Woensdag 22 April 2015

Noodkreet! RSA ‘Christene’ op pad na selfvernietiging!


Image result for suid afrika nasionale simbole

– Dis nie of ons dit nie geweet het nie!


BYNA 3.7 miljoen van die sowat 4.3 miljoen witmense in Suid-Afrika het tydens die voorlaaste sensus aangedui dat hulle Christene is.

Nou word hulle deur selfvernietiging bedreig. Die barometer is die gedragskode van leerlinge sowel as die van ouers. Dissipline en norme stort in duie. Kinders is negatief en ag geen gesag nie en het geen vorm van waardestelsel nie.

Volksblad berig: “Onderwysers knak. Baie sien party dae nie kans om werk toe te gaan nie. Die rede? Die ‘monsters’ in die klas.”

Vraag is: Waar kom hierdie produk grotendeels vandaan?

In Januarie 1969 berig die destydse Sondagkoerant, Dagbreek: “Wit SA word voorgehou as een van die wêreld se grootste vestings teen Kommunisme.

“Die wit reus het afskrikwekkende wapentuig, ’n kragtige leër en lugmag; sy geldmag en wêreldaansien word daagliks groter en hy maak sy stem dik in die raadsale van die wêreld.

“Maar sy egskeidingsyfer is in verhouding een van die wêreld se grootste en deskundiges sê die magtige wit bolwerk stuur af op ’n geestelike bankrotskap as daar nie halt geroep word nie.”

Ook in Januarie 1969 berig die destydse Oosterlig: “’n Geweldige opvoedingsveldtog oor dwelmmiddels is dringend noodsaaklik in SA. Dit is deel van ’n nuwe godsdiens wat spruit uit ’n nuwe oortuiging dat die God wat die mens se Saligmaker is, dood is,” skryf Prof. H. Grant-Whyte.

In Februarie 1971 berig die destydse Vaderland: “Egskeidings, aborsies, selfmoord, ontug, verdowingsmiddels, hartsiektes en die Pil, bedreig die voortbestaan van Blanke Suid-Afrika. Blanke Suid-Afrika is by die kruispad en hy kan alleenlik homself red.”

Dabreek in April 1972: “Slegs 47% van SA se Blanke skoolkinders slaag matriek en net 5% van ons jeug voltooi uiteindelik hul graadkursusse aan universiteite en opleidingskolleges.

“Die belangrikste rede hiervoor is hoofsaaklik die verwoestende vloedgolf van permissiwiteit wat die Republiek tans tref, aldus dr. Theo Friis, hoofbestuurder van die Kinderkultuurvereniging in Johannesburg.”

Oosterlig in Oktober 1972: “Die toestand onder kinders van getroude pare versleg elke jaar soos al hoe meer moeders betrekkings weg van hul gesinne opneem.

“’n Wydverspreide nasionaal-georganiseerde diens vir die sorg van kinders is nou dringender as ooit tevore,” aldus mev. Alpha Ackermann, voorsitster van die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Kindersorg.”

Vaderland in November 1972: “SA het reeds die derde hoogste egskeidingsyfer ter wêreld. Maar ons syfer styg so straf dat ons binne afsienbare tyd wêreldkampioene kan word.”

In daardie stadium was die egskeidingsyfer 1 uit elke 3 huwelike. Kort daarna was dit 2 uit 3.

Dagbreek in Augustus 1974: “SA gaan in toenemende maat voort om sy kosbaarste besitting, sy kinders, af te skeep.”

In daardie stadium was daar sowat 80 000 wit geregistreerde gevalle van kindersorg. Daar was in daardie stadium 35 000 kinders vir wie daar nie plek in kinderhuise was nie én, het die kundiges gesê: Al word sulke inrigtings nou gebou het ons nie die kundige personeel om na die kinders se welsyn om te sien nie.

Egskeidings laat sowat 100 000 wit kinders jaarliks halfwees!

Vaderland in Augustus 1974: “Een van die redes waarom die huisgesin in SA aan die verbrokkel is, is omdat kinders en ouers nie meer met mekaar praat nie. ’n Ondersoek het getoon dat jongmense nie meer kerkvas is en by hulle Christelike standpunte wil staan nie.”

Tempo in Maart 1975: “Sowat 30 000 Transvaalse Blanke kinders het studieprobleme. Dit het meesal met lees en spel te doen.”

Die getal vir die hele SA was in daardie stadium sowat 85 000 Blanke kinders. Die hoofrede: Fotoverhale.

Vaderland in November 1974: “Artikels in tydskrifte oor die gebruik van dwelmmiddels dien eerder as lokaas vir potensiële verslaafdes. Dit kan die jeug se belangstelling eerder prikkel as afskrik,” aldus H.C. Marais, lektor in Kommunikasieleer aan die Randse Afrikaanse Universiteit.

Vaderland in Oktober 1974: Berig dat dr Jan Karel Coetzee se proefskrif die volgende skokkende statistiek bevat oor die Blankes se geestelike stand in die NG Kerk in Transvaal:

·       Meer as 40% het nie geglo in die betroubaarheid van al die Bybelse beginsels nie;

·       Die betroubaarheid van die Skrifbeskrywings: Oor die Skeppingsverhaal, het 19% dit bevraagteken; ten opsigte van Adam en Eva en die sondeval, het selfs ’n groter aantal getwyfel, 23,8;

·       Die wonders van die Bybel: 26,9 persent het getwyfel oor die wonders van die Ou Testament. Meer het die wonders van die Nuwe Testament aanvaar;

·       Glo lidmate aan die groot dogmatiese waarhede van die Skrif? Alhoewel die NG Kerk die persoonlike bestaan van die Duiwel erken, het 23,8% gesê hulle glo nie aan sy bestaan nie;

·       14,4% twyfel oor die opstanding van die dooies en die ewige lewe;

·       3,8% het gesê daar is nie so iets soos die opstanding van die dooies en die ewige lewe nie;

·       31,7% het gesê hulle glo nie soos die NG Kerk dat die Ou- en die Nuwe Testamente gelykwaardig is in die verkondiging van die heilsboodskap nie;

·       6,0% van die belydende lidmate het getwyfel of God alles geskape het;

·       3,5% het getwyfel of God hoegenaamd bestaan;

·       13,9% het getwyfel of alles deur God se Wil geskied;

·       23,3% (46,2% onder studente en skoliere) het aan Jesus se Godheid getwyfel;

·       14,0% het oor Jesus se maagdelike geboorte getwyfel;

·       12,7% glo nie dat Jesus op die water geloop het nie;

·       6,9% het getwyfel of Jesus uit die dood opgestaan het;

·       12,9 was nie oortuig van Jesus se Wederkoms nie;

·       28,0% het oor die erfsonde getwyfel;

·       12,0% het getwyfel of Jesus Christus die mens se enigste Verlosser is;

·       6,2% het getwyfel of God in en deur Jesus Christus die mens van sonde verlos;

·       70.0% het gesê hulle glo ’n Jood kan gered word deur net aan God te glo.

Vandag is die toestand veel erger in meeste kerke.

Vaderland in Mei 1971: “SA se bevolking groei die vinnigste ter wêreld. Oor 30 jaar (2001) kan dit ’n vloedgolf van ongeletterde, werklose miljoene skep – met ontsettende sosiale euwels.”

In Mei 1971 publiseer die Vaderland gedeeltes uit Jan Karel Coetzee se MA-verhandeling onder die opskrif: Rykes en vroue hou nie van ouderlinge nie. Sy navorsing toon:

·       Die Kerk het volgens lidmate van die NG Kerk weinig of geen seggenskap oor hulle lewens en veral die opsig van die ouderling word in ’n groot mate afgekeur.

·       Veral vroue is negatief ingestel teenoor die ouderling se pligte en dit word moontlik veroorsaak deur die stygende gesagsposisie van vroue.

·       Dit is veral beroepslui en beherende groepe wat probleme skep oor die aanvaarding van die Kerk se sielesorgwerk. Die hande-werkersgroep is die meeste vatbaar vir kerklike bearbeiding.

Vaderland in Junie 1971: “Die probleem van vroeë skoolverlating by die Afrikaner begin reeds aan moedersknie. Baie Afrikaner-ouers besef nie die lewensbelangrike opvoedingstaak wat op hulle rus nie – en dit reeds by die voorskoolse kind.”

Prof. J.G. Garbers, van Sielkundige Opvoedkunde aan die Randse Universiteit, het in die berig gesê:

·       Die huishoudelike omgewing en invloed hang ten nouste saam met skoolprestasie.

·       Dit gaan oor die manier waarop ouers hul tyd met hul kinders bestee.

·       Die mate van ouerlike belangstelling in studie en leer.

·       Die gehalte van gedagte verwisseling met die kind.

·       Die mate van oefening en aanmoediging wat die ouer die kind gee.

·       Die leiding en voorbeeld wat die ouer vir die kind stel.

·       Die kwaliteit van die ouers se taal en die standaard wat hulle vir die kind se taalgebruik stel.

·       Die mate van huislike roetine en die stimulering wat die kind ontvang om vir homself te dink en om die wyer milieu te ondersoek.

Dagbreek in Januarie 1971: “Geslagsiektes het die afgelope 10 jaar in Johannesburg met tussen 400 en 500% gestyg – ’n onrusbarende toename wat aan die Goudstad se gesondheidsowerhede hoofbrekens besorg.”

Sedert veral 1970 het talle kerk- en nie-kerklike geestelike koerante en tydskrifte gewaarsku teen die euwels, maar niemand wou gehoor gee nie. Bykans 35 miljoen Suid-Afrikaners se Christenskap – aldus hulle sensusvorms – moet ernstig bevraagteken word.

Byvoorbeeld, Paasnaweke is die kerke leeg en die vakansieplekke oorstroom.

Dis nie of ons nie geweet het dat ons vandag op selfvernietiging afstuur nie!

Mnr. Lucas Viljoen, ’n skoolhoof, sê op 9 Junie 2003 aan Volksblad: “Ons is sat. Ons kan nie langer ontken dat daar ’n verskriklike probleem in ons skole is nie.”

Dít sluit aan by regter A.P. van Coller wat onlangs in die Rondgaande Hof op Bethlehem gesê het navorsing en antwoorde oor geweldsmisdaad en ontstellende drankgebruik deur kinders is dringend nodig.

Hy het ’n 17-jarige seun vir 20 jaar tronk toe gestuur weens moord op ’n egpaar en hul seun. “Dit is onrusbarend dat tieners die laaste tyd al hoe meer moor. Die staat en gemeenskap móét ingryp.”

Viljoen sê dit kan nie so voortgaan nie. “Ons wil antwoorde van die departement hê. Waarheen is ons met kinders in die land op pad? Waar kan onderwysers ondersteuning en hulp kry? Wanneer gaan amptenare besef dat wanneer ons hulp vra, dit ’n noodkreet is?”

Heelwat skole het intussen hul eie skoolsielkundiges voltyds aangestel. Bullebakke neem oor.

Mnr. Dries Heydenrach, biologie-onderwyser met 33 jaar ondervinding, sê “party dae wil ek die belhamels verwurg”.

“Jy kan ’n stout kind nie meer uit die klas jaag nie, dan weerhou jy hom van onderrig. Jy kan hom nie in ’n hoek laat staan nie, dan tas jy sy ego aan. Spreek jy hom aan omdat hy laat kom, lag hy jou uit.” Volgens Heydenrach gee baie ouers nie om hoe hul kinders optree nie. “In sommige gevalle lieg die ouers saam om die kinders se bas te red.”

Lida Smit, natuur- en skeikunde-onderwyseres, sê sy voel soms sy baklei meer as wat sy skoolhou. “’n Mens hou later nie meer van jouself nie en party dae wil jy net nie skool toe gaan nie.”

Smit meen RGO wakker “losse'' dissipline onder leerlinge aan. “Hulle kom hier van die laerskool af met geen gebrek aan selfvertroue nie. Dankie en asseblief is vir sommige vreemde woorde.”

Sy lê ook van die probleme voor ouers se deur. “’n Kind se gedrag is ’n spieël van wat in sy ouerhuis aangaan.”

Mnr. Arie Stoltz, adjunkhoof aan ’n Hoërskool, sê kinders tart onderwysers. “Hulle hou daarvan as jy kwaad word, want dan kan hulle jou uitlag. Gr. 8- en 9-leerlinge is traak-my-nie-agtig. Jy moet oor en oor dreig en smeek dat hulle hul take betyds ingee.”

Stoltz meen die enigste oplossing is dat die lat teruggebring word. “Die departement se riglyne vir tugoptrede het geen uitwerking op hulle nie. Elke Maandag en Vrydag sit meer as 100 leerlinge detensie.”

Stoltz gee ook die groot klasse, met tot 45 leerlinge per klas, die skuld vir die gebrek aan dissipline. Kinders luister nie meer nie. “Hulle praat selfs onder gebed.”

Dr. Jan Strydom, opvoedkundige van Pretoria, sê die verval in skole moes lankal te wagte gewees het. Volgens hom loop skole dieselfde pad as skole in Amerika waar wanorde en chaos seëvier.

Hy meen voorvalle waar leerlinge met wapens skool toe kom en op mekaar skiet, is tekenend van ’n stelsel waar geen dissipline meer geld nie. “Ons stuur af op ’n ‘Lord of the Flies’-situasie.

“Selfvernietiging is die voorland as ons nie na basiese waardes van tug terugkeer nie.”

Hy meen ouers is dekades lank mislei toe hulle wysgemaak is dat hulle hul kinders se opvoeding aan die skool moet oorlaat. “’n Ouer is vir ’n kind se opvoeding verantwoordelik. Hy maak of breek ’n kind.

“Ouers is ook deur die sielkunde wysgemaak hul kinders ly aan allerlei afwykings en sindrome wat verantwoordelik is vir hul wangedrag. Al hoe meer kinders gebruik medisyne en vandag pluk ons die vrugte van kinders wat ‘verdoof’ op die skoolbanke sit.”

Volgens Strydom, wat al 25 jaar by ouerleiding betrokke is en boeke daaroor geskryf het, is die menseregte-kultuur wat vandag aangehang word, ook te blameer. “Mense stel hulself heeltyd voorop ten koste van ander.”

Dr. Lanette Hattingh, opvoedkundige sielkundige van Johannesburg, sê ook ouers moet wakker word. “Hulle moet hul primêre rol as opvoeders besef. Maar baie sê hulle betaal duur vir die skool en die onderwysers moet hul kinders opvoed.”

Volgens Hattingh is ’n gedrewenheid na materialisme ’n groot oorsaak van die probleme. “Tieners kry hopeloos te veel geld waarmee hulle maats probeer beïndruk en drank en dwelms koop. Hulle het ook te veel vryheid en min ouers stel grense hoe laat hulle moet inkom, saam met wie hulle mag uitgaan en waarheen.”

In haar praktyk sien Hattingh ook die byna algehele gebrek aan respek. “Nie net vir mense nie, maar ook vir tyd. Dit is ’n aanklag teen ouers wat nie meer reëls neerlê nie en ook nie vir hul kinders ’n voorbeeld is nie. Inteendeel, party ouers vaar teen die skool en onderwysers uit as hul kinders uitgevang word.

“Watter voorbeeld stel ’n pa wat ingeroep word omdat sy seun op skool drink en dan sy skouers optrek en sê: ‘Ag wat, hy drink saam met my in die Bosveld?’”

Hattingh sê tieners het ook ’n houding dat hulle alles met geweld kan regkry.
Voordat ouers nie self weer norme en waardes, ook binne gesinsverband vestig nie, kan daar volgens haar nie verwag word dat dit met die jeug beter moet gaan nie.

Onderwysers van skole in ander stede kla ook oor die gedrag van leerlinge en ouers. Ouers weet nie eers dat hulle kinders veral naweke hulle tyd in drank-, dwelm- en sekshole deurbring nie. Selfone en die feit dat kinders nou vrye toegang tot pornografie het, het die probleme honderd voudig vererger.

Dit is wit kinders wat in wit woonbuurte verantwoordelik is vir vandalisme. Satansaanbidding vier ook hoogty!

Hierdie ernstige maar skrikwekkende situasie moet voorbidders aanspoor om meer ernstig vir ’n magtige Herlewing in SA te bid. Voordat daar nie ware verootmoediging plaasvind en die Huisaltare weer ingestel word nie, gaan ons onsself inderdaad vernietig.

Ons kan kies: Of ons verneder onsself voor die aangesig van God en mens en bely, of ons vernietig onsself en probeer vorentoe om uit die puinhope te red wat dalk nog te redde mag wees!

God sê in Jes. 58:1: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortredinge en aan die Huis van Jakob hulle sondes.”

Die sonde van ons tyd word ondermeer vervat in Kol. 3:5-6 “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom.”

Oral is mense wat sê dat hulle Christene is, maar onbekend is met die maatstawwe waaraan die ware Christen gemeet word. Hulle is Christene maar nie dissipels nie. ‘n Dissipel dien sy Meester en sy gemeenskap.

Daar word daagliks in Suid-Afrika verwys na die splinter in ander se oë terwyl die balk in ons eie oog is.

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13.

Kom ons bid soos nog nooit in ons lewens nie sodat God ‘n magtige Herlewing kan stuur. — Sjibbolet

Woensdag 15 April 2015

Die Koninkryk van die Hemele het naby Gekom!


Image result for jona in die walvis


En God verlang dat ons Hom in Gees en in waarheid moet aanbid

God het Jona na Ninevé gestuur met ‘n spesifieke opdrag. Jona het jakkalsdraaie geloop, maar uiteindelik is die boodskap afgelewer en Ninevé het die oordele van die HERE vrygespring...
            Toe kom Jesus Christus en begin die nuwe en laaste dispensasie. Dan vertrek Hy na die Hemel, maar gee aan ons ook ‘n spesifieke opdrag:

•    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam
      Van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te
      onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt 28:19
•    Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en
     het gaan sit aan die regterhand van God.” Mar 16:19
•    Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en
     die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” Mar 16:20
·       En gaan preek en sê: Die koninkryk van die Hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.” Matt 10:7-8


     Dit is die opdrag. Vraag is: wat het ons daaromtrent gedoen? Loop ons soos Jona ook jakkalsdraaie? Sommige redeneer dis die predikant se werk om die siele in te bring. Dis hulle wat die net aan die verkeerde kant van die net uitgooi.
      Die predikant is die herder van die gemeente en herders kry nie lammers nie. Skape kry lammers. Die herder pas sy kudde op en sorg vir hulle voeding, ens.
      Die gemeente kan nie Sondag na Sondag die kerkbanke warm sit  en niks doen nie. Die gemeente moet uitvaar na die dieptes toe en die net aan die anderkant van die skuit uitgooi.
Bring daai nette vol vis dan na die hawe (Kerk) toe.
      Saam met die opdrag sê Jesus Christus: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.” Joh 14:12
      Het ons al gedoen wat Hy gedoen het? Het al ons meer werke gedoen as wat Hy gedoen het? Nie? Het jy al gewonder hoekom nie?
      “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
Het jy al die Vader in die Heilige Gees aanbid?
Wil jy ook die wonder beleef om met God in ‘n hemelse taal te kan praat?
Jesus wil jou doop met die Heilige Gees. Matt 3:11
Vra Hom om jou met die Heilige Gees te doop. Luk 11:9-13
Die spreek in ‘n Hemelse taal is ‘n uiterlike manifestering van die doping met die Heilige Gees. Hand 2:4
Om met God in die Gees te kan kommunikeer is ‘n Belofte van God aan alle gelowiges. Mark 16:17; Hand 2:39; Rom 8:26
Ontvang die doping in die Heilige Gees soos wat jy jou Wedergeboorte ontvang het – in die Geloof. Maak eenvoudig jou mond oop en begin praat. Hand 2:4
Let op na hierdie grootse geestelike belewenis: “En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en  diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.” Hand 2:17-18
Dit maak nie saak wat kerke hieroor te sê het nie. Hierdie is wat God in sy Woord sê en die Bybel is en bly soewerein.
“En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” Joh 7:37-39
“As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee — die Vader in die Hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra." Luk 11:13
Al wat jy moet doen is om te vra en te ontvang.
Die toestand van die aarde en die mense op die aarde is in so ‘n skokkende toestand dat al hoe meer Skrifstudente sê ons is aan die einde van die tyd. Dis egter ons taak om te red wat te redde is.
Kom staan onder meer saam met gebedsgroepe of begin ‘n gebedsgroep wat God vra vir ‘n magtige geestelike Herlewing. Bid soos nog nooit tevore nie. – Sjibbolet

Vrydag 10 April 2015

Moet ons God loof en aanbid?


Image result for people worshipping

Triomf deur lofliedere en aanbidding!
“Toe sê Jesus: Daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Matt 4:120
            Dis ‘n opdrag van die HERE. Ons Moet... Nie net word dit vir die Gelowige aanbeveel nie, maar dis ook ‘n verwagting, ‘n opdrag. Om nie die HERE te aanbid nie, is om ongehoorsaam te wees aan sy opdrag.
            Dan die Aanbidding self: Om die HERE lief te hê, te bewonder, te vereer, dank aan Hom te bring, met die HERE te kommunikeer, Hom toe te sing, Hom te loof, te juig en verheug te wees oor Sy wonderdade.
            Ons aanbidding en lofprysinge is tot Sy voordeel en lof. Natuurlik baat ons ook daarby, maar dis meer vir Sy lof en glorie.
            Let weer op na die strofe: Eers aanbid en dan dien. Totdat ons geleer het om te aanbid, kan ons nie God met oorgawe en aanvaarding dien nie. Die HERE vra na:
“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24. Kan jy dit doen?
            Mens kan nie die HERE in die vlees aanbid nie. Dis daai leë blik wat die wind straataf rol.
            Wanneer ons in die Gees aanbid en lofprysinge bring, dan doen ons dit met volle oorgawe. Let op: Ons kom bymekaar. Die HERE is ook daar want Hy sê waar twee of drie in sy naam vergader is, daar is Hy.
            Die belangrikste persoon in ons samekoms is die HERE self... Ons groet almal en sê vir almal welkom... en die HERE? As ons in die gees is, sal ons Sy teenwoordigheid aanvoel. Vir sekere!
            Volgens Johannes is daar aanbidders en ware aanbidders. Die ware aanbidder, sê die HERE, aanbid Hom in Gees en in Waarheid (opregtheid). Joh 4:23
            Ons aanbid die HERE want: “Die HERE is groot en baie lofwaardig.” Ps 48:2
            Ons aanbid Hom oor Sy goedheid. “Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.” Ps 100:5
            Ons aanbid Hom omdat Hy dit waardig is. “U is waardig, o HERE, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag.”
            Luister: “Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.” Ps 100:4 (Kom ons so die kerk binne? Is ons nie veronderstel om die byeenkoms so binne te kom nie?)
            Hou ‘n paar oomblikke stilte voordat met die sang begin word en bring eers aan God danksegging, danksegging uit jou hart en oor jou lippe. Verwelkom Hom in ons midde. Lofprysinge word deur danksegging voorafgegaan. Dank die HERE vir Sy goedheid en guns, sy liefde, sy genade, dank hom vir sy ryke seëninge en vir sy liefde.
Begin dan die HERE in lofliedere en selfs koordanse loof.
            Kyk, ons bring ‘n offer, ‘n lofoffer: “Laat ons dan gedurig deur Jesus aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Hebr 13:15
            Onder die wet het mense diere geoffer. Onder die Nuwe Verbond van genade bring ons lofoffers.
            Wil jy ook die wonder beleef om met God in ‘n geestelike Hemelse taal te kan praat... bring aan Hom lofliedere. Het jy al die wonder beleef wanneer ‘n paar honderd en selfs ‘n paar duisend Gelowiges elk in ‘n Hemelse taal lofliedere aan die HERE bring! Jy sal daarna nooit weer dieselfde mens wees nie, maar ‘n ware Pelgrimsreisiger op pad na die Nuwe Jerusalem.
            Om aan God lofliedere te bring is om dit te doen selfs al is alles rondom jou verkeerd. Paulus en Silas sit in die tronk bebloed en in pyn, sonder klere. Middernag begin hulle lofliedere sing en stap vry uit die gevangenis.
            En luister na Dawid: “My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.” Ps 57:8
            En weer: “Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer.” Ps 86:12
            Hoekom wil Dawid dit doen: “Want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” Ps 86:13
            Dink net, die oomblik toe jy gered is, het jy die Ewige Lewe ontvang. Jy is nou in ‘n ander dimensie, jy het die Ewige Lewe! Dis mos al genoeg om jou dankbaarheid voor God uit te stort.
            “Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem – wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.” Ps 66:8-9
            Bring alle musiekinstrumente saam na die byeenkomste. “Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
            “Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” Ps 150:3-6
            “Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!” Ps 98:4-6
            “En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.” Ps 35:28
            Die HERE het aan die mens die wysheid gegee om al die musiekinstrumente op die aarde te vervaardig om Hom mee te prys. Hoe wend jy jou musiekinstrument aan?
            Mens loof die HERE in woorde, maar ook met ‘n gejuig en gejubel: “Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!” Ps 47:2
            “Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid.” Ps 35:27
            “Laat U priesters beklee wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.” Ps 132:9
            En met sang: “Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!” Ps 47:6
            “Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.” Ps 81:3
            “En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.” Ps 40:4
            “Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
            “Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
            “Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.” Ps 149;1-3
            Kyk wat doen lofprysinge nog: “Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand (hoekom?); om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!” 149: 6-9
“Juig tot eer van God, o ganse aarde! Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!” Ps 66 1-2
            “Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil! Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!” Ps 95:1-2
            Mense lag ook wanneer blydskap hulle oorval: “Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Ps 126:2
            Ander klap die hande: “Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!” Ps 47:2
            Op die sport paviljoene spring mense hande in die lug van opgewondenheid. Ons loof die HERE ook met ons hande in die lug.
            “Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.” Ps 63:5
            “En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.” Neh 8:7
            “Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!” Ps 134:2
            “Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.” 1 Tim 2:8
            Dawid en ander en selfs vandag nog dans mense ook voor die HERE. “Loof Hom met tamboeryn en koordans.” Ps 150:4
            “En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.” Ex 15:20
            Die dans eindig wanneer die blydskap ophou: “Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.” Klaag 5:15
Jeremia (31:13) sê die koordans hervat wanneer die vreugde terugkeer: “Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.”
            Dawid sê: “U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” Ps 30:12
            Siel en gees: “En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker.” Luk 1:46-47
            “Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!” Ps 103:1
            En selfs die vlees loof die HERE: “My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.” Ps 145:21
            Ons bely gedurig Sy naam: “Laat ons dan gedurig deur Jesus aan God 'n lofoffer bring, dit is... die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” Hebr 13:15
            Ons bring hierdie lofprysinge met selfs ‘n groter oorgawe as toe ons vroeër dit by die sportvelde en op skool gedoen het. Uitbundig... dis dié Jesus wat ons een van die dae kom haal. Ons sien uit na Sy koms!
            Die HERE woon in ons lofliedere: “Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel.” Ps 22:4
            Blydskap beskut ons: “Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE –  dit is julle beskutting.” Neh 8:11
            Triomf word voorafgegaan deur lofprysinge: Lees in 2 Kron 20 oor die ontsettende oorlog massas wat teen Josafat aan die opbou was en hoe hy die vyand met ‘n jubelende koor aandurf en wen. Waar het mens ooit gehoor dat iemand ‘n veldslag wen met sangers en lofprysinge!
            Ons stryd is ook nie teen vlees en bloed nie maar pleks van bind en bestraf en vervloek en uitdryf, probeer lofprysinge.
            Wil jy die wonder beleef om met God in ‘n geestelike Hemelse taal te praat... begin die HERE loof uit hart, siel en liggaam, in oorgawe. – Sjibbolet

Ons kan die Engele in ons lewens beleef


 Image result for angels


Engele is by ons lewensloop betrokke. In 1973/74 se Yom Kippoer Oorlog had die Israeli’s geen kans om die oorlog te wen nie. Engele het die oorlog vir Israel beklink.
            Joshua 5:15-15 is ‘n weerspieëling van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog gebeur het.
            “En terwyl Joshua by Jerigo was, slaan hy sy oë en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons, of  by ons vyande?”
            Hierdie man met die ontblote swaard was nie vir Joshua identifiseerbaar nie. Daarom vra Joshua hom: Behoort u by ons, of by ons vyande?
            “En die man sê:  Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).”
            Die man het geantwoord hy is die Hoof van die Leër van die HERE!
            Die gedagte verruk ‘n mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.
            Ons sukkel met ons perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie. Ons moet in Gees en Waarheid aanbid.
            “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Saam met die Hoof van die Leërmag is etlike legioene Engele.
            Hulle was daar toe die Rooi See oopgekloof is, hulle het die mure van Jerigo  in mekaar laat tuimel, hulle was ook saam met Josafat toe die vyand skielik homself vernietig het, en met Jonathan toe hy die Filistyne bestorm het, saam met Dawid toe hy Goliat verslaan het, saam met Daniël in die Leeukuil en helaas, ook telkemale saam met ons eie volk.
            Die sonde van ons tyd is persepsies eb wanpersepsies omdat ons toelaat dat ander invloede op ons inwerk, in plaas daarvan om te bly in dit wat ons geleer was – die Waarheid en nogmaals die Waarheid soos vervat in die Bybel.
Ons lewe onder die omstandighede in plaas van bo die omstandighede.
            Ons soek na antwoorde op allerlei plekke in plaas daarvan om die aangesig van God te soek.
            God se Engele is oral. Hulle het nie visums en paspoorte nodig nie. Dit is ook hulle wat in Angola sommige Suid-Afrikaanse troepe wat op GOD vertrou het, telkens uit benoudhede gered het. Die getroue gebede aan die tuisfront, was noodsaaklik.
            Die Yom Kippoer Oorlog was die een oorlog wat die Israeli’s moes verloor het. Hulle was in die Sinagoges en ander bymekaarkomplekke besig toe die vyand onverwags toegeslaan het. Daar was geen vooraf waarskuwing nie.
            Israeli soldate het gedoen wat hulle kon. Sowat 400 van hulle het opgeruk na Berg Hermon waar hulle hulself teen sowat  sewe duisend Siriese magte vasgeloop het.
            Wedergebore Israelse weermagoffisiere vertel daarna in persoonlike onderhoude aan ons: die 400 Israeli soldate het besluit om te veg tot die dood toe om die Israelse Leër geleentheid te gee om op dreef  te kom.
            En toe skielik was daar die reuse hand uit die Hemel met die palm na die Siriërs, ‘n hand byna sy groot soos ‘n stel rugbypale in omvang. Die hand het die Siriese soldate laat omdraai en op die vlug laat slaan.
            Intussen  kom ‘n hele konvooi tenks ‘n ent daarvandaan soos ‘n dodelike slang teen die styl bergpad af langs die Golan Hoogtes op pad na Ein Gev. Die opdrag was dat hulle daarvandaan om die See van Galilea sou beweeg in die rigting van Tiberias en Porea Eilat en eenvoudig die wêreld voor hulle moes platvee.
            Hulle sou dit ook kon doen want daar was geen Israeli weermag om hulle te keer nie. Dit sou ‘n bloedige slagting gewees het.
            Maar skielik het die voorste tenk stilgehou en bly staan. Na die oorlog is vertel dat die soldaat in beheer van die voorste tenk vertel het hoe hy duidelik die opdrag oor sy radio gekry het om stil te hou en te wag, maar daar was nooit so ‘n opdrag gegee nie.
            Toe die lang konvooi  tenks oorkant die See van Galilea tot stilstand kom, kon duisende Israeli’s dit waarneem en het hulle alarm gemaak en die Israelse Leër had geleentheid om gereed te maak om terug te slaan.
            Die Israelse magte het verwoesting gesaai onder die Siriërs en hulle teruggedryf oor die Golan Hoogtes.
            Israelse militêre offisiere het vertel hoe tydens die oorlog, ‘n klein Israelse militêre eenheid oor ‘n heuwel beweeg het en onder in die vallei op ‘n horde van die vyand afgekom het.
            Die vyand het egter skielik die wit vlag gehys en oorgegee. Die groepie Israeli’s het die oormag tot binne ‘n krygsgevangekamp laat marsjeer. Eers toe die vyand veilig agter slot en grendel was, wou die Israeli’s weet: Waarom het julle oorgegee?
            Die vyand het geantwoord: Julle was ‘n totale berede oormag, ons sou nooit teen julle kon standhou nie.
            Die Israeli’s het net hulle koppe geskud want die meeste wis nie waarvan die vyand praat nie. Wedergeborenes onder hulle het toe aan hulle makkers verduidelik dat wat die vyand gesien het, niks anders was as  die Hoof van God se Leërmag en sy legioene Engele nie.
            Jare gelede het die SAUK-TV  ‘n program gebeeldsaai waarin sommige Suid-Afrikaanse soldate vertel het van Goddelike ingryping in die Angolese-oorlog.
            Gelowige soldate wat in die Viëtnam-oorlog geveg het, het later ook van vele Goddelike ingryping vertel wat in daardie oorlog plaasgevind het.
            Op een plek het gelowige manskappe se militêre voertuig tot byna teen sy bakwerk in modder vasgeval. Die vyand was op pad en daar was geen manier om daardie voertuig uit die modder te kry sodat hulle kon vlug nie. Die manskappe sou sekerlik sterf.
            Terwyl die manskappe bid het onsigbare hande die voertuig eenvoudig uit die modder gelig en die manskappe kon die vyand ontvlug.
            In 11 Kon. 6:15-17 beleef ons weer ‘n pragtige Goddelike ingryping:
            “En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad.
            “En sy dienaar sê vir hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?
            “Maar hy antwoord hom: Vrees nie; want dié wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!
            “En Elisa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë dat hy kan sien. En die Here het die oë van die dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa.”
            Van wie het Elisa gepraat? Van God se legioene Engele natuurlik. Die dienaar kon hulle eers nie sien nie, nie voordat God sy geestelike oë geopen het nie.
            Ook ons moet die plek bereik waar God ons geestelike oë vir ons open. Lees gerus die hele 11 Kon. 6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan het.
            Paulus-hulle is in Hand. 16:25 in die tronk. Gaan kyk hoe GOD se Engele hulle daar uithaal.          
            Ons aanbid nie en bid ook nie tot Engele nie. Engele is dienende geeste wat deur GOD uitgestuur word.
“Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?” Heb. 1:14.
            Ps. 91:11 “... want Hy sal sy Engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.”
            Waar moet ek en jy wees (Ps. 91) om die beskerming van die Engele te geniet:

•          In die skuilplek van die Allerhoogste (strofes 1 & 2)
•          Die HERE ons toevlug maak (9)
•          Ons moet GOD waarlik liefhê (14)
•          Ons moet GOD aanroep (15)
         
Gaan kyk hoe bid Dawid in Ps. 34.
“Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
“Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. Ps. 34:7-8
            Dit is nodig om die hele Psalm te lees om die vereistes te sien wat GOD stel. As ons aan die vereistes voldoen, trek die Engel van die HERE ‘n laer van Engele om ons.
            En hier is Daniël se ondervinding: “Toe sê hy (die Engel) vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou GOD te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;
“maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.” Dan. 10:12-13.
Hier lees ons van ‘n stryd tussen Engele in die Hemele. Die Engel was deur GOD gestuur met ‘n boodskap vir Daniël. Die Engel sê aan Daniël dat GOD sy gebed al die eerste dag gehoor het en hom (die Engel) gestuur het, maar die vors (Engel) van Perse het hom 21 dae lank vertraag.
Toe kom die Aartsengel Migael, en help hom sodat hy die stryd teen die bose Engel van Perse kon oorwin en Daniël kon bereik.
Sulke dinge gebeur dus ook. Dis nie vir ons vreemd nie want Die Bybel leer duidelik in Efes. 6:11-18, dat ook ons worstelstryd nie teen vlees en bloed is nie:
“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
“Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
“en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede.
“Behalwe dit alles neem die skild van die Geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —
“terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak (hoe?) met alle volharding en smeking vir al die heiliges.”
Daniël stap ongeskonde uit die leeukuil en sê: “My God het sy Engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.” Dan. 6:23
 Sadrag, Mesag en Abednégo word in ‘n vuuroond gegooi. Toe die omstanders weer kyk stap daar nie drie nie, maar vier mense in die oond rond.
“Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy Engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.” Dan. 3:28.
Abraham stuur sy dienskneg om vir Isak ‘n vrou te gaan haal en sê aan die dienskneg: “Die HERE, die God van die Hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee –  Hy sal sy Engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ‘n vrou gaan haal. Gen. 24:7
Dan is daar Petrus se geval: “Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die Paasfees voor die volk te bring.
“So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ‘n aanhoudende gebed tot GOD deur die gemeente vir hom opgegaan.
“En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak. (Petrus kon hoegenaamd nie ontsnap nie, maar nie ver daarvandaan nie het ‘n groep Christene eendragtig in ernstige gebed verkeer).
“En meteens staan daar ‘n Engel van die Here by hom, en ‘n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval. (As Petrus nie wou opstaan nie sou die boeie seer sekerlik nie van sy hande afgeval het nie).
“En die Engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my! (Let op, alles word nie vir Petrus gedoen nie, sommige goed moes hy self doen).
“En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die Engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ‘n gesig sien. (Hy bly GOD-gerig: As die werklikheid dan vir hom te groot is, dan sien hy ten minste gesig).
“En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die Engel hom verlaat.
“Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy Engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.
“En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.
(Let op wat nou gebeur) “En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het ‘n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was.
“En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
“Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy Engel. (Hulle dink dit is Petrus se Engel. Dit beteken ons het elkeen ‘n Engel, maar lewe ons so getrou naby aan die HERE dat ons van Engele bewus kan wees? Let egter ook op: Dit waarvoor hulle gebid het, is beantwoord, maar glo hulle dit nie. Petrus steur hom egter nie aan wat hulle dink of sê nie, hy hou aan met klop).
“En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.
“Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na ‘n ander plek vertrek.
“En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.
“Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.”
Wanner ons in die geloof bid sonder om te twyfel. Jak. 1:6, antwoord GOD nie net nie, Hy vernietig ook die oorsaak van ons probleme. Hand. 12:4-19.
Petrus wou in ‘n latere stadium verhoed dan Jesus Christus in hegtenis geneem word en pluk sy swaard uit, maar Jesus sê: “Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.
“Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van Engele beskikbaar sal stel nie?
Selfs Jesus Christus het geen Engel gebied om enigiets te doen nie. Hy sê dat as Hy wou dan kon Hy tot die Vader bid om 12 legioene Engele beskikbaar te stel.
Ons volg in Jesus Christus se voetspore. Hy het gesê ons sal doen wat Hy gedoen het, maar veel meer as wat Hy gedoen het. Net hier val ons vas. Ons doen nog eers wat Jesus gedoen het nie, wat nog van meer doen as wat Hy gedoen het. Die rede? Ons het nog geleer om in die Gees te lewe nie.
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.”
             Daardie liefdevolle verhouding met GOD vergestalt ook die volgende:
“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
“As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
“As julle My liefhet, bewaar my Gebooie.”
Dis duidelik, as mens nie GOD se Gebooie en Insettinge bewaar nie, dan word jou liefde vir Hom bevraagteken.
“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid (Wie is hierdie Trooster?):
“die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” Joh. 14:12-17.
As die Heilige Gees dan in jou is, belewe jy geestes-ervaringe? Wat baat dit dan dat jy daarin roem dat jy kind van GOD is, maar GOD is nie in aksie in jou lewe nie!
Terug by Engele: Jy mag GOD vra om Engele beskikbaar te stel om jou in  verskillende situasies by te staan.
Al moet jy soms wag vir die antwoord of die oplossing, wag dan. Die enigste manier wat jy kan verloor, jou gebed onbeantwoord bly, is wanneer jy opgee.
Dis die aanhouer wan wen, want Jesus Christus sê: As jy (aanhou) klop sal daar vir jou oopgemaak word.
            “En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
            “Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.” Luk. 11:9-10
            Aktiveer jy Engele om jou en jou geliefdes te beskerm, om te help in verskeie situasies? Niks gebeur vanself nie, ons moet betrokke wees. So is ons erfgename van die Nuwe Testament wat Jesus vir ons nagelaat het, maar as ons nie die erfporsie op eis nie, besit ons dit nie.
            Ons aanbid nie Engele nie, ons aanbid God deur Jesus Christus. Ons vra dus God in Jesus se naam om vir ons Engele te stuur vir beskerming, hulp van watter aard ook al.
            “Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle Engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.” Matt 18:10
            En as ‘n kind vroeg sou gaan, dan het sy Engel hom kom haal. Daar is miljoene kinders in die Hemel, ook geaborteerde kinders. Mense kan liggame doodmaak, maar niemand kan ‘n siel doodmaak nie.    
            In Handelinge is Engele byna deel van die daaglikse lewe wat sigbaarheid betref.
            Dr Billy Graham (96) in sy boek “Angels: God’s Secret Agents” sê: “Daar is ‘n tragiese en wydverspreide onkunde tussen Christene oor die Bybel se lering rakende hierdie bonatuurlike wesens. Meeste het ‘n verdraaide beeld van hierdie geestelike wesens. Oral waar ek oor die wêreld heen gereis het was ek altyd bewus van hierdie Hemelse wagte wat my beskerm het. Ek het hulle nooit fisies gesien nie, maar in die gees was ek altyd bewus van hulle.”
            Graham se boek maak ook melding van Amerikaanse troepe in die Koreaanse oorlog. ‘n Groep vlootsoldate was vasgekeer en met die kwik 20 grade onder vriespunt he een van hulle, ‘n Gelowige vertel hoe hulle vir ses dae niks te ete gehad het nie.
            ‘n Wilde beer het op hulle afgestorm en skielik reg voor hulle dood neergeslaan. Skielik het ‘n Suid-Koreaner voor hulle gestaan en gesê: Kom, ek lei julle na veiligheid. Hy het hulle deur ‘n woud en berge na veiligheid gelei.
            Toe hulle die man wou bedank was hy weg. Net een verklaring, dit was ‘n Engel.
            Hoe aktiveer ons die Engele: Bloot deur God in die naam van Jesus te vrta dat sy heilige Engele ingryp in ‘n situasie.
            Die rol van Engele is meer omvattend as wat hier beskryf is. Koop vir jou ‘n konkordansie en slaan alles na oor Engele. — Sjibbolet

Liefde is 'n opdrag van God!


Image result for giving a hug images
 Gehoorsaam jy... Die Koninklike Wet?
Die liefde is ‘n Koninklike Wet. “As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
Die skrif verwys telkemale daarna dat ons ander moet liefhê soos onsself.
Is dit moontlik om onsself lief te hê?
            Hierdie kan as ‘n meetinstrument beskou word: Hoe lief ek myself het, bepaal hoe lief ek ander het.
            Dit bepaal ook my geestelike stand in Christus.
Liv 19:18 “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
            Liv 19:34 “Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself...”
            Matt 19:19 “Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
            Matt 22:39 “En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
            Wat ons ook hieruit leer is dat dit belangrik vir ons is om te weet in watter mate ons onsself lief het.
            Jy moet jouself liefhê. Ontlok hierdie woorde ‘n negatiewe reaksie by jou? Klink dit nie selfsugtig en egoïsties nie?
            Om jouself lief te hê beteken nie om selfgesentreerd te wees nie. Dit beteken om respek vir jouself te hê, om jouself te beskerm, vir jouself om te gee.
            Kyk weer na Liv 19:18: “Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.” Moet dus nooit ‘n wrok teenoor iemand hê nie, maar “hê jou
naaste lief soos jouself.” Of het jy ‘n wrok teen jouself, teen iemand anders?
            En moet nou nie in ‘n geredekawel vasval van “Wie is my naaste” nie. Jy weet tog dis jou huisgenote en diegene in jou daaglikse omgang.
            As jy dus nie vir jouself lief is nie, dan sal jy wraakgierig of haatdraend teenoor ander wees. Dit mag nie so wees nie, dan is daar fout met hoe lief jy jouself het. Is jy wraakgierig en haatdraend met jouself? Sommige mense is. Dit is al bewys dat as mens iemand haat, jy, en nie die ander persoon nie, die eintlike lydende party is.
            Daar was die vrou wat gebel het en gevra het ons moet haar besoek want sy verlang gebed omdat sy baie siek is. Op pad na die adres het die Heilige Gees reeds  deur die gawe van onderskeiding, dit duidelik gemaak dat haat die oorsaak van die vrou se ernstige siekte is.
            Met ons aankoms daar het ons dit so aan haar meegedeel. Sy het bevestig dat sy iemand verskriklik haat, maar het sy bygevoeg: “Darem nie meer so erg nie.”
Ons het aan haar gesê dat die haat nog steeds so verterend is, maar dat die bloedkanker intussen sulke ernstige afmetings begin aanneem het, dat haar gedagtes nou meer bevange is met haarself en die dreigende dood, as met die haat.
            Ons het haar ook meegedeel dat die haat die oorsaak van haar ernstige siekte is. Sy wou nog skerm, toe ons sê: “Nou goed, as daar nou ‘n geklop aan die voordeur is en jy maak oop en daar staan die mense wat jy so haat, sal jy bv sê: ‘Goeie naand, lank laas van julle gehoor. Kom in, maak julle tuis. Wat drink julle, tee of koffie?’
            En sy het geantwoord: “Nee, darem nie so nie.”
            Die vrou het nie haarself liefgehad nie. Sy het toegelaat dat die verterende haat haar liggaam vernietig.
            Alhoewel sy versoek het dat ons vir haar moet bid vir genesing, was 1 Tim 5:22 van toepassing: “Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.”
            As ons summier vir haar die hande opgelê het, het ons gemeenskap met haar sondes gehad, dan was ons onrein.
            Na berading het ons vir haar gebid en gevra dat God haar asseblief moet genees, maar op voorwaarde dat sy die haat los en vrede met die ander mense maak.
            Ons het haar drie jaar later in ‘n supermark raakgeloop. Sy het oorgeloop van vreugde en blydskap, sy was volkome genees.
            Mens weerspieël ook jou liefde vir jouself wanneer jy jou vader en moeder eer. Matt 19:19
            Moet mens die ongereddes ook liefhê? Natuurlik! Mark 12:30 “Jy moet die Here jou God liefhê (Hoe?) uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. Lees dit weer want dis nogal ‘n gewigte saak.
            En strofe 31: “En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.”
            “Hieraan gelyk” beteken “dieselfde”. As ek God moet liefhê met my hele hart, my hele siel, my hele verstand, my hele krag, dan moet ek my naaste ook so liefhê. Die liefde vir God staan gelyk aan die liefde vir myself en my liefde vir ander. Hoekom? Omdat God vir jou en die ander persoon ewe lief is.
            In die lig hiervan, vra weer: Hoe lief het ek myself?
            Ongereddes is op pad na die ewige verdoemenis. As iemand nie vir jou en vir my liefgehad het nie, dan was ons ook nog op die verkeerde pad.
            “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die (Koninklike) wet vervul.” Rom 13:8
            “Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Rom 13:9
            As jy jouself liefhet, respek het vir jouself, vir jouself omgee voor God en die mens, dan sal jy nie egbreek, doodslaan en dergelike dinge doen nie nie.
            En weer ‘n keer: “Want die hele (Koninklike) wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Gal 5:14
            Het jy jouself lief? Hoeveel het jy jouself lief, ‘n bietjie of met jou hele hart? Kyk na die waarskuwing: “Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.” Gal. 5:15
            Liefde is en bly die Groot Gebod. Wandel in die ware liefde en daar sal nooit probleme wees nie. Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
            As ons nie onsself lief het nie, kan ons nie ons naaste liefhê nie, nie mekaar liefhê nie, dan doen ons nie goed nie.
            Mense wat iewers in die lewe seergekry het, sien soms net die  veroordelende taal in die Bybel raak. Hulle besluit dan verkeerdelik dat dit God se wil is dat hulle sonder eerbied en liefde in die lewe behandel is.
            Die euwel van ons tyd is persepsies en wanpersepsies, pleks van feite. Met die korrekte lering verstaan hulle heelwat later in die lewe dat God vir hulle lief is, dat hulle hulself moet liefhê. Dan begryp hulle eers dat die nare ondervindinge van die verlede nie van God af gekom het nie.
            Daar is Christene wat onder die waan verkeer dat alhoewel ons ander mense moet liefhê, dit verkeerd is om jouself lief te hê. Hulle besef nie die een liefde gaan hand aan hand met die ander liefde, wat dieselfde liefde is nie.
            Die Bybel leer dat ons nederig moet wees, maar om onsself te verkleineer is verkeerd.
            Die wanbalans het in menige ouerhuis ontstaan. As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van kritiek, van verbale mishandeling, van haat, van skande, dan sal so ‘n kind net so in sy volwasse lewe optree. Die rede daarvoor is dat die kind in vrees lewe, vrees dat hy of sy weer en weer kan seerkry. Hulle lewensstyl is een van voortdurende selfbeskerming.
            Jy voel bedreig deur diegene wat jou juis opreg liefhet en opreg vir jou omgee, selfs onder jou huisgenote, vir jou is dit te goed om waar te wees. Jy vertrou nie die vrede nie.
            Tog vind jy dit vreemd dat elke keer wanneer jy sulke opregte mense ‘n koue skouer gegee het, hulle selfs afgejak het, lelike dinge vir hulle gesê het, dan loop jy dae aaneen en worstel, want diep hier binne jou weet jy, jy het nie reg opgetree nie, maar o wee, om verskoning te maak, te sê jy is jammer, is ‘n byna onoorkombare struikelblok.
Sommige mense beleef ‘n misverstand oor wat berou is. Berou is nie perfeksie nie, maar ‘n verandering van rigting. Die verlore seun het gedink hy doen reg. Sy berou het beteken dat hy van rigting moes verander. Dit het beteken ‘n verandering van gedagte, ‘n verandering van hart en ‘n verandering van rigting.
Wanneer ‘n mens omdraai, dan is daar geen verwyte nie, geen oordele nie, net trane en blydskap.
“En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel [liefde van vanuit die Vader se hart gestraal vir sy seun] en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die Hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. (Hoekom?) Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.” Hulle het ‘n partytjie, ‘n fees gehou.”
Maar alles is nie verlore nie. Daar is steeds tyd om in wasdom te groei en te genees.
Andrew Wommack verduidelik dit so: “Sommige mag dink, wel, toe ek die eerste keer aan God geglo het, toe het ek geglo dat ek geheel en al vergewe was en gereinig is en alles was goed, maar sedertdien het ek gesondig, ek het God weer gefaal.
“As jy gefaal het, het jy gefaal in jou verstandelike en emosionele deel, maar jou gees het nie gesondig nie.
“Jou gees is geseël soos wat ‘n vrou konfyt in ‘n fles plaas, kerswas oorgooi om dit lugdig te maak om alle onsuiwerhede uit te hou en draai dit dan styf toe. God het jou verseël en sonde kan nie jou gees binnedring nie.
“Jy het ‘n nuwe identiteit.
“Vir jou om ‘n verhouding met God te hê, moet jy met Hom verkeer en Hom aanbid, juis gebaseer op wie jy is in jou gees en nie jou vlees nie. Dit is in werklikheid die groot transformasie in die Christelike lewe, dat ‘n persoon se identiteit moet verander.
“Ons moet aan God verwant wees, nie gebaseer net op wat ons in die fisiese  doen nie, ook nie met wat in ons gedagtes aangaan nie, maar juis met wie jy in jou gees is op grond van wat Hy vir jou gedoen het. Dit is ‘n voltooide werk, en iets wat nooit verander nie, nooit fluktueer nie.
“Jy is geskape in geregtigheid en ware heiligmaking. Dit is die geestelike deel van jou. Jy moet gemeenskap met God hê in gees en in waarheid. Jy moet vasstaan in hierdie identiteit van wie jy in Christus is.”
            Kyk na die teenoorgestelde: As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van
lof en bemoediging, dan sal so ‘n kind leer om te waardeer en selfvertroue opbou.
            As ‘n kind grootword in ‘n omgewing van verstandhouding, uitdruklike voorwaardes en waardes, wedersydse begrip, dan sal ‘n kind leer om geduldig te wees.
            As ‘n kind in ‘n regverdige omgewing grootword, dan sal hy ook regverdig wees. En as ‘n kind in ‘n veilige liefdevolle omgewing grootword dan sal hy glo en vertrou.
           So lei ‘n lewe van goedkeuring tot die ontwikkeling van selfwaardering. Aanvaarding en vriendskap lei tot liefde vir ander.
As mens nie so grootgeword het nie, dan kan jy soms ‘n buffel wees, ongenaakbaar, wreed, maar jy is en bly die een wat daaronder ly. Jy het jou eie grootste vyand geword. Jy is nie lief vir jouself nie en nou kan jy nie lief wees vir ander nie.
            As ons onsself liefhet en ons skep ‘n omgewing van lof, bemoediging, wedersydse begrip, veiligheid, goedkeuring, ondersteuning, aanvaarding, vriendskap en liefde, dan bereik ons wasdom as man en as vrou. Dan word so ‘n man en vrou mense van waardering, van oortuiging, van vertroue, van billikheid, dat sal hulle van goeie inbors wees en  liefdevol teenoor diegene om hulle.
            Om ander lief te kan hê, moet ons onsself liefhê.
•          Onthou: Die liefde, is ‘n Koninklike Wet: “As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
            As jy nie die Koninklike wet volbring nie, dan doen jy nie goed nie. As mens nie die Koninklike wet kan volbring nie, dan moet mens met selfondersoek begin. Jy durf nie so voortlewe nie.
            Wanner mens begin om jouself te respekteer, wanneer mens vir jouself grense van behoorlikheid stel (soos dat jy nie vuil grappe sal vertel of die Bybel of die Hemel sal bespot, of jouself dronk drink nie, of iets neem wat nie aan jou behoort nie), wanneer jy die skoon dinge in die lewe ontdek, daardie dinge waarvan jy hou, dan word jou lewe klaar veel verdraagsamer, dan kan jy ander begin liefkry.
            God het ‘n plan om my en jou te laat floreer, maar dan moet ons, ons gebrek aan ware liefde erken, dit bely en vergifnis verkry. Die waarheid maak ons vry. As ‘n vreemdeling met jou ‘n gesprek gevoer het em van jou af weggaan, moet dit vir hom of haar voel asof hulle in die teenwoordigheid van Jesus self was.
            Mens wonder oor die baie egskeidings, gebroke huise. Is dit dan nie mense wat een mooi dag hul liefde aan mekaar verklaar het nie, wat belowe het om saam te staan tot die dood hulle skei nie, wat trou aan mekaar belowe het nie?
            Een van die twee, of beide, had nie hulself lief nie en daarom kon hulle nie mekaar liefhê nie. Beradings bring die probleem gou na vore. Die vraag moet selfs gevra word of hulle God liefgehad het met hul hele hart, hele verstand, hele siel en al hulle krag, toe hulle getrou het.
            Lees aandagtig hoe lees Efes. 5:28-29 “So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief. (hoekom moet ‘n man sy eie liggaam liefhê?) want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die HERE die gemeente.” Let op die vergelyking.
            ‘n Man moet sy eie vrou liefhê (Hoe moet hy haar liefhê?) soos wat hy sy eie liggaam liefhet. En, as hy sy eie liggaam liefhet, dan sal hy altyd sorg dat sy liggaam skoon is, dat hy sy liggaam voed en koester sodat hy altyd vir sy vrou lieflik en aanvaarbaar sal wees. Hy sal dit doen net soos wat die HERE sy gemeente liefhet en voed en koester.
            Strofe 31 lees dat die man sy ouers sal verlaat en sy vrou sal aankleef en liefhê omdat hulle “een vlees” is.  ‘n Man moet dus sy vrou liefhê soos wat hy sy eie liggaam liefhet. Hy moet haar sien as sy vlees, want hulle is een vlees.
            Ons moet die Koninklike wet gehoorsaam. Ons moet ander liefhê soos wat ons onsself liefhet. Vraag is: Hoe lief het ons onsself?
In ‘n mate is jy lief vir jouself. Jy trek altyd netjies aan. Jou hare is altyd netjies gekam, jy is glad geskeer, jou naels kort en skoon, jou skoene blink, jou werkplek is netjies, jou motor blink, jy is stiptelik, getrou. Die fondament is daar, bou net voort daarop!
            Paulus sê ons moet bo die omstandighede leef en nie daaronder nie. Jy moet aan die voorpunt wees, nie aan die stertkant nie. Wees lief vir jouself, beskerm jouself... en, doen dieselfde vir andere. Wat jy vir jouself gun, gun dit ook vir ander.
            Onthou jy die gelykenis van die talente. As jy jou talente gebruik gee Hy vir jou meer. So lief soos wat jy jouself het, wees ook net so lief vir ander!
            Om jouself lief te hê beteken nie om ‘n trotsaard vol wêreldse liefde en selfverheerliking en arrogant te wees nie. Wees dankbaar vir die mens wat God jou geskape het.
            Die bagasie wat bindinge in jou gees opbou weens self-verwerping, self-haat, onwilligheid om jouself te vergewe, is soos selfmoord. Wat beteken dit?
            Self-verwerping, om nie jouself te aanvaar soos wat God jou gemaak het nie en jouself daaroor te kasty, vreet soos ‘n vernietigende kanker aan jou lewe.
Dis presies dieselfde as wanneer jy jouself haat, wanneer jy ‘n smartvraat is, jouself blameer vir baie dinge, foute uit jou verlede teen jouself te hou, onvergewensgesind wees, met bitterheid rondloop oor wat ander aan jou gedoen het. So vernietig jy jouself geestelik, fisies en emosioneel.
            Jy sien jouself as waardeloos en wil bewys dat dit nie so is nie, daarom druk jy jouself in onredelike prestasies in sodat jy goed kan voel. Jy wil jouself gereeld bewys terwyl jy eintlik niemand beïndruk nie.
            Baie mense is nie tevrede met hul eie gesigte en liggame nie. Hulle beskou hulself as dom, lelik, onnosel, lomp, nikswerd... en dit terwyl hulle in die beeld van God geskape is. As jy fout met jouself vind, vind jy fout met God se handewerk. Gen 1:26
Ons moet dankbaar wees. Ons moet sê soos Dawid “Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.” Ps 139:14. Ek en jy is ook “vreeslik wonderbaar!”
            Dawid het nie gespog nie, maar hy het sy dankbaarheid teenoor God betuig.
            Ons moet onsself vergewe! (Hoekom?) Want God het ons vergewe. “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” Ps 103:12
            Noord en suid is sowat 19 200 km van mekaar af, maar die afstand tussen oos en wes, is onmeetbaar.
            Is jy nou in die moeilikheid by die HERE? Stellig nie.  “Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.” Dit is die sleutel: “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” Rom. 4:7-8
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.” Hebr 12:12-13 – Sjibbolet

Jy kon lankal vry gewees het


 Image result for geestelike prentjies


“So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na ‘n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vet spyse.” Job 36:16
            As Job geluister het en gehoorsaam was aan die stem van God en Sy roede, en  homself onderwerp het aan God se kastyding en geduldig sy ellende gedra het, en na God gekeer het, dan sou God lank reeds vir Job uit sy moeilikheid uitgebring het na ‘n groter ruimte waar daar geen engte sou wees nie – uit die eng vasgekeerde  omstandighede waarin Job was, na vryheid, na ‘n groot oop plek soos wat Dawid in Ps. 4:2 ondervind het:
            “As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!” Ps 4:2
            Dit het betrekking op die fisiese sowel as die geestelike. In die fisiese was Job in groot moeilikheid, armoede en ellende vasgekeer. Soos wat Job dit self stel in Job 19:8 “Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.”
            As Job hierdeur nederig sou word en verootmoedig het dan sou God hom uit sy teenspoed verlos het en die HERE sou hom in ‘n groot ruimte van  voorspoed geplaas het. So sê die HERE self.
            Job sou soos Dawid kon sê: “Ek wil juig en bly wees in U goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.” Ps 31:8-9    
            Dawid is self deur diep donker waters van groot benoudheid. Hy kon onder daardie omstandighede voortgeleef het, homself bejammer en verknies het, of hy kon homself oprig, verneder en sy saak met God regmaak.
            In ‘n geestelike sin beland mense ook op ‘n plek waar hulle vasgekeer sit. Hulle kan nie vry uitkom in die oopte van genade en diensbaarheid nie.
            Hulle het geen vryheid in die HERE nie, hulle geloof faal, hulle het haas enige hoop. Hulle is vasgevang in hul eie medelye, klaagliedere, so asof hulle in ‘n tronk is.
            Sommige gaan kerk toe, maar sit daar byna leweloos.
            Moeilikhede en omstandighede het beheer oor hul lewens oorgeneem. Hulle weet nie eers wanneer laas hulle iemand met blydskap uit die Woord bemoedig het nie. Hulle kan net oor hul probleme gesels.
            Hoe langer hulle in hierdie toestand verkeer, hoe erger word dit, so erg dat hulle later aanvaar dis maar hulle lot.
            Die antwoord lê daarin om jouself te verneder en te verootmoedig. Maak jou sake reg met God sodat Hy jou uit daardie verknorsing kan haal en jou in die vry oop ruimtes kan inbring.
            Dan dek die HERE vir jou ‘n tafel vol vet spyse, die beste proviand, snoeperye, die beste koring, goeie vleis, en beste van alles is, dat jou tafel oor en oor gedek sal word.
            Ps. 63:5-9 sal vir jou waar word: “Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
            “Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
            “Want U was ‘n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
            “My siel is aan U verkleef; U regterhand ondersteun my.”
            Komaan, gaan met ‘n gebroke hart na Jesus en maak reg want jy durf nie langer so voortgaan nie. Jesus heel die gebroke harte.
            “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en (waar ook?) by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;  en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.”  Heb 12:12-13 – Sjibbolet