Maandag 13 Mei 2019

Bemoedig en versterk jouself

Dawid en sy mense het pas wreed onder die hande van die vyand deurgeloop... ”Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer.

            “Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.

            “Ook Dawid se twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer.

            “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar ... Dawid het homself versterk in die HERE sy God.” 1 Sam 30:3-6

            Hy en sy manskappe was erg geskok. Hulle stad is ‘n puinhoop, hulle diere en vroue en kinders is ontvoer. Hulle ween totdat hulle nie meer krag het om te ween nie.

            Hoeveel van ons was nie al by daardie ontsettende laagtepunt in ons lewens nie! Boonop dreig Dawid se eie manne om hom te stenig want hulle meen Dawid was onverantwoordelik om die stad onbewaak te gelaat het.

            Dan leer Dawid ons ‘n les van wysheid... Hy bemoedig en versterk homself in die HERE.

Hy kom tot bedaring – emosie is ‘n erge vyand – hy beoefen geloof in sy God en hy bemoedig en versterk homself in die krag en voorsienigheid van sy God, in God se beloftes en Sy getrouheid om Sy beloftes in stand te hou...

            Verder is daar sy verbond met God, hy onthou ook God se genade, Sy goedheid en guns, hy dink aan al sy vorige ondervindinge met God en hy glo God sal aan hom ‘n openbaring gee.

            In ons geval vandag sou ons as bemoediging en versterking dalk Efes 6:10 gebruik: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die HERE en in die krag van sy sterkte.”

            En ook 2 Tim 2:1 “2:1 Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is.” Asook vele ander strofes.

            Baie Gelowiges doen elke dag Bybelstudie en het altyd hul notaboek en pen byderhand. Hulle bemoedig en versterk hulself maklik en gou uit die Woord deur hulle aantekeninge.

            Ja, jy kan die predikant of ‘n ander Gelowige bel in die hoop van simpatie en bemoediging, en as jy hulle nie in die hande kry nie is jy gou op moedverloor se vlakte.

            Doen wat Dawid gedoen het... versterk en bemoedig jou uit God se Woord. Die Woord staan vas en is vir Ewig.

            En dan is daar Habakuk... onheil dreig. Pleks van vrees en in benoudheid oral raad soek, trap hy vas en sê: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.

            Hoekom? “Die HERE HERE is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.” Hak 3:17-19

            Ook hy bemoedig homself uit God se optredes in die verlede en Habakuk besef: As alles weg is, is God nie weg nie. Hy besef mens sal nie van brood alleen leef nie, maar van God se Genade en barmhartigheid.

            Die dag kom dat die Messias ons kom haal en dan tel aardse besittings in elk geval niks. Net die geestelike en die Ewigheid sal die deurslag gee. Ons sal wees waar Jesus is.

            Ons gaan al hoe meer moeilike tye beleef. Bemoedig en versterk jouself uit God se Woord, uit Sy Verbond met ons en Sy Beloftes.

            “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees in eerbied teenoor God) van God.” Efes 5:19-21

Luister, ons burgerskap is in die Hemel. Fil 3:20. Geestelik is ons reeds daar... Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en (let op) saam laat sit in die Hemele in Christus Jesus.” Efes 2: 4-6

Moenie op hierdie aarde bymekaarmaak nie. Dis alles onnodige bagasie. Wees nie aardsgebonde nie. - Wekroep