.  Efes. 1:4

•        Jaag na die liefde. 1 Tim. 6:11

•        Ons moet die liefde van Christus ken. Efes. 3:16-20

•        Ons mag nie die wêreld liefhê nie. 1 Joh. 2:15

•        ‘n Analise van die liefde vind ons in 1 Kor. 13:1-13

•        Niks kan ons van Sy liefde skei nie. Rom. 8:35:39

•        Die heilige Gees bring Sy liefde in ons harte. Rom. 5:5

•        Die liefde is nie ‘n gawe nie, maar ‘n vrug. Gal. 5:22

•        Die liefde bedek oortredings. Spreuke 17:9

Dit is duidelik dat die liefde, (agapé – Goddelike liefde) die oplossing vir al die probleme van die wêreld en die mensdom is.  Dit is ook die Groot Gebod wat Christus kort voor Sy vertrek aan ons nagelaat het.

Menslike liefde (fileo) is ontoereikend, daarom faal dit telkens. Die skeihowe sit elke week vol, reg oor die land. Menslike liefde (fileo) en seksuele liefde (eros) faal.

Die meeste redes vir die egskeiding word aangevoer as: Die huwelik het onherstelbaar verbrokkel. Al die huwelike wat verniel word en die arme onskuldige kinders wat daaronder ly, kan genees en herstel wanneer Goddelike liefde in ons huise en lewens toegelaat word.

Dit is waar Petrus ook die fout begaan het.  Drie keer vra die HERE hom:  Het jy My lief en elke keer sê hy ja, maar Petrus het van menslike liefde gepraat terwyl Jesus van Goddelike liefde gepraat het.

Daarna verraai Petrus die HERE drie keer, maar sy diepe berou het tot vergifnis gelei en later beskou God hom as ‘n rots in die Koninkryk.

Ons dag en tyd vra ook om diepe berou.  Moenie oor die volgende persoon bekommer nie, begin die saak in jou eie lewe en huis regstel.  Dit is waar die herlewing sal begin, by jou en jou huisgesin!

Ons wil altyd hê die HERE moet ons gebede beantwoord, vir ons deure oopmaak, komaan, begin deur eers jou eie huis se deur vir Jesus en sy Liefde oop te maak! –  Sjibbolet



Wag op die HERE vir Krag



Let op want dit is jou ook bedoel: "Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is julle as die eiendom van God beseël. " Eff 1:1-4 (vs. 13).
            Charles G. Finney se naam word gedurig met die Herlewing van meer as 'n eeu gelede verbind. Hy was 'n regsgeleerde, maar na sy oorgawe aan die Here het die Here hom op buitengewone wyse met die Heilige Gees vervul.
Charles G Finney
Sy prediking was daarna vol krag en baie mense het tot bekering gekom. In die Elim Evangel beskryf hy sy ervaring met hierdie woorde wat herinner as die uitstorting van die Heilige Gees op die eerste dissipels op Pinksterdag:
"As I turned and want to take a seat by the fire, I received the mighty Baptism of the Holy Spirit. The Holy Spirit descened upon me in a manner that seemed to go through me, body and soul. I could feel the impressions like a wave of electricity going through and through me. Indeed, it seemd to come in waves and waves of liquid love; for I could not express it in any other way. I wept aloud with joy and love; and I do no know, but I should say I literally bellowed the unuttterable gushings of my heart."
             Sy kragtige verkondiging van die vangelie en die Herlewing wat gevolg het oral waar hy gepreek het, het 'n stempel geplaas op die egtheid van hierdie ervaring.
DL Moody

Die prediker, D. L. Moody, het 'n soortgelyke kragtige ervaring van die vervulling met die Heilige Gees gehad. Ander werkers van die Here, wat net so bruikbaar en geseënd in die Here se diens was, het weer nie so 'n dramatiese ervaring gehad nie.
FB Meyer
Die prediker en skrywer, F. B. Meyer, wat ewe kragdadig deur die Here gebruik is en wat nou nog sy baie boeke gebruik en seën, skryf in The Overcomer soos volg oor sy ervaring van die volheid van die Heilige Gees:
"I left the prayer meeting and crept out into the lane, away from town. As I walked I said, 'O my God, if there is a man who needs the power of the Holy Ghost to rest upon him it is I; but I do not know how to receive Him. I am too tired, too worn, too nervously down, to agonize.' In my heart a voice said: 'As you took forgiveness from the hand of the dying Christ, take the Holy Ghost form the hand of the living Christ.'
”I turned to Christ and said, 'Lord, I breath into me a breathe in this whiff of warm night air, so I breathe into every part of me Thy blessed Spirit.'"
Hy gaan voort om te getuig dat hy nie gevoel het die Here se hand word op hom gelê, of 'n vuurvlam val op hom, of dat hy 'n gedruis uit die Hemel gehoor het nie, maar deur geloof, sonder emosie, sondere opgewondenheid, het hy vir die eerste keer, en daarna keer op keer, die volheid van die Heilige Gees vir hom in sy hart toegeëien. Sy vrugbare arbeid daarna het ook in sy geval die egtheid van sy vervulling met die Heilige Gees bekragtig.
            Paulus skryf aan die Efesiërs: "Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees" (Ef.3:16). "...laat die Gees julle vervul..." (Ef.5:18).
Ons kan nie in eie krag die geringste werk in die Here se Koninkryk met vrug en seën verrig, sonder die krag van die Heilige Gees in ons hart nie. Vra Hom vrymoedig vir die volheid van sy Heilige Gees.
Laat Jesus jou ook met die Heilige Gees vervul want die oes is groot en die arbeiders min. – Sjibbolet

Vrydag 05 Augustus 2016

HERE wil U nie asseblief die lewe weer vir ons nuut maak nie!


Image result for praying hands bible

Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat U volk hulle vreugde in U kan vind nie? (Ps. 85:7)
            Bid dan tot die herskeppende Gees van God: Ons bely dat ware herlewing slegs van U kan kom; Dat ons dit nie uit eie krag kan bewerkstellig nie.

            U Woord roep ons om tot U te bid vir nuwe lewe, daarom bid ons saam met Moses: “Toon aan ons U heerlikheid o Here!”

            En saam met Habakuk pleit ons: “Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.”

            Doen dit tog ook in ons tyd, laat U dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in U toorn.” (Hab. 3:2)

            Lewende Heiland, U wat vir ons intree by die Vader, ons verootmoedig onsself voor U, ons soek U aangesig, ons verlaat ons verkeerde weë.

            Lei ons tot ware sondebesef en reiniging deur U bloed.
            Laat ons nie verflou in gebed totdat U op U tyd en wyse antwoord nie.
            Bring in U kerk ‘n Godgegewe Herlewing – en begin met my, o Here.
            Gee aan U Woord onstuitbare krag.
            Giet U Heilige Gees op leraars en gemeentes, ons mense.
            Gee opregte berou oor sonde en reinig ons deur U heiligheid.
            Verenig U kinders, verdryf alle wêreldsgesindheid, en, Here, lei ons tot geestelike volwassenheid.
            Bring ‘n nuwe gehoorsaamheid, geloof en liefde, vervul ons opnuut met blydskap in die Here God JAWEH.
            U het in Elia se tyd met vuur geantwoord – Doen dit asseblief weer, o Here van die Leerskare.
            Maak U kinders vlammende getuies tot aan die verste uithoeke van die aarde en  bespoedig dié dag wanneer elke knie sal buig en elke tog sal bely: Christus is die HERE.
            HERE, ons bid dit tot eer en verheerliking van U naam en U Koninkryk!
            In die naam van Jesus Christus,
Amen.

Donderdag 04 Augustus 2016

Ruk hulle selfs uit die vuur


Image result for burning house

“En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk... Judas 1:22-23

‘n Huis het gebrand. Onder die geloei van die brandweerwaens en polisiesirnes en die skreeue en roepe van die groeiende skare, verskyn die gesiggie van 'n klein meisietjie in 'n boonste venster.
So verskriklik woes brand die vuur, dat selfs nie 'n brandweerman waag dit in die vlamme nie.
Skielik storm 'n man uit die skare, verby die brandweermanne en die veiligheidslyn. In die hardloop trek hy sy baadjie uit en gooi dit oor sy kop.

Sonder om te weifel, hardloop hy die verstikkende rook en vlamme binne. Hy gryp die kleintjie, beskerm haar met sy baadjie, arms en hande, nael deur die gang, by die trappe af en by die deur uit, in die wagtende arms van die brandweermanne in.

Na etlike weke, kom die inwoners van die dorp, in die plaaslike hofsaal bymekaar. Voor, naby die regter, sit die ligtekop meisietjie.

“Almal ken die omstandighede van hierdie kind se ouers se dood. Hulle was arm. Geen voorsorg is vir haar gemaak nie. Wie is bereid om haar as kind aan te neem?”

Dadelik vra van die mense, om haar te mag aanneem. Welgestelde ouers wat net een kind het, kinderlose egpare, ook ander mense met goeie huise, bied aan om haar 'n ouerhuis te gee.

Toe staan 'n man, met verbande om sy arms, hande en kop, agter in die saal op. “Ek het my lewe gewaag om haar te red. My letsels is die bewyse van my omgee vir haar. Mag ek haar kry om haar as my eie kindjie groot te maak?”

“Is daar enige beswaar teen John Brown se eis op haar? Ons ken hom. Ons weet hy is in staat om haar goed groot te maak, te laat leer en lief te hê,” stel die regter die saak.
‘n Doodse stilte begroet sy woorde. Een na die ander trek die ander mense hul versoeke om haar aan te neem terug. Sy word gegee in die sorg van die man, wat bereid was om te sterf, om haar uit die vuur te ruk en red."

            Paulus grond ons posisie voor Christus op Sy liefde vir ons: “Ek bid dat God deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en julle…(sal) begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Chrstistus strek… en mag julle vervul word met die volheid van God." (Efes 3:18-20.

            Daar is verlore mense wet gered moet word, selfs uit die vuur. Dis nie ‘n geval van of ons bereid is om dit te doen nie, dis ons roeping om te dit te doen en die Koninkryk te bou. Doen dit. – Sjibbolet      

Maandag 01 Augustus 2016

Net ‘n Foto


Image result for Girl walking in the rain

’n Meisietjie het elke dag skool toe en terug geloop, omdat hulle huis nie ver van die skool af was nie. Een dag het die wind opgekom en donderweer, met blitse en dreuning, het opgesteek.

Die ma het gedink haqar kind sou bang wees om in so ’n storm huis toe te loop en ry toe met die motor om haar te gaan haal. Die meisietjie kom toe al aangestap, ewe vrymoedig en sonder vrees. Elke keer as dit blits, staan sy ’n oomblik stil, kyk op, probeer net nog mooier lyk en glimlag. Blits na blits beantwoord sy met ’n glimlag. Die ma hou by haar stil, draai die ruit af en vra: “Wat doen jy, Kindjie? Hoekom gaan jy elke keer staan wanneer die weerlig slaan?” Die kind antwoord vrolik. “Ek probeer mooi lyk, want God neem foto’s van my.”

Bewus van God se teenwoordigheid kan ons in ons lewenstorms ook glimlag en vir God in ons omstandighede probeer mooi lyk.

Met die dissipels, en meesal seker met ons ook, het dit anders gegaan: Markus 4:37-40 En ’n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?

En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ’n groot stilte gekom.

Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?

Komaaan, vertrou die HERE altyd en in alle omstandighede.