Wys tans plasings met die etiket Paulus was n terroris. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Paulus was n terroris. Wys alle plasings

Woensdag 08 November 2017

Saulus (Paulus) ‘n Terroris


Image result for paulus


Mens staan verstom oor die terreurdade op plase en elders in Suid-Afrika. Christene word op talle plase en elders wreed vermoor.

Die Gelowiges moet sonder ophou ernstig vir hierdie moordenaars en geweldenaars in hierdie dae bid. Saulus (die een vir wie gebid is) was ook ‘n terroris. Hy het nie in die geheim opgetree nie. Sy terreurdade was oop en bloot gedoen Hy was ‘n gevreesde man.

Saulus was in bevel van talle grusame moorde, ook van hierdie een: “En Stéfanus het gesê: Kyk, ek sien die Hemele geopen en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.
“Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.

“En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.

“En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die HERE aanroep en sê: HERE Jesus, ontvang my gees!
“En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: HERE, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.” Hand 7:56-60

Maar Saulus was bloeddorstig. Meer moes onskuldig sterf. “En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi (moes vlug) oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.” Hand 8:1

“Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.” Hand 8:3

Saulus was ‘n generaal, ‘n Jood en ‘n baie slim man wat die Torah en die Joodse wet bemeester het, ook skerp in fisiologie en ‘n Fariseër.

Saulus was op die oorlogspad.

“Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as oue, sodat hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.
“En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die Hemel af; en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

“En hy sê: Wie is U, HERE? En die HERE antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

“En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: HERE, wat wil U hê moet ek doen? En die HERE antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
“En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.

“Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.

“En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie. (hierdie gebeure moes vir hom ‘n geweldige skok gewees het. Hy wat bevele gee, word nou beveel)

“En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die HERE het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, HERE.

“Toe sê die HERE vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; en hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
“Maar Ananías antwoord: HERE, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u Heiliges in Jerusalem aangedoen het; en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.

“Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.

“Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.

“En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, (let op) broeder, die HERE het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

“En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

“En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was 'n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.

“En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
“En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?

“Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.
“En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.
“En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring; maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in 'n mandjie te laat afsak.

“En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy 'n dissipel was nie.
“Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die HERE gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.

“En hy het saam met hulle in – en uitgegaan in Jerusalem en vrymoediglik gespreek in die Naam van die HERE Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.” Hand 9:1-29

En Paulus is na sy Wedergeboorte gedoop. Mense mag nie gedoop word voordat hulle tot die geloof gekom het nie.

Die terroriste organisasies wat tans oor die wêreld heen, ook in Afrika, Christene vermoor, kan almal gered word. Christene vlug in hulle honderde duisende, selfs deur woestyne en oseane en baie sterf in die proses.

Hulle moet kies, soos wat almal sal moet kies om die Merk van die Dier te neem of nie te neem nie. Van oral stroom die berigte in dat nie een Christen ingegee het om ‘n ander geloof te aanvaar nie.
In Suid-Afrika sal die Gelowiges hulself bymekaar moet maak en begin bid soos nog nooit tevore nie. Ons het ‘n magtige revolusionêre Herlewing nodig wat die fondamente van die land sal skud. Dink net wat gaan gebeur wanneer al die terroriste, moordenaars, geweldenaars, Jesus begin verkondig.
Saulus het beteken, die een vir wie gebid word. En kyk, hier het die HERE daardie gebed beantwoord. Vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Bid vir hierdie Saulusse. Ons het nou Paulusse nodig.  – Sjibbolet