Vrydag 03 Augustus 2018

Gee Hom jou hart...


Image result for Spreuke 23:26


Die HERE sê in Spr 23:26 'gee my jou hart'. Doen dit en die HERE neem jou hart, die roer van jou lewensboot, en stuur jou veilig deur die storms na die hawe van jou Ewige bestemming.

As jy jou hart vir die HERE gee, voeg Hy by: “...en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.” Dis Sy belofte aan my en jou. Neem dit aan en loof Hom daaarvoor.

Dan neem die HERE ons op die grootste ontdekkingsreis van ons lewe. Al wat ons moet doen is om die HERE getrou te volg en tye alleen met Hom deur te bring.

Dis byna soos om in die Knysnawoud tussen lowerryke plantegroei en dartelende skoenlappers en Hemelse voëlgeluide, te wandel... of soggens vroeg in ‘n wandeling in jou tuin. Jy bewonder Sy skepping terwyl Hy sy verborgenhede aan jou openbaar.

Dit is Sy verlange dat ons sy verborgenhede ken: “Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan (let op) julle gegee is om die verborgenhede van die Koninkryk van die Hemele te ken... ” Matt 13:11

“Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.” Matt 13:12

Verborgenhede van God is geestelike waarhede wat net deur openbaring (geestelike insig) geken kan word. God openbaar sy geheimenisse aan diegene wat gehoorsaam is aan die Evangelie. Sommige van God se verborgenhede moet nog openbaar gemaak word.

Dit sluit ook in Hemelse gesigte, Engele. maar geestelike insig om die Godheid beter te kan verstaan en intiem te beleef..

Mens blaker ook nie alles uit wat die HERE aan jou openbaar nie. Maak eers seker of jou gesprek met die HERE nie vertroulik tussen Hom en jou is nie. Vra die HERE pf jy ‘n saak bekend mag maak en wag vir die antwoord. Met wie moet jy dit deel: met almal, of net met ‘n sekere persoon?

“... of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge – alles behoort aan julle; maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.” 1 Kor 3:22-23

Wanneer ons die HERE dien dan word ons “...ook  bedienaars van die verborgenhede van God.

“En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.” 1 Kor 4”:1-2

“Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.” Ps 25:14

“Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die HERE hoekom?), omdat julle weet dat julle arbeid in die HERE nie tevergeefs is nie.” 1 Kor 15:58

Wees versigtig:  “Al sou ek die geheimenisse weet en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie,” 1 Kor. 13:2.

”Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië 4 gereël het.” 1 Kor 16:1

Is jy al op reis? - Sjibbolet