Donderdag 25 Junie 2015

Ons het ook Geestelike Oë


 Image result for geestelike oe


Kan ons in die geesteswêreld insien, soos om Engele te kan sien? Ja ons kan. Dit het in die Bybelse tyd gebeur en gebeur steeds.
            Let op die volgende gebeurtenis:
            “En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad.
            “En sy dienaar sê vir hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?
            “Maar hy antwoord hom: Vrees nie; want dié wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!
            “En Elisa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë dat hy kan sien. En die Here het die oë van die dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa.” 11 Kon 6:15-17
            Die dienaar sien net die oormag van die vyand. Elisa sien ook die oormag (vleeslike oë), maar hy sien (geestelike oë) ook God se leërmag.
            Toe die dienaar se geestelike oë open, toe sien hy ook die legioene Engele.
            Lees die hele Kon 6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan.
            ‘n Vrysaatse vrou het gesien hoe ‘n Engel haar en haar dogter red van ‘n motorongeluk. ‘n Man wou selfmoord pleeg toe ‘n Engel hom keer. ‘n Durbanse polisieman is deur ‘n Engel besoek. Verhale oor Engele in ons dag is volop.
            Na Jesus se opstandiung het sommige Hom in die vlees en  dan weer in die Gees belewe.
            Joshua 5:15-15 is ‘n weerspieëling van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog in Israel gebeur het.
            “En terwyl Joshua by Jerigo was, slaan hy sy oë en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons, of  by ons vyande?”
            Hierdie man met die ontblote swaard was nie vir Joshua identifiseerbaar nie. Daarom vra Joshua hom: Behoort u by ons, of by ons vyande?
            “En die man sê:  Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).”
            Die man het geantwoord hy is die Hoof van die Leër van die HERE!
            Die gedagte verruk ‘n mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.
            Ons sukkel met ons perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie. Ons moet in Gees en Waarheid aanbid.
            “Maar daar kom 'n uur, en dit is (juis) nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
            “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
            Saam met die Hoof van die Leërmag is etlike legioene Engele.
            Hulle was daar toe die Rooi See oopgekloof is, hulle het die mure van Jerigo  in mekaar laat tuimel, hulle was ook saam met Josafat toe die vyand skielik homself vernietig het, en met Jonathan toe hy die Filistyne bestorm het, saam met Dawid toe hy Goliat verslaan het, saam met Daniël in die Leeukuil en helaas, ook telkemale saam met ons eie mense in die Grensoorlog.
            Paulus-hulle is in Hand. 16:25 in die tronk. Gaan kyk hoe God se Engele hulle daar uithaal.          
            Ons aanbid nie en bid ook nie tot Engele nie. Engele is dienende geeste wat deur God uitgestuur word. Ons dank God vir sy Engele! “Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?” Heb. 1:14.
            Ps. 91:11 “... want Hy sal sy Engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.”
            Waar moet ek en jy wees (Ps. 91) om die beskerming van die Engele te geniet:

•          In die skuilplek van die Allerhoogste (strofes 1 & 2)
•          Die HERE ons toevlug maak (9)
•          Ons moet GOD waarlik liefhê (14)
•          Ons moet GOD aanroep (15)   —  Sjibbolet  

Dinsdag 23 Junie 2015

Elke Petrus kan ‘n Rots word!


Image result for paulus in die bybel

Geen volgeling van Jesus Christus moet ooit redeneer dat dit onmoontlik is om te struikel en te val nie.

            In hierdie opsig waarsku 1 Kor. 10:12 “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”
            Asook Gal. 6:1 “Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.”

            Hierdie boodskap handel oor Mat. 26:17-35 en Mat. 26:69-75.
            Petrus had ‘n geleentheid wat nie een van ons nog ooit gehad het nie – om fisies sy aan sy met Jesus Christus te wandel.
            As iemand soos Petrus vir Christus kon verraai, wat dan van ons?
            Dit gebeur gouer as wat jy mag dink. Ons kan onwaardig by die Heilige Nagmaal aansit, met die treurige gevolge dat ons ‘n oordeel oor onsself drink! Ja, inderdaad, so maklik is dit! 1 Kor. 11:20:34.
            Onder meer staan daar: “Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet, of die beker van die Here Jesus drink, sal skuldig wees aan die liggaam en die bloed van die Here Jesus.”
            Dan gebeur presies dieselfde as toe die Jode aan Pontius Pilatus gesê het; “Laat Sy bloed oor ons en ons kinders kom.”
            Daardie dag het die Jode ‘n oordeel oor hulself uitgespreek.
            Ons lees verder: “Want die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.
            “Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van Christus nie onderskei nie.”
            Watse oordeel drink ons oor onsself?
            “Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes en ‘n aantal het (selfs) ontslaap.”
         
Deur die jare het menige Christen gestruikel en geval. Oor hulle is gesê dat hulle “teruggeval” het.    Sommige is steeds in die eredienste, maar hulle kort bevryding want hulle het ‘n binding in hulle gees. Hulle is nie vry nie. Hulle kort ‘n herlewingsvuur. Wanneer mens in diepte na die lewe van Petrus kyk, dan lê die antwoord vir die teruggevallenes in verootmoediging – belydenis en terugkeer na God.
            Petrus het gevloek, gesweer en ontken dat hy Jesus ken. Dit het hy gedoen nadat:

•          Hy kragdadig deur die Here Jesus gebruik was,
•          Hy wonderwerke, tekens en wonders gesien het,
•          Sy naam in die Boek van Lewe geskrywe was,
•          Hy die siekes gesond gemaak en demone uitgedryf het, en
•          Die Evangelie verkondig het en siele vir die Koninkryk gewen het.

Petrus was vasgevang in die strik van twee vroue en ‘n groep wat nie wedergebore was nie:

•          meeste mans se swakheid en val is deur ‘n vrou veroorsaak,
•          baie mans, wat veronderstel is om die hoë priester in hul huis te wees, het die Here Jesus verraai toe hulle nie huislike situasies kon hanteer nie,
•          koning Dawid het deur ‘n vrou tot ‘n val gekom en hartseer oor miljoene mense gebring, en
•          heelwat jong Christene kom tot ‘n val wanneer hulle toegee onder die druk van onwedergeborenes.

Baie meen dat Petrus gesink het toe hy na Jesus op die water geloop het, maar hy het:

•          net begin sink, toe hy na Jesus geroep het, en daarna het hy wel op die water teruggeloop na die skip,
•          nogtans het hy meer gedoen as Johannes, Thomas en Jakobus, wat nie eers wou probeer om op die see te loop nie.
•          Hy het ‘n nuwe begin gemaak, opgestaan en weer probeer, en
•          ‘n nuwe dag, die eerste dag van die res van sy lewe, het na ‘n lang donker nag deurgebreek.

Petrus het ‘n spesiale uitnodiging ontvang alhoewel hy:

•          gevloek, gesweer en ontken het dat hy die Here Jesus ken,
•          hy die Here Jesus drie keer verraai het en drie keer bely het,
•          die Here Jesus in die openbaar verraai het en in die openbaar bely het,
•          sy les moes leer deur, deur ‘n lang eensame donker nag te gaan, en
•          hy die taak opgelê was om die Here Jesus se skape te laat wei.

Petrus het gesien dat die Here Jesus steeds vertroue in hom het, daarom het hy:

•          homself opgerig en bewys gelewer dat hy ‘n rots kon word,
•          hy het homself vergewe nadat Jesus hom vergewe het,
•          hy het soos baie mense maak, steeds homself verwyt nie,
•          hy het die verlede vergeet en uitgestrek na wat voor hom was, en
•          was deur God gebruik om derduisende ander na redding te lei.

As dit vandag sou gebeur, dan sal mense:

•          nooit weer vertroue in Petrus gehad het nie,
•          hom beskinder het en nie gegroet het nie,
•          hy sou nie toegelaat word om weer te preek nie,
•          sy predikerslisensie sou nooit weer hernu word nie,
•          niemand sou sy daad vergeet nie en dit steeds ophaal, en
•          die koerante sou hulle verlustig het in die storie dat ‘n vrou hom tot ‘n val gebring het,
•          sommige sou selfs gebid het dat die Vader hom uit hul midde moes neem, en
•          ander sou hulleself beter as Petrus geag het.

Maar die Vader het steeds vertroue in Petrus gehad. Deur Petrus se prediking:

•          is drie duisend siele op een dag gered,
•          het verlamdes opgespring en geloop,
•          is die Heilige Gees op mense uitgestort, en
•          gewone mense kon sien dat God met Petrus is.

Petrus het teenstand van die leraars gehad:

•          hulle het hom nie verstaan nie omdat hy nie altyd ortodoks was nie,
•          het ‘n etiket om sy nek gehang dat hy onkundig en ongeleerd sou wees,
•          hom vele kere vir verhoor gedagvaar,
•          hom gewaarsku om nie teen hulle tradisie te gaan nie, en
•          hom selfs gesensor, geslaan en in tronke opgesluit.

Alhoewel Petrus  bespot, vervolg en verguis is, het:

•          God sy salwing op Petrus gehou sodat hy vir ander tot diens kon wees,
•          gewone mense kon waarneem dat hy ‘n instrument in God se hand was,
•          het siekes die strate vol gestaan en is hulle aangedra om bedien te word,
•          mense het geweet dat as Petrus se skaduwee net op hulle sou val, hulle genees sou word, en
•          die tekens en die wonders wat sy bediening gevolg het, was bewys daarvan dat God hom vergewe het.

Soos wat Petrus straataf gestap het, onder die krag van God:

•          was die krag van God teenwoordig om die siekes te genees,
•          was dit selfs onmoontlik om die mense ordelik in rye te laat staan om bedien te word,
•          was daar nie genoeg tyd vir mense om hul probleme aan hom te verduidelik nie, en
•          was dit onmoontlik vir Petrus om die hande op al die mense te lê.

Hier is heelwat lesse uit Petrus se lewe te leer. Iemand het een keer gesê dis makliker vir ‘n sondaar om tot bekering te kom as vir ‘n teruggevalle Christen om na God en die gemeente terug te keer.

Wel, die Here Jesus verlang dat jy sal terugkeer. Hy stel in besonder belang in verlore skape.
            Die een groot struikelblok waarom teruggevalle Christene egter sukkel om ‘n volkome terugkeer te maak, is dat hulle nie hulself kan vergewe nie.
Die Vader sê: As ons, ons sondes bely, dan is Hy getrou en regverdig om ons al ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh. 1:9).
Hy voeg by: “So ver as die ooste verwyderd is van die weste (‘n onmeetbare afstand), so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” Ps 103:12. Noord en suid is sowat 21 000km van mekaar af, maar oos en wes is ‘n onmeetbare afstand.

Bely dan (en vergewe ook jouself) en strek jou dan uit na dit wat voor is.
Diegene wat die Petrusse in vandag se lewe verwerp het, staan ook skuldig voor God. Ook hulle moet vergewe en bely.
Vergeet dan van dit wat verby is. Strek jou uit na dit wat voor jou is.  Onthou, daar is meer glas in die voorruit as in die truspieëltjie! – Sjibbolet

Triomf of Trauma!


  Image result for wederkoms van jesus christus  Die keuse is jou eie









ONS lewe in die tyd van profetiese vervulling. Twee daarvan gaan die hele mensdom en die lewe op aarde dramaties en traumaties verander: Die verdrukking wat aandstonds oorgaan tot die sewejarige Groot Verdrukking, en die Wederkoms van Christus, ons Verlosser en Saligmaker!
          Dramaties en traumaties vir diegene wat God in Sy volheid nog nie ken nie, maar in triomf vir diegene wat, net soos die natuur Sy Wederkoms met reikhalsende verlange afwag!
          Die keuse berus by ons: Triomf of trauma!
          Ons bevind ons in ‘n tydvak waar meer profesie as tevore in vervulling gaan.  So bevind ons ook onsself veel nader aan die tyd van die Groot Verdrukking en die Wederkoms.
          Die eerste tekens van verdrukking is reeds duidelik oor die wêreld sigbaar. Die opmars van antichristiese magte en invloede, asook terrorisme en oorlog, is sterk aan die toeneem.
          Oor die wêreld heen, ook in ons eie land, smeul die onheil. Die lys van onmenslike booshede word by die dag langer. Let op die afgryslike moorde en verkragting in SA.
          Waarom sou iemand dink dat hy of sy hierdie dinge kan ontvlug? Sommige sluit hulle eenvoudig af vir hierdie gebeure. Hulle lees nie koerante nie, luister of kyk nie na nuusuitsendings nie. Die feit dat mense met hulle gedagtes die werklikhede probeer ontvlug, is die grootste klug van ons tyd.
          Ander besluit om kompromieë aan te gaan. Hulle lees darem so hier en daar die Bybel en gaan soms na ‘n kerkdiens.
          Maar min dien die waaragtige God met hulle hele hart, hulle hele siel en hulle hele verstand!
          Inderdaad leef ons in die tyd van die Laodisense, die tyd van menslike geregtigheid waar mense dink hulle regte word deur verdrae en wette beskerm.  Mense eet steeds soos Eva van die Boom van die Kennis in plaas van die Boom van die Lewe!
          Net een ding beskerm ‘n mens se regte, en dit is die bloed van Christus en sy Heilige Engele.
          2 Pet.1:19 lees: “Ons het die profetiese woord wat baie vas is (onwankelbaar is), waarop julle tog ag moet gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn (vir hoe lank?) totdat die dag aanbreek en die morester opgaan in julle harte.”
          God hou sy hand oor die Planeet Aarde. Hy sal nie Sy profetiese woorde rakende die mensdom en die planeet verander nie. Hy het verklaar dat sekere gebeure gaan plaasvind en geen niemand kan dit wysig nie.
          Nogtans is daar ‘n keuse vir die mensdom. Hy kan die oordele wat kom ontvlug deur veilig in Jesus hoede (die Ark) die skuil, of hy gaan voort op die pad van die Ewige verderf.
          God sê in Jer. 29:11 “Want Ek weet die gedagtes wat Ek oor julle koester, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.”
          Niks wat op hierdie planeet gebeur, kan vir God onkant betrap nie. Selfs ‘n mossie val nie na die aarde sonder dat Hy daarvan bewus is nie.
          God sê in Jes. 46:11-10 “Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê:  My raad sal bestaan en al wat My behaag, sal Ek doen.”
          Nog voordat die satan sy aanvalle kan loods, het God reeds ‘n plan om Sy Bruid (die Wedergeborenes) triomfantelik en in grootse glorie uit die toenemende verderf uit te lei.
          Jes. hoofstuk 59 is getiteld “Geen verlossing sonder bekering.”  En dan Sy belofte in strofe 20: “Vir Sion kom Hy as Verlosser en vir diegene wat hulle bekeer van oortreding in Jakob.”
          Dit is nie in God se guns dat ons verslaan word nie. Ons word bloot verslaan wanneer ons God se Woord ignoreer.
          Sy Woord sê bv. in Jes. 54:17 “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.”
          Vir wie sê Hy dit? “Dit is die erfdeel (dit is maar ‘n klein deeltjie van ons totale erfporsie) van die knegte van die Here,  en hulle geregtigheid wat uit My is.”
          Soos wat ons ‘n Testament nalaat om ons kinders te laat erwe, so het Christus Sy Nuwe Testament vir ons as Sy kinders nagelaat. Daarin is ons totale erfporsie vervat.
          2 Kor. 2:14 lees: “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van Sy kennis (hoe?) deur ons, oral versprei (hoekom?) want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God (waar?) onder diegene wat gered word en onder diegene wat verlore gaan; vir die laaste, ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste, ‘n reuk van lewe tot die lewe.”
          Is jy tot hierdie dinge bekwaam?
          Elke profesie oor die geboorte, sterwe en opstanding van Christus het presies plaasgevind soos wat vroeër geprofeteer is. Net so sal die profesie oor die Groot Verdrukking en Sy Wederkoms, waarna selfs die natuur met reikhalsende verlange uitsien, beslis ook plaasvind.
          Dit is waarom Petrus ons waarsku om nou te let op die profesieë sodat ons nie onkant betrap word nie, sodat ons genoeg olie in ons lampe sal hê.
          Iemand het ‘n mooi kaart teen die muur in sy kantoor aangebring wat lees:  “Dalk Vandag – Perhaps Today”.  Besoekers wil telkens weet wat dit beteken, dan antwoord hy triomfantelik: “Dalk vind die Wederkoms vandag plaas en ek herinner myself daaraan deur dit enige dag te lees.”
          Soos wat ‘n perd met ‘n toom en leisels in toom gehou word, so kan ons onsself elke dag in toom hou, deur onsself elke dag aan Sy Wederkoms te herinner, want, inderdaad kan dit ter eniger tyd plaasvind.
          Intussen arbeid ons vreugdevol aan ons dagtaak en in die uitdra van die Evangelie. Al weet ons dat die Wederkoms more gaan plaasvind, dan plant ons vandag ook weer ‘n boom.
          Daar is nog tyd vir siele om gered te word. Dink net, as iemand nie vir my en jou gebid het nie dan was dalk vandag nog nie gered nie.
          In die Hiernamaals weet almal alles. Sekerlik sou ons nie van ons buurman wou hoor: Jy was toe al die tyd gered en jy het my nooit van Jesus se reddende genade vertel nie!
          Rom. 13:11-14 lees:  “… omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die verlossing is nou nader as toe ons gelowig geword het.
          “Die nag het ver gevorder en dit is amper dag.  Laat ons dan aflê die werke van die duisternis en die wapens van die Lig aangord.
          “Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid nie, nie in twis en nydigheid nie.
          “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.”
          Die keuse tussen Triomf of  Trauma is jou eie! – Sjibbolet

Dinsdag 16 Junie 2015

Herlewing is die gelowiges se saak


 Image result for person worshiping god   


’Sal U ons nie weer lewend maak,
sodat U volk in U bly kan wees nie?’
Herlewing behoort die allergrootste begeerte en dryfveer van alle gelowiges te wees. Dit is waarvoor Jesus Christus aan die Kruis op Golgota gesterf het.
            Sy kruisiging en sterwe sou wêreldwyd gesien kon word as daar destyds TV was. Mel Gibson in sy “The Passion of the Christ” was die eerste waar mens van die ware gebeure van daardie dag kon beleef.
            Ons almal het die opdrag om siele in te bring en vir herlewing te bid. Sowat 2000 gelede het 12 vissers met Jesus as leermeester die taak begin en dit het toegeneem tot waar dit vandag die grootste beweging in die wêreld is. Maar die taak is nog nie voltooi nie. Ons moet ons haas want die nag is op ons.
            “Wat makeer jou dat jy so vas slap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal dié God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.” Jona 1:6
            “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
            “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Heb 12:12-15
                        “Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons... U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?
            “Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?
            “Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
            “Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
            “Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
            “Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
            “Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.
            “Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings.
            “Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.” Ps 85:5-14
            Daar was nog Herlewing nêrens in die geskiedenis wat sonder gebed begin het nie. Sommige herlewings het met net twee bidders begin wat getrou saamgekom het en nie opgehou het totdat die deur oopgemaak is nie.
            Daar was egter ‘n Herlewing wat met die gebed van net een man begin het – Daniël.
            Daniël se gebed om Herlewing het die geskiedenis van ‘n Volk verander.
            “Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!” Dan 85:5
            So vertel hy oor daardie gebed:
            “En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.
            “En ek het tot die HERE my God gebid en (let op) belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
            “En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.
            “Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.
            “Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het.
            “By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.
            “Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.
            “En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie; soos in die wet van Moses geskrywe is – al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.
            “Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.
            “Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.
            “o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk 'n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.
            “Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.
            “Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons, ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid.
            “Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.” Dan 9:3-19
            God het Daniël se gebed verhoor. Hy is vandag steeds dieselfde God as van destyds. Hy sal ons beslis verhoor, as ons net begin bid – alleen of saam, solank ons God se aangesig begin soek en Hom nie los voordat die Heilige Gees nie oor Suid-Afrika begin beweeg nie.
            Herlewing is gegrond op die Woord van die HERE. Herlewing word voorafgegaan deur diepe berou en belydenis van sonde (verootmoediging).
            Nog ‘n kenmerk is nederigheid, ‘n erkenning van volle afhanklikheid van God.
            So ‘n gebed word in alle erns gebid vir ‘n Goddelike ingryping. Ook erken ons God se geregtigheid. Ons wys God op die ontsettende nood van ‘n herlewing.
            Daniël se gebed was beantwoord. Ons sin sal ook beantwoord word. Ons moet aanhou klop want God is tuis, Hy sal beslis oopmaak want, boonop het Hy beloof om oop te maak.
            Ons land, maar ook die wêreld is in nood en die kerk slaap. Ons durf nie agter die kerk skuil nie. Gelowiges oral moet die verantwoordelik op hulle neem om die Troon in gebed te nader.
            Ons het gewoond geraak aan die toename in aardskuddings, geweld, regerings wat omver gewerp word, die ineenstorting van immoraliteit, die bewapening van al hoe meer lande met kernwapens, die opbou van ‘n oorlog in die Midde-Ooste wat dalk op ‘n derde Wêreldoorlog kan uitloop.
            Waarom staan ons nie ‘n slag stil nie, doodstil, en neem kennis waarheen die wêreld op pad is nie, dat die Teks van Tye duie op Einde nie, en kry ‘n passie vir die teruggevalle en die ongeredde nie. God weet ons het ‘n magtige nasieskuddende, wêreldverskuiwende, geskiedenismakende herlewing nodig, maar Hy wag op ons om in die bres te tree.
            God soek my en jou om in die bres te tree: “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.” Eseg 22:30
            Komaan, mans en vrou, gelowiges, God-gelowiges, kom ons begin bou aan daardie geloofs- en gebedsmuur.
            “Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby...” Joël 2:1 – Sjibbolet

Bid en dra die Woord uit in jou swakheid


 



2 Kor 12:10: "...ek (is) bly oor swakhede, ontberings, beledigings... want as ek swak is dan is ek sterk".

In 1710 kom die Duitse komponis, George Frederick Händel in Londen aan. Dertig jaar lank oorheers hy die musiekwêreld. Hy word beroemd, maar dit gaan nie goed met hom nie. Hy is arrogant, ontsettend energiek, dominerend, humeurig, goedhartig, maar kort van humeur. Hy het baie vyande en hulle werk saam om hom te vernietig. In 1737 kom die ineenstorting. Hy word bankrot verklaar.

Händel op 68

Op 13 April daardie jaar kry hy 'n beroerteaanval wat sy regterkant -arm verlam. Daar is min hoop vir sy herstel, maar hy kom tog weer op die been. Met oorgawe begin hy weer operas komponeer en dit gaan weer goed met hom. Toe sterf sy getroue beskermingsvorstin, Koningin Caroline van Hanover, Duitsland. Händel was toe 60 jaar oud. Hy was sieklik, afgemat, vol skuld, en teleurgesteld. Hy het van God en mens verlate gevoel. "Hoekom het God my laat leef?" het hy uitgeroep, "net om my weer deur my naaste te laat begrawe!"

Een aand by sy terugkeer na sy eenvoudige woonplek in Brookstraat, wag ‘n pakkie op hom. Haastig skeur hy dit oop. Binne is 'n libretto (teks van 'n operastuk). Dit is Charles Jennens se "Gewyde Oratorium" (Bybelse dramateks). Händel sug. Hy wil nie graag 'n godsdienstige werk hê nie. Hy blaas sy kers dood en gaan lê om te slaap – maar hy kry nie geslaap nie.

Hy staan weer op, steek sy kers op en neem die manuskrip op. Woorde op woorde - dit raak sy hart aan. "Hy was verag en verwerp deur die mens... Ek weet dat my Verlosser leef... Juig"

Hy wil oopbars van die musiek wat in sy gemoed opwel. Hy neem sy pen en begin skryf. Bladsy op bladsy musieknote vloei uit sy gees. Met bomenslike krag skryf die komponis dae lank, met min kos of slaap. Op die 24e dag gooi hy sy pen neer, val neer op sy bed en slaap elf ure lank. Op sy tafel lê die voltooide komposisie van Die Messias. Op 13 April 1742, die vyfde jaar na sy beroerteaanval, speel hy dit in Dublin. Daarna bied hy die uitvoering jaarliks aan. Op 13 April 1759, 22 jaar na sy beroerteaanval, 75 jaar oud en blind, dirigeer hy met moeite Die Messias die laaste keer. By die woorde "the trumpet shall sound" steier hy vooroor en val dood neer.

Die "Gospel Witness" skryf só oor hierdie werk van Händel: "Die Messias in al sy glorie, welbespraak in geloof en glorieryke hoop, leef en sal altyd leef.”

Na meer as twee en 'n half eeue is hierdie woorde steeds waar. Die Here het Händel gebruik om op 'n besondere wyse 'n getuienis oor Christus en Sy dood en opstanding voort te bring. A. Naismith vestig in sy boek Treasury of Notes, Quotes and Anecdotes ons aandag op 'n merkwaardige feit: "The highest note is in the lovely and lofty air, 'I know that my Redeemer liveth', and is reached on the word 'risen'. The composer realised that this one word is the key to the Gospel and to God's kingdom, and is proclaimed to all the world in the Gospel..."

Die sterk, briljante en gesonde Händel sou nie so 'n geïnspireerde werk tot eer van die Here kon lewer nie. In sy lewe was nie plek vir die gekruisigde Jesus nie. Die Here moes hom eers afbreek en in homself swak maak en hom met die vernederde, en daarna met die lewende en verheerlikte Christus in aanraking bring om hom te kon gebruik. Omdat Christus vir ons gebreek en verbrysel is, is daar vir ons ook nuwe krag en bruikbaarheid in Sy opstandingslewe.

Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete (hoekom?), sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.” Hebr 12:12-15

Staan op en vertel aan ‘n verlore gaande wêreld: Die Messias kom, vir seker! – Sjibbolet

Ons Gemoed – moet vernuwe!


Image result for person worshiping god

“Hoor die Woord van die HERE!  Want die HERE het ‘n regsaak  met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.”  Hosea: 4:1.
            As iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel;  die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  2 Kor. 5:17.
            En daarby die opdrag:  Word vernuwe in julle gemoed! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms.
          Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed?  Hoe verander jy van inbors?
          Eenvoudig – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, Die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees.
          En so doen mens dit. Bely onder meer die volgende strofes elke dag:
          Een ding weet ek  (Jou Naam) ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus!  Fil. 3:14.
          Ek (Jou Naam) is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.  Fil. 4:13.
          Immers, Sy Goddelike krag het my (Jou Naam)  alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis  van Hom wat my geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy my die grootste en kosbaarste beloftes geskenk het, sodat ek daardeur ‘n deelgenoot  kan word van die Goddelike natuur, nadat ek die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.  2Pet. 1:3-4.
          Vir my (Jou Naam) is die Koninkryk van God geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.  Rom. 14:17.
          Ek (Jou Naam) bid tot die Vader in Jesus se naam en ek ontvang sodat my blydskap volkome kan wees.  Joh. 16:23-24.
          Ek (Jou Naam) weier om te twyfel, want dan kan ek nie eers iets van die Here ontvang as ek twyfel nie.  Jak. 1:7.
          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid aan my (Jou Naam) die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop (hoop soos in “future fact” en nie “I wish” nie) deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ek ‘n onverganklike en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die Hemele bewaar is vir my, wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.  Pet. 1:3-5.
           As ek (Jou Naam) my sondes bely, is Hy getrou en regverdig om my die sondes te vergewe en my van alle ongeregtigheid te reinig. Joh. 1:9.
          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat vir my (Jou Naam) troos in al my verdrukking, sodat ek diegene wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ekself deur God getroos word. 2 Kor. 3-4.
          Ek (Jou Naam) het my vyande lief; ek seën diegene wat my vervloek, ek doen goed aan diegene wat my haat, en ek bid vir diegene wat my beledig en vervolg.  Matt. 5:44.
          In al hierdie dinge is ek (Jou Naam) meer as ‘n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het.  Want ek is versekerd dat geen dood of  lewe of Engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel my sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus, my Here is nie.  Rom. 8:37-39.
          In Hom lewe ek (Jou Naam) , beweeg ek, is ek.  Hand. 17:28.
          As ek (Jou Naam) vir hierdie berg (probleme) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in my hart twyfel nie, maar glo dat wat ek sê sal gebeur – sal ek verkry net wat ek sê.  Mark. 11:23.
          As ek (Jou Naam) op die Here wag, kry ek nuwe krag;  ek vaar op met vleuels soos die arende;  ek hardloop en word nie moeg nie, ek wandel en word nie mat nie.  Jes. 40:31.
          Ek (Jou Naam) werp my sorg op die Here, en Hy sal my onderhou;  Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.  Ps. 55:23.
          Ek (Jou Naam) het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en uit al my vrees gered.  Ps. 34:5.
          Wanneer ek (Jou Naam) bid, vergeef ek as ek iets teen iemand het.  Mark. 11:25.
          “Vrede laat Ek vir jou (Jou Naam) na, My vrede gee Ek aan jou.  Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie.” Joh. 14:27.
          Die dinge wat by die mens onmoontlik is, is by God moontlik.  Luk. 18:27.
          Gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.  Ps. 51:12.
          Ek (Jou Naam) gaan na Hom toe wanneer ek vermoeid en belas is, en Hy sal vir my rus gee.  Matt. 11:28.
          Ek (Jou Naam) vertrou op die Here met my hele hart en steun nie op my eie insig nie.
          Hy het gekom dat ek (Jou Naam) lewe en oorvloed kan hê.  Spr. 3:5;  Joh. 10:10.
          Ek (Jou Naam) bely my misdade teenoor ander en bid vir ander, sodat ek gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.  Jak. 5:16.
          As God vir my (Jou Naam) is, wie kan teen my wees.  Rom. 8:31.
          Die Koninkryk van God is binne-in my (Jou Naam) Luk. 17:21.
          God het my (Jou Naam) nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.  2 Tim. 1:7.
          God sal my (Jou Naam) lei deur Sy raad en my daarna in heerlikheid opneem.  Ps. 73:24.
          Ek (Jou Naam) neem die volle wapenrusting van God op, sodat ek weerstand kan bied in die dag van onheil, nadat ek alles volbring het, staande kan bly.  Efes. 6:10-20.
            Om vernuwe te word in ‘n mens se gemoed, jou denke, gedagtes, beteken om kragtig te word in die HERE en in die krag van Sy sterkte. Efes 6:10-20 Verkeerde gedagtes kan vir ons ‘n ontsettende struikelblok wees.
            Paulus sê ons moet die (let op) volle, wapenrusting van God aantrek (hoekom?) sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
            “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”
En waar tref hier booshede ons die meeste en diepste... juis in ons gedagtegang!
            “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op (hoekom?), sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
            “Staan dan vas, julle lendene met die Waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan (die Waarheid, wat jy alleen in die Woord sal vind, omgord jou met die Waarheid. Hoe sterker jy groei in geregtigheid, hoe meer beskut raak jy in Jesus hoede. Later is jy onbereikbaar deur die bose. Jy weier om na skinderstories te luister. Jyself skinder ook nie. Jy staan rotsvas op oorwinningsgrond)
“en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede. (so vertrap jy die vyand onder jou voete en stap jy met die Evangelie sonder skaamte, onverskrokke en bring oral vrede. Jy sê soos ‘n Dawid: Met my God spring ek oor ‘n muur.)
“Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus (onthou,‘n skild beskerm jou net van voor, jy beweeg dus altyd vorentoe. Alle pyle vanaf die vyand kan jou geen skade berokken nie, jy kan net jouself skade berokken deur verkeerde reaksies op aanvalle teen jou).
“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God (die Woord is ‘n tweesnydende swaard, die Woord is lewendig. Enigiemand kan gesterwe het, maar sy testament is en bly lewendig. So bly die Woord van die HERE lewendig, oral waar jy dit saai, bring dit resultate, vir seker, al saai jy dit in jou eie lewe).
“terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die Heiliges (Maak die saak vir jouself uit oor die betekenis van “bid in die Gees”. Jy sal by die antwoord uitkom dat dit ‘n Hemelse taal bedoel wat die Heilige Gees vryelik aan jou skenk. Baie belangrik is die feit dat jy en ek vir die Kerk van Jesus Christus, vir al die Heiliges, moet bid want so hou ons die ganse kerk in stand – “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24).
“en vir my (Paulus vra dat vir hom ook gebid moet word, so bid ons dan vir al die leiers, die pilare van die Kerk... hoekom) sodat 'n Woord my (hulle) gegee mag word as ek my (hulle hul) mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die Evangelie bekend te maak,
“waarvoor ek (hulle) 'n gesant is in kettings, (toegewyd, afgesonder om hul roeping waardig te wees) sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.
Die wapenrusting van God is nie ‘n fisiese wapenrusting nie, maar ‘n geestelike wapenrusting.
          God is vir my (Jou Naam) ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.  Ps. 46:2.
          Ek (Jou Naam) gee ag op die Woord en sal die goeie vind, en omdat ek op die Here vertrou, is ek gelukkig.  Spr. 16:20.
          En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ek (Jou Naam) bid of dink, volgens die krag wat in my werk.  Efes. 3:20.
          Ek (Jou Naam) bid en vir my sal gegee word, ek soek en ek sal vind, ek klop en vir my sal oopgemaak word.  Matt. 7:7.
          Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my (Jou Naam) se verwagting.  Ps. 62:6.
          Ek (Jou Naam) is sterk en vol moed, nie bevrees of verskrik nie, want die Here my God is met my, oral waar ek heengaan.  Jos. 1:9.
          En ten slotte:  Ek (Jou Naam) dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.  Kyk, God gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit, sal ek dit nie merk nie?  Kyk, God maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  Jes. 43: 19-19. – Sjibbolet

WORD Afrika vanuit die doderyk regeer?

Renaissance: ‘n Ydele Droom?

WORD Afrika vanuit die doderyk regeer? Is die onverbiddellike geloof in toordokters en die voorvadergeeste die oorsaak dat Afrika ‘n mislukking is? Is ‘n Afrika Renaissance moontlik?
            Hierdie tergende vrae word dalk beantwoord deur gebeure in Argentinië toe ‘n gestorwe gees, hekesery en spirtisme daardie land in duie laat stort het.
            Argentinië het in 1976 in duie gestort nadat die land twee jaar lank geregeer is deur wat toe genoem is “swart demone”.
            Die destydse president, Isabella Peron het die land geregeer in deur middel van opdragte wat sy vanuit die doderyk ontvang het.
            Met die afsetting van Peron as president, het die Argentynse polisie landwyd begin soek na  ene José Lopez Rega, wat beskryf is as die grootste swendelaar van hierdie eeu.

Isabella Peron
            Argentinië met sy 20-miljoen inwoners is in chaos gedompel toe die land deur ‘n militêre junta oorgeneem is. Daar is dadelik ‘n lasbrief vir Rega se inhegtenisname uitgereik.
            Rega het heelwat boeke oor heksery en spiritisme geskryf. Hy het ‘n onheilige en oorweldigende invloed op President Peron gehad.
            Sy was vroeër ‘n ontkleedanseres en dus ook ‘n goeie skyf vir demoniese en okkultiese invloede.
            Toe sy aan bewind gekom het, het sy geen kennis van die politiek gehad nie. Sy het die presidentskap na die dood van haar man, Genl. Peron, geërf.
            Sy het haar dadelik na Rega gewend. Hy het toe die sterk figuur en die mag geword waaragter sy geskuil het.
            Rega is as kabinetslid aangestel en kabinetsvergaderings het dikwels in spiritistiese sittings ontaard. Dit het dikwels gebeur dat hy met sy “kragte” die aanwesiges, asook dokumente van tafels en stoele laat tuimel het.
            Daar was ook twee ander lede in die kabinet, bloot omdat, so word beweer, hulle ook spiritiste was. Hulle kon met gestorwe geeste praat.
            Rega se groot troefkaart en medium, was altyd die gebalsemde lyk van Genl. Peron se eerste vrou, die dinamiese Evita. Sy is in 1923 aan kanker dood.
            Rega het baie kere dat Isabella langs die lyk by Rega staan. Dan het Rega “boodskappe” vanaf Evita se gees vanuit die doderyk deurgegee na Isabella. So het Rega dan ook Isabella aangemoedig om op Evita in die doderyk te vertrou.
            Volgens een van hierdie boodskappe moes Isabella miljoene dollar aan Rega skenk pleks om dit vir bejaardes aan pensioengeld te bestee. Rega het elke keer sy geld gekry.
            Dit is so dat muti-moorde steeds in SA gepleeg word en meesal in opdrag van toordokters wat bevele vanaf voorvadergeeste ontvang.
            Swartmense glo onwrikbaar in die magte van die voorvadergeeste.
            Sou ‘n land soos SA en ‘n vasteland soos Afrika kan bly voortbestaan in sulke omstandighede?
            Begryp jy nou wanneer gesê word die “stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte, die owerhede in die lug?”
            Vir die Gelowiges lê die antwoord in geestelike oorlogvoering soos verwoord in Psalm 149.

Sedert die skepping van die mens het die Almagtige God Jahweh deur die eeue heen bewys gelewer oor watter waarde Hy op die aarde aan een man heg.
            Aan een man, Adam, word die mag gegee om al die diere van die aarde te noem soos hy wil. Die invloed van dieselfde een man, Adam, se val, word vandag nog oor die ganse aarde deur die ganse mensdom beleef.
            Een man, Noag, word verkies om die Ark te bou, om sodoende ‘n spruit vir die menslike geslag aan die lewe te hou.
            Een man, Abraham, word geroep uit Ur van die Galdeë, om die vader van alle gelowiges te word en ook vader van die geslag waaruit Jesus Christus gebore  sou word.
            Een man, die hakkelende Moses, word geroep om die hele volk Israel, uit Egipte uit te lei en vir 40 jaar deur die woestyn te neem. Hy tree op as skakelman tussen God en die volk.
            “En ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir hulle land, sodat Ek dit nie verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.”   –  Eseg. 22:30).
            Toe God die volk wou verdelg, tree Moses – een man – op as voorbidder dat die volk gespaar sou word.
            Na hom volg weer een man, Josua, en dan elkeen van die Rigters op hul beurt, die profete Nehemia, Daniël, en andere wat as eenlinge opgetree het tussen God en die volk…… en wat het hulle nie alles uitgerig nie!
            Die Nuwe Testament begin met die optrede van Johannes die doper, as voorloper van Christus.
            Toe was daar Jesus Christus self, die grootste leraar, prediker, profeet en hervormer wat die wêreld ooit geken het, en dit bo en behalwe Sy liefdevolle Middelaars- en Versoeningswerk!
            Na Jesus volg die apostels waaronder Petrus, en toe weer Paulus, een man na die ander.
            En verder deur die geskiedenis van die liggaam van Christus, het God  van tyd tot tyd die een man na die ander gebruik om Sy doel te bereik. Daar was manne soos Luther, Calvyn, Wesley, Andrew Murray, Moody, Hudson Taylor, George Fuller, Torrey, Finney, Graham en andere was almal as eenlinge opgetree en uitgeblink het in die werk van God en wonderlike getuienisse op aarde vir Hom geskep het.
Maar, wat van die behoefte in hierdie tyd waarin ons, ons nou bevind?
            God soek weer ‘n man, ook ‘n vrou. Wat van u wat nou hier lees? Al gewonder waarom u juis hierdie blad en juis hierdie gedeelte moet lees? Is dit blote toeval dat u hierdie artikel lees?
            Vandag is die uitdaging aan u gerig: God soek ‘n man, ook ‘n vrou, om vir hierdie volk in die bres te staan!
            Ja, God soek ook vroue want ook vroue het belangrike rolle in die Bybel vertolk. Daar is selfs gemeentes deur hulle in hul huise gestig.
            Waar kan jy begin?
            Herstel dadelik die huisaltaar en laat die gesin weer saam om die Woord van die Vader vergader en weer saam bid, ook saam sing.
            Gaan dan verder en raak betrokke by geestelike oorlogvoering – sien Ps 149 as voorbeeld.
            God soek manne en vroue, selfs kinders, om vir die volk in die bres te staan, manne en vroue met durf en daad, wat soos Koning Dawid sê: Met my God spring ek oor ‘n muur!
            Vind God so ‘n man en so ‘n vrou in jou huis? Gaan jy Sy roepstem gehoorsaam?
            Moenie dink aan hoe gering jy is nie. Die bietjie wat jy doen word deur God vermenigvuldig, net soos wat Hy die paar broodjies en die vissies laat vermenigvuldig het deur vyf duisend man, hul vroue en hul kinders te voed! Ja, God doen dit!
            Die Bybel praat baie oor nederigheid. Moet egter nie die woord  “verkleineer” verwar met nederigheid nie. Moenie jouself verkleineer nie, want in die oë van God is jy baie belangrik vir Hom.
            Abraham het ‘n baie voorspoedige en vol lewe gelei toe God hom opdrag gee om op te pak en te trek, boonop deur die woestyn en boonop sonder om te weet waarheen.
            Abraham het wel nie geweet waarheen hy moes trek nie, maar hy het geweet saam met Wie hy trek. Jy beweeg dus ook nie alleen nie. God is met jou. Bring net jou paar vissies en broodjies in nederigheid en Hy sal dit vermenigvuldig.
            Al is jou gebed ook hoe wankelrig, solank dit uit jou hart uit kom, solank jy ernstig is om aan Sy roepstem gehoor te gee: Ek soek ‘n man…!
            Jy sal nie in jou eie krag optree nie, God sal jou toerus met krag. Hy het dit met almal voor jou gedoen en Hy gaan dit weer met almal van ons doen.
            Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, se die God van die leërskare. – Mal. 4:6.
            God soek ‘n man en ‘n vrou wat die muur van gebed sal bou, wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie……en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem (Sy gemeente) bevestig het en gemaak het tot ‘n lofoffer op die aarde. – Jes. 62:6,7), want God se oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is……” – 2 Kron. 16:9.
            God soek ‘n man, ‘n vrou…… meld asseblief dadelik by die Hemel aan vir diens! – Sjibbolet

Vrydag 05 Junie 2015

Gebed is die wyse waarop God sake op die aarde hanteer


Image result for praying hands bible

“Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” Jak 5:19

Jak 5:17-18 “Elía was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;
en hy het weer gebid, en die Hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.”
            Dit was nie Elia wat die reën laat ophou het en later weer laat reën het nie, dit was God wat Elia se gebed beantwoord het en omdat dit God se wil was.   God kan ook veel meer doen as wat ons voor bid omdat ons onder ‘n verbond van Genade lewe. Hy kan en doen wonderwerke vir sy genante. Ons kan nie God beperk of Hom bevele gee of Hom beheer nie. “Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, (let op) almal wat Hom aanroep in waarheid.” Ps 145:18
            En verder: “Maar Hy gee GROTER genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.“ Jak 4:6
            En weer: “Hy vervul die wens van die wat Hom vrees (eerbiedig), en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.” Ps 145:19-20
            “Geliefdes (let op), as ons hart ons nie veroordeel nie (rein van hart is), dan het ons vrymoedigheid teenoor God (om wat te doen?);  wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom (hoekom?), omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.” Joh 3:21-22
            God weet ons het ‘n magtige nasieskuddende, wêreldverskuiwende, geskiedenismakende Herlewing nodig, maar Hy wag op ons om in die bres te tree.   “En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.” Jes 65:24
            Watter groter versekering wil ons vra! Hy is so lief vir ons dat Hy graag ons gebede WIL beantwoord. Komaan, kom met daai rein harte en laat ons bid sonder ophou.
            Ons het almal ook van tyd tot tyd praktiese en persoonlike nood. Ons het almal finansies nodig, goeie gesondheid, geseënde huwelike, die krag van ‘n jong arend, kinders se opvoeding, voertuie... alles soos wat dit benodig word. Ons bid egter nie vir ‘n R450 000 motor as ‘n R200 000 motor is wat ons werklik nodig het nie.
            God deursoek ons harte , Hy ken ons geheime motiewe (wat soms nie eers aan ons bekend is nie). Ons moet ons harte ondersoek, ons moet eerlik en in waarheid aanbid.
            “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart (kwaad), en lei my op die ewige weg!” Ps 139:23-24
            ‘n Ware gebedslewe berus nie op skietgebedjies nie. Gebed gaan oor ware inhoud.
            By baie van ons ontbreek die vertroue om God se troon te nader. “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.” 1 Joh 5:14
            Moenie jou versoek op papier neerpen en   tesame met ‘n allemintige donasie aan ‘n TV prediker stuur en dink jy kan jou antwoorde van God af koop of jou vertroue in die Evangelis plaas nie.
            Moenie dink dat as jy (soos sommige) in Jerusalem gaan bid, jou gebed groter sal trefkrag hê nie. Nog minder sal jou gebede op Tafelberg groter trefkrag hê. Los maar die palmtakke en die kerse. Bid net daar waar jy is of waar julle ook al ontmoet, maar bid in gees en in waarheid.
            Ons bid tot God en God alleen, maar, in die naam van Jesus Christus. “En in daardie dag(na die Hemelvaart) sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.” Joh 16:23
            Ons bid nie tot enigiets of enigiemand anders nie. Ons bid ook nie tot Engele nie, al is hulle dienende geeste. God alleen gee opdragte aan hulle. Ons bid in gees en in waarheid, nie uit gebedeboekies nie.
            Bid sonder om te twyfel, want dan sal jy  niks van die HERE ontvang nie, nie eers iets nie. “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
            “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.” Jak 1:6-8
            Ons bid in die geloof en vaste vertroue.
            Kyk weer: “5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
            “En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.” 1 Jon 5:14-15
            Die krag is nie in ons gebed nie, maak nie saak hoe ernstig of driftig ons bid nie. Dit baat ook nie om indrukwekkende gemoduleerde woorde te gebruik nie. Die krag is in God wat die gebede beantwoord en altyd soos wat Hy dit uitgevoer wil sien. Dalk gebruik hy ons, dalk iemand anders, dalk ‘n wonderwerk.
            “As julle (voorwaarde 1) in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
            “Hierin is my Vader verheerlik, dat (voorwaarde 2) julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
            “Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. (voorwaarde 3) Bly in hierdie liefde van My.
            “(voorwaarde 4) As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
            Hoekom dit alles: “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap (let op) volkome kan word.
            “Dit is My gebod, (voorwaarde 5) dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
            “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
(kyk wat noem Hy ons) Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.” Joh 15:7-14
            “Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges...” Efes 6:18
            Let op: Bid in die Gees (soos die Heilige Gees jou lei en/of as jy in ‘n Hemelse taal bid).
            “Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid (hoekom?) om te vra dat julle vervul mag word met die kennis van Sy wil in alle wysheid en geestelike insig (hoekom?), sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei (en waarom nog?), en met alle krag bekragtig word volgens die mag van Sy heerlikheid (glorie) tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap...” Kol 1:9-11
            So wandel ons saam met ons Vriend... al hoe nader aan Sy sy...
            “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
            “Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word (hoekom?). Die Here is naby.
            “Wees oor niks besorg nie (maskas, hoekom nie?), maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
            “(waarom?) En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
            “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” Fil 4: 4-8. Nou word die Gelowige se lewe soos ‘n pragtige blomtuin.
            Lees Hebreërs 11-1-34 en sien alles wat deur geloof bereik is. Die God van hierdie oomblik terwyl jy hier lees, is presies dieselfde God nog van die begin tot aan die einde. Waarom sal ons dan nie weer GLO nie?
            Daar is nie tyd vir praatjies nie. Ons moet ten alle koste Jesus se onvoltooide werk op aarde voltooi. Dis ons roeping, ons opdrag.
            Glo God vir ‘n magtige geestelike Herlewing en sien Eseg 37 in vervulling gaan.
            Skrywer ken die pad, soms van hartseer, deur dale en woestyne, soms so magteloos, alleen, maar sonder selfbejammering, net ‘n vaste geloof vir 44 jaar vir die uiteindelike wonderbare antwoord.
            Die HERE het ons nie geleer om van beproewinge vrygestel te word nie, maar dat ons juis daardeur versterk sal word. Dit is tot ons eie voordeel. As ons eensklaps uit elke beproewing verlos sou word, sou ons swak in die gees gewees het.
            Wat sou ons doen as ons geloof in Suid-Afrika skielik met die dood bedreig sou word... omdat jy ‘n Gelowige is moet jy wreed sterf... sal jy dan die geesteskrag hê om te kan vasstaan?
            Ons oorwinning lê in vergifnis en om vir ander te bid en ander se laste te dra. Dis wanneer ons deur beproewinge gaan dat ons leer om soos ‘n brandende vuur te bid.
            Met apologie aan Jn FE Cilliers, sou mens seker ook kan sê:

Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
ek hou van 'n arm wat 'n slag kan slaan,
'n oog wat nie wyk, wat 'n bars kan kyk
en 'n wil (geloof) wat so vas soos 'n klipsteen staan!

            Die volwasse gelowige bid dwarsdeur sy beproewinge. Teenspoed versterk sy geloof en trou. Kyk maar hoe al die dissipels daardeur moes gaan. Meeste van ons sou nie eers Paulus se seereise in die stormsee kon meemaak nie.
            Ek en jy is gered om ‘n verlore wêreld te red. Sekerlik wil ons nie met leë hande my die Meester aankom nie.
            Kom ons bou met trots en liefde aan die Koninkryk.
            Ons sê soos Dawid: “My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir Ewig en altyd.” Ps 145:21 – Sjibbolet

Donderdag 04 Junie 2015

“ Ons is eerstens Christene en dán Suid-Afrikaners. ”

Isak Burger: God se familie troef politieke verdeeldheid
Deur Isak Burger Woensdag 03 Junie 2015   Netwerk24

“ Ons is eerstens Christene en dán Suid-Afrikaners. ”

Een van die onverkwiklikste neigings die afgelope tyd is die uitsprake van sommige (veral die president) wat regstreeks en onregstreeks verwydering en polarisasie tussen wit en swart meebring. Veral die deursigtige pogings om wit mense die sondebokke vir ’n mislukkende regering te maak, bring verharding van harte na albei kante.
Terwyl wyle oudpres. Nelson Mandela wonderbaarlik daarin geslaag het om versoening en welwillendheid tussen wit en swart te bevorder, is polarisasie sedertdien stelselmatig en toenemend bevorder. Dit beteken dat die klowe tussen mense en rasse al hoe wyer word.
Daar was nog altyd “natuurlike” klowe tussen mense wat mense om verskillende redes laat groepeer. Dink maar aan nasionalistiese klowe – Suid-Afrikaanse emigrante in ander lande soek mekaar op en vorm sosiale groepe. Daar is “iets” wat hulle saambind. Daar is provinsialistiese en sport-klowe – dink Stormers en Bulle. En so kan ’n mens voortgaan oor taal, kultuur, politiek, godsdiens, sosiale stand, etnisiteit, ensovoorts.
Hierdie verdeling of onderskeid ontstaan omdat mense oor sekere belangstellings, tradisies, kultuur en waardes tot mekaar aangetrokke voel. So is daar, ondanks historiese verskille en verdeeldheid tussen Christene, ’n toenemende besef dat ons eintlik deel is van dieselfde familie – God se familie wat deur ons geloof in Christus aan mekaar gebind is.
Natuurlik is dit ’n verleentheid dat daar dikwels in kerke en tussen kerke verdeeldheid is. Aan die ander kant het daar in die afgelope twee dekades ’n groter uitreik na mekaar gekom. Sedert 1994 is die godsdienstige speelveld in Suid-Afrika gelyk gemaak. Daar is ’n toenemende besef dat ons ten diepste tot dieselfde familie behoort. Van groot Christelike byeenkomste tot in klein huisgroepe maak kerkverband al hoe minder saak.
Veral onder lidmate is baie van die historiese vreemdheid aan mekaar besig om te vervaag. Ek het die voorreg om oor die wye spektrum van kerke in ons land te be­dien en sien dat gelowiges al hoe minder belang het by kerkpolitiek en leerstellige verskille. Kortom, daar is op grondvlak ’n groter behoefte aan eenheid as ooit tevore.
In ’n land met soveel Christene op elke vlak en terrein van die lewe het die kerk ’n heilige roeping om mekaar se hande te neem oor alle bestaande klowe heen. Vir ware volgelinge van Christus is ons Christenskap ons belangrikste identiteit. Ons is eerstens Christene en dán Suid-Afrikaners; eers Christene, dán wit mense of Zoeloes; eers Christene, dán ANC of DA of VF+.
Ek het in die praktyk ervaar dat dit moontlik is. Nadat ons kerk, wat in sy samestelling ’n mikrokosmos van die land is, in 1996 struktureel verenig het, was dit merkwaardig om te sien hoe die evangelie mense oor tradisionele klowe heen laat hande vat. In ons eerste algemene vergadering was daar verteenwoordigers van die verlinkse tot die verregse politieke partye. Politieke, ideologiese, etniese, kulturele, klasse- en taaldiversiteit van feitlik elke moontlike groepering in Suid-Afrika is in ons kerk teenwoordig.
Ek kan nie sê dat ons eenheid volkome is nie. Ons moet voortdurend daaraan werk en daaroor praat. Die blootstelling aan mekaar bring egter groot begrip vir die diversiteit tussen ons. Verhoudings en vertroue word steeds gebou. Terwyl die kloof en kulturele verskille tussen die Eerste en die Derde Wêreld sy uitdaging aan leierskap stel, is daar soveel getuienisse dat ons hierdie pad in vrede en harmonie kan stap.
Wat ’n verskil kan dit nie in ons land maak nie as Christene ondanks ons diversiteit tot die besef kom dat ons verhouding met God belangriker as al ons verskille is. En dat ons mekaar as kinders van God oor alle grense heen as sodanig sal erken en respekteer.

Die gebedsketting wat 100 jaar aangehou het


Image result for heilige gees


Hand 1:12 -14: "Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed..." (vs. 14).

In 1722, na sy bekering, het graaf Nicholas Ludwig von Zinzendorf, bekommerd geraak oor die lyding van Christenbannelinge uit Bohemia en Moravië. Hy het hulle toegelaat om hulle op sy landgoed in Duitsland te vestig. Die nedersetting wat so gevorm is, het as Herrnhut, God se bewaking, bekend geraak. Die nedersetting het vinnig gegroei in getalle, maar ook in vertroue in gebed. Op 27 Augustus 1727 het 24 manne en 24 vroue ooreengekom om elkeen een uur elke dag, op geskeduleerde tye, in volgorde, elke uur van die 24-uur dag, te bid. Ononderbroke gebed het elke uur van die dag na God toe opgegaan, want, ten minste een van hulle, het gebid.

Een keer per week het hulle saamgekom om mekaar te bemoedig en om briewe en boodskappe, wat van medevoorbidders, op ander plekke, gekom het, en wat vir besondere sake voorbidding vra, voor te lees. Weke het verbygegaan, toe maande en toe jare, sonder dat die gebedsketting onderbreek is. Elke uur van die dag het iemand gebid. Toe het 'n dekade verbygegaan, en die gebedsketting het voortgeduur. Toe nog 'n dekade, en so het honderd jaar van aanhoudende voorbidding, uur na uur van elke dag, voortgeduur. Ander het by die gebedsketting aangesluit, sodat daar in daardie honderd jaar elke uur van elke dag iemand voorbidding gedoen het.

Ses maande na die gebedsketting gevorm is, het groot vrug gevolg. Zinzendorf, toe 27 jaar oud, het voorgestel dat hulle moet probeer om mense in Wes-Indië, Groenland, Turkye en Lapland vir Christus te bereik. Die volgende dag het 26 Morawiërs vorentoe getree en aangebied om sendingwerk te gaan doen. Dit het byna vier jaar geneem om voor te berei vir die groot onderneming. Robert Morgan skryf in sy boek This Verse: "The first missionaries, Leonard Dober en David Nitschmann, were commissioned during an unforgettable service on August 18, 1732, during which 100 hymns were sung. The two men reached the West Indies in December of that year, beginning the 'Golden Decade' of Moravian Mission, 1732-1742."

Gedurende die eerste twee jaar het 22 sendelinge omgekom en twee ander is in die tronk gestop. Maar ander het hulle plekke ingeneem. Altesaam het 70 sendelinge uit die 600 inwonders van Herrnhut na vore gekom. Morgan skryf: "A Feat unparalleled in missionary history."

Die geheim: die krag van gebed. John en Charles Wesley se bekering was 'n verdere vrug van die gebede. Hulle het weer die werktuie in God se hand geword om die Groot herlewing, wat deur Europa en Amerika versprei het, te help begin. "The prayer meeting lasted one hundred years. The results will last for eternity", skryf Robert Morgan.

Bid ernstig vir ‘n magtige Herlewing in Suid-Afrika.

Die Man met die Meetsnoer- Sagaria 2:1-13


Image result for heilige gees 


Op 14 Mei vanjaar, Israel se onafhanklikheidsdag, had die land ‘n rekord bevolking van 8,345,000 inwoners. Sonder die woestyn beslaan die land 26 849 vk meter, sowat ‘n vyfde van die grootte van die Vrystaat.
            Die Joodse bevolking beslaan 6,251,000 (74.9%).
Altesame 1,730,000 (20.7%) is Arabiere en die res bestempel as “ander” beslaan 364,000 (4.4%).
Met onafhanklikheid in Mei 1948 was daar net 806,000 inwoners.
            Die bevolking het die afgelope jaar met 364,000 mense toegeneem.
            Israel het die hoogste geboortesyfer in die ontwikkelde wêreld. Die gemiddelde aantal kinders in die wêreld is 1.7 per moeder. In Israel is dit 3 kinders per moeder.
            Die jongste statistiek toon ongelukkig dat 1 uit 5 Israeli’s onder die broodlyn lewe.
            Van die 14.2 miljoen Jode in die wêreld, lewe 43% in Israel.
            Altesame 27,993 nuwe Joodse immigrante is die afgelope 12 maande in Israel verwelkom... uit die Oekraïne 6,996, Frankryk 6,377, Rusland 5,040 en die VSA 3,208.
            Van die huidige Joodse inwonertal van 6,251,000 is 75% in Israel gebore.
            Die afgelope jaar is daar 176,000 baba’s gebore.
Oor dieselfde tydperk het 44,000 Israeli’s van alle ouderdomme gesterf.          
            Meeste van die 27,993 nuwe Joodse immigrante die afgelope jaar was tienderjariges.
            Immigrante vestig hulle veral in Ten Aviv en Netanya. Net minder as die helfte van die Jode in die land woon in Jerusalem en Tel Aviv.
            Altesame 60% van die Arabiere woon in die Noorde.
            Jerusalem en die Sentrale deel had ‘n rekord groei van 2.5% die afgelope jaar. Tel Aviv se groei het 0.08% behels.
            Tel Aviv is egter dig bevolkste streek met 7,552 mense per vk meter. Die dig bevolkste stad is Bnel Brak met 22,145 mense per vk meter.
            Bible Guidance se kommentaar op Sagaria 2:1-13, is soos volg:
            Sagaria 2. Die Messias Kom in Jerusalem Woon
            Die volgende naggesig handel oor God se toekomstige seëninge oor die herstelde Israel:
            Die man met die meetsnoer (2:1-13)
            Die goddelike oordele oor die nasies, soos in die vorige gesig geopenbaar, sal gevolg word deur God se vergroting en beskerming van Jerusalem. Die herstel en uitbreiding van die stad is reeds vir Sagaria se tyd beloof, maar hierdie beloftes dui meer spesifiek op die eindtydse uitbreiding daarvan nadat die Messias se koninkryk geopenbaar is. Aspekte wat beklemtoon word, is die stad se toename in grootte, die aantal inwoners daarvan, die vlak van sy rykdom, die geestelike herlewing van sy inwoners, en sy veiligheid.
            Vir ons as Christene is profesieë van hierdie aard ook baie belangrik omdat dit God verheerlik en die vestiging van Sy koninkryk beklemtoon, asook die groot oorwinning oor die magte van die duisternis. Ons is nie op Israel of Jerusalem afgunstig wanneer ons hierdie boodskappe lees nie, omdat die fokus nie op Israel is nie, maar op God en sy heerlikheid. Jerusalem is die stad wat deur God verkies is om sy Naam daar te vestig tot in Ewigheid (1 Kon. 9:3; 11:36). Hy het Israel verkies om sy verlossing deur hulle en hulle beloofde Messias aan die hele wêreld te openbaar (Jes. 9:6-7; 49:5-6; Joh. 4:22; Rom. 9:4-5), en het ook sy Woord aan hulle toevertrou (Rom. 3:1-2). In die lig van die groot betekenis wat hierdie feite vir die hele mensdom het, het Sagaria gesê: “Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning” (2:13).
            Die man met die meetsnoer is ongetwyfeld dieselfde persoon as die ruiter op die rooi perd in die eerste gesig. Dit is die Messias voor sy menswording, wat as die Engel van die Here in sommige van hierdie gesigte verskyn het. Hy het gekom om Jerusalem op te meet om sy grootte, rykdom en geestelike standaard te bepaal omdat Hy groot planne vir die stad het (2:11). Sy boodskap is eerstens aan die jongman, Sagaria, gerig (2:4), daarna aan Israel (2:6-12), en laastens aan die hele mensdom (2:13).
            Weens die menigte van mense sal Jerusalem ‘n stad sonder mure wees (2:4). Hierdie profesie is nie in Sagaria se tyd vervul nie, en ook nie in die jare wat direk op sy bediening as profeet gevolg het nie, daarom het dit op die Messiaanse era betrekking wanneer groot en wonderlike dinge in Jerusalem sal gebeur.
            Die stad sal as gevolg van goddelike seëninge ver buite sy vorige grense uitbrei, en gevolglik ‘n oop stad sonder mure wees. (Bedoelende, asof die stad nie mure het nie.) As gevolg van die Here se teenwoordigheid sal die stad geen versterking of beskerming nodig hê nie. Die Here sal vir die stad soos ‘n vurige muur rondom wees, en tot heerlikheid daarbinne (2:5). Hierdie belofte kyk vooruit na die Here se persoonlike teenwoordigheid deur die Messias, gedurende sy duisendjarige vrederyk op aarde. Esegiël het die toekomstige terugkeer van die Here se heerlikheid na die tempel gesien (Eseg. 43:2-5), maar Sagaria het ‘n gesig gehad van die Here se heerlikheid wat die hele stad sal vervul (2:5) én ook die land (2:12; vgl. 14:20-21).
            Esegiël se beskrywing van die heerlikheid van die Here in die tempel in Jerusalem is merkwaardig en sluit by die naggesig van Sagaria aan: “Toe het hy my gelei na die poort, die poort wat na die ooste kyk. En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van sy heerlikheid... En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis vervul. En ek het Een gehoor wat met my spreek uit die huis... En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van my troon en die plek van my voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal my heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings” (Eseg. 43:1-7).
            In die lig van die voorspoed en seëninge wat aan Jerusalem beloof is, en ook in die lig van die oordele wat oor die val van Babilon geprofeteer is, is die Jode wat steeds in ballingskap was, aangemoedig om na Jerusalem terug te keer, waar hulle veilig kon woon: “Op, op, vlug uit die Noordland... Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel” (2:6-7). Babilon het inderdaad twee jaar later geval, maar die herstelde Babilon sal finaal val wanneer die Messias kom (Op. 18). Israeliete wat in Babilon woon, sal weer ontruim word kort voordat die stad val: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie... Met ‘n vaart sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie” (Op. 18:4,21). Die herstel van die Jode in hulle eie land in Sagaria se tyd was net ‘n voorspel tot die groot, eindtydse herstel van Israel in hulle land, wat met die geweldige vyandigheid van die omringende nasies gepaard sal gaan.
            Jesaja het soos volg op die finale herstel van Israel uitgebrei: “En in dié dag sal die HERE weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sinear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde” (Jes. 11:11-12; vgl. Jer. 23:3-8).
            In Sagaria 2:8-9 verwys die gesant wat deur die Here uitgestuur is, na die Messias, die Een wat ook as die Engel van die Here beskryf word: “Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan. Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ‘n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my gestuur het.” In hierdie gedeelte in die Ou Testament sien ons duidelik dat die eerste Persoon in die Drie-enige Godheid, die HERE van die leërskare, die tweede Persoon aanspreek, wat die Messias of Gestuurde is (vgl. Joh. 20:21). Ons lees ook van die derde Persoon in Jesaja: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gestuur het om ‘n blye boodskap te bring” (Jes. 61:1).
            In hierdie gesig van Sagaria word die Engel van die Here gestuur om die Babiloniese onderdrukkers van Israel te straf. Dié profesie sal sy finale vervulling tydens die wederkoms van Christus hê, wanneer Hy die vyande van Israel en van Jerusalem sal verdelg (14:3,12-13). Die herstelde Babiloniese ryk van die eindtyd (Op. 18), asook die Babiloniese alliansie van valse godsdienste (Op. 17), sal in die komende dag van die Here deur goddelike oordele verdelg word. Wanneer hierdie magtige Koning, die Messias, vir die tweede keer kom, sal Hy nie die nederige Dienskneg wees wat sy lewe vir die redding van sondaars afgelê het nie. Hierdie keer sal Hy in mag en heerlikheid kom om sy vyande te verdelg en sy volk Israel te red en te verheerlik. Sagaria beskryf Hom in sy volle Godheid wanneer hy sê: “In dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg... Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!” (14:4-5).
            Dit sal ‘n dag van groot blydskap in Israel wees: “Jubel en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die Here” (2:10). Die oorblyfsel van Israel sal die Messias aanvaar (12:10), van hulle sonde en ongeregtigheid gereinig word (13:1), en volmaakte vreugde ervaar wanneer Hy die troon van Dawid in Jerusalem herstel: “En opgerig is deur goedgunstigheid ‘n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, ‘n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid” (Jes. 16:5; vgl. Hand. 15:16-17).
            By die Wederkoms van Christus sal die oorblyfsel van die nasies ook gered word (Matt. 24:29-30) en almal die Messias dien wat uit Jerusalem sal regeer. Hulle sal rou bedryf voor Hom soos wat Israel ook sal doen wanneer hulle gered word (12:10). Hierdie nasies sal dan ook aan die Messias behoort en Hom van harte dien: “Baie nasies sal hulle in dié dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot ‘n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die Here van die leërskare My na jou toe gestuur het” (2:11; vgl. 8:21-22).
            Jerusalem sal tydens die duisendjarige ryk van die Messias die sentrum vir wêreldsake wees (2:12). Behalwe dat dit die hoofstad van Israel sal wees, sal Jerusalem in die millennium ook die hoofstad van die hele wêreld wees. Jesaja sê: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jes. 2:2-4; vgl. 24:23).
            Wat ‘n wonderlike toekomsverwagting het Israel en die nasies nie! “Swyg, alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning” (2:13). Ons moet egter duidelik begryp dat die toekomstige heerlikheid wat aan ‘n geredde oorblyfsel van Israel en die nasies gebied is, slegs deur ‘n minderheid van die mensdom geniet sal word. Die meeste mense in Israel én onder die nasies is boos en onbekeerlik. Selfs in relatief goeie tye het God in die meeste Israeliete geen behae gehad nie en hulle as gevolg van hulle sonde en ongeloof geoordeel (1 Kor. 10:5). Sagaria bevestig die feit dat die meeste van hulle in die komende verdrukking sal omkom (13:8). Dieselfde geld ook vir die nasies, onder wie net ‘n klein minderheid hulle weg deur die nou poort sal vind wat na die hemel lei (Matt. 7:13-14).
            Die sleutelteks in Sagaria 2 is die volgende: “En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond [letterlik: die Heilige Land] en Jerusalem weer verkies” (2:12). Daar is nie eers die geringste moontlikheid dat hierdie belofte vergeestelik en op die kerk toegepas kan word nie. Die geestelike herstel van ‘n oorblyfsel van Israel as ‘n volk sal in die Heilige Land gebeur, wat deur die Here as ‘n ewige besitting aan die stamvaders van die volk gegee is (Gen. 13:14-15; 26:3; 28:13). Vir hierdie wonderlike belofte om vervul te word, moet Israel in die eindtyd, voor die koms van die Messias, in hulle land herstel word. Die terugkeer van Israel na die land van hulle vaders het reeds die stadium bereik waarin 5,5 miljoen van die 13 miljoen Jode in die wêreld in hulle eie land terug is. Hulle is nou net soveel as die Amerikaanse Jode, en sal spoedig die grootste konsentrasie Jode in die wêreld wees. Dit sal besluite wat hulle neem en verbonde wat hulle namens die internasionale Jodedom sluit, wettig en bindend maak.
            Sagaria gee ‘n duidelike en gevoelvolle beskrywing van Israel se rouklag ná die koms van die Messias (12:10-14), wat tot gevolg sal hê dat ‘n heilige volk in die Heilige Land sal leef (13:1-2; 14:20-21). Jerusalem, as die middelpunt van Israel se godsdienstige en politieke lewe, sal as die basis van hulle toekomstige teokratiese regering geheilig word. Die Here sal Jerusalem weer verkies en dit met veel meer heerlikheid beklee as wat die geval tydens Salomo se bewind was:
            “Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad!” (Jes. 52:1). “Nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang... Die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die HERE, Sion van die Heilige van Israel... Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof” (Jes. 60:3,14,18).
            Die toekomstige heerlikheid van Jerusalem staan in skerp kontras met die vertrapte toestand van die stad gedurende die tye van die nasies. Die Here Jesus het gesê: “Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is” (Luk. 21:24). Geredde lede van die nasies moet geen deel in die vertrapping en minagting van hierdie stad hê nie. Ons moet weet dat Jerusalem bestem is om die fokuspunt van die Messias se regering in die millennium te wees. In daardie tyd sal die geredde Israel én die geredde lede van die nasies uitroep: “Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg! Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde, is die berg Sion aan die noordekant, die stad van die Groot Koning!” (Ps. 48:2-3).
            Sagaria sê: “So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek” (8:22). Hulle “sal jaar na jaar [na Jerusalem] optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier” (14:16).
            Sien jy uit na hierdie wonderlike toekoms van Israel, Jerusalem en die hele Heilige Land? Indien wel, dan rus die verpligting op jou om Israel jaloers te maak oor die wyse waarop jy die God van Abraham, Isak en Jakob deur die Messias dien (Rom. 11:11). Bid ook vir hulle herstel na hulle eie land, en vir die Here se beskerming en seën oor Jerusalem. Die psalmis sê: “Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!” (Ps. 122:6).