Maandag 02 November 2015

Die Belangrikste Taak Ooit!


Image result for foto's amerikaanse burgeroorlog 


Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ry 'n man te perd, toe hy deur 'n wag, wat sy geweer op hom rig, voorgekeer word. "Wie is jy?" wil die wag weet."
“'n Vriend," antwoord die man.
"Kom nader en gee die wagwoord."
"Lincoln," antwoord die ruiter, seker van homself.
In die Amerkaanse Burgeroorlog was dit 'n algemene wagwoord. Stadig antwoord die wag: "Verkeerde wagwoord! As ek jou nie geken het nie, het jy nou met jou lewe geboet. Ten koste van my eie lewe spaar ek jou joune. Gaan terug en kry die regte wagwoord." Die ruiter bedank hom, draai om en ry terug.
Na 'n ruk kom hy terug met die regte wagwoord: "MASSASHUSSETS", sê hy. Die militêre wag reageer: "Dis reg. Ry voort."
            Die ruiter hou sy perd steeds in. "Ek kan nie net voortry nie," sê hy. "Ek het  'n boodskap vir jou. Ten koste van jou lewe het jy myne gespaar. Nou...  sê vir my, het jy die regte wagwoord vir die Hemel?"
"Ja, ek het," antwoord die wag sonder huiwering. "Wat is dit?" wil die perderuiter weet. "Jesus Christus, Meneer," antwoord die wag met 'n glimlag.
"Waar het jy dit geleer?" wil die man op die perd, nou bietjie verbaas, weet. "Meneer," antwoord die wag, nou baie op sy gemak. "in jou Sondagskoolklas destyds in Pennsylvania."
            Sjibbolet, die naam van ons Bediening,  is ook ‘n wagwoord. Die doel van die woord is eksklusief sowel as inklusief: ‘n Persoon wie se wyse van spraak ‘n sjibbolet skend is geïdentifiseer as ‘n buitestander en is dus uitgesluit van die groep. (Hierdie fenomeen is deel van die spreekwoord “Moenie iemand op sy baadjie takseer nie” – ‘n neiging oënskynlik verskans in menslike erkenning, en die gebruikstaal om sosiale groepe te onderskei).
            Die begrip van die wagwoord is aangeteken in Rigters. Die woord sjibbolet is ‘n oud-volkere Hebreeuse dialek wat beteken “oor of graankorrel” en sommige meen ook dat dit “waterstroom” beteken het. Sommige spreek dit uit met die “sj” en andere bloot met die “s”.
            Die woord sjibbolet word die eerste keer gebruik in Rigters 12:4-6 “Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
            “En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan –  dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee, dan vra hulle hom:
“Sê bietjie: Sjibbolet!
“En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.”
Ek en jy sal nie ‘n wagwoord nodig hê vir die Hemel nie. Ons name staan in die Boek van die Lewe aangeteken en ons word daar verwag. Hulle kyk juis uit vir ons.
Staan jou naam daar? Staan jou gesin, jou familie, jou vriende se name daar? En die name van die mense in jou gemeenskap? Jou belangrikste taak ooit, wag op jou.
"... die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God..." 1 Kor 1:18
Druk hierdie geskrif en versprei dit van huis tot huis, van mens tot mens, en bid vir 'n magtige Herlewing! – Sjibbolet