Donderdag 24 Maart 2016

Die Liefde in die Doderyk


Image result for golgota 


Die Nuwe Testament lei ‘n heel nuwe dispensasie in. Die offer van diere kom tot ‘n einde, ook die tempel en die voorhangsel en die plek van die allerheiligste. Alles word vervang met Liefde en Genade via die Kruis op Golgota.
            “As julle ewenwel die Koninklike Wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.” Jak 2:8
            Selfs die Wet, die Tien Gebooie ondergaan ‘n wetswysiging. “Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, (hoekom?) want die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” Rom 13:9-10
            Jesus voeg by: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” Matt 5:17
            Hy vervul dit met die Koninklike Wet, ‘n Nuwe Gebod: “'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê (hoekom?). Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” John 13-34-35
            Het ons liefde onder mekaar?
            Net voor Sy Hemelvaart: “Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot Gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee Gebooie hang die hele wet en die profete.” Matt 22:37-40
Let op... die HELE WET hang aan hierdie twee Gebooie: Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand...EN... jou naaste soos jouself.
            Tot in hierdie stadium was niemand nog in die Hemel opgeneem nie. Almal wat gesterf het was in die Doderyk. En wat nou van hulle, hulle weet dan niks van die nuwe dispensasie af nie?
            God is en bly regverdig. Toe Jesus op Golgota sy laaste asem uitblaas, is hy na die Doderyk om die nuwe dispensasie aan hulle bekend te maak.
            Diegene wat in die Doderyk Jesus as verlosser aangeneem het, is later saam met hom Hemel toe.
            “Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
“Maar dít: Hy het opgevaar – wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde (die Doderyk)?
“Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele (hoekom?) sodat Hy alles tot volheid kan bring.” Efes 4:7-10
Let weer op: “Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring – Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees...
            “...  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis (die Doderyk), wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete – deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.” 1 Pet 3:18-22
           Mens kan aanneem dat diegene wat daarna gesterf het sonder dat hulle ooit die Evangelie gehoor het, ook geleentheid sou kry om reg te maak, maar diegene wat die Evangelie wel gehoor het en Jesus Christus verwerp het, die is die Ewige verlorenheid in.
            “Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.” Joh 12:48
            “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.” Rom 13:11.
“Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.
“Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
“Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.” Rom 13:11-14
            Bring die siele in... die nag het ver gevorder.
            Indien jy weet van iemand wat ‘n Bybel  opreg benodig en kan gebruik besoek www.thesower.org.za
As iemand geestelike hulp of gebed verlang, skryf aan: belindapaar@gmail.com
Bid asseblief deurentyd vir ‘n magtige geestelike Herlewing in SA  – Sjibbolet