Vrydag 11 Maart 2016

Sing Lofdiere aan die Koningsvors!


Image result for people praise and worship


Daar niks op die aarde of in die Heelal wat ek en jy vir God kan gee nie. Alles behoort aan Hom. Daar is een uitsondering, iets wat Hy verlang dat ons aan Hom moet gee: Lofliedere en Aanbidding.
            "Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!" 1 Tim 1:17
            Hoe arm kan 'n mens se gebedslewe nie raak nie. Bloot 'n lysie versoeke wat voor die HERE afgerammel word. Daarenteen kom hierdie pragtige loflied van Paulus uit 'n hart wat verlang om die Here te loof vir die wonder van Sy verlossing.
            As Jesus Christus se verlossing 'n werklikheid in 'n mens se lewe is dan wil jou hart in aanbidding buig voor die Here omdat Hy so 'n groot en wonderlike God is.
            Wanneer mens Wedergebore is, dan besit ons reeds die Ewige Lewe. Juig en jubel daaroor. Dis ‘n fantastiese werklikheid. Bring aan God aanbidding en lofliedere, elke dag en verwag die Wederkoms.
            Waarskynlik was die woorde van die teksvers 'n bekende lied wat destyds deur die Christene gesing is. Moontlik het Paulus die woorde al singende neergeskryf. Daar is sulke pragtige lofsange onder ons Psalms en Lofliedere. Moet ons nie meer daarvan gebruik maak om die Here beter te loof nie?
            In Paulus se loflied word die HERE beskryf as die Koningsvors wat altyd daar was en altyd daar sal wees; die onsterflike Here wat nie deur mense se oë gesien kan word nie. Niemand kan met Hom vergelyk word nie. Hom moet ons vereer en Sy grootheid erken vir altyd.
            Die Engele in die Hemel jubel wanneer ‘n siel gered word. Elke geredde siel is nog iemand om God in heerlikheid te loof en aanbid.
Komaan, bring die siele in.
Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik, besoekwww.thesower.org.za
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA –  Sjibbolet