Sondag 25 Desember 2016

Vang hulle met lis omdat jy slim is. 2 Kor 12:16


                     
Waarde lê in die toekoms.

Om dit te kan verwesenlik vra van elkeen om mense van More te wees.
Wees versigtig hoe jy vandag leef. More het jy straks niks en oormore wag die Ewigheid.

Ons gedenk Jesus se geboortedag. Los die geskenke aan mekaar en bring vanjaar vir Jesus ‘n
geskenk… ten minste een nuwe Wedergebore siel. Ruk hulle uit die vuur uit. Juds 1:22-23.

Wanneer jy uiteet, vergeet van die 10% fooitjie, verdubbel die rekening en gee daarmee saam die
Evangelie van Liefde en Genade. Lei die kelner sommer net daar na die HERE toe.

Dit sal die grootste en mooiste Kersfees wees wat jy ooit beleef het.