Donderdag 21 Mei 2015

’n Brief van Bemoediging Aan: Alle Koningskinders!


Image result for koningskinders


’n Brief van Bemoediging

Aan:   Alle Koningskinders!

Gegroet,

In die naam van Hom wat mag het om te DOEN ... ver bo alles (!) wat ons BID of DINK
 ... volgens – die Krag wat in ons werk ! Efes. 3:20.




Lees nou Heb. 11: 1-33.

Dit is die Bybel se “Galery van Geloofshelde”. Die mooiste is dat ons deel is daarvan!

Keer terug na verse 32 en 33:

“En wat sal ek nog meer sê (oor al hierdie geloofs-dinamika)? Want die tyd sal my ontbreek
as ek (ook) van Gideon, Barak en Simeon en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal ... ”

Let nou op na vers 34: “... wat deur die geloof:

·                koningkryke oorweldig het !
·                geregtigheid uitgeoefen het !
·                beloftes verkry het !
·                bekke van leeus toegestop het !
·                die krag van vuur uitgeblus het !
·                die skerpte van die swaard ontvlug het !
·                krag uit swakheid ontvang het !
·                dapper gewees het in die oorlog !
·                leërs van vreemdes op die vlug gedryf het !”
Kyk weer na die tweede laaste reël:

DAPPER gewees het in die oorlog !

DAPPER beteken: Vasberade, onverskrokke. Dit beteken ook: onwankelbaar en onbuigsaam,
 beginselvas, dus, ook iemand wat geen kompromie aangaan nie.

Het ons geloof? Natuurlik het ons geloof? Ons het dit by die Wedergeboorte ontvang. Maar, Lewe
ons deur die geloof ... ?

Om te sê ons sal probeer om deur die geloof te lewe beteken jy lewe nog onder die omstandighede
 in plaas van bo die omstandighede.

Om deur die geloof te kan lewe moet ons beslis en onverskrokke wees, moet ons gedetermineerd
wees, moet ons dapper wees, moet ons weier om kompromieë aan te gaan, moet ons rus (vind) in
die HERE. Of ons vertrou God absoluut, of, anders lewe ons in twyfel, ons probeer maar ...

Jak. 1:6-7 .... hy wat twyfel moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie!

             Dus… ons moet weier om te twyfel.

“We are GOD’s mighty men (and women) of valor.” Ons is die Vader se magtige manne (en vroue)
vol dapperheid, onverskrokkenheid. Ons weier om te twyfel. Ons staan soos rotse, onwankelbaar.

Onthou, ons is eiendom van die Vader. Vat iemand aan ons, vat hy aan die Vader, want, die Vader sê:
Vir sovele as wat julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My.

Dit is ook hoekom ons nie wraak moet uitoefen nie. GOD sê: My kom die wraak toe. Hy sal vergeld.
Ons moet net besef dat as iemand ons leed aandoen, speel hy of sy met vuur, want hulle het die
Vader se eiendom aangetas. En daar staan ook geskrywe: Dit is vreeslik om te val in die hande van
die Lewende GOD!

Ons vrees niks, want GOD het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ’n gees van Krag
en van Liefde en van Selfbeheersing. Dit is wat ons ontvang het en dit is wat ons elke dag moet bely.

Let weer op wat staan reg aan die begin geskrywe ... volgens die KRAG wat IN ons is.

Daar is geloofskrag in ons om ook die dinge te kan doen wat Jesus Christus en ons voorsate deur die
geloof gedoen het ... volgens ... dui daarop dat ons daardie geloofskrag moet uitbou, soos ’n
gewigopteller sy krag ook uitbou. Hoe groter sy krag, hoe groter die gewig wat hy kan baasraak.

Ons moet dus deur Sy Woord en deur praktiese toepassing daarvan, ons geloofskrag uitbou. Kyk
 hoe waar is die volgende:

 GREAT people, are ordinary people, with

 extraordinary amounts of determination!

Om nederig te wees is die Vader se Wil. Om jouself te verkleineer, is nie nederigheid nie en is
sonde. In die oë van die Vader is ons uiters belangrik. Ons is Sy VOLK. Ons is Sy eiendom. Ons is
Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons het die geloof van ’n mosterdsaadjie – ons (moet)
groei tot reuse Geloofsbome ! Dit bekom ons deur die groei in sy Woord en wat ons uit die Woord
leer, in die praktyk toe te pas.

Bely dit, glo dit, want dit is die Waarheid, en nie die twyfel en onwaarhede wat die satan ons mense
mee teister nie.

Onthou, wanneer mens naby die deurbraak is, sal die druk altyd toeneem. Teenspoed lyk maar soos
teenspoed. Hoe harder die stryd hoe groter die oorwinning, want in Christus Jesus IS ons meer as
Oorwinnaars !!!

Probleme wat oor die wêreld aan die kom is, moet maar kom. Ons is Gereed daarvoor !!!

Oorwinningsgroete in die naam van die Koning van alle konings!

Sjibbolet Bedieninge

NS: Lees ook Psalm 149 en let veral op wat gebeur vanaf Vers 6: Lofverheffinge is ’n
tweesnydende swaard.

Aan die een kant verbly ons die hart van die Vader, aan die ander kant vernietig ons die
vyand, wie en wat hy ook al mag wees !