Woensdag 13 Desember 2017

Jy dra straks te veel bagasie


Image result for Heb.12:15

As jou bagasie te swaar is laat die lugdienste jou ‘n boete betaal. As jou geestelike bagasie te veel is, betaal jy ook (onnodige) boetes.

Onnodige bagasie sluit in bekommernis, onenigheid, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, ongeduld, afguns, skuld en dergelike dinge. Hierdie soort bagasie het die manier om al hoe swaarder te word.

Raak van al die onnodige ekstra bagasie ontslae. “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe” Kol 3:13

            Dr Burton het as Evangeliebedienaar ook so ‘n stel afdgetrap. Hy vertel dat hy eenkeer onder spannende en verwarrende omstandighede, hom vir iemand se houding en gedrag teenoor hom vererg het.
Hy het vir die persoon ’n verwytende brief geskryf en dit gepos. Hy sê later hy wens hy het dit nooit gepos nie.
Jare daarna het daar weer vyandige en spannende dinge gebeur en hy het gaan sit en vir die persoon ’n lang, reguit brief geskryf waarin hy hom vertel het wat hy van hom en sy gedrag dink.
Maar, skryf dr. Burton, die lewe het toe al bietjie wysheid in hom ingevryf en hy het die brief teruggehou totdat hyself rustig geword het en hy die brief sonder opgewondenheid self weer kon lees.
Hy sê hy is so bly hy het die brief nie gepos nie. Die brief kon die man dalk goed gedoen het, maar hy, dr. Burton, het al minder lus gehad om die brief aan die persoon te besorg en later het hy dit opgeskeur.

Hy skryf so oor sy ondervinding: Wanneer daar moeilikheid broei, bly stil. Wanneer harde woorde val, bly stil. As jy seergemaak word, bly stil. Bly stil totdat jy weer bedaard en beheer oor jouself het. Na ‘n ruk begin dinge anders lyk
Tyd bewerk wonders. Stilbly is die grootste krag denkbaar.

Moet nooit jouself verdedig nie. Dit dra veel meer gewig wanneer iemands anders jou verdedig.
‘n Vuur wat aangeblaas word, veroorsaak groot skade. In die hitte van die ergernis in mens se hart, kan ons nie kalm oor ’n saak dink nie. En as ’n mens eers die kwetsende woord uitgespreek het, is dit buite jou beheer.

As jy terugveg, besmeer jy jou hande en dan moet eers weer jou hande gaan was, voordat dinge normaal word.

Iemand het gesê: “Jou woorde is soos ’n swaard in sy skede. Solank dit swaard in die skede is, bedreig dit nie en maak dit nie seer nie. As die swaard eers uit die skede getrek is, kom daar skade.
”Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.”

’n Kwade bedoeling het ’n groeikrag soos ’n wortel wat uitspruit. Nie lank nie of meer takke kom uit en later dra dit die ongelukkige vrug van vyandskap. En jou geestelike bagasie neem toe,
Gee tyd vir kalmte om in die hart te kom en dink weer oor wat ’n mens vir iemand anders wou sê.
Bid sonder ophou.