Wys tans plasings met die etiket Jesus se gebed. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jesus se gebed. Wys alle plasings

Saterdag 11 Julie 2020

Jesus tree vir ons as Gelowiges in

Eers bid Jesus oor Hy en die Vader se verhouding: “Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die Hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik – soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die Ewige Lewe kan gee.

Van hier af bid Jesus vir ons: “En dit is die Ewige Lewe, dat hulle (ons as Gelowiges)  U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk w U My gegee het om te doen, het Ek volbring.

En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.

Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.

Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.

En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle (let op) my blydskap volkome in hulle kan hê.

Ek het hulle u Woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

“Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

Heilig hulle in u Waarheid; u woord is die Waarheid.

Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo –  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, (hoekom?) sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

En Ek het hulle die heerlikheid (glorie) gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.

En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die (let op) liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

Gebruik Joh 17 vir jou volgende Bybelstudie. Let op hoe die Vader ons eintlik as geskenke vir Jesus gegee het. Let op dat die Vader ons net so lief het soos wat Hy Jesus het. – Wekroep



Maandag 30 Julie 2018

Middel C sal ons op koers hou

Jesus praat met sy Vader YAWEH oor ons, oor my en jou. Hoor Sy verlange:


            “Vader, dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees (hoekom?), sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het (hoekom?), sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

 

            “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.” Joh 17:21-23

            Is ons een... as daar 38 000 verskillende Christelike denominasies in die wêreld is? Het Hy waarlik gesterf sodat daar so baie kerkgenootskappe gestig moes word... en ai, elkeen boonop met sy vertolking van die Woord?

            As jy onkundig is oor musiek, let op, musici en veral klavierstemmers gebruik ‘n stemvurk om te verseker ‘n musiekinstrument is 100% korrek ingestel.

            Ons behoort elkeen vir ons ‘n stemvurk te koop en daagliks saam met ons te dra want ons gaan dit vorentoe al hoe meer benodig om te verseker, ons is in lyn met Middel C.

            Middel C verander nooit... gister, vandag more, oor duisende jare bly Middel C presies dieselfde.

            Christus is ons Middel C.  Hy verander nooit, dis ons wat ons lewens elke dag in lyn, nootvas, met Hom moet bring. As iemand jou omkrap... voordat jy reageer, kap jou stemvurk en luister.

            Skrywer het in twee van die grootste orkeste in Suid-Afrika gespeel. Middel C was die middelpunt van alle musiek... so was dit deur die eeue tot vandag toe en dit sal altyd so wees.

            Ons as Gelowiges gaan Christus al meer in ons lewe benodig. Ons het Middel C as ‘n stil plek in ons lewens nodig. Hy is ons onveranderbare Herder. Dis Hy wat die storms sal stilmaak,

            Volgens Dawid in Ps 23 is Christus ons Herder. Hy is ons Middel C.

            Let op: Straks begryp jy nou beter: Lloyd Douglas, die skrywer van The Robe en Magnificent Obsession, het elke dag by ’n afgetrede musiekprofessor ingeloer en vir hom gevra: “Wat is vandag se goeie nuus ?”

            Dan sou die ouman sy stemvurk optel en op sy rolstoel kap en sê: “Dis Middel C! Dit was Middel C gister; dit sal Middel  C môre wees; dit sal ook Middel C  in ’n duisend jaar van nou wees.

“Die klavier in die gang af is nie ingestem nie. Die tenoor hierbo sing heeltemal van die wysie af. Maar, my vriend, (terwyl hy op sy rolstoel tik) die antwoord bly Middel C

“Alles kan verander, maar God bly dieselfde! Daarom sê God in Hosea 11:9 “…want Ek is God, nie ’n mens nie !” of in Jer 31 :35 (lees dit).”

Die ou musiek Professor. aan ‘n rystoel gekluister, het ontdek, die enigste manier waarop hy vir die res van sy lewe kan vertrou is Middel C, Christus Jesus. Hy het gereeld met sy stemvurk teen die rystoel gekap en geluister, hpm verbly in die wete Christus is sy Middel C.

Die oomblik wat ons na die stemvurk luister, kom hierdie draaiende, kolkende, dwalende wêreld tot stilstand. Ons hoor Middle C, Christus, oor en oor,

            Alle instrumente moet altyd ingestel word om nootvas te wees, so moet ons ook daagliks ingestel word, gekalibreer word, om in Christus te bly. Kry vir jou ‘n stemvurk en gebruik dit om jou te help om in Christus te bly. Dis iets tasbaars en van onmeetbare betekenis. As jy ‘n besluit moet neem, luiter eers na Middel C.

            En wie het die Middel C in die wêreld ingestel? Dit was dan juis Hyself? Die HERE het aan die mens die verstand en wysheid gegee om al die musiekinstrumente in die wêreld te vervaardig om Hom meer te verheerlik.

            “Want hiertoe is julle (en en jy) geroep... lees 1 Petrus 2:21-25

            Feitlik alle instrumente is maklik om in te stem, behalwe die klavier, elke noot het sy eie snaar wat afsonderlik ingestem moet word, maar die stemmery begin elke keer by Middle C.

            Een duisend klaviere wat ingestem is, klink asof die een by die ander ingestel is. En duisend Gelowiges sing ‘n geestelik lied ook presies op Middel C gebaseer en klink soos voëltjies wat sing. Voëltjies is nooit van nooit af. Dis of hulle ‘n ingeboude Middel C het.

            Ons poog daagliks om in ooreenstemming te wees met die beeld van ons HERE en Verlosser. Soos ons in Sy voetspore volg, vind ons dat ons een met ons broers en susters in Christus is wat ook hul bes doen om die HERE in hulle gedagtes, woorde en dade te behaag. -- Sjibbolet

https://www.youtube.com/watch?v=F2emsPPCH4c



Vrydag 15 September 2017

Ons moet Jesus se gebed en wens vervul


Image result for Jesus se gebed

Ons as Gelowiges moet die gebed en wens van Jesus Christus vervul.
            Let op: “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo – dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
            “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
            “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
“Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.” Joh 17:20-24
Jesus sê hy bid vir jou en my en ook vir die siele wat ons sal inbring. Hoeveel siele het jy al ingebring?
Jesus bid dat ons almal EEN mag wees. Hoe moet ons een wees? Net soos wat Jesus en die Vader is, EEN, die een in die ander.
Hoekom bid Jesus dit? “Sodat die wêreld kan glo dat U my gestuur het.”
Jesus voeg by: “Sodat ons en Hy VOLKOME een kan wees.” Is ons... of het elkeen sy kerk!
Let op, nou sê Jesus iets baie, baie belangrik: “Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het (beleef ons daardie heerlikheid, daardie glorie?) (En hoekom het Hy dit aan ons gegee?) juis, “sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.”
Wat het ons gedoen met die glorie wat Hy van die Vader ontvang het en aan ons gegee het?
Dit is ook Jesus se wens dat ons Een moet wees sodat “ons Sy glorie kan aanskou.” Het jy dit al aanskou? Is dit omdat ons nie EEN is nie?
Ons moet so EEN wees dat die wind nie tussen ons kan deurkom nie. Job 41:7-8 “Ons moet geestelik kleef aanmekaar, aan mekaar vashou, onafskeidbaar.
Nou sit elkeen in sy eie kerk en ons groet skaars mekaar. Dis die groot oorwinning wat ons as Gelowiges moet behaal: Om oor die kerkmure heen hande te vat. Dis of ons wedywer: Watter kerk se lidmate gaan Hemel toe!
Dis is wat in ‘n groot mate op 22 April 2017 in Bloemfontein gebeur het toe sowat een miljoen Gelowiges by “It’s Time” hande gevat het.
Ons smag na Herlewing, ons smag na God se Glorie. Komaan, staan op en staan saam!
Die wêreld word by die dag meer boos. Jesus se Koms is voor die deur. Kerkleiers sal aanstons hul posisie in die kerklike koninkryke moet prysgee.
Dogma sal verdwyn. Die Bybel sal weer die ware Grondwet word.
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Matt 28:19
Die doop is ‘n begrafnis. Is jy al begrawe?
“Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
“Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
“Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
“Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
“As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
“Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
“So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” Rom 6:3-11
Die doop kan niemand red nie, maar dis ‘n wonderlike stap van gehoorsaamheid.
“in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.” Kol 2:11-12
Alhoewel die doop nie kan red nie, vorm dit beslis ‘n integrale deel van die Wedergeboorte en die begin van ‘n Nuwe Lewe in Christus.
Na ons Jesus deur die doopwaters gevolg het, is ons ineen vervleg, met mekaar en met Hom. Die doopwaters bring finale skeiding tussen die gehoorsames en die Planeet Aarde. “Want ons burgerskap is in die Hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus...” Fil 3:20