Die jong Skote meisie, Flora Campbell, se moeder sterf. Haar pa Lachlan Campbell, was baie veroordelend. Hy probeer haar grootmaak
Die atmosfeer in die huis was egter genadeloos. Flora kon dit nie langer duld nie en vlug na Londen.
Haar pa was so kwaad dat hy Flora se naam uit die familiebybel verwyder het.
In Londen was sy ‘n uitgeworpene en baie alleen.
Een dag vlug sy soos ‘n gewonde bokkie, ‘n kerk binne. Sy is alleen daar. Sy neem ‘n boekie en begin lees oor ‘n ondervinding van genade. ‘n Beeld van hoop begin by haar opvlam.
Dit was doodstil in die kerk. Mens kon glad nie die geraas daar buite van perdewaens en mense hoor nie. Sy beleef hoe sy en haar pa kerk toe gaan, hoe almal op jul plekke gaan sit... en hoor sy die Psalms en deur die venster sien sy die groen weivelde en die bome en die dam. Sy sien haar huis met die honde voor die deur en die blomme wat sy geplant het... en die lammetjie wat melk kon haal. Sy hoor haarself sing en dan verdwyn die visie.
Dan hoor sy die pragtige sang en musiek https://www.youtube.com/watch?v=x3qebDnoaFQ
There is a fountain filled with blood
drawn from Immanuel's veins
And sinners plunged beneath that flood
Lose all their guilty stains
The dying thief rejoiced to see
That fountain in his day;
And there may I, though vile as he
Wash all my sins away
Dear dying Lamb, thy precious blood
Shall never lose its power
Till all the ransomed church of God
Are saved, to sin no more
For since by faith I saw the stream
Thy flowing wounds supply
Redeeming love has been my theme
Until we meet in the sky
When this poor lisping,
stammering tongue
Lies silent in the grave
Then in a nobler, sweeter song
I'll sing thy power to save
Die lewe is ondraaglik sonder genade. In hierdie geval het Flora en haar pa genade benodig. Flora het haar pad terug na haar ouerhuis aangepak.
Toe sy by die voordeur kom het sy kragteloos inmekaar gesak. Sy had nie eers die krag om te klop nie. Die honde het alle welkom geluidjies begin maak en hulle om haar geskaar en haar hande begin lek. Hulle was opgewonde om haar weer te sien.
Haar pa het op die honde se geluide gereageer. Veraf hoor sy hoe hy sukkel om die deur oop te kry. Sy het haar storie reg gehad vir haar pa, maar al wat sy kon uitkry was “Pappa, Pappa.”
Haar pa, wat intussen self ‘n geestelike verdieping ondergaan het. het sy dogter in ‘n stortvloed van trane omhels en haar vir die eerste keer in sy lewe gesoen.
In die boek met die verhaal, staan: “Flora Campbell. Verdwyn April 1873. Gevind September 1873.”
Haar verhaal is byna soos die van die Verlore Seun. Dis die verhaal van enigiemand wat na Genade verlang en wanneer God se Genade jou vind, is dit joune vir altyd.
William Cowper (uitgespreek Cooper) het erg geworstel met sy saligheid en beland vir 18mde in ‘n sielsieke inrigting. Hy was elke dag in die Skrifte besig. Hy verlaat die inrigting en vind uiteindelik vir Jesus. Dis toe dat hy hierdie aangrypende lied geskryf het.
Dis ook hierdie lied wat tot die redding van Flora Campbell gelei het. Dit het derduisende mense gehelp om Jesus te vind. – Wekroep