Woensdag 07 Desember 2016

Die wederkoms


Image result for david in the bible



Laat niks in jou pad staan om deel te wees van die Dag van die HERE nie!



Dawid skryf: “U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom... daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees..." Ps 139:1-6
            Ons sien maklik die splinter in ‘n ander raak, maar nie balk in ons eie oog nie. En ons dink niemand weet van die balk nie, maar die HERE sê hierdie verstommende ding: “Nog voordat ‘n gedagte by my opkom, dan weet Hy reeds daarvan.”
            Dis erg. As die gedagtes bv. twyfel, sê die HERE so iemand moenie dink dat hy iets van die HERE kan ontvang nie. Jak 1:6-8
            Luister hierna: Toe hy nog 'n seun was, vertel David Morgan in sy boek Stories, Illustrations and Quotes, het sy ouers hom na die skou, Tennessee Valley Fair, geneem.
            Wat hom en sy ouers die meeste beïndruk het, was 'n uitstalling van byekorwe vol bye. Die korwe was almal van glas en dus deursigtig. Hulle kon die duisende bye se bedrywigheid duidelik in die deursigtige korwe bekyk. Die uitstaller wys vir hulle die koningin, die werkers in die byekoeke, die wagte, die waterdraers, almal baie besig en hulle weet nie dat mense hulle dophou nie. Hy skryf:
“Op dieselfde wyse is ons koppe soos van glas en God kan alles sien wat in ons denke, in ons brein, aangaan.”
            Ons ken mense aan wat hulle sê en doen. Gelukkig is ons gedagtewêreld vir mekaar geslote. Maar die HERE ken ons gedagtes deur en deur.
Vir Dawid was dit nie 'n skok dat die HERE sy gedagtes ken nie, inteendeel, hy vra die HERE moet nog dieper kyk en sy hart ken.
“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my... kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad.”
Ons sondige menslike aard vind aansluiting by versoeking wat die slegte gedagtes opwek. Ons taak is, om toegewy aan die HERE, ons gedagtelewe van hierdie indringers skoon te hou, want slegte gedagtes loop uit op sondige woorde en dade.
            As iemand in Christus is, is hy ‘n “nuwe skepsel”;  die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 2 Kor. 5:17.
            En daarby die opdrag: ”Word vernuwe in julle gemoed!” Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms.
            Hierdie vernuwing raak ons totale gedagtewêreld.
“Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, (let op) moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24 (Maar jou gedagtewêreld kan verhoed dat jy hierdie geestelike deurbraak maak).
Alle Skrif in die Woord geld vir alle ouderdomsgroepe. “Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.” 1 Tim 4:12
            “En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar (let op) in die Gees, as naamlik (let op) die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.” Rom 8:8-9
            “Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die Ewige Lewe maai.” Gal 6:8
            “Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, (let op) en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” Efes 4:20-24
Lê die vleeslike mens af en leef ‘n geestelike lewe verberg in die Heilige Gees. Dan sal jy ook soos Paulus afwesig kan wees in die vlees, maar wel teenwoordig in die Gees.” Kol 2:5
Die Woord praat strykdeur van “vervul” met die Heilige Gees en “vol” van die Heilige Gees. “En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af...  Luk 4:1
            “Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, (let op) vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel.” Hand 6:3
            “Maar hy was (let op) vol van die Heilige Gees en het die oë na die Hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.” Hand 7:55. Al daaraan gedink dat dit met ons ook kan gebeur?
            En let op “vul” met die Heilige Gees beteken volgemaak en “vol” van die Heilige Gees beteken nie halfvol nie.
            “En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort (waar?) op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
            “En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.”  Hand 2:17-18
            ‘n Groot gebeurtenis is besig om hom af te speel want die HERE en sy Engele kry almal gereed vir die Wederkoms. Dit is nie meer vreemd om te hoor hoe mense in restaurante en oral oor hierdie dinge praat nie.
            Let op, die HERE sê Hy sal sy Gees uitstort. Geen menslike aksie speel ‘n rol nie. God is soewerein en HY sal sy Gees uitstort.
Word vernuwe in jou gemoed sodat jy deel kan wees van hierdie triomfantelike en omvangryke gebeurtenis.
In die proses sien ons: Jesus heel die gebroke harte!