Woensdag 01 Augustus 2018

Dit is die Laaste Uur...


Wat onlangs by die Klaagmuur in Jerusalem gebeur het, verbeeld ‘n profesie. Hierdie stuk rots het ver bo uit die Klaagmuur losgekom – sonder die toedoen van mensehande – en hier onder langs die biddende Jodin geval.

            Sy was so weggevoer in die Gees, dan sy net voort gebid het. As dit haar getref het was sy dood. Sou een van ons voortgegaan het met ons gesprek met God Yahweh? Ons onderbreek so maklik ons gebed, selfs vir ‘n voordeurklokkie.

            Die gebeurtenis dui op die gesig van Nebukadnesar wat Daniël vir hom uitgelê en hoe die Rots Jesus Christus die reuse beeld van klei en yster gaan vernietig.

            In die gesig kom ‘n rots (Jesus) van uit die niet af los en tref die reus (die vyandelike magte teen Israel) teen die voete en vergruis die beeld.

 

Hierdie stuk rots breek juis los uit die Tempelmuur wat Jesus voorstel. Die Tempel is al ‘n paar keer deur vyandelike magte vernietig, maar sekere mure staan steeds vas, soos die bekende Klaagmuur waar Jode en Gelowige daagliks na God roep.

Die rots wat nou uit die muur geval het, is ‘n waarskuwing van wat werklik gaan gebeur. Dit wil lyk of die werklike gebeurtenis voor die deur is, veral met die vyandelike magte wat op die grense van Israel saamtrek met die doel om Israel te vernietig.

            Die Huis (Volk) van Juda het 70 jaar gelede na die land teruggekeer en luid is aangekondig: Die Vyeboom bot weer!”

            Die tyd het aanbeweeg. Sedert die Jode se tuiskoms 70 jaar gelede verkeer die land in konstante oorlog.

            Wat hier gebeur het, is ‘n voorspel van wat gaan kom: Lees Dan 2:28-47

Intussen het dit so laat geword dat die Vyeboom reeds vele vrugte dra. Leef ons in die laaste uur? Daar is reeds 281 Joodse Christengemeentes in en om jerusalem. Daar is ten minste twee in Suid-Afrika en meer as 400 wêreldwyd.

In hierdie tyd sing Evangelis Danie Botha ook ‘n lied: Dit is die Laaste Uur.

Vpeg hierby skrywer se droom: Ek is ‘n man van 75 (Joël 2:28) en ek droom ek stap op die Tempelberg in Jerusalem (ek was laas daar in 1973 toe ek twee weke in die Yom Kippoer Oorlog deurgebring het) en in die droom tel ek ‘n silwer muntstuk van die grond af op.

Die muntstuk, byna soos ons ou sikspens, had agterop die woorde en syfer “0 value”

Dit het verstom want nog nooit in die geskiedenis van die wêreld het ‘n land ‘n muntstuk gemunt met ‘n 0 waarde nie. Selfs ons ou kwartpennie, die oortjie, had ‘n waarde.

‘n Berig oor hierdie vreemde munt het in die Israelse koerante verskyn en vandaar het dit gou wêreldwyd versprei, in die hoop dat iemand ‘n verduideliking oor die vreemde munt het. Daar was geen verduideliking nie.

Muntversamelaars egter, het mekaar byna verdring met aanbiedinge om die vreemde munt met sy 0 waarde te bekom... eers in duisende toe tienduisende, toe miljoene.

Die hoogste bod net voordat die droom geëindig het, was R3 biljoen rand. Ek wou dit nie verkoop nie. Die waarde van die munt was duidelik veel groter as wat geld ooit kan koop.

Dit is ‘n EINDTYD WAARSKUWING...         

“Want die HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” Amos 3:7

            Die HERE het nog altyd die wêreld gewaarsku van toekomende veroordelings... so is Noag gewaarsku oor die komende vloed: “En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.” Gen 6:13     

Abraham en Lot is gewaarsku oor die uitdelging van Sodom en Gomorra (Gen 18:17; 19:14), Moses en die 10 plae van Egipte (Ex 7:1), Amos en die val van Sirië, Filistia, Tirus. Edom, Ammon, Moab, Juda en Israel (Amos 1 & 2)... en nou die rots uit die Klaagmuur?

In Esegiël sê die HERE: “Nou is die einde oor jou....” Eseg 7:3 en verder.

Daar was n tyd toe Isreal, God se volk Hom geterg het, deur afgode te aanbid pleks van Hom. Hulle het dit wat geen lewe in gehad het nie bokant Hom gekies en dit aanbid. En die Bybel sê dat God Sy volk VERKOOP het.

Hier sien mens dieselfde. Regoor die wêreld vertrou mense op alles behalwe op God en het SILWER en GOUD hulle god geword. En die waarskuwing is: Die Einde is hier.

Waar hulle die silwer muntstuk met geen waarde, op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid. Eseg 7:19

Waarom wil so baie mense die silwer munt met 0 waarde bekom?

“En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig.

“Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.” Eseg 7:21-22

Die Here laat dit toe, dit wat hulle afgod was, word nou die put waarin hulle val.

Selfs die leiers van die mense en die lande is binnekort hulpeloos. Die HERE het gesê dat kort voor sy Koms sal dit gaan soos in die dae van Noag en Sodom en Gomorra en reeds gaan dit veel erger.

   Daar is oorloë in 67 lande van die wêreld en 754 regerings en militante terroristegroepe neem daaraan deel. Christene word op die mees afgryslikste maniere in 50 lande vermoor. Dit het begin met onthoofding, die jongste is om met tenks oor hulle te ry. Daar is meer as 29 miljoen slawe in die wêreld, die meeste van hulle vroue, jong meisies en kinders wat ontvoer en as seksslawe verkoop word.  In Sirië op die grens van Israel is ontsettende lugaanvalle. Onder die aanvallers is Rusland, Iran (Persië), Saoedi Arabië, Turkye, die VSA en ander.

   Die droom in hierdie geskrif, speel af in Jerusalem, die middelpunt van die wêreld, die stad wat dien as barometer in Eindtyd profesieë.  Die silwer munt se waarde is 0. Ons leef in die Laaste Uur. Joh 2:18. Die laatreëns, ‘n magtige Herlewing, val reeds. Dis tyd om te Getal vol te maak. Bring die gerwe in. – Sjibbolet