“En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor
jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik (jou dorp, stad, voorstad); maak dan
'n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel
laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.” Eseg 4:1-3
Sedert die
skepping van die mens het die Almagtige God deur die eeue bewys gelewer van
watter waarde Hy heg aan ‘n enkele persoon, EEN MAN, op hierdie aarde.
Aan EEN
man, Adam, word die mag gegee om al die diere van die aarde te noem soos hy
wil. Die invloed van die val van dieselfde Adam word vandag nog oor die ganse
aarde deur die ganse mensdom gevoel.
EEN man,
Noag, word verkies om die ark te bou, om sodoende ‘n spruit vir die menslike
geslag aan die lewe te hou.
EEN man,
Abraham, word geroep uit Ur van die Galdeërs om die vader van
alle gelowiges te word en die vader van die geslag waaruit Jesus
Christus gebore sou word.
EEN man,
die hakkelende Moses, word geroep om die hele volk Israel, uit Egipte uit te
lei en vir veertig jaar deur die woestyn te neem. Hy tree op as skakel tussen
God en die volk.
“En ek het
onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan
staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie, maar Ek het niemand gevind
nie.” – Eseg. 22-30
Toe God
die volk wou verdelg, tree Moses – EEN MAN
– op as voorbidder dat die volk gespaar sou word.
Na hom
volg weer EEN man, Josua, en dan elkeen van die Rigters op
hul beurt, die profete Nehemia,
Daniël en andere wat as EENLINGE opgetree het tussen God en die volk,
en wat het hulle nie alles uitgerig nie!
Die Nuwe
Testament begin met die optrede van Johannes die doper, as voorloper van
Christus.
Toe was
daar Jesus Christus, die grootste leraar, prediker, profeet en hervormer wat
die wêreld ooit geken het, en dit bo en behalwe Sy liefdevolle Middelaars- en
Versoeningswerk.
Na Jesus
volg die apostels waaronder Petrus a toe weer Paulus – EEN
man na die ander.
En verder
deur die geskiedenis van die Kerk het God van tyd tot tyd die EEN man gebruik
om Sy doel te bereik. Daar was manne soos Luther, Calvyn, Wesley, Murray, Moody, Hudson Taylor, Billy
Graham, George Fuller, Torrey, Finney, John Lake en andere wat as EENLINGE opgetree het en
uitgeblink het in die werk van God en wonderlike getuienisse vir Hom op aarde
geskep het.
Maar, wat
van die behoefte in hierdie tyd waarin ons, ons bevind? Ons het nou, soos seker
nog nooit tevore nie, die hulp en beskerming van die Allerhoogste aan al kante
nodig.
Wat van
jou, jy wat nou hier lees? Al gewonder waarom jy juis hierdie boodskap nou moet
lees? Is dit blote toeval dat jy hierdie
artikel lees? God soek ‘n man! (toevallig – toe val die lig)
En Hy soek
ook ‘n VROU. Vroue het ook groot rolle in die bou van die Christelike Kerk
vertolk. Gemeentes is in hulle huise gestig. Meer as 180 vroue het leidende
rolle in die Bybel vertolk, meer as 30 van hulle in die Nuwe Testament.
Dit is
nodig dat manne en vroue VANDAG na die stem van die Here luister en sonder
verdere versuim na vore tree en aanmeld vir diens – heldediens – waardeur hierdie volk gered en
vrygekoop sal word!
Gelowiges
is besig om in toenemende maat by die geledere van verskeie gebedsforums en verootmoedigingsbyeenkomste
in te skakel. Hulle reageer op die stem van EEN, die Heilige Gees.
Hulle het
Sy stem gehoor. Hulle het reageer. Hulle is nou voorbidders vir die volk. Hulle
tree in vir die volk, vir ons kinders, vir ons toekoms, vir die bou van die
Koninkryk van God en die uitbreiding daarvan.
God soek
manne en vroue wat ‘n bres vir Hom kan slaan, ‘n bres vir die Volk kan slaan.
Manne en vroue met durf en daad, wat soos Koning Dawid sal sê: “Met my God
spring ek oor ‘n muur.”
Sal God so ‘n man, so ‘n vrou, ook in
jou vind? Sal jy gehoorsaam wees aan Sy roepstem?
Nee, dis
nie die werk van die predikante (herders) nie. Herder kry nie lammers nie, net
skape. Herders se taak is om die skape so goed te voed (op te lei) dat hulle
selfs twee-, drie- en vierlinge aanbring!
Moenie
dink aan hoe ver jy tekort skiet nie. Abraham het ‘n voorspoedige en vol lewe
gelei toe die Here hom die opdrag gegee het dat hy moes oppak en trek, en dit
boonop deur die woestyn, die vreemde in.
Waar hy en
sy mense gewoon het, het dit baie goed met hulle gegaan. En toe die opdrag om
met alles – vroue, kinders, babas, diere, groot en klein, deur die woestyn te
trek sonder dat hy geweet het waarheen.
Abraham
het gladnie geweet waarheen by moes trek nie, maar hy het geweet saam met Wie hy trek!
Jy sal nie
in jou eie krag optree nie. God sal jou
toerus met krag. Hy het dit met almal voor jou gedoen en Hy gaan dit
weer met almal van ons doen.
“Nie deur krag of geweld nie, maar deur
My Gees, sê die Here van die leërskare.” –
Mal. 4:6
God soek
‘n MAN en ‘n VROU wat die muur van gebed sal bou “wat gedurig die hele dag en die hele nag nie
sal swyg nie… en Hom nie met rus sal laat nie, tot Hy Jerusalem (Sy
gemeente) bevestig en maak tot ‘n
lofoffer op die aarde.” – Jes. 62:6,7, “want die Here – Sy oë deurloop die
aarde(hoekom?) om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig
is...” – 2 Kron. 16:9
God soek
na ‘n Man, ‘n Vrou. Is jy bereid om aan
te meld?
“En jy,
mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop
'n stad, naamlik (jou dorp, stad of voorstad se naam).
Neem ‘n
groterige Bybel, maak dit oop by Eseg 4:1. Trek die baksteen oor met
kleefplastiek en sit dit op die Bybel, op ‘n strategiese plek waar jy elke dag
daarin moet vaskyk, soos bv in jou studeerkamer.
Enige tyd
van die dag of die nag en sovele kere soos wat jy gelei word, bid jy vir jou
dorp, jou stad of jou voorstad.
Geestelik
in jou gebed bou jy skanse daarteen op om jou dorp of voorstad te beskerm. Geen
onheil moet jou dorp of sy inwoners kan binnedring nie. Bou ook geestelike
laers, kampe en stormramme... net soos wat jy gelei word.
Dit gaan
oor die beskerming van jou dorp en sy mense. Jou hele gesin kan deelneem.
Ons bevind
ons in ‘n geestelike oorlog. Op ‘n sekere dorp in Suid-Afrika word dit met
groot welslae uitgevoer, presies soos in Sag
4:6 “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE
van die leërskare.”
Tydens ‘n
beleëring was dit altyd vir die vyand ‘n uitdaging om die stad se water af te
sny of te vergiftig.
Hierdie
betrokke dorp in SA het nie water nie, en as daar soms water is, is dit
ondrinkbaar. Gelowiges het tien teks by boorgate opgesit waar dorpenaars gratis
water kan kry. Daar word ook weekliks 36 000 liter water deur hulle aangery.
As iemand
sou sê die baksteen is dwaasheid, onthou net, dis ‘n Goddelike opdrag, so ook
dat God jou soek om in die bres te staan vir jou dorp, jou stad, jou voorstad.
1 Kor 1:18;20;21;23;25;27
Die nag is
op ons, siele moet gered word, soos verdwaalde skape na die kraal aangekeer
word.
Gehoorsaam
jou roeping. – Sjibbolet