Sondag 23 Februarie 2020

Onbeantwoorde Gebed



Sommige Gelowiges sê die HERE beantwoord nie hulle gebed nie en wil weet waarom nie? Navorsing wys op ses vername redes. Daar kan meer wees, maar hierdie is die mees algemene des:

·       Wanner daar fout in jou huwelik is. “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is (hoekom?) sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.” 1 Pet 3:7

·       Wanneer jy iemand skade aangedoen het, hom of haar verkeerd behandel het, hulle seergemaak het.

“As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.” Matt 5:23-24

Doen jy dit nie, sal jou gebed ook nie beantwoord nie en staan jy selfs gevaar om ‘n oordeel oor jouself te drink want jy sit onwaardig by die Nagmaaltafel aan.

·       Vergifnis. Wanneer jy belas is met ‘n gees van onvergewensgesindheid. “...en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.”  Matt 6:12  “Jy kan die “Onse Vader” maande lank aaneen herhaal en nie antwoord op jou gebede kry nie. Hoekom nie?

“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe.

“Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” Matt 6:14-15. Let ook op Mar 11:24-26 “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.  (maar nie sonder vergifnis nie).

“En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die Hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

“Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die Hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.” Mar 11:25-26

·       As jy onbetroubaar is met die HERE se geld.

Daar is ‘n he studie hieroor by: https://faithequip.co.za/dissipelskapkursus/die-bybelse-beginsel-om-te-gee/

Het jy vrede oor die geld wat jy vir die HERE gee? As jy nie vrede het nie, dan sal jy die saak met die HERE moet uitmaak.

·       Jy  is ‘n gewoonte-ongehoorsame. Jy het dit deur die jare regverdig as maar deel van jou lewe.  “...en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom (hoekom?)omdat ons Sy gebooie bewaar en (boonop) doen wat welgevallig is voor Hom.” 1 Joh 3:22. Kortom, gehoorsaamheid open die poorte van die Hemel.

·       Jy vertroetel ‘n sonde wat jy nog nooit bely het nie. “As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die HERE nie gehoor het nie.” Ps 66:18. By jou werkplek dra jy gereeld goed huis toe wat nie joune is nie.

Jy pleeg gereeld plagiaat. Kopiereg bestaan net nie. Jy misbruik iemand, soos jou ouers. terwyl jy tog te liefdevol is.  Jy praat nie altyd die waarheid nie. Jy maak beloftes wat jy nooit nakom nie. Jy leen en gee nooit terug nie. Die kassier het jou te veel kleingeld gegee, en jy bly stil.

As jy opreg was, kon jy gesê het: “Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.” Ps 66:19

Jy sou kon byvoeg: “Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.”

Pleks van jubelsange loop jy met ‘n binding in jou gees. Jy dink niemand weet daarvan nie, maar God weet en Hy hoor nie jou gebede nie.  Jy bid inderdaad teen die plafon vas.

 “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die HERE sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie. – Wekroep