Wys tans plasings met die etiket werk jou eie heil uit. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket werk jou eie heil uit. Wys alle plasings

Vrydag 18 Januarie 2019

Werk jou Eie Heil uit....


Image result for Fil 2:12-13


...met vrees en bewing!


Wedergeboorte en bekering vind saam plaas. Daarna, totdat Jesus kom, vind voortgesette bekering plaas, ook genoem Heiligmaking.

            Paulus is in die tronk en skryf aan die Gelowiges in Fillippi: “Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het (nie in my teenwoordigheid alleen nie) maar baie meer nou in my afwesigheid, (let op) werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.” Fil 2:12-13

            Ons is almal in ‘n stadium dood in sonde. Dan begin die Heilige Gees in ons werk en dit lei tot ons Wedergeboorte. Daarmee saam tot ons bekering. Ons doen sekere verkeerde dinge net nie meer nie. Mense wat ons ken kom ook dadelik die verskil agter.

            Jy het nou ook ‘n wil in Jesus Christus, om reg te doen. Jy wil niks meer verkeerd doen nie.

            Daardie wil is in die Heilige Gees opgesluit wat nou woning in jou kom maak het.

            Kyk wat sê Paulus nog aan die Fillippense: “…omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, (let op) dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.” Fil. 1:6

            Dit is dus die Heilige Gees wat nou op jou pad vorentoe steeds met jou sal praat oor dit wat nog verkeerd kan wees in jou lewe, of om jou geestelike groei te bevordfer. En jy as gehoorsame kind van God, luister en doen dit wat die HERE behaag.

            Nuwejaarsbesluite is futiel. So sal jy nooit die Ewige Lewe bereik nie.

            Na die Wedergeboorte is jy kind van God en as Sy kind, moet jy gehoorsaam bly. So is ons dan ook gehoorsaam aan Hom wanneer Hy sê: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” Mark 16:16

            Dis ek en jy wat die pad moet stap. Ons het die Heilige Gees en Jesus en die Engele en mekaar om ons by te staan en leiding te gee.

            “Werk met vrees en bewing aan julle verlossing(strofe 12)... Dis is immers(let op) God wat in julle werksaam is (hoekom?) sodat julle (eerstens) gewillig is en (tweedens) optree, soos Hy dit goedvind. (strofe 13).

Skielik het jy ook geloof om gehoorsaam te WIL wees. “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is  ʼn gawe van God.” Efes 2:8

            Kyk weer na “Werk met vrees en bewing aan julle verlossing (Heil).” Dis ‘n opdrag… net soos die opdrag in Rom 12:2 “Word vernuwe in julle gemoed!” Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed? Hoe verander jy van inbors? Eenvoudig – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, Die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees. En so doen mens dit… kyk in ons Vrydag uitgawe.

            Daar is nog opdragte wat ek en jy moet nakom. “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.” Joh 15:4

            Moenie so maklik na beraders to hardloop en hulle kosbare tyd mors nie. Ek en jy het verantwoordelikhede om na te kom. Doen dit.

               Onthou: Geloof word sigbaar in ʼn daad van gehoorsaamheid. In 1Pet 1:2 staan: “ Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees.”

            Ons het elkeen ʼn persoonlike verantwoordelikheid:  Ons moet met ywer werk om soos Christus te word. Dit is die pad van Heiligmaking onder leiding van die Heilige Gees.

            Werk jou Heil uit in vrees (eerbied aan God) en bewing (al gaan dit soms ook moeilik). – Wekroep 

Werk jou eie Heil uit....Fil 2:12-13


Image result for rom 12 2


Ons Denke – moet Vernuwe!


Wanneer ons Wedergebore word, gebeur daar iets groots en besonders in ons lewens. Ons gees word onmiddellik getransformeer na ‘n nuwe Lewe... die Ewige Lewe.

            “Hoor die Woord van die HERE!  Want die HERE het ‘n regsaak  met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.” Hosea: 4:1.

            As iemand in Christus is, is hy ‘n Nuwe Skepsel;  die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  2 Kor. 5:17.

            En daarby die opdrag:  Word VERNUWE in julle GEMOED (DENKE)! Rom. 12:2. Hierdie vernuwing is dringend noodsaaklik en is ons sleutel tot ‘n oorvloedige geseënde toekoms.

            Dit is van kardinale belang dat ons die Woord moet ken. Die Woord is ons swaard waarmee ons terugslaan wanner negatiewe gedagtes ons wil oorval. Toe die satan dit met Jesus na sy lang vas probeer het, was Jesus gereed om met die Woord terug te slaan.

            Hoe wandel mens is die Gees. Deur die Woord te ken. Negatiewe gedagtes kan jou uitroei. Dit bring niks voor nie behalwe verderf. Jy wen niks daarby nie.

            Jy triomfeer egter wanneer jy die negatiewe met die positiewe Woord vervang. Mense sê so maklik: “Ek is bevrees”, of “Ek is bang...” Jy is nie veronderstel om ooit te vrees of bang te wees nie. As kind van God leef jy BO die omstandighede en nooit onder die omstandighede nie.

          Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed, in jou denke? Dis iets wat ons moet doen...word vernuwe... dis jou verantwoordelikheid.

          Wedergeboorte en bekering vind saam plaas, en daarna voortgesette bekering. So word jy vernuwe – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, Die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees.

          En so doen mens dit. Bely onder meer gereeld die volgende strofe en plaas jou eie naam tussen die hakkies:

          Een ding weet ek  (?) ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus!  Fil. 3:14.

          Ek (?) is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.  Fil. 4:13.

          Immers, Sy Goddelike krag het my (?)  alles geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis  van Hom wat my geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy my die grootste en kosbaarste beloftes geskenk het, sodat ek daardeur ‘n deelgenoot  kan word van die Goddelike natuur, nadat ek die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.  2Pet. 1:3-4.

          Vir my (?) is die Koninkryk van God geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.  Rom. 14:17.

          Ek (?) bid tot die Vader in Jesus se naam en ek ontvang sodat my blydskap volkome kan wees.  Joh. 16:23-24.

          Ek (?) weier om te twyfel, want dan kan ek nie eers iets van die Here ontvang as ek twyfel nie.  Jak. 1:7.

          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid aan my (?) die Wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop (hoop soos in “future fact” en nie “I wish” nie) deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ek ‘n onverganklike en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die Hemele bewaar is vir my, wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.  Pet. 1:3-5.

           As ek (?) my sondes bely, is Hy getrou en regverdig om my die sondes te vergewe en my van alle ongeregtigheid te reinig. Joh. 1:9.

          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat vir my (?) troos in al my verdrukking, sodat ek diegene wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ekself deur God getroos word. 2 Kor. 3-4.

          Ek (?) het my vyande lief; ek seën diegene wat my vervloek, ek doen goed aan diegene wat my haat, en ek bid vir diegene wat my beledig en vervolg.  Matt. 5:44.

          In al hierdie dinge is ek (?) meer as ‘n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het.  Want ek is versekerd dat geen dood of  lewe of Engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel my sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus, my Here is nie.  Rom. 8:37-39.

          In Hom lewe ek (?) , beweeg ek, is ek.  Hand. 17:28.

          As ek (?) vir hierdie berg (probleme) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in my hart twyfel nie, maar glo dat wat ek sê sal gebeur – sal ek verkry net wat ek sê.  Mark. 11:23.

          As ek (?) op die Here wag, kry ek nuwe krag;  ek vaar op met vleuels soos die arende;  ek hardloop en word nie moeg nie, ek wandel en word nie mat nie.  Jes. 40:31.

          Ek (?) werp my sorg op die Here, en Hy sal my onderhou;  Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.  Ps. 55:23.

          Ek (?) het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en uit al my vrees gered.  Ps. 34:5.

          Wanneer ek (?) bid, vergeef ek as ek iets teen iemand het.  Mark. 11:25.

          “Vrede laat Ek vir jou (?) na, My vrede gee Ek aan jou.  Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie.” Joh. 14:27.

          Die dinge wat by die mens onmoontlik is, is by God moontlik.  Luk. 18:27.

          Gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.  Ps. 51:12.

          Ek (?) gaan na Hom toe wanneer ek vermoeid en belas is, en Hy sal vir my rus gee.  Matt. 11:28.

          Ek (?) vertrou op die Here met my hele hart en steun nie op my eie insig nie.

         Hy het gekom dat ek (?) lewe en oorvloed kan hê.  Spr. 3:5;  Joh. 10:10.

          Ek (?) bely my misdade teenoor ander en bid vir ander, sodat ek gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.  Jak. 5:16.

          As God vir my (?) is, wie kan teen my wees.  Rom. 8:31.

          Die Koninkryk van God is binne-in my (?) Luk. 17:21.

          God het my (?) nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.  2 Tim. 1:7.

          God sal my (?) lei deur Sy raad en my daarna in heerlikheid opneem.  Ps. 73:24.

          Ek (?) neem die volle wapenrusting van God op, sodat ek weerstand kan bied in die dag van onheil, nadat ek alles volbring het, staande kan bly.  Efes. 6:10-20.

Om vernuwe te word in ‘n mens se gemoed, jou denke, gedagtes, beteken om kragtig te word in die HERE en in die krag van Sy sterkte. Efes 6:10-20 Verkeerde gedagtes kan vir ons ‘n ontsettende struikelblok wees.

            Paulus sê ons moet die (let op) volle, wapenrusting van God aantrek (hoekom?) sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

            “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”

En waar tref hier booshede ons die meeste en diepste... juis in ons gedagtegang!

            “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op (hoekom?), sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

            “Staan dan vas, julle lendene met die Waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan (die Waarheid, wat jy alleen in die Woord sal vind, omgord jou met die Waarheid. Hoe sterker jy groei in geregtigheid, hoe meer beskut raak jy in Jesus hoede. Later is jy onbereikbaar deur die bose. Jy weier om na skinderstories te luister. Jyself skinder ook nie. Jy staan rotsvas op oorwinningsgrond)

“en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede. (so vertrap jy die vyand onder jou voete en stap jy met die Evangelie sonder skaamte, onverskrokke en bring oral vrede. Jy sê soos ‘n Dawid: Met my God spring ek oor ‘n muur.)

“Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus (onthou,‘n skild beskerm jou net van voor, jy beweeg dus altyd vorentoe. Alle pyle vanaf die vyand kan jou geen skade berokken nie, jy kan net jouself skade berokken deur verkeerde reaksies op aanvalle teen jou).

“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God (die Woord is ‘n tweesnydende swaard, die Woord is lewendig. Enigiemand kan gesterwe het, maar sy testament is en bly lewendig. So bly die Woord van die HERE lewendig, oral waar jy dit saai, bring dit resultate, vir seker, al saai jy dit in jou eie lewe).

“terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die Heiliges (Maak die saak vir jouself uit oor die betekenis van “bid in die Gees”. Jy sal by die antwoord uitkom dat dit ‘n Hemelse taal bedoel wat die Heilige Gees vryelik aan jou skenk. Baie belangrik is die feit dat jy en ek vir die Kerk van Jesus Christus, vir al die Heiliges, moet bid want so hou ons die ganse kerk in stand – “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Joh 4:23-24).

“en vir my (Paulus vra dat vir hom ook gebid moet word, so bid ons dan vir al die leiers, die pilare van die Kerk... hoekom) sodat 'n Woord my (hulle) gegee mag word as ek my (hulle hul) mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die Evangelie bekend te maak,

“waarvoor ek (hulle) 'n gesant is in kettings, (toegewyd, afgesonder om hul roeping waardig te wees) sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.

Die wapenrusting van God is nie ‘n fisiese wapenrusting nie, maar ‘n geestelike wapenrusting.

          God is vir my (?) ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.  Ps. 46:2.

          Ek (?) gee ag op die Woord en sal die goeie vind, en omdat ek op die Here vertrou, is ek gelukkig.  Spr. 16:20.

          En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ek (?) bid of dink, volgens die krag wat in my werk.  Efes. 3:20.

          Ek (?) bid en vir my sal gegee word, ek soek en ek sal vind, ek klop en vir my sal oopgemaak word.  Matt. 7:7.

          Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my (?) se verwagting.  Ps. 62:6.

          Ek (?) is sterk en vol moed, nie bevrees of verskrik nie, want die Here my God is met my, oral waar ek heengaan.  Jos. 1:9.

          En ten slotte:  Ek (?) dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.  Kyk, God gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit, sal ek dit nie merk nie?  Kyk, God maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  Jes. 43: 19-19. – Wekroep