Maandag 09 Mei 2016

Hou net aan met klop...


Image result for person knocking on a door

Jy bid vir die redding van jou gesin, vir die redding van sekere familielede en selfs vir die redding van sekere vriende.
            ‘n Vriend vertel: So het my ouma ook haar lysie gehad en vroegdag elke dag op haar aangesig voor God op ‘n matjie in haar slaapkamer gaan lê en getrou gebid.
            Sy het nie daar opgestaan voordat sy nie’n salwing van die Heilige Gees beleef het nie.
            My naam was ook op die lysie, maar ek sou dit eers heelwat later ontdek.
            Ek was onder die invloed van baie drank en dwelms. Dit het erger geword toe ek alles in die lewe verloor het, letterlik alles.
            Een middag strompel ek na die kafee op die hoek om sigarette te koop. Op pad daarheen hoor ek duidelik ‘n stem langs my wat uitdruklik se: “As ‘n wingerstok nie vrug dra nie, word hy uitgekap en verbrand.” Net dit.
            Ek was soos gewoonlik onder die invloed van drank en dwelms, maar daardie stem en die waarskuwing sal ek nooit kan vergeet nie.
            Ek het voort gestrompel en die sigarette gaan koop, en diep bekommerd huis toe gestrompel. Die huis is teen ‘n verlies verkoop.
            Dan is alles mos verby, het ek gedink.
            Terug by die huis raak ek deur die dag nie verder aan drank of dwelms nie. Ek het op die stoep gaan staan en ‘n sigaret gerook. Toe ek die stompie in die tuin wou skiet, het dit nie geval nie, dit het het net aanhou deur die lug trek. Dit was vreemd en ek was bang.
            Ek het die hele middag en aand in my studeerkamer deurgebring, dinkende hopende op ‘n plan... ‘n plan vir wat ook al.
            Uiteindelik besluit ek op selfmoord en beplan. Dit sou dodelik wees en gou en sonder ‘n vuurwapen.
            Toe ek die studeerkamer wou verlaat om te gaan selfmoord pleeg, staan daar ‘n reuse Engel die hele deur vol en ek besef instinktief: Hier kom geen mens verby nie. Ek is vasgekeer.
            Ek het begin huil. Die frustrasie was erg. Nes ek om die deur loer, is die Engel steeds daar. Ek is verboureerd.
            Ek blaai deur ‘n ou koerant en daar in ‘n klein advertensietjie staan: “As jy geestelike hulp of gebed verlang, skakel 012....”  Ek skakel. ‘n Vrou antwoord. Ek vertel ek wil selfmoord pleeg, maar hier is ‘n Engel in my pad.
            Die vrou het net begin bid en bind en bestraf en vrygespreek. Ek was verstom want ek het nog nooit so iets beleef nie. Ek het nie geweet wat om te antwoord nie... net die foon neergesit toe sy sê ek moenie huiwer om weer te bel nie.
            Ek stap na die deur en die Engel was weg. Toe na my slaapkamer waar ek die Bybel optel en begin lees van die blinde man van Jerigo.
            Daar was altyd ‘n Bybel in die huis, maar dit het eerder stof vergaar. Die blindeman roep: “HERE, HERE, Seun van Dawid, wees my barmhartig.”  Sekeres het hom stilgemaak want Jesus was op pad na ‘n afspraak. Toe skreeu hy harder...
            Ek sak op my knieë en van nie weet wat om te sê nie, begin ek: “HERE, HERE, Seun van Dawid, wees my barmhartig.”
            ‘n Donker duisternis het oor my neergesak en baie vrae. Ek onthou een  wat gese het: “Is jy van jou sinne beroof, hoe sal jy ooit van drank en dwelms ontslae kan raak?”
            Toe skreeu ek so hard ek kon... en dit was erg: “HERE, HERE Seun van Dawid, wees my barmhartig.”
            En “nou HERE vra U ook aan my, wat kan U vir my doen... en ek antwoord: HERE, dat ek kan sien.” Ineens was daar lig en toe stort ek my hart in trane uit en staan laatnag daar op... Wedergebore.
            Waarom weet ek nie, maar ek het die volgende dag ‘n brief aan my ouma gepos en my getuienis vir haar gegee. Sy is die vorige dag in die hospitaal opgeneem, maar dit wis ek nie. ‘n Verpleegsuster vertel, sy het my brief aan my ouma voorgelees. Haar enigste reaksie was in blydskap en tevredenheid: “Nou is hulle almal in.”
            Sy is kort daarna Huis toe.
            Onthou... wanneere jy bid praat jy met die lewende almagtige en liefdevolle God en Hy sal jou gebede beslis antwoord. Hou net onwrikbaar aan met klop, want, Jesus het gesê: As jy aanhou klop sal daar vir jou oopgemaak word. – Sjibbolet

·         As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za  As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com  Nog Beraders is landwyd beskikbaar.

            “En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by belindapaar@gmail.com  Sien ook:  http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Saterdag 07 Mei 2016

Dink weer... voordat jy verkeerd doen


Image result for thinking


"...  want U alleen ken die hart van "AL" die mensekinders"  1 Kon 8:39
            "Die HERE kyk van die Hemel af; Hy sien "AL" die mensekinders.
Uit sy woonplek aanskou Hy "AL" die bewoners van die aarde, Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op "AL" hul werke.
Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag." Ps 33:13-15,18
            "... HY KEN die geheime van die hart." Ps 44:22
            "Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die Hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!" Ps 139:7-8
            "Op "ELKE" plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies." Spr 15:3
            "Want Hý sien tot by die eindes van die aarde; "ALLES" wat onder die Hemel is, aanskou Hy." Job 28:24
            "Want MY oë is op "AL" hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie." Jer 16:17
            "Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE." Jer 23:24
           "En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van "ALMAL" ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het." Hend 1:24
            "...want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet "ALLES" 1 Joh 3:20
            "En daar is "GEEN" skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar "ALLES" is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het." Hebr 4:13
            "Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al." Ps 139:4

Oorwinningsgroete. – Sjibbolet


As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Bright flash of light marks incredible moment life begins when sperm meets egg


Image result for when egg meets sperm



By Sarah Knapton,  Science Editor
26 April 2016 • The UK Telehraph

Human life begins in bright flash of light as a sperm meets an egg, scientists have shown for the first time, after capturing the astonishing ‘fireworks’ on film.

An explosion of tiny sparks erupts from the egg at the exact moment of conception.

Scientists had seen the phenomenon occur in other animals but it is the first time is has been also shown to happen in humans.

“To see the zinc radiate out in a burst from each human egg was breathtaking.”

Professor Teresa Woodruff, Northwestern University

Not only is it an incredible spectacle, highlighting the very moment that a new life begins, the size of the flash can be used to determine the quality of the fertilised egg.

Researchers from Northwestern University, in Chicago, noticed that some of the eggs burn brighter than others, showing that they are more likely to produce a healthy baby.

The discovery could help fertility doctors pick the best fertilised eggs to transfer during in vitro fertilisation (IVF).

“It was remarkable,” said Professor Teresa Woodruff, one of the study’s two senior authors and an expert in ovarian biology at Northwestern.

“We discovered the zinc spark just five years ago in the mouse, and to see the zinc radiate out in a burst from each human egg was breathtaking.

“This means if you can look at the zinc spark at the time of fertilization, you will know immediately which eggs are the good ones to transfer in in vitro fertilization.

“It’s a way of sorting egg quality in a way we’ve never been able to assess before. “All of biology starts at the time of fertilization, yet we know next to nothing about the events that occur in the human.”

Currently around 50 per cent of fertilised eggs do not develop properly and experts believe that faulty genetic code could be responsible.

Some clinics take videos of the egg developing to try pick up problems early, while others check for genetic mutations, but that is an invasive procedure which can damage the tiny egg. Often it is just down to a clinician decided which eggs look the healthiest.

But the new findings could give and extra indication that an egg is flourishing. A video of nine human eggs coming into contact with sperm enzyme showed two flashed much brighter than the rest.

“This is an important discovery because it may give us a non-invasive and easily visible way to assess the health of an egg and eventually an embryo before implantation,” said co-author Dr Eve Feinberg, who took care of the patients who provided eggs for the basic science study and collaborated with the research team.

“There are no tools currently available that tell us if it’s a good quality egg. Often we don’t know whether the egg or embryo is truly viable until we see if a pregnancy ensues.

“That’s the reason this is so transformative. If we have the ability up front to see what is a good egg and what’s not, it will help us know which embryo to transfer, avoid a lot of heartache and achieve pregnancy much more quickly.”

The bright flash occurs because when sperm enters an egg it leads to a surge of calcium which triggers the release of zinc from the egg. As the zinc shoots out, it binds to small molecules which emit a fluorescence which can be picked up by camera microscopes.

Over the last six years this team has shown that zinc controls the decision to grow and change into a completely new genetic organism.

In the experiment, scientists use sperm enzyme rather than actual sperm to show what happens at the moment of conception.

“These fluorescence microscopy studies establish that the zinc spark occurs in human egg biology, and that can be observed outside of the cell,” said Professor Tom O’Halloran, a co-senior author.

In a companion paper published in Scientific Reports on March 18, a zinc spark is shown at the precise time a sperm enters a mouse egg.

This discovery was made by Nan Zhang, a postdoctoral fellow at Northwestern.  Little is known about the events that occur at the time of fertilization, because it is difficult to capture the precise time of sperm entry.
Attachments area

https://mail.google.com/mail/u/0/?ui=2&ik=c2ede99c08&view=att&th=1548588eb2638915&attid=0.1&disp=safe&zw



As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za  
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com  
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Donderdag 05 Mei 2016

God stel standaarde...


Image result for god images

God stel standaarde vas vir die Christelike lewe. Hy wyk nooit daarvan af nie. Daar is ook nooit grys areas nie.
            “Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. U het U bevele gegee om dit trou te onderhou.” Ps 119:1-3
            Hoe groter die openbaring van die Liefde van God hoe groter is die verwydering tussen lig en duisternis. Ware Liefde waarsku en beskerm mense van verkeerde handelinge, verwarring en verkeerde besluite.
            “Uit U bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.  U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou. Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!” Ps 119:104-107
            “Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” Matt 5:14-16
            Daar is gelowiges wat terugdeins van die Lig ter wille van posisies en wêreldse aanvaarding, ‘n optrede wat dodelik is en skokkend. Daar is Christene en selfs kerkleiers wat nie weet wat Liefde werklik is nie. Nogtans sal die volle Waarheid gepredik moet word. Mense moet tot inkeer kom en gereed maak vir die Basuin.
            “En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.” Fil 1:9-11
            Te veel Christene kies wysbegeerte (filosofie), kies menslike wysheid pleks van Goddelike Bybelse wysheid.
            “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.” Rom 1:22-23
            Reg oor die wêreld moet mens deesdae uiters versigtig wees om nie iets te sê of jouself op ‘n manier uit te druk, wat aanstoot kan gee nie. So mag mens op baie plekke nie meer Jesus se naam in die openbaar gebruik nie want dit gee aanstoot. Ander beweer dit maak inbreuk op hul mensregte.  
            Deur stil te bly, weg te skram, weens ‘n gebrek aan Heilige Gees geïnspireerde woorde en antwoorde, het reeds tot gevolg dat die wêreldwye sataniese veldtog ‘n byna onkeerbare momentum bereik het.
            “En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie; want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.” Luk 12:11-12
            “En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Matt 10:22
            Die aantal lande waar Christene gruwelik vervolg word, het nou gestyg na 50.
            Sjina beleef ‘n ontsettende groot en omvangryke Herlewing, maar die Christene word tot en met vervolg. In Amerika word mense vervolg op ‘n grondslag waar dierbare Christene hul reputasies verloor en ander finansieel bedreig en vernietig word.
           “U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid; en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.
            “Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednego; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.
            “Toe het Nebukadnesar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednego te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring.
            “En Nebukadnesar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?” Dan 3:10-14
            Die HERE sal my en jou ook uit ‘n vuuroond red. Gelowiges wil nie vandag  standpunt inneem nie want hulle vrees konflik. Hou hulle maar dop op die sosiale media.
            Christene mag nie stilbly nie. As ons Christus voor die mens bely, bely Hy ons voor die Vader.” Matt 10:32
            Loof die HERE vir komende Herlewing.
            Oorwinningsgroete. – Sjibbolet


As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za  
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com  
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8

Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:

http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Dinsdag 03 Mei 2016

Christus leef IN jou...


Image result for jesus in me

“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal 2:20

Dit is wat by jou Wedergeboorte plaasgevind het:
·        Jy is saam met Christus gekruisig

·        Jy leef dus nie m eer nie,

·        Jy het nou die Ewige Lewe, en

·        Christus leef nou IN jou.


Al hierdie dinge het gebeur omdat Jesus jou liefgehad het en Homself vir jou oorgegee het.
            Natuurlik is jy nog op die aarde en jy is nou gees en vlees. Die gedeelte wat jy in die vlees lewe, leef jy egter deur die geloof in Jesus.
            Die Wedergeboorte beteken dieselfde as herskepping en dit beteken dat die geaardheid van die gevalle mens herskep word. Daarom sê die Skrif jy is nou ‘n nuwe skepsel geskep deur die liefde en genade van God.
            Die Bybel stel verlossing voor as die vrykoop-hernuwing van ‘n mens, gegrond op ‘n herstelde verhouding met God deur Christus wat in daardie mens lewe. Hierdie vrykoop bring voort ‘n radikale en algehele transformasie in die gees van die mens waardeur hy ‘n nuwe mens word, wat in heiligheid en kennis van die waarheid vernuwe word na die beeld van God. Efes. 4:24; Kol. 3:10
Hierdie is ‘n nuwe mensras wat nie meer langer gelyk is aan hierdie wêreld nie. Rom. 12:2; Efes. 4:22; Kol. 3:9. Herskepping is die geboorte waardeur hierdie werk – die voortbringing van ‘n nuwe skepping- aanvang neem.
Jesus het jou in die eerste plek geskep. Kyk hoe beskryf Dawid dit:
“U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien, toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” - Ps 139:12-16
            By die Wedergeboorter is Hy weer daar om jou te herskep.
Die sondige natuur (Satan se geaardheid) – wat wetteloos, goddeloos en selfgesentreerd is (Rom. 3:9-18; 8:7) en wat die mensdom beheers sedert Adam se ongehoorsaamheid – word deur die herskepping vervang met ‘n nuwe mens wat vertroue en liefde het, wat berou het vir rebelsheid en ongeloof van die verlede, en voortaan onderworpe is aan die wet van God.
Herskepping verlig harte wat blind is om geestelike realiteite in te sien 1 Kor. 2:14-15; 2 Kor. 4:6. Herskepping bevry en bemagtig die vasgevange eie wil tot vrye gehoorsaamheid aan God. Rom. 6:14; Fil. 2:13.
Die gebruik van die woord Wedergeboorte om hierdie verandering te beskryf beklemtoon twee feite.
Die eerste feit om in ag te neem rakende die Wedergeboorte is die beslistheid daarvan. Die herskepte mens het vir ewig opgehou om te wees wat hy was.  Sy ou lewe is verby en ‘n nuwe lewe het begin. Hy is ‘n nuwe skepping in Christus. Hy is begrawe met Christus, buite die bereik van veroordeling, en is ook met Christus opgewek uit die dood tot ‘n nuwe lewe van regverdigheid. Rom. 6:3-11; Kol. 3:9-11.
            Die tweede feit rakende die Wedergeboorte is dat dit alleenlik deur God gegenereer is. Babatjies genereer nie of werk nie mee aan hulle eie verwekking of geboorte nie. Net so is daar geen manier wat diegene wat dood is in oortredinge en sonde, die verwekkingsdaad van God kan aanhits of inisieer wat betref die voortbring van Sy Seun in hulle nie. Efes. 2:1-10.
Geestelike lewendmaking is ‘n vrye, en vir die mens, ‘n misterieuse werking van Goddelike krag Joh. 3:8. Dit kan nie verklaar word in terme van die ontwikkeling van bestaande menslike hulpmiddels, of die kombinasie daarvan met dit wat tot God se beskikking is, nie.
Die Wedergeboorte word ook nie veroorsaak of in werking gestel deur enige menslike pogings (Joh 1:12-13) of enige menslike verdienste nie. Titus 3:3-7. Wanneer God Sy saad in ‘n gelowige plaas, is dit ‘n hele volledige saad; daar is niks meer wat by daardie saad bygevoeg kan word nie.
Dus, wanneer die gelowige gedoop (geplaas) is in Christus (1 Kor. 12:13) en die Wedergeboorte vind plaas, het daardie gelowige Christus volledig in hom en haar, want daar is niks meer van Christus wat aan hom of haar gegee kan word nie, net soos ‘n pasgebore baba nie weet wat alles met hom gebeur het nie.
Dit beteken dat daar nog baie is wat die nuutgebore gelowige moet leer. Die een aan wie die lering van die nuwe gelowige toevertrou is, is die Heilige Gees. Oombliklik met die Wedergeboorte van die nuwe gelowige, het die Heilige Gees gekom en blyplek gevind in sy siel/verstand.
Met die laaste sensus het 32 miljoen Suid-Afrikaners verklaar dat hulle Christene is. Mens durf vra: Sou hulle Wedergebore wees?
Werk, want die TYD loop haas uit. Bid ook voortdurend vir ‘n magtige Herlewing in SA. – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za    
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com    
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html





Sondag 01 Mei 2016

Wat gebeur wanneer ‘n Gelowige sondig?


Image result for die Bybel


Die Bybel leer in 1 Joh 1:8-9 “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”
As Christene kan ons struikel en uiteindelik sondig. Wat ons verskillend maak  van die tydperk voor ons Wedergeboorte, is dat ons nou ‘n nuwe natuur het. Dit grief ons om te sondig. Ons wil nie sondig nie. Ons wil ‘n lewe van geregtigheid lewe, maar wat gebeur wanneer ons tog sondig? Moet ons nou weer gered word? Is dit wat die Bybel leer?
As dit so is dan het ons geen sekuriteit nie, en in sommige gevalle sou ons erger daaraan toe wees as die wêreld. Ten minste word die wêreld nie gefolter deur ‘n sonde gewete nie.
As gelowiges is sonde nie ons fokus van belangstelling nie. Heb 10:2 lees dat deur die offer van Jesus die gelowige  geen bewussyn meer van sondes moet hê nie. Met ander woorde, sonde moet nie die fokuspunt in ons lewens wees nie. God moet ons fokus wees.
Rom 4:2 lees “Want as Abraham uit die werke geregverdig[regverdig verklaar is] is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.” As die saligheid gebaseer was op meriete, die dinge wat ons doen, dan sou ons kon spog.
Ons sou kon sê, “HERE, ek waardeer werklik wat U aan die kruis gedoen het, maar onthou tog die dinge wat ek gedoen het!” God het die saligheid op so ‘n wyse ingestel dat daar spogtery of glorie vir die mens sou wees nie. Die enigste spogtery en glorie is die van Jesus Christus, aldus Rom 3:27. Die geskenk van die Ewige Lewe is inderdaad ‘n geskenk en kan nie verdien word nie. Rom 6:23
            Rom 4:2 sê dat as Abraham deur sy eie aksies geregverdig sou word. dan sou hy rede had om te kon spog, maar dit is nie wat gebeur het nie. Hoe sê die Skrif word iemand gered? Deur sy eie optrede, deur sy eie werke? Was dit oor dinge wat gedoen het of nie gedoen het nie, of is dit eenvoudig omdat hy geglo en vertrou het of God deur geloof?
Die Bybel sê in Rom 4:3 “Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.” Wat is my behoud en verhoed dat ek vergaan, al sou daar ook kere wees dat ek faal? Dit is dat Jesus al my sonde op die kruis gedra het deur my geloof in Hom (en nie my eie werke nie) is ek geregverdig (Regverdig gemaak voor God)
            Rom 4:6 lees “Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke.” Dawid van die Ou Testament sê daar sal ‘n dag kom deur ‘n nuwe verbond wanneer God geregtigheid sal gee sonder dat die mens daarvoor gewerk het.
            Dan sê hy in strofe 7 “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.” Dit is die sleutel: “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.”
            Dit sê nie dat Hy dit dalk, of dalk wel nie toereken nie. Dit sê “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” Dit is wat in die Grieks genoem word as ‘n uitdruklike negatief. Dit sê God sal nooit, nooit ooit, sonde op ons rekening plaas nie. Dit is die Goeie Nuus van die Nuwe Verbond!
            Heb 10:16 lees “ Want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.. en deel van die ooreenkoms is strofe 17 “en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.”
Wat laat jou standhou in geregtigheid en in die regte verhouding, al sou jy ook sondig en nie geleentheid kry om dit te bely nie? Jou geloof in Jesus Christus. Sy naam is Jesus en Hy red mense van hul sondes. Matt 1:21
            Verwag ‘n magtige Herlewing in SA. – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za    
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com    
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Sondig jy toe ook opsetlik…

Image result for kruis


Baie Gelowiges het hulself al van baie vrugbare jare in Christus beroof en in depressie geleef omdat hulle hierdie Skrif nie begryp het nie.
Wanneer ons Wedergebore is, staan ons voor God as geestelike mens en volmaak. Ons is nuwe skepsels. Dit beteken daar is geen sonde in ons nie.
            Alle vorme van offers voor Golgota kon geen sonde wegneem nie, maar Jesus het dit kom wegneem met een offer wat vir altyd volkome is… hy het ons volmaak voor God gestel.
            Strofe 17 van Hebr 10 sê God dink nie meer aan sonde nie want hy het met sonde gedeel.  Hy het ons sonde in die diepstes van die see gewerp, so ver soos die ooste verwyder is van die weste.
            Suid en Noord is net-net meer as 21 000km van mekaar verwyder, maar Oos en Wes se afstand kan nie bepaal word nie. As twee lugvaartuie vanuit Suid-Afrika sou vertrek, die een Oos en die ander na die Weste, sal hulle nooit by mekaar uitkom nie.
            As God dus met alles gedeel het, dit afgehandel het en Hy dink nie meer aan sonde nie… hoe verklaar ons die vraag in strofe 26… as ons dan opsetlik bly sondig..  as ons (let op) opsetlik bly sondig nadat ons die KENNIS van die Waarheid ontvang het, bly daar “geen offer vir die sonde meer oor nie maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.”
Dis wat godsdiens jou geleer het, maar as jy nou opsetlik sondig dan beteken dit jy gaan hel toe. Daai “ons” wat daar staan is nie ek en jy nie. Die skrywer van Hebreërs skryf daar aan twee groepe mense: Hy skryf aan ons wat kinders van die HERE is en hy skryf aan die ongeredde Jode.
            Weinig van die Jode het die Jesus offer aanvaar. En hierdie Jode wou nog altyd selfgeregverdig staan deur hul eie werke en eie prestasies. Die ons wat hy hier van praat is sy broers na die vlees… Joodse broers… Hebreeuse broers. Dis die brief aan die Hebreërs.
            Daai “ons” is nie ek en jy nie. Hoe kan hy in strofe 17 sê God dink nie meer aan die sonde nie, maar sê dan in strofe 26… behalwe as jy opsetlik sondig.
            Dan beteken dit dat jou aanvanklikie sondige lewe wat Hy jou vergewe het, het jy met opsetlike sonde daarna gekanselleer. Dan is sonde nog steeds sterker as die Offer.
            Die Offer het met die sonde gedeel. Hy het die sonde weggeneem. So weggeneem dat God dink nie meer aan die sondes nie. Strofe 26 is nie vir my en jou geskryf wat die Waarheid ontvang het nie.
            “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die KENNIS van die Waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.” Hebr 10:26-27
            Hulle het Kennis ontvang, maar nie die Waarheid nie. Hulle het dus kennis geneem van die Waarheid. Dis al.
            Hulle het nie die Waarheid aangeneem nie en voortgegaan om opsetlik te bly sondig. Die opsetlike sonde word weerspieël in Joh 16. Jesus is daar in gesprek met die dissipels en Hy noem dat Hy weggaan, maar Hy stuur die Heilige Gees en die Heilige Gees sal die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.
            Dan noem Jesus dit… van sonde (hoekom?), omdat hulle in My nie glo nie. Die kennis van die Waarheid het na sommige van ons ook gekom, maar ons nie oortuig nie (of ons wou nie oortuig wees nie). Dan is daar nie ‘n ander offer nie en dan is jy steeds sondaar.
            Dit help veel dat Golgota gekom het, maar ek het dit nie in die geloof aanvaar nie. Dan is ek steeds sondaar. Dan het die Offer aan die kruis vir jou nog niks beteken nie. Jy het kennis geneem, maar jy het dit verwerp.
            In die gelese gedeelte word dus nie na ons verwys wat Jesus (die Waarheid) wel as Verlosser aangeneem het nie. Ons is nie meer sondaars nie.
            Hierdie Jode egter het die Offer verwerp, is nog steeds sondaars. Hulle het opsetlik, nadat hulle die Waarheid gehoor het, dit verwerp. Nou sê die Skrif, hulle het die Waarheid verwerp en nou bly daar geen ander offer meer oor  nie. Daar is hoegenaamd geen ander offer nie.
            Hulle het die Lam van God verwerp en nou is daar geen ander offer meer nie. Let op hoe beklemtoon Jesus hierdie punt in Joh 10:1-3 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.
“Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.”
As jy nie die Offer van Golgota aanvaar nie, bly jy ‘n sondaar, en as jy wel iets anders sou probeer om uiteindelik  in te gaan, word jy as ‘n dief en ‘n rower beskou.
Hierdie mense is teenstanders van God. Ek en jy is kinders van God.
Bid asseblief deurentyd vir die verwagte Herlewing in SA. – Sjibbollet
  

Wat is jou verskoning ….


Image result for wit roos


Wanneer jy meen dat God jou nie kan gebruik nie, onthou net .…

Noag was 'n dronkaard ....
Abraham was te oud ....
Isak was 'n dagdromer ....
Jakob het gelieg ....
Lea was nie mooi nie ....

Josef was mishandel ....
Moses het gehakkel ....
Gideon was bang ....
Simson het lang hare gehad en was 'n vrouejagter ….
Ragab was 'n prostituut ....

Jeremia en Timotheus was te jonk ....
Dawid was 'n egbreker en 'n moordenaar ....
Elia wou selfmoord pleeg ....
Jesaja het kaal gepreek ....
Jona het weggehardloop ....
Naomi was 'n weduwee ....

Job was insolvent ....
Johannes die doper het sprinkane geëet ....
Petrus het Jesus ontken .....
Die dissipels het aan die slaap geraak terwyl hul gebid het ....
Martha was bekommerd oor alles ....

Maria Magdalena was, wel, jy weet wie ....
Die Samaritaanse vrou was geskei ... meer as een keer !
Saggeus was te klein ....
Paulus was 'n tronkvoël ....
Timotheus het 'n maagseer gehad .... EN
Lasarus was DOOD !

So, wat is jou verskoning?

Want die HERE sê: “En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense,
hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com      
Nog Beraders is landwyd beskikbaar.
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA.
“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely
voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur asseblief jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by
belindapaar@gmail.com  Sien ook:
http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html

Is jy ingestem?


Image result for playing music on a glass

'n Handelsreisiger sê in 'n winkel, waar glasware verkoop word, vir die man agter die toonbank: "Ek wil graag al jou glase, wat op die A-toon ingestem is, koop."
Die man glimlag: "Ek verkoop nie glase volgens hulle musiekwaarde nie. Ek sal nie sulke A-toon glase vir jou kan uitsoek nie."
Die handelsreisiger haal ‘n stemvurk uit sy tas. Hy kap die stemvurk teen die toonbank en dadelik is daar by sommige glase op die rak, 'n weerklank. Daardie glase was, volgens die glas hardheid waarmee hulle uit die fabriek gekom het, ingestem op die A-toon.

Luister:   https://www.youtube.com/watch?v=MYq5Quyyv4A&nohtml5=False

            Dit is ook die geheim van baie Gelowiges se reaksie op Jesus se stem. Gelowiges word met die Doping in die Heilige Gees, deur die Heilige Gees, ingestem op 'n Jesus¬toon. Sy stem, Sy boodskap, Sy Naam, laat die hart vibreer.
            Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid (hoekom?); want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” Joh 4:23
So 'n hart hoor Jesus se roepstem en beantwoord Sy roepstem. Dan wil ons Hom dien en wil Hom gehoorsaam. As so 'n glas 'n krakie kry, al is die krakie hoe gering, sal die A-toon verlore gaan.
Afvalligheid in die Christen se hart, bewuste foute en tekortkominge waaraan vasgehou word, 'n hardnekkige ongehoorsaamheid, sal maak dat die weerklank op Jesus se roeping, verdof of verdwyn.
"Oppas dan dat julle nie ook saamgesleep word deur die dwaling van slegte mense en julle vastigheid verloor nie. Julle moet ons Here en Redder, Jesus Christus, al beter leer ken en Sy genade nog meer ondervind." 2 Pet 3:17
‘n Gelowige kan nie saam met die arende vlieg as hy tussen die kalkoene rondloop nie.
            Bid asseblief deurentyd vir die te wagte magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za      
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Beraders is landwyd beskikbaar.  

“En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die Engele van God.” Luk 12:8 Stuur jou getuienis aan Tabernakel Bedieninge by belindapaar@gmail.com
Sien ook: http://verhoogjesus.blogspot.co.za/2016/04/what-this-lifting-jesus-higher-is-all.html


https://www.youtube.com/watch?v=MYq5Quyyv4A&authuser=0