Ons is siel, gees en liggaam. Ons sielslewe is:
· die gebruik van ons natuurlike vermoëns
· om hardkoppig, eiesinnig en ongehoorsaam aan die HERE te wees
· voor te gee dat ons wys is met ons baie meninge en planne, en
· deur te soek na geestelike ondervinding deur middel van gevoel.
Dit is omdat:
· die sielslewe self is die natuurlike vermoë en die orgaan van die siel is verdeel in
· die wil
· die denke en
· emosie.
Omdat die siel hoofsaaklik bestaan uit die gedagtes, die emosie en die wil, is die ondervindinge wat Gelowiges beleef verskillend en selfs in kontras met mekaar.
Sommige is op hulle gedagtes aangewese, ander leuen oor na die emosie en sommige staan sterk op hul eie wil.
Alhoewel hierdie aspekte van leef totaal verskil, is en bly dit ‘n sielslewe.
‘n Gelowige wat oorwegend verstandelik is, mag na ‘n ander Gelowige wat op emosie fokus, as ‘n sielslewe verwys en natuurlik omgekeerd, maar eintlik is beide hierdie Gelowiges sielewesens.
Die mees belangrike vir Gelowiges is om die Lig van God in hul lewens toe te pas, sodat die Lig hulle vry kan maak, pleks daarvan om hulle kennis as meetinstrument te gebruik.
As kinders van die HERE bereid is om God se Lig te gebruik om hul lewens te verlig, sal hulle ‘n heel ander geestelike lewe openbaar as tans.
Diegene wat op hul verstandelike deel van ontvang en verspreiding van waarheid vertrou, beleef die hoof manifestasies van die sielslewe.
Selfs die mees geestelike ondervinding en die grootste waarheid, word gewone verwerking van die verstandelike, die gedagtes.
Alhoewel mens se lewe nie onaangeraak is nie, is sy oorspronklike doel om sy gedagtes tevrede te stel.
Kyk as voorbeeld na die moeders wat hul ongehude babas laat aanneem het, later getrou het, maar nooit aan hul man en kinders iets van daardie aangenome baba openbaar het nie. Die arme moeder probeer dit geheim hou en bedink alle selfregverdiging solank haar gedagtes stilgehou kan word.
Ja, sy is Wedergebore, kind van God, sal beslis die Ewigheid as geredde siel ingaan, maar intussen kan sy nie geestelik vorder nie weens die binding in haar gees. Baie lewe eintlik in vrees dat iemand van hul verlede kan uitvind.
Wanneer Gelowiges in sielsverband beheer word deur hulle verstand... hulle gedagtegang. Dan is hulle verstand gewoonlik vol geestelike begeertes want hulle wil so graag oor dir drumpel van siel na gees beweeg, maar hulle vertrou meer op hulle denke as op God se openbaringe. Wat hulle met hulle denke beplan is groter as hulle gebedslewe en afhanklikheid van God.
“Maar daar kom 'n uur (wanneer?), en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24
Gelowiges moet dus die punt bereik waar hulle van sielslewe oorskakel na die geesteslewe. Dis oproep van die Vader self.
Soms word geestelike ondervindinge misverstaan en beskou as geestelike emosie. Sommige Gelowige sielsgesindes neig na emosie in hul soeke na gevoelens. Hulle wil graag die teenwoordigheid van God in hulle harte en liggame ervaar, iets soos ’n liedesvuur.
Die opregte geestelike Gelowiges beleef soms ook gevoelens, maar hulle maak nie staat op sulke gevoelens vir byvoorbeeld blydskap nie.
Die emosionele Gelowige kan die HERE net dien wanneer hy of sy hierdie gevoelens beleef. As hulle nie gevoelens beleef nie, dan beweeg hulle ook nie verder vorentoe nie.
Die wil van die mens is ‘n gewone manifestasie van die sielslewe. Die wil is selfregering, ook genoem die eie-ek. Hulle wil alles verstandelik verstaan. As hy gevoelens beleef dan is dit vir sy eie genot. Hy handel volgens sy eie denke en planne. Hy loof homself en sy fokus is op homself.
So iemand maak baie planne, werk baie hard, is gedurig besig, rusteloos en verward.
Wanneer hul emosie betrokke raak, is hy of sy opgewonde, maar sodra die emosie verdwyn, is hulle verbysterd, verwese in hulle wil en denke. Dis ‘n lewe ver weg van die geestelike lewe van die HERE. So iemand kan nooit geestelike vrugte lewer nie.
Wedergebore? Ja, sekerlik. Die probleem ontstaan by die bekering. Wedergeboorte en bekering vind saam plaas. Jy word gered en bekeer jou van jou ou weë.
Maar nou is jy eers in Graad 2 van jou geestelike lewe. Soos wat die Heilige Gees vir jou nog en nog dinge in jou lewe uitwys wat in jou pad van vordering staan, bekeer jy jou ook daarvan. Dit word ook genoem, “Die pad na Heiligmaking.”
Die pad vanaf Graad 2 word deur jouself bepaal. Jy besluit hoe ernstig jy met God en jou lewe is, en jy grawe jou in sy Woord in. Jy leer deur die Woord en jou foute.
Jy moet leer om te wag op die HERE... doodstil net te wag. Speel geestelik musiek sag in die agtergrond. En spandeer meer tyd in gebed. Ander gelowiges verwys na die geestelike Gelowiges as “diep gelowige mense.” Jy moet ook een word.
In die Geestelike lewe beleef jy die Lewende Jesus, die Engele, opanbaringe, ontvang jy gawes. Jy moet soos Jesus word. Joh 3:30
Daar word ook verwys na die verstandelike Gelowiges as vleeslike Gelowiges. Hiervan moet jy wegkom. Jy skakel jou verstand af. Jy wil die Gees van God beleef en daarvolgens handel.
Vleeslik verloor jy jou humeur. Jy sê lelike dinge, goed wat nooit uit jou mond moes kom nie. Jy is selfs onredelik. Die eie-ek neem eenvoudig oor. Dis soos ‘n hellevuur by die huis en in die gemeente.
Die geestelike Christen wend hom tot sy knieë en wag op die fluisterstem van die Heilige Gees en handel daarvolgens.