Maandag 11 Julie 2016

Klim uit jou parskuip uit


Image result for koring gerwe 


In Rigters 6:11 slaan Gideon koring uit in ‘n parskuip. Mens slaan nie koring uit in ‘n parskuip nie. ‘n Parskuip is waar druiwe gepars word om wyn te maak.
            Koring word bogronds uitgeslaan sodat die wind kan help om die kaf van die koring te skei.
            Gideon is in die parskuip besig omdat hy daar wegkruip vir die vyand. As die vyand hom sou sien, gaan hulle hom kom aanrand en al sy koring steel. Hy is bang, vol vrees en loer kort-kort om te sien of die vyand nie straks aankom nie.
            Die volgende oomblik moes hy hom buite sy sinne geskrik het. ‘n Engel van die HERE verskyn en sê: “Die HERE is met jou dapper held.”
            Die arme Gideon was nie dapper nie en nog minder ‘n held. Wanneer hy die opdrag gegee word om Israel te verlos, sê hy: “Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.”
            Hy het niks verkeerds gedoen nie, behalwe sy minderwaardigheidskompleks en sy vrees. Daar staan so 265 keer in die Bybel “Moenie vrees nie.”
            Die HERE het egter vir Gideon gesê hy is meer van belang in die oë van God as wat hy van homself dink.
            So is ons ook baie belangriker vir God as wat ons van onsself dink. Hoeveel mense vertel nie leuens oor jou nie. Hoeveel keer lieg jy nie vir jouself oor jouself nie?
            Die slim mense sê jy ly aan ‘n minderwaardigheidskompleks, jy het nie selfvertroue nie en nog interessanthede.
            Jy is jou eie vyand want jy laat toe dat mense en omstandighede jou in ‘n armsalige smartvraat verander.
            Die HERE verwag dat ons nederig moet wees, maar dis ‘n sonde om onsself te verkleineer. In Christus moet ons triomfeer, nie oorweldig word nie.
            Gideon is uit daai parskuip uit en hy het ‘n dapper held geword. Klim jy ook nou maar uit jou parskuip want God sien jou ook as ‘n dapper held.
            Kyk wat sê die HERE: “Moenie bang wees nie. Ek verlos jou. Ek het jou op jou naam geroep, jy is MYNE.”Jes 43:1
            “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien, toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” - Ps 139:12-16
            Al wat jy moet doen is om op te staan en uit jou parskuip uit te klim. “So sê die Here:   Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word... ” Jer 31:16
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
            “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:12-15
            Dis wat jy moet doen, die HERE doen die res en Hy gaan jou saak beredder op  geen manier wat jy ooit kon bedink nie. “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor  en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.” 1 Kor 2:9
            Komaan, hier kom boonop ‘n magtige Herlewing en almal is nodig om daarby betrokke te wees. – Sjibbolet

Donderdag 07 Julie 2016

‘As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?’


Die mens en die kerk is in die spervuur. Al is dit die tekens van die Eindtyd, sit ek en jy met die hoop vir die toekoms in ons hande.
Ons beleef nou die tyd waar gebeurtenisse mekaar snel opvolg. Ons is op die rand van ‘n magtige Herlewing. Saam daarmee gaan die poorte van die hel wyd oop.
Let op, hier kom skeiding tussen die Ekklesia en die kerk, sterker gestel, tussen ware Geestelike Gelowiges en vormgodsdienstiges. Daar is geen plek vir huigelaars en geveinsdes nie.
Lukas beskryf dit so: “Hy sal sy dorsvloer (die kerk) deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur [die Wegraping van die gelowiges] maar die kaf (die goddeloses in die groot verdrukking) met onuitbluslike vuur verbrand” (Luk. 3:17).
Ons leef duidelik in die laaste uur. Die wêreld oor steun al hoe meer predikers en Christenorganisasies die siening dat die Wegraping baie naby is. Die kerk kan nie langer net gehoor word nie, dit moet ook gesien word. Ons is vrygekoop, nie om te doen wat ons wil nie, maar wat ons moet.
Daar is kort-kort berigte oor Herlewings oral op die aarde.
            Dawid in Ps 11:3 vra indringend: “As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”
            Die fondamente: Zimbabwe kan nie meer gered word nie, sê prof. Willie Breytenbach, Afrikakenner aan die US (Netwerk24).
            Die SA regering én die ANC berei hom reeds voor vir die moontlikheid dat Zimbabwe kan ineenstort en vlugtelinge oor die grens na Suid-Afrika toe kan stroom, berig Netwerk24.
            “Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het in Desember begin om sy gebeurlikheidsbeplanning vir só ‘n scenario te verfyn in die aanloop tot verwagte maatskaplike en politieke onstuimigheid in Zimbabwe.”
            Dr. Andries Bezuidenhout, ’n sosioloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria sê: “As swart nasionalisme die pad van Afrikanernasionalisme stap, kan ons verwag dat ’n nuwe generasie eers ná die uitwoed van hierdie fase erns sal maak met die heropbou van die land.
“As die huidige oplewing van swart nasionalisme in Suid-Afrika dieselfde pad volg as wat Afrikanernasionalisme van weleer gevolg het, kan ’n mens dalk ’n beter voorspelling maak van wat moontlik in die toekoms kan gebeur. Dit beteken ook dat ons eers oor sowat vier dekades weer oor versoening sal kan praat,” aldus Netwerk24
Die TLU sê: “Die aantal moorde op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika het sedert 2011 toegeneem. Dít is ‘n groot bron van kommer vir die Transvaalse Landbou-unie (TLU), wat na verwagting volgende week in Pretoria sy syfers vir plaasmoorde en –aanvalle van Januarie tot Junie vanjaar bekend gaan maak.”
            Die fondamente van die huwelik, Christelike godsdiens, gesinslewens (die pilare van ‘n volk), taal, kultuur word aan flarde geruk met geen ontsag vir die Bybel en God drie-enig nie.
            Ontsag vir gesagstrukture binne en buite die kerk is haas denkbaar. Binne en buite die huwelik word alle morele standaarde vertrap.                
            Kinder en gesinsverwaarlosing van verskillende erge grade is nou die norm.
            Die arme Dawid vra die vraag: Wat moet die regverdiges doen wanneer die fondamente padgee? Hy vra nadat hy in strofe 1 gesê het om te vlug is nie die oplossing nie. Om te vlug is ongeloof, is twyfel.
            As jy moet skuil, skuil by God.
Ons het berusting daarin dat God alles weet Ps. 10:14: "U het dit gesien; want u aanskou moeite en verdriet". Ps 10:14. God sien die hartseer wat jou getref het, toe die fondamente in jou eie huis en samelewing tuimel.
            “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
            “Maar ons verwag volgens Sy belofte (en Hy is en bly ‘n waarmaker van sy Woord) nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
            “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.”
            Daar is oorloë in 67 lande van die wêreld. Christene word ernstig vervolg in 50 lande. Altesame 715 militêre magte en terroriste organisasies is betrokke. Brutale onthoofding in die strate is algemeen. Net gister is berig hoe mense nou in kokende water gegooi word wat bly kook totdat hulle dood is. Die mees brutale geweld in menseheugenis is aan die gang.
            Laat ons sorg dat ons klere sonder vlek of rimpel is, silwerskoon en laat ons met reikhalsende verlange uitsien na die Wegraping. Terwyl ons lofliedere tot die HERE sing:
            “Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!
“Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!
“Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” Ps 150:1-6
In kort: Met die fondamente omgegooi, maak ons gereed vir die Wegraping en bring ons die laaste van oes in. – Sjibbolet
·       Sien ook die volgende artikel


Final Peace Treaty - Key To God's Prophetic Clock
By Tom Olago, Prophecy News Watch

The potential signing of a Middle East Peace Treaty between Israel and the Palestinians – and by extension the Arab world – would be a highly significant event on God's prophetic calendar.

In this regard, it would almost seem like there is currently some invisible hand influencing the urgency and pressure towards a Middle East peace deal.

On Friday the 3rd of June, the French hosted a meeting of almost 30 foreign ministers, including Secretary of State John F. Kerry, to seek international consensus on a way to move talks forward. Ironically, the primary actors - Israel and Palestine - were not invited.

This fact appears to be a glaring warning to both sides that international frustration at the lack of progress with peace talks has reached a boiling point. Some analysts fear that this could be the beginning of an imposed or 'arm-twisted 'peace upon the parties rather than the parties themselves coming to mutually agreeable terms.

Such a final treaty could actually be signed as soon as November 2016, based on timetable projections, in what observers consider would involve a UN resolution backed by international law compelling Israel and the Palestinians to abide by it.

Easier said than done - after all, there are reasons why similar initiatives have failed repeatedly over the years. One major sticking point has always been the control of Jerusalem. Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu accepts the two-state solution in principle, but adamantly refuses to re-divide Jerusalem or relinquish Israeli sovereignty over it.

On the other hand, PA Chairman Mahmoud Abbas insists that a peace treaty must involve Jerusalem as the Palestinian capital.

Another bone of contention is the proposal to have Israel withdrawing from all the lands it had captured during the 1967 war, including East Jerusalem and the Golan Heights. The land for peace exchange serves as the foundation of the Arab League's peace plan, which was launched in 2002.

That Arab Peace Initiative called for a two-state solution based on an Israeli withdrawal to the pre-1967 armistice lines and making East Jerusalem the Palestinian capital in return for "normal relations in the context of a comprehensive peace with Israel."

That outcome would be a dream come true for the Palestinians - in their eyes a great source of joy and vindication over the hated Jewish people.

But Israel will have none of it, instead laying claim to their own historic ownership of Jerusalem and the need to ensure their own security by retaining militarily strategic lands captured in the 1967 six-day war.

Based on a recent jns.org report, one Likud minister asked Netanyahu what he would do if Arab states were not willing to revise the initiative. "If the Arab states grasp the fact that they need to revise the Arab League proposal according to the changes Israel demands, then we can talk," Netanyahu replied. "But if they bring the proposal from 2002 and define it as 'take it or leave it,' we'll choose to leave it."

Given this long-standing impasse, is there any reason to be optimistic about the chances of a permanent and mutually acceptable truce this time around?

Possibly. One reason is that this time around there will be a presidential election in the U.S. The Obama administration has made clear it supports Israel giving up land for peace but under 'the right conditions'.

One 'right condition' might just include Obama wanting to leave behind a legacy of helping push the peace process forward - or better still, help seal the deal - as one of his last acts in office.

Another potential scenario is that diplomats will go beyond Israeli-Palestinian issues and make it part of a much larger Arab-Israeli peace, encompassing both Palestinians and the Arab League.  The allure of peace with the entire Arab world may just be the one thing that would tempt Israel to cross red lines it has vowed never to cross.

The Biblical viewpoint adhered to by many eschatologists predicts a final "peace covenant" based on Daniel 9:27: "And he (the "prince that shall come"; AntiChrist) shall confirm the covenant with many", to which Israel would be a signatory.

The idea of "confirming" suggests guaranteeing or enforcing an existing treaty, one that has already been put forward - such as the Arab Peace Plan.  The idea that it involves "many" suggests such a treaty would be much more comprehensive than just the Palestinians.  The Arab League represents over 22 countries and would certainly qualify as "many".

The prophet Daniel details several other elements to this treaty, one of them being that it will be for seven years. One analysis of the Bible narrative states that Daniel had a vision from God that foresaw a period of 70 weeks of years in Israel's future history.

After 69 weeks the Messiah is killed, "but not for Himself". Daniel's prophecy then goes into hibernation and the clock stops. It is said that almost 2000 years have gone by and yet there is still one unfulfilled week seven years - determined or allotted to Daniel's people (the Jews) and the Holy city (Jerusalem) before the end comes.

According to another common interpretation of Bible prophecy, the countdown of the final week of years will resume when the Antichrist signs a seven-year peace agreement or covenant with Israel. From that point, there are exactly seven years left before the end of the great Tribulation and the end of the world.

This will be the time known as Daniel's 70th week, which is also described at great length in the Book of Revelation.  Will the upcoming treaty currently in the works involve a seven-year timetable?

Whatever the exact timing, Scripture reveals that the eventual peace treaty that is signed will only be a temporary peace, leading to the deadliest time on earth that man has ever known.

According to Jesus Own words, "For then shall be great tribulation, such as was not since the beginning of the world to this time, no, nor ever shall be." (Matthew 24.21)

Is the recent French-led initiative going to culminate in the Biblically prophesied peace treaty? Potentially - but no matter what form the final treaty will take, it is noteworthy that PA Chairman Abbas wants a specific time frame for implementation. This could well be a reason for the seven-year time-bound scenario.

One concession that Israel would almost certainly push for as part of any final agreement would be to achieve their long-held desire to build the Third Temple. The Temple must also be rebuilt as the AntiChrist will desecrate it at some point during the Great Tribulation period (II Thessalonians 2:4).

The challenge is how that could possibly be done in a manner that would be acceptable to the predominantly Muslim Arab world. Muslims consider the Dome of the Rock and the Al-Aqsa mosque - both of which sit on the Temple Mount area - as highly sacred to Islam.

In a recent Times of Israel article, Sue Surkes quotes Israel Chief Rabbi David Lau on this. Lau said he would like to see the Jewish temple rebuilt on the Temple Mount in Jerusalem and that  there was no need to remove any of the Muslim shrines on the Temple Mount, where there was plenty of room for "Jews, Christians, Muslims, everyone," he told the Knesset Channel.

In addition, there is a potentially significant political change in Israel that would further favor a push towards rebuilding the Third Temple on the Temple Mount. As Adam Berkowitz recently reported in an article for breakingisraelnews.com:

"An unlikely series of events has brought Temple Mount rights activist Rabbi Yehuda Glick to the position of Likud's newest member of Knesset. American-born Glick will bring a powerful voice to the Israeli government that may help move Israel towards a new era of serving God and bringing the Temple Mount to its proper place as a house of prayer for all nations. Indeed, his role may even have been foreseen by the Bible".

Berkowitz's view is that Yehudah Glick's devotion to Jerusalem and his unlikely Knesset appointment carry all the signs of fulfilled prophecy: "It is not every day that a headline can so closely resemble a Biblical verse. In this case, the new Likud appointment comes straight from the book of Zechariah (Chapter 12 Vs 5)".

However, the lingering million-dollar question is: what happens if either or both parties reject the peace accord?

If the Palestinians and the Arab world were to reject it, they may very well initiate a war as a final solution or last resort - arguing that endless years of talks have achieved nothing and that even persistent high-profile international mediation has proved useless.

Could we see a war against Israel, sparked by global frustration and aimed at forcing them to hand over the pre-1967 lands if they will not concede them at the negotiating table?

Obama may also be eager to grasp at the opportunity to stamp a powerful and lasting presidential legacy on his way out of the White House, by choosing not to veto a plan to force Israel to sign a peace treaty.

Could it be that the gathering of a confederation of nations against Israel, as prophesied in Psalms 83, will finally take place because a well-crafted peace treaty falls through? So much so, that the anti-Israel nations would go so far as to attempt to destroy Israel completely?

Psalms 83:4 says "They have said, Come, and let us cut them off from being a nation; that the name of Israel may be no more in remembrance". Perhaps only after failing to defeat Israel (as insinuated in the rest of the Psalm) would the final seven-year treaty be signed - probably in a revised form.

The Jews, however, may find that the proposed peace treaty asks too much from them in exchange for too little. In which case, they may opt for the 'Samson Option' - choosing to defend Israel even at the cost of bringing down the entire world in a 3rd world war.

Israel may calculate that the world has never gone to war against her simply because it cannot afford to - and that they would not be the first ones to blink in the event that tensions escalate to the boiling point.

In an alternative scenario, knowing how keen Obama is to seal a Middle East peace deal even if it would be to Israels disadvantage - the UN may push for a deal while Obama still has the power to help push it through by November 2016. After all, theres no telling how much a Clinton or Trump presidency might complicate things in 2017.

It is also likely that a third-party,  considered to be 'neutral' - such as the U.N or perhaps NATO - would enforce such an agreement and provide the security required for its perceived success.

When would the timing of the peace treaty be? In Matthew 24: 30-36, Jesus said that the generation that saw the rebirth of Israel as a nation in the end times would not pass, "till all these things be fulfilled" including the events immediately preceding the second coming of Jesus Christ.

The question then arises how long a generation would be. Scholars originally considered it to be 40 years, but time has since disproved that theory.

According to khouse.org, a generation as described in the Bible begins at conception and ends at death (Genesis 17:6-9; Psalms 22:30; Jeremiah 1:4,5; Acts 13:36; Joshua 24:29-31). Consequently, the average lifespan of a group of people living at about the same time constitutes the length of that generation.

The article concluded this to be 70-80 years based on Psalm 90. On that basis, counting 70 to 80 years from the date of the birth of Israel in 1948 would propel us to 2018 - 2028, providing a ten-year time frame within which the last seven years prior to the return of Christ could run.

Does that mean that no peace treaty is possible prophetically before 2018? That would depend on whose definition of a generation is more accurate.

Other experts are persuaded that a generation actually lasts 40-70 years, in which case the peace treaty deadline could be May 14, 2018 - making 2016 to 2017 a distinct possibility for a peace settlement timeframe.

For Christians, regardless of the exact timing, the imminence of a Middle East peace treaty is all exciting, and pregnant with spiritual significance: The Antichrist is about to be revealed. The Third Temple will be rebuilt soon. Jesus is coming back again.

And no matter whether we hold the pre-Tribulation, mid-Tribulation or Post-Tribulation view,  it won't be long before the believer in Christ will start to begin an eternity with God in a sin-free, perfect paradise called the New Heaven and the new Earth (Rev 21:1). – ends

Om die HERE te dien is ‘n Werklikheid


Image result for person praying on knees 


Daar is kere wat ons bid en die antwoord is daar, tog ander kere neem die antwoord ‘n kort rukkie of bly dit ‘n lang ruk weg. Bly dit werklik weg, of is dit net nog nie tyd vir die antwoord nie?
            Hoe dit ook al sy, wat doen ek en jy intussen? Het jy al by iemand aangeklop en daar was nie antwoord nie? Later in die dag sien jy die mense in die supermark en jy noem dat jy by hulle was... en hulle sê: “Maar hoekom het jy nie langer geklop nie, ons was tuis, seker net in die agterplaas.”
            “Bid, en (wat?) vir julle sal gegee word; soek, en (wat?) julle sal vind; klop, en (wat?) vir julle sal oopgemaak word. Dis feite!
“Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.” Matt 7:7-8
En wie het dit gesê? Jesus Christus.
In Lukas 11 vertel Jesus self van die man wat die nag sy vriend kom opklop het vir drie brode. Die man het aanhou klop... en uiteindelik die brood gekry. As hy ophou klop het, het hy dit nie gekry nie.
Dit maak nie saak hoe lank jy klop nie, weet dit vir seker, jy sal beslis jou antwoord kry.
Hier is die klinkklare bewys:”Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” 1 Kor 1:20
Ons moet bly vertrou, positief bly, in afwagting leef... want jy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; (hoekom?) want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
“Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie... Jak 1:6-7
Staan vas, weier om te twyfel, Jesus is ‘n waarmaker van sy Woord.”
Net so vertrou ons ook, sonder om te twyfel, op die magtige Herlewing wat kom. – Sjibbolet

Saterdag 02 Julie 2016

Jy is begenadig...


Image result for mooi christelike prente




In 1829 is George Wilson in Pennsilvanië deur ’n VSA regsbank tot die dood veroordeel omdat hy ’n poskoets beroof en in die proses ‘n moord gepleeg het.
            Pres. Andrew Jackson het hom begenadig, maar hy het die vryspraak verwerp. Wilson het daarop gestaan dat dit nie ’n vryspraak is, tensy hy dit aanvaar nie, en hy weier dit. So ’n insident het nog nooit voorgekom nie en die president het die Hooggeregshof saamgeroep om hieroor uitsluitsel te gee.
            Hoofregter John Marshall het soos volg besluit: “’n Begenadiging is ‘n stuk papier, die waarde wat bepaal word deur die ontvangs daarva1n deur die persoon wat dit impliseer. Mens kan skaars verwag dat iemand wat ter dood veroordeel is en dit ontvang sulke begenadiging weier. Maar as dit geweier word, dan is dit geen begenadiging nie. George wilson moet gehang word.” George Wilson is toe ook gehang, want tot die einde toe het hy geweier om die vryspraak te aanvaar.
            Soos Hoofregter John Marshall opgemerk het, is dit moeilik om te glo dat ’n veroordeelde persoon sy vryspraak sal verwerp en daardeur kies om te sterf. Waar dit die doodsvonnis van ons aardse lewe betref, sal dit alleen by hoë uitsondering, indien ooit weer, van die hand gewys word.
Wat die ewige doodsvonnis van ons siel betref, is dit ’n bedroewende, algemene verskynsel. Christus het aan die kruis gesterf en so ons doodsvonnis op Homself geneem en daarom spreek God ons vry van die straf van die Ewige Dood.
Hierdie vryspraak is ook net geldig as dit aangeneem word. “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Joh. 1: 12).
As Christus se vryspraak nie aangeneem word nie, het dit nie geldige waarde vir ons nie. ’n Mens gaan verlore, nie omdat hy kies om verlore te gaan nie, maar omdat hy nie gekies het om gered te word nie, deurdat hy nie op die roeping en die uitnodiging na Christus toe gereageer het nie.
            “God het nie sy Seun na hierdie wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die engiste Seun van God glo nie.” Joh 3:17-18
            Gebruik hierdie as ‘n traktaat en versprei dit so ver moontlik. Bid dan ook hiermee saam vir ‘n grootse Herlewing. – Sjibbolet

Vrydag 01 Julie 2016

Daar sal vir seker oopgemaak word...



Dr A.T. Schofield skryf in sy boek “Behind the Brass Plate, die verhaal van ene Maria Vincent.
Schofield, ‘n mediese dokter, vertel dat hy eendag ‘n arm deel in Engeland besoek het en daar afgekom het op die 72-jarige Maria Vincent.
Haar man het haar enkele jare tevore verlaat en aan haar lot oorgelaat. Sy was arm en het in ellendige omstandighede geleef. Sy was ondervoed, sonder warm klere of hout om mee vuur te maak. Behalwe die enkele barmhartige Samaritaan wat af en toe hom oor haar ontferm het, kon die dokter nie glo dat al haar vriende haar so kon verstoot nie.
Toe hy haar na haar kinders en vriende vra, antwoord sy dat sy geen kinders of vriende het nie. Dat sy nie kinders gehad het nie, het hy aanvaar, maar hy kon dit nie glo dat sy geen vriende het nie.
 

Later gee sy toe dat sy een vriendin het, maar sy dink dié vriendin het haar lankal vergeet.
Die dokter het by haar aangedring om vir hom te sê wie dit is, want die vrou het sorg nodig gehad. Sy kom toe uit daarmee dat sy en Koningin Victoria op ‘n keer vriende was.
Schofield het nie geweet of hy haar kon glo nie, maar tuis het hy gaan sit en 'n verduidelikende brief aan die koningin geskryf. Na 'n paar dae kry hy 'n antwoord. Dit is waar, skryf die koningin, en sy het Maria nie vergeet nie, maar hulle het lankal nie meer met mekaar kontak gehad nie. By die brief was 'n som geld ingesluit om vir al haar onmiddellike behoeftes te voorsien, en voorgeskrewe reëlings wat die koningin getref het, sodat Maria vir die res van haar lewe versorg en gerieflik as 'n vriendin van die koningin kon leef.
Maria het die Koning baie lank terug ontmoet. Sy het onder beskerming van lyfwagte in ‘n boot op die rivier gevaar, toe die skipper ineens ernstig siek geword het.
Die lyfwagte het die boot voor Maria se huisie laat vasmeer en hulp kom vra... of die skipper in haar huis kon vertoef terwyl die koninklike wag reëlings tref vir ‘n ambulans of helikopter om te skipper te kom haal.
‘n Tydjie daarna het die koningin vir Maria besoek om dankie te kom sê en vir Maria ‘n paar geskenke gebring. Dis hoe die vriendskap begin het maar later doodgeloop het.
Maria het toe genoem dat sy lank gelede ook vriende met die Keiserin van Frankryk was. Weer het die dokter ‘n brief geskryf en kort daarna het die Keiserin, pragtige brief teruggeskryf, ook met meer as genoeg geld in. Toe die dokter die Keiserin se brief aan Maria voorlees het die trane oor haar wange gestroom want sy was verstom dat die Keiserin haar onthou het.
            Die Here Jesus maak Homself in die gelykenis as ons vriend bekend. Hy sê ook uitdruklik: “Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel" (Joh.15:14).
            Ons kan met enige behoefte na Hom toe gaan. Is dit geestelike nood? 'n Bewussyn van sondeskuld en afvalligheid van God. Is dit materiële nood? Geld- of klere- of kos-behoeftes. Is dit persoonlike nood? Eensaamheid of bedruktheid of iemand se vyandskap of 'n beproewing? Met elke behoefte van ons kan ons na ons Vriend toe gaan.
Hy het ons nie vergeet nie, maar ons het nie gevra nie! "Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal (vir seker) oopgemaak word" (Luk.11:9,10). – Sjibbolet

·       Onthou om voor 1 Julie 2016 in te teken by  http://gebedversoeke.blogspot.co.za/

om boodskappe in die toekoms te kan ontvang.

‘n Geliefde is Huis toe...


Image result for Red roses

Die lewe is soos ‘n lang pad wat mens moet aflê. Op verskillende plekke is daar uitkykpunte. Mens kan oomblikke daar stilhou en op die uitkyktoring gaan staan.
            Annetjie Steenkamp se begrafnis is so ‘n uitkykpunt. Jy wat nou ook by hierdie uitkykpunt is, ek sien saam met jou al die mooi dinge langs jou pad. Ek is saam met die HERE trots op jou en jou  prestasies.
            Terwyl jy by hierdie uitkykpunt staan, wil jy natuurlik ook graag vorentoe kyk. Niemand van ons weet wat die toekoms inhou nie, behalwe dat  Sy Woord duidelik sê dat Sy hand van ryke seën op ons rus, dat Hy ons paaie gelykmaak.
            Daarom gaan mens vorentoe, na die volgende uitkykpunt, wetende daar wag groter voorspoed, oorvloed en ryke seën... en grootste van alles, die Ewige Lewe!
Die HERE het ons geken, vir my en vir jou, van voor ons geboorte af: Psalm 139:13-16. Hy sal ons ook dra tot in gryse ouderdom: Psalm 71:6-9.
So, wanneer jy terugkyk dank ek saam met jou die HERE vir al Sy goedheid en guns, Sy liefde en genade en ook die wysheid wat Hy jou as geskenk gegee het.
Kyk dus vorentoe met ‘n blymoedige hart. Onthou, Abraham het nie geweet waarheen hy gaan toe hy deur die woestyn moes trek nie, maar hy het geweet saam met Wie hy gaan!
As jy by hierdie uitkykpunt stilgehou het en jy is oorval deur onsekerheid oor die pad na die volgende uitkykpunt, vertoef dan nog ‘n rukkie, kniel eers en maak jou saak met Jesus uit. Doen dit... jy durf nie verder reis sonder Jesus nie. Maak 2 Julie 2016 die belangrikste datum ooit in jou hele lewe.
En verder: Volharding bring oorwinning mee  –  jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag daartoe gee: Fil 4:13.
God se Belofte aan jou staan vas:
Net goedheid en guns volg jou elke dag....
            Ek kyk uit vir jou by die volgende Uitkykpunt! – Sjibbolet

Dinsdag 28 Junie 2016

Die Groot Oes

“En Hy sal sy Engele uitstuur met harde trompetgeluid,
en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier
windstreke, van die een einde van die hemele af tot
die ander einde daarvan.” Matt 24:31



Die doel van die oes aan die einde van die tyd is om
die uitverkorenes (en en jy) uit die vier windstreke
byeen te bring. Die gelowiges sal uitgeroep word
uit die geledere van die geestelike kragte wat in
daardie stadium in beheer van die wêreld is.


Die Vallei van Doodsbeendere


Image result for valley of death

Die wêreld soek na God. Ironies egter, is dat terwyl die wêreld na God soek, sit Christene vas aan die slaap in die kerkbanke, weggevoer in hul kerklike tradisies asof in ‘n geestelike koma.
            Min is gepla oor wat die Bybel, die Lewende Woord van die Almagtige God sê. Hulle is doodtevrede met hulle kerk se kerkleerstellings.
            Mens vra verwonderd en geskok: Hoe kan almal dieselfde Bybel hê en tog het elkeen ‘n ander kerkleer. Inderdaad “smal is die pad wat na die Hemel lei.”
            Reg oor die wêreld, veral op ekonomiese gebied, vind amalgamasies en samewerking plaas. Selfs lande wat in blokke begin saamwerk weens die verslegtende toestande, maar die kerk stig eerder nuwe kerke as om saam te smelt of saam te werk.
            Dis tyd vir ‘n magtige Herlewing. Die wêreld het nodig om te weet  hoe om by die HERE God Yaweh uit te kom... nie ingevolge menslike menings nie, maar soos in: “So sê die HERE.”
            Wat is die Christelike lewensstyl. Die wêreld soek na die ware Christelike Bybelse lewensstyl. Die wêreld is sonder inligting oor Golgota en die Verlossingsplan.
            Die wêreld is deurweek van die sonde. “Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.” Spr 14:34
            Kan God hierdie skrikwekkende toestand aanspreek? “Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33
Luister na 2 Kron 7:14 “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig (want die kerk het te hoogmoedig geword) en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë (uiters belangrik), dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Die kerk moet nie gelei word deur vooraanstaandes nie, maar deur biddende leiers. Nie deur kerklike leerstellings nie, maar deur die Bybel.
Ons moet ‘n honger hê na God,  na verlore siele, en wyk van ons verkeerde weë... nie halfpad nie, nie tydelik nie, vir altyd, en bely, gedoop word en herleef.
Dan sal die HERE hoor van die Hemel en vergewe  en ons land heelmaak. Dis tyd vir Herlewing.
            God het Esegiël na ‘n bergtop geneem en aan hom visioen getoon van Eseg 37:1-4
            Een van die grootste openbarings in juis hierdie tyd, is dat ons, die Christendom, Israel is, nie die Jode (Judah) wat in die land Israel woon nie. Na die groot Herlewing gaan Israel en Judah weer verenig... die hele Israel, al 12 stamme voor die Groot Wit Troon in Openb. 7:4
            Is dit te laat om te laat herleef wat eens lewendig was, want dit is nou dood. “Kan hierdie bene weer lewendig word?” Esegiël gehoorsaam die HERE en preek en God het nuwe lewe in die dooie bene ingeadem. God het vir homself ‘n magtige Leërmag laat herleef.
            Die kerke sit vandag vol mense, maar die mense is sonder die krag van God. Hulle leef ongehoorsaam, is selftevrede en apaties.
            Hulle sê hulle glo, maar volg nie!
            Hoekom is dit dat mense in groter getalle kerk toe kom, maar minder ontvang. Hulle bely nie hulle sondes nie, wyk nie af van hul dwaalweë nie. Hulle is geestelike kadawers, droë beendere.
            Hoe weet jy wanneer jou bene uitgedroog het, of die gemeente se bene uitgedroog het:

·       Wanneer jy geen begeerte tot Bybelstudie en gebed het nie;
·       Wanneer geestelike gesprekke vir jou ‘n verleentheid is of as jy dit vermy;
·       Wanneer jy sonde afmaak as redelike gedrag;
·       Wanneer jy Skrif aanhaal, dienste bywoon, maar dit maak geen verskil aan jou leefwyse;
·       Wanneer die lewe vir jou om geld draai;
·       Wanneer dit nie vir jou saak maak dat ander swaarkry en geestelik verlore is nie;
·       Wanneer jy vertel dat jy met die Heilige Gees vervul is, maar jy gaan voort met jou streke soos met bedrog en ander sondes;
·       Wanneer die aanbiddingsdiens geen geestelike effek op jou het nie;
·       Wanneer jy nie ‘n blye versekering het nie;
·       Wanneer ‘n gemeente ly weens die moderne effekte in die gemeenskap;
·       Wanneer die gemeente skeurings beleef;
·       Wanneer ons nie eers weet wat van almal geword het nie;
·       Wanneer die probleme in die gemeente so groot is dat jy nie weet waar om te begin om dit reg te ruk nie;
·       Wanneer dit nie meer vir jou ‘n motivering is om kerk by te woon nie;
·       Wanneer jy sin en moed verloor oor die gemeente.
Herlewing kom deur die prediking van die Lewende Woord. Esegiël het dit so beleef;
·       Dit was nie deur Esegiël se krag nie, maar deur die krag van God. Matt 4:4;
·       Herlewing kom deur gebed 2 Kron 7:14
Let op, die dooie beendere het begin lewe toe Esegiël God se opdrag gehoorsaam het en begin preek het.

Hoe begin die Herlewing?
1.              Erken dat jy of jou gemeente, dooie beendere is.
2.              Keer terug na God, na die Lewe en wyk af van die verkeerde weë;
3.              Verheug jou in die HERE en raak weer betrokke by hartstogtelike aanbidding. Ps 32

Frank Houghton, ‘n Sjinese sendeling het die volgende lied in die 1930’s geskryf. Dit was vergesel van ‘n spesiale versoek vir die oplei van 200 Sjinese sendelinge.
“Facing a task Unfinished.” Dit was jarelank deur baie gesing en toe nooit weer nie. Vanjaar 2016, egter het talryke gemeentes reg oor die wêreld dit weer begin sing:

https://www.youtube.com/watch?v=kofO3tCkHKY
Sien ook Psalm 85: 5-14.
Wees bekommerd oor hulle rondom jou. Maak seker hulle is gereed en  bemoedig almal om op te kyk, want ons heil is voor die deur. – Sjibbolet

Wekroep
Met die laaste sensusopname het 34 689 907 Suid-Afrikaners gesê dat hulle Christene is.
            As hulle inderdaad ware gelowiges is, dan moet hulle noodwendig aan die volgende wekroep gehoor gee:
            “Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend! Sing, psalmsing tot Sy eer, spreek van al Sy wonders.  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van diegene wat die HERE soek, bly wees.” – 1 Kron. 16:8-10.
            “Vertel onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders.  Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. Gee aan die HERE o’ geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.  Gee aan die HERE die eer van sy Naam…”  -- 1 Kron. 16: 25,25,28.
            As meer as 34 miljoen Christene in Suid-Afrika aan hierdie wekroep gehoor gee, sal die land dan nie genees nie?
            “…En My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” – 11 Kron. 7:14. – Sjibbolet

Attachments area
Preview YouTube video Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Die Vallei van Doodsbeendere


Die wêreld soek na God. Ironies egter, is dat terwyl die wêreld na God soek, sit Christene vas aan die slaap in die kerkbanke, weggevoer in hul kerklike tradisies asof in ‘n geestelike koma.
            Min is gepla oor wat die Bybel, die Lewende Woord van die Almagtige God sê. Hulle is doodtevrede met hulle kerk se kerkleerstellings.
            Mens vra verwonderd en geskok: Hoe kan almal dieselfde Bybel hê en tog het elkeen ‘n ander kerkleer. Inderdaad “smal is die pad wat na die Hemel lei.”
            Reg oor die wêreld, veral op ekonomiese gebied, vind amalgamasies en samewerking plaas. Selfs lande wat in blokke begin saamwerk weens die verslegtende toestande, maar die kerk stig eerder nuwe kerke as om saam te smelt of saam te werk.
            Dis tyd vir ‘n magtige Herlewing. Die wêreld het nodig om te weet  hoe om by die HERE God Yaweh uit te kom... nie ingevolge menslike menings nie, maar soos in: “So sê die HERE.”
            Wat is die Christelike lewensstyl. Die wêreld soek na die ware Christelike Bybelse lewensstyl. Die wêreld is sonder inligting oor Golgota en die Verlossingsplan.
            Die wêreld is deurweek van die sonde. “Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.” Spr 14:34
            Kan God hierdie skrikwekkende toestand aanspreek? “Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matt 6:33
Luister na 2 Kron 7:14 “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig (want die kerk het te hoogmoedig geword) en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë (uiters belangrik), dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Die kerk moet nie gelei word deur vooraanstaandes nie, maar deur biddende leiers. Nie deur kerklike leerstellings nie, maar deur die Bybel.
Ons moet ‘n honger hê na God,  na verlore siele, en wyk van ons verkeerde weë... nie halfpad nie, nie tydelik nie, vir altyd, en bely, gedoop word en herleef.
Dan sal die HERE hoor van die Hemel en vergewe  en ons land heelmaak. Dis tyd vir Herlewing.
            God het Esegiël na ‘n bergtop geneem en aan hom visioen getoon van Eseg 37:1-4
            Een van die grootste openbarings in juis hierdie tyd, is dat ons, die Christendom, Israel is, nie die Jode (Judah) wat in die land Israel woon nie. Na die groot Herlewing gaan Israel en Judah weer verenig... die hele Israel, al 12 stamme voor die Groot Wit Troon in Openb. 7:4
            Is dit te laat om te laat herleef wat eens lewendig was, want dit is nou dood. “Kan hierdie bene weer lewendig word?” Esegiël gehoorsaam die HERE en preek en God het nuwe lewe in die dooie bene ingeadem. God het vir homself ‘n magtige Leërmag laat herleef.
            Die kerke sit vandag vol mense, maar die mense is sonder die krag van God. Hulle leef ongehoorsaam, is selftevrede en apaties.
            Hulle sê hulle glo, maar volg nie!
            Hoekom is dit dat mense in groter getalle kerk toe kom, maar minder ontvang. Hulle bely nie hulle sondes nie, wyk nie af van hul dwaalweë nie. Hulle is geestelike kadawers, droë beendere.
            Hoe weet jy wanneer jou bene uitgedroog het, of die gemeente se bene uitgedroog het:

·       Wanneer jy geen begeerte tot Bybelstudie en gebed het nie;
·       Wanneer geestelike gesprekke vir jou ‘n verleentheid is of as jy dit vermy;
·       Wanneer jy sonde afmaak as redelike gedrag;
·       Wanneer jy Skrif aanhaal, dienste bywoon, maar dit maak geen verskil aan jou leefwyse;
·       Wanneer die lewe vir jou om geld draai;
·       Wanneer dit nie vir jou saak maak dat ander swaarkry en geestelik verlore is nie;
·       Wanneer jy vertel dat jy met die Heilige Gees vervul is, maar jy gaan voort met jou streke soos met bedrog en ander sondes;
·       Wanneer die aanbiddingsdiens geen geestelike effek op jou het nie;
·       Wanneer jy nie ‘n blye versekering het nie;
·       Wanneer ‘n gemeente ly weens die moderne effekte in die gemeenskap;
·       Wanneer die gemeente skeurings beleef;
·       Wanneer ons nie eers weet wat van almal geword het nie;
·       Wanneer die probleme in die gemeente so groot is dat jy nie weet waar om te begin om dit reg te ruk nie;
·       Wanneer dit nie meer vir jou ‘n motivering is om kerk by te woon nie;
·       Wanneer jy sin en moed verloor oor die gemeente.
Herlewing kom deur die prediking van die Lewende Woord. Esegiël het dit so beleef;
·       Dit was nie deur Esegiël se krag nie, maar deur die krag van God. Matt 4:4;
·       Herlewing kom deur gebed 2 Kron 7:14
Let op, die dooie beendere het begin lewe toe Esegiël God se opdrag gehoorsaam het en begin preek het.

Hoe begin die Herlewing?
1.              Erken dat jy of jou gemeente, dooie beendere is.
2.              Keer terug na God, na die Lewe en wyk af van die verkeerde weë;
3.              Verheug jou in die HERE en raak weer betrokke by hartstogtelike aanbidding. Ps 32

Frank Houghton, ‘n Sjinese sendeling het die volgende lied in die 1930’s geskryf. Dit was vergesel van ‘n spesiale versoek vir die oplei van 200 Sjinese sendelinge.
“Facing a task Unfinished.” Dit was jarelank deur baie gesing en toe nooit weer nie. Vanjaar 2016, egter het talryke gemeentes reg oor die wêreld dit weer begin sing:

https://www.youtube.com/watch?v=kofO3tCkHKY
Sien ook Psalm 85: 5-14.
Wees bekommerd oor hulle rondom jou. Maak seker hulle is gereed en  bemoedig almal om op te kyk, want ons heil is voor die deur. – Sjibbolet

Wekroep
Met die laaste sensusopname het 34 689 907 Suid-Afrikaners gesê dat hulle Christene is.
            As hulle inderdaad ware gelowiges is, dan moet hulle noodwendig aan die volgende wekroep gehoor gee:
            “Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend! Sing, psalmsing tot Sy eer, spreek van al Sy wonders.  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van diegene wat die HERE soek, bly wees.” – 1 Kron. 16:8-10.
            “Vertel onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders.  Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. Gee aan die HERE o’ geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.  Gee aan die HERE die eer van sy Naam…”  -- 1 Kron. 16: 25,25,28.
            As meer as 34 miljoen Christene in Suid-Afrika aan hierdie wekroep gehoor gee, sal die land dan nie genees nie?
            “…En My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” – 11 Kron. 7:14. – Sjibbolet

Attachments area
Preview YouTube video Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Facing a Task Unfinished by Keith & Kristyn Getty with Lyrics

Vrydag 24 Junie 2016

Die Goeie Samaritaan...


Joseph Scriven was 'n diep gelowige ryk en geleerde jongman in Ierland. Die nag voor sy troue het sy verloofde in 'n rivierongeluk verdrink.
“Die 25-jarige Joseph was diep bedroef. Hy het besef niemand kan hom help nie, behalwe sy getroue vriend Jesus Christus. Vir hom was Jesus uit en uit sy Vriend. Hy het geweet Jesus is uit en uit ‘n getroue Vriend.
Kort hierna, in 1845, het hy na Kanada verhuis waar hy bietjie later op trou gestaan het met Eliza Roche. Sy het egter kort voor die troue siek geword en gesterf.


Scriven het sy BA graad aan Trinity Kollege verwerf en bekend geword vir sy gedigte. Daar was een gedig wat niemand van geweet het nie, wat hy baie lank aan gewerk het. Hy het later gesê hy en Jesus het dit geskryf.
Na die dood van Eliza het hy besluit om sy lewe aan Christus toe te wy deur ander te help, soos Jesus sy dissipels geleer het: “Gee en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol... met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” Luk 6:42
Hy het geld en klere aan mense wat dit nodig gehad het gegee, vir ander het hy sonder vergoeding take verrig, en bekend geword as die Goeie Samaritaan van Port Hope, waar hy gewoon het.
Sy moeder in Ierland het siek geword. Hy het vir haar 'n vertroostende brief geskryf en die woorde van die nuwe gedig wat hy geskryf vir haar ingesluit. Hy het haar aangemoedig om nie te twyfel in haar beste vriend, Jesus Christus, nie.
Hy het eenkeer self siek geword. 'n Vriend het hom besoek en die gedig se woorde op 'n los vel papier, langs die bed, gesien.
“Wie het dit geskryf?” wou die verbaasde vriend weet. “Ek en die HERE het dit saam geskryf,” het Scriven geantwoord.
Joseph is op 66-jarige ouderdom Huis toe. Sy graf, met die lied se woorde op die grafsteen, is te sien naby Peterborough, Ontario. Die gedig is later deur Charles C. Converse getoonset.
Van toe af sing ons almal: “Wat 'n Vriend het ons Jesus.”
            Die rykste aardse vrug van Joseph Scriven se beproewing en toewyding daarna, is die waarde wat hierdie lied die afgelope byna 'n eeu en 'n half vir gelowiges gehad het.
Dit inspireer geloof en bring vrede vir die hart. Die lied vertel van die grootste beskutting wat ons in hierdie lewe het: om Jesus as Vriend te ken:

Wat 'n Vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan...
                       Dis geskryf deur ‘n man wat twee keer ‘n aanstaande bruid kort voor die troue aan die Ewigheid moes afstaan.
            Joh. 15: 9-17: "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê... So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.” Joh 15: 13,16
            Joseph het hom gereeld saam met sy vriend Jesus Christus afgesonder. Vir hom was dit ‘n werklikheid, ‘n uitgemaakte saak... Jesus, sy beste vriend.
            Let op na die woorde van die lied wat hy geskryf het. Dis so betekenisvol dat ons ook elke keer wat ons onsself saam met Jesus afsonder, die lief kan sing.

1.    Wat ‘n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig, tot God’s troon deur Hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node uitstort in God’s Vaderhart!

2.    As versoeking en beproewing, of kwelling ons bedreig,
Laat ons nooit mismoedig word nie, laat ons bede opwaarts styg…
Nêrens is ‘n vriend getrouer, as Hy wat ons node weet;
Jesus voel met al ons swakheid, en wil deel in al ons leed.

3.    Is ons swak, gedruk deur laste, onder kommer neergebuk,
Dierb’re Heiland, onse toevlug, o bevry ons weer van druk,
As ons vriende ons versaak het, soek ons in gebed o Heer,
Aan Sy boesem is ons veilig, Hy vertroos ons keer op keer.

Mens moet dit eintlik mooi laat druk en oral uitdeel. Ook voor in jou Bybel sit. Dit kom uit die hart van ‘n man wat geweet het van Wie, en met Wie hy praat. – Sjibbolet

Gebedsversoek

Nege man reis deur die nag met twee voertuie om Christene wat hulle elf jaar laas gesien het, diep in Afrika te gaan bemoedig. Hulle het tien jaar lank elke jaar met groot sukses  die Evangeliedaar  uitgedra. Omstandighede het gemaak dat hulle die afgelope elf jaar nie kon gaan nie. Die paaie is swak met struikrowers en vegtende magte oral. Hulle is swaar gelaai  met die Evangelie, Bybels, en alles wat hulle mag nodig hê. Die beplanning en voorbereiding is al geruime tyd aan die gang. Hulle gaan om Christene wat hulle na die HERE gelei het, te bemoedig en om geestelike materiaal aan hulle te verskaf om die werk uit te brei. Hulle sal na verwagting na die middel van Julie terug wees. Dankie dat almal hulle in gebed sal dra. Dis ‘n Jesus sending so geen besonderhede word oor hulle bekend gemaak nie.