Wys tans plasings met die etiket verlore seun. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verlore seun. Wys alle plasings

Woensdag 13 November 2019

Kom Huis toe...



Sommige mense beleef ‘n misverstand oor wat berou is. Berou is nie perfeksie nie, maar ‘n verandering van rigting.

Ons gaan praat oor die gelykenis van die Verlore Seun. Jesus vertel ‘n storie wat perfek illustreer wat dit beteken vir ‘n individu om berouvol te wees. In Luk 15:11-12 sê Jesus “Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad. En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.”

            Die Vader het die seun sy sin gegee en kort voor lank het die seun alles vermors. Toe hy tot besinning kom besef hy sy vader se slawe het genoeg kos en hier is hy besig om te sterf van honger.

            Hy neem ‘n besluit, hy had berou. Berou is ‘n verandering van gedagte, ‘n verandering van hart wat veroorsaak dat ‘n persoon omdraai en ‘n nuwe rigting inslaan.

In strofe 16-19, sê hy “Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die Hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.”

Berou is meer as ‘n verandering van houding, van gedagte, van hart; dit lei ‘n persoon in dit wat hy glo, om, om te draai, of terug te keer en ‘n nuwe rigting in te slaan.

Ons het almal van God die Vader af weggedraai, en van die Hemel, ons tuiste. Die Bybel sê in Jes 53:6 “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”

            Die storie gaan verder in strofes 20-24 “En hy het opgestaan en na sy vader gegaan.” Een aand het ek hierdie storie aan ‘n man vertel wat dit nog nooit gehoor het nie, en hy het net geweet dat wanneer die seun terugkeer, die vader sou sê “Seun, kyk wat het jy gedoen. Jy het al my rykdom vermors, alles wat in my lewe bymekaar gemaak het. Wees een van my slawe.”

Maar, let op na die reaksie van die vader “En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel (liefde het vanuit die Vader se hart gestraal vir sy seun) en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.

“En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die Hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

“Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.” Hulle het ‘n fees gehou.

            ‘n Man het een keer tydens berading gesê: “Ek sien wat Jesus sê. As ek net na die Hemelse Vader terugkeer vir genade, en sê ‘Vader ek het teen U gesondig en ek is nie werd om U seun te wees nie,’ dan sal Hy my ontvang.”

“Ons Hemelse Vader sal ‘n herehuis hê en Hy sal jou nie ‘n slaaf maak nie. Hy sal jou tot jou volle seunskap herstel. God wag. “

Het jy weggedraai? Waarom draai jy nie dadelik terug na God, jou Vader, toe nie, en na die Hemel, jou huis... Inderdaad moet jy omdraai en reguit paaie vir jou voete maak want die Wegraping van die Gelowiges is baie naby. – Wekroep

Woensdag 18 September 2019

Die liefde van Jesus is ongekend.

'n Seun, in 'n Christen huisgesin, het namate hy ouer word, eiesinnig en spandabelrige gewoontes aangekweek. Hy het met sy besadigde pa baklei omdat hy hom nie die geld, wat hy wou hê, wou gee nie.

Hy het die huis stormagtig verlaat en hom oorgegee aan 'n roekelose lewe. Soos die Verlore Seun in Jesus se gelykenis, het hy 'n verdorwe rondloper geword. ‘n Tipiese nikswerd.

Die dag het aangebreek dat hy totaal platsak en wanhopig was. Toe dink hy aan sy pa en sy huis, maar ongelukkig níé soos die Verlore Seun nie.

"My pa skuld my 'n bestaan," redeneer hy met homself. "Ek sal dit self vat." Hy hou die huis dop en een aand, toe die hele gesin uit is, breek hy in. Hy het die huis en die veiligheidstelsel goed geken. Die inbraak was vir hom maklik. Hy het ook geweet waar al die waardevolle goed, ook die brandkluis se sleutel, se bêreplekke is.

In die nagstilte soek hy geld. Tussen ander waardevolle dokumente kry hy sy pa se Testament. Met nuuskierige oë lees hy die Testament. Dit weerspieël 'n groot boedel.

Sy naam staan tussen dié van ander erfgename, met 'n groot erflating by sy naam. As sy pa sou sterf, gaan hy 'n rykman wees. 'n Moordgedagte kom in hom op. Hy skrik vir homself. Hy lees die Testament weer en 'n stilte kom in sy gemoed.

Die pa met wie hy so getwis het, wie hy gevloek en verwens het, teen wie hy so verbitterd was, het nie sy naam uit die Testament geskrap nie.

"Kan dit wees," vra hy homself af, "dat my pa my nog liefhet? Wil hy my, na al die skande en smart wat ek oor hom gebring het, nog as seun hê?" Hy is verbysterd.

Herinneringe oor die aangename jare wat hy as kind en gehoorsame seun in sy ouerhuis gehad het, spoel oor sy gemoed. Hy sien in sy gedagtes die goeie jare wat vir hom kan voorlê, in sy huis by sy ouers.

Hy sak in een van die groot gemakstoele neer, druk sy sakdoek teen sy gesig en begin huil. Later die nag kry sy ouers hom in die stoel, sakdoek nog oor sy gesig, aan die slaap. Op sy knieë lê die Testament, sy vinger by sy naam.

Sy pa en ma weet met diepe liefde en ongekende blydskap, hulle kind het huis toe gekom.

Jesus het die verhaal van die Verlore Seun vertel om sélf te illustreer hoe God die mens, wat sy rug op Hom gedraai het, Hom verag en gesmaad het, steeds liefhet en as kind wil verwelkom. Ons erflating in God se Testament, die Ewige Lewe, is met Christus se bloed geskryf. Die Heilige Gees bring deur die Evangelie die wete van 'n erfenis by God, na ons toe. Hy werk in ons hart die sondebesef en gebrokenheid, wat ons na God toe laat keer.

            In Suid-Afrika het menige ouers met sulke seuns en dogters gesukkel. Dit was vir hulle ‘n sware las, maar by hulle laaste stilhouplek, het die kind na Jesus teruggekeer.

            So is ‘n alkoholis op sy knieë by sy bed gekry met sy oop Bybel voor hom. HERE, wat ‘n deurbraak.

            In ander geval het ‘n ouerpaar deur groot trauma met hul seun gegaan. Hy is een nag in sy slaap Huis toe. Skrywer het kort daarna na ‘n bandopname van die seun geluister. Hy het in trane Jesus se lof besing.         

By so ‘n begrafnis moet geen swart en rou wees nie... liewer ‘n wit kar, ‘n wit kis en oorwinningsliedere.

Gaan lees weer self die lewensverhaal van Petrus en hoe ook hy teruggekom het. God se Genade is onmeetbaar.

Is jy flenters? Jesus heel die gebroke harte: "So is ons dan deur Sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die Ewige Lewe wat ons verwag." Titus 3:7

Jou naam staan in die Boek van die Lewe en jy is en bly ‘n erfgenaam... dis jou beurt om terug te kom. – Wekroep

Woensdag 29 Mei 2019

Sy genade is vir ons genoeg



Die jong Skote meisie, Flora Campbell, se moeder sterf. Haar pa Lachlan Campbell, was baie veroordelend. Hy probeer haar grootmaak

            Die atmosfeer in die huis was  egter genadeloos. Flora kon dit nie langer duld nie en vlug na Londen.

            Haar pa was so kwaad dat hy Flora se naam uit die familiebybel verwyder het.

In Londen was sy ‘n uitgeworpene en baie alleen.

            Een dag vlug sy soos ‘n gewonde bokkie, ‘n kerk binne. Sy is alleen daar. Sy neem ‘n boekie en begin lees oor ‘n ondervinding van genade. ‘n Beeld van hoop begin by haar opvlam.

            Dit was doodstil in die kerk. Mens kon glad nie die geraas daar buite van perdewaens en mense hoor nie. Sy beleef hoe sy en haar pa kerk toe gaan, hoe almal op jul plekke gaan sit... en hoor sy die Psalms en deur die venster sien sy die groen weivelde en die bome en die dam. Sy sien haar huis met die honde voor die deur en die blomme wat sy geplant het... en die lammetjie wat melk kon haal. Sy hoor haarself sing en dan verdwyn die visie.

            Dan hoor sy die pragtige sang en musiek  https://www.youtube.com/watch?v=x3qebDnoaFQ



There is a fountain filled with blood

drawn from Immanuel's veins

And sinners plunged beneath that flood

Lose all their guilty stains



The dying thief rejoiced to see

That fountain in his day;

And there may I, though vile as he

Wash all my sins away



Dear dying Lamb, thy precious blood

Shall never lose its power

Till all the ransomed church of God

Are saved, to sin no more



For since by faith I saw the stream

Thy flowing wounds supply

Redeeming love has been my theme

Until we meet in the sky



When this poor lisping,

stammering tongue

Lies silent in the grave

Then in a nobler, sweeter song

I'll sing thy power to save



            Die lewe is ondraaglik sonder genade. In hierdie geval het Flora en haar pa genade benodig. Flora het haar pad terug na haar ouerhuis aangepak.

            Toe sy by die voordeur kom het sy kragteloos inmekaar gesak. Sy had nie eers die krag om te klop nie.  Die honde het alle welkom geluidjies begin maak en hulle om haar geskaar en haar hande begin lek. Hulle was opgewonde om haar weer te sien.

            Haar pa het op die honde se geluide gereageer. Veraf hoor sy hoe hy sukkel om die deur oop te kry. Sy het haar storie reg gehad vir haar pa, maar al wat sy kon uitkry was “Pappa, Pappa.”

            Haar pa, wat intussen self ‘n geestelike verdieping ondergaan het. het sy dogter in ‘n stortvloed van trane omhels en haar vir die eerste keer in sy lewe gesoen.

            In die boek met die verhaal, staan: “Flora Campbell. Verdwyn April 1873. Gevind September 1873.”

            Haar verhaal is byna soos die van die Verlore Seun. Dis die verhaal van enigiemand wat na Genade verlang en wanneer God se Genade jou vind, is dit joune vir altyd.

            William Cowper  (uitgespreek Cooper) het erg geworstel met sy saligheid en beland vir 18mde in ‘n sielsieke inrigting. Hy was elke dag in die Skrifte besig. Hy verlaat die inrigting en vind uiteindelik vir  Jesus. Dis toe dat hy hierdie aangrypende lied geskryf het.

            Dis ook hierdie lied wat tot die redding van Flora Campbell gelei het. Dit het derduisende mense gehelp om Jesus te vind. – Wekroep