Sondag 15 November 2015

EEN in Jesus Christus






Die Indian Christian vertel, dit is Sondagoggend in Kiangsu, Sjina, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Kiangsu is reeds deur die Japanese magte ingeneem.
Die diens word in 'n klein Sjinese kerkie gehou. Die kerkie is feitlik stampvol, want die Christene het in hierdie swaar tye behoefte aan 'n salwing van God se nabyheid.
Skielik is daar spanning in die gemeente en onderdrukte uitroepe van vrees word gehoor. Vroue klem hul babas teen hulle vas. Mans kom regop in hul sitplekke.
'n Japanese soldaat het by die oop kerkdeur ingestap en loop nou af in die paadjie na die preekstoel toe. Die soldaat stap tot by die tafeltjie voor in die kerk.
Sigbaar vir almal haal hy geld uit sy sak en hy sit 'n bydrae op die tafeltjie neer. Alle vrees bedaar en 'n bewussyn van verligting word voelbaar in die kerkie toe hy sê: "Ek is ook 'n Christen. Ek verlang om saam met julle te aanbid."
Hy maak die liedereboek oop en noem 'n lied. Kan ons dit sing, asseblief?" vra hy met 'n glimlag. Die lied is "Blest be the tie that binds." Almal staan op en die Chinese en die Japanees sing hartlik saam:

Blest be the tie that binds
Our hearts is Christian love.
The fellowship of kindred minds
Is like to that above.

Before our Father's throne
We pour our ardent prayers
Our fears, our hopes, our aims are one
Our comforts and our cares.

We share each other's woes,
Our mutual burdens bear
And often for each other flows
The sympathizing tear.

When we asunder past
It gives us inward pain,
But we shall still be joined in heart,
And hope to meet again...

https://www.youtube.com/watch?v=iTJ0T6-O9CY

Meer as 260 000 Christene, het Genl William Booth, die stigter van die Heilsleër, se begrafnis in 1912 in Londen bygewoon. Toe die kis in die graf begin sak het sy seun Bramwell daardie massa mense gelei in die sing van Blest be the Tie that binds.
            Wat bring die eenheid tussen Christene? "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus." Gal 3:28
Dit is die groot droefheid wat uit verskeie van die sendbriewe spreek, wanneer die apostels oor twiste, eiesinnigheid en spanning in die gemeente moet skryf.
Paulus skryf aan die Efesiërs: "...wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede." Efes 4:1-3.
“As julle ewenwel die Koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – dan doen julle goed.
‘’Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.” Jak 2:8-9
Ons moet regmaak want ons moet gereed wees. Die tyd raak min. – Sjibbolet
Attachments area
Preview YouTube video Blest Be the Tie That Binds with lyrics

Blest Be the Tie That Binds with lyrics

https://www.youtube.com/watch?v=iTJ0T6-O9CY&authuser=0