Woensdag 01 Junie 2016

Uitverkiesing...


Image result for person walking in circles


Hieroor loop heelwat mense in sirkels en sommige gebruik dit as verskoning om voort te gaan met hul sondige bestaan. “Ek is nie uitverkies nie,” sê hulle.
            Jy kan maar so sê, jy kan ook vele ander verskonings gebruik, maar jy sal nie daarmee wegkom nie. Jy onderskat die Almag van God totaal. Jy mag sê jy maak nooit foute nie, wel, hierdie is beslis jou grootste fout ooit.
            Die bekende prediker, C. H. Spurgeon, skryf oor uitverkiesing: “Op die volgende manier kan jy van jou uitverkiesing seker wees. Voel jy dat  jy 'n verlore, skuldige sondaar is?
“Gaan reguit na die kruis van Jesus en vertel dit vir Hom. Sê vir Hom jy het in die Bybel gelees dat Hy gesê het: "Ek sal hom wat na My toe kom nooit uitwerp nie." Joh 6:37
“En vertel vir Hom dat jy ook in die Bybel lees: "Dit is 'n betroubare Woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red. 1 Tim 1:15).
Kyk op na Jesus, vertrou Hom met jou ganse wese, en jy sal sekerheid kry dat ook jy uitverkies is tot die Ewige Lewe.
So seker as wat jy glo, so seker is jy uitverkies. Laat vaar alle onrustige vrae oor uitverkiesing. Gaan na Jesus toe, net soos jy is, hoe skuldig ook al. Skuil in Sy wonde.
“... sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê.” Joh 3:15
Die Heilige Gees sal aan jou 'n versekering gee wat jou sal laat sê: "Ek weet in wie ek glo, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pad te bewaar tot die Einde toe.” 2 Tim 1:12
Plaas jou vertroue in Jesus Christus. Hy was teenwoordig toe God die Ewige raadsbesluit van die uitverkiesing geneem het. Hy sal jou antwoord: “Ja, Ek het jou liefgehad met 'n Ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” Jer 31:3
            Het jy geweet, die HERE weet van jou nog voordat jy die moederskoot ingegaan het.
            “Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder  se liggaam was, het Hy my op die naam geroep.” – Jes 49:1
            “Moenie bang wees nie. EK verlos jou. EK het jou op jou naam geroep, jy is MYNE.” – Jes 43:1
            “EK het jou uitverkies. EK het jou nie verwerp nie.” – Jes 41:9
            “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien, toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” - Ps 139:12-16
            “U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.” Ps 70:6
            “Al sou my vader en my moeder my verlaat. Die Here sal my onder Sy sorg neem.” Ps 70:6
            “Van my geboorte af is ek onder U sorg, van die begin van my lewe af is U my God.” – Ps 22:11
            Kom na Jesus toe. Net Sy goedheid en guns sal jou volg. – Sjibbolet