Wys tans plasings met die etiket mans moet hulle vroue liefhe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket mans moet hulle vroue liefhe. Wys alle plasings

Saterdag 09 Mei 2015

Egskeidings ruk SA aan flarde


·Image result for egskeiding     


DIE huwelik en die gesinslewe is die pilare van ‘n volk.  Verkrummel hierdie pilare, kom ‘n volk tot ‘n val.
            Egskeidings het Suid-Afrika reeds aan flarde geruk.  Twee uit elke drie huwelike einding in die skeihof.
            Egskeidingsyfer vir tweede huwelike is 60% is. Na tien jaar het 37% van tweede huwelike reeds geëindig teenoor 30% van eerste huwelike. Dus, wanneer een of beide van die partye voorheen getroud was, skei mense meer en gouer.
            Baie soek na oplossings om ‘n einde te maak aan die geskeidings want hoe kan iemand in die huwelik trou aan mekaar beloof “totdat die dood ons skei,”  en dan hulle woord verbreek?
            Hulle belowe nie net trou aanmekaar nie, maar ook teenoor God, want elke huwelik bestaan uit drie persone:  Die man, die vrou en God self.
            Die huwelike is ‘n ewige verbond.  Geen mens durf dit verbeek nie.  Nogtans is egskeidings ‘n alledaagse gebeurtenis.
            Die Bybel leer dat die volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis.  Inderdaad!
            Ten eerste besef die huwelikspare nie waaroor die huwelik werklik gaan nie, dat hulle nie net wedergeborenes moet wees nie, maar dat die Bybel ‘n lamp vir hulle voet is.  Sonder ‘n lamp struikel ‘n mens en val.
            In Gen. 2:23-24 sê God dat die man sy ouerhuis sal verlaat en sy vrou sal aankleef  “en hulle sal een vlees wees.”
            Die man is die hoof van sy vrou. 1 Kor. 11:3-4. Christus is die hoof van die man en die man is die hoof oor die vrou.
            Mans moet hulle vroue liefhê. Efes. 5:25.
            Hulle moet hulle vroue eer. 1 Pet. 3:7.
            Hulle moet beheer oor die gesinslewe uitvoer. 1 Tim. 3,12.
            Mans is die hoof van die gesinslewe.  Hulle moet volle verantwoordelikheid vir hulle gesinne neem, ook wat die besluitneming betref.
            Dit beteken nie dat vroue geen seggenskap in die huwelik het nie, maar eerder dat hulle onder die sekuriteit van die man se gesag beskerm word.
            Dit is interessant om daarop te let dat mans beveel word om hulle vroue lief te hê.
            Dit is ‘n opofferende liefde wat vergelyk word met Christus se liefde vir die Kerk.  Omdat dit ‘n opdrag is, moet dit vir die man moontlik wees om sy vrou te wil liehê.
            As alle mans hierdie opdrag van God ter harte neem dan sal dit so ‘n rewolusie ontketen dat dit die einde van egskeidings sal beteken.
            En die vrou dan, watter rol moet sy vertolk?
            As ‘n man effektief sy rol as hoof van die gesinslewe moet vertolk, dat is dit noodsaaklik dat die vrou moet weet wat haar rol in die gesinslewe is.
            ‘n Man sonder ‘n vrou is nie ‘n waardige man nie.  Hy word eers ‘n volwaardige man die dag wanneer hy in die huwelik tree.  Hulle eenheid word bevestig deurdat hulle kinders voortbring.
            Vroue moet hulle aan hulle mans se gesag onderwerp. Efes. 5:22-24. As Eva haar aan Adam se gesag onderwerp het, sou hulle nie in die moeilikheid beland het nie.
            Wanneer mens na die struktuur van die Liggaam van Christus kyk, dan is dit goed om te besef dat die huwelik basies ‘n miniatuur patroon van God se orde is.
            Ons sien dat die Hemal ons tuiste is (Joh. 14:2) en dat God ons Vader is (Matt. 6:6).
            Jesus is ons “ouer” broer (Heb. 2:12) en ons word deur die Wedergeboorte in die Familie van God in gebore )Jon. 3:3).  Verder sien ons dat die gesinslewe die patroon van God openbaar. Efes. 3:14,15.
            Die skokkende werklikheid wat deur min van ons erken word, is dat die ganse wêreld nie antwoorde op een van sy grootste probleme het nie —  die inmekaar storting van die gesinslewe, met die kinders as die lydende party nie. .
            Dit is nie toevallig nie.  Dit is ‘n skepping van die satan self want ook hy weet dat die gesinslewe die werklike hart van enige volk is.
            Dit is dus noodsaaklik dat die kerk hierdie ontsettende aanslag moet aanspreek en moet toesien dat die gesinne gesonde lering kry, want uiteindelik sal nie net die gesinslewe tot niet gaan nie, maar ook die Kerk.
            Wat is die rol van vaders?
            Abraham is ons groot voorbeeld in Gen. 18:17-19.  God het geen geheim daarvan gemaak waarom Hy Abraham verkies het nie.  Die Bybel sê dit was omdat Abraham bereid was om sy kinders die weë van God te leer.  Genesis 18 leer dat gesinslewe die basis van elke groot volk vorm.
            Vaders moet aan die gesin die Woord van God leer.  Deut. 4:9-10.
            Die Woord van God  moet die basis vorm van bespreking en leefwyse. Deut. 6:6-9.
            Onthou, daar was geen Sondagskool in die vroeë Kerk nie.  Ongelukkig is dit vandag so dat ouers die rol van Christen-opvoeding aan die dagskole en Sondagskole oorgelaat word. Mens durf nie jou verantwoordelikhede op ander afskuif nie.
            Die Woord van die Here word nie langer by die huise – soos dit hoort – by die huisaltaar gelees en bespreek nie.  Daar vind geen lering by die huis plaas nie.
Vaders faal jammerlik in hulle rol as hoë priester van hulle gesinslewens.  Die gesin bid nie meer saam nie.
            Ons moet die Woord van God in ons harte “weglê” en in die harte van ons kinders. Deut. 11:18-21.
            Dawid wat aan Salomo lering gee, is ‘n voorbeeld van ‘n vader se verpligting. Spreuke 4:1-4.
            Die Nuwe Testament herbeklemtoon die beginsels van die Ou Testament. Efes. 6:4.
            Die vroeë Kerk  het godsdienbeoefening tuis gehad. Hand. 2:46; 5:42.
            Die Bybel leer duidelik dat dit die verantwoordelikheid en plig van vaders is om as geestelike leiers in hul huishoudings op te tree.
            Vandag is dit dit nie so nie.  As daar dalk nog iets geesteliks in ‘n huis is, dan is dit moeders wat daardie rol probeer vertolk.  Die mans versaak hulle opdrag, verantwoorde-likheid en verpligtinge.
            Dit is nie te laat nie.  Ons kan ons huwelike red.  Skakel saans die TV af.  Vat boeke, lees bespreek, onderrig.  Besef jou werklike rol as vader in die huis.
Wees ‘n man,  bely teenoor God, jou kinders en jou vrou dat jy hulle geestelike heil versaak het.  Hulle sal jou eer as held.  Studeer saam, bid saam.  Jou gesin se geestelike heil is belangriker as die kos en klere wat jy huis toe bring.
Christen-boekwinkels het talryke boeke en handleidings.  Skool jouself in die Woord van God.
Dit is God se wil dat jy die hoë priester in jou huis moet wees.
God se volgorde is:  Hyself, dan die Engele, dan die man, dan die vrou, die kinders, die diereryk,  die groente- en vrugteryk en dan die mineraleryk.
‘n Laer orde mag nie oor ‘n hoër orde heers nie, nogtans is daar die gevaar van rebellie. Ex. 4:24-25.  Hier was Moses se lewe in gevaar juis omdat sy vrou nie wou hê dat hulle seun besny word nie.  Dit was rebellie teen haar man en teen God.
Solank as wat die vrou haar onderwerp aan haar man is sy onder die beskerming van sy gesag.
Kyk in 1 Tim. 2:9 na vroue se kleredrag.  Vroue moet ‘n aanwins wees en weet wanneer om te praat.  1 Tim. 3:11.
Die ideale vrou is betroubaar (Spr 31:11), skeppend (13-14), let op haar tong (26),  gee om vir haar gesin (27) en sy ontvang eerbied van haar gesin (28,29).
As moeder baar sy kinders en gee aan hulle leiding (1 Tim. 5:14),  sy bring die kinders na Jesus (Mark. 10:13-16),  dra ‘n sterk geloof oor (11 Tim. 1:5;  3:15).
Let daarop dat  die leiding wat sy gee, is deur haar man se gesag aan haar gedelegeer.
En die kinders?
Hulle moet hulle ouers eer (Deut. 5:16  en Efes. 6:2), hulle moet gehoorsaam wees (Efes. 6:1),  hulle moet die Here dien terwyl hulle jonk is (Pred. 12:1) en die jongmanne moet sober en verantwoordelik wees (Tit. 2:6-8).
Mans, hê julle vroue lief. Sy is nie uit ‘n been in kop gemaak sodat haar moet domineer nie, ook nie uit ‘n been in jou voet sodat sy jou slaaf moet wees nie, maar juis uit jou ribbebeen, naby jou hart, sodat haar lief sal hê en bemin, met deernis behandel. - Sjibbolet