Donderdag 04 Augustus 2016

Ruk hulle selfs uit die vuur


Image result for burning house

“En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk... Judas 1:22-23

‘n Huis het gebrand. Onder die geloei van die brandweerwaens en polisiesirnes en die skreeue en roepe van die groeiende skare, verskyn die gesiggie van 'n klein meisietjie in 'n boonste venster.
So verskriklik woes brand die vuur, dat selfs nie 'n brandweerman waag dit in die vlamme nie.
Skielik storm 'n man uit die skare, verby die brandweermanne en die veiligheidslyn. In die hardloop trek hy sy baadjie uit en gooi dit oor sy kop.

Sonder om te weifel, hardloop hy die verstikkende rook en vlamme binne. Hy gryp die kleintjie, beskerm haar met sy baadjie, arms en hande, nael deur die gang, by die trappe af en by die deur uit, in die wagtende arms van die brandweermanne in.

Na etlike weke, kom die inwoners van die dorp, in die plaaslike hofsaal bymekaar. Voor, naby die regter, sit die ligtekop meisietjie.

“Almal ken die omstandighede van hierdie kind se ouers se dood. Hulle was arm. Geen voorsorg is vir haar gemaak nie. Wie is bereid om haar as kind aan te neem?”

Dadelik vra van die mense, om haar te mag aanneem. Welgestelde ouers wat net een kind het, kinderlose egpare, ook ander mense met goeie huise, bied aan om haar 'n ouerhuis te gee.

Toe staan 'n man, met verbande om sy arms, hande en kop, agter in die saal op. “Ek het my lewe gewaag om haar te red. My letsels is die bewyse van my omgee vir haar. Mag ek haar kry om haar as my eie kindjie groot te maak?”

“Is daar enige beswaar teen John Brown se eis op haar? Ons ken hom. Ons weet hy is in staat om haar goed groot te maak, te laat leer en lief te hê,” stel die regter die saak.
‘n Doodse stilte begroet sy woorde. Een na die ander trek die ander mense hul versoeke om haar aan te neem terug. Sy word gegee in die sorg van die man, wat bereid was om te sterf, om haar uit die vuur te ruk en red."

            Paulus grond ons posisie voor Christus op Sy liefde vir ons: “Ek bid dat God deur Sy Gees uit die rykdom van Sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en julle…(sal) begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Chrstistus strek… en mag julle vervul word met die volheid van God." (Efes 3:18-20.

            Daar is verlore mense wet gered moet word, selfs uit die vuur. Dis nie ‘n geval van of ons bereid is om dit te doen nie, dis ons roeping om te dit te doen en die Koninkryk te bou. Doen dit. – Sjibbolet