Sondag 06 Maart 2016

Word Afrika vanuit die Doderyk Regeer?

  Die stryd is nie teen vlees en bloed nie



Word Afrika vanuit die doderyk regeer? Is die onverbiddellike geloof in toordokters en die voorvadergeeste die oorsaak dat Afrika ‘n mislukking is? Is ‘n Afrika Renaissance moontlik?
            Hierdie tergende vrae word dalk beantwoord deur gebeure in Argentinië toe ‘n gestorwe gees, hekesery en spirtisme daardie land in duie laat stort het.
            Argentinië het in 1976 in duie gestort nadat die land twee jaar lank geregeer is deur wat toe genoem is “swart demone”.


Isabel, sy was die derde vrou van die Argentynse president Juan Peron.
         
Die destydse president, Isabelita Peron het die land geregeer  deur middel van opdragte wat sy vanuit die doderyk ontvang het.
            Met die afsetting van Peron as president, het die Argentynse polisie landwyd begin soek na  ene José Lopez Rega, wat beskryf is as die grootste swendelaar van hierdie eeu.
            Argentinië met sy 20-miljoen inwoners is in chaos gedompel toe die land deur ‘n militêre junta oorgeneem is. Daar is dadelik ‘n lasbrief vir Rega se inhegtenisname uitgereik.
            Rega het heelwat boeke oor heksery en spiritisme geskryf. Hy het ‘n onheilige en oorweldigende invloed op President Peron gehad.
            Sy was vroeër ‘n ontkleedanseres en dus ook ‘n goeie skyf vir demoniese en okkultiese invloede.
            Toe sy aan bewind gekom het, het sy geen kennis van die politiek gehad nie. Sy het die presidentskap na die dood van haar man, Genl. Peron, geërf.
            Sy het haar dadelik na Rega gewend. Hy het toe die sterk figuur en die mag geword waaragter sy geskuil het.
            Rega is as kabinetslid aangestel en kabinetsvergaderings het dikwels in spiritistiese sittings ontaard. Dit het dikwels gebeur dat hy met sy “kragte” die aanwesiges, asook dokumente van tafels en stoele laat tuimel het.
            Daar was ook twee ander lede in die kabinet, bloot omdat, so word beweer, hulle ook spiritiste was. Hulle kon met gestorwe geeste praat.
            Rega se groot troefkaart en medium, was altyd die gebalsemde lyk van Genl. Peron se eerste vrou, die dinamiese Evita. Sy is in 1923 aan kanker dood.
            Rega het baie kere dat Isabelita langs die lyk by Rega staan. Dan het Rega “boodskappe” vanaf Evita se gees vanuit die doderyk deurgegee na Isabilita. So het Rega dan ook Isabelita aangemoedig om op Evita in die doderyk te vertrou.
            Volgens een van hierdie boodskappe moes Isabelita miljoene dollar aan Rega skenk pleks om dit vir bejaardes aan pensioengeld te bestee. Rega het elke keer sy geld gekry.


Rega is in 1989 op 72-jarigeouderdom dood.

            Dit is so dat muti-moorde steeds in SA gepleeg word en meesal in opdrag van toordokters wat bevele vanaf voorvadergeeste ontvang.
            Swartmense glo onwrikbaar in die magte van die voorvadergeeste.
            Sou ‘n land soos SA en ‘n vasteland soos Afrika kan bly voortbestaan in sulke omstandighede?
            Begryp jy nou wanneer gesê word die “stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte, die owerhede in die lug?”
            Vir die Christene lê die antwoord in geestelike oorlogvoering soos verwoord in Psalm 149.

In  2005 berig Die Burger na ‘n onderhoud met Pastoor Kenneth Meshoe, leier van die African Christian Democratic Party, soos volg:



Dr Meshoe en sy vrou Lydia

Baie ministers en parlementslede raadpleeg eers hul voorvadergeeste met die hulp van sangomas en 'n dolosgooiery voordat hulle besluite oor belangrike kwessies neem.

Daar is glo ook " 'n presidensiële projek" waarin die geeste van kamerade wat in die stryd teen apartheid gesterf het van oral, selfs oorsee, huis toe gebring word. Sangomas vergesel na bewering dikwels só 'n afvaardiging.
Dr. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, sê Suid-Afrikaanse politiek is deurdrenk met voorvaderaanbidding en toordery. Hy gee die beoefening van hierdie tradisionele Afrika-gebruike die skuld vir die misdaad en wetteloosheid in die land.

Meshoe sê: "Die gebruik van sangomas deur parlementslede word vir die publiek stil gehou. Sangomas word gereeld by sowel die plaaslike as die provinsiale parlementsgeboue opgemerk. Selfs wanneer die parlement nie in sitting is nie, word hulle oral hier gesien, maar niemand kan sê waarom hulle hier is en op wie se aanvraag nie."

Prins Pathekile Holomisa, president van die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Kontralesa), sê hy weet niks daarvan dat sangomas die parlementsgeboue in die geheim besoek nie.

"Sover ek weet, kom hulle daar, soos enige ander landsburger, wanneer wetgewing ter sprake is wat hul werk raak. Ek glo nie hulle kom ooit skelm daar nie," sê hy.

Meshoe meen die publiek sal geskok wees as hulle weet watter vreemde gebruike steeds deur verskeie lede van die regering bedryf en ondersteun word.

Hy sê die minister van verdediging, mnr. Mosiuoa Lekota, is verlede jaar op televisie in Lesotho gewys waar hy " 'n boks waarin daar geeste van gestorwe kamerade was" na Vryheidspark in Pretoria geneem het.

"Die regering stuur afvaardigings saam met sangomas wat geeste van een plek na 'n ander moet 'verskuif'. Dit is 'n presidensiële projek."

Meshoe sê dié praktyk hou erge gevolge vir die land in.

"Vir ons wat in die bestaan van die geesteswêreld glo, beteken dit dat die regering onbekende geeste en demone die reg gee om verwoesting te saai in Suid-Afrika."

Volgens mnr. Sam Mkhwanazi, woordvoerder van Lekota, is hy nie bewus van die geleentheid waar die minister geeste moes verskuif nie. Hy meen as die minister wel daaraan deel gehad het, sou dit in sy private hoedanigheid gewees het.

"Hoekom pik jy op die sangomas? Ek dink dit is die minister van kultuursake se taak om te antwoord as sangomas by die parlement is," het Mkhwanazi gesê. Lekota is tans in Amerika.

Holomisa sê volgens tradisionele Afrika-geloof moet die geeste van gelowiges na hul regmatige rusplek terugkeer.

"Só lewe hulle verder saam met ons," verduidelik hy. "Die terugbring van geeste na Vryheidspark is deel van die versoeningsproses."

Holomisa sê al was iemand byvoorbeeld 'n verkragter, word hy goed wanneer hy sterf en na God gaan. "Alle voorvadergeeste is goed en gee leiding. "

Meshoe sê: "Afrika-politiek is deurdrenk met voorvaderaanbidding en toorkuns, maar waar het dit ons gekry?

"Hoe verduidelik jy dat Afrikane aanhou stem vir leiers wat hulle onderdruk en hul lewe verder in armoede dompel?

"Ons moet lojaal wees, maar as ons leier op pad hel toe is, hoef ons hom nie daarheen te volg nie. Hierdie kontinent is ryk aan minerale, maar ons word steeds deur erge armoede geteister; hoekom?"

Meshoe meen finansiële hulp aan Afrika is nie 'n genoegsame oplossing nie.

"Daar moet eers 'n geestelike verandering teweeggebring word voordat Afrika uit armoede sal opstaan. Dood kweek dood en lewe kweek lewe.

"Solank ons die dooies aanbid, sal die dood in al sy verskriklike gedaantes vrylik tussen ons beweeg. Hoekom is ons dan verbaas dat Suid-Afrika die hoogste misdaadsyfers ter wêreld het? Hier is dit 'n alledaagse verskynsel dat nie net vroue nie, maar ook kinders verkrag en vermoor word.

"Om weer lewend te word, het ons 'n lewende God nodig."

Die gebruik van sangomas in die alledaagse lewe is onrusbarend, sê Meshoe. Hy vertel hy het self grootgeword met die gebruik om 'n sangoma te besoek voor elke groot skooleksamen.

"Dit is steeds 'n algemene gebruik, maar hoe kan 'n sangoma wat miskien gr. 4 het jou help om matriek te slaag?" wil hy weet.

Hy gee toe dat daar wel mense is wat genees word wanneer hulle sangomas vir allerlei skete en siektes besoek. Dit skryf hy toe aan die gebruik van medisinale kruie.

"Ek sê nie elkeen wat voorvaders aanbid, is ook by toorkuns betrokke nie, maar almal wat toorkuns in Afrika bedryf, roep beslis ook voorvadergeeste op."

As jy gebed benodig kontak my  by belindapaar@gmail.com