Vrydag 05 Augustus 2016

HERE wil U nie asseblief die lewe weer vir ons nuut maak nie!


Image result for praying hands bible

Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat U volk hulle vreugde in U kan vind nie? (Ps. 85:7)
            Bid dan tot die herskeppende Gees van God: Ons bely dat ware herlewing slegs van U kan kom; Dat ons dit nie uit eie krag kan bewerkstellig nie.

            U Woord roep ons om tot U te bid vir nuwe lewe, daarom bid ons saam met Moses: “Toon aan ons U heerlikheid o Here!”

            En saam met Habakuk pleit ons: “Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.”

            Doen dit tog ook in ons tyd, laat U dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in U toorn.” (Hab. 3:2)

            Lewende Heiland, U wat vir ons intree by die Vader, ons verootmoedig onsself voor U, ons soek U aangesig, ons verlaat ons verkeerde weë.

            Lei ons tot ware sondebesef en reiniging deur U bloed.
            Laat ons nie verflou in gebed totdat U op U tyd en wyse antwoord nie.
            Bring in U kerk ‘n Godgegewe Herlewing – en begin met my, o Here.
            Gee aan U Woord onstuitbare krag.
            Giet U Heilige Gees op leraars en gemeentes, ons mense.
            Gee opregte berou oor sonde en reinig ons deur U heiligheid.
            Verenig U kinders, verdryf alle wêreldsgesindheid, en, Here, lei ons tot geestelike volwassenheid.
            Bring ‘n nuwe gehoorsaamheid, geloof en liefde, vervul ons opnuut met blydskap in die Here God JAWEH.
            U het in Elia se tyd met vuur geantwoord – Doen dit asseblief weer, o Here van die Leerskare.
            Maak U kinders vlammende getuies tot aan die verste uithoeke van die aarde en  bespoedig dié dag wanneer elke knie sal buig en elke tog sal bely: Christus is die HERE.
            HERE, ons bid dit tot eer en verheerliking van U naam en U Koninkryk!
            In die naam van Jesus Christus,
Amen.