Vrydag 03 Junie 2016

In Gees en in Waarheid - Joh 4:24


Image result for people sitting in a bus


Ons weet die meeste van die tyd nooit


Stephen Covey, skrywer van die gewilde Seven Habits of Highly Effective People, skryf dat hy een Sondagoggend in New York die bus haal. Die passasiers sit tydens die rit rustig en stil.
Sommige lees, ander sluimer bietjie in, ander sit net by die vensters en uitkyk. Alles verander toe 'n man, met kinders by hom, opklim.
Die kinders is luidrugtig en is die hele bus vol rumoerig. Die man lyk onbewus van wat om hom aangaan. Hy het langs Covey kom sit. Die kinders skreeu op mekaar, gooi goed rond, gryp selfs sommige mense se koerante. Nog doen die man niks. Eers probeer Covey sy toenemende ergerlikheid beheer, maar toe die man steeds die kinders se oproerigheid ignoreer, raak dinge vir Covey te erg.
Hy draai na die man toe: "Meneer, jou kinders is regtig steurend hier op die bus. Kan jy hulle nie asseblief beheer nie!”
Dit lyk of die man uit 'n beswyming bykom. “Ag, askies tog, jy is reg, ek moet regtig iets doen. Ons kom nou net van die hospitaal af. Hulle ma, my vrou, is 'n uur gelede dood.
“Ek weet nog nie mooi wat om te maak nie. Ek dink hulle weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.”
Covey het later geskryf: “Kan julle julleself voorstel hoe ek op daardie oomblik gevoel het? Skielik sien ek alles anders, ek het anders gedink, anders gevoel en ek het anders opgetree. My irritasie was weg.
“My hart was gevul met pyn vir hierdie man. My gevoelens van simpatie en meegevoel het vryelik gestroom. Alles het letterlik in ‘n oomblik verander. Ek het aan hom gesê: “Ek is so jammer. Wat kan ek doen om te help?”
            Covey sê later aan homself: “As ek net kon weet wat in iemand se lewe aangaan, wat hom laat optree soos hy optree, hoe anders sou ék dalk gevoel en teenoor hom gehandel het?”
            Meeste van die tyd weet ons nie. As ons, soos die HERE versoek, in Gees en in Waarheid beweeg, dan sou ons eers met die HERE gepraat het.
            “...en toe hy hom sien het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind.” Luk 10-33,34