Saterdag 31 Desember 2016

Die Merk van die HERE


2017 kan ‘n besondere geseënde en voorspoedige jaar wees. Daar is iets wat elkeen van ons moet doen, om dit te verwesenlik.
“Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die Hemele is.” Matt 10:32
In Openb 13:16-18 lees ons van die Merk van die Dier. Dis ‘n werlikheid soos wat ons ID-nommers vandag is. Sonder ‘n ID-nommer kan ons ook nie handel dryf nie, kan mens nie eers ‘n pakkie by die poskantoor afhaal nie.
            Openbaring vertel dat ons die Merk van die Dier sal moet ontvang (let op), op jou voorhoof en op jou hand. Nie die een of die ander nie, maar beide jou hand en jou voorhoof. Daarsonder sal jy onder meer nie kan handeldryf nie.
         


Om die ware betekenis hiervan te kan begryp gaan ons na Deut 6:4-8.

“Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE…

·        “Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. (sien ook die Koninklike Wet Jak 2:8)       

·        “En hierdie woorde wat ek jou vandag bevel (let op), moet (1) in jou hart wees; en jy moet (2) dit jou kinders inskerp en (3)  daaroor spreek as jy in jou huis sit en (4)

·         as jy op pad is en (5) as jy gaan lê en as jy opstaan.

·        “Ook moet jy dit as 'n teken bind (let op) op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees.

·        “En jy moet dit (ook) op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.”

       
As ek en jy as Gelowiges hierdie vier strofes toepas dan hoef ons geen aandag te gee oor wat die Merk van die Dier is en hoe dit op mense se voorhoofde en op hulle hande aangebring gaan word nie. Dis nie vir ons nie, ons is reeds gemerk.


Dit word by die huise op Koffiefontein aangebring

            Die enigste aanbidding wat geld, is die aanbidding van die lewende God Jaweh. Ons sal nie die Merk van die Dier aanvaar nie, ons het reeds ons Merk aangebring:
“Ook moet jy dit as 'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees.”
            En ons gaan nou reeds verder: “En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.”
            Ons bind ons een hand en voorkop met die teken in die Gees. (Ons kan dit ook letterlik beoefen deur vir ons smal leerbandjies aan te skaf waarop ons die Skrif aanbring en dit om ons een hand en oor ons voorkop te bind tydens ons oggend gebed.)


           
            Op Koffiefontein het ‘n Herlewing uitgebreek. Vier lidmate het toegeneem tot 259, met ‘n verdere 64 wat weens werksomstandighede na ander dele van die land moes uitwyk… die HERE se manier om die Herlewing te versprei. Dit alles oor ‘n tydperk van 2½ jaar!
            Die aanbiddingsplek is lank reeds te klein en ‘n nuwe word gebou.
            Uit die Herlewing het onder meer ‘n tabloid koerant ontstaan Revelation Times, wat reeds in 50 Vrystaatse dorpe versprei.
            Dis wat ons in 2017 landwyd gaan beleef. Strome van seën van Bowe… want dit het die Liefde beloof. Koffiefontein is maar die eerste druppels.          

  https://www.youtube.com/watch?v=CCoq4BY42OQ

            Op Fauresmith, die enigste dorp in Suid Afrika en een van slegs drie in die wêreld, waar die treinspoor in die middel van die hoofstraat loop, val die eerste druppels van die Herlewing ook reeds. En in jou kontrei? Laat weet ons asseblief.

            “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Rom 12:1-2