Maandag 26 Junie 2017

Bly in dit wat jy geleer het


Image result for die bybel

Valshede deur valse leraaars eis sy tol in ons dag. Op ‘n onlangse reis beleef ons die nuwe lering oor die Wedergeboorte: Al is jy Wedergebore, moet jy steeds by die punt kom waar jy elke sonde wat jy ooit gepleeg het, bely. Jy moet moeite maak en tyd neem sodat jy alle sondes kan onthou en een vir een bely. Dit is ‘n dwaalleer want wanneer is jy dan ooit Wedergebore?
            Die HERE waarsku teen die valse profete (1 Joh 4:1) en leraars:  “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die HERE wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.” 1 Pet 2:1-3
            Nee, jy was ‘n sondaar en as sondaar was jy vry om enige denkbare sonde pleeg. Dan kom jy by die punt waar jy besef jy is verlore… verlore sonder God, sonder hoop. Dan erken jy dat jy sondaar is en jy neem Christus aan as jou Saligmaker. Sy bloed wat vir jou op Golgota gestort is reinig jou van ALLE SONDE. “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” 1 Joh 1:7
            Wanneer jy jouself vanaf jou sondaarstatus na jou Christenstatus wend, word jy Wedergebore, tot in so ‘n maat dat jy ‘n “nuwe skepsel” word. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” 2 Kor 5:17
            En al die sondes op sondes wat jy gedoen het, waar is dit nou?
            “So ver as die Ooste verwyderd is van die Weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” Ps 103:12. Hoe ver is dit? Noord en Suid is sowat 21 000km uitmekaar, maar Oos en Wes is onmeetbaar. As een vliegtuig direk oos sou vlieg en ‘n ander wes, sal hulle nooit by mekaar uitkom nie.
            En kyk verder: “Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.” Hebr 8:12
            Net een vraag nog: Wat gebeur as jy as Wedergeborene sondig?
            “As ons, ons sondes BELY….  Hy is getrou en regverdig om ons, ons sondes te vergewe en ons van al ons ongeregtighede te REINIG.” Joh. 1:9
            “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.” 2 Tim 3:14-15

Wat  moet  ek  doen  om  gered  te  word?

1.            Ek moet besef dat ek ‘n sondaar is.

“ALMAL het gesondig, en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” – Rom. 3:23.
“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself.” – (1 Joh. 1:8,1;  Kon. 8:46;  Jer. 17:9-10).

2.            Ek moet besef dat die loon van die sonde die dood is. (Rom. 6:23).
“Hulle sal straf ondergaan, ‘n EWIGE VERDERF….” –  (11 Thes. 1:9.
“Hy wat in die vlees saai, sal…. VERDERF MAAI….” –  (Gal. 6:8).


3.            Ek moet besef dat ek magteloos is om myself te red.

“UIT DIE WERKE VAN DIE WET sal GEEN VLEES voor GOD GEREG-VERDIG word nie….” –  (Rom. 3:20).
“NIEMAND kan ooit ‘n BROEDER LOSKOOP nie, hy kan aan GOD SY LOSPRYS NIE GEE NIE….” –  (Ps. 49:8,9;  Jak. 2:10).

4.            Ek moet besef dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.

“Ek is DIE WEG, die WAARHEID en die LEWE:  Niemand kom na die Vader BEHALWE deur MY nie….” –  (Joh. 14:6).

5.            Ek moet berou hê oor my sondaarskap en dit voor God bely.

“Kom dan tot INKEER en BEKEER julle….” – (Hand. 4:12;  25:18)

6.            Ek moet Christus deur die Geloof aanneem as my persoonlike Verlosser.

“Almal wat Hom AANGENEEM het….  Het hy mag gegee om kinders van God te word….” – (Joh. 1:12;  Joh. 3:16,30;  Hand. 13:38,39;  Rom. 10: 9,10).

EK GERED IS, WAT DAN?.

1.            Dan is ek ‘n Nuwe Skepsel.

“As iemand in Christus is, is hy ‘n NUWE SKEPSEL….  Ou dinge het verby gegaan….  Het alles NUUT GEWORD.” –  (1Kor. 5:17).

2.            Dan het ek die Ewige Lewe.

“Hy wat in die Seun glo, het die EWIGE LEWE….” – (Joh.  3:36;  6:47;  1 Joh. 5:12)

3.            Dan het ek Sekerheid van my Verlossing en my Ewige Behoud.

“Die GEES self GETUIG saam met ons gees dat ONS KINDERS VAN GOD IS.” – (Rom. 8:8).
“Ek gee hulle die Ewige Lewe en hulle sal NOOIT VERLORE GAAN  tot in Ewigheid nie….” – (Joh. 10:29; Filip. 1:6; Joh. 5:10-13;  Jes. 43:1 – 8).

4.            Dan moet my Geestelike Lewe Altyddeur groei.

“Julle moet TOENEEM in die GENADE en KENNIS van onse Here ….” – (11 Pet. 3:18).
“Word met die GEES VERVUL.” – (Efes. 5: 18b).
“Jaag die HEILIGMAKING na….” (Heb. 12: 14;  1 Pet. 1:15-16).

            Hiervoor is GEREELDE GEMEENSKAP met die HEILIGES, DAAGLIKSE
BYBELSTUDIE en INNIGE GEBEDSGEMEENSKAP MET GOD, onontbeerlik.

5.            Dan moet ek God en my Naaste Dien.

Deur my GEDRAG -- (1Kor. 6: 19,20;  Filip. 2:15).
Deur my gawes – (1Pet. 4: 10; Tit. 2:14;  Tit. 3: 8; Efes. 2: 10;
Jak. 2:20).
Deur my GETUIENIS –  (Hand. 2: 4, 11; Eseg. 3: 17,18).
Want ek is gered om VRUG TE DRA (Joh. 15:  16) om te VERKONDIG  (1 Pet. 2: 9), om TE GETUIG (Hand. 1: 8).

6.            Dan moet ek My Ganse Lewe God Verheerlik.

(1 Kor. 6: 20; 1 Kor. 10: 31; Kol. 3: 23)