Sondag 27 Maart 2016

‘En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê:


Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees,
en wat is die teken van U Koms
en van die voleinding van die wêreld?’

“En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
“Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
“En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
“Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
“Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
“Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
“En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
“En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
“Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Matt 24:3-13

Wanneer mens die grusame werklikhede in die gesig staar, dan begryp mens Jesus se verduideliking soos hierbo vervat... Daar is tans oorlog in 66 lande in die wêreld. In 22 lande word Christene wreed en grusaam vervolg, onthoof, doodgeskiet, word vroue en dogters van alle ouderdomme herhaaldelik verkrag en in die internasionale mensehandel aan die hoogste bod verkoop word om meesal as seksslawe te dien. Dit word bereken dat 29 miljoen vroue en kinders reeds so verkoop is. Kyk hoeveel organisasies wêreldwyd probeer mensehandel hokslaan:  https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_organizations_that_combat_human_trafficking

Behalwe dat elke genoemde land sy eie leërmag het, is daar is altesame 692 militêre guerrilla en separatiste groepe betrokke. Elke land met detail oor die vegtendes is beskikbaar by http://www.warsintheworld.com/?page=static1258254223 Mens het tyd nodig om die webblad van ‘n kant af deur te werk, maar doen dit gerus.
 

Hierdie vrouesoldaat is lid van die FARC (Revolutionary Armed Forces of Colombia) revolusionêre mag in Columbië. Die FARC woon permanent in die woude en slaan
daar vandaan af toe. Hulle het sporadies ‘n skietstaking, maar bly op gereedheidsgrondslag. Ander vegtendes in Columbië is die National Liberation Army (ELN) since
1964 Los Urabeños paramilitary group since 2001
cid:image006.jpg@01D186F2.A8453310
cid:image006.jpg@01D186F2.A8453310
Vroue soldate is algemeen in die Israelse leër- en lugmag

Alles wat Jesus byna 2 000 jaar gelede op die Olyfberg aan die Dissipels vertel het, is reeds aan die gebeur. Behalwe dat Christene vermoor word vir hulle geloof, mag Jesus se naam in talle lande nie meer in die openbaar gebruik word nie... dit gee kwansuis aanstoot. Die outydse Evangeliese opelugdienste sal jou vandag in die tronk laat beland. Vals profete is oral, veral in Amerika. Die vervolging van Christene word wyd vertoon. Oral is video materiaal beskikbaar. Die miljoene mense wat oor die wêreld heen vlug gaan deur hel. Groot getalle sterf op die vlug. Mamma’s moet kindertjies soms tot drie maande land dra op die vlug. Moeders kraam selfs op die vlug, selfs is oorvol rubberbote of die stormsee.


Vier en twintig Siriese soldate word hier deur die Islamitiese Staat tereggestel in die ruïnes van die amfiteater in Palmyra in Sirië (photo credit:WELAYAT HOMS / AFP)

Aardskuddings: Daar is 49 000 skuddings jaarliks in die wêreld wat tussen 3 en 3.9 en hoër op die Richterskaal meet. http://www.statisticbrain.com/earthquake-statistics/ Dis of die Aarde moeisaam regop bly en dreig om te disintegreer.

Hongersnood: Altesame 795 miljoen mense in die wêreld ly honger. Daar is genoeg kos in die wêreld maar armoede is die grootste oorsaak. Met elke verkiesing belowe die politici werk aan die armes in die hoop op stemme in die verkiesings, maar werk bly ‘n ydele droom.
http://www.worldhunger.org/articles/Learn/world%20hunger%20facts%202002.htm#Does_the_world_produce_enough_food_to_feed_everyone

Pessiektes kom oral voor en antibiotika begin op baie plekke ontoereikend word.
http://therealnews.com/t2/index.php?option=com_content&task=view&id=31&Itemid=74&jumival=11872

Inderdaad het die leuen die waarheid vervang. Jeremia was so ontsteld oor die verval onder die volk dat hy gewens het hy het ‘n gastehuis in die woestyn sodat hy daar net met verbygaande reisigers te doen sou hê en nie langer met die volk nie. Luister wat sê Jeremia:

“Ag, het ek in die woestyn maar 'n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, 'n hoop ontroue mense.
“En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE.
“Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net 'n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.
“En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.
“Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die HERE.
“Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?
“Hulle tong is 'n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.
“Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?” Jer 9:2-10

Gelowiges sal EENDRAGTIG moet saamstaan in gebed, in Gees en in Waarheid in hierdie laaste uur. Vergewe mekaar, vat hande en hou vas tot die Basuin blaas Liefde bedek Al die oortredinge. Spr 10:12. Volbring die Koninklike Wet  “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8/ Komaan, doen goed!

Om te kan volhard tot die einde toe gaan ons mekaar bitter nodig hê. Die oues van dae onder ons sal onthou hoe ons mekaar na die laaste oorlog gedra het. As daar siekte was het die vroue in die straat saamgespan en gesorg dat die sieke verpleeg word, klere gewas en gestryk word en dat daar kos vir die gesin was. Mense het gehelp waar hulle kon met ‘n koppie meel hier en ‘n koppie olie daar. Ondersteuning van watter aard ook al, was ‘n gegewe, ook gebed. Ons het mekaar se laste gedra, vir mekaar gebid. Ons was so na aan mekaar, die wind kon nie eers tussen ons deurkom nie. Job 41:7

Ons ontvang heelwat pos en baie mense beleef angs en vrees oor die gebeure reg oor die wêreld, ook hier in Suid-Afrika, maar: “As hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.” Luk 21:26

Kyk hoe Wedergebore Arabiere en Jode saam lofliedere sing:  https://www.youtube.com/watch?v=BT50-Kuj2UY  Hulle verwag die Heiland... Jesus is op pad.

Bring die siele in, bid vir Herlewing. Ons los nie die soom van die HERE se kleed voordat die magtigste Herlewing in die geskiedenis nie oral uitbreek nie.

Die werking van die Heilige Gees in ons en selfs deur ons, is vir ons onbegryplik, maar ons kan ons hart oopstel en die Gees gehoorsaam. Die Heilige Gees is in ons guns. Ons moet ons seile span vir die wind van die Hemel. Hoe span ons, ons seile?

Ons moet EENdragtig wees, oopgestel en gehoorsaam. Ook moet ons biddend wees en EENdragtig in die gebed. “Die vurige gebed van die regverdige het groot krag” Jak.5:16. ‘n Vroulike dier word dragtig, dis ‘n swangerskap. Ons moet EENdragtig wees, saam die swangerskap dra.

Ons moet in afwagting leef, die wind van die Hemel verwag. As ons waarlik in afwagting leef vir die Heilige Gees en die Wederkoms, dan lewe ons in Hoop soos in toekomsfeit, en nie soos in “ek wens” nie.  Matt 21:22; Luk 24:49.

Ware afwagting vereis geloof. Kom ons bid in afwagting van die Hemelse Wind vir die grootste Herlewing wat Suid-Afrika en die wêreld nog ooit beleef het. Hand 2:38.

Laat ons almal aanmoedig om, kom wat wil,  ons hand aan die ploeg te hou. Luk 9:62

As jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za  
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com    
Ons het nou ook Beraders in Bloemfontein en Durban aan te beveel.

Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet


 Preview YouTube video Jews & Arabs worship together in Nazareth, Israel.Jews & Arabs worship together in Nazareth, Israel.

Attachments area
Preview YouTube video Jews & Arabs worship together in Nazareth, Israel.

Jews & Arabs worship together in Nazareth, Israel.