Wys tans plasings met die etiket God met ons. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket God met ons. Wys alle plasings

Vrydag 21 September 2018

Ewige Rots, geklief vir my… en jou


http://www.challies.com/wp-content/uploads/2013/04/371627068_tp.jpg


Augustus Toplady is in 1740 in Engeland gebore. Sy pa was lid van die Koninklike Vloot en is kort na Augustus se geboorte oorlede. Augustus se ma moes hom alleen grootmaak.

Augustus het grootgeword en ‘n toenemende belangstelling in godsdiens getoon. Hy het geestelike joernale begin skryf en ‘n mooi lewe gelei.

Toe hy 15 jaar oud was het hy ‘n Metodiste Herlewing in Ierland bygewoon en so nabye ontmoeting met die HERE gehad dat hy besluit het om predikant te word.

Hy sou ‘n Metodiste prediker word omdat hy tydens ‘n Metodiste diens tot bekering gekom het. Nadat hy op universiteit egter die 39 artikels van die Church of England (Anglikaanse Kerk) bestudeer het, het hy besluit om ‘n Anglikaan te word.

In daardie tydstip was die debat tussen die Arminiane en Calvyne so erg dat dit lelik begin word het. Dit het ‘n breuk tussen Toplady en John Wesley veroorsaak, ‘n breuk wat nooit opgeklaar sou word nie want Toplaby is op 38-jarige ouderdom in 1778 aan tuberkulose oorlede.

Tog het die HERE Toplady gebruik om ‘n lied te skryf wat steeds vandag nog die Evangelie met groot vrug uitdra: “Eewge Rots geklief vir my.”

Toplady het ‘n paar geestelike liedere geskryf, maar “Eewge Rots geklief vir my,’ is vandag nog steeds een van die mees bekendstes.

Die eerste koeplet van die lied het in 1775 in die The Gospel Magazine verskyn. The Gospel Magazine is die eerste ker in 1766 verskyn en verskyn steeds. http://www.grace.org.uk/orgs/tgm/

Die volledige lied is die volgende jaar in Toplady se boek Psalms and Hymns for Public and Private Worship gedruk.

http://www.challies.com/wp-content/uploads/2013/04/371627068_tp.jpgDie storie word vertel dat Toplady eendag in ‘n onverwagte storm skuiling moes soek. Vandag nog staan die reusagtige rots in die bergpas bekend as Burrington Combe in Somerset Noord, Engeland.

Terwyl hy binne die rots geskuil het, het hy aan die volgende Skrif gedink: “Die HERE is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil…” Ps 18:3, en begin hy die lied skryf...


1. EWiGE ROTS, GEKLIEF VIR MY,

   LAAT MY VEILIG IN U BLY!

   LAAT DIE WATER EN DIE BLOED

   UIT U SY, AS LEWENSVLOED,

   MY TOT HEIL WEES EN TOT KRAG

   TEEN DIE SONDESKULD EN MAG!



2. WAT KAN EK OOIT BRING OF DOEN

   OM MY SONDE TE VERSOEN?

   SOU MY HART VAN YWER GLOEI,

   SOU MY TRANE EWIG VLOEI -

   NOG GEBEDE, NOG GEWEEN

   KAN MY RED, HEER: U ALLEEN!



3. LEDIG EN MET SKULD BELAS,

   KLEM EK AAN U KRUISHOUT VAS;

   NAKEND KOM EK KLEDING VRA,

   HULP'LOOS SMEEK EK OM GENA;

   VUIL SOEK EK U HEILFONTEIN,

   WAS MY, HEILAND, MAAK MY REIN! 



4. GAAN MY LEWENSLAMP EENS UIT,

   AS DIE DOOD MY Oë SLUIT;

   MOET EK UIT DIE WêRELD GAAN,

   EENMAAL VOOR U VIERSKAAR STAAN -

   EEWGE ROTS, GEKLIEF VIR MY,

   LAAT MY VEILIG IN U BLY!



Die Engelse weergawe:  https://www.youtube.com/watch?v=gM7gt_cSxjw
Preview YouTube video Rock of Ages