Dinsdag 09 Augustus 2016

Vrede in Vredehoek




Die Kaapse buurt se naam is Vredehoek, maar in die praghuis van die 90-jarige Duitser was geen vrede nie.

Hy bly in die kelderverdieping van sy huis. Hy slyp halfedelgesteentes, die mooiste werk ooit. Sy seun woon bo in die huis. Hy verkoop sy pa se stene. Pa en seun lewe egter al baie jare lank in haat jeens mekaar. Die kelderverdieping lyk soos iets uit die Middeleeue.

‘n Gehoorsame gelowige vrou, een van ons getroue lesers,  het ‘n tyd gelede met die pa en seun kennis gemaak. Dit was moeilik,

die Duitser obsternaat, erg doof met ‘n verterende haat jeens sy seun en God.

Sy vertel: God het deur my briewe en liefdestakies hom bedien en die Woord laat lewend word, onbaatsugtg, onvoorwaardelik.

Die pa en seun het lewe van mekaar gesteel. Die seun en sy vrou het geen kinders nie en hy is die enigste seun. Die ouman het homself as 'n dooie boom gesien.

Die Here het my in 'n visie gewys hoe die ouman die trappe opklim Hemel toe en hoe Jesus hom inwag.

Onlangs beland die ouman in die hopsitaal. Toe ek by die hospitaal kom, vra hy hoe ek daar uitgekom het, want hy het gewag vir my! Jesus het ons gestuur.

Hierdie man was 'n geslypte seun van God, want hy sê in sy eie woorde, 'all my life I tried to live by what is right and what is wrong' en tog kon hy nie die liefde na sy seun deurgee nie. Hy het so hard probeer om perfek te wees –  en perfeksionisme nagestreef in alles.

Sy seun, is ‘n patetiese figuurtjie, geboeë en gebreek deur die verloop van die lewe. Sy pa is geskei van sy ma toe hy jonk was.

En tog word die 90-jarige ouman getrek deur God se genade sodat hy op sy sterfbed die Waarheid sien en sy hart getransformeer word deur drie woorde: 'I forgive you!

Die woorde ontbreek my om dit te beskryf: Hoe die transformasie sigbaar in trane oor hulle gemanifesteer het in daardie wonderlike oomblik van vergifnis en genade.

Dit was Glorieryk!

En hy is steeds nie dood nie! Dit is asof die Here nou 'n tyd gegee het waarin hulle verlore tyd moet opvang in 'n splinternuwe verhouding!

Loof die Here!!

• En die Grootste van alles, is…

  Die Liefde!


Niks onder die volke van die wêreld sal regkom sonder liefde nie. Ons is haastig om onsself  as Christene te verklaar, maar ons dade teenoor mekaar getuig nie daarvan nie.

          Liefde kan oral in die huishoudings en elke sektor van die samelewing alle probleme oplos.

          Plaas ons die fokus in die Skrif op die liefde, dan sien ons duidelik waar ons grootste probleem lê.

•        God is liefde (1 Joh. 4:16)

•        Sy liefde kan in ons volmaak word. 1 Joh. 2:5

•        Hy is net so lief vir ons as wat Hy vir sy eie Seun is. Joh. 3:3,5

•        Ons kan in Sy liefde bly. Joh. 15:10

•        Sonder liefde ken jy nie God nie. 1 Joph. 4-8

•        God weet wanneer jy nie die liefde het nie. Joh. 5:42

•        Ons kan in liefde met God wandel. 1 Joh. 4:16

•        Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en met al jou krag. Mark. 12:30 & Matt. 22:37)

•        Jy mag nie jou eerste liefde verlaat nie. Openb. 2:4-5

•        Ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het. 1 Joh. 4:19

•        Hy wat God liefhet, het sy broer ook lief. 1 Joh. 4:21

•        Ons mag nie vader of moeder bo God liefhê nie. Matt. 10:36-38

•        Mans moet hulle vroue liefhê, so lief soos God Sy gemeente het. Efes.

         5:25

•        Elke man moet sy eie vrou liefhê net soos homself. Efes. 5:33

•        Wandel in die liefde. Efes.  5:2

•        ‘n Nuwe verbond gee ek julle, om mekaar lief te hê. Joh. 13:34; 15-17

•        ‘n Verrassing wag op hulle wat God liefhet. 1 Kor. 2:9

•        Ons moet selfs ons vyande liefhê. Matt. 5:44

•        Liefde en haat gaan nie saam nie. 1 Joh. 2:9-10

•        Die wêreld sal weet dat ons Sy dissipels is, as ons mekaar liefhet. Joh.

         13:35

•        Sonder liefde is jy ‘n klinkende simbaal. 1 Kor. 13:1-3

•        Liefde beteken ons onderhou Sy gebooie. 1 Joh. 5:2

•        Die grootste demonstrasie van die liefde, vind ons in Joh. 15:12-13 & 1

          Joh. 3:16

•        Ons moet mekaar liefhê soos  wat God ons liefhet. 1 Joh. 4:11

•        Ons moet ons naaste liefhê. Matt. 19:19

•        Daar is geen vrees in liefde nie. 1 Joh. 4:17-19

•        Ons moet heilig en sonder gebrek vir Hom wees.  Efes. 1:4

•        Jaag na die liefde. 1 Tim. 6:11

•        Ons moet die liefde van Christus ken. Efes. 3:16-20

•        Ons moet ons naaste liefhê soos onsself. Matt. 19:19

•        Daar is geen vrees in liefde nie. 1 Joh. 4:17-19

•        Ons moet heilig en sonder gebrek vir Hom wees.  Efes. 1:4

•        Jaag na die liefde. 1 Tim. 6:11

•        Ons moet die liefde van Christus ken. Efes. 3:16-20

•        Ons mag nie die wêreld liefhê nie. 1 Joh. 2:15

•        ‘n Analise van die liefde vind ons in 1 Kor. 13:1-13

•        Niks kan ons van Sy liefde skei nie. Rom. 8:35:39

•        Die heilige Gees bring Sy liefde in ons harte. Rom. 5:5

•        Die liefde is nie ‘n gawe nie, maar ‘n vrug. Gal. 5:22

•        Die liefde bedek oortredings. Spreuke 17:9

Dit is duidelik dat die liefde, (agapé – Goddelike liefde) die oplossing vir al die probleme van die wêreld en die mensdom is.  Dit is ook die Groot Gebod wat Christus kort voor Sy vertrek aan ons nagelaat het.

Menslike liefde (fileo) is ontoereikend, daarom faal dit telkens. Die skeihowe sit elke week vol, reg oor die land. Menslike liefde (fileo) en seksuele liefde (eros) faal.

Die meeste redes vir die egskeiding word aangevoer as: Die huwelik het onherstelbaar verbrokkel. Al die huwelike wat verniel word en die arme onskuldige kinders wat daaronder ly, kan genees en herstel wanneer Goddelike liefde in ons huise en lewens toegelaat word.

Dit is waar Petrus ook die fout begaan het.  Drie keer vra die HERE hom:  Het jy My lief en elke keer sê hy ja, maar Petrus het van menslike liefde gepraat terwyl Jesus van Goddelike liefde gepraat het.

Daarna verraai Petrus die HERE drie keer, maar sy diepe berou het tot vergifnis gelei en later beskou God hom as ‘n rots in die Koninkryk.

Ons dag en tyd vra ook om diepe berou.  Moenie oor die volgende persoon bekommer nie, begin die saak in jou eie lewe en huis regstel.  Dit is waar die herlewing sal begin, by jou en jou huisgesin!

Ons wil altyd hê die HERE moet ons gebede beantwoord, vir ons deure oopmaak, komaan, begin deur eers jou eie huis se deur vir Jesus en sy Liefde oop te maak! –  Sjibbolet