Vrydag 18 Januarie 2019

Werk jou Eie Heil uit....


Image result for Fil 2:12-13


...met vrees en bewing!


Wedergeboorte en bekering vind saam plaas. Daarna, totdat Jesus kom, vind voortgesette bekering plaas, ook genoem Heiligmaking.

            Paulus is in die tronk en skryf aan die Gelowiges in Fillippi: “Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het (nie in my teenwoordigheid alleen nie) maar baie meer nou in my afwesigheid, (let op) werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.” Fil 2:12-13

            Ons is almal in ‘n stadium dood in sonde. Dan begin die Heilige Gees in ons werk en dit lei tot ons Wedergeboorte. Daarmee saam tot ons bekering. Ons doen sekere verkeerde dinge net nie meer nie. Mense wat ons ken kom ook dadelik die verskil agter.

            Jy het nou ook ‘n wil in Jesus Christus, om reg te doen. Jy wil niks meer verkeerd doen nie.

            Daardie wil is in die Heilige Gees opgesluit wat nou woning in jou kom maak het.

            Kyk wat sê Paulus nog aan die Fillippense: “…omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, (let op) dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.” Fil. 1:6

            Dit is dus die Heilige Gees wat nou op jou pad vorentoe steeds met jou sal praat oor dit wat nog verkeerd kan wees in jou lewe, of om jou geestelike groei te bevordfer. En jy as gehoorsame kind van God, luister en doen dit wat die HERE behaag.

            Nuwejaarsbesluite is futiel. So sal jy nooit die Ewige Lewe bereik nie.

            Na die Wedergeboorte is jy kind van God en as Sy kind, moet jy gehoorsaam bly. So is ons dan ook gehoorsaam aan Hom wanneer Hy sê: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” Mark 16:16

            Dis ek en jy wat die pad moet stap. Ons het die Heilige Gees en Jesus en die Engele en mekaar om ons by te staan en leiding te gee.

            “Werk met vrees en bewing aan julle verlossing(strofe 12)... Dis is immers(let op) God wat in julle werksaam is (hoekom?) sodat julle (eerstens) gewillig is en (tweedens) optree, soos Hy dit goedvind. (strofe 13).

Skielik het jy ook geloof om gehoorsaam te WIL wees. “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is  ʼn gawe van God.” Efes 2:8

            Kyk weer na “Werk met vrees en bewing aan julle verlossing (Heil).” Dis ‘n opdrag… net soos die opdrag in Rom 12:2 “Word vernuwe in julle gemoed!” Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou gemoed? Hoe verander jy van inbors? Eenvoudig – deur jou te reinig en op te bou deur middel van die Woord, Die Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet! Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees. En so doen mens dit… kyk in ons Vrydag uitgawe.

            Daar is nog opdragte wat ek en jy moet nakom. “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.” Joh 15:4

            Moenie so maklik na beraders to hardloop en hulle kosbare tyd mors nie. Ek en jy het verantwoordelikhede om na te kom. Doen dit.

               Onthou: Geloof word sigbaar in ʼn daad van gehoorsaamheid. In 1Pet 1:2 staan: “ Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees.”

            Ons het elkeen ʼn persoonlike verantwoordelikheid:  Ons moet met ywer werk om soos Christus te word. Dit is die pad van Heiligmaking onder leiding van die Heilige Gees.

            Werk jou Heil uit in vrees (eerbied aan God) en bewing (al gaan dit soms ook moeilik). – Wekroep