In die klein Duitse dorpie is die nag koud en die wind begin stormsterkte waai. In hulle huis sit Conrad Cotta sy fluit en speel. Sy vrou Ursula berei aandete. Skielik hoor hulle bo die wind se dreuning 'n soet, maar swak stemmetjie sing: Die jakkelse het na hul gegaan, elke voëltjie na sy nes, maar ek dwaal alleen hjier rond, vir my is daar geen rus.
Oomblikke later is daar 'n klop aan die deur en hulle maak oop. Hulle sien 'n halfverkluimde en armoedige seun staan. Hy vra asseblief ontferming. "Kom in seun," sê Conrad, "ons gee jou kos en slaapplek vir die nag."
Ursula maak dadelik vir hom kos, maar voor hy kan eet, verloor die seun sy bewussyn van moegheid en honger. Hulle help hom, gee hom kos en 'n bed. Hy het vir die egpaar so opreg voorgekom dat hulle besluit het om hom aan te neem en as hul eie kind groot te maak.
Hy is klater na ‘n klooster waar hy met die Bybel kennis gemaak het. Deur die Bybel te lees ontdek hy die weg na die Wedergeboorte.
Hy word so beïndruk deur wat hy in die Bybel lees, dat hy dit nie vir homself kon hou nie, maar net waar hy kom praat hy daarvan. Veral Rom 5: "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan..." (vs.1,2).
Dit verwek spanning in die klooster waar hy moet studeer. Maar, min het Conrad en Ursula besef, hierdie eensame sangertjie wat hulle die nag in die hulle huis ingeneem het en versorg het, was niemand minder as Martin Luther, die groot hervormer nie.
Die voorkoms van 'n saak, die duur van die geringe saak, bevat soms 'n waarde waaroor ons bly sal wees dat ons aandag gegee het. Ons het ons God en Vader nodig om in Jesus, deur die Heilige Gees, vir ons raad te gee as ons dit vra.
"Ek was 'n vreemdeling en julle het My herberg gegee. " Matt 25:35