Wys tans plasings met die etiket Koning Dawid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Koning Dawid. Wys alle plasings

Maandag 13 Mei 2019

Bemoedig en versterk jouself

Dawid en sy mense het pas wreed onder die hande van die vyand deurgeloop... ”Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.

            “Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.

            “Ook Dawid se twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer.

            “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar ... Dawid het homself versterk in die HERE sy God.” 1 Sam 30:3-6

            Hy en sy manskappe was erg geskok. Hulle stad is ‘n puinhoop, hulle diere en vroue en kinders is ontvoer. Hulle ween totdat hulle nie meer krag het om te ween nie.

            Hoeveel van ons was nie al by daardie ontsettende laagtepunt in ons lewens nie! Boonop dreig Dawid se eie manne om hom te stenig want hulle meen Dawid was onverantwoordelik om die stad onbewaak te gelaat het.

            Dan leer Dawid ons ‘n les van wysheid... Hy bemoedig en versterk homself in die HERE.

Hy kom tot bedaring – emosie is ‘n erge vyand – hy beoefen geloof in sy God en hy bemoedig en versterk homself in die krag en voorsienigheid van sy God, in God se beloftes en Sy getrouheid om Sy beloftes in stand te hou...

            Verder is daar sy verbond met God, hy onthou ook God se genade, Sy goedheid en guns, hy dink aan al sy vorige ondervindinge met God en hy glo God sal aan hom ‘n openbaring gee.

            In ons geval vandag sou ons as bemoediging en versterking dalk Efes 6:10 gebruik: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die HERE en in die krag van sy sterkte.”

            En ook 2 Tim 2:1 “2:1 Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is.” Asook vele ander strofes.

            Baie Gelowiges doen elke dag Bybelstudie en het altyd hul notaboek en pen byderhand. Hulle bemoedig en versterk hulself maklik en gou uit die Woord deur hulle aantekeninge.

            Ja, jy kan die predikant of ‘n ander Gelowige bel in die hoop van simpatie en bemoediging, en as jy hulle nie in die hande kry nie is jy gou op moedverloor se vlakte.

            Doen wat Dawid gedoen het... versterk en bemoedig jou uit God se Woord. Die Woord staan vas en is vir Ewig.

            En dan is daar Habakuk... onheil dreig. Pleks van vrees en in benoudheid oral raad soek, trap hy vas en sê: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.

            Hoekom? “Die HERE HERE is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.” Hak 3:17-19

            Ook hy bemoedig homself uit God se optredes in die verlede en Habakuk besef: As alles weg is, is God nie weg nie. Hy besef mens sal nie van brood alleen leef nie, maar van God se Genade en barmhartigheid.

            Die dag kom dat die Messias ons kom haal en dan tel aardse besittings in elk geval niks. Net die geestelike en die Ewigheid sal die deurslag gee. Ons sal wees waar Jesus is.

            Ons gaan al hoe meer moeilike tye beleef. Bemoedig en versterk jouself uit God se Woord, uit Sy Verbond met ons en Sy Beloftes.

            “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees in eerbied teenoor God) van God.” Efes 5:19-21

Luister, ons burgerskap is in die Hemel. Fil 3:20. Geestelik is ons reeds daar... Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en (let op) saam laat sit in die Hemele in Christus Jesus.” Efes 2: 4-6

Moenie op hierdie aarde bymekaarmaak nie. Dis alles onnodige bagasie. Wees nie aardsgebonde nie. - Wekroep

Vrydag 03 Augustus 2018

Wees ‘n Geestelike Gelowige

Image result for King David

Ons nader ‘n man met die Evangelie. Sy reaksie was: “Daar is nie plek vir my in God se Koninkryk nie, ek het te veel sonde en erge sondes daarby.”

            En ons wys hom hoe God hom, antwoord: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Jes 1:18

Ons gee hom Dawid se voorbeeld:

•          Dawid was ‘n leuenaar. 1 Sam 21: 2

•          Hy was ’n verraaier.  1 Sam 27

•          Hy was ongehoorsaam. 2 Sam 11: 1

•          Hy was wellustig. 2 Sam 11: 2

•          Hy pleeg owerspel. 2 Sam 11: 4

•          Hy was ’n bedrieër en omkoper. 2 Sam 11: 7-8

•          Hy was ’n moordenaar.  2 Sam 11: 15

•          Hy skynheilig. 2 Sam 11: 27

In ons dag het ons. ons kerkwette uitgepluk en hom die kerk verban, of ons sou hom onder sensuur wpu plaas, selfs stuur vir bevryding wou toepas!

Noftans…Die Bybel sê Dawid was ‘n man na God se hart. Nou hoe nou?

Feit is. dis hoe Dawid se swakhede en foute daar uitgesien het.

Maar hy had ook ‘n goeie kant:

•          Dawid was getrou en dapper.

•          Hy was ’n troue aanbidder  en het konstant gejubel voor die Here.

•          Hy het die HERE geken en op Hom vertrou

•          Hy het die Naam van die HERE verdedig, want Sy Naam is heilig!

•          Hy was nederig

•          Hy het die HERE gereeld geraadpleeg.

•          Hy had respek vir die owerhede wat God gesalf en aangestel het.

•          Dawid het homself telkens versterk in die HERE.

•          Hy had meegevoel  met sy medemens,

•          Hy was ‘n regverdige mens en het in geregtigheid gehandel.

•          Dawid was edelmoedig

•          Dawid had diepe berou oor sy sonde dit voor God bely!

Die arme Petrus trap toe net so ‘n lelike stel af. Toe die hoerderhaan die derde kraai was daai man flenters.

            Belydenis en vergiofnis maak dat die HERE hom ‘n Rots maak en kort daarna kom drie duisend siele op eendag tot redding.

            Wat sien men shier? Vleeslike lewens pleks van Geestelike lewens.

            “Maar daar kom 'n uur (wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

“God is Gees; en diegene wat Hom aanbid, moet in Gees en Waarheid aanbid.” Joh 4:23-24

Die HERE het vandag Petruse en Dawids en vroue dringend nodig. Bely, die HERE sal vergewe en jou nuut maak. – Sjibbolet

Vrydag 10 April 2015

Jy kon lankal vry gewees het

 Image result for geestelike prentjies

“So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na ‘n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vet spyse.” Job 36:16
            As Job geluister het en gehoorsaam was aan die stem van God en Sy roede, en  homself onderwerp het aan God se kastyding en geduldig sy ellende gedra het, en na God gekeer het, dan sou God lank reeds vir Job uit sy moeilikheid uitgebring het na ‘n groter ruimte waar daar geen engte sou wees nie – uit die eng vasgekeerde  omstandighede waarin Job was, na vryheid, na ‘n groot oop plek soos wat Dawid in Ps. 4:2 ondervind het:
            “As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!” Ps 4:2
            Dit het betrekking op die fisiese sowel as die geestelike. In die fisiese was Job in groot moeilikheid, armoede en ellende vasgekeer. Soos wat Job dit self stel in Job 19:8 “Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.”
            As Job hierdeur nederig sou word en verootmoedig het dan sou God hom uit sy teenspoed verlos het en die HERE sou hom in ‘n groot ruimte van  voorspoed geplaas het. So sê die HERE self.
            Job sou soos Dawid kon sê: “Ek wil juig en bly wees in U goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.” Ps 31:8-9    
            Dawid is self deur diep donker waters van groot benoudheid. Hy kon onder daardie omstandighede voortgeleef het, homself bejammer en verknies het, of hy kon homself oprig, verneder en sy saak met God regmaak.
            In ‘n geestelike sin beland mense ook op ‘n plek waar hulle vasgekeer sit. Hulle kan nie vry uitkom in die oopte van genade en diensbaarheid nie.
            Hulle het geen vryheid in die HERE nie, hulle geloof faal, hulle het haas enige hoop. Hulle is vasgevang in hul eie medelye, klaagliedere, so asof hulle in ‘n tronk is.
            Sommige gaan kerk toe, maar sit daar byna leweloos.
            Moeilikhede en omstandighede het beheer oor hul lewens oorgeneem. Hulle weet nie eers wanneer laas hulle iemand met blydskap uit die Woord bemoedig het nie. Hulle kan net oor hul probleme gesels.
            Hoe langer hulle in hierdie toestand verkeer, hoe erger word dit, so erg dat hulle later aanvaar dis maar hulle lot.
            Die antwoord lê daarin om jouself te verneder en te verootmoedig. Maak jou sake reg met God sodat Hy jou uit daardie verknorsing kan haal en jou in die vry oop ruimtes kan inbring.
            Dan dek die HERE vir jou ‘n tafel vol vet spyse, die beste proviand, snoeperye, die beste koring, goeie vleis, en beste van alles is, dat jou tafel oor en oor gedek sal word.
            Ps. 63:5-9 sal vir jou waar word: “Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
            “Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
            “Want U was ‘n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
            “My siel is aan U verkleef; U regterhand ondersteun my.”
            Komaan, gaan met ‘n gebroke hart na Jesus en maak reg want jy durf nie langer so voortgaan nie. Jesus heel die gebroke harte.
            “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en (waar ook?) by die verbryselde en nederige van gees (hoekom?) om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.” Jes 57:15
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;  en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.”  Heb 12:12-13 – Sjibbolet